18.09.2013 Views

Mei 2013

Mei 2013

Mei 2013

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PADSTERFTES OOR PAASNAWEEK

Syfers wat gedurende April bekend gemaak is, wys

dat 241 mense die afgelope Paasnaweek op ons

paaie gesterf het. Verlede jaar se syfer was 217

(Hierdie jaar dus 24 meer).

Bykans 60% van die padsterftes was voetgangers.

Hierdie verhouding is astronomies hoog in

vergelyking met die meeste ander lande. Dit is dus

duidelik dat voetgangers ʼn al hoe groter probleem

in ons land raak. (In verlede maand se nuusbrief

het ons spesifiek verwys na die syfer wat reeds 15%

hoër was as in die ooreenstemmende tydperk

verlede jaar.)

Volgens die statistieke speel die misbruik van

alkohol deur voetgangers ook ʼn baie groot rol in

padsterftes.

Die opvoeding van voetgangers is ʼn baie groot

uitdaging aangesien die meeste voetgangers wat in

en om ons paaie beweeg, nie die nodige opleiding

kry oor die gevare van loop langs en op paaie nie.

Dit sal reeds baie help indien elke lid van

CrisisOnCall sy werknemers inlig oor die gevare van

langs paaie loop en die misbruik van alkohol.

PARAMEDICI WORD BEROOF

Die Beeld van 13 April 2013 het berig oor

paramedici van Netcare911 wat in Drie Riviere

(Vereeniging) oorval en beroof is terwyl hulle besig

was om ʼn bejaarde vrou in haar huis te behandel.

Dit is jammer dat roof en diefstal nou sulke

afmetings aanneem dat selfs dié wat daar is om

mense in nood te help, ook nie oorgesien word deur

rowers nie.

CrisisOnCall versoek dat waar moontlik, deure

gesluit gehou word wanneer paramedici by ʼn huis

besig is om ʼn pasiënt te behandel. Indien daar ook ʼn

inwoner of buurman is wat kan "wag hou" tydens

die behandeling, kan dit ook baie bydra tot die

veiligheid van paramedici en inwoners.

Paraatheid is vandag ononderhandelbaar en elke

huisgesin word versoek om ten alle tye op die uitkyk

te wees vir moontlike rowers in hul omgewing.

BETROUBARE IDENTIFIKASIE

Enige goeie produk sal seker sy namakers kry.

Wanneer ʼn besluit geneem moet word oor

watter identifikasie die beste is om te gebruik

behoort ondervinding ʼn deurslaggewende rol te

speel.

Die CrisisOnCall-identifikasie konsep is ontwerp

deur die gebruiker en aangepas oor tien jaar se

praktiese gebruik. Dra dus jou CrisisOnCall

bandjie.

PAD NA VERGIFNIS – WEN BOEK

“Ek gaan jou terugkry! Ek sal nie toelaat dat

jy so iets aan my doen nie!”

Ons eerste reaksie is gewoonlik dat ons

ander mense wat ons kwaad aangedoen het,

wil terugkry. Ons dink ook dalk dat dit ons

reg is. In hierdie proses het ons dikwels ook

baie seergekry en wantrou dalk die

mensdom. Verder kry ons hoofpyne, kan nie

konsentreer nie en raak al hoe besiger met

allerlei dinge om te probeer ontsnap van al

die negatiewe gevoelens wat hierdie kwessie

by ons wek.

As ons egter ons denkpatroon kan verander

en daardie persoon wat ons benadeel het,

ook kan begin sien as God se skepping vir

wie God net so lief is soos vir ons, sal nie

slegs ONS lewens nie, maar ook dié van die

ander persoon kan verander. Beide kan uit ‘n

emosionele tronk ontsnap. Niemand hoef so

swaar aan sy bagasie te dra nie. Dis ‘n keuse

wat elke mens kan maak – ‘n keuse om los te

kom uit die kettings. Skuldige gevoelens,

verlies, seerkry, teleurstellings, verraad

dreineer ons van lewensnoodsaaklike

energie wat ons op ‘n positiewer wyse kan

aanwend.

In Ware verhale van vergifnis het Helana

Olivier 23 mense gevra om hulle pad van

vergifnis met ons te deel. Hierdie mense het

almal een of ander tyd ‘n krisis in hul lewe

beleef en vertel in hul eie woorde op welke

wyse hulle hierdie kwessie hanteer het. Die

deurlopende goue draad by almal is die

begeerte om met andere wat hulself in

soortgelyke situasies mag bevind, te deel

hoe bevrydend dit is wanneer jy ander

mense kan vryspreek of wanneer jyself

vrygespreek word.

Cornelia Raath-Lotter, die

mentor van CrisisOnCall

wat op 1 Mei 1996 deur ʼn

persoon raakgery is en

deur twee privaat

hospitale weggewys is

omdat haar mediese

fondsinligting op daardie

stadium onbekend was,

se verhaal is een van die

23 in die boek.

Om in aanmerking te kom om hierdie boek

te wen, stuur asb. ʼn e-pos na

marketing@crisisoncall.co.za met die naam

van die mentor van CrisisOnCall. Een

gelukkige wenner se naam sal op 20 Mei

2013 getrek word. Die wenner sal in die

Junie nuusbrief aangekondig word. (Prys met

komplimente van Lux Verbi.)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!