30.09.2013 Views

SAAM IS ONS BETER - Sonstraal

SAAM IS ONS BETER - Sonstraal

SAAM IS ONS BETER - Sonstraal

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Besoek gerus ons webblad: www.sonstraal.org.za

Een ding waaroor die Saam-is-onsbetter-Veldtog

’n mens kan laat

wonder, is: “Hoe en waar moet ek

my tyd en my geld gee?” Elke Sondag het

ons bewus geraak van nóg behoeftes – en

ons weet dat dit maar net die klein puntjie

van ’n enorme ysberg is. Die nood om ons

is so groot dat dit ’n mens moedeloos kan

maak. ’n Mens kan tog nie oral help nie!

Terselfdertyd word ons ook nie ryker nie.

Die resessie vreet ook aan óns beursies.

Daar is lidmate wat hulle werk verloor

het, ander wat sukkel om hulle verpligtinge

na te kom. Almal moet maar hulle sente

omdraai. Dit plaas ons as gemeente voor

’n dilemma: die nood is só groot dat ons

meer moet vra van ons mense – maar

die ekonomie is só swak dat ons voel ons

kán nie meer vra van ons mense nie! Wat

nou?

Hierdie vrae gaan eintlik nie om

’n geldprobleem nie, maar om ’n

geloofsprobleem; nie om wat ons as

gemeente van mekaar kan verwag nie,

maar om wat God van ons verwag. Ek

glo dat God vir sy gemeente sorg, en deur

sy gemeente vir ander mense sorg, en dat

ons Hom hierin moet vertrou. As elkeen

van ons ons hierin deur die Here laat lei,

sal Hy sorg dat ons kan doen wat ons

moet doen.

Kom ons maak ons bydraes opnuut

’n gebedsaak! Daarom wil ek ’n paar

eenvoudige riglyne uit die Skrif gee aan

die hand waarvan ons na God kan luister

terwyl ons hieroor bid:

SAAM IS

ONS BETER

O M T E G E E . . .

O F N I E T E G E E N I E

• Fokus op God se vrygewigheid: “God

is by magte om aan julle alles in oorvloed

te skenk...” (2 Korintiërs 9:8). Begin jou

gebed deur God te dank vir alles wat

Hy jou gegee het – en veral omdat Hy

Homself in liefde vir jou gee. Hoe meer

ons bewus raak van wat God gee, hoe

meer besef ons ook hoe goed dit is om

te gee.

• Vertrou God om in die toekoms vir

jou te sorg: “God wat saad verskaf om

te saai en brood om te eet, sal ook aan

julle saad gee en dit laat groei en julle

vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer” (2

Korintiërs 9:10). Elke keer as ek my hart

en my hand oopmaak om te gee, getuig

ek dat ek God vertrou om vir my te sorg

– maar as die Here my lei om te gee en ek

weier, is dit eintlik ’n mosie van wantroue

in Hom.

• Weet dat God nooit van jou vra wat

jy nie het nie: “As die goeie wil daar is en

iemand gee volgens wat hy het, neem God

die gawe aan. Hy verwag nie van hom

wat hy nie het nie” (2 Korintiërs 8:12).

Moenie gee uit negatiewe oorwegings

– omdat jy skuldig voel of omdat iemand

op jou gevoel speel nie. Gee altyd uit die

positiewe oortuiging dat God jou lei om

dit wat jy het, met ander te deel.

• Weet dat God vreugde vind daarin

dat jy gee soos Hy gee: “God het die

blymoedige gewer lief” (2 Korintiërs 9:7).

Suinigheid of gierigheid is teen God se

aard – maar vrygewigheid beteken dat jou

hart in harmonie met God se hart is.

Junie 2009

Andries Cilliers

• Onthou dat jou vrygewigheid ander

mense kan bly maak oor God: “...julle

vrygewigheid (het) tot gevolg dat God

gedank word” (2 Korintiërs 9:11). Maak

vir jou ’n prentjie: sal dit nie wonderlik

wees as jou tyd, jou geld, jou goed iewers

’n mens se hart so bly maak dat daardie

mens God loof en prys nie?

• Gee jouself volkome oor aan die Here

en gee dan wat die Here van jou vra: “...

eers het hulle hulleself aan die Here gegee

en toe aan ons. Dit is soos God dit wil”

(2 Korintiërs 8:5).

As elkeen van ons net hierdie gesindheid

bid en God se leiding soek, is ek oortuig

daarvan dat ons genoeg sal hê om die

werk te doen wat die Here op ons

gemeente se hart lê...

Grepe uit

• Ja dit was ’n tyd van terugkeer na die kernbegrippe van dit wat

saak maak in die lewe: geduld en liefde. Daar is so baie goed wat ons

weet ons moet doen, maar vergeet ons dit dan gerieflikheidshalwe.

Jolindi Klopper

• Voor elke Pinksterdiens is die bymekaar kom in die voorportaal,

die bymekaar sit en saam aanbid hartsverwarmend. Ons hoort

bymekaar. Cedric Gilmour

• Die videolesse was ‘n inspirasie!! Om deurlopend vir die res van

ons lewens uit te reik sal nie so maklik wees nie. Daarom moet ons

mekaar opdra aan Jesus. Hy wil hê dat ons moet volhard.

• Ons wil graag help om om nuwe intrekkers te verwelkom sodat

hulle nie soos vreemdelinge in ons midde is nie. Fritz Wolfaardt

• Geseënde tye is beleef. Ons leer meer bymekaar en van God.

Om Hom in vrede en harmonie te dien is ‘n vreugde. Ludick Janse van

Rensburg.

m is ons beter

aam is ons beter

saam is ons

saam is ons

• Ons uitreikprojek is Ruyterwacht. Ons gee blikkies vir die

kosmaakgreop – elke week! Robert van Wyk

• In hierdie dae het ons opnuut besef dat die kruis-evangelie nie

net bestaan uit ’n vertikale as (ons verhouding met die Here) nie,

maar ook uit ’n horisontale as (ons saamwees met ons naaste). Eers

wanneer beide in plek is, is daar sprake van ’n KRUIS. Rolien Botha

• Die straat-ete was ’n hoogtepunt en Bottelary was ’n ervaring wat

ons weer met ootmoed en dankbaarheid laat kyk na die behoeftes

van die mense reg op ons voorstoep. Ons vertel ons bure van

Sonstraal se uitreikaksies. Die mense het dit baie geniet en tot laat

gekuier en ons sal beslis in toekoms weer so iets

doen. Rossouw en Kinnie Conradie

• Ons het medelye met mekaar begin kry

omdat mense in ons groepie ook swaarkry soos

egskeiding, dood en siekte beleef. Ons kon mekaar

help om elkeen sy eie situasie beter te verstaan en

respekteer mekaar. Wilma van Schalkwyk

• “Ek is aangespoor om na ander uit te reik en

hulle te ondersteun en het die versekering gekry

dat die Here my sal help.” Amandelstraat se oggend

damesgroep

• Ek het opnuut besef hoe kragtig die werking van

die Heilige Gees is. Wonderwerke en genesing is

DV moontlik. Rehette Acker

• Ons bid en vertrou dat die Here ons projekte

sal seën, ons gawes en talente is in Sy diens. Suzanne

Schoeman

• Ons het veral die voorbiddingsessies as

versterkend ervaar. Om te bid vir ander vat die

fokus weg van jouself. Cornie Groenewald

Kleingroep-terugvoer

2

’n Preekstoel vir Zithulele in wording...

Verskeie kleingroepe het deelgeneem aan die Sondagoggenduitreike

aan die Bottelary-gemeenskap.

Lofdal-veiligheidshuis in Kraaifontein vir kinders sonder heenkome tussen die

ouderdom van ±8 maande en 16 jaar (word ook deur Badisa-Trio, Kraaifontein

ondersteun) is een van ons kleingroepe se uitreik-projekte.

ONS KOMBERSE

GAAN WYD

Tydens die Veldtog het ons komberse ingesamel en dit wyd uitgedeel. Ons eie

werkers by die kerk is gehelp met 2 komberse elk, omdat liefde immers tuis

moet begin! Verder het ons vir Shiloh Kinderhuis en Badisa Scottsdene gegee.

’n Groep mense wat by die arm gemeenskap van Ruyterwacht betrokke is, het

self ’n klomp komberse daar gaan uitdeel. Die grootste deel van die komberse

tot dusver is gegee vir Straatwerk in Kaapstad en dan veral vir Bellville Care

Mission, wat self met ’n groot kombersinsamelingsprojek besig is. Ons gaan nog

by Bottelary ook komberse gee. Dink net hoeveel mense ’n bietjie warmer kan

slaap in hierdie koue seisoen! Ons sal nooit genoeg hê om almal te help nie. As

jy dus nog nie ’n kombers gegee het nie, kan jy dit gerus nog bring.

M et U

(niks minder as dít)

sit ek in my hand

: ’n winddroë brokstukkie brood

(’n bietjie verleë oor dié goddelike verband)

Wat moet ek met U maak?

Dienaars deel U verder bloederig uit

storterig van hand tot hand…

Versigtig nou –

Dis immers Lewensbloed wat dié gemeentetjie

se sonstraalwortels moet voed…

Die ordeteken kom. Ons eet:

gebreekte lyfbrood word gemeenskaplik gemaal,

gestorte bloed sinnelik gesluk

taaierig, soet…

Kyk nou

wat het U met mý gemaak:

volkome gevoed.

3

Mientjie le Roux

Omgee hou nie op wanneer ons

veldtog ophou nie! Ons hoop

dat elke kleingroep opgewonde

geraak het oor die gedagte om vir ander

te sorg omdat die Here so wonderlik vir

ons gesorg het. Volgende kwartaal gaan

ons weer Sorgweek hou met die tema ’n

Tyd om te sorg.

Ons gaan nie hierdie keer ’n Saterdagfunksie

hou soos verlede jaar nie, maar

eerder by drie geleenthede, in drie groepe

saamkuier:

SORGWEEK

IS OP PAD

Op 27 Augustus, die Donderdagaand,

kom Retha McPherson met die

vrouens praat.

Op Saterdag, 29 Augustus, hou ons

’n lekker manne-ontbyt met Mosaïek

se nuwe dominee, André Agenbag, as

spreker.

Wilma Snyman van Sewende Laanfaam

kom op Woensdag, 2 September

met ons senior lidmate en ander

belangstellendes praat.

Op dié manier wil ons graag vir mekaar

sorg! Ons het reeds ’n borg vir die manneontbyt

gekry. As daar mense is wat ons

wil help om vir veral die seniorfunksie te

borg, sal ons baie bly wees, omdat ons dit

graag ’n spesiale geleentheid vir hulle wil

maak.

Sorg vir Ander

By die eredienste van 30 Augustus gaan

ons weer met predikers van buite fokus

op sorg vir ander. Verder gaan ons ’n

trollieprojek loods om nie-bederfbare goed

soos blikkieskos en skoonmaakmiddels in

te samel. Daar sal elke week trollies by die

onderskeie eredienspunte staan – en ons

wil kyk hoeveel trollies ons gaan volmaak

om te sorg vir mense wat swaarkry.

Bid dat die Here ons hierdie jaar opnuut

vrygewige harte sal gee!

WAT SAL EK ANDERS DOEN…

N

oudat ek nogmaals gekonfronteer is met die belangrike

uitdagings wat 40 Dae “Saam is ons Beter” aan my gestel

het, beoog ek om:

Beter na mense te luister, veral na dié wat van my verskil, om

groter begrip te verkry vir dit wat vir hulle belangrik is. Uit

aanvaarding vir mekaar groei ons in geloof. Ons verhoudings

gaan net verdiep as ons goed na mekaar luister.

Ek wil meer konsentreer op my dade… op waar ek prakties

betrokke raak. Die versoeking om net te hoor, of net te praat, is

baie verleidelik. Dit is wanneer ons konkreet betrokke raak, op

langtermyn, dat ons begin lééf wat ons gehoor en gepraat het.

Alhoewel daar in die gemeente belangrike skuiwe (van hoor en

sê na DOEN) gekom het, bly gebed steeds die aspoestertjie van

PUZZLE

In die 40 Dae het ons jongmense kon ons ’n paar legkaartstukkies pas in die PUZZLE wat ons die lewe

noem. Wat ’n geleentheid was dit nie om werklik nader aan mekaar te groei en ons geloof prakties uit

te leef nie!

Naas ’n geseënde naweek, het ons ook ’n aantal uitreikprojekte

beplan wat daarop gemik was om al die lede van elke

kategesegroep te betrek om hulle bloot te stel aan juis dié

gemeenskappe na wie hulle sou uitreik.

Van die groepe het gekies om saam met Sonstraal se Bottelaryaksie,

deel te neem aan die Sondagoggendbediening. Ander groepe

het gekies om vir die 13 kleuterskole in Fisantekraal 400 miniswartborde

(leie of “slates”) te maak sodat die kinders daarop kan

leer skryf! ’n Ander groep het weer gekies om vir die ou mense van

die JR-Bejaardesorg in Fisantekraal spesiale T-hemde te skenk en by

hulle te gaan kuier.

Dit wil lyk asof hierdie tyd regtig ’n “hands-on” tyd was waarin ons

kon leer om vir mekaar om te gee en ’n idee te kry van wat dit

prakties beteken om ’n gelowige te wees! Dit alles, natuurlik onder

leiding van ’n wonderlike span kategete!

Die Here gebruik waarlik ook jongmense om Sy werk te doen!

NA 40 DAE? Cassie Wait

die bediening. Wil ons regtig alles self probeer doen? Hang alles

net van ons af? Aikona! Ek wil méér bid! Ek wil in afwagting bid!

ALLES is anders as ek bid.

Maak dissipels! Dit is ons almal se taak. Noem dit

leierskapontwikkeling. Noem dit die identifisering van individue

aan wie ons meer aandag gee. Hoofsaak is: die Here roep ons

om groepies rondom ons te vergader met wie ons die lewe deel.

Waar dít gebeur, kom daar nuwe energie.

Ek is aangespoor deur so baie mense wat in hierdie tyd gevas en

gebid het, saam vergader het om te gesels, saam na vore gekom

het om betrokke te raak by aksies.

Dit was vir my goed…’n tyd van groei en besinning oor die

dáádkrag waartoe God ons Vader ons in staat stel.

40 Dae vir Jongmense!

Johann Schutte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!