23.06.2014 Views

Hoe hernu ek my vuurwapenlisensie? U verjaardag bepaal ... - Saps

Hoe hernu ek my vuurwapenlisensie? U verjaardag bepaal ... - Saps

Hoe hernu ek my vuurwapenlisensie? U verjaardag bepaal ... - Saps

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoe hernu ek my vuurwapenlisensie?

U verjaardag bepaal wanneer u u vuurwapenlisensie moet hernu:

Verjaardag

Hernuwingstydperk

1 Januarie tot 31 Maart

1 Januarie 2005 tot

31 Maart 2006

Verjaardag

Hernuwingstydperk

1 April tot 30 Junie

1 Januarie 2006 tot

31 Maart 2007

Verjaardag

Hernuwingstydperk

1 Julie tot 30 September

1 Januarie 2007 tot

31 Maart 2008

Verjaardag

Hernuwingstydperk

1 Oktober tot 31 Desember

1 Januarie 2008 tot

31 Maart 2008

Stap 1

U moet eers die voorgeskrewe toets oor u kennis van die Wet by ’n

geakkrediteerde opleidingsin-stansie suksesvol afl. Tree in ver-binding met u

Aangewese Vuur-wapenbeampte of die Suid-Afri-kaanse Polisiediens se

Nasionale Vuurwapeninbelsentrum vir meer besonderhede van u naaste

opleidingsinstansie. U kan ook die SAPD se webtuiste besoek om meer inligting te

bekom.

Stap 2

Wanneer u die Aangewese Vuurwapenbeampte by die polisiestasie naaste aan u

woning, besoek, moet u die volgende dokumente saamneem: u oorspronklike amptelike

Identiteitsdokument, permit of goedkeuring vir die vuurwapenlisensie(s) wat u wil hernu;

die oorspronklike opleidingsertifikaat; en vier duidelike kleurfoto’s (paspoortgrootte)

waarvan twee foto’s vir die bevoegdheidsertifikaat gebruik sal word en twee vir elke

vuurwapen waarvan die lisensie hernu moet word. U mag ook u oorspronklike

bevoegdheidsertifikaat saamneem as dit reeds uitgereik is.

Stap 3

Wanneer u u opleidingsertifikaat ontvang, moet u insgelyks om die

hernuwing van u bestaande lisensie(s) aansoek doen. U moet die

tersaaklike afdelings van

(1) die SAPD 517-vorm (Aansoek om ’n bevoegdheidsertifikaat) en (2)

SAPD 517(e)-vorm (Aansoek om die hernuwing van ’n lisensie ingevolge

die vorige Wet) invul.

Stap 4

Die Aangewese Vuurwapenbeampte sal ’n volledige stel vingerafdrukke neem

wat op die Aansoek om ’n Bevoegdheidsertifikaat-vorm aan-gebring sal word.

Stap 5

U moet R70,00 vir elke vuurwapen-lisensie wat u wil hernu, betaal en R70,00 vir die

bevoegdheid-sertifikaat. Betaling is slegs kontant of per bankgewaarborgde tjek. U

moet die kwitansie aan die Aangewese Vuurwapenbeampte voorl voordat hy u

aansoek verder kan prosesseer.

Stap 6

U ontvang ’n ondertekende ontvangserkenning (SAPD 523) wat as bewys sal

dien dat u aansoek gedoen het om u vuurwapen-lisensie(s) te hernu.

Stap 7

Die Aangewese Vuurwapenbeampte sal dan ’n agtergrondevaluasie doen om te

bepaal of u ’n geskikte en gepaste persoon is om ’n vuur-wapen te besit. U mag nie

deel wees van hierdie evaluasie nie.

Stap 8

Die Aangewese Vuurwapenbeampte sal dan u woning besoek om u perseel en kluis

te inspekteer. U kluis moet aan SABS-standaarde voldoen. Maak seker dat u kluis

wel ’n SABS-merk het. U kan ook vra dat die persoon wat die kluis aan u verkoop,

aan u ’n Voldoeningsertifikaat verskaf. As die bestaande kluis voldoen aan die

vereistes van die Regulasies op Wapens en Ammunisie, 1994, word dit aanvaarbaar

geag.

Stap 9

Sodra u aansoek(e) suksesvol oorweeg is, sal die Aangewese Vuurwapenbeampe

persoonlik met u in verbinding tree en u in kennis stel dat u u

bevoegdheidsertifikaat (indien dit nie reeds uitgereik is nie) en u

vuurwapenlisensie(s) moet kom afhaal.

As u aansoek om 'n bevoegdheidsertifikaat geweier word, sal 'n weieringsbrief met

redes na u posadres versend word. U kan teen die weiering appelleer by die Voorsitter

van die Appelraad, Privaat Sak X811, Pretoria, 0001.

VUURWAPENS WAT U NIE MEER WIL HE NIE

1. ’n Persoon wat nie meer daarin belangstel om ’n gelisensieerde

vuurwapen(s) te besit nie, kan op die volgende wyse oor die vuurwapen(s)

beskik:

- Verkoop die vuurwapen(s) aan ’n gelisensieerde vuurwapenhandelaar

- Verkoop die vuurwapen(s) aan ’n ander persoon wat suksesvol aansoek

gedoen het om ’n lisensie(s) om sodanige vuurwapen(s) te besit

- Laat deaktiveer die vuurwapen(s) deur ‘n geregistreerde wapensmid nadat

toestemming van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verkry is.

- Oorhandig die vuurwapen(s) aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens sodat dit

vernietig kan word.

2. U moet die volgende proses volg wanneer u u vuurwapen(s) vrywilliglik by

die Suid-Afrikaanse Polisiediens wil indien:

U moet die vuurwapen(s) en/of ammunisie, sowel as die volgende

dokumente met u saamneem na die Aangewese Vuurwapenbeampte:

- U amptelike Identiteitsdokument

- U wetlike magtiging om die vuurwapen te besit, bv. u vuurwapenlisensie,

permit, ens.

- ’n Brief wat bevestig dat u as eksekuteur aangestel is, as die vuurwapen

namens die persoon wat die vuurwapen geërf het, ingehandig word.

U sal versoek word om die betrokke afdeling(s) van die SAPD 522 (a)-vorm in te

vul (Indien van ’n vuurwapenitem(s).

Die Aangewese Vuurwapenbeampte of Aangewese Lid by die polisiestasie sal

die vuurwapen(s) en/of ammunisie in besit neem.

3. Indien u vuurwapenlisensie(s) steeds in u Identiteitsdokument vervat is, sal die

lisensie gekanselleer word.

4. U sal dan ’n ondertekende ontvangserkenningsvorm (SAPD 523) ontvang wat

as bewys sal dien dat u die vuurwapen(s) en/of ammunisie ingedien het.

5. Die vuurwapen(s) en/of ammunisie sal vernietig word. Let asseblief dat u,

nadat u u vuurwapen(s) by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingedien het, u

nie weer op die betrokke vuurwapen(s) mag aanspraak maak nie. Hierdie

diens is gratis.

! Dink voordat u ’n vuurwapen gebruik.

! Wees ’n verantwoordelike vuurwapeneienaar.

! Meld onwettige vuurwapens aan.

! Dra by tot ’n veiliger Suid-Afrika.

MEER INLIGTING

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Nasionale Vuurwapeninbelsentrum:

Tel: 012 353 6111

Faks: 012 353 6036

Die SAPD se webtuiste: www.saps.gov.za

NUTTIGE NOMMERS

SAPD Stop Misdaad: 08600 10111

Die SAPD se noodnommer: 10111

Uitgereik deur:

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Kommunikasie- en Skakeldienste en die

SAPD-vuurwapenbeheerregister

Privaat Sak X94

PRETORIA

0001

Afrikaans

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!