09.01.2015 Views

DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKWAARDERING EN ...

DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKWAARDERING EN ...

DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKWAARDERING EN ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12

6.20 Die fransesnemer sal die reg hê om die handelsmerke te gebruik, mits hy die fransesbedryf streng

ooreenkomstig die bepalings van hierdie ooreenkoms en die bedryfstelsel bedryf;

6.21 Die fransesnemer sal nie op enige wyse voorgee dat hy enige regte van enige aard op die handelsmerke of die

registrasie daarvan het nie en alle gebruik van die handelsmerke sal vir die voordeel van die fransesgewer

wees;

6.22 Wanneer die fransesnemer die handelsmerke gebruik, sal die fransesnemer hulle presies en akkuraat en

volgens spesifikasies en aanwysings van tyd tot tyd deur die fransesgewer neergelê, laat reproduseer;

6.23 Die fransesnemer sal die klandisiewaarde wat met die fransesbedryf geassosieer is beskerm en bevorder en

alle klandisiewaarde wat deur die bedryf van die fransesbedryf gegenereer word sal vir die gewin van die

fransesgewer wees;

6.24 Die fransesnemer sal op ‘n deurlopende basis toesien dat alle items wat in die fransesbedryf benodig word, vir

die duur van hierdie ooreenkoms, in stand gehou word en/of vervang word, indien nodig, op die fransesnemer

se eie koste;

6.25 Die fransesnemer sal alle items soos bepaal en uiteengesit in klousule 1.12, 1.13, 1.14, 1.15, 1.16 en 1.17 van

hierdie ooreenkoms slegs van die fransesgewer aankoop. Die fransesnemer sal geregtig wees om alle niestandhoudende

benodighede van verskaffers, na keuse van die fransesnemer, aan te koop;

6.26 Die fransesnemer is verplig om teen nie later nie as 30 November van elke jaar skriftelik die name, adresse en

telefoonnommers van alle skole waarby die fransesnemer betrokke was gedurende die gehele verloop van die

ooreenkoms, ten opsigte van die fransesbedryf, skriftelik aan die fransesgewer te verskaf;

6.27 Die fransesnemer sal, ingeval hy te enige tyd gedurende die verloop van hierdie ooreenkoms besluit om ‘n

verdere Pakket te bekom, verplig wees om ten minste 1 (EEN) kalendermaand skriftelike kennis daarvan aan

die fransesgewer te gee;

6.28 Die fransesnemer onderneem om die dele van die bedryfstelsel wat verder uitgebrei, verbeter en aangepas is

deur die fransesgewer om deurentyd aan die behoeftes van die kinders wat in die profiel inpas, te voldoen, aan

te koop sodra die fansesgewer die ontwikkeling, uitbreiding, verbetering en aanpassing in die bedryfstelsel

aan die fransesnemer bekend gemaak het. Die fransesnemer erken dat sodanige aankope noodsaaklik is vir die

suksesvolle bedryf van die fransesbedryf. Die fransesgewer sal alle redelike stappe neem om te verseker dat

sodanige items bekostigbaar is en dat die koopprys daarvan markverwant is.

6.29 Die fransesnemer sal ten alle tye verseker dat die kinders wat vir die onderskeie kursusse ingeskryf is se

ouderdomme as volg is:

6.29.1 Pakket A: Kinders moet in die jaar waarin hulle begin met die kursus 5 (VYF) jaar oud word.

6.29.2 Pakket B: Kinders moet in die jaar waarin hulle begin met die kursus 6 (SES) jaar oud word.

6.29.3 Pakket C: Kinders moet in die jaar waarin hulle begin met module 1 en 2 van die kursus 5 (VYF)

jaar oud word en module 3 en 4 van die kursus 6 (SES) jaar oud word.

6.29.4 Pakket D: Die kinders moet in die jaar waarin hulle begin met die kursus 4 (VIER) jaar oud word.

6.29.5 Pakket E: Die kinders moet in die jaar waarin hulle begin met die kursus 3 (DRIE) jaar oud word.

6.29.6 Pakket F: Die kinders moet in die jaar waarin hulle begin met die kurses 2 (TWEE) jaar oud word.

6.30 Die fransesnemer is verplig om tydens die aanvang van die kursus elke jaar, van die kinders se ouers te vereis

om die betrokke items soos uiteengesit in klousule 1.12.16, 1.13.19, 1.14.23, 1.15.11, 1.16.11 en 1.17.11 aan

te koop.

6.31 Die fransesnemer is verplig om ten minste een maal in elke siklus van 3(drie) jaar tydens die duur van hierdie

ooreenkoms of enige verlengingsperiode daarvan, ‘n konferensie soos gehou deur die fransesgewer by te

woon op eie onkoste. Die fransesnemer erken dat die bywoning van die konferensies noodsaaklik is vir die

suksesvolle bedryf van die fransesbedryf. Die fransesgewer sal alle redelike stappe neem om te verseker dat

die konferensies bekostigbaar is en onderneem om 50% (vyftig persent) van die verpligte konferensie se

kostes te subsidieer asook die reiskoste met 50% (vyftig persent) te subsidieer sou die fransesnemer meer as

500 kilometer moet reis na die konferensie.

7. Eiendomsreg

Eiendomsreg in al die onderstaande items sal te alle tye in die fransesgewer setel en sal eiendomsreg in die betrokke

items nooit op die fransesnemer oorgaan nie, naamlik:

7.1 Pakket A:

7.2 Pakket B:

Al die items beskryf in klousules 1.12.1 tot 1.12.13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!