Slagtersnek en sy Mense - ISBN 978-1-920429 ... - CDbooks - R - Us
Slagtersnek en sy Mense - ISBN 978-1-920429 ... - CDbooks - R - Us
Slagtersnek en sy Mense - ISBN 978-1-920429 ... - CDbooks - R - Us
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Voorwoord

Met groot genoeë voldoen ek aan die versoek van dr. J. A. Heese om

'n Voorwoord te skryf.

Die herondersoek van die mites in ons volksverlede is dringend

noodsaaklik. Eers dan kan groter helderheid oor wat werklik gebeur

het, verkry word. Mites is histories ook belangrik, maar dan moet

hulle as mites erken word. Ware geskiedenis kan nie geskryf word

as illusies as werklikhede aangesien word nie.

Die reeks gebeure wat as die Slagtersnek-opstand bekend staan, is

- soos dr. J. A. Heese in hierdie werk oortuigend aantoon - meer as

anderhalfeeu lank verkeerd vertolk. Daar is helde gesien waar geen

helde was nie. Daar was "draers van die Afrikaanse volksbewussyn"

onder die grensboere wat die Britse owerheid ondersteun het. Op

grond van nougesette genealogiese ondersoek toon dr. Heese aan

hoedat dit juis van die bekampers van die opstandelinge was, asook

van die neutrales, wat later die Afrikaner nasionale bewussyn tydens

die Groot Trek bevorder het.

Dat hierdie hervertolkingstudie so geslaagd is, is te danke aan die

moeitevolle identifisering van talIe oosgrensfigure en die verbandlegging

tussen die grensfamilies, die meeste waarvan verwant aan

mekaar was. Uit hoofde van hierdie verwantskap kan baie van hul

dade verklaar word. Flitse van frisse insig word herhaaldelik op die

lewe in die Kaapse oosgrensdistrikte in die heel vroeë I gde eeu gewerp.

Juis uit dié streke sou later die oorgrote meerderheid van die

Voortrekkers wegtrek. Vir die eerste keer word die groot lyne doeltreffend

deurgetrek van die Grensboeropstandelinge teen die einde

van die 18de eeu, deur Slagtersnek en sy mense, na die Voortrekkers.

Dr. Heese kan met gesag veralgemeen omdat hy sy navorsing

in die beskikbare bronne in die Staats- en Kerkargiewe so deeglik

verrig het. Hy verlaat hom nie net op ds. H. C. V. Leibbrandt se

bronnepublikasie nie, maar is in staat om dit krities, aan die hand

van die oorspronklike bronne, te herwaardeer. Uit sy pen maak die

leser kennis met talIe kleurryke figure van uit die tweede dekade van

die Igde eeu. Hy laat herlewe die bywoners, die ryk patriarge, die

sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, die rondgaande skoolmeesters

en die nie-blanke bediendes. Grensbeamptes soos die temperamentele

jong Andries Stockenström word in aksie gesien. Louis

Tregardt verskyn en sy lewe word deur die Slagtersnek-opstand beïn-
vloed. Trekgenote en familie van Lang Hans van Rensburg word

voorgestel. Piet Retief self beweeg vlugtig verby die samesweerders.

'n Hongaar tree onder die Slagtersnek-rebelle na vore en daar word

gepoog om die beul te ontmasker.

Dit verg moed om enige omvattende, oorspronklike historiese navorsing

aan te pak en deur te voer. Om die tragiese geskiedenis van

die mense van Slagtersnek aan te durf, verg 'n leeuemoed. Alleen deur

'n moeitevolle herondersoek van die talIe probleme waarby vorige

skrywers misgetas het, of nie raad mee geweet het nie, kan dit doeltreffend

gedoen word. Dr. Heese het ons kennis van die oorsprong,

die verloop van die Slagtersnek-gebeure, asook sy gevolge, aansienlik

verryk. Die laaste woord is vanselfsprekend nie gespreek nie. Soos

met alle historiese probleme, bly daar vraagtekens hang; maar die

ou beeld van Slagtersnek is iets van die verlede. Met hierdie boek is

'n belangrike bydrae tot ons geskiedskrywing gemaak. Dit verdien

'n wye en belangstellende leserskring en 'n lang lewe.

DEPARTEMENT GESKIEDENIS

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA,

PRETORIA.

18 JUNIE 1973.

C. F. J . MULLER
Inleiding

Wat Al weer 'n boek oor Slagtersnek

Ek hoor al hoe gesê word: "Het ons nie genoeg van die storie gehoor

nie Waarom nou weer ou koeie uit die sloot grawe Moet

ons die Boere-oorlog weer oorveg Loop die spook van ,Boerehaat'

dan nog onder ons rond "

Hierdie kwelvrae was gedurig by my toe ek 'n jarelange studie

van hierdie gebeurtenis onderneem het. Dit wil amper lyk asof

historici vandag reken dat .Slagtersnek geen plek in 'n geskiedenisboek

regverdig nie. In prof. F. A. van Jaarsveld se Van Van Riebeeck

tot Verwoerd word Slagtersnek amper nie genoem nie. Dieselfde

geld vir dr. D. W. Kruger se The Making of a Nation, asook vir

Die Republiek van Suid-Afrika wat onder die redaksie van G. D.

Scholtz en Van Jaarsveld uitgegee is. Hierdie houding staan in

skrille kontras met die houding van geskiedskrywers, so 'n vyftig jaar

gelede toe ek nog op skool was. In Darter's Geschiedenis van de Unie

voor Zuid-Afrika het mnr. W. Fouche twee hoofstukke aan die

Slagtersnek-opstand gewy. My tydgenote sal nog onthou hoe ons

destyds begeester was deur Langenhoven se Die Pad van Suid

Afrika. Een van my onvergeetlikste oomblikke was toe ek as skoolseun

geluister het hoe 'n Tommie Beckley, 'n voordragkunstenaar

van my skooldae, daaruit voorgedra het. Freek Bezuidenhout was

die held van my adolessente skooljare.

"Hier veg een man alleen, vir Suid-Afrika." M y lesers kan dus

die wrede ontnugtering verstaan toe ek deur die jare heen 'n ander

Freek Bezuidenhout leer ken het - geen held nie, maar 'n hartstogtelike,

eiesinnige man wat deur sy onbeheerste drange baie ander

mense diep ongelukkig gem aak het.

Enersyds is daar dus die neiging om die betekenis van Slagtersnek

te ignoreer; andersyds is die betekenis van die gebeurtenis in die

verlede baie oordryf.

Slagtersnek, met sy grusame assosiasies, was in ons volksgeskiedenis

'n magtige propagandamiddel. Ds. S. J. du Toit het in 1877

in sy Di geschiedenis van ons land in di taal van ons land die verhaal

vertel met die spesifieke doel om aan te toon "hoe wreedaardig

die Engelse met ons arme Boere gewerk het." Die skrywers van

"Eene Eeuw van Onrecht" het die propagandistiese waarde van

Slagtersnek ten volle gebruik. In die laaste hoofstuk van hierdie boek
sal ek wys op die politieke betekenis van Slagtersnek in ons volksgeskiedenis.

Die propagandawaarde van Slagtersnek het bepaald 'n

groot rol gespeel.

Van die Engelse kant is natuurlik weer bewyse aangevoer dat die

optrede van die regering destyds geregverdig was. In sy Romance

ol South Alrica het Ian Colvin probeer bewys dat Slagtersnek "was

the result of the savagery of a pack of border ruffians." F. X. Merriman

het weer in die Rebelliedae van 1914-1915 deur 'n pamflet:

The Truth about Slagter's Nek, die propagandawaarde van Slagtersnek

probeer neutraliseer.

Dit was dus baie goed dat Cory in 192 I 'n baie ewewigtige relaas

van die Slagtersnek-gebeure die lig laat sien het. Hy was die eerste

geskiedskrywer wat 'n deeglike studie gemaak het van Leibbrandt se

De Rebellie van IBIS. Vantevore het ander historici en skrywers

ook van hierdie studiebron gebruik gemaak, maar so gebruik dat dit

net in hulle kraam pas.

Cory se werk het die lug rondom Slagtersnek gesuiwer . . Daarna

het die meeste verantwoordelike skrywers Cory se weergawe as gesaghebbend

beskou. Dus nou ja, waarom dan nog 'n boek oor Slagtersnek

My rede lê opgesluit in 'n hele paar ander motiewe.

Vanweë my navorsing in die staatsargiewe van Kaapstad en Pretoria

het ek heelwat nuwe stof ontdek wat heelwat nuwe lig werp

op die gebeure. Om Slagtersnek is daar in die loop van jare baie

legendes opgebou. Cory het 'n hele paar van die oorvertellings ontsenu;

tog het ek gevind dat baie van hulle nog voortgeleef het. Ek

het my bes gedoen om die waarheid daarvan aan dokumentêre stukke

te toets. Skrywers, selfs geskiedskrywers, is geneig om omstandig he de

van vandag na die verlede te projekteer. So is die rebelIe van 18 I 5

tot helde geïdealiseer in dr. J. Albert Coetzee se boek Ruiters van

Slagtersnek. Vir J. H. Malan was daar ook 'n groot ooreenkoms

tussen die rebelIe van 1815 en die van 1914-1915. Vir my voel dit

amper na heiligskennis om die Bezuidenhouts in dieselfde asem as

bv. Christiaan de Wet te noem. Ek het gevoel dis tyd dat die geskiedenis

van Slagtersnek ontdoen word van al die propagandistiese

leuens wat daaromheen geweef is.

Ek noem hierdie boek SLAGTERSNEK EN SY MEN SE omdat

ek vanweë my navorsing in die N.G. Kerkargief in Kaapstad, hierdie

mense as synde van vlees en bloed leer ken het. In die doop-,

trou- en notuleboeke van die gemeentes waaraan hulle behoort het,
het ek baie omtrent hulle te wete gekom, wat 'n mens nie maklik

elders teëkom nie. Dis maar die laaste klompie jare dat geskiedskrywers

begin besef van watter waarde genealogiese data vir hulle

kan wees. Hoe belangrik dit kan wees blyk uit die volgende. In De

Villiers se bekende Geslacht-Registers word die hoofpersone in die

Slagtersnek-drama, die twee Bezuidenhouts, aangegee as die seuns

van' sekere Wynand Bezuidenhout. Volgens die Geslacht-Register

sou Comelis Frederik Bezuidenhout in i773 en Johannes Jurgen

Bezuidenhout in 1779 gedoop gewees het. Soos bekend het die

geskiedskrywer, TheaI, die familieregisters wat De Villiers opgestel

het, persklaar gemaak, en kan dus verantwoordelik gehou word vir

die groot flater wat ten opsigte van hierdie twee persone gemaak is.

Ten eerste is Comelis Frederik Bezuidenhout nie in 1773 maar in

1793 gedoop en Johannes Jurgen Bezuidenhout in 1799 en nie in

1779 nie (sien doopboek van Kaapstad 9.6. I 793 en van Graaff

Reinet 19.2.1799.) Die vraag ontstaan dadelik, waarom is die doopdatums

van die twèe persone doelbewustelik met twintig jaar vervroeg

Dit lyk baie of dit 'n poging was om die Bezuidenhouts van

Slagtersnek in 'n onmoontlike raamwerk in te pas. Dit het my feitlik

jare van navorsing geverg om die ware identiteit van Comelis Frederik

(Freek) en Johannes Jurgen (Hans) Bezuidenhout vas te stel.

Uiteindelik het ek aan die hand van Leibbrandt se boek en die oorspronklike

registers in die kerkargief in Kaapstad vasgestel dat hulle

twee nie seuns nie maar broers van W ynand Jacobus Bezuidenhout

was. Theal en almal ná hom het dus altyd oor die verkeerde Bezuidenhouts

geskryf. Op dieselfde wyse is die Prinsloo-geslagsregister

so gemanipuleer dat twee van die tereggesteldes, Theurus de Klerk

en Hendrik Frederik Prinsloo, konsuis swaers moes wees. Volgens De

Villiers (oftewel Theal) sou De Klerk en H. F. Prinsloo met twee

Prinsloo-susters getrou het, en sou dus swaers wees. Johanna Petronella

Prinsloo sou dan eers met De Klerk getroud gewees het, en na

haar man se teregstelling met Johannes Prinsloo hertrou het. By die

Johannes staan dan ook vervolgens dat hy met die weduwee van

Theunis de Klerk getToud is, maar nou kom die snaaksste van die

deurmekaarspul - die kinders van Johannes Prinsloo en die weduwee

van Theunis de Klerk is reeds vanaf 1807 gedoop d.w.s. lank

voordat sy weduwee geword het. Dis natuurlik onsin. In werklikheid

was daar twee Prinsloo-dogters met die naam van Johanna PetronelIa,

en hulle was niggies van mekaar. Een van hulle was met
Johannes Prinsloo getroud en een met Theunis de Klerk. Theunis

de Klerk se weduwee het ná sy teregstelling met Zacharias de Beer

hertrou. Daarom gee ek as byvoegsel tot die boek gekorrigeerde geslagsregisters

van die vernaamste mense van Slagtersnek.

En as jy eers die mense so intiem leer ken het, wil jy graag weet

wat van hulk nakomelinge geword het. Ek het in "Rapport"

'n oproep laat plaas dat ek graag met mense in verbinding wil kom

wat meen dat hulle afstammelinge van Slagtersnek se men se sou

wees. Die reaksie was baie goed, en in baie gevalle kon ek vasstel dat

die korrespondente werklik nasate was. Dit was 'n belewenis om in

Angola twee nakomelinge van die tereggestelde Theunis de Klerk

in lewende lywe raak te loop. Die een was met 'n Portugees Da Silva

getroud, en die ander een is met Pierik, 'n Pool, getroud.

Daar is nog 'n rede waarom ek die boek geskryf het. M yns insiens

is daar deur skrywers en historici groot omeg ge doen teenoor die

burgers wat die regering bygestaan het. Hulle is dikwels neergehaal

as renegate en verraaiers. In die boek toon ek aan dat hulle die handhawers

van reg en orde was, wie se optrede die oosgrens van 'n

Kosa-inval gered het. Vooraanstaande families soos die De Klerks

(behalwe Theunis) die Van Aardts, die Besters, die Tregardts, die

Potgieters, het by die regering gestaan, of het soos Pieter Retief en

A. C. Greyling neutraal gestaan. Onder hierdie families kry ons die

latere deelnemers aan die Groot Trek, terwyl die betrokke Bezuidenhouts

en Faber se afstammelinge nie ge trek het nie. Ek wil die bewering

maak dat die regeringsmense van 18 I 5, eerder as die rebelle

van 1815, die draers van 'n Afrikaanse volksbewussyn was.

Skrywers soos J. H. Malan en C. J. Langenhoven het skimpend

verwys na die rol van die eerbare en hooggeagte ds. T. J. Herold. Ds.

S. J. du Toit se verwysing na die "wrede Cuyler" was baie onverdiend.

Met reg het historici vertel van Hans Bezuidenhout en sy

vrou en seun se heldhaftige optrede by Madoerskloof; maar waarom

is Willem Nel en H. O. Lange se soortgelyke optrede om bloedvergieting

te voorkom, dan nie op soortgelyke wyse geroem nie Ook

vir die meeste amptenare wat in die diens van die Engelse regering

was, is daar 'n goeie woord te sê - en dit geskied in hierdie boek.

Die Slagtersnek-opstand was geen uiting van die Afrikaner se onafhanklikheidstrewe

nie - dit was veel eerder 'n wanklank in die

ontplooiing van die Afrikaanse nasieskap. Wilde mense soos die betrokke

Bezuidenhouts, Faber en sommige van die Prinsloo's was ver-
ekers van die tradisionele waardes van die Afrikaner, soos sy sin

vir rassesuiwerheid en sy eerbiediging van kerklike sakramente. Dit

was die bandeloosheid van Freek Bezuidenhout, die wraaklus van

Hans Bezuidenhout en die persoonlike wrok van S. C. Bothma en

H. F. Prinsloo wat die opstand veroorsaak het. Die konserwatiewe

en ordeliewende Afrikaner van 1815 wou niks te doen hê met mense

wat met die vyandelike swartes geheul het nie.

Baie skrywers wat nog nooit die terrein waar alles gebeur het, verken

het nie, meen dat die teregstelling van die vyf veroordeeldes op

Slagtersnek plaasgevind het. Die nek wat vandag nog Slagtersnek

genoem word, lê inderdaad omtrent twaalf myl noord van die plek

waar die teregstelling plaasgevind het. Die teregstelling het pI aasgevind

op die plek waar die monument vandag staan, omtrent 'n

I 000 tree vanaf die spoorwegstasie, Long Hope, wat tydens die

opstand bekend was as Vanaardtspos, omdat die militêre pos op die

pI aas van die Van Aardts aangelê was. Derhalwe gebruik ek die

term Vanaardtspos as ek na die plek van teregstelling verwys. Die

meeste rebelle het by Slagtersnek oorgegee, maar die leiers, soos die

Bothmas, Faber en Hans Bezuidenhout, is eers later gevang. Eintlik

was die gebeure by Slagtersnek nie die toneel van die hoofdrama

nie. Maar deur die jare was Slagtersnek so nou geassosieer met die

hele opstand, dat ek ook Slagtersnek-opstand as term vir die opstand

gebruik.

'n Mens wonder dikwels of die naam Slagtersnek nie baie te doen

het met die emosionele assosiasie wat nog steeds daarmee verbind is

nie. Baie mense meen van dag nog dat Slagtersnek met 'n slagting

te doen gehad het. Ironies genoeg was die oorsprong van die naam

heeltemal onskuldig. Lank voordat Hans Bezuidenhout met sy rebelle

oor die nek gery het, was die nek al bekend as Slagtersnek.

Dit was nI. die plek waar die slagtersknegte uit die Kaap die vee

van die Tarka-burgers kom koop het. Sê nou maar die naam was ·

K waggasnek, sou die emosionele assosiasies nie baie minder gewees

het nie

In my strewe om van die Slagtersnek-gebeure 'n objektiewc relaas

te gee, het ek alles wat oor Slagtersnek gesê en geskryf is, probeer

opspoor. In hoofstuk twee word die uiteenlopende weergawes van

die gebeure in oënskou geneem. Ten slotte wil ek graag beklemtoon

dat hierdie boek nie 'n roman is nie, ook nie 'n historiese roman nie.

Dis 'n geskiedenis van die mense wat gemoeid was met die gebeure
van 18 I 5-18 I 6 op die oosgrens. Hoewel ek oortollige verWysingsnommers

vermy het, was dit tog nodig om te verwys na oorspronklike

dokumente. Aan die einde van die boek vind u dus my bronneverwysings.

Leibbrandt was vanselfsprekend my hoofbron van inligting,

maar dis aangevul met ander argiefverwysings.