23.01.2015 Views

PMTCT Afrikaans draf4.pdf

PMTCT Afrikaans draf4.pdf

PMTCT Afrikaans draf4.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HAART

HAART beteken Hoë Aktiewe Anti-retrovirale Terapie. As jou CD4-

telling onder 350 is, beteken dit dat jy ARV-behandeling móét begin en

lewenslank daarmee moet voortgaan. Dit sal jou baba teen besmetting

met MIV beskerm en jou gesondheid verbeter – die beste geskenk wat jy

vir jou baba kan gee is ’n gesonde moeder!

As jy op HAART is, sal jou baba elke dag na geboorte vir ses weke lank

nevirapien moet gebruik.

Lees gerus ons pamflette getiteld “Ek het MIV-positief getoets, wat nou”

en “ARVs – jy kan dit oorwin!” vir meer inligting oor ARVs en hoe om

positief met MIV te leef.

Moedergesondheid

• Dit is belangrik om gesond te bly terwyl jy swanger is.

• Eet ’n gebalanseerde dieet en kyk goed na jouself.

• Onthou: moenie alkohol drink terwyl jy swanger is nie –

alkoholinname tydens swangerskap is gevaarlik en sal jou baba se

gesondheid benadeel.

• Vra jou gesondheidswerker uit oor voedingsaanvullings soos

foliensuur, wat geneem kan word voordat jy besluit om swanger te

raak, asook ysteraanvullings, wat jy kan inneem

tydens swangerskap om bloedarmoede te

voorkom.

Opportunistiese infeksies

• As jy ’n opportunistiese infeksie gedurende

jou swangerskap opdoen, verhoog dit die

kanse dat jou baba met MIV besmet kan

word. Dit is omdat die infeksie jou virale

lading verhoog, terwyl dit jou CD4-telling

verminder.

• Een van die algemeenste MIV-verwante

opportunistiese infeksies is TB. Sou jy MIVpositief

toets, is dit baie belangrik dat jy

onmiddellik daarna vir TB ondersoek word.

• Sorg dat jy alle opportunistiese infeksies

sonder versuim laat behandel en neem getrou

jou ARVs as jy op HAART is.

• Om dit getrou te neem beteken dat jy jou

medikasie elke dag op dieselfde tyd neem, soos

voorgeskryf deur jou gesondheidswerker. Dit sal

meebring dat jy gesond bly en sal ook jou baba

beskerm!

Voorkom MIV

• Deur jou aantal seksmaats te verminder, verklein jou kans om MIV

te kry.

• Verminder jou alkoholinname. Dronkenskap verlaag jou inhibisies

en dra by tot waaghalsige seksgedrag.

• Die volgehoue gebruik van ’n kondoom gedurende die seksdaad kan

verhoed dat MIV aan ’n seksmaat oorgedra word.

• Moet nooit jou maat se vagina of anus penetreer sonder om ’n

kondoom te gebruik nie.

• Kry onmiddellik behandeling vir enige infeksie of uitskeiding in jou

penis, vagina of anus. Gesondheidswerkers is opgelei en gewoond

daaraan om geslagsdele te sien. Daar is niks om oor skaam te wees

nie.

Toets en berading vir MIV

• Jy behoort voor en na die MIV-toets berading ontvang.

• Berading berei jou voor op die uitslag, sodat jy kan dink hoe ’n

negatiewe of positiewe uitslag jou sal affekteer.

As jy MIV-positief toets

• Jy kan ’n vol en normale lewe hê. Jy kan ’n gesin hê en jy kan jou

drome bewaarheid.

• Danksy ARVs is MIV ’n chroniese, beheerbare toestand soos

diabetes of hoë bloeddruk (hipertensie).

• Kry ’n CD4-telling en ’n virale ladingstoets, sodat jy kan weet

wanneer om met AVRs te begin.

• Wees ingelig. Beplan jou toekoms. Praat met jou

gesondheidswerker.

Beskerm jouself. Beskerm ander.

Afrikaans

Hoofweg 156 Muizenberg,

Kaapstad

Telefoon: 021 788 9163

www.beatit.co.za

Hallo, my naam is Nobuhle en ek leef

positief met MIV.

Ek het onlangs ‘n ma geword – my

baba is MIV-negatief.

Kom ek vertel julle hoe dit moontlik is.

www.beatit.co.za

WAT IS MNKO

MNKO is die afkorting vir Moeder-Na-Kind Oordrag. ’n MIV-positiewe

moeder kan die MI-virus na haar baba oordra.

’n Baba kan op verskillende maniere met MIV besmet word:

• Terwyl die moeder verwagtend is

• Gedurende die geboorte

• Deur middel van borsvoeding

WAT IS VMNKO

VMNKO is die afkorting vir Voorkoming van Moeder-Na-Kind Oordrag

’n MIV-positiewe moeder kan haar kind beskerm, asook die kanse verlaag

dat haar baba met MIV besmet kan word, deur anti-retrovirale middels te

neem.

Ek het nou net uitgevind dat ek verwag

– wat moet ek nou doen

Jy moet so spoedig moontlik – sodra jy uitvind dat jy swanger is – ’n

afspraak maak by jou naaste kliniek vir aanstaande moeders.

By dié kliniek sal jy MIV Berading en Toetsing (HCT) aangebied word om

jou MIV status te bepaal.

As jy MIV-negatief sou toets, moet jy onthou om weer die toets te

ondergaan wanneer jy tussen 32 en 34 weke swanger is. Die rede

hiervoor is omdat jy wel in MIV se ‘venstertydperk’ kan wees, of omdat jy

met MIV besmet kon geraak het nadat jy swanger geraak het.

As jy MIV-positief sou toets móét jy dieselfde dag nog, of sou gou as

moontlik, ’n CD4-telling bekom, asook ’n TB-toets ondergaan.

As jou CD4-telling onder 350 sou wees, moet jy met HAART begin en

lewenslank met ARV-behandeling voortgaan. Dit is om jou en jou baba se

gesondheidsonthalwe.

As jou CD4-telling bo 350 sou wees, moet jy met die VMNKObehandeling

begin om die oordrag van die MI-virus na die baba te

voorkom.

CD4-telling

Jou CD4-telling meet die aantal CD4 selle per druppel bloed. As jy jou

CD4-telling ken, dan sal jy weet wanneer om met ARV behandeling te

begin asook watter protokol om mee te begin. Jy is geregtig op ’n gratis

CD4-telling elke 6 maande.

VMNKO Behandeling (CD4-telling bo 350)

Die VMNKO protokol bestaan uit ’n paar stappe. Dit is belangrik dat jy

elke stap volg sodat jy kan verseker dat jou baba teen MIV beskerm word:

Stap Een: Swangerskap

Wanneer jy in jou 14de week van swangerskap is, moet jy AZT twee keer per

dag neem.

Stap Twee: Bevalling

Jy sal ’n enkel dosis Nevirapien (NVP) toegedien word sodra jy begin kraam.

Gedurende die bevalling sal jy ook elke drie uur AZT toegedien word, tot en

met die baba se geboorte.

Stap Drie: Geboorte

Sodra jou baba gebore is moet hy/sy binne 72 uur Nevirapien-stroop

toegedien word.

Jy sal na die geboorte tenofovir (TDF) en emtracitabien (FTC) ontvang – dit

moet so gou as moontlik geneem word.

Stap Vier: Baba

Jou baba se behandeling hang af van watter voedingsopsie jy kies, hetsy

UITSLUITLIK formulevoeding of UITSLUITLIK borsvoeding.

Indien jy besluit om uitsluitlik formulevoeding te gee, moet jou baba elke

dag vir ses weke lank nevirapien (NVP) neem.

Indien jy besluit om uitsluitlik te borsvoed, moet jou baba elke dag, vir so

lank as wat jy borsvoed, nevirapien (NVP) neem. Omdat jy MIV-positief is,

word aanbeveel dat jy na 6 maande ophou borsvoed.

Stap Vyf: Jou baba se MIV-toets

Wanneer jou baba 6 weke oud is, moet jy hom/haar terug kliniek toe bring

vir immunisasie en om die MIV toets te ondergaan. Hierdie MIV-toets word

die “PCR-toets” genoem. ’n PCR-toets bepaal of die MI-virus in jou liggaam

teenwoordig is, en nie of die teenliggaampies tot die MI-virus teenwoordig is

nie. Dit is belangrik dat jy die PCR-toets aanvra by jou plaaslike kliniek sodat

jy die MIV-status van jou baba kan bekom.

By hierdie besoek aan die kliniek moet jou baba ook met Cotrimoxazole

(Bactrim) begin behandel word. Dié medikasie moet slegs gestaak word as

jou baba se toetse negatief is.

Wanneer jou baba 10 weke oud is, sal jy weer kliniek toe moet kom om die

toetsuitslae af te haal. As jou baba nie gesond is nie moet jy vroeër terugkeer.

Stap 6: Beëindiging van borsvoeding

As jy verkies het om jou baba te borsvoed, moet jy hom/haar 6 weke nadat

borsvoeding gestaak is, terugbring vir ’n tweede PCR-toets. Omdat jy MIVpositief

is, word aanbeveel dat jy na 6 maande ophou borsvoed.

Babavoeding

As moeder is dit jou keuse om jou baba uitsluitlik op borsmelk of

uitsluitlik op formule te plaas. Daar is egter ’n paar dinge waaraan jy

moet dink alvorens jy besluit.

UITSLUITLIK beteken dat jy slegs formulevoeding gee òf borsvoed.

Moenie voedings meng nie, aangesien dit die kans vergroot dat MIV

na jou baba oorgedra word.

Praat met jou gesondheidswerker oor die keuses en die voor- en

nadele van elk, alvorens jy besluit op jou uitsluitlike voedingsmetode.

Sodoende is jy in staat om die regte besluit vir jou en jou baba te

maak.

Borsvoeding

Jou baba kan MIV van jou borsmelk kry. ’n Baba se maag en

ingewande het ’n baie sensitiewe voering. Wanneer die baba enigiets

anders as borsmelk inneem, selfs water of medisyne, kan dit die

ingewande irriteer en klein snytjies daarin veroorsaak. Hierdie snytjies

bied dan ’n vatplek.

Sou jy op borsvoeding besluit kan jy vir die eerste 6 maande van sy/

haar lewe niks anders vir jou baba te ete of te drinke gee nie. Jou

baba mag wel AZT en die Nevirapien-stroop inneem as deel van die

VMNKO protokol, asook ander medisyne soos voorgeskryf deur ’n

dokter. Jy moet jou baba nevirapien gee om te keer dat hy of sy MIV

van jou borsmelk kry. As jy MIV-positief is, word aanbeveel dat jy na 6

maande ophou borsvoed.

Formulevoeding

Sou jy uitsluitlik op hierdie voedingsmetode besluit, sal

jy die formule by ’n kliniek verkry. Dit is baie belangrik

dat jy toegang het tot skoon water. Jy moet ook die

opskeplepel, bekertjie of bottel baie skoon

hou. Jy sal dié toebehore in kokende

water moet was om alle kieme dood

te maak. Jou baba kan buikloop

opdoen, begin braak en baie

siek word weens kieme in vuil

voedingstoebehore of wanneer dit

in vuil water gewas word. Dit

is veel makliker om ’n bekertjie

en maatlepel skoon te hou as

’n bottel en tiete. Daarom is ’n

voedingsbekertjie ’n veiliger opsie as

bottelvoeding.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!