29.01.2015 Views

KOMMUNIKEER LIEFDE - Kanaan Ministries

KOMMUNIKEER LIEFDE - Kanaan Ministries

KOMMUNIKEER LIEFDE - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2

GEESTELIKE DEKKING

Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n niewinsgewende

bediening onder die dekking van:

• El Shaddai Christelike Kerk, Durbanville

Pastoor Ken Turner

• Lighuis Christelike Sentrum, Parow

Pastore Waltie & Colleen Snyman

• Hatfield Gemeente, Vaaldriehoek

Pastoor Edward Gibbens

• Intercessors International

Noël Bell, Australië

Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen

gedeelte van hierdie materiaal mag egter gereproduseer

en/of aangebied word vir persoonlike gewin nie. Alle

regte van hierdie materiaal word voorbehou om die

Koninkryk van Jesus Christus ALLEENLIK te bevorder.

Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling,

kontak ons asb. by:

Posbus 15253 John Vorsterrylaan 27

Panorama Platteklo of Uitbr. 1

7506 Parow 7500

Kaapstad

Kaapstad

Suid-Afrika

Suid-Afrika

Tel.: (+27) (021) 930 7577

Faks: (+27) (021) 930 7070

E-mail: kanaan@iafrica.com

3

4

INHOUD

Liefde is die kenteken van

‘n Christen 4

1. Dien mekaar 16

2. Bemoedig mekaar 18

3. Gee jou tyd 20

4. Raak aan en wees naby

genoeg om aangeraak te

word 24

5. Om te gee 26

Gevolgtrekking 33

In Afrikaans vertaal deur Nelmari de Kock.

Spreuke 10:12 Haat verwek twiste, maar

liefde bedek al die oortredinge.

LIEFDE IS DIE KENTEKEN VAN

‘N CHRISTEN

Dit is werklik so dat liefde ‘n menigte

oortredinge kan bedek.

Neem byvoorbeeld ‘n kind wat op

heterdaad betrap word met ‘n

oortreding ~ die ouer se liefde vir

daardie kind verdoem hom mos nie vir

ewig nie! Ja, hy mag dalk ‘n goeie pak

slae of ‘n skrobbering kry, maar aan die

einde wen die liefde en bedek dit al die

harde woorde, en selfs rooi sitvlakke!

En die kind beantwoord daardie liefde

deur so maklik te vergewe! Het jy al

5

6

opgelet hoe maklik ‘n kind vergewe

Ag, as ons maar weer soos kinders wil

word!

Vir die kind wat grootword in ‘n

stabiele huis en ‘n gesonde gesins-opset,

is dit baie makliker om in een stuk deur

die lewe te gaan. Daardie kind

absorbeer die liefdevolle verhouding

tussen sy ouers dag na dag, en dit vul

hom met ‘n vertroue dat hulle hom ook

liefhet. Dit inspireer hom om uit te gaan

in die wêreld en liefde te gee aan ander.

Aan die ander kant, neem kinders

dikwels skuldgevoelens op hulself

wanneer hul ouers ‘n gespanne

verhouding het. ‘n Ouer het dus so ‘n

geweldige verantwoordelikheid om aan

daardie kind gemoedsrus te gee, deur

progressief te werk aan ‘n vreedsame en

gesonde verhouding tussen vader en

moeder ~ en ‘n veilige en warm

omgewing te skep vir die kind om in te

ontwikkel. Hierdie patroon in die huis,

skep die bloudruk vir die kind, wat hy

dan op sy beurt “liasseer” in sy

onderbewussyn ~ en hy sal dit

implementeer die oomblik wanneer hy

opgegroei het en homself bevind in

dieselfde verantwoordelikhede van

huwelik en gesinslewe.

Johannes 13:35 Hieraan sal almal weet

dat julle my dissipels is, as julle liefde onder

mekaar het.

Liefde is ‘n opdrag van die Here ~

Liefde kenmerk ons identiteit as

Christene ~ Liefde bind ons saam as ‘n

Christen gemeenskap!

As ons mekaar liefhet soos die Woord

ons leer, sal die wêreld dit sien, die

wêreld sal honger en dors word

daarvoor en die wêreld sal aan ons deur

kom klop om ‘n aanraking daarvan te

kan kry. Hoekom Wat trek hulle

7

8

Liefde is die suiwer manifestasie van

Jesus Christus binne ons, en deur ons

liefde te deel na buite, sal die wêreld

weet dat ons aan Hom behoort.

Maar hoe kan ons liefde wys as ons

nooit liefgehê is nie Natuurlik het ons

‘n voorbeeld nodig! En watter beter

voorbeeld het ons as om te kyk na Jesus

se liefde vir ons! Na alles, Hy het vanuit

die Hemel gekom na die aarde, om die

weg aan te wys ~ vanaf die aarde na die

kruis, om ons skuld te betaal ~ vanaf die

kruis na die graf ~ vanuit die graf na die

Hemel.

Op dieselfde wyse moet ons as ouers in

Sy voetstappe volg, leiers in paaie van

geregtigheid, opvoeders met liefde en

geduld, skeppers van ‘n veilige hawe

vir ons kinders om in te ontwikkel en

groei ….. om hulle te bevestig en te

beveilig in Hom en in liefde.

Natuurlik bestaan liefde uit twee kante:

Gee en ontvang.

Wanneer gegee word, word aksie

geneem. Wanneer ontvang word, word

gevoel ervaar. Dit is nie altyd so ‘n

maklike taak om liefde te gee nie, omdat

jy nie altyd weet hoedat jou manier van

liefde gee ontvang gaan word nie.

Verskillende mense sal liefde op

verskillende wyses vertolk. Jy kry bv.

diegene wat sê hulle het lief, maar dit

nie wys nie. Aan die ander kant, is daar

diegene wat deur die aksies gaan om

liefde te wys, maar hulle sê dit nooit.

En dan is daar diegene wat beide in die

praktyk doen, maar geen emosies

daarmee saam toon nie.

Daar is ‘n balans hierin. Daardie balans

sal ons hê as ons lewe, wandel en ons

hele bestaan in Hom is. Jesus Christus

is ons perfekte voorbeeld van liefde,

omdat Hy liefde is. Kom ons kyk

9

10

byvoorbeeld hoedat Hy liefde bewys het

in die praktiese, alledaagse lewe

gedurende daardie drie jaar van Sy

bediening op aarde:

Matteus 8:2,3 …en daar het ‘n melaatse

man gekom en voor Hom neergeval en gesê:

Here, as U wil, kan U my reinig. Daarop

steek Jesus die hand uit en raak hom aan en

sê: Ek wil.

Markus 10:13 En hulle het kindertjies na

Hom gebring dat Hy hulle kon aanraak; …

En Hy het gesê: Laat die kindertjies na My

toe kom en verhinder hulle nie, want aan

sulkes behoort die koninkryk van

God”…….

Lukas 13:34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat

die profete doodmaak en die wat na jou

gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou

kinders bymekaarmaak, soos ‘n hen haar

kuikens onder die vlerke, en julle wou

nie…..

Lukas 22:51 Maar Jesus het geantwoord

en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het

sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.

Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef

hulle, want hulle weet nie wat hulle doen

nie.

Hier kan ons sien dat Jesus liefde getoon

het deur aanraking, te praat (stem), te

huil, gesond te maak en te bid. Dit is

maar slegs ‘n paar voorbeelde – daar is

‘n wye spektrum te sien in die Woord

wat die oneindige liefde uitbeeld wat

Hy tot vandag toe aan ons demonstreer

op verskeie maniere ~ of dit bonatuurlik

is of deur Sy Liggaam hier op aarde.

11

12

Word vir ‘n oomblik stil, kyk diep binne

jou eie hart en onderskei wat jou

grootste behoefte is. Is dit dalk om te

voel jy word liefgehê, aanvaar God het

hierdie vakuum in die mens geskep ~

wat slegs gevul kan word deur liefde.

Eerstens van God en dan van die mens

se mede-skepsele. En Hy het ons ook

geskape met die kapasiteit om liefde te

gee.

Maar hoe gee ons effektief liefde

Watter paadjies moet ons volg om op

die regte plek uit te kom ~ saam met ons

kinders en diegene rondom ons

Indien jy ‘n ouer is, sal jy weet dat dit

nie so eenvoudig is om jou liefde te alle

tye op effektiewe wyse oor te dra nie.

Ons maak foute, en ons is geneig om

daardie foute te herhaal! Soms neem dit

lank om daardie skade weer te herstel,

om weer vertroue te bou en om die

mure af te breek tussen jou en jou kind

of iemand anders. Die hefboom wat ons

hier nodig het, is liefde! Dikwels moet

emosie tweede plek neem in hierdie

soort van herstel. Soms moet ons ‘n

rasionele besluit neem om hierdie

skanse af te breek.

Ten einde ‘n goeie resultaat hier te

bereik, moet ‘n paar dinge in gedagte

gehou word:

♥Liefde is nie ………. Om vir jou

kinders alles te gee wat hulle begeer nie.

♥Liefde is nie ………. Om hulle altyd

hul sin te gee nie.

♥Liefde is nie ………. Om hulle nooit te

laat wag nie.

♥Liefde is nie ………. Om hulle nooit te

laat huil nie.

♥Liefde is nie ………. Om te

kompromeer met God se instruksies oor

hoe om hulle groot te maak, of goed te

laat voel.

13

14

♥Liefde is ………….. Om jouself te

gee.

Ten einde dit reg te kry, moet ons leer

om te onderskei tussen die verskillende

“kleure en klanke” van liefde! Ons

moet leer om die “golflengte” te

onderskei waarop die ander persoon is

en hoe hy ons liefdestaal gaan ontvang

en vertolk. Liefde besit in ‘n sekere sin

‘n emosionele klank en kleur van sy eie.

Dit wat een persoon ervaar as liefde,

kan ‘n ander heel maklik vertolk as

verwerping, en daar is nog ‘n paar

voorbeelde hiervan!

kan slegs die strekking van die woorde

raai deur hul reaksies dop te hou, te

luister na die toon van hul stemme en

waar te neem hoedat die een met wie

gepraat word, reageer. Dikwels “lyk”

en “klink” dit asof hulle aanvallend of

op die verdediging is, maar die

volgende oomblik sal hulle lag, mekaar

op die skouer klop en wegstap. Dit is

omdat daardie taal vir jou vreemd is, en

jy kon dit slegs interpreteer binne jou

waarnemingsvlak en begripsraamwerk.

Dieselfde gebeur wanneer jou persepsie

van liefde gee, nie so verstaan word

deur die ander persoon nie ~ hy

misinterpreteer dit vir iets anders, en

die oomblik gaan verlore. En jy kan

verwerp voel hierdeur.

Luister en hou dop byvoorbeeld

wanneer mense in jou onmiddellike

omgewing in ‘n vreemde taal met

mekaar praat wat jy nie verstaan nie. Jy

15

16

Dit is egter baie waar dat liefde ‘n

universele taal is! Daar is verskeie

maniere om liefde te kommunikeer:

• Om mekaar te dien

• Om mekaar te bemoedig

• Om tyd te gee aan ander

• Om aan te raak en naby genoeg te

kom om aangeraak te word

• Om te gee

1. DIEN MEKAAR

Galasiërs 5:13 Want julle is tot vryheid

geroep, broeders; gebruik net nie julle

vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie,

maar dien mekaar deur die liefde.

Hoe kan ons uitdrukking gee aan liefde

deur te dien Het jy al ooit ervaar dat jy

so baie graag iets gedoen wil hê, soos

byvoorbeeld jou voertuig moet gewas

word, maar jy het net eenvoudig nie die

tyd daarvoor nie, en jy moet iewers

heengaan daarmee En dan, wanneer jy

by hom kom, vind jy dat iemand jou

behoefte raakgesien het, en dit vir jou

gedoen het Gevoelens van

dankbaarheid spoel onmiddellik deur

jou, nie waar nie Dan soek jy ook weer

vir geleenthede om iets vir daardie

persoon te doen.

Jy dien met liefde elke keer wanneer jy

iemand se behoefte raaksien en uit jou

17

18

pad gaan om iets vir hom/hulle te

doen. Dit is om iets te doen wat nie

noodwendig jou verantwoordelikheid

is nie, maar net omdat jy die behoefte

raakgesien het, en besluit het om dit

vir hom of haar te doen.

Titus 3:8 Dit is ‘n betroubare woord, en ek

wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig,

sodat die wat in God glo, sorg kan dra om

goeie werke voor te staan; dit is wat goed

en nuttig is vir die mense.

2. BEMOEDIG MEKAAR

Romeine 12:10 …wees hartlik teenoor

mekaar met broederlike liefde; die een moet

die ander voorgaan in eerbetoning.

Woorde is ‘n magtige medium ~ of dit

hoorbaar uitgespreek word, geskrewe is

of selfs wanneer dit ontvang word in die

verstand of gees. Woorde kan opbou,

bemoedig, beinvloed, inspireer,

verwerp, verwond of liefhê. Woorde

kan selfs skep ~ in die fisiese of

geestelike realm.

Het jy al ooit opgemerk hoedat ‘n

woord van bemoediging ‘n dowwe

gordyn ooptrek in iemand se oë Selfs

al is dit net vir ‘n breukdeel van ‘n

sekonde, ‘n woord van opbouende

bemoediging, prys of ‘n kompliment

opreg bedoel, verlig iemand se aangesig.

En, dit is ‘n goeie saad wat jy geplant

19

20

het in daardie persoon, en dit sal

sekerlik groei!

Dit is die moeite werd om jouself te

oefen om ‘n bemoediger te wees. Op ‘n

dag, wanneer jy dit die minste verwag,

sal hierdie brood wat jy op die waters

gewerp het, sekerlik na jou terugkeer!

3. GEE JOU TYD

Kolossense 4:5 Wandel in wysheid

teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

Tyd is kosbaar, nie waar nie

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat

tyd ons vyand kan wees, of ‘n

betroubare vriend. Dit hang net af of

ons ons tyd as ‘n offer aan God gegee

het om af te koop vir Sy Koninkryk.

Ons bid dikwels: “Here, ek wil soos U

wees ~ ek wil soos U dink, soos U praat, ek

wil U krag ervaar in my alledaagse lewe en

bediening”. Maar ons faal daarin om

kwaliteit tyd met Hom deur te bring in

die intieme atmosfeer van ons

binnekamer. Hoe dan kan ons verwag

om verander te word na Sy beeld Hoe

kan ons verwag om te groei en te

ontwikkel in ons wandel deur die lewe

21

22

en om die ingesteldheid van Christus te

kry

Indien jy ‘n kind van die Vader is, is jy

‘n genooide op die gastelys van die

Koning ~ om te sit aan Sy feestafel elke

dag. Hier wil Hy met jou sit en Sy hart

met jou deel terwyl julle soete

gemeenskap met mekaar het. Moet tog

nooit toelaat dat jou stoel leegstaan by

een so ‘n feesmaal nie!

Dit is waar in elke verhouding. Hoe

meer tyd ons met iemand spandeer, hoe

beter leer ons mekaar ken ~ en as ons

sensitief is vir mekaar, kan ons opbou

en ook die goeie van mekaar absorbeer

en dit uitgee na ander. Dit word

gemeenskap genoem.

Ons kinders het ons kwaliteit tyd

nodig. Het jy al ooit ‘n dier, soos

byvoorbeeld ‘n hond of kat, dopgehou

waar hulle in hul lêplek lê met hul

pasgebore werpsel kleintjies Sy laat

jou toe (alhoewel nie baie gerus nie!),

om hulle een vir een op te tel en in jou

nek te koester en te streel ~ maar die

oomblik as jy hulle terugplaas by haar,

ruik sy hulle deur, en vroetel hulle dan

terug in ‘n gemaklike posisie totdat sy

tevrede is.

Dit is net so wonderlik om skape met

hul nuutgebore lammers in die veld dop

te hou. Hierdie lammertjies dwaal af,

bondel saam en geniet hulle gate uit in

die groen gras. Maar die oomblik

wanneer die trop in een rigting begin

beweeg en daardie ooie begin blêr,

begin die lammers blêr ~ en vir ons

klink hulle almal dieselfde. Maar, ek

belowe jou, elke lam eindig by sy eie

mamma, omdat sy haar lam uitruik! En

bewaar die lam wat probeer om by die

verkeerde mamma te drink! Sy gee hom

bloot ‘n harde stamp met die neus. Ek

vertel dit om te illustreer hoedat ons ons

23

24

kinders kan “uitruik” in die gees deur

kwaliteit tyd met hulle te spandeer.

Daar buite in die wêreld kan hulle

allerhande soorte vreemde idees optel

en dit saambring huis toe met hulle.

Indien ons nie die tyd neem om te sit en

met hulle te gesels nie, na hulle harte te

luister nie, sal ons uitmekaar groei en

vervreemd raak van mekaar ~ en hulle

sal wegdwaal na vreemde speelgronde

en eindig by die verkeerde “moeders!”

Om jou oor en mond te gee vir iemand

anders, kan deur daardie persoon

vertolk word as ‘n daad van liefde. Om

te kommunikeer, behels dat jy jouself

belê deur te luister en te reageer in

liefde en van jouself te deel.

Hebreërs 13:16 Vergeet die weldadigheid

en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n

welbehae aan sulke offers.

4. RAAK AAN EN WEES

NABY GENOEG OM

AANGERAAK TE WORD

Markus 10: 13, 16 En hulle het die

kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle

kon aanraak.

v. 16 En Hy het Sy arms om hulle geslaan,

Sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

Jou hele dag kan opgehelder word deur

‘n tydige aanraking. As jy ‘n vrou is,

moes jy al ervaar het watter verskil dit

aan jou gemoed maak wanneer jou man

verbyskuur, en jou vir ‘n kort oomblik

aanraak Of, as jy ‘n man is, maak dit

nie jou hart warm en bly wanneer jy in

jou studeerkamer besig is met daardie

vervelige rekeninge, en jou vrou kom

binne met ‘n koppie tee en sy masseer

daardie moeë skouers nie Hierdie is

aanrakings wat sê: “Ek mis jou. Jy is

belangrik vir my. Ek sien wat jy vir my

doen, ek wil by jou wees”.

25

26

Net so floreer ‘n kind onder die

liefdevolle aanraking van sy ouers. Leer

om aan te raak ~ nie slegs met jou hande

nie, maar ook met jou oë!

5. OM TE GEE

Johannes 3:16 Want so lief het God die

wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun

gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie

verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe

kan hê.

Om in liefde te kan ontvang, is net so ‘n

belangrike gebaar as om in liefde te gee.

Sommige mense is natuurlike gewers,

en dit is vir hulle maklik om te gee. Dit

verwarm die hart wanneer ‘n

onverwagte geskenk ontvang word ~

maak nie saak hoe klein nie. Dit is veral

daardie geskenke wat jy ontvang op dae

ander spesiale dae (verjaardag, ens.).

Wanneer jy volgende keer die gedagte

kry om ‘n blom vir ‘n vriendin te koop,

moenie dit ignoreer nie, probeer dit! Dit

bring ‘n warmte en sagtheid in die hart

en oog.

27

28

hierdie beginsel te illustreer:

As liefde dan ‘n universele taal is, maar

almal verstaan dit nie dieselfde nie, wat

is die oplossing

Ons kan begin deur onsself te

ondersoek. Met watter van die

bogenoemde wyses van liefdesbetoning

voel jy gemaklik Watter een is jy

Dan is daardie een, jou nommer een

manier van uitdrukking gee aan liefde

en dit sal ook die manier wees waarop

jy verwag om liefgehê te word. Maak

nou ‘n lysie van die res van die

bogenoemde wyses van

liefdesbetonings in die volgorde van

meeste jy tot die minste jy.

Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde om

Die AANRAKER en die

KOMMUNIKEERDER

Ben en Veronica is reeds 15 jaar getroud

~ hulle het ‘n goeie huwelik, maar tog,

op een of ander manier, “mis” hulle

mekaar gedurig.

Nadat hulle gehoor het van die

verskillende liefdes-tale, het alles vir

hulle duidelik geword.

Ben is ‘n AANRAKER. Hy wil liefde

kommunikeer deur aan te raak en

nabyheid te aanvaar, en dit is ook die

manier waarop hy verwag om liefde te

ontvang.

Veronica is ‘n KOMMUNIKEERDER.

Sy wil praat, bemoedig, ens., en dit is

die taal wat sy verstaan. Dit is ook haar

29

30

verwagting van ander, spesifiek van

haar man.

Natuurlik sou hulle mekaar mis!

Toe hulle eers begryp watter liefdestaal

prioriteit was vir elkeen, kon hulle

mekaar ontmoet op die vlakke wat

elkeen verkies en so vervul word.

Die GEWER

Mnr. en Mev. Groenewoud het drie

kinders. Die middel-kind, John, is ‘n

GEWER. Sedert hy klein was, kon hulle

hom altyd vind waar hy besig was om

“iets vir iemand te maak”, of iets in

geskenkpapier toe te wikkel, of hy wou

altyd sy geld in die winkel spandeer om

vir die ander geskenkies te koop. Die

gee van geskenke is John se prioriteit

liefdestaal en dit is hoe hy liefde

verwag en vertolk!

Die DIENER en die LUISTERAAR

Kom ons kyk na Martha en Maria.

Martha was ‘n DIENER, en Maria was

die LUISTERAAR. As Martha maar

dit kon verstaan, sou dit vir haar geen

probleem gewees het om al die werk

self te doen nie. Dit was in elk geval

haar manier om haar liefde vir die Here

te toon ~ deur Hom en Sy dissipels te

bedien. Maria, aan die ander kant, het

aan Sy lippe gehang en net daar in

verwondering gesit ~ glad en geheel nie

geinteresseerd in die voorbereiding van

kos vir hierdie groep manne of om hulle

te pamperlang in die fisiese nie!

Lukas 10:38-40 En op hulle reis het Hy in

‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die

naam van Martha het Hom in haar huis

ontvang. En sy het ‘n suster gehad met die

naam van Maria; dié het aan die voete van

Jesus gesit en na Sy woord geluister. Maar

Martha was baie besig om alles klaar te

31

32

maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here,

gee U nie om dat my suster my alleen laat

bedien nie Sê dan vir haar dat sy my moet

help.

Nou kyk nou! Twee susters uit dieselfde

gesin, die een ‘n toegewyde DIENER,

en die ander…. ‘n toegewyde

LUISTERAAR!

Martha se konsep van die gee en

ontvang van liefde, was: “Mõre-oggend

moet ek sommer vroeg opstaan om die brood

te knie, en ek moet vars kruie gaan pluk

onder in die tuin en ek moet al daardie

heerlikhede voorberei vir die Meester en Sy

manne. O, ek gaan dit die moeite werd

maak vir hulle! Net om te sien hoedat hulle

my kos geniet, sal my gelukkig maak!”

Martha het haar liefde gewys deur te

dien, maar het verkeerdelik van Maria

verwag om dieselfde te doen!

Maria, aan die ander kant, het heel

moontlik so gedink: “Môre is die Meester

hier! Fantasties! Om te dink ek gaan een

hele dag lank net by Sy voete kan sit en

luister na Sy woorde van wysheid! Wie wil

nou aan kos dink Ek kan net daar sit en

my gees propvol eet en drink – wat wil ek

meer hê!”

Sien hoe maklik kan ons mekaar

misverstaan Dink nou vir ‘n oomblik

oor jouself, dink oor jou huweliksmaat

of kind/ers of ouers of vriende.

Kyk of jy hulle kan inpas in een van

hierdie groepe.

33

34

GEVOLGTREKKING

Die wyse van liefde waaraan jy

voorkeur gee, sal die manier wees wat

jyself die meeste sal gebruik ~ meer as

die ander wyses. Jy is egter wel in staat

om liefde te kommunikeer op al die

ander maniere ook, dit is net dat jy jou

eie, spesiale manier verkies. Oefen

jouself egter, ook in die ander wyses van

liefdestaal, en wees sensitief vir ander.

Indien jy kinders in jou lewe het, kyk of

jy hul spesifieke liefdestaal kan

identifiseer en kom hulle tegemoet

daarin. Teen ‘n sekere ouderdom, so

ongeveer 7 – 8 jaar, sal hul voorkeur

begin wys.

Onthou, jy is ‘n unieke persoon, geskep

deur ‘n lewende God. Hy het jou

gemaak met al daardie spesifieke

bekwaamhede. Alhoewel die

omstandighede waarin jy opgegroei het,

jou persepsie kon verdraai het t.o.v. die

gee en ontvang van liefde, is jy nog

steeds uniek “bedraad” deur God om

hierdie liefdestaal te kan praat.

Maar onthou ook dit:

Filippense 2: 3, 4 Moenie iets doen uit

selfsug of uit ydele eer nie, maar in

nederigheid moet die een die ander hoër ag as

homself. Julle moet nie elkeen na sy eie

belange omsien nie, maar elkeen ook na die

ander s’n.

Jy mag dalk al die gawes van die Gees

van God hê, maar as jy nie liefde het nie,

faal jy. Daarom, wees bereid om

buigsaam te wees teenoor ander, ten

einde te leer wat hul spesifieke

liefdestaal is waarin hulle wil

kommunikeer. Moenie jouself liewer hê

as vir ander nie ~ beskou ander se

behoeftes belangriker as jou eie. Oefen

jouself en jou kinders in Bybelse liefde.

35

Dit is die beste gids om ons te leer hoe

om liefde te kommunikeer ~ liefde

sonder die “self” vooraan!

Stel jou mikpunt om ‘n nes te skep vir

jou gesin (en jouself) wat uitgevoer is

met liefde ~ indien liefde onvoorwaardelik

gekommunikeer word in die huis,

sal die geur daarvan uitsprei na die

wêreld daarbuite en na ander wat dit

dringend nodig het!

Hierdeur sal die wêreld dan sien en

ruik en volg.

1 Thessalonicense 3:12 …en mag die

Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde

vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor

julle is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!