You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
FILMSTUDIE: BALLADE VIR ‘N

ENKELING

WERKBOEK

2017

ALLE REGTE VOORBEHOU. GEEN GEDEELTE VAN HIERDIE WERKBOEK MAG OP

ENIGE MANIER SONDER TOESTEMMING GEKOPIEER WORD NIE.

ISBN: 9780994666895

KONTAKBESONDERHEDE:

margie.markservices@gmail.com

Sel: 082 769 5506

Faks: 086 274 4496

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 1
WERKBOEK

FILMSTUDIE: BALLADE VIR ‘N ENKELING

INHOUDSOPGAWE

1. The Film Factory p.3

1.1 Algemeen p.3

1.2 Die span p.4

1.3 Flieks p.5

2. Ballade vir ‘n Enkeling p.6

3. Bespreking van die plakkaat p.7

4. Filmresensie p.8

5. Sinopsis p.9

6. Die hoofakteurs en die belangrikste karakters p.10

7. Vertelkuns p.16

8. Filmaspekte p.20

8.1 Skote en tonele p.20

8.2 Tipes skote p.20

8.3 Beligting p.31

8.4 Kleur p.35

8.5 Simboliek p.36

9. Foto’s van die akteurs p.40

10. Opdragte p.41

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 2
Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling

1 THE FILM FACTORY

1.1 ALGEMEEN

The Film Factory is een van die mees bekroonde plaaslike filmproduksiemaatskappye in Suid-Afrika

en ontwikkel, befonds en vervaardig films vir die Suid-Afrikaanse- en internasionale markte.

Hierdie maatskappy streef voortdurend daarna om ’n baanbreker in die Suid-Afrikaanse

rolprentbedryf te wees.

Onder die ervare leiding van die vervaardigers, Danie Bester en Dries Scholtz en die uitmuntende

span van The Film Factory word daar voortdurend gewoeker om The Film Factory se reputasie as ’n

uitnemende en innoverende leier in die filmwese te vestig.

Danie Bester is die vervaardiger van 22 Suid-Afrikaanse rolprente, insluitende die lokettreffers

Ballade vir ’n Enkeling, Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie, Pad na jou Hart, Vir Altyd, Vir die

Voëls, asook die suksesvolle tienerkomedie en -trilogie, Bakgat! Die bekroonde films Roepman en

Verraaiers is ook deur The Film Factory vervaardig.

Verder is drie van die vyf hoogste Afrikaanse loketverdieners in Suid-Afrika deur The Film Factory

vervaardig.

Dries Scholtz, ’n vennoot vanaf 2012, het Ek Joke Net, Ek Joke Net 2, Agent 2000 en Jou Romeo saam

met Danie Bester vervaardig. Hulle is so pas klaar met die verfilming van ‘n vollengte film, Meerkat

Maantuig, wat op 16 Maart 2018 uitgereik sal word.

Die vollengte films Vuil Wasgoed en Vaselinetjie word ook albei in 2017 uitgereik.

Dit is The Film Factory se doelwit om voortdurend daarna te streef om ’n onvergeetlike bydrae tot

die kultuur en nasiebou van Suid-Afrika te maak deur die produksie van hoogs vermaaklike,

oorspronklike Suid-Afrikaanse verhale in filmvorm wat universele aanklank sal vind.

The Film Factory is ’n lewensvatbare, sosiaal-verantwoordelike maatskappy wat die Suid-Afrikaanse

kultuur en filmbedryf ophef. Dit verskaf ware beleggingsgeleenthede aan beleggers, sowel as

handelsmerkblootstelling aan vennote.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 3
1.2 DIE SPAN

DANIE BESTER

VERVAARDIGER

Danie Bester het in die afgelope sewe jaar 22 vollengte rolprente vervaardig en word deur baie

mense beskou as ‘n sleutelpersoon in die hernuwing van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.

DRIES SCHOLTZ

VERVAARDIGER

Dries Scholtz het in 2005 betrokke geraak in die filmindustrie as die produksie-assistent van die

televisiereeks Dryfsand.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 4
1.3 FLIEKS

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 5
2 BALLADE VIR ‘N ENKELING

LEUSE van die film/die hoofkarakter, Jacques: Moenie dink nie, doen net!

GENRE: Romantiese speurverhaal

‘n Romantiese verhaal is ‘n boek of film wat liefde op ‘n geïdealiseerde en sentimentele manier

uitbeeld.

‘n Speurverhaal se intrige (“plot”) draai om ‘n ondersoek van ‘n misdaad, asook die oplossing

daarvan.

In ‘n romantiese speurverhaal is albei bogenoemde aspekte teenwoordig. Dit is dus ‘n liefdesverhaal

waarin die liefde geïdealiseer word. Terselfdertyd word ‘n misdaad ondersoek en daar word gepoog

om ‘n geheim, asook die misdaad, op te los.

SKRYWER: Leon van Nierop (foto hieronder)

PRODUKSIEHUIS: The Film Factory

REGISSEUR: Quentin Krog

VERVAARDIGER: Danie Bester

TYDSDUUR: 139 minute

OUDERDOMSBEPERKING: TBC

WEBWERF: www.balladefilm.co.za

ROLVERDELING: Donnalee Roberts, Armand Aucamp, Rolanda Marais, Jacques Bessenger, Christia

Visser, Edwin van der Walt, Luan Jacobs, Zak Hendrikz, Miles Petzer, Helene Lombard, Cindy

Swanepoel, Drikus Volschenk, Dorette Potgieter

TITEL: BALLADE VIR ‘N ENKELING

‘n Ballade (s.nw.) is oorspronklik ‘n lied of gedig. Dit kan ‘n sentimentele of romantiese aard

hê en indrukwekkend, gevoelvol en uiters spannend (dramaties) wees.

‘n Enkeling is iemand wat alleen is. Die term enkeling kan ook die konnotasie hê van

iemand wat eensaam, hartseer en ongelukkig is, soos dan ook in hierdie film uitgebeeld.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 6
3 BESPREKING VAN DIE PLAKKAAT

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 7
Die geboue op die horison dui aan dat die film in Johannesburg verfilm is en dat die verhaal daar

afspeel. Die vier hoofkarakters verskyn sentraal. Die tikmasjien is op die voorgrond, wat aandui dat

die hoofkararakter, Jacques, sy eerste verhale daarop geskryf het. Dit plaas ons onmiddellik terug in

die verlede, voordat skootrekenaars en rekenaars gebruik is.

Treine speel ‘n belangrike rol. Jacques en sy familie het in ‘n ou spoorweghuis gewoon. Tonele

waarin die drie vriende speel, is op die treinspore verfilm. Die trein aan die linkerkant is die trein

wat hom na die verbeteringskool neem nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy pa.

Ironie en verraad word in die plakkaat uitgebeeld. Hier staan Jacques en Lena in ‘n omhelsing. Jan-

Paul staan agter en die implikasie is dus dat hy ‘n minder belangrike rol speel. Dit is egter nie waar

nie, omdat Jan-Paul en Lena ook ‘n verhouding het. Carina, die joernalis, is die een wat in

werklikheid aan Jacques se kant is en die waarheid wil openbaar.

4 FILMRESENSIE

Wat maak ʼn mens wanneer jou verlede jou inhaal? Maar nog erger, wanneer jou ergste nagmerries

bewaarheid word? Dit is die dilemma waarmee die land se bekendste en geliefdste skrywer, Jacques

Rynhard, in sy romans worstel.

Dit blyk ook dat al sy trefferromans oor dieselfde meisie handel: Lena Aucamp, sy skoolliefde. Sy

beste vriend, Jan-Paul Otto, verskyn ook prominent in die meeste van sy verhale. Wat is feite en wat

is fiksie?

Hierdie vraag fassineer joernaliste en vriende wanneer Jacques Rynhard nie opdaag toe die Bassonprys

vir Letterkunde aan hom oorhandig moet word nie. Pandemonium ontstaan onder almal wat

hom ken. Gou besef Carina Human, die joernalis, dat elkeen van sy kollegas of vriende iets het om

weg te steek.

Intussen hou Carina se gemene redakteur, Gavin Greeff, haar soos ʼn valk dop en hang haar loopbaan

daarvan af of sy genoeg skandale kan oopkrap. Maar Carina ontdek meer as oppervlakkige skinderstories

wanneer sy veral Jacques se ma, die verbitterde Liebet Rynhard, besoek. Liebet woon nog

steeds in haar spoorweghuisie langs die treinspoor. Watter geheime bewaar sy? En hoekom speel

treine so ʼn belangrike rol in Jacques se lewe? Het daar dalk iets op ʼn trein gebeur wat sy

vormingsjare radikaal verander het?

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling sal jou vermaak, skok, onthuts en meevoer. Die film is

gegrond op die treffende TV-reeks van die jare tagtig wat die land tot stilstand gebring het.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 8
5 SINOPSIS

Die gewilde skrywer, Jacques Rynhard, verdwyn op die aand wat hy ʼn letterkundeprys sou wen. ʼn

Joernalis, Carina Human, ontdek die grusame waarheid agter sy verdwyning, wat die land ruk.

“Moenie dink nie, doen net!” was die leuse waarvolgens Jacques Rynhard geleef het. Maar

skynbaar het hy dié leuse te ver gevoer toe hy nie opdaag om ʼn letterkundeprys te ontvang nie.

In die gehoor sit Carina Human, ʼn joernalis by die skindertydskrif Montage, wat die opdrag het om

soveel skandale as moontlik oor hom oop te krap. Skandale is daar wel, maar ook veel meer. Carina

moet ‘n storie skryf oor Jacques Rynhard se verdwying. En gou ontdek sy dat selfs sy dalk nie die

waarheid oor Jacques sal kan hanteer nie.

Waarom verdwyn Jacques Rynhard, die land se gewildste skrywer, op die aand waarop die

belangrikste letterkundeprys aan hom oorhandig sou word? Het daar te veel geraamtes uit sy kas

getuimel en het sy verlede hom uiteindelik ingehaal? Maar die belangrikste van alles is die vraag: is

Jacques Rynhard werklik wat almal aangeneem het hy is?

Dit is die vrae waarmee Carina Human worstel. Aanvanklik is sy teësinnig om Jacques se verhaal te

skryf. Maar vele leidrade dwing haar om dieper as die oppervlakte te krap.

Sy voormalige uitgewer, Alicia Francke, skel hom uit as ʼn uittartende loslyfskurk. Mense in die

uitgewers- en vermaaklikheidsbedryf betwyfel sy talent. Sy voormalige verloofde, Lena Aucamp, bly

nie meer by hom nie. Sy ma, Liebet Rynhard, praat skaars met hom. Kan dit wees dat hy ʼn Jekyll en

Hyde-figuur is wat net sy beste kant vir mense wys om te kry wat hy wil hê? Of skuil daar demone in

sy verlede wat hom bloots ry en waarvan hy steeds nie ontslae kan raak nie?

Gedurende haar ondersoek krap Carina Human ʼn bynes van korrupsie, verraad, donker geheime en

selfs moord oop. Sy kom ook onder die indruk van haar eie onvervuldheid: hoe haar lewe

tekortskiet en ook hoe intens sy met Jacques Rynhard identifiseer. Maar is daar dalk mense wat

haar belieg terwyl sy oor hom navorsing doen? En is almal werklik wat hulle voorgee om te wees?

Gou besef Carina: hierdie is nie sommer net nog ʼn lekker skandaal-van-die-week nie. Hierdie is die

belangrikste storie van haar lewe. Die vraag is: sal sy bly lewe om dit te vertel?

Wat begin as alledaagse verslaggewing oor wat skynbaar ʼn reklamefoefie is, word ʼn lewensveranderende

waarheid. Want nie alleen krap Carina Human ʼn storie oop wat netsowel uit die

bladsye van ʼn misdaadroman kon gekom het nie, maar sy ontdek ook ʼn man met wie sy op ʼn

vreemde manier identifiseer. Jacques is alles wat sy nog altyd in ʼn man wou gehad het. En in haar

soektog ontdek sy ook haarself.

Haar soektog neem haar op ʼn dramatiese en bloedige pad waarin sy ontdek dat Jacques Rynhard

dwarsdeur sy lewe in die rug gesteek is. Sy ontdek dat die meeste van sy romans outobiografies van

aard is en dat hy eintlik om hulp vra in die meeste van sy boeke. Maar dit is wanneer sy op sy

geboortedorp, Kleinbegin, aankom dat sy op inligting afkom wat sy nie eers in haar wildste drome

kon voorsien het nie. Sy ontdek ʼn man wat gefolter is deur dinge waaroor hy geen beheer gehad het

nie.

Dan moet Carina besluit: skryf sy die geelpers-weergawe - vol sensasie, melodrama en bloedige

geweld? Of vertel sy van die saggeaarde, talentvolle en gepynigde man wat heeltemal anders is as

sy openbare beeld?

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 9
En wat beteken die bloedstreep teen sy woonstel se muur? Wat presies het gebeur voordat hy

verdwyn het? Sal Carina toegelaat word om die waarheid te openbaar?

Treine is ‘n belangrike simbool in die verhaal. Vir die seuntjie wat langs die treinspoor grootgeword

het, Jacques Rynhard, het ʼn stoomlokomotief nog altyd krag, lewe en geluk versinnebeeld. Maar

later sou dieselfde treine ook getuie wees van die grusaamste tyd in sy lewe.

Nou, as een van die land se gewildste skrywers, kom Jacques agter dat sy kreatiwiteit leeggetap is.

Dit wat hy die meeste gevrees het, naamlik om “op te droog,” het gebeur. En van oraloor kom die

waarskuwings: “Dit is omdat jou lewe vervelig gelukkig geword het, dat jy gestagneer het.”

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling is gebaseer op een van die gewildste TV-reekse in die

geskiedenis van die land wat ʼn hele geslag beïnvloed, geïnspireer en aangegryp het. Maar dié slag is

daar meer, ook dié aspekte van die verhaal wat nie destyds op TV vertel kon word nie. Nou is dit tyd

vir die volle waarheid: alles word openbaar gemaak.

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling sal jou boei, skok, vermaak maar bowenal meevoer, nes

destyds in 1987 toe dit vir die eerste keer op televisie vertoon is. Ballade vir ʼn Enkeling is nou in ʼn

nuwe, byderwetse en skokkender gedaante as ooit tevore in hierdie filmweergawe.

6 DIE HOOFAKTEURS EN DIE BELANGRIKSTE KARAKTERS

Hoofkarakter Newekarakter Newekarakter

Donnalee Roberts Cindy Swanepoel Alicia Francke

Carina Human Mysi Moolman Dorette Potgieter

Carina Human (‘n hoofkarakter) is ‘n joernalis wat vir die ponietydskrif/skindertydskrif Montage

werk. Sy het ambisie en wil graag vir die koerant Rapport werk en in haar pa se voetspore volg. Sy

wil ernstige joernalistiek beoefen. Sy kry kommisiewerk en moet navorsing doen oor die lewe van

die skrywer Jacques Rynhard. Haar redakteur, Gavin Greeff, stel egter net daarin belang om

gemorsstories oor Jacques op te diep.

Carina is egter eerbaar en wil graag ‘n storie skryf wat waar en regverdig is. Hoe dieper sy in Jacques

se verlede delf, hoe meer raak sy geboei deur sy lewensverhaal, tot sy by die skokkende waarheid

uitkom en Gavin as misdadiger ontbloot word.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 10
Mysi Moolman (‘n newekarakter) werk saam met Carina en is die fotograaf. Sy is toegewyd en lojaal

aan Carina. Sy sorg vir ‘n komiese element in die verhaal.

Alicia Francke (‘n newekarakter) was Jacques se uitgewer en het sy talent raakgesien. Sy was op

hom verlief en het altyd gekry wat sy wou hê. Toe hy egter haar emosionele toenadering verwerp

en boonop ‘n ander uitgewer kry, het sy ‘n wrok teen hom gekoester. Sy voel dat sy hom as skrywer

“gemaak” het.

Hoofkarakters:

Armand Aucamp

Jacques Rynhard (sr.)

Edwin van der Walt

Jacques Rynhard (jr.)

Jacques Rynhardt is die protoganis/hoofrolspeler in die verhaal. Sy goedheid word deur sy vyande

misbruik. Hy is ‘n tragiese figuur, want al die mense wat die naaste aan hom is en dié vir wie hy die

liefste is, verraai hom: sy meisie, sy beste vriend en ook sy ma. Tog bly hy standvastig en ambisieus.

Uit sy behandeling van Lena kan ons sien dat hy romanties is. Hy het ongetwyfeld talent en wil ‘n

sukses van sy skrywersloopbaan maak. Sy vryheid is vir hom baie belangrik.

Jacques Rynhard (jr.) het gewoond geraak aan die liefdeloosheid van sy ouers, maar hy kan nie

verstaan dat sy pa nie teen sy ma opstaan nie. Hy het troos gesoek in sy treinstelletjie. Hy spandeer

baie tyd saam met sy pa op die lokomotief en op die treinspore.

Dan ontmoet hy vir Jan-Paul, vir wie hy instaan en as gevolg daarvan word hy deur die skoolhoof

gestraf. Saam ontmoet hulle vir Lena. Jacques, sowel as Jan-Paul, raak onmiddellik op haar verlief.

Sy ma dwing sy pa om vir Jacques skietlesse te gee. Dit lei tot ‘n tragedie waarvoor hy die skuld kry

en waarvoor hy na ‘n verbeteringskool moet gaan. Weer aanvaar hy skuld vir iemand anders en

word hy deur die mense wat die naaste aan hom is, verraai. So word sy goedheid misbruik.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 11
Newekarakters:

Rolanda Marais

Lena Aucamp (sr.)

Christia Visser

Lena Aucamp (jr.)

Lena Aucamp (sr.) is ʼn impulsiewe en hoogs talentvolle skilderes wat tot dusver bekend was vir haar

ontwerpe van al haar kêrel, Jacques Rynhard, se romans. Lena is, nes Jacques, verlief op die liefde.

Sy begin besef dat sy nooit die moed gehad het om ten volle eerlik met haarself te wees nie. Lena is

verlief op twee mans, Jacques en Jan-Paul en haar groot fout is dat sy nie ‘n keuse kan maak nie. Sy

was die dag van die tragedie waarin Jacques Rynhardt se pa doodgeskiet is, teenwoordig, maar het

nie die moed gehad om dit te erken nie. Sy kon ook nie erken dat sy al die tyd ‘n verhouding met

Jan-Paul gehad het nie. In dié opsig verraai sy vir Jacques omdat sy nie die moed gehad het om dit

vir hom te sê nie. Sy verraai Jacques se liefde en vertroue en is verantwoordelik vir sy “verdwyning”.

Lena (jr.) is ʼn vrydenkende plaasmeisie en kuns was al waarin sy haar kon uitleef. Haar ouers is

afwesig in haar lewe, omdat hulle so besig is om hul loopbane na te volg dat hulle Lena emosioneel

verwaarloos. Sy kry vervulling by Jan-Paul (jr.) en Jacques (jr.), want hulle word haar familie, ʼn troos

vir haar disfunksionele gesin. Sy raak oombliklik op klein Jacques verlief omdat hy die interessantste

van die twee seuns is, en aangesien hy ʼn skrywer is, ook die beste met haar kunssinnigheid

identifiseer. Sy is lief vir vryheid en sal enigiets vir Jacques jr. doen, want hy is haar ideale

storieboekman - haar storiemaker wat die werklikheid kan versag met die mooiste stories wat sy

ken. Tydens die skietles was sy die een wat die duiwe laat skrik het en Jacques en Jan-Paul se

aandag afgetrek het. Sy was dus indirek vir Klaus, die pa, se dood verantwoordelik. Toe Jacques jr.

aangekla word, het sy nie die moed gehad om hom dit te vertel nie. Sy het ook nie die moed gehad

om te erken dat sy en Jan-Paul eintlik al ‘n verhouding het nie. Sy het skuldig gevoel en moes vir

Jacques in die verbeteringskool ondersteun. Sy verraai dus Jacques Rynhard se liefde en vertroue.

Jacques en Lena neem afskeid van mekaar

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 12
Newekarakters:

Jacques Bessenger

Jan-Paul Otto (sr.)

Luan Jacobs

Jan-Paul Otto (jr.)

Jan-Paul (sr.) is gesofistikeerd en ambisieus. Hy wou altyd ‘n argitek word en vir Lena ‘n fantastiese

huis bou. Hy is Jacques Rynhard se beste vriend sedert skooldae. Jan-Paul bestudeer argitektuur in

Boston en na sy pa se dood keer hy terug Suid-Afrika toe om die argitekfirma oor te neem. Alles in

sy lewe is presies, georden en gedissiplineerd. Hy wens hy dat hy so onkonvensioneel en veral so vry

soos Jacques kon wees. Jan-Paul is eintlik ʼn introvert en ‘n lafaard. Hy kon nog nooit die verantwoordelikheid

vir sy dade aanvaar nie. Twee keer moes Jacques Rynhard die skuld en straf vir Jan-

Paul se swakhede op hom neem. Jan-Paul besef dat Jacques ‘n goeie man is, maar hyself het nooit

die moed gehad om sy eie skuld te aanvaar nie. Hy verraai Jacques deur sy meisie af te neem, maar

is te lafhartig om dit te erken. Sy skuldgevoelens lei later daartoe dat hy selfmoord pleeg.

Jan-Paul (jr.) is ‘n rykmanseun wat in ʼn liefdelose huis grootword. Sy ma het vroeg gesterf. Sy pa is

ʼn argitek wat al sy aandag aan sy planne en huise bestee. Jan-Paul het ʼn lafhartige streep en hy

misbruik Jacques se vriendskap. Hy leef deur ander mense. Sy lewe is eintlik tweedehands. Jacques

is sy held, en dit is vir hom wat Jan-Paul sê (asof hy met homself praat): “Moenie dink nie, doen

net!” Hy het egter self nie altyd genoeg moed het om dit te doen nie. Hy is ʼn rykmanseun wat

gewoond is om alles te kry wat hy soek (behalwe liefde) en wat nooit sy pa wil teleurstel nie. Hy is

ook baie bang vir straf of om uitgevang te word indien hy oortree het. Hy en Lena het ‘n verhouding

agter Jacques se rug. Hy nooi Lena uit na die skietles sonder dat Jacques daarvan bewus is, want

eintlik wou hy haar beïndruk met sy skietvermoëns en wou hy op ‘n manier vir Jacques oortref. Hy

voel skuldig, want dit was sy geweer wat Klaus se dood veroorsaak het, maar hy pak die skuld op

Jacques omdat hyself te lafhartig is om die skuld te aanvaar. Toe Jacques verbeteringskool toe

gestuur word, was hy nie daar om hom te groet nie. Hy het eenkant gestaan toe die trein vertrek.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 13
Newekarakters:

Zak Hendrikz

“Gavin Greeff”

Miles Petzer

Gert Grove (jr.)

“Gavin Greeff”/Gert Grove, sr. is ʼn tipiese selfsugtige, manlike chauvinis wat vrouens (en ander

mense) meedoënloos gebruik om sukses te behaal. Hy is gewetenloos en beskou sy skindertydskrif

Montage as ʼn magsbasis waarvandaan hy mense kan misbruik, manipuleer en beheer. Hy is nie in

staat tot liefde nie, want hy het net homself lief. Hy is gedurig besig om te oefen om sy liggaam en

uiterlike te verbeter. ʼn Ou wrok dwing hom om lewens te vernietig en sy personeel van hom te

vervreem ten koste van verkoopsyfers. Vir hom is die storie is die belangrikste, nie mense, hul

gevoelens of hul privaatheid nie.

Gert Grove, jr.: Hierdie misdadigerskoolseun is 15 en is in Denneberg Verbeteringskool opgesluit

nadat ʼn gewapende rooftog skeefgeloop en hy verantwoordelik was vir ʼn opsigter se dood. Gert is

‘n deurtrapte psigopaat sonder enige gewete of gevoelens vir enigiemand behalwe homself. Hy is

selfsugtig, maar is tog onbewustelik bang vir waartoe hy in sy donkerste ure in staat is. Hy haat

enigiemand wat suksesvol is. Hy maak Jacques Rynhard se lewe hel in die verbeteringskool. Hy

besluit om Rynhard te breek en voer ‘n sielkundige oorlog teen hom. Hy weet dat Rynhard nie kan

terugveg nie, anders sou sy vonnis verleng word. Gert dra sy hele lewe ‘n wrok teen Rynhard en wil

hom vernietig.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 14
Newekarakter

Liebet Rynhard

Helene Lombard

Newekarakter

Klaus Rynhard

Drikus Volschenk

Liebet, Jacques se ma, kon ʼn model gewees het as sy nie swanger geraak het met Jacques nie. Sy is

‘n bitter en wrokkerige vrou wat haar mislukking en teleurstelling op Jacques uitgehaal het. Hierdie

swangerskap het haar ʼn gevangene van ʼn bleeksielman gemaak vir wie sy nooit werklik enige liefde

gevoel het nie. Nou straf sy Jacques indirek daarvoor. Sy straf ook haar man deur haar wrokkigheid

op Jacques uit te haal. Alhoewel sy “lief” vir Jacques is, sien ons aan die einde van die fliek dat sy

Jacques se boek lees, maar dit tog nie kan regkry om haar gevoelens te wys nie. Sy was jaloers op

die pa en seun se goeie verhouding en die feit dat sy hiervan uitgesluit was. Sy is ‘n harde vrou wat

haar eie seun verraai en hom aan die polisie oorgegee het. Toe hy gevonnis is, kon sy dit nie eers

regkry om na hom uit te reik nie. Omdat sy nooit haar “liefde” aan Jacques kon wys nie, is haar

grootste straf die feit dat sy nooit haar ideale kon verwesenlik nie en in ʼn krot vasgekeer was. Sy het

ook vir Jacques verloor en moes haar dae in eensaamheid deurbring.

Die Rynhardgesin in ‘n drieskoot (hieronder): ‘n drieskoot is ‘n tegniese term uit die filmwêreld vir

‘n toneel waar drie karakters tegelyk afgeneem word. Die ma is indirek daarvoor verantwoordelik

dat die pa geskiet word. Sy dwing die pa om vir Jacques skietlesse te gee.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 15
Jacques en sy pa

Daar bestaan ‘n goeie verhouding tussen Jacques en sy pa. Sy ma hou nie daarvan nie. Omdat sy

uitgesluit gevoel het, het sy alles probeer doen om die verhouding te verongeluk

Klaus Rynhard is ‘n goeie man en liefdevolle vader. Sy passie is treine en word hy kry ‘n toekenning

as die beste treindrywer. Dit is sover as wat sy ambisie strek. Hy bederf sy seun, want hy beskou

hom as ‘n talentvolle jong man. Self is hy egter te swak om teen sy vrou op te staan.

7 VERTELKUNS

Tema/die sentrale idee:

Eensaamheid. Jacques is ‘n enkeling dwarsdeur die verhaal.

Die verhaal handel oor die verraad van die persone wat die naaste aan hom is: sy ma, sy

vriend, Jan-Paul en sy geliefde, Lena.

Jacques het alles verloor. Hy verloor sy pa vir wie hy baie lief was. Diegene wat betrokke is,

laat hom glo dat dit hy is wat sy pa doodgeskiet het.

Sy ma het hom van kleins af verwerp. Sy was jaloers op sy en sy pa se verhouding. Sy hou

hom verantwoordelik vir sy pa se dood en sy gee hom aan die polisie oor.

Lena, wie se liefde hom aan die gang gehou het terwyl hy in die verbeteringskool was, het

hom verraai en ‘n verhouding met sy beste vriend aangegaan.

Jan-Paul, sy beste vriend, vir wie hy baie keer moes instaan, het toegesien dat Jacques die

straf wat hy eintlik moes kry, opgelê is. Hy pleeg ook verdere verraad deur Jacques se

meisie, Lena, af te neem.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 16
Jacques se leuse: “Moenie dink nie, doen net.”

Simbole/ tekens wat iets voorstel: motiewe of beelde wat herhaaldelik in die verhaal voorkom.

Die ruimte waarbinne die verhaal plaasvind: grotendeels Johannesburg (die hede of 1990’s) asook

Denneberg Verbeteringskool (die verlede of 1970’s).

Karakters: Wie is die karakters wat in die verhaal voorkom? Wat dink die verskillende karakters?

Wat doen ‘n spesifieke karakter? Wat sê die karakter? Wat sê ander van ‘n spesifieke karakter?

Dialoog: wat die karakters sê.

Tyd: Wanneer speel die verhaal af?

Verteltyd verwys na die verloop van die verhaal, vanaf die begin tot aan die einde van die rolprent.

Hede: die verteltyd in die 1990’s, toe Jacques in sy dertigs is.

Verlede: die vroeë geskiedenis in die 1970’s, toe Jacques ‘n kind was.

Handeling: wat die karakters doen.

Intrige: die intrige is die verwikkelde situasies waarop die verhaal gebaseer is. Dit sluit die volgorde

waarin gebeure plaasvind, in. Hoekom gebeur dinge? Wat is die oorsaak en die gevolg van ‘n

situasie?

Motoriese moment: Wat sit alles aan die gang? (bv. die verdwyning van Jacques Rynhard).

Storielyn: die verloop van die verhaal. Wat en wanneer gebeur dinge? Jacques is ‘n bekende

skrywer, maar wat het in sy verlede gebeur?

Konflik: die botsing wat in die verhaal plaasvind.

Innerlike konflik:

• Lena en Jan-Paul se skuldgevoelens oor hulle verraad teenoor Jacques.

• Jacques se skuldgevoelens omdat hy dink dat hy vir sy pa se dood verantwoordelik was.

Uiterlike konflik:

• Konflik tussen Jacques en Gert in Denneberg Verbeteringskool. Gert konfronteer Jacques en

maak sy lewe hel. Hy wil Jacques breek omdat hy iets goeds en eerbaar in hom sien wat

hyself lank reeds verloor het.

• Wat dryf Gavin, die redakteur, om Jacques voluit te probeer vervolg en sodoende sy

reputasie te vernietig?

• Daar is ‘n geveg tussen Jacques en Jan-Paul toe Jacques die waarheid uitvind oor Lena en

Jan-Paul se verhouding en hulle aandadigheid aan sy pa se dood.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 17
Hoogtepunt/krisis:

• Verlede: waar Jacques se pa geskiet word.

• Hede: waar Jacques uitvind van Lena en Jan-Paul se verhouding.

Oplossing:

• Jacques gaan terug na Denneberg Verbeteringskool.

• Hy vind vrede in die besef dat hy nie sy pa doodgeskiet het nie.

• Hy laat alle ongelukkigheid agter: hy is klaar met Lena, Jan-Paul en sy ma.

• Hy kon Gert geskiet het, maar hy wou nie afdaal tot sy vlak deur wraak te neem nie.

• Hy kry ‘n geleentheid met Carina en die suggestie is dat hy weer geluk en liefde sal vind.

Ironie is wanneer die teenoorgestelde bedoel word van wat gesê word.

Die ironie van die onderstaande gesegde (Ware vriendskap vergaan nooit nie), blyk uit die verloop

van die verhaal, wanneer dit juis sy vriende is wat Jacques in die steek laat.

Klank: Met byklanke word daar met die kyker se onderbewuste gekommunikeer en dit skep

afwagting oor wat in die film kan gebeur.

Musiek: Klank word hier gebruik om die film te ondersteun.

Waar dit veral baie goed gebruik word, is in Denneberg Verbeteringskool. Die musiek is in die

agtergrond, maar dit is dreigend en die kykers is daarvan bewus dat iets verskrikliks gaan gebeur.

Plasing van die voorgrond en agtergrond:

In die voorgrond is die belangrikste gegewe wat die kyker moet waarneem. Die agtergrond word

gevul deur die dekor, items en tonele.

Die regisseur kan die kykers hiermee manipuleer, bv.:

• As twee karakters in ‘n dialoog betrokke is, is hulle op die voorgrond en is die dekor en

ander items in die vertrek in die agtergrond.

• As daar op ‘n item soos bv. ‘n motor gefokus word terwyl die karakters praat, is hierdie item

op die voorgrond en die karakters wat praat is in die agtergrond.

• Sodanige plasing kan die betekenis van die toneel in die film totaal verander.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 18
Die eerste 10 minute van ‘n film is belangrik:

Dit verskaf ‘n aanduiding in watter tydperk die film afspeel.

Die kyker moet konsentreer op die agtergrond van die verhaal. Wees bewus van die milieu

wat geskep word, asook leidrade wat gegee word.

Dit is moontlik dat daar binne die eerste 10 minute ‘n dramatiese moment sal wees en dit sal

afhang van die voorgrond- en agtergrondsverwysing.

Is die regisseur suksesvol daarmee om onmiddellik die kyker se aandag te verkry?

Ballade vir ‘n Enkeling: die eerste 10 minute:

0:00 Die film open met ‘n persoon wat op ‘n tikmasjien tik. Die persoon word van agter gesien.

Hy kyk uit oor die stad Johannesburg. Daar is ‘n klop aan die deur.

1:09 Die toneel verander. ‘n Joernalis verskyn op die toneel.

1:48 Koerante vlek korrupsie oop. Die verskil tussen ‘n ponietydskrif soos Montage en Rapport,

wat ‘n hoofstroomkoerant is, is egter duidelik. Rapport is professioneel. Die redakteur van

Montage(die antagonis/teenstander) wil egter sensasie opgedis hê om sy koerant/tydskrif

te verkoop.

5:45 Die toneel verander na ‘n boekebekendstelling. Jacques Rynhard teken sy boeke. Hy vra

waarom Jan-Paul hom nooit gekontak het nie.

6:42 Die toneel verander na ‘n prysuitdeling. Lena Aucamp en Jan-Paul Otto is saam by die

prysuitdeling waar Jacques Rynhardt ‘n prys sou ontvang. Hulle lyk duidelik ongemaklik.

Hulle wil nie met Carina Human, die joernalis praat nie. Carina praat met Alicia Francke,

Jacques se vorige uitgewer. Sy beskryf Jacques as ‘n narsistiese persoon.

Die Bassonprys vir Letterkunde word aan Jacques toegeken.

Die kyker word ingelig dat Jacques 3 jaar in die buiteland was.

10:29 Toe die Bassonprys vir Letterkunde oorhandig moet word, verskyn Jacques nie op die

verhoog nie. Hy het nie vir die geleentheid opgedaag nie. Van daardie moment af word ons

daarvan bewus dat Jacques verdwyn het. Dit veroorsaak spekulasie oor wat met hom

gebeur het. Hierdie gebeure sit dan die intrige in aan die gang.

Hier verskyn Carina Human van die Montage koerant/tydskrif op die toneel om te probeer

uitvind wat met Jacques gebeur het. Haar baas, Gavin Greeff, wil al die skandes van Jacques

Rynhard opgediep hê. Hy het ‘n persoonlike belang daarby en voer ‘n vendetta teen

Jacques.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 19
8 FILMASPEKTE

8.1 SKOTE EN TONELE:

• ‘n Skoot is die aaneenlopende opname van aksie of ‘n spesifieke gebeure. Dit begin

wanneer kamera aangeskakel word en duur totdat dit afgeskakel word.

• ‘n Toneel is ‘n reeks skote wat op een plek afspeel. Sodra die kamera na ‘n ander plek

verskuif, word dit ‘n ander toneel.

8.2 TIPES SKOTE:

‘N OOGVLAKSKOOT :

Die oogvlakskoot hieronder is geneem in die teater tydens die prysuitdeling, waartydens Jacques

Rynard die Bassonprys moes ontvang. Kyk na die karakters se gesigsuitdrukkings en hulle toneelspel.

Hulle weet wat die rede vir Jacques Rynhard se verdwyning is. Albei voel skuldig, want hulle is

daarvoor verantwoordelik. Die plasing van die karakters in die middel van die raam beteken dat

daar op die karakters gefokus word.

Plasing in die middel: Die aandag word hieronder gevestig op die visuele elemente (d.w.s. die

skilderye ) in die agtergrond. Die toneel hieronder plaas die kyker dadelik in die prentjie: dit is

geneem tydens ‘n kunsuitstalling en die kyker besef dat Lena die kunstenaar is en dat dit haar

skilderye is.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 20
OOGVLAKSKOOT: die skiettoneel.

Jan-Paul is ‘n goeie skut. Dit is die rede waarom Lena hier teenwoordig was, om te sien hoe goed hy

kan skiet. Op ‘n manier wou Jan-Paul vir Jacques oortref. Hy dwing Jacques om te skiet deur te sê

dat Jacques dit vir Lena moet doen en daarmee word die verraad verseël.

TWEESKOOT:

In ‘n tweeskoot is daar twee karakters: een is hoër as die ander. Dit dui aan dat daar ‘n magspel

plaasvind.

As ’n karakter aan die bokant van die raam geplaas word, dui dit magsvertoon en/of intimidasie

aan. Die boonste karakter kan gesien word as iemand in beheer of as ‘n dreigende persoon, soos in

die toneel hieronder.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 21
DRIESKOOT (laehoekskoot) :

In ‘n drieskoot word drie karakters afgeneem.

In die drieskoot hieronder is die hoof in ‘n posisie van mag. Hy wil hê dat Jacques moet ingee.

Jacques vat sy pak soos ‘n man. In die posisie van ‘n slagoffer is Jacques eintlik in beheer en hy

bewys dat hy moed het. Jan-Paul daarenteen erken nie dat hy eintlik die skuldige is nie, omdat hy te

lafhartig is om sy skuld te erken. Hy laat Jacques die straf kry en dit is ook wat hy regdeur hulle

vriendskap doen.

Dit is ‘n laehoekskoot, omdat die kamera van onder afneem.

Plasing in die raam:

Jacques is in die middel en daar word op hom gefokus. Neem sy houding waar.

Die skoolhoof is aan die bokant van die raam en dit dui gesag en bedreiging aan. Gee ‘n kort

beskrywing van die karakter van die skoolhoof.

Jan-Paul is in die agtergrond en vertoon as ‘n magtelose en bang karakter. Bespreek sy houding en

perspektief.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 22
TYDSVERLOOPSKOOT:

Dit word gebruik om die verloop van tyd aan te dui.

Hieronder is die tydsverloop vanaf nag na dag. Dit dui dus die verloop van ‘n periode aan

(in hierdie geval, tyd wat verby gaan in Denneberg Verbeteringskool).

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 23
NABYSKOOT:

Die kamera is baie naby die voorwerp of persoon. Die persoon/persone vul die hele raam.

Dit is ‘n intieme skoot. Die funksie hiervan is dat dit die karakter se gesigsuitdrukkings wys, asook sy

emosies en reaksies.

Gert Grové in die verbeteringskool

NABYSKOOT (TWEESKOOT):

Hierdie tweeskoot dui ook op ‘n magspel. Gert is hoër geplaas as Jacques.

Gert en Jacques in Denneberg Verbeteringskool

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 24
NABYSKOOT:

Jacques wil met Lena trou en gee haar ‘n ring, die simbool van ewige trou.

DIE WYE SKOOT

Die wye skoot wys die karakter se hele lyf. Daar is baie agtergrond in hierdie straattoneel. Hierdie

wye skoot dra meer inligting as emosie oor.

Die inligting wat hier oorgedra word, is dat Jacques die muurskildery wat Lena van hom gemaak het,

vernietig. Dit simboliseer die feit dat hy klaar met haar is.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 25
OORHOOFSE SKOOT (Kameraskoot van bo af geneem):

In hierdie oorhoofse skoot sien Jan- Paul vir Jacques vertrek, die aand toe laasgenoemde verdwyn

het.

‘n Oorhoofse skoot/Kameraskoot van bo-af. Die oorhoofse kamera maak ‘n sirkelbeweging om die

karakter. Lena lê tussen twee van haar sketse.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 26
‘n Oorhoofse skoot/Kameraskoot van bo af:

In hierdie toneel speel kleur ‘n belangrike rol - grys dui mistroostigheid en hartseer aan.

Lena moet die waarheid in die gesig staar. Sy lê tussen twee sketse, een van Jacques en ‘n ander een

van Jan-Paul. Dit is die twee liefdes in haar lewe en sy kan nie ‘n keuse maak nie.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 27
VOLSKOOT:

In hierdie volskoot kan Jan-Paul weer nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Hy besef dat die

waarheid gaan uitkom en hy is nie bereid om die gevolge te dra nie. Hy kies weer eens die “maklike”

uitweg.

NABYSKOOT:

Jacques is by die ongelukstoneel. Hy aanvaar dat die ongeluk nie sy skuld is nie. Hy het vrede

gevind.

Simboliek: Hy laat die sand tussen sy vingers deurgly. Daarna stof hy sy hande af asof hy daarmee

die verlede en die seer van hom probeer afskud.

Die natuurlike beligting in hierdie toneel val die kyker op.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 28
HOëHOEKSKOOT:

Die persoon word van bo-af gewys. Dit lyk asof daar op die persoon neergesien word. ‘n Verdere

interessante feit is dat Gavin Greeff se donker hemp in hierdie toneel hieronder op boosheid

sinspeel.

Jacques Rynhard konfronteer Gavin Greeff (Gert Grové)

HOëHOEKSKOOT:

Carina Human is op pad om Jan-Paul Otto te spreek

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 29
LAEHOEKSKOOT:

Die kamera se posisie is laag en die persoon word van onderaf gewys. Die karakter lyk groter en die

figuur op die skoot domineer hierdie toneel. Die laehoekskoot in hierdie toneel beklemtoon dat

Jacques in beheer is.

Jacques, die protagonis, se wit hemp is simbolies van vrede en sinspeel op ‘n goeie karakter.

Die kleur van die kamer is rooi, wat geweld, woede, aggressie en gevaar kan aandui. Dit is die

kamer waarin Jacques baie smart moes verduur wat deur Gert veroorsaak is. Gert het beloof dat hy

Jacques sal breek.

Jacques in ‘n botsing met Gavin Greeff (Gert Grové)

SLOTSKOOT:

Die slotskoot is ‘n sonsondergang (“driving away into the sunset”).

Dit is simbolies van die einde van ‘n ou lewe en die begin van ‘n nuwe.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 30
8.3 BELIGTING

KANTBELIGTING:

Kantbeligting word gebruik vir dramatiese effek. Kantbeligting skep harde skaduwees en gee diepte

aan ‘n toneel.

Lena moet aan Jacques beken dat sy deels verantwoordelik was vir sy pa se dood en dat sy en sy

beste vriend nog altyd ‘n verhouding gehad het. Dit is die oomblik van waarheid.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 31
ONDERBELIGTING:

Onderbeligting skep atmosfeer. Dit kan ook intense skuldgevoelens aandui.

Kyk na Lena se gesigsuitdrukking, een van absolute berou en hartseer. Sy moet Jacques nou die

waarheid oor sy pa se dood vertel in hierdie onderbeligte toneel.

Die onderstaande toneel is onderbelig en donker om atmosfeer te skep. Dit dra by tot die

dramatiese spanning.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 32
Hierdie onderbeligte toneel is die oomblik van waarheid vir Jacques Rynhard.

In die onderstaande onderbeligte, donker toneel word ‘n hartseer, somber atmosfeer geskep. Hier

word Jacques getroos nadat hy in Denneberg Verbeteringskool verkrag is.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 33
NATUURLIKE BELIGTING:

Natuurlike beligting word in buitetonele gebruik.

Natuurlike beligting is in hierdie toneel gebruik. Die waarheid blyk uit hierdie toneel: Jacques kon

nie sy pa geskiet het nie. Sy skoot is op die teiken, maar Jan-Paul s’n is nie.

In hierdie toneel met natuurlike beligting is min kontras. Dit beklemtoon sorgvrye tye.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 34
Natuurlike beligting is in hierdie buitenshuise toneel gebruik.

Jan-Paul probeer die waarheid verbloem en sy skuld wegsteek. Hy is die een wat Jacques se pa

geskiet het. Hy is ‘n lafaard wat nooit verantwoordelikheid kon aanvaar nie. Jacques kry die blaam

vir die skietongeluk.

8.4 KLEUR

Kleur skep stemming en atmosfeer:

• Ligte kleure dui op geluk.

Donker kleure dui op somberheid, hartseer en bedreiging.

Helder kleure verhoog die dramatiese effek.

Dowwe kleure dui op hartseer, eensaamheid en depressie.

Rooi dui op aggressie, gevaar en liefde.

Geel simboliseer energie en aggressie.

Wit simboliseer reinheid, vrede en skoonheid.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 35
In die onderstaande toneel word dowwe kleure gebruik. Dit dui op Jacques se ma se vervelige en

eensame bestaan. As gevolg van haar wrok teenoor haar seun is sy nou ‘n eensame ou vrou. Sy

wou Jacgues nooit aaanvaar het nie. Die feit dat sy sy boek lees kan egter moontlik ‘n aanduiding

wees dat sy hom vergewe het, trots op hom is, of tog lief vir hom is.

8.5 SIMBOLIEK

Hierdie hangertjie is simbolies van Lena se liefde vir Jacques. Sy gee dit vir hom toe hy na die

Denneberg Verbeteringskool moes gaan.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 36
In die onderstaande toneel gee Jacques die hangertjie terug. Dit simboliseer die feit dat hy klaar is

met Lena. Hierdie handeling openbaar sy siening van die verraad van sy geliefde met sy beste

vriend.

In die onderstaande toneel bewys die simbool wat op sy rug getatoeëer is, dat Gavin Greeff eintlik

Gert Grove is.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 37
Hierdie simbool is ‘n teken wat soms op jeugmisdadigers getatoeëer word om hulle by die sisteem

“in te lyf.” Dit beteken dat jy ‘n misdaad gepleeg het, dat dit deel van jou is en dat jy dit nooit kan

vergeet nie.

Hier bring Carina die ring wat trou simbolies aandui en sit dit op Lena se tafel neer. Hierdie

simbool van getrouheid word hier een van verraad.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 38
In hierdie tonele sien ons die pers en ‘n koerant. Koerante word hieronder gedruk en dit

simboliseer die feit dat die waarheid gaan uitkom.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 39
9. FOTO’S VAN DIE AKTEURS:

Jacques en Lena

Gavin, Mysi, Jacques en Carina

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 40
Die jong Jacques, Lena en Jan-Paul

10 OPDRAGTE:

Die onderwyser kan enige van die tonele neem en die volgende as basis vir ‘n letterkundige derdegenre

opstel gebruik:

1. Neem een toneel van jou keuse. Bespreek die volgende elemente:

• Watter karakters speel in die toneel? Wat is die verhouding tussen die karakters?

Konsentreer op gesigsuitdrukkings en toneelspel.

• Watter tydperk in Jacques Rynhard se lewe word hier uitgebeeld?

• Beskryf die gevoelens of emosie wat hier weergegee word.

• Verteenwoordig hierdie toneel ‘n klimaks of motoriese moment?

• Watter soort beligting is in die toneel gebruik?

• Beskryf die kameraskoot wat gebruik is en verduidelik waarom.

• Bespreek die gebruik van kleur/komposisie in die raam.

• Fokus op die plek of ruimte waarin die toneel plaasvind.

2. Vergelyk twee tonele met mekaar en bespreek hoe die elemente wat in vraag 1 genoem word,

in hierdie tonele ooreenkom of verskil.

3. Vergelyk die twee tydperke in Jacques se lewe met mekaar deur die sentrale tema in gedagte te

hou. Bespreek hoe sekere simbole in die verskillende tydperke met mekaar skakel.

4. Bespreek die hoofkarakters en agtergrond van die verhaal deur die plakkaat van die film as basis

te gebruik.

5. Bespreek die terugflitse in die fliek en hoe dit tot die dramatiese moment bydra.

Edu-teach: Filmstudie: Ballade vir ‘n Enkeling Kopiereg voorbehou 41