15.04.2020 Views

NOODGIDS VIR JOU FINANSIES TYDENS COVID-19

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

04/2020

Persoonlike Finansies

Die benadering en bestuur van jou finansies gaan in die volgende paar maande deurslaggewend

wees. Indien die verkeerde besluite geneem word, kan dit jou diep in die skuld laat beland wat jou

jare gaan neem om terug te betaal.

1. Begroting: Meer as ooit tevore is dit nou

die tyd om te begroot! Afhangende van hoe

ernstig COVID- 19 jou inkomste beïnvloed en

nog gaan raak, kan jy begin om luukshede en

onnodige uitgawes te sny. Baie mense het nie

‘n idee hoe hulle geld spandeer word nie.

Werk deur vorige maande se bankstate en kyk

waaraan spandeer jy geld en besluit waar geld

meer effektief gebruik kan word. Ons lewe in

‘n era van onmiddellike bevrediging;

finansiële dissipline is egter die hoeksteen van

suksesvolle finansiële bestuur.

2. Noodfonds: `n Goeie praktyk wenk is om ongeveer 6 maande se salaris in ‘n noodfonds te

hou. Juis gemik op ‘n tyd soos diè, het jy dan gemoedsrus van geld om jou ‘n paar maande te dra.

Jou noodfonds moet verkieslik likied en vinnig bekombaar wees, bv. ‘n spaarrekening of

kollektiewe belegging (‘unit trust’) omdat jy dit dalk vining nodig het wanneer jy ‘n band verloor

of noodvoorraad moet aankoop. In ‘n kollektiewe belegging is die geld vinnig beskikbaar, maar

nie te maklik om oorhaastige besluite te finansier nie. ‘n Vaste deposito kan dalk net te vas wees.

(Noodwenk: Die brandstofgeld ens. wat jy in ‘lockdown’ spaar, kan jy hier belê indien jy dit later

weer nodig kry.)

3. Skuldbestuur: Nou is ‘n goeie tyd om jou skuld na te gaan en seker te maak wat die rentekoers

is op bv. kredietkaart, huisverband, motorlening en klererekening. Daarmee saam stel vas wat jou

kredietlimiet is op elke rekening. Indien jy moet skuld maak, sorg dat dit verkieslik teen ‘n laer

rentekoers is. (Noodwenk: Jy kan dalk van jou skuld konsolideer teen ‘n laer rentekoers. Let op -

baie banke gee nou ‘n beperkte periode waar persone sekere van hulle terugbetalings kan vries

a.g.v. COVID- 19.)

4. Mediese Fonds: Hierdie is waarskynlik die eerste behoefte waraan jy dink, as daar ‘n

lewensgevaarlike virus in die omtrek is. Die goeie nuus is dat die ‘Council of Medical Schemes’

alle mediese fondse verplig om sekere minimum voordele te verskaf vir persone wat positief toets

vir COVID-19 - hetsy jy op die goedkoopste of duurste plan van ‘n fonds is. Dit gee gemoedsrus

om te weet dat jou mediese fonds uitgawes dek wat baie duur kan wees. Nie net tydens die

pandemie nie, maar ook vir enige mediese noodgevalle.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!