15.04.2020 Views

NOODGIDS VIR JOU FINANSIES TYDENS COVID-19

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

04/2020

Versekeringspolisse

Indien jy lewenspolisse het, is die volgende afdeling iets om jou geheue te verfris. Indien jy nie het

nie, is dié ‘n goeie wegspring plek om te sien wat jy benodig.

1. Begrafnispolis: So wie dink jy gaan vir jou of een van jou nabye familie se begrafnis betaal?

Begrafnisdekking betaal gewoonlik baie vinnig uit. Dit is noodsaaklik om deur addisionele

begrafnisdekking kontantvloei vir die gesin te skep, totdat ander lewenspolisse uitbetaal indien daar

nie genoeg ander likiede fondse beskikbaar is nie. (Noodwenk: Sekere instansies en

versekeringsprodukte het ‘n periode en moontlike kondisies wat nie gedek word nie.)

2. Persoonlike Lewensversekering: Hier moet jy hoofsaaklik voorsiening maak vir uitstaande

skuld, voorsiening vir jou afhanklikes wat oorbly en vir boedelkostes/ boedellikiditeit. Skuld sluit

die uitstaande bedrag op jou huisverband, motor, kredietkaartskuld en rekeninge in. Voorsiening

vir afhanklikes – gaan maak die som – hoeveel het jou gesin nodig per maand om hulle uitgawes te

dek en vir hoe lank? Skool, studies, kos en ander uitgawes styg elke jaar. Maak voorsiening vir

eksekuteursfooie, boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting. Meeste van die groot versekeraars sal

uitbetaal indien jy tot sterwe sou kom weens COVID-19. Maak egter seker indien jy by ‘n

onbekende instansie verseker is. (Noodwenk: Die manier hoe jy jou lewenspolis/se struktureer kan

die lewe baie makliker maak vir jou afhanklikes, eksekuteur en skuldeisers.)

3. Kritiekesiektedekking: `n Ander belangrike komponent van jou beplanning. Die voordeel

maak voorsiening vir die uitgawes weens kritieke siektes bv. hartaanval, kanker en beroertes. Let

wel – dié gaan jou nie noodwendig uitbetaal as jy COVID-19 opdoen nie, maar wel vir ander

ernstige gesondheidskomplikasies wat mag voortspruit uit die virus. (Noodwenk: Die statistieke

toon dat mense hiér die waarskynlikste is om te eis. By die diagnose van ‘n kritiekesiekte het jy

reeds ‘n eis.)

4. Inkomstebeskermer: Die versekering van jou verdienvermoë in tye van siekte, tydelike

inkorting of ongeskiktheid. Hierdie is sekerlik die versekering wat jy wens jy het of bitter dankbaar

is jy het in die tyd van COVID-19. Die rede is omdat jy jou inkomste kan eis indien jy weens

gesondheidsredes nie kan werk vir ‘n tydperk nie. Indien jy COVID-19 opgedoen het en jou

wagperiode wat jy gekies het verby is, dan voorsien die versekering jou van inkomste. (Noodwenk:

In geval van permanente ongeskiktheid betaal die voordele tot by aftree-ouderdom en styg jaarliks

met inflasie. NB – Min werkgewers sal jou langer finansieel kan ondersteun as die verpligte

siekteverlof periode.)

5. Ongeskiktheidsversekering: Hierdie versekering word soms oorgesien omdat mense dink

dis nie belangrik nie. Die versekering betaal `n lompsom bedrag uit indien jy ongeskik raak en

permanent geaffekteer is. Niemand weet wat is die langtermyngevolge van COVID-19 nie en of

daar moontlike langtermyngevolge is nie. Dit is gewoonlik wys om ten minste die waarde van jou

skuld en/of kapitaaluitgawes wat jy nog sal wil aangaan te dek. Uit ‘n tegniese oogpunt, kry ‘n

persoon beter en swakker tipes ongeskiktheidsversekering wat wissel van fisiese ongeskiktheid wat

betaal vir dit wat kort, tot omvattende ongeskiktheid wat beide eie beroepsongeskiktheid en

funksionele inkorting dek. (Noodwenk: Veral jonger persone moet nie die aspek onderskat nie.

Indien jy bv. in ‘n ongeluk verlam word, is jy die res van jou lewe hiervan afhanklik.)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!