01.07.2020 Views

Paasfees uitstuur

Ds LM Denton NG Brackenfell

Ds LM Denton
NG Brackenfell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Paasfees - Opstandingsfees

Skriflesing: Johannes 20 12 April 2020

V​ooraf

Geseënde Paasfees!

Kry die volgende vooraf reg vir gebruik tydens die erediens:

● Brood en wyn/sap vir nagmaal

● ‘n Kers om as Christuskers aan te steek

● Helderkleurige lappe, klere, blomme, paaseiers

● ‘n Bakkie met water vir die doopherinnering

Vir die kinders: Gesels vooraf met die kinders oor wat ”opstanding” en “opgestaan” beteken -

dit beteken nie Jesus het uit die bed uit opgestaan nie. Dit beteken Jesus het lewendig

geword. Jesus was dood, maar God het Jesus weer lewendig gemaak.

Alles met ‘n sterretjie * by is op die video, die res is net in die geskrewe dokument. Dit is so

gedoen omdat meeste musiek nie op die video is nie, maar aparte YouTube skakels.

Kopiereg onder andere maak dit moeilik om YouTube videos net in te trek in ons eie video.

Paassondag is egter ‘n feesdiens en die musiek is ‘n baie belangrike deel daarvan. Die

YouTube musiekskakels is gekies op grond van kwalieit en potensiaal of saam te sing.

Sommige is daar om na te luister en sommige is daar om mee saam te sing. Jy word hierin

uitgenooi om nie net die erediens te kyk nie, maar werklik deel te neem. Pause die video

gerus enige tyd om enige van die ander elemente in te bring.

Aanvangslied

Luister na ​World's Largest Virtual #Hallelujah Chorus

Aanvangswoord*

Lees Johannes 20:1-18 en steek die Christuskers wat julle by julle het aan met die lees van

vers 16.

1


Paaslied*

Lied 409 Hoor jy die Paasfeesklokke

Hoor jy die Paasfeesklokke?

Hul lui van vroegdag af;

hul jubel oor die wêreld:

Die Heer is uit die graf!

Hy, Christus, die oorwinnaar,

is uit die donker uit!

Die Heer, die sleuteldraer,

sal ook my graf ontsluit.

Hoor jy die Paasfeesklokke?

Die Heer het opgestaan!

Hy het vir al ons sonde

Hom aan die kruis laat slaan.

In Hom is nuwe lewe,

sy graf is leeg en oop.

Hy gaan ons voor - verheerlik -

en ons kan op Hom hoop!

Hoor jy die Paasfeesklokke?

Die Heer voer heerskappy -

Hy heers oor alle dinge,

sy bloed het ons bevry.

Ons sal met Jesus opstaan,

die lewenskroon verkry.

Ons hoor die Paasfeesklokke

wat oor die wêreld lui.

Kindervriendelike paaslitanie

Een: Op goeie Vrydag het Jesus op ‘n kruis doodgegaan

Almal: Maar dit is Paasfees! Dit is die dag wat God gemaak het.

Een: Vanjaar maak die Koronavirus ons bang en hou ons weg van ander mense af

Almal: Maar dit is Paasfees! Dit is die dag wat God gemaak het.

Een: Ons mis ons vriende en raak verveeld

Almal: Maar dit is Paasfees! Dit is die dag wat God gemaak het.

2


Een: Omdat ons ingehok word raak ons geírriteerd en sommer net mislik

Almal: Maar dit is Paasfees! Dit is die dag wat God gemaak het.

Paasmusiek

Orrelvoorspel (klassiek):

Bach - Valet will ich dir geben BWV 736 - Zerer | Netherlands Bach Society​ en/of

Virtuele band (Constantia Kruin):

https://www.youtube.com/watch?v=cGy7D9DZp2M​ (Kontemporêr)

Oproep tot lofprysing*

Een: Die Heer het opgestaan!

Almal: Die Heer het waarlik opgestaan!

Een: Die Heer het opgestaan!

Almal: Die Heer het waarlik opgestaan!

Een: Moenie skrik nie: julle soek Jesus van Nasaret. Waarom soek julle die Lewende by die

dooies?

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en ons geloof ook.

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die mees

bejammerenswaardige van alle mense.

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: Die dood is vernietig. Die oorwinning is behaal. Die koningskap oor die wêreld behoort

aan ons Here en aan sy Gesalfde en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid!

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het. Die

laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

3


Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: Hy wat op die troon sit, sê: “Kyk, Ek maak alles nuut! Ek is die Alfa en die Omega, die

begin en die einde, die eerste en die laaste.”

Almal: Die Heer het opgestaan!

Een: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort die lof en die eer, die

heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid!

Almal: Die Heer het waarlik opgestaan!

Lofprysing

LB 422 - Die Heer, die Heer het opgestaan

Herversiering van liturgiese ruimte*

Versier julle liturgiese ruimte met die helderkleurige lappe, klere, blomme, paaseiers, prente.

Julle kan dit as deel van die lofprysing doen of tussen die verskillende lofprysingsliedere.

Lofprysing

Lied 414 Juig verlostes, juig en sing

Gemeente en orrel vir saamsing https://www.youtube.com/watch?v=K-PY9Ih9dp4

en/of Easter hymn​ ​Hymn Cavalleria rusticana​ vir luister

Kindertyd*

Mis jy jou maats? Wat mis jy die meeste?

Maria het vir Jesus gemis - Jesus is ook skielik van haar af weggeneem en sy kon nie meer

met hom gesels nie.

In die begin het ons Joh 20 gelees, ons gaan dit nou weer lees.

Luister mooi na wat Maria alles doen

4


Lees weer Joh 20:1-13

Gesels oor wat julle dink Maria gevoel het toe sy by die graf gesit en huil het.

Wys hoe julle dink sy daar gesit en huil het.

Lees weer Joh 20:14 - 18

Hoe dink julle voel Maria nou

Wys hoe julle dink sy nou lyk

Maria was hartseer en bang. Jesus was een van haar beste vriende. Hy het haar klomp goed

geleer, hy het haar gesond gemaak en haar hele lewe was anders nadat sy vir Jesus leer ken

het. Maar nou het hulle vir Jesus doodgemaak en begrawe. En nie net dit nie, dit lyk of

iemand sy liggaam gesteel het! Sy was hartseer en bang en kwaad en moedeloos, sommer

alles deurmekaar. Sy het so hard gehuil dat sy nie eens die engele of selfs vir Jesus herken

het nie. Maar toe noem Jesus haar op haar naam en alles verander. Jesus lewe! Jesus was

nog by haar. Hy het haar op haar naam genoem. En toe weer Maria dat alles okay gaan

wees.

Maar dan sê Jesus dat Maria nie aan hom moet vashou nie, want hy moet opvaar na die

Vader. Nou klink dit asof Jesus weer weggaan, maar eintlik is dit goeie nuus. As mens op

aarde kon Jesus net op een plek op ‘n slag wees, nou kan Jesus altyd by ons almal wees.

Jesus is by jou as jy alleen is. Jesus is by jou as jy bang is. Jesus is by jou as jy hartseer is.

Jesus is by jou as jy bly is. Jesus is by jou as jy speel. Jesus is by jou as jy seerkry. Jesus is

by jou as jy kwaad is. Jesus is by jou as jy laf is. Jesus is ALTYD by jou.

Weet jy dat Jesus jou ook op jou naam genoem het soos wat hy vir Maria gedoen het in die

storie. Meer as dit, Jesus het vir jou ‘n teken gegee om te sê: “Jý is my kind”. Kan jy dink wat

dit is. Die doop natuurlik! By die doop het God vir jou gesê: Jy is my kind.

5


Doopherinnering*

En Paassondag is juis wanneer ons terugdink en onthou dat ons gedoop is. ​Gebruik water

om ‘n kruisie op jou hand of voorkop te maak en onthou jy is God se Kind. In gesinne herinner

mekaar hardop daaraan dat julle God se kinders is.​ God is altyd by jou.

Geloofsbelydenis*

Kom ons bely nou saam ons geloof dat God altyd by ons is:

Een: Ek glo dat selfs wanneer ek bang is…

Almal: God is by my

Een: Ek glo dat selfs as ek of mense vir wie ek lief het siek raak of selfs doodgaan...

Almal: God is by my

Een: Ek glo dat God se liefde is sterker en groter as die slegste boosheid

Almal: En God is by my

Een: Ek glo dat wanneer die lewe moeilik raak en dinge verkeed loop en slegte goed gebeur

Almal: God is by my

Een: Ek glo God het ons lief maak nie saak wat nie en...

Almal: God is by my

Een: Ek glo Jesus het opgestaan

Almal: Halleluja!

Kinderliedere

He is Lord ​https://youtu.be/OTbhnTeF4yE

Risen (deur kinderkoor)​ ​https://youtu.be/xCQsK1t9EKY

Vir baba’s en peuters ​https://youtu.be/vczUZH-6DG0

Verskeie kinderpaasliedere ​https://youtu.be/2gRqdvzFpP4

Lord of the dance ​https://youtu.be/YV15StV6TK0

6


Gebed om die opening van die Woord

Gees van die lewende God,

wees die tuinier van my siel.

Hoe lank wag ek nou al op U - stil -

in ‘n kouer winter van my siel.

Maar nou, in die Naam van Jesus Christus

waag ek om U te smeek:

Hark weg die dooie blare van die verlede.

Vergruis die harde kluite

van my weerbarstige gewoontes en groewe.

werk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugde.

Plant diep in my siel u lewegewende Woord.

Versorg, gee Water, koester my hart

totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom.

Amen

(Outeur: Richard Foster)

Skriflesings vir Paassondag

Skriflesing 1: Handelinge 10:34-43

Respons op skriflesing

Een: Loof die Here, want Hy is goed!

Almal: aan sy liefde is daar geen einde nie!

Skriflesing 2: Kolossense 3:1-4

Psalm 118 as respons ​(Alternatief: Lees Psalm 118 uit die Bybel)

Een: Loof die Here, want Hy is goed,

Almal: Aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Israel moet getuig:

7


Almal: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Een: Die huis van Aaron moet getuig:

Almal: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Een: Dié wat die Here dien, moet getuig:

Almal: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Een: Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat ons gered het!

Almal: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade, die

Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!”

Almal: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.

Almal: Die Here het my swaar gekasty maar nie aan die dood oorgegee nie.

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.

Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.

Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.

Almal: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou

geword. Dit is deur die Here gedoen en is ’n wonder in ons oë!

Almal: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Een: Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

Almal: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (uit Ps

118:1-2, 14-24).

Boodskap*

Een van my daaglikse roetines het geword om te kyk hoeveel nuwe mense toets positief vir

die Koronavirus en hoeveel mense het nou al gesterf in spesifiek ons land. Dit laat my bietjie

dink aan my ma wanneer sy die koerant kry die oggend - die eerste ding wat sy doen is om

na die sterftes te blaai en te kyk of daar iemand oorlede is wat sy ken. Maria het ook eerste

ding in die oggend graf toe gegaan, maar dit is omdat sy geweet het iemand naby aan haar is

oorlede.

8


En tot haar skok is sy liggaam nie meer daar nie en haar wêreld wat klaar om gedop is, draai

nog ‘n keer om en sy hardloop om die slegte nuus met die dissippels te gaan deel - en julle

ken die res van die storie.

Daar is tog ‘n paar interessante klein weggesteekte simboliese elemente in die verhaal. Die

eerste is dat dit in ‘n tuin afspeel, wat ons herinner aan die Genesis verhaal waar God geskep

het. Jesus se opstanding het iets met skepping te make, dit is God wat hier herskep, wat

nuwe lewe skep. God skep uit chaos nuwe lewe, God skep uit dood nuwe lewe. ​Watter

herskeppingswerk is God in jou mee besig, in ons mee besig?

Ons het so 15 dae terug met die eerste stasie saadjies geplant met die kinders. Alexis wou

amper elke 5min kyk of dit nog nie begin groei het nie. Sy kon net nie verstaan dat dit so lank

vat nie. Toe die eerste ertjie na meer as ‘n week sy spriet uitstoot was haar opwinding

ongeken, maar nou is haar ongeduld hierdie plantjie wat so staaaaadig groei.

Vrydag is verby en dit is Sondag, maar dit is klein soos die eerste groenigheid wat uit ‘n

saadjie skiet.

Ek lees hierdie gedig ‘n paar jaar terug raak in Engels (ek dink dit was deel van ‘n

Paasliturgie)

Opstanding begin met 'n rouende huil

'n lee plek

'n bekende stem

Dit is klein

soos die vingers van 'n pasgebore baba

Skynbaar onbelangrik

soos die sandkorrel wat in die oester se oop mond val

Dikwels misgekyk

soos 'n blaarbloeisel op 'n boom

9


Soms moet mens fyn kyk om iets so klein te sien.

Vrydag is verby - dit is Sondag, maar mens voel amper jy moet jouself knyp om dit te onthou,

want alles voel nog bietjie asof dit Vrydag is.

Maria was verblind deur haar trane, haar hartseer, haar vrees, haar magteloosheid, want

Jesus is weg. Dit alles het gemaak dat sy nie eens vir Jesus herken het nie, so hartseer was

sy. En dan noem Jesus haar op haar naam en alles verander.

Wanneer dinge te veel is, is dit moeilik om hoop te sien, om uitkoms te sien, selfs om vir God

te sien. En dit is okay, want God sien vir ons. God ken my naam. God ken jou naam. God

roep ons op die naam, God help ons om te sien.

Die tweede weggesteekte skat wat Johannes vir ons los is Jesus se woorde aan Maria: “Wie

soek jy?”. Twee hoofstukke van te vore wanneer hulle Jesus in die tuin van Getsemane

gevange neem vra hy ook aan die wagte: “Wie soek julle”. Aan die wagte gee Jesus homself

oor om gevange geneem te word en hulle het hom geboei. As Petrus dan tussenbeide tree en

dit probeer keer sê Jesus vir hom: “Die beker wat die Vader my gegee het, sal Ek dit dan nie

drink nie” Vir Maria sê Jesus, “moet my vashou nie, want ek het nog nie na die Vader

opgevaar nie”.

Die kontras tussen hierdie twee geleenthede is die kontras tussen Vrydag en Sondag, tussen

dood en lewe. Tussen buitestaanders en iemand wat in ‘n noue verhouding met Jesus staan.

Toe die soldate hoor wie Jesus is het hulle teruggedeins en op die grond neergeval… Toe

Maria hoor dit is Jesus het sy na hom toe gedraai en wou hom vashou. Die soldate was bang,

Maria was verheug

Dit is duidelik hieruit, sowel as uit die woord Rabboeni wat die meer intieme vorm van Rabbi

is, dat Maria ‘n baie innige verhouding met Jesus gehad het. Maria se sien verander haar

lewe, maar dit gebeur binne die liefdesverhouding met Jesus. Hoe ons op Jesus reageer

wanneer ons hom sien word bepaal deur die verhouding waarin ons met Jesus staan.

10


Die derde weggesteekte skat wat hierby aansluit is die ander plek waar Jesus die vraag vra:

“Wat soek julle?” Dit is met die roeping van die eerste dissipels. Vir die dissipels toe sê Jesus:

“Kom kyk”. Vir Maria hier sê Jesus: “Gaan vertel…”

En so raak Maria die eerste apostel, as te ware ‘n apostel vir die apostels. Die eerste persoon

om te getuig oor ‘n ontmoeting met die opgestane Christus. Petrus en Johannes van wie

mens dit sou verwag het omgedraai en teruggegaan, maar Maria het gebly en Jesus kies om

aan Maria te verskyn.

Maar Jesus stop nie by die opstanding nie en laat ook nie vir Maria toe om daar te stop nie,

want die opstanding is maar die begin van die nuwe storie - daar is nog meer… Jesus gaan

na sy Vader toe…

Die opstanding is ‘n extroardinary gebeurtenis, maar God stop nie daar nie, want daar is iets

nog beter - Jesus gaan sit aan die regterhand van God sodat ons elkeen in dieselfde

ononderbroke, nooit alleen, nooit geskei van Jesus verhouding met God kan wees

Die opgestane Christus is by ons, die opgestane Christus gaan saam met ons deur al die

goed en die sleg van die lewe, ja selfs ook deur die dal van doodskaduwee, waar niemand

anders kan saamstap nie.

Jesus gee Maria nie eers ‘n oomblik om tot verhaal te kom nie - hy stuur haar onmiddelik om

iets te gaan doen - sy moet vir die dissipels vertel.

In die eerste skeppingsverhaal dryf God vir Adam en Eva uit die tuin uit, maar in hierdie

nuwe skeppingsverhaal stuur die opgestane Christus Maria jubelend uit om die boodskap te

gaan oordra. Sy word gestuur om aan almal te vertel dat God uit die dood lewe skep. Maria

verkondig die nuwe begin wat God vir ons moontlik maak.

11


Om die opgestane Here te beleef is 'n heilige oomblik, maar dit is nie iets wat ons vir

onsself mag hou nie, ons moet dit gaan deel.

Basil Pennington, ʼn priester, vertel van ʼn ontmoeting met ’n Zen-meester. Die Zen-meester

het van oor tot oor geglimlag toe hy vir Basil ontmoet en hom net in stilte met ʼn breë glimlag

aanskou. Uiteindelik sê hy: “I like Christianity. But I would not like Christianity without the

resurrection. I want to see your resurrection!”

Pennington merk toe op: ​“With his directness, the teacher was saying what everyone else

implicitly says to Christians: You are a Christian. You are risen with Christ. Show me (what

this means for you in your life) and I will believe. That is how people know if the resurrection is

true or not.”

Hoe leef jy die opstanding? Hoe lyk die boodskap van die opstanding, die boodskap van

nuwe lewe vir jou in ‘n tyd soos hierdie?

Stilgebed

Lofprysing

Lied 411 Kom, almal, laat jul stem verrys

Louis Brits https://www.youtube.com/watch?v=9CGEv9e6dBM

Engels (gemeente) https://www.youtube.com/watch?v=YCCpj1x-vvg

Nagmaal*

Nagmaalgebed/formulier

Een: ​Nagmaal is ‘n teken en seël wat bevestig dat ook ons sonde in Christus se kruisdood

afgewas is. Die nagmaal roep ons terselfde tyd op om as liggaam van Christus, die

boodskap van hoop aan die wêreld uit te leef. Ons is die liggaam van Christus, God se

12


lig skyn deur ons in hierdie donker wêreld. Deur die gebruik van die tekens bely jy jou

deel wees aan die liggaam van Christus.

Een: Dit is die dag wat die Here gemaak het.

Almal: Laat ons daaroor juig en bly wees.

Een: Loof die Here want Hy is goed,

Almal: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Een: Heilige God, skepper van hemel en aarde, ons bring aan u al die lof en eer. U het die

heelal in u wysheid gevorm en alles deur u skeppingsmag tot stand gebring. U het

ons in families op hierdie aarde gestel om saam met u in geloof te leef. Ons loof u vir

die goeie gawes van brood en wyn en vir die tafel wat u in die wereld gedek het as 'n

teken van u liefde vir alle mense.

Almal: Daarvoor dank ons U

Een: Ons loof u dat u u enigste seun, Jesus Christus, gestuur het om in genade en waarheid

tussen ons te kom woon. Deur Hom het ons U leer ken. Hy het ons vreugde en

hartseer kom deel, siekes gesond gemaak, sondaars bevriend en vir ons die weg tot

die ewige lewe kom wys. Deurdat Hy sy kruis opgeneem het, het hy gesterf, sodat

ons kan lewe. Hy het die dood oorwin en is opgewek in heerlikheid. Hy is steeds by

ons, oorwinnend oor elke mag en gesag wat ons kan seermaak of verdeel. In Hom is

ons as gemeenskap saamgebind, al is ons nie fisies bymekaar nie.

Almal: Daarvoor dank ons U

Een: Daarom in herinnering aan u magtige dade in Jesus Christus, neem ons hierdie brood

Almal:

13

en beker en bring aan u alle lof, eer en dank. Gee dat deur die werking van die Gees

in ons, hierdie brood en beker vir ons die liggaam en bloed van Jesus Chirstus mag

wees en dat ons almal wat deel aan hierdie feesmaal een mag wees in Christus en

Christus in ons. Vul ons met u ewige lewe, sodat ons in vreugde en met blydskap u

getroue kinders mag wees totdat ons eendag saam met u in heerlikheid aan die

feesmaal aansit. Aan u behoort alle eer en heerlikheid, Here, nou en vir altyd. Amen

Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige.

Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.

Hosanna vir die Seun van Dawid!


Een:

Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Hosanna in die hoogste hemel!

Heilig, is U – en heilig is u opgestane Seun wat in die nag waarin Hy oorgelewer is

brood geneem het, en nadat Hy gedank het, dit gebreek en gesê het: “Dit is my

liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Net so het Hy ook na die

maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat met my

bloed beseël is. Gebruik dit elke keer as julle daaruit drink tot my gedagtenis.” Elke

keer as julle van hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die dood

van die Here totdat Hy kom.

Almal: Christus het gesterwe! Christus het opgestaan! Christus kom weer!

Een: Stuur u Heilige Gees, o Here ons God, sodat ons deur hierdie maaltyd deel kan hê aan

die verrese Christus en aan mekaar. Mag u koninkryk in volle heerlikheid aanbreek –

en tot dat die leeu en die lam saam wei, bid ons soos ons Here ons geleer het:

Almal: ​Ons Vader

Een:

Almal:

Een:

Almal:

Een:

Almal:

Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

ontferm U oor ons;

Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

gee ons vergifnis;

Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

gee ons vrede. Amen.

Gebed

Here, ons God, ons word soms bang, maar gee dat ons nie sal wanhoop nie. As ons

teleurstellings ervaar, bewaar ons van bitterheid. As ons val, moenie dat ons bly lê nie. As

niks meer sin maak nie en ons magteloos voel, moenie dat ons vergaan nie. Nee, laat ons

juis dan u nabyheid en liefde aanvoel, wat U beloof het vir gebrokenes wat verslae voor u

Woord kom staan. U Seun het gekom vir ons almal wat so deur die lewe oorweldig voel. Ja,

juis omdat ons almal so oorrompel word, is Hy in ’n stal gebore en het Hy aan die kruis

gesterf. Here, laat ons hierdie dinge onthou en voortdurend bely (Karl Barth).

Voed, sterk en herinner ons nou in die tekens van brood en wyn.

Ons neem, seën, breek en gee nou brood en wyn.

14


Dit herinner ons aan die liggaam van Christus wat vir ons geneem, geseën, gebreek en

gegee is sodat die dood finaal oorwin kon word.

Mag ons wanhoop, pyn en lyding in hierdie wêreld minder maak as ons lewe ook geneem,

geseën, gebreek en gegee word.

Instelling en gebruik

Slotlied*

Lied 417 Jesus, ons eer U

Jesus, ons eer U, opgestane Heer.

Lewensvors en Koning, U het triomfeer!

Hoe was U verneder, hoe het U gely;

hoe is U verheerlik! U voer heerskappy.

Jesus, ons eer U, opgestane Heer.

Lewensvors en Koning, U het triomfeer!

Jesus, ons eer U, opgestane Heer,

omdat U oorwin het, sal ons triomfeer!

Hoe was ons gebonde,

hoe was ons verkneg.

U bevry tot lewe, baan vir ons die weg.

Jesus, ons eer U, opgestane Heer,

nou het ons ‘n toekoms:

lewe by ons Heer!

Luisteropsies

Kontemporêr ​https://www.youtube.com/watch?v=WFLXyBpvzdE

Handel​ ​https://www.youtube.com/watch?v=gZz5fO2e1Cc

15


Seën*

Wyd uitgesprei van mekaar kan ons steeds saam met God die wêreld ingaan

Om genesing en hoop vir almal te bring wat in die skaduwees van die lewe dwaal

Geskei van mekaar kan ons steeds saam met Jesus gaan om ander te dien

Ons kan luister na dié wat geïgnoreer word en ons kan saam met die praat wat vergeet word.

Alleen, vasgevang waar ons bly, kan ons steeds by die werk van die Heilige Gees aansluit en

ewigdurende liefde aanbied.

Ons sal vashou aan die wat geval het en ons sal ons gebroke gemeenskappe weer herbou

Want die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en die

gemeenskap in en deur die Heilige Gees strek oor alle grense en afstande en bly by ons van

nou af tot in alle ewigheid. Amen

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!