01.07.2020 Views

DIE SAAIER WINTER 2020

Bybelgenootskap van SA

Bybelgenootskap van SA

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WINTER 2020

Met

Gebedsgids

www.bybelgenootskap.co.za 3


Liewe Medewerker

WINTER 2020

NOMMER 227

Gebeure het onlangs ’n nare draai geneem en die

wêreld is skielik ’n skrikwekkende plek van groot

onsekerheid.

Ons veg teen ’n onsigbare vyand genaamd

SARS-Cov-2 wat die dodelike Covid-19-siekte tot

volg het. Soos hierdie hoogs aansteeklike virus

versprei bring dit ook ’n golf van wantroue, paniek

en vrees oor al die nasies. Daar is ’n magdom

inliging oor die virus wat alles van mediese modelle,

samesweringsteorieë en fopnuus tot doemprofesieë

insluit. Dit is alles net te veel om te verwerk en

om die waarheid van fiksie te onderskei, is naas

onmoontlik.

Maar as Christene staan ons ferm op die een ding

wat ons in ons harte weet is die absolute waarheid

– die Woord van God. In die Bybel, belowe God dat

hy ons nooit in die steek of alleen sal laat nie ongeag

die situasie waarin ons onsself mag bevind. Ons God

is nie verras deur enigiets wat gebeur nie en daarom

kan ons rus in die vrede dat Hy reeds ’n weg vir ons

gemaak het in hierdie onsekere tyd.

In die aanloop tot ons tweede eeufeesvieringe het

ons gebid dat 2020 waarlik ’n Jaar van die Bybel sou

wees. Hoewel hierdie pandemie ’n stokkie gesteek

het voor baie van vanjaar se beplande feestelikhede,

glo ek dat hierdie krisis baie mense weer na die

Bybel laat draai het as hul bron van vrede en hoop.

Dit is in tye soos die dat die Bybel se boodskap

van God se volmaakte liefde hard en duidelik die

vrees verdryf wat dreig om die wêreld te verswelg.

Laat ons daarom nog harder werk sodat hierdie

wonderlike Boek ’n deel kan word van elke persoon

se lewe.


Gee vir

2 Miljoen Bybels

want die gebrek is groot

Die Bybelgenootskap se 2 Miljoen Bybels-projek

het reeds talle mense geïnspireer om hul deel vir

Bybelverspreiding te doen.

Die Bybelnood in Suid-Afrika is steeds ’n groot

probleem en dit is om hierdie rede dat ons besluit het

om die 2 Miljoen Bybels-projek die fokuspunt van die

Bybelgenootskap se 200-jarige herdenking te maak.

Deur hierdie projek wil ons twee miljoen Bybels en

twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies

aan Suid-Afrikaners skenk wat dit nie kan

bekostig nie.

Bybelgenootskapondersteuners en -personeel

het tot dusver ’n wye verskeidenheid projekte

aangepak ter ondersteuning van hierdie projek.

Van die verkoop van boereworsrolle en vlaskywe,

die bak van oliebolle tot atlete wat tydens die

grendeltyd om hul huis stap en hardloop vir Bybels.

Daar is behoorlik ’n gretigheid onder mense om hierdie

projek te sien slaag.

Tans is ons nog baie ver van ons doelwit van twee

miljoen Bybels, met slegs 2% (wat sowat 44 000

Bybels verteenwoordig) van die benodigde fondse wat

ingesamel is. Daar lê dus nog baie werk voor om te

verseker dat hierdie projek ’n sukses is.

Die huidige ekonomiese situasie van ons land en sy

mense skets ’n donker prentjie. Armoede is wydverspreid. Mense ly honger.

Maar benewens die fisiese honger is daar ook ’n broodnodige behoefte aan

die Woord van God. Die Bybel se bemoedigende boodskap van hoop en

liefde is een wat vir elke persoon vrede kan bring.

Ons wil jou daarom vra om die 2 Miljoen Bybels-projek te ondersteun. Elke R100

wat as deel van hierdie projek ingesamel word, sal die Bybelgenootskap help om

een Bybel en een stel geletterdheidsboekies aan iemand in nood beskikbaar te

maak.

Wees ’n Saaier van hoop. Besoek www.2millionbibles.co.za dS

www.bybelgenootskap.co.za 1


Vul mense se harte met

God se Woord

O“Ons missie is nie om boekrakke

vol te maak nie maar om harte te

vul met die woorde van die Skrif

wat mense se lewens verander,”

sê Alexander Schweitzer, die

Wêreldbond van Bybelgenootskappe

(WBG) se Direkteur van Wêreldwye

Bybelvertaling.

Dit is daarom verblydend om te kan

sê dat Bybelgenootskappe wêreldwyd

oor die laaste vyf jaar vertalings van

Bybels en Bybelgedeeltes vir meer as

’n vyfde van die wêreld se bevolking

voltooi het. Dit sluit in vertalings in 270

tale wat deur meer as 1,7 miljard

mense gepraat word.

In die afgelope vyf jaar, is eerste

vertalings van Bybels en Bybelgedeeltes

in 154 tale wat deur 186 miljoen

mense gepraat word, voltooi. Verlede

jaar is eerste vertalings in 50 tale

gepubliseer wat die potensiaal het om

29 miljoen mense te bereik. Ses van

hierdie tale het vir die eerste keer ’n

2 die saaier • winter 2020


volledige Bybel ontvang – onder

andere Ellomwe, ’n taal wat deur

bykans 2,3 miljoen mense in Malawi

gepraat word.

In Tsjad en Tanzanië was daar ook

taalgroepe wat vir die eerste keer ’n

volledige Bybel in hulle taal ontvang

het. Die vertaling van die Nuwe Testament

is in nog twee ander Afrikalande

verwelkom terwyl ’n verdere vier lande

op die Afrikakontinent verskeie eerste

vertalings van Bybelgedeeltes gekry

het.

In die konteks van die laaste vyf

jaar, was 2019 die jaar waarin die

WBG die meeste Bybelvertalings

bekendgestel het: 90 tale wat deur

617 miljoen mense gepraat word.

Op 24 November verlede jaar het

die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

’n nuwe vertaling, The Bible for the

Deaf, bekendgestel. Hierdie Bybel wat

in basiese Engels geskryf is, poog om

die Woord van God toeganklik te maak

vir Dowes wat weens hulle beperkte

leeswoordeskat nie ander Bybels kan

verstaan nie.

Die Direkteur-generaal van die

Wêreldbond van Bybelgenootskappe,

Michael Perreau, het die harde werk en

die impak van hierdie prestasies geloof.

“Die vrygewigheid van ons ondersteuners

regoor die wêreld en die toewyding

van die Bybelvertalers, met baie

van hulle wat in moeilike omstandighede

werk, het daartoe gelei dat die Bybel

en Bybelgedeeltes aan ’n ongelooflike

1,7 miljard mense beskikbaar gemaak

is tydens die afgelope vyf jaar.”

Deur die genade van God is die

Wêreldbond van Bybelgenootskappe

en ander Bybelvertalingsorganisasies

vasbeslote om die Bybel in elke taal

beskikbaar te maak. Vir die eerste keer

ooit, is dit ’n realistiese doelwit wat in

ons generasie behaal kan word. dS

www.bybelgenootskap.co.za 3


Bybels vir gerepatrieerdes

uit Wuhan

Hier is Rev Shane Fraser, Streekhoof van die Bybelgenootskap

se Noordelike Streek, en kapelaan Cornelis Oberholster wat die Bybels

by die Bybelsentrum in Kempton Park kom afhaal het.

4 die saaier • winter 2020


Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

het sy rol gespeel in die proses

om die eerste groep gepatrieerde

Suid-Afrikaners uit Wuhan, China,

terug te verwelkom. Die 122 mense,

onder wie baie studente, is met hul

aankoms in Suid-Afrika op 14 Maart

vir 14 dae onder kwarantyn geplaas.

Kapelaan-kolonel Masello

Mothopeng, Senior Stafoffisier Pastorale

Dienste van die Suid-Afrikaanse

Weermag se Gesondheidsdienste,

het die Bybelgenootskap genader om

Bybels te skenk. Die Bybelgenootskap

het 200 Engelse Bybels (Good News

Translation) en 10 Kinderbybels beskikbaar

gemaak. Die Bybels het deel

gevorm van die verwelkomingspakkies

wat elkeen van die terugkerende

geselskap ontvang het.

“Ons is opreg dankbaar vir die

spoedige reaksie toe ons by julle om

hulp kom aanklop het. Dankie vir julle

vrygewigheid, die liefde en patriotisme

wat julle aan julle medeburgers betoon

het, ons waardeer julle ondersteuning,”

het kolonel Mothopeng in sy bedankingsbrief

geskryf.

Crystal Reynolds en haar verloofde

Tyron Steyn, werk al vir die afgelope

sowat twee jaar as Engelse onderwysers

in China en was deel van die

groep terugkerendes.

“Baie dankie aan die Bybelgenootskap

van Suid-Afrika! Dit was baie

moeilik vir ons, maar deur ’n wonderwerk

het ons Bybels ontvang toe ons

in Suid-Afrika aankom. Ons kon ons

na die Bybel wend en presies doen

wat daar in 1 Petrus 5:7 geskryf staan:

‘Werp al julle bekommernisse op Hom,

want Hy sorg vir julle.’ Ek glo God praat

in moeilike tye met ons deur die Bybel

en as dit nie vir die Bybelgenootskap

was nie, sou ons nie hierdie Bybels

gehad het nie,” het Crystal dankbaar

getuig.

Tydens die Covid-19-pandemie

ontvang die Bybelgenootskap al hoe

meer versoeke vir Bybels van welsynorganisasies

wat kospakkies uitdeel.

Dit onderstreep net weer die Bybelnood

in ons land en die belangrikheid

van die Bybelgenootskap se missie

om bekostigbare Bybels aan mense in

hulle eie taal beskikbaar te maak. dS

Tyron

Steyn

Crystal

Reynolds

www.bybelgenootskap.co.za 5


Vreugde oor nuwe

Xirhonga Bybel

Dit het meer as 40 lang jare geneem

maar Xirhonga-sprekers in Mosambiek

het uiteindelik ’n nuwe vertaling van die

Bybel.

Werk aan hierdie nuwe Bybelvertaling

het reeds in 1976 begin,

kort na die stigting van die Bybelgenootskap

van Mosambiek. Daar

was egter etlike struikelblokke wat

deurgaans die vordering van die

werk onderbreek het. Kort nadat die

projek begin het, het ’n vernietigende

burgeroorlog uitgebreek wat vir 16

jaar gewoed het. Dit het die land uitmekaargeskeur

en die werk aan die

vertaling het grotendeels tot stilstand

gekom. ’n Gebrek aan die nodige

tegnologie het ook tydens die eerste

20 jaar van die projek die vertalingsproses

grotendeels bemoeilik.

In Desember verlede jaar is die

Bybel uiteindelik bekendgestel en het

duisende Xirhonga-sprekers op die

manier toegang tot die Woord van

God gekry. Tot dusver het die meeste

Xirhonga-Christene die Bybel in

Xitsonga gebruik omdat die verouderde

ortografie en taal in die eerste

Xirhonga Bybel, wat in 1923 gepubliseer

is, dit vir hulle byna onmoontlik

gemaak het om dit te verstaan. Hierdie

nuwe Bybel met ’n moderne taal en

ortografie bevat ook hulpmiddels,

waaronder voetnote, kaarte, illustrasies

en ’n woordelys.

Die bekendstelling van die Bybel

6 die saaier • winter 2020


was ’n bittersoet oomblik vir Carolina

Litsure, een van die oorspronklike

vertalers.

“Ek het twee emosies: hartseer en

vreugde. Ek is hartseer want ek onthou

my kollegas wat saam met my in 1976

aan die vertaling begin werk het. Ons

was drie maar nou is dit net ek alleen. Ek

wens hulle kon saam met my hier wees

om vir die gemeenskap te sê dat ons

drome, en ook julle drome, nou waar

geword het. Ek is ook bly omdat ons nie

verniet gedroom het nie,” het sy gesê,

terwyl sy die nuwe Xirhonga Bybel in

haar hand vashou.

Die Xirhonga Bybel verteenwoordig

vir Carolina, wat reeds baie jare gelede

as vertaler afgetree het, ’n lewenslange

prestasie.

“Alhoewel ons nie met die werk kon

voortgaan nie, het die Bybelgenootskap

ander vertalers gevind wat ons met

hierdie werk van hoogstaande gehalte

kan verteenwoordig,” het sy met ’n

glimlag gesê. “Ek dank God dat ek die

bekendstelling van hierdie Bybel – wat

ek en my kollegas begin het – kan

aanskou.” dS

www.bybelgenootskap.co.za 7


In ooreenkoms met

PanSAT

Die verhouding tussen die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) en die

Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) is onlangs versterk met die opstel van

’n dokument waar die twee liggame se toekomstige samewerking uiteengesit is.

In Januarie vanjaar het die Bybelgenootskap se Uitvoerende Hoof, ds Dirk

Gevers en die Hoof van Vertaling, dr Masenyani Baloyi, met die PanSATverteenwoordigers,

mnr Lufuno Ndlovu (waarnemende Uitvoerende Hoof van

Tale) en mnr Boichoko Moremi (Senior Provinsiale Bestuurder: PanSAT Noord-

Kaap) vergader om die inhoud van ’n Memorandum van Ooreenkoms te

bespreek.

Die doel van hierdie dokument is om die gebiede van vennootskap

en samewerking tussen die BSA en PanSAT te definieer waar die missie en

doelstellings van die twee organisasies mekaar oorvleuel. Areas van

belangstelling vir beide partye, sluit in: die beskerming en ontwikkeling

van alle tale wat in Suid-Afrika gepraat word, veral in godsdienstige gebruik;

die belangrikheid van die Bybel as waardevolle teks in taalonderrig; en die

ontwikkeling van geletterdheidkapasiteit binne Suid-Afrikaanse taalgroepe. dS

8 die saaier • winter 2020


Gebedsgids

no 3 • 2020

JULIE

28 Jun – 4 Jul

Oostenryk: Prys die Here

dat ons die voorreg het

om Bybels aan gevangenes

en vlugtelinge in

hulle moedertaal te kan

voorsien. Bid ook vir die

jongmense wat die Bybelsentrum

in Wene besoek.

Duitsland: Bid vir die

finale voorbereidings van

die Basiese Bybel voor die

bekendstelling in 2021.

Bid vir die befondsing

van Bybelprojekte deur

kerke en donateurs. Bid vir

groeiende belangstelling in

die Bybel en ons werk in

die bevordering van God

se Woord.

Italië: Bid dat God genesing

sal bring vir ons land

in die nadraai van Covid-19

se vernietigende impak. Bid

dat sy Woord en die troos

wat dit bring die harte van

die ganse bevolking sal

aanraak.

5 – 11 Jul

Slowenië: Bid dat daar tot

’n vergelyk met die Katolieke

Kerk sal kom wat betref

die kopiereg van Bybelteks.

Duitsland

Bid vir die vertalers wat aan

die dinamiese vertaling van

die Nuwe Testament werk

asook vir die uitbreiding van

die traumaberadingprogram.

Serwië: Bid vir die Bybelsaak

in hierdie Christelike

land. Bid dat God die

Bybelgenootskappersoneel

se werk om die Woord in

geskikte formate aan persone

van alle ouderdomme

beskikbaar te maak, sal lei.

Pole

Estland

Letland

Litaue

Belarus

Tsjeggiese

Republiek

Oekraïne

Slowakye

Oostenryk

Moldawië

Hongarye

2

Kroasië

Romenië

1

Serwië

Bulgarye

Italië

4

1 Bosnië-

Herzegowina

3

5

2 Slowenië

3 Albanië

5

4 Masedonië

5 Griekeland

Kroasië: Bid dat God 12 – 18 Jul

sal voortgaan om in 2020 Griekeland: Ons loof en

Bybelwerk in hierdie land prys God vir wat ons reeds

te seën terwyl daar wêreld-

kon vermag ondanks die

www.bybelgenootskap.co.za 9

wyd chaos heers. Bid

dat die Bybelgenootskap

steeds die Bybel in geskikte

formate aan mense

beskikbaar sal maak sodat

hulle die lewegewende

boodskap van die Woord

kan ervaar.

Bosnië-Herzegowina:

Bid vir die mense van hierdie

land, dat hulle toegang

sal hê tot geskikte Bybelhulpmiddels

wat hulle harte

sal verander.


finansiële krisis. Dank die

Here vir die suksesvolle

tweede eeufeesviering van

die Ioniese Bybelgenootskap.

Bid dat daar ’n groter

behoefte aan Bybels sal wees.

Albanië: Bid vir ons

verskeie vertalingsprojekte.

Bid vir ons Friends For

Life Sport Centre-projek

wat die jeug help om vir

die eerste keer die bybelse

boodskap te hoor en om

deurgaans by die Bybel

betrokke te wees.

Masedonië: Bid vir die

Bybelwerk waarmee ons

tans besig is en dat ons

veral kinders sal bereik. Bid

dat ons Bybelbetrokkenheid

sal kan bevorder en

alle segmente van die bevolking,

insluitende Dowes,

sal kan dien.

19 – 25 Jul

Belarus: Bid vir die

Bybelwerk wat hier gedoen

word, spesifiek onder die

kinders wat ontvanklik is vir

die Woord van God. Bid dat

ons geskikte materiaal kan

verskaf wat hulle die Woord

van God op ’n kreatiewe

manier sal leer sodat hulle

insiggewend met die Bybel

kan omgaan.

Litaue: Bid steeds vir die

vertaling van ons Nuwe

Testament in beide Lituas en

10 die saaier • winter 2020

Litause Gebaretaal.

Prys die Here vir die

passie en toewyding van

ons personeel. Bid vir die

groeiende sukses van die

Lewende Prente-kompetisie

waar kinders die bybelse

boodskap deur middel van

fotografie uitbeeld.

26 Jul – 1 Aug

Romenië: Bid vir die

afhandeling van die

hofgeding rakende die

kopiereg van die Cornilescu

Bybel wat al vir die laaste

sewe jaar sloer. Bid vir die

verdere ontwikkeling van

ons projekte en publikasies,

asook die samewerking van

al ons lidkerke.

Estland: Bid vir Bybelwerk

in hierdie baie

sekulêre land. Bid vir ons

pogings rondom die bewusmaking

van die Bybel

as ’n bron van lewe. Bid

dat Christene en nie-Christene

deur ons beplande

werk die Woord beter sal

verstaan.

Letland: Bid vir die hersiening

van die Bybel in Letties

en dat dit ’n simbool sal

word van eenheid onder die

kerke. Bid ook vir ons Bybelbewusmakingsveldtogte

en dat ons in staat sal wees

om Bybelgedeeltes in elektroniese

formate beskikbaar

te maak.

2 – 8 Aug

Hongarye: Prys die Here

vir die hersiene weergawe

van die Karoli Bybel wat

onlangs bekendgestel is,

vir ons Bybelverspreidingsprojekte

en vir ons aanlynkompetisies.

Bid dat hierdie

inisiatiewe positief ontvang

sal word. Bid ook vir die

vordering van die Bybel in

Gebaretaal, vir die mense

wie se harte ons aanraak,

asook vir ons span.

Moldawië: Bid dat almal

in Moldawië deur God se

Woord aangeraak sal word

en dat dit in ’n geskikte

formaat en taal sal wees

wat hulle verstaan. Bid

dat ons meer klem op

Bybelbewusmaking en

Bybelbetrokkenheid in ons

gemeenskap sal kan plaas

asook vir beter samewerking

met kerke.

Bulgarye: Bid dat ons in

die Bybelbehoeftes van ons

medeburgers asook die

vlugtelinge in ons land sal

kan voorsien. Bid dat ons

ook in die behoeftes van

mense met sig- en ander

gestremdhede, asook

kinders in kinderhuise, sal

kan voorsien.

9 –15 Aug

Oekraïne: Bid vir Bybelwerk

in die land te midde

plaaslike en internasionale


Turkye

Oesbekistan

Tadjikistan

Marokko

Algerië

Tunisië

Malta

Ciprus

Libanon

Sirië

2

3

1

Irak

Iran

Egipte

Golfstate

1 Israel

2 Palestynse

Gebiede

3 Jordanië

krisisse. Bid vir al ons projekte

en dat ons spesifiek

die jeug en studente sal

bereik.

Oesbekistan: Bid vir die

Bybelsaak in hierdie land

waar Islam die meerderheidsgeloof

is. Bid dat God

die Bybelgenootskappersoneel

sal lei in hul werk om

die Woord in verskillende

formate beskikbaar te

maak.

Tadjikistan: Bid dat God

Bybelwerk in die land sal

seën. Bid dat ons enige

struikelblokke wat verhoed

dat ons die Bybel in geskikte

formate en vertalings

beskikbaar kan maak, sal

oorkom.

16 – 22 Aug

Pole: Bid dat jongmense in

ons land die behoefte aan

God se Woord in hul lewens

sal raaksien. Bid vir die gratis

verspreiding van die Nuwe

Testament in skole en kerke.

Dank die Here vir die

verspreiding van die

Ekumeniese Bybel in Pole.

Tsjeggiese Republiek:

Bid vir die agt Bybelgenootskappersoneellede

wat

verseker dat die Bybel vir

elke kerk en burger beskikbaar

is. Bid vir ons spesiale

projekte, veral die nuwe

tweetalige Nuwe Testament

uitgawes vir jongmense.

Slowakye: Bid vir die

werk wat ons hoop om hier

te verrig om die geloof van

die Dowes in Slowakye te

versterk. Bid dat ons in die

Bybelbehoeftes van die

plaaslike Christene en veral

die siggestremdes sal kan

voorsien.

23 – 29 Aug

Algerië: Bid dat die druk

wat die owerhede op die

kerke en die Bybelgenootskap

plaas, sal verlig. Bid

dat die Bybelgenootskap

sal kan voortgaan om in

hierdie land te werk.

Egipte: Bid vir ons terwyl

ons voortgaan om ons

werksaamhede in Bybelverspreiding

en Bybelbetrokkenheid

uit te brei. Bid vir

ons fondsinsamelingspogings

om Bybelhulpmiddels

beskikbaar te maak en om

broodnodige Bybelbetrokkenheidprogramme

aan te

bied.

Tunisië: Bid dat God die

pad vir Bybelwerk in Tunisië

sal oopmaak. Bid dat

hoewel die Bybelgenootskap

nog nie hier werksaam

is nie, die Woord nietemin

www.bybelgenootskap.co.za 11


die harte van die mense sal

aanraak.

Marokko: Dank die Here

dat dit moontlik is om

Bybelwerk hier te doen. Bid

dat die Bybelgenootskap se

werk ’n impak sal hê en alle

mense, maar veral jongmense

en kinders, bybelse

beginsels sal leer.

30 Aug – 5 Sep

Arabies-Israeliese

Bybelgenootskap: Bid

vir nuwe geleenthede om

Bybelbetrokkenheid te

bevorder en vennootskappe

met die Palestynse Kerk

en gemeentskap te sluit.

Bid vir vrede in Jerusalem.

Bid vir ons toewyding om

die Woord van God aan

die Arabiese Isreali’s wat in

Israel woon beskikbaar te

maak.

Israel: Dank die Here vir

die voorreg om sy Woord

in die hart van Jerusalem

te kan versprei. Bid vir ons

werksaamhede om die

Woord van God beskikbaar

en toeganklik te

maak aan die mense wat

hier woon, asook die baie

besoekers.

6 –12 Sep

Libanon: Bid vir ons Sentrums

vir Uitnemendheid.

Hierdie sentrums dien die

Kerk in die Midde-Ooste

12 die saaier • winter 2020

met God se Woord deur

vertalings, publikasies,

verskillende projekte en programme.

Bid dat dit kinders,

jongmense en volwassenes

van hulp sal wees.

Jordanië: Bid vir die Bybelgenootskap

in Jordanië

se plan om ’n Bedieningsentrum

in plek te stel.

Dit is ’n besige ligging in

Amman wat toegang tot die

Bybel en die Bybelgenootskap

sal bevorder.

Sirië: Dank die Here vir die

ondersteuning wat ons die

afgelope jaar ontvang het.

Dank die Here vir sy Heilige

Woord en vir die verspreiding

daarvan na al die

gebiede in ons land danksy

die ongelooflike poging van

ons vrywilligers.

13 – 19 Sep

Malta: Bid dat die Bybelgenootskap

sal kan

voortgaan met die uitvoer

van sy missie op verskeie

maniere en met verskillende

programme om in die

Bybelbehoeftes van almal in

die land te voorsien.

Turkye: Dank die Here vir

die 200-jarige herdenking

van die Bybelgenootskap

in Turkye vanjaar. Bid dat

ons aktiwiteite daartoe sal

bydra dat die Turke meer

omtrent die Woord van God

sal leer. Bid vir ons huidige

vertalingsprojekte asook vir

die veiligheid van ons span.

Ciprus: Ondanks die

huidige finansiële krisis,

dank ons die Here dat

hy die Bybelgenootskap

in Ciprus van die nodige

fondse voorsien het om die

mense van hierdie land te

dien. Loof die Here vir die

verspreiding van die Nuwe

Testament in skole deur die

Ministerie van Onderwys.

20 – 26 Sep

Golfstate: Bid vir die traumaberadingprogram

wat in

2017 vir die eerste keer in

Bahrein ingestel is asook vir

die uitbreiding daarvan na

meer lande in die Golfgebied.

Bid vir die verwerking

van die Nuwe Testament in

Arabies na ’n Golf-dialek.

Iran: Bid vir hierdie land

wat so swaar deur die pandemie

van 2020 getref is.

Bid vir vennote wat Bybelwerk

kan ondersteun sodat

mense met die beloftes in

God se Woord bereik en

vertroos kan word.

Irak: Bid vir die mense van

hierdie land wat vir baie jare

swaar gely het. Bid vir vrede

en genesing. Bid veral

dat jongmense en kinders

aan die Woord van God

bekendgestel sal word. dS


’n Soet

wêreldrekord

As daar een man is wat al gewys het

dat jy omtrent enige aktiwiteit kan aanpak

om jou naam in die rekordboeke

te kry, dan is dit André van Zijl.

André wat al meer as 50 wêreldrekords

agter sy naam het, het in

Februarie vanjaar besluit om eiehandig

1 300 oliebolle te bak vir sy jongste

rekordpoging. Die fondse wat hy hiermee

ingesamel het, was alles ten bate

van die Bybelgenootskap se 2 Miljoen

Bybels-projek.

Die Bybel lê vir André baie na aan

die hart en daarom het hy besluit om

die Bybelgenootskap te ondersteun.

“Die Bybel is seker

die mees kardinale

en integrale deel van

jou bestaan wat hand

aan hand gaan met

jou daaglikse gebedslewe.

Die feit dat

die Bybelgenootskap

200 jaar oud is, maak

dit nog meer gepas

dat mens iets moet

doen om die projek

te ondersteun,” het

André gesê.

André het op 27

Februarie om 19:00

met sy rekordpoging

begin en het nege

ure in die kombuis

gespandeer om

vir Bybels

al die oliebolle met die hand voor te

berei, gaar te maak, te versier en te

verpak. Hy het net voor 04:00 die

volgende oggend die laaste van hierdie

soethappies voltooi.

Die lekkernye is almal in ’n japtrap

uitverkoop by die Pick n Pay Familiewinkel

in die Epsom Downs Winkelsentrum,

Bryanston. Die eienaar het

die supermark se kombuis aan André

beskikbaar gemaak en ook al die

bestanddele geborg.

Danksy André se wonderlike

poging is R7 102 vir die 2 Miljoen

Bybels-projek geïn. dS

www.bybelgenootskap.co.za 13


Dominee

hardloop vir Bybels

ondanks inperking

Sy planne om vanjaar vir die

eerste keer aan die Twee Oseane

Halfmarathon deel te neem het

wel platgeval maar ds Willie

Strydom het tog ’n plan gemaak

om vir Bybels te hardloop.

Die 58-jarige ds Strydom se

teleurstelling was groot toe hy sy

hardloopplanne vir die jaar in die

verte sien verdwyn weens die

Covid-19-pandemie en die staat

van inperking wat daarna in werking

gestel is. Dit was weliswaar ’n uitdagende

12 maande vir die predikant

van die Nederduitsch Hervormde

Kerk se Eikenhof-gemeente en

kranige fietsryer.

’n Geskeurde retina en meniskus

het hom twee keer op die

operasietafel laat beland.

“Na die knieoperasie besluit

ek toe dat as ek kan, wil ek uit

dankbaarheid hardloop vir die feit

dat ek tydens hierdie twee terugslae

’n Bybel kon hê waaruit ek kon lees,”

vertel ds Strydom.

Ondanks die pyn van ’n gebarste

sist in sy knie en die Twee Oseanewedloop

wat afgestel is, het ds

Strydom sy woord gestand gedoen

en op 11 April – tydens die inperking –

21,1 km op die kerkterrein gehardloop.

“Dit was geestelik baie moeiliker as

wat dit fisies was. Deur die hele proses

hardloop jy ook met God in jou gedagtes

en jy fokus ook op hoekom jy dit

doen en dit gee jou die krag om vas te

byt.”

Ds Strydom het met sy poging

R6 000 vir Bybelverspreiding ingesamel

en hy bedank almal wat hom

ondersteun het. dS

14 die saaier • winter 2020


verken die Karoo, steun Bybelsaak

DDie jaarlikse motorfietstoer wat

deur die NG Kerk gemeente Nieu-

Bethesda aangebied word, is vanjaar

ten bate van die Bybelgenootskap se

2 Miljoen Bybels-projek gehou.

Tydens die motorfietstoer wat oor

’n naweek strek, verken deelnemers

die agterpaaie en pragtige omgewing

rondom die dorpie. Die toer is in 2017

as ’n fondsinsamelingprojek vir die

instandhouding van die kerkgebou,

begin.

Toe ds Ben Fourie, een van die

Bybelgenootskap se organiserende

sekretarisse, verlede jaar tydens

Pinkster by die kerk gepreek het,

is daar besluit dat die fondse van

die 2020-toer vir Bybelverspreiding

aangewend sal word. Die toergroep

het uit 30 fietse en 50 mense bestaan.

Dit was veral ’n groep Ural-motorfietsgeesdriftiges

wat van so ver as Johannesburg,

Pretoria en Fochville gekom

het, wat die oog gevang het. Hierdie

Russiese motorfietse met syspanne

het amper net so gemaklik soos hul

tweewiel-eweknieë die 250 km van

grondpaaie trotseer.

Langs die pad is daar by plase gestop

waar die groep onthaal is en hulle

baie interessante fossiele en Santekeninge

gesien het. Die gemeente

met net 38 lidmate het al die etes vir

die naweek voorsien.

Die toer het R45 000 vir Bybels ingebring

waarvoor die kerkraad vir God

al die eer gee. dS

www.bybelgenootskap.co.za 15


Leerders dankbaar vir

geletterdheidsboekies

RRev Shane Fraser en Rev Trevor

Fester van die Bybelgenootskap het

vroeër vanjaar Bybelgebaseerde

geletterdheidsmateriaal aan die graad

1- en 2-leerders van die Freedom

Primêre Skool in Soweto oorhandig.

Een van die onderwyseresse,

Snethemba Mkhwnari, was

baie opgewonde toe sy deur die My

Bybel Doen en Leer-boekies geblaai

het en kon dadelik moontlikhede

sien hoe sy die materiaal in haar klas

kon aanwend. Hierdie boekies sal

aanvullend tot die skoolkurrikulum

gebruik word. Die onderwysers en

die leerders was baie dankbaar vir

die skenking. dS

Omega Akademie

se hart klop warm vir Bybels

DDs Ben Fourie, Organiserende Sekretaris van die Bybelgenootskap, se

onlangse besoek aan die Afrikaanse Protestantse Kerk op Kareedouw het die

plaaslike skool geïnspireer om by Bybelverspreiding betrokke te raak. Leerders

van CVO Omega Akademie het daarom besluit om ander kinders met Bybels

te seën. Die 44 leerlinge en 13 personeellede het binne twee weke R3 520,55

ingesamel. Hier is ds Hein Barnard (regs), Organiserende Sektretaris van die

Bybelgenootskap, saam met leerders en personeel van die skool. dS

16 die saaier • winter 2020


Affies ondersteun

Bybelverspreiding tydens eeufees

DDie Afrikaanse Hoër Seunskool in

Pretoria het in Maart vanjaar R61 000

vir die 2 Miljoen Bybels-projek van

die Bybelgenootskap ingesamel. Die

skool vier vanjaar sy eeufees wat

saamval met die Bybelgenootskap

se 200-jarige bestaan. Hulle leuse

‘Laat daar lig wees’, is God se

eerste woorde wat in die Bybel

opgeteken is en verwoord ook die

Bybelgenootskap se feestema in

2020, Die Bybel: Hoop vir almal. dS

Braillebybel ’n kosbare geskenk

Dit was met groot vreugde en

dankbaarheid wat Mary Egambaram

vroeër vanjaar haar Braillebybel

in ontvangs geneem het. Sy was

desperaat op soek na ’n Brailleybybel

en haar gebede is uiteindelik

verhoor toe die pastore by haar

kerk, Anthony en Faith Naidoo van

die Jesus Miracle Revival Church

in Northdale, Pietermaritzburg, die

Bybelgenootskap gekontak het om

’n Bybel vir haar te bekom. Hier is

(van links) pastoor Brian Gopaul

(Bybelgenootskap van Suid-Afrika),

me Vanie Padayachee (Genootskap

van Blindes en Dowes in KwaZulu-

Natal), me Mary Egambaramy,

pastore Faith en Anthony Naidoo

(JMR Church) en dr Elliot Sithole

(Bybelgenootskap van Suid-Afrika). dS

www.bybelgenootskap.co.za 17


Fietsryers trap weer ver vir Bybels

DDie jaarlikse Trap vir Bybels vanaf

Parys na Bloemfontein het vanjaar

weer talle fietsryers gelok wat hul

gunsteling stokperdjie tot diens van

die Bybelsaak wou stel.

Sowat 42 fietsryers van dorpe soos

Vanderbijlpark, Fochville, Vereeniging

en Randfontein het op Vrydag 21

Februarie by die AGS Sion-gemeente

in Parys aangetree vir die begin van die

roete van 330 km.

Die eerste dag se skof het op

Welkom geëindig waar nog 52 ryers by

die groep aangesluit het.

Die toer het die volgende middag

by die Bybelhuis in Bloemfontein

geeïndig.

“Ek het verlede jaar ’n ongelooflike

tyd gehad op die Bybeltrap. Vanjaar

was dit weer asof die Here vir ons die

pad oopgemaak het, met die verkeer,

die inskrywings en finansies. Dit is

ongelooflik wat die Bybelgenootskap

doen vir die verspreiding van Bybels.

Dit is ’n enorme voorreg om ten bate

van die Bybelgenootskap te kan ry,”

het Braam Smith, een van die gereelde

fietsryers, gretig vertel.

Pastoor George Thompson van die

Bybelgenootskap is die skakelpersoon

vir die Bybeltrap en het vanjaar ook

saamgetrap.

“Die Bybel is van onskatbare

waarde. ’n Boek wat vir elke mens

in ons land beskikbaar behoort te

wees. Daarom neem ek self deel om

die Trap vir Bybels-projek te ondersteun,”

het past Thompson gesê. dS

18 die saaier • winter 2020


Jaffelbak vir Bybels

loop nou al klopdisselboom

Die Jaffelbak vir Bybels-projek wat elke jaar deur die NG gemeente Parys-Oos

aangepak word, het nou al ’n instelling geword by die plaaslike gemeenskap.

Hierdie heerlike fondsinsamelingsprojek is vanjaar vir die 17de keer aangepak en

is omtrent ’n gebeurtenis om te aanskou.

Volgens Martin de Villiers, wat elke jaar die geleentheid reël, is daar gemiddeld

tussen 30 en 40 jaffelpanne wat van 07:00 tot 13:00 oor twee dae beman word.

Tydens vanjaar se jaffelbak wat in Januarie gehou is, is 4 500 jaffels gebak. Deur

die projek word daar elke jaar rondom R60 000 vir Bybelverspreiding ingesamel. dS

www.bybelgenootskap.co.za 19


Predikanteforum

vier saam fees

DTydens ’n onlangse galadinee in

Phoenix, Durban, het die Verulam

Predikanteforum ’n gedenkplaat aan

past Brian Gopaul, Organiserende

Sekretaris van die Bybelgenootskap,

oorhandig om die Bybelgenootskap se

tweede eeufees te herdenk. Die dinee

is ter ondersteuning van die 2 Miljoen

Bybels-projek aangebied. Hier is (van

links) past Desmond Moonsamy

(tesourier van die forum), past Gopaul

en past Jay Naidoo (voorsitter van die

forum). dS

Gospelkonsert help vier feesjaar

H

Hester Dorfling en Melanie Snyman van

die Bybelgenootskap se streekkantoor

in Kempton Park het gereël dat

die bekende gospelsangpaar,

Willie en Natasha Joubert, ’n

oggendkonsert doen ter viering van

die Bybelgenootskap se 200-jarige

herdenking. Die konsert wat op 29

Februarie by die Allen Park Tehuis vir

Bejaardes in Kempton Park gehou is,

was ’n groot sukses. Hier is Natasha

en Willie Joubert (tweede en derde

van links) met past Christo Maree,

Hester Dorfling, Rev Shane Fraser en

dr Gerhard Lindeque, almal van die

Bybelgenootskap. dS

20 die saaier • winter 2020


Mary Jones-stap

tydens grendeltyd

Een van die geleenthede wat vanjaar

ter viering van die Bybelgenootskap se

tweede eeufees sou plaasvind, was die

Mary Jones-stap tydens September in

Wallis.

Hierdie staptog sou die voetspore

volg van Mary Jones, ’n jong dame wie

se begeerte om ’n Bybel van haar eie te

besit so groot was dat sy sowat 44 km

gestap het van haar huis in die platteland

tot die naaste dorp, Bala, om ’n Bybel te

koop. Hierdie gebeurtenis het aanleiding

gegee tot die totstandkoming van die

eerste Bybelgenootskap — die Britse en

Buitelandse Bybelgenootskap.

Die historiese staptog moes egter

gekanselleer word toe die Covid-19-

pandemie uitgebreek het. Tog het twee

personeellede van die Bybelgenootskap,

Mims Turley (BSA200: Projekleier) en

Joos Maree (Hoof: Inligtingstegnologie)

besluit om hul tyd tydens die

inperkingsperiode te gebruik om ’n

Mary Jones-stap van hul eie te voltooi

en terselfdertyd fondse vir die

2 Miljoen Bybels-projek in te samel.

Mims het in April in haar agterplaas

die afstand van 44 km oor vyf agtereenvolgende

dae afgelê (8,8 km per

dag). Joos, ’n stapentoesias en sy vrou,

Santie, het ’n week later ook dieselfde

afstand oor vyf dae gedoen.

“Op die inligtingsbord by die roete is

daar ’n Bybelvers geskryf: ‘U woord is

die lamp wat my die weg wys, die lig op

my pad.’ (Psalm 119:105) Dit is waaroor

my agterplaasstap gegaan het, dat

mense die waarheid van hierdie vers vir

hulself moet ontdek in die Bybel, met

sy boodskap van hoop vir almal,” het

Mims gesê. dS

www.bybelgenootskap.co.za 21


Bybelgenootskap

in die kollig

DDie Bybelgenootskap se 200ste herdenking vanjaar het uiteraard daartoe gelei dat

die organisasie oor die laaste paar maande heelwat mediablootstelling geniet het.

Tydens een van die mees onlangse geleenthede het Rouchelle Liedemann met ds

Dirk Gevers, van die Bybelgenootskap, op Die Groot Ontbyt, GROOTFM 90.5 se

gewilde ontbytprogram, gesels. Ds Gevers het die kykers ondermeer vertel van die

nuwe Engelse Bybel vir Dowes, The Bible for the Deaf. dS

Gee nou

HHet jy al oorweeg om ’n bydrae te maak deur

SnapScan te gebruik?

Besoek gerus die Bybelgenootskap se webwerf

www.bybelgenootskap.co.za en klik op die Gee

nou-knoppie. Dit sal jou na ’n bladsy neem met ’n

verskeidenheid maklike maniere om jou bydrae te maak.

Vir SnapScan volg jy net die stappe op die webwerf en een, twee, drie het

jy ’n bydrae gemaak wat iemand kan help om ’n Bybel te ontvang en om

sodoende ook die lewegewende boodskap van die Woord te kan ervaar.

22 die saaier • winter 2020


Wees vry in

die Woord

• 1933/1953-vertaling

• Volledige Bybel

• Standaardgrootte

• Volkleur hardeband

• Merklint

• Bykomende materiaal

ISBN: 9780798223300

• 1983-vertaling

• Volledige Bybel

• Standaardgrootte

• Volkleur hardeband

• Merklint

• Meer as 20 volkleur bladsye

met bykomende materiaal

ISBN: 9780798223331

• 1983-vertaling

• Volledige Bybel

• Standaardgrootte

• Volkleur hardeband

• Merklint

• Meer as 20 volkleur bladsye

met bykomende materiaal

ISBN: 9780798223324

VIER 200 jaar

van Bybelwerk in Suid-Afrika


VIER 200 jaar

van Bybelwerk in Suid-Afrika

Die Here sal

jou altyddeur lei;

selfs in dor streke sal Hy

in jou behoeftes voorsien.

Hy sal jou sterk maak. Jy sal

wees soos ’n tuin met volop

water, soos ’n fontein waarvan

die water nie opdroog nie.

Jesaja 58:11

(1983-vertaling)

2 die saaier • herfs 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!