KLK Gesprek
Vol 40 - Desember 2021
Vol 40 - Desember 2021
- No tags were found...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Nuusblad van
KLK Landbou Bpk
Vol 40 • Desember 2021
KLK
Gesprek
Red weiveld met akkurate bosbeheer
BOSVERDIGTING HET OOR die afgelope 40 jaar aansienlik versnel,
mee stal as gevolg van die toename in die koolsuurgaskonsentrasie
van die atmosfeer. Dit is besig om die produksiekapasiteit van
weiding in die Noord-Kaap ernstig te verlaag en selfs te vernietig
(sien die navorsingsyfers in Tabel 1). Daar is bykans nie ’n boom of
struik in die Noord-Kaap wat nie die potensiaal het om ’n probleem
te word nie.
Tabel 1: Effek van bosdigtheid in drie veldtipes van die Noord-Kaap en Noordwes.
(Bron: Richter, Snyman & Smit, 2001)
Bosdigtheid
(bosekwivalente/ha)
Molopo-doringveld
Drakrag: ha/grootvee-eenheid
Gemengde vaalbosdoringveld
Oostelike grasen
bosveld
200 8
300 8 8
400 10 9 9
500 11 10 9
1 000 15 13 10
1 500 22 16 11
2 000 31 21 13
2 500 43 27 14
Die vraag op produsente se lippe is of dit ekonomiese sin maak om
bos te beheer. Dit kos in die omgewing van R600/ha om bosspesies
soos swarthaak en driedoring chemies te beheer.
Bereken volgens ’n beeskudde met ’n 70%-speenpersentasie, ’n speenkalfmassa
van 200 kg, ’n speenkalfprys van R30/kg en produksiekoste
van R560/koei, neem dit enigiets vanaf drie tot agt jaar om die koste
aan beheer te verhaal, afhangend natuurlik van die mate van verdigting
en die verbetering in drakrag nadat beheer toegepas is.
Willie Storm, wat in die Olifantshoek-distrik met beeste boer, kon daarin
slaag om sy plaas, Elliesrus, se drakrag vanaf 18 ha/GVE tot 7 ha/GVE
te verbeter deur die bos te beheer. Dit is egter nie waar die voordeel
opgehou het nie. Sy boerdery is aansienlik minder gevoelig vir droogte
– waar die gronddamme in die verlede elke jaar vol was, kry hulle
nou selde water omdat die veld uiters dig met gras bedek is en nie ’n
enkele druppel water weg loop nie. Dit gaan in die grond in en word vir
grasproduksie aangewend. Voorts is die kwaliteit van die beeste se weiding
soveel beter dat hy ’n baie hoë besetting van die koeie handhaaf
asook uitstekende speenkalwers produseer. Op ’n vraag of hy al ooit
spyt was dat hy die bos beheer het, is sy antwoord dat hy spyt is dat hy
nie reeds lankal daarmee begin het nie.
Sodra ’n kamp se bosse beheer is, begin dit mettertyd weer verdig.
Afhangend van die reënval, kan dit binne 15 jaar weer net so dig
wees as toe dit aanvanklik beheer is. Daarom is nasorg uiters belangrik.
Die bossaailinge is dikwels obskuur en word nie maklik raakgesien
nie. Hoe jonger die saailinge, hoe minder onkruiddoder vereis
dit om te beheer. Moet dus nie te lank wag nie. Dit is ook noodsaaklik
om ná beheer ’n goeie weidingstelsel te implementeer.
’n Laaste opmerking: Bosbeheer is ’n akkurate wetenskap. Dit is duur
en goeie beheer vereis goeie praktyke. Gebruik dus ’n adviseur
wat weet waarvan hy praat en wat by CropLife as ’n onkruidspesialis
geregistreer is.
(Dr Louis du Pisani (Ldupisani@gmail.com) is ’n onafhanklike landboukonsultant
wat konsultasiedienste en opleiding ing aanbied in vee-,
veld- en geldbestuur.)
Vir navrae en tegniese ondersteuning:
Pieter Smith
Besigheidsbestuurder: IVM
Sentraal-Suid-Afrika
Sel: +27 81 036 8643
Of skakel jou naaste KLK-tak
Dr Louis du Pisani
Onafhanklike landboukonsultant
bl4
Alles hier vir woef, kiets en maters
bl6
Nuwe voorkoms vir
Build it Kathu
bl7
Geurige lamspotjieresep
sep
2 Aan die woord... KLK Gesprek
Uit die
Raadsaal
Stephen van Huyssteen
Besturende Direkteur: KLK
Philip Naudé
Bestuurder: KLK Vleis
Marksake
2021– Uitdagend en droog
Markoorsig: Augustus tot Oktober 2021
ELKE JAAR HET sy uitdagings en geleenthede en
net soos met die lewe, glo ek dit gebeur vír jou – nie
met jou nie!
So het 2020 waardevolle lesse gebied wat ons voorberei
het om die uitdagings, geleenthede en uitkomste
in 2021 te omskep in realiteite en gebeurtenisse.
Die sewe tot agt jaar lange droogte moet sekerlik
nou na aan die einde wees en daarmee saam het die
oorspoeleffek van 2020 ’n groot impak op besighede,
mense en die omgewing in die Noord-Kaap gelaat.
Bogenoemde het ook KLK en sy bedrywe geraak
soos in die sesmaanderesultate wat einde
September bekendgestel is, gesien kan word.
Die verdienste van R29,0 miljoen vir die ses maande
geëindig 31 Augustus 2021, verbeter met 8,6%
vergeleke met die ooreenstemmende periode van die
vorige jaar. Die wesensverdienste per aandeel vir die
ses maande van 169 sent per aandeel is 8,3% beter
in vergelyking met die 156 sent per aandeel van die
ooreenstemmende periode van die vorige jaar.
Die verbeterde Groepsresultate word hoofsaaklik
toegeskryf aan die styging in winsbydraes van die
Handels- en Brandstofafdelings en die verkryging
van ’n addisionele 30%-belang in Carpe Diem Raisins.
Die impak van die pandemie en die grendelstaat
in reaksie tot die ramptoestand dra steeds by
tot ’n afname in ekonomiese aktiwiteite. Die voortslepende
droogte in die Noord-Kaap word weerspieël
in die verlangsaming van herstel in slaggetalle wat
slegs 9,1% hoër is, terwyl vleispryse ongeveer 16,1%
hoër is as in die ooreenstemmende periode van die
vorige jaar.
Carpe Diem Raisins se resultate is laer as die vorige
jaar weens die laer tonnemaat van verkope asook
die laer verkooppryse wat gerealiseer het as gevolg
van die versterking van die rand/dollar-wisselkoers.
Die laer verkoopsvolume is toeskryfbaar aan
logistieke oponthoud en vertraging met uitvoere
vanuit die Kaapse hawe weens die kuberaanval
op Transnet. Hierdie agterstand in uitvoervolume
sal gedurende die tweede sesmaandeperiode
opgevang word.
Die kontantposisie van die Groep het met R96,4 miljoen
tot ’n negatiewe R15,3 miljoen verswak vanaf
Februarie 2021. Indien die kontantposisie vir die
ses maande tot einde Augustus 2021 egter vergelyk
word met Augustus 2020 was daar ’n R35,9 miljoen
positiewe verbetering en is die balansstaat
steeds kerngesond.
Nieteenstaande die uitdagende landbou- en handelstoestande
en die negatiewe impak van die voortslepende
droogte in die provinsie wat aanleiding
gee tot ’n skerp daling in slaggetalle en dorpervelle
asook die onlangse versterking van die rand/dollarwisselkoers
wat Carpe Diem Raisins se resultate
negatief kan beïnvloed, word verwag dat die voljaarwinste
steeds bevredigend, maar laer sal wees in
vergelyking met die vorige jaar.
Mag u vrede en vreugde ervaar saam met u geliefdes
gedurende die komende Kerstyd en mag
2022 ons verwagtinge oortref.
VIR DIE PERIODE het die
groothandelsprys van A2/3-beesvleis
baie konstant verhandel tussen
R51,70/kg aan die begin Augustus
en R52,90/kg teen einde Oktober.
Die prys van C2/3-beesvleis het ’n
styging van R2,33/kg getoon oor die
drie maande – met R46,37/kg aan
die begin van Augustus en R48,70/kg
teen einde Oktober. Speenkal wers
het ’n konstante styging getoon
vanaf begin Augustus met R37,85/kg
lewendige massa tot R40,80/kg teen
einde Oktober.
Lam- en skaappryse het ’n skerp
daling getoon. A2/3-lam was
R96,91/kg begin Augustus en
R83,00/kg teen einde Oktober.
C2/3-skaap het R74,47/kg gekos
in Augustus en R67,60/kg teen
einde Oktober. Stoorlampryse
(gebaseer op merinolammers)
het ook ’n da ling getoon: vanaf
R48,33/kg lewendige massa tot
R45,50/kg einde Oktober. Die
huidige prys van dorperstoorlam is
R38/kg tot R40/kg lewendige massa.
Pitkos vir
die siel...
Vreugde tel jou op
FILIPPENSE 4:4: “Wees altyd bly in
die Here! Ek herhaal: Wees bly!”
AS ’N MENS lekker gelag
het, voel jy sommer soos ’n nuwe
mens. Navorsing het bewys dat
mense wat baie lag langer as die
suurpruime leef.
Vreugde tel ’n mens uit jou saai
bestaan uit op. Dit maak dat jy dinge
in ’n nuwe perspektief sien. Dit is
asof jy weer moed het vir die lewe
na ’n lekker stuk vreugde in jou dag.
Floris Lategan
Beesvleismarktendense
Die konstante toename in speenkalfpryse
is ’n sterk aanduiding dat die
groothandelsprys van bees vroeg in
die nuwe jaar ’n styging gaan toon.
As gevolg van goeie reën en die
voor uitsig van ’n goeie seisoen is die
beskikbaarheid van aanteeldiere uiters
laag en die pryse geweldig hoog.
Skaapvleismarktendense
Vir die periode was die slagaanbod
steeds baie laag. Ekonomiese druk het
egter veroorsaak dat hoë lampryse
onder druk bly en daar was ’n daling in
prys van ongeveer 14%. Die verwagting
is dat die aanbod vanaf November
gaan toeneem tot einde April – goeie
nuus vir die verbruiker! As die slagaanbod
van diere hoog is vir die feesseisoen
behoort die pryse nie buitensporig
hoog te wees nie. Ons dank die Vader
vir die goeie reën gedurende Oktober
en ons produsente kan met ’n glimlag
uitsien na ’n goeie seisoen.
Bronne:
RPO/Absa-prysrapporteringstelsel
Gelowige mense wat weer uitsien
na Kersfees, behoort baie daarvan
te hê. Ons dien immers die God wat
vreugde gee. Onthou waaroor jy bly
kan wees:
• Ons sondes tel nie meer nie.
• Die Heilige Gees bly in ons.
• Ons het die ewige lewe.
Ons verlede is skoongevee.
Ons hede is in die hande van die
Gees van God en ons toekoms word
deur Jesus Christus gewaarborg.
Kom ons stel ons oop vir God se
vreugde. Dit tel ’n mens op!
Nuut in Noenieput
HEINRICH HORN, BOORLING van Brits in Noordwes,
het op 1 September diens aanvaar as junior takbestuurder by die
KLK-tak in Noenieput.
Hy en sy vrou, Deona, het voorheen die Hartbeeshoek Natuurreservaat
bestuur.
Heinrich sê hy volg hier in die voetspore van legendes
en sy eerste doelwit is om dieselfde
en selfs meer as hulle in die tak te behaal.
Voor hy sowat drie jaar gelede sy kitaar
op ’n Mosambiekse spoegkobra stukkend
geslaan het, het Heinrich graag dié
instrument bespeel. Hy is ook ’n gesoute
tromspeler.
Deona is ’n plaasbestuurder in die omge wing.
Desember 2021
Maatskappynuus
Cobus groet KLK en sy mense
NA BYKANS 13 jaar as bestuurder: Menslike Hulpbronne het
Cobus Booysen KLK aan die einde van Oktober gegroet om nuwe
moontlikhede te ontgin.
Cobus sien veral uit na die menslikehulpbrononderneming wat
hy beplan om saam met twee vennote op die been te bring.
’n Hoogtepunt gedurende sy tyd by KLK is die vestiging van ’n
prosedurestelsel wat as sy nalatenskap sal dien. Daarby is die
feit dat hy bygedra het tot die finansiële sukses oor die laaste 13 jaar
en ’n groeiproses hier kon beleef verdere glanspunte in sy loopbaan.
Wat hy die meeste sal mis, is die mense van KLK
aan wie hy dié boodskap laat: “Bly die argitek
van jou eie lewe en moenie dat iemand ooit jou
kop anders programmeer en jou verander nie.”
Hy en sy vrou, Christine, het hulle reeds in
Sedgefield aan die Kaapse Suidkus gevestig waar
hulle vir die eerste keer in jare naby hul seun en
dogter is wat in die omgewing woon. Daar
is boonop die blye afwagting van ’n eerste
kleinkind.
KLK wens Cobus en Christine alles van
die beste toe.
3
Madré nou in Kenhardt
MADRÉ BLAAUW, WAT die afgelope drie jaar
bestuurder by die Noenieput-tak was, is op 1 Oktober
na die Kenhardt-tak oorgeplaas.
Haar eerste doelwit is om Kenhardt tak se fokus op uitnemende
kliëntediense te plaas.
Wanneer sy tyd kry, lees Madré graag
rillers en moordverhale. “Wanneer
’n verhaal my boei, lees ek maklik
dwarsdeur die nag,” lag sy. Haar
gunstelingskrywers sluit Deon
Meyer, Rudie van Rensburg en
Peet Venter in.
Sy is die ma van twee seuns en ’n
dogter. Haar een seun hou skool
in China, die ander werk in
Upington en haar dogter
studeer tans onderwys.
Elries: ’n man met passie
’N MAN MET ’n passie vir mense en sy werk. Dit is hoe
Elries Fortuin, nuut aangestelde menslikehulpbronbestuurder,
homself beskryf.
Elries is ’n boorling van Grootdrink wat sy skooljare in Grabouw
deurgebring en aan die destydse Skiereiland Technikon studeer het.
Sy loopbaan is kleurryk – hy het onder meer by ’n vrugtepakhuis,
sementmaatskappy, saagmeule e en wynplaas gewerk én sy eie
konsultasiepraktyk bestuur. Elries wil eers sy voete
in die vele fasette van KLK vind, maar dink
reeds daaraan om ’n talentpyplyn yn vir die
maatskappy te ontwikkel.
Hy is gek oor die Noord-Kaap en vertel dat
hy sedert hy begin werk het, elke jaar ’n
week in Grootdrink deurgebring het. Fiksheid
en gesondheid is vir hom belangrik en hy draf
graag oor naweke.
Elries het ’n dogter (14) en seun
(12) wat hulle in 2022 by hom in
Upington gaan aansluit.
NAVARA-ENKELKAJUIT HIER!
UITEINDELIK NA ’N baie lang wag, het die
Nissan Navara-enkelkajuit sy opwagting gemaak.
Wat ’n aangename verrassing!
U word uitgenooi om die nuwe
toevoeging tot die Nissan-stal te kom
besigtig en toetsbestuur. Kom ervaar self
die rygerief en die krag van dié nuwe
bakkie. Verskeie modelle is beskikbaar –
vanaf werkesel tot iets baie luuks. Die
beste waarborg en diensplan in die mark
is by die prys ingesluit.
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
4 Omgewingsake KLK Gesprek
La Niña weer op pad
DIE LANGTERMYN- GEMID-
DELDE reënval vir die Noord-Kaap is
die laagste van al die provinsies in Suid-
Afrika met ’n jaarlikse gemiddelde reënval
van ongeveer 230 mm.
Dit varieer tussen so 420 mm in die ooste
tot minder as 100 mm in die Richtersveld
en omliggende gedeeltes. Ongelukkig
beteken ’n lae reënval ook baie groot wisselvalligheid
van reënval.
Een van die belangrikste faktore wat die
wisselvalligheid van reënval oor Suidelike
Afrika (veral die westelike dele van
Suid-Afrika) veroorsaak, is die sogenaamde
ENSO-verskynsel, met die twee
komponente van El Niño en La Niña. In
omtrent 50% van seisoene (1 Julie tot
30 Junie) kom nie een van die twee voor
nie en is die see-oppervlaktemperature in
die sentrale Stille Oseaan baie naby aan
die langtermyn- gemiddelde temperatuur
(ENSO-neutrale seisoene). Dit is omtrent
net in sterk La Niña-seisoene (koeler water
in die sentrale Stille Oseaan) dat die verre
westelike dele van die land bogemiddelde
reënval kry. Tydens El Niño-seisoene en in
die meeste ENSO-neutrale seisoene kom
swakker reënvaltoestande voor. Die oorwig
van seisoene is dus redelik droog, maar in
ongeveer 25% tot 30% van seisoene (sterk
La Niña-verskynsels) kom ver bogemiddelde
reënval voor, veral in die periode
vanaf Desember tot Maart. Gedurende
die sterk La Niña van 1973/1974 het die
Noord-Kaap ongeveer 506 mm (220%)
gekry en in 1975/1976 ongeveer 477 mm
(207%) – meer as dubbel die langtermyngemiddeld.
In 2020/2021 het die matige
La Niña-verskynsel reeds vroeg in Februarie
begin verswak met gevolglike swak reënvaltoestande
in die suidwestelike dele.
Daar was vanaf Julie vanjaar aanduidings
van die ontwikkeling van ’n swakkerige
La Niña-verskynsel. Vanaf begin Oktober
het die voorspelde intensiteit egter versterk
en word ’n matige La Niña verwag, soortgelyk
of effens sterker as in 2020/2021.
Johan van den Berg
Onafhanklike landbouweerkundige
Dit lyk egter asof die draaipunt nie weer
in begin Desember bereik gaan word nie,
maar eers rondom Januarie, wat positief is
vir reënval.
Die reënvalvooruitskouing vir die somer van
2021/2022 gee ’n goeie kans vir gemiddelde
tot bogemiddelde reënval oor ten
minste die sentrale tot oostelike dele van
die Noord-Kaap. Dit bly steeds onseker oor
die westelike en suidwestelike dele, maar
die vooruitsig dat die draaipunt van La Niña
eers in Januarie bereik gaan word, maak
die kanse groter vir reënval in dié dele.
Dit is egter nie goeie nuus vir die druiween
rosyntjieprodusente nie, aangesien reën
alreeds in November en Desember kan
begin voorkom. Vir veeprodusente lyk die
vooruitsigte egter redelik goed, behalwe
in die suidwestelike dele waar daar nog
heelwat onsekerheid is.
Alles hier vir
woef, kiets en maters
HET JY ’N hond, hamster, kat, konyn of kanarie? Dan is die nuwe KLK Pet
World in Kathu ’n plek wat jy moet besoek.
Pet World het op 1 Junie in Rietbokstraat geopen en is ’n ware
paradys vir troeteldiereienaars. Benewens kos vir honde (Optimizer
en Montego), katte, konyne, visse asook wilde en kouvoëls, is daar ’n
uitgebreide reeks medisyne vir troeteldiere en perde. Die tak hou verder
troeteldierversorgingsprodukte, hokke, leibande, kosbakke en veel meer aan.
Enigiets wat nie in voorraad is nie, sal die bekwame span graag bestel. “Ons
sal daarna soek tot ons dit vir die klant in die hande kry,” sê Gerhard Smit,
bestuurder van Build it en Pet World.
Klante wat Pet World reeds besoek het, is besonder beïndruk, vertel Gerhard.
Die winkel is weeksdae van 7:30 tot 17:00 en Saterdae van 8:00 tot 13:00 oop
om inwoners van Kathu en omliggende dorpe met raad en daad by te staan.
E-afval nou wêreldwyd
’n groot probleem!
DIE 14DE OKTOBER was Internasionale E-afval
dag – en blootstelling vir hierdie probleem is baie
nodig. E-afval is die af valprobleem wat wêreldwyd die
vinnigste groei: Volgens die Verenigde Nasies sal elke
persoon op die planeet teen einde 2021 gemiddeld
7,6 kg e-afval produseer, wat beteken dat 57,4 miljoen
ton wêreldwyd gegenereer sal word.
KLK het ’n oplossing vir jou e-afvalverwydering in die
Noord-Kaap, gegewe die talle skadelike gevolge wat
verband hou met die onbehoorlike behandeling en
verwydering van e-afval.
E-afval se potensieel giftige of skadelike komponente,
wat dit ’n uiters gevaarlike afval maak, beïnvloed die
gesondheid van mense, luggehalte, die omgewing,
watergehalte sowel as gronddrakrag en -potensiaal.
Die KLK-inisiatief is al ’n paar jaar besig om e-afval
op die regte manier te verwyder, maar ons moet almal
ons deel doen om ’n volhoubare toekoms te skep.
KLK bied unieke groen asblikke by alle handelstakke
sowel as vulstasies en ’n groot houer vir die wegdoen
van e-afval by die Upington-handelstak.
Doen vandag jou deel! Kontak gerus vir Roan of Pierre
vir meer inligting by 054 337 6200.
Wingerdakademie vorder fluks
WERK BY DIE eiesoortige wingerdakademie
en modelplaas in die Kakamasomgewing
waaroor KLK Gesprek in die
vorige uitgawe berig het, is in volle swang.
Deur dié projek het Raisins SA hande met
Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO)
gevat met die doel om bedryfsnavorsing in
wingerdvrugte-aktiwiteite, wat tafel-, wynen
rosyntjiedruiwe insluit, te ondersteun.
Bekkie van Aarde, inligtings- en kommunikasiebestuurder
by Raisins SA, sê hulle
het in die kort tyd sedert die vorige berig
omtrent gewoeker. “KLK, wat een van ons
vennote in die projek is, het 1 ha se materiaal
geskenk vir die vestiging van ’n nuwe
kapitale blokwingerd. Die grond is voorberei,
pale is geplant en op 9 September
is die Selma Pete-stokke geplant.”
“Die blok wat gevestig is, gaan ook
gebruik word om onderstok-evaluasies te
doen. Verskillende onderstokke is dus in
die een blok geplant.”
Raisins SA het reeds agt opleidingsessies
vir die landbouleerders by HMO
aangebied. Die onderwerpe wat behandel
is, sluit gradering, markintelligensie,
bemesting, grondvoorbereiding en snoei
in. Die 6M-beginsels is ook deurgewerk;
dit sluit al die basiese bestuursbeginsels
in. Elke leerder wat die sessies bygewoon
het, ontvang ’n sertifikaat van Raisins SA
wat as ’n byvoeging tot hulle kursus gesien
kan word.
Volgens Bekkie is Raisins SA opgewonde
oor die oes op hande en sien hulle uit na
die uitdaging wat voorlê.
Desember 2021
Aktueel
Kleuterskole
trek voordeel
DIE TWEE KLEUTERSKOLE in die
Rosedale-woonbuurt in Upington wat KLK
ondersteun het deur boumateriaal te skenk,
is nou reeds funksioneel en sien om na onderskeidelik
36 en 23 kinders.
Christel Strauss van Leer en Leef is die dryfveer
agter die projek en KLK sien dit as ’n
eer om te kon deel in die groei en verbetering
van hierdie twee skole. Die boumateriaal
is aangewend om ekstra klaskamers en ’n
kombuis aan te bou.
5
KLK-aandele
VANAF 1 TOT 31 Augustus 2021 het
KLK Landbou ’n totaal van 32 091 aandele
van 5 aandeelhouers teruggekoop teen
R20,00 per aandeel.
Geen aandele het gedurende September 2021
verhandel nie.
Iets vir elkeen by KLK Auto
KLK AUTO IS reeds ’n ou bekende in Upington wanneer dit by die koop en verkoop
van gebruikte voertuie kom.
Bestuurder Japie Zaayman sê hulle het ’n wye verskeidenheid modelle en jaarmodelle
motors en bakkies beskikbaar. “Op enige gegewe tydstip het ons sowat 45 voertuie in
ons verkooplokaal.” Japie en sy bekwame span sal ook na ’n klant se droomvoertuig soek
tot hulle dit vind. KLK Auto help kopers met die lisensiëring en registrasie van voertuie
asook die reël van finansiering en versekering.
Besoek hulle op weeksdae van 7:30 tot 17:30 en op ’n Saterdag van 9:00 tot 12:00 by
hul perseel in Schroderstraat.
’n Totaal van 5 359 aandele, van 5 aan
deelhouers, is gedurende Oktober 2021
deur KLK Landbou teen R20,00 per aandeel
teruggekoop.
Prys per aandeel (sent)
2 100
2 000
1 900
1 800
1 700
1 600
1 500
1 400
1 300
1 200
1 100
1 000
900
800
700
600
500
2 000
32 091
2 000
5 359
64 000
32 000
16 000
8 000
4 000
2 000
1 000
500
Augustus 2021 September 2021 Oktober 2021
Maand
Volume verhandel (’000) Prys per aandeel (sent)
Volume verhandel (’000)
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
6 Aktueel
KLK Gesprek
HANTEER VERANDERING SÓ
Elries Fortuin
Bestuurder: Menslike Hulpbronne
VERANDERING IS MOEILIK,
maar onvermydelik. Ons leef in tye van
voortdurende verandering en ons aanpasbaarheid
– of ons vermoë om aan te pas
– is absoluut belangrik. Verandering vind
plaas op elke vlak van die samelewing: in ons
familie, verhoudinge en ook in die werksplek.
Alhoewel verandering vrees en onsekerheid
inboesem, is dit noodsaaklik indien ons wil
hê besighede en organisasies moet oorleef
en floreer in hierdie onseker tye. Daarom
moet ons leer om vrees te oorkom en die
veranderinge wat voorlê aan te gryp. Dit
is natuurlik makliker gesê as gedaan. Die
vraag is hoekom ons soveel weerstand teen
enige vorm van verandering bied.
Neurowetenskaplike navorsing het bewys
dat mense sekerheid verkies omdat dit
duidelikheid en voorspelbaarheid meebring
en aan ons ’n gevoel van beheer
gee. Daarteenoor aktiveer verandering
dikwels ’n gevoel van bedreiging. Wanneer
ons bedreig voel, bring dit onsekerheid
en vrees en die natuurlike reaksie is om
die verandering te probeer verhoed of jou
daarteen te verset. Die kragtige uitwerking
wat dít op ons liggaam en emosies het,
word “stres” genoem.
Een van die grootste lewenstressors wat ons
kan ervaar, is veranderinge by die werk.
Ons spandeer die meeste van ons tyd
daar – studies toon dat ons tussen 70% en
80% van ons tyd by die werk deurbring.
Verandering by die werk is dus ’n wesenlike
stressor wat ons kan ervaar. Die toestand
van onsekerheid waarin dit ons dompel,
kan beperkend wees omdat jou gedagtes
breinkrag (energie) verbruik wat die geheue
kan verswak, prestasie kan ondermyn en
kan veroorsaak dat jy nie ten volle teenwoordig
is nie.
Dit is natuurlik heeltemal normaal om vrees
en onrustigheid tydens enige vorm van verandering
te ervaar, maar dit is ongesond om
onbehulpsame reaksies soos veg of vlug te
vertoon of ’n negatiewe houding te ervaar
en te wys deur wat ons doen of sê.
Volwasse en gedrewe werknemers besef dat
hulle gewaarwordinge (oor hoeveel beheer
en invloed hulle oor die verandering het) die
sleutel is waarmee hulle vrees vir verandering
kan bestuur.
Daarom soek hulle voortdurend na aanpassingsmoontlikhede
wat hulle in staat sal stel
om te floreer in ’n veranderende omgewing.
Ek deel graag ’n paar wenke oor
hoe om jou vrees vir verandering by
die werk te oorkom:
1. Erken die verandering. Dit is die eerste
stap om dit te bestuur.
2. Kyk jou vrees in die oë. Bly objektief.
Dit mag dalk help om jou vrese te verwoord
deur dit neer te skryf.
3. Konfronteer jou gevoelens en soek
ondersteuning, veral as die verandering
buite jou beheer is – wat dit in die
meeste gevalle is. Jy hoef nie soos ’n
slagoffer op te tree nie. Aanvaar jou
gevoelens: Reik uit na jou lewensmaat,
geliefdes en kollegas met wie jy naby
verhoudings het en gesels oor jou
gevoelens. Dis terapeuties en bring ’n
gevoel van kalmte in stede van vrees.
4. Bly positief en vervang die vreesaanjaende
gedagtes met positiewe gedagtes.
Vrees kan voortspruit uit negatiewe
gedagtes en scenario’s in jou
kop oor wat die toekoms dalk inhou.
5. Wees buigsaam en omarm die uitdagings
in plaas daarvan om weg te kruip
vir jou vrees en skanse op te rig. Benader
verandering met ’n oop gemoed en
houding. Wys dat jy bereid is om te leer,
selfs al hou jy nie van iets nuuts in die
stelsel nie. As jy buigsaamheid en aanpasbaarheid
toon, sal mense met jou wil
saamwerk en het jy ’n groter kans om
die verandering suksesvol te hanteer.
6. Wees deel van die verandering en neem
’n houding van afwagting en opgewondenheid
aan. Sien verandering as ’n
geleentheid en raak betrokke. Op dié
manier bemagtig jy jouself en voel jy
minder bang.
7. Kommunikeer, kommunikeer, kommunikeer.
Dit is deurslaggewend. Enige
kommunikasiegapings kan onmiddellik
gevul word deur gerugte en spekulasie
wat net groter vrees en onsekerheid
inboesem. Indien ons effektief oor ons
vrese met ons bestuurders en kollegas
kan kommunikeer, sal angstigheid beter
hanteer word.
Die enigste konstante in die lewe is verandering.
COVID het ons met nuwe oë na die
lewe en die kortstondigheid daarvan laat
kyk. Alhoewel vrees, onsekerheid en angstigheid
normale emosies is, het ons op ’n
manier tog geleer om onsself te forseer om
anders te dink. Dis belangrik om te besef
dat verandering onvermydelik is vir alle organisasies
en daarom is dit noodsaaklik dat
ons almal leer hoe om dit te hanteer en om
ons vrees te oorkom. As ons verandering
met die korrekte gesindheid benader, sal
ons vind dat dit nie net negatief is nie, maar
dat dit geleenthede vir groei bring.
Nuwe voorkoms vir Build it Kathu
BUILD IT IN Kathu spog sedert 27 Augustus met ’n
splinternuwe baadjie.
Takbestuurder Gerhard Smit sê daar is nou meer rakspasie in die winkel
wat beteken dat hulle voorraad met sowat 30% uitgebrei is.
Die verfafdeling met handelsmerke soos Dulux, Medal en Duram
is vergroot en daar is ook ’n nuwe vertoonlokaal vir ligte
en badkamerware.
Gerhard en sy bekwame span bied steeds dieselfde topklasdiens en
nooi nuwe en bestaande klante om hulle by die tak in Rietbokstraat
te besoek. Hulle is weeksdae van 7:30 tot 17:00 en elke Saterdag
van 8:00 tot 13:00 oop.
PROBIOTIKA VIR
KALWERS EN LAMMERS
DIERE GROEI DEUR die vertering van plantproteïene. Indien
vertering nie optimaal funksioneer nie, word groei vertraag,
weerstand verlaag en diere word siek.
Stres is die hoofoorsaak dat verteringsorganismes verminder. Sodra
stres plaasvind, skop die dier se “veg-of-vlug”-reaksie in en hierdie
energie word gekanaliseer na die spiere.
Opportunistiese organismes kan nou vermeerder en siekte
veroorsaak. Bloednier is ’n klassieke voorbeeld.
Biosin, ’n vloeibare Lactobacillus-kultuur, kan help tydens stresvolle
tye soos met voerkraal- of weidingsaanpassings; speentyd en
diarree verwant aan sekere patogene E. Coli-stamme; koksidiose en
moontlik Cryptosporidium.
Die breëspektrum- anaerobiese
mikroörganismes is aangepas om die
dier se strestoestande te oorleef. Dit
word verskaf in ’n selfaanmaakpakket
wat die boer twee dae voor gebruik
self volgens voorskrif aanmaak.
Kontak Biorem by 0861 246 737
of biorem@biorem.co.za vir 24/7-
tegniese ondersteuning.
Facebook: Biorem Noordelike streek;
Sentrale streek of Suidelike streek.
WEN!
Drie gelukkige KLK Gesprek-lesers het die geleentheid
om elk 1 liter Biosin te wen deur die volgende vraag
korrek te beantwoord: Wat is die hoofoorsaak dat
verteringsorganismes verminder? Stuur jou antwoord
per SMS na 49711, per e-pos na Jorine Viviers by
jorine@klk.co.za of per WhatsApp na 054 337 6200.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2022
Reëls
Werknemers van die KLK-groep
mag nie aan die kompetisie deelneem
nie. • Slegs een inskrywing per persoon.
• Die wenner sal telefonies in
kennis gestel word en in die volgende
KLK Gesprek bekendgemaak word.
• Die prys sal na die naaste KLKhandels
tak gestuur word en kan daar
afgehaal word. • Die prys kan nie vir
kontant omgeruil word nie.
Baie geluk
aan die wenner
van die bergfiets,
Driekie Sass van
Brandvlei (regs), hier saam met
John Eygelaar, takbestuur der:
Brandvleitak (links).
Die wenners van die
drie gloeilampe is
Dawie en Retha
Thirion en Angela
Ellis (regs) van
Keimoes.
Desember 2021
Aktueel
Geurige lamspotjieresep
ONS NADER DIE tyd vir families om saam te kuier en wat is
nou lekkerder as ’n geurige lamspotjie met kluitjies?
Besoek enige van KLK se takke as jy nog nie in ’n lekker swartpot belê
het nie – en probeer gerus hierdie heerlike resep!
LAMSPOT:
(6 - 8 porsies)
60 ml olyfolie
6 knoffelhuisies, gekap
1,2 kg kort lamskenkels
500 g baba-uie, geskil
60 ml tamatiepasta
30 ml fyn koljander
20 ml komynsade
10 ml paprika
METODE:
Verhit olyfolie in swartpot. Voeg knoffel en lam by. Braai vinnig
tot goudbruin, sowat 5 - 8 minute.
Voeg uie en tamatiepasta by. Braai vir nog 5 minute. Voeg
koljander, komyn, paprika en roosmaryn ook by en braai vir
2 minute.
Voeg tamaties en wyn by. Sit deksel op en laat stadig prut vir
sowat 90 minute. Voeg nog water by indien vloeistof begin
wegkook. Voeg aartappels en wortels by.
Laat weer stadig prut vir sowat 30 - 45 minute of tot aartappels
sag is.
Geur met sout en swartpeper. Maak kluitjies só: Vryf botter en
meel met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Voeg genoeg water by sodat ’n stywe deeg vorm. Haal deksel van
pot af en skep lepels vol deeg bo-op op bredie.
Sit deksel terug en laat stoom
vir sowat 30 minute tot kluitjies
gaar is. Sit voor.
Bron: Sarie Kos
7
30 ml droë roosmaryn
2 x 400 g-blik kersietamaties
500 ml rooiwyn
400 g baba-aartappels
400 g babawortels
sout en varsgemaalde swartpeper
KLUITJIES:
125 ml botter
140 g (250 ml) bruismeel
200 ml water
is ’n nuusblad wat vier keer
per jaar namens KLK deur
saamgestel en uitgegee word.
NAMENS KLK LANDBOU BPK
Jorine Viviers *
054 337 6202 • jorine@klk.co.za
* Vir navrae oor die verspreiding van
, of adreswysigings,
kontak vir Jorine Viviers.
REDAKSIE
Jadine van Heerden
018 468 2716
Johan Smit
018 468 2716
BLADUITLEG EN DRUK
Infoworks
(uitlegkunstenaar: Ezbé van Wyk)
018 468 2716
your ideas can fly
Jou Vennoot Betroubaar Innoverend
8 Omgewingsake
Agtpotiges – onbemin en misverstaan
SPINNEKOPPE HET SEKERLIK min aanhangers! Trouens,
vir die meeste mense is hulle vreesaanjaend. Ons assosieer hulle met
“byt” en “giftig wees”. Tog tel hulle onder die interessantste wesens
waarmee ons hierdie planeet deel.
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,
’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,
stuur ’n e-pos na
Dit word van kleins af by ons ingeprent om spinnekoppe te vermy,
aangesien hulle byt en giftig is. As predatore, het feitlik alle spinnekoppe
gif in een of ander vorm as deel van hulle prooivanggereedskap
en in sommige gevalle om vyande af te skrik. Hoe giftig is
spinnekoppe egter werklik vir die mens en hoe ’n groot gevaar hou
hulle in? Die antwoord op albei vrae is – met enkele uitsonderings
– nie baie nie of selfs glad nie.
Kom ons kyk eers na dié wat werklik giftig en dus gevaarlik is. Onder
die nagenoeg 2 020 spinnekopsoorte in Suid-Afrika is daar net een
familie waarvan die byt medies relevant is en ten alle tye waarneming
en behandeling vereis. Dit is die sogenaamde knopiespinnekoppe
(genus Latrodectus) waarvan daar ’n tiental soorte reg oor Suid-Afrika
voorkom. Hulle is almal oorwegend swart en die meeste het een of
ander rooi of oranje kolletjie op die bokant van hulle lyf. Party is so
klein (2 mm in lengte) dat hulle ten spyte van hul gevaarlike gif, nie
werklik ’n gevaar inhou nie omdat hulle monddele te klein is om deur
’n mens se vel te byt. Van die groter soorte (tot 16 mm in lengte) moet
egter versigtig hanteer word. Die gif is neurotoksies en affekteer die
hart en asemhalingstelsel. Wanneer vermoed word iemand is deur ’n
knopiespinnekop gebyt, is positiewe identifikasie belangrik en moet
die “byter” verkieslik gevang en saamgeneem word wanneer daar vir
behandeling gegaan word. Teengif is beskikbaar en moet soms toegedien
word. Bevestigde sterftes is feitlik onbekend, maar dit is beter
om versigtig te wees.
’n Spinnekop besig om ’n mot te vreet.
Enkele ander spinnekopgroepe – veral die sogenaamde sak- en vioolspinnekoppe
– het gif wat sitotoksies is en nekrose rondom die bytplek
kan veroorsaak. Dit varieer in omvang en vereis soms mediese
behandeling. Die oorgrote meerderheid van spinnekoppe hou egter
’n Tuinwawielwebspinnekop. Versamelnes-spinnekoppe woon saam in
’n enkele nes.
geen gevaar in nie. In plaas daarvan om op hulle beweerde gevaarlikheid
te fokus, moet ons hulle eerder bewonder vir hulle variasie in vorm
en lewensgewoontes, ongelooflike aanpasbaarheid en die nuttige rol
wat hulle in die natuur speel.
Sekerlik die uniekste aspek van spinnekoppe is hul vermoë om sydrade
te maak. Spinnekopsy is merkwaardig en is van die sterkste vesels, natuurlik
of mensgemaak, waarvan ons weet.’n Spinnekopsydraad sal na
bewering vyf maal sterker wees as ’n staaldraad van dieselfde gewig. Dit
kan twee tot vier maal sy lengte rek sonder om te breek en weerstaan uiters
lae temperature. Dit is waterweerstandig en word ook nie soos baie
ander natuurlike vesels deur bakterieë of fungi vernietig nie. ’n Mens
sou eintlik kon sê spinnekopsy is nie afbreekbaar (degradable) nie.
Spinnekoppe gebruik hulle sydrade op verskillende maniere. Die
be kend ste en opvallendste is seker die pragtige en ingewikkelde webbe
wat sommige spinnekoppe spin om hul prooi in te vang. Om die vangproses
te vergemaklik, word van die drade met taai gomballetjies bedek
wat die prooi vasvang. Die spinnekop kan homself natuurlik ook hierin
vang en daarom word van die drade van die web skoon gelaat waarlangs
die spinnekop kan beweeg. Dit is veral vlieënde prooi wat gevang
word – van die webbe is so sterk dat dit klein voëltjies kan vang!
Nie alle spinnekoppe spin webbe nie. Trouens, die meerderheid doen
dit waarskynlik nie en leef byvoorbeeld onder die grond, onder klippe,
onder boombas of blare en selfs in blomme. Hulle gebruik nietemin
hulle sy om prooi toe te spin (en dus te immobiliseer nadat hulle verlam
is met ’n gifbyt) of om hul eiersakkies te spin. Sydrade word ook gebruik
om hulself mee te verplaas deur met ’n enkeldraad in die wind te swaai
of as rigtingaanwyser of ontsnaproete as hulle dit neerlê en dan gebruik
om weer vinnig terug te kom by hulle nes of skuilplek.
’n Spinnerak met glinsterende
druppels na ’n reënbui.
Die delikate en aanskoulike web van
een van die wawielwebspinnekoppe.
Suid-Afrika het ’n groot verskeidenheid spinnekoppe wat aansienlik
varieer in grootte, bouvorm en lewenswyse. Terloops, spinnekoppe is
die een dierefamilie waar die manlike geslag goed tweede kom. Mannetjiespinnekoppe
is oor die algemeen heelwat kleiner as die wyfie.
Hulle grootste uitdaging wanneer hulle wyfies nader om te paar, is om
te keer dat hulle nie as prooi aangesien en opgeëet word nie. Hoe
oortuig hy die wyfie dat hy met goeie (seksuele) bedoelings kom en
homself nie as prooi aanbied nie? Hiervoor is ingewikkelde “dans”-rituele
ontwikkel wat die mannetjie uitvoer om die wyfie se toenadering
te probeer ver werf! Soms werk dit ook nie en na paring moet mannetjies
hulle gewoonlik vinnig uit die voete maak om nie onmiddellik
sommer opgevreet te word nie. Praat van opofferings maak vir seks!