02.05.2013 Views

porcus - sappo

porcus - sappo

porcus - sappo

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

12

Die perfekte

storm

Die storm wat ons varkbedryf die

afgelope tyd bekruip het, is nog in

volle dramatiese swang. Dit is asof

alles meteens bymekaargekom het:

• ‘n Knap binnelandse mielievoorraad.

• Die droogte wat die VSA, asook lande

soos Argentinië getref het, wat nie net

mielies nie, maar ook sojapryse die

hoogte in laat skiet het.

• Onbeheersde uitbreiding in die plaaslike

pluimveebedryf.

• Die bo-normale beskikbaarheid van

vleis weens die ongekende verbetering

in varkvleisprodusente se reproen

produksieparameters, sowel as die

bemarking van swaarder karkasse.

• Roekelose vleisinvoere, asook

die dreigende storting van beesvleiskarkasse

vanaf Botswana.

• Sprake dat die Europese Unie kan

ontbind weens die bankrotskap van

verskeie lede.

• Amerika wat meer as sestien triljoen

dollar skuld, by verre die hoogste skuld

van enige land in wêreldgeskiedenis.

• ‘n Dalende groeikoers in Sjina, wat

vir die afgelope vyf jaar ongekende

opwaarste groei getoon het.

• Plaaslike verbruikers wat sukkel met

ongewone elektrisiteit-, brandstof- en

loopfoonuitgawes, derhalwe het hulle

min oor om op kos te spandeer.

Waarheen nou?

Daar is geen twyfel dat baie varkvleis-

produsente, nie net in Suid Afrika nie,

maar in baie ander lande, die wind van

voor ervaar. Ouer en kleiner produsente

is reg om die handdoek in te gooi. Dit is

ironies dat die likwidasie van kuddes tot

‘n korttermynoorvloed mag lei, wat die

mark nog verder onder druk kan plaas

en dan weer in agt tot tien maande van

nou af tot ernstige tekorte mag lei. Die

hoogste pieke en laagste trôe van varkvleispryse

is en bly te wisselvallig en te

wispelturig. Produsente wat die aanslag

sal kan weerstaan, sal weer soos in die

verlede, die vrugte van hulle geduld kan

pluk.

Produsente is weer besig om na

elke uitgawe te kyk en te besin. Daar is

basies twee belangrike aspekte om te

onthou:

1. Om plaasproduksie optimaal te benut,

en

2. Om maniere te ontdek en te implementeer,

om die uitermatige hoë

voerkostes te verminder.

Plaasproduksie

• Word alle beskikbare geboue op jou

boerdery ten volle reg benut?

• Het elke vertrek plafonne en word die

korrekte temperature vir elke fase van

produksie gehandhaaf?

• Het ‘n konsultant of kundige jou onlangs

besoek en is elke faset van die

produksieketting ondersoek?

• Hoe lyk jou soguitskotbeleid en wat

Dr Pieter Grimbeek, MooiVet

is die kudde se pariteitstruktuur?

• Word voervermorsing beperk?

• Is die regte genetika aangekoop?

• Is daar ‘n duidelike jongsoggievervangingsbeleid

met die nodige

strukture en geboue en personeel

wat dit verstaan? Daar is geen rede

dat eerstepariteitsôe nie syfers van

meer as 11 lewendig gebore en ‘n

jongingstempo van meer as 90% kan

handhaaf nie.

• Word die personeel gereeld opgelei,

gemotiveer en getoets? Bereik hulle

die standaarde wat jy van hulle

verwag? Word konsultante gedurig

uitgedaag om nuwe idees en kundigheid

plaas toe te bring?

Wanneer ons na die huidige voeruitgawes

kyk, dan snak ons na ons

asems. Voerpryse het geweldig gestyg,

iets wat enige produsent ongemaklik

laat voel. Hierdie voerprysstygings lei

daartoe dat baie min produsente tans

positiewe marges toon. Die kleiner

produsent, en veral die opkomende

produsente wat uit die sak uit moet

produseer, het amper geen kans teen

die gevestigde tuismengers nie en selfs

die beste van laasgenoemde produseer

teen gelykbreekscenarios.

• In Suid-Afrika is daar min (geen)

vervanging vir mielies as ‘n energiebron

nie. Van tyd tot tyd kan voergraadkoring

en soet graansorghum

ten volle of ‘n gedeelte van die mieliekomponent

van ‘n dieet vervang,

Porcus Oktober/November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!