GOD’S CORNER: Hoekom Bybel lees Hoekom die Bybel lees as ek niks verstaan of, as ek verstaan, nie onthou wat ek gelees het nie? ‘n Storie van ‘n Oupa wat iewers in die berge gebly het met sy kleinseun. Die knaap het ‘n baie hoë agng gehad vir sy Oupa, en soos dit maar gaan, het hy probeer naboots wat Oupa doen. Oupa se gewoonte was om elke oggend, dou voor dag op te staan, die ou koolstoof aan die brand te kry, en dan vat hy sy ou gehawende Bybel en gaan sit in die lekker warm Adversing artwork may be supplied set out to our guidelines. Adverts designed by us may not be used in other publicaons, unless permission is given. Our Rates exclude any Agency Commission. Advert: Full Page - Double Page Spread R2300 Advert: Full Page - Back Cover R2100 Advert: Full Page - Inside Front & Back R1800 Advert: Full Page - Standard R1300 Advert: Half Page R770 Advert: Quarter Page R440 Review: Double Page R1300 Review: Full Page R770 Review: Half Page R440 Editorial: Full Page R770 Advert Design R400 (14% VAT not charged unl we are VAT registered) Editorial with Advert FREE What’s on Calendar FREE DEADLINE: Last Wednesday of the month ARTWORK: Call to confirm artwork specs CONTACT: Hein Jonker EMAIL: hein@biketalk.co.za TEL: 031 903 8240 / 083 793 7975 kombuis by die tafel en lees uit die Bybel. Die kleinseun het Oupa dopgehou, en ook sy Bybel gaan haal, en net soos Oupa soggens by die kombuistafel gaan sit en lees daaruit. Maar iets het die knapie baie gepla: “Oupa, ek weet nou nie so mooi nie”, sê hy een oggend, “ek probeer ook die Bybel lees soos Oupa, maar ek verstaan nie wat ek lees nie. En as ek die slag verstaan, dan waai dit by my ore uit, en netnou het ek alweer alles vergeet wat ek gelees het. Oupa, is dit ooit die moeite werd om nog uit die Bybel te lees? Ek meen - wat is nou die nut daarvan as ek tóg alles vergeet?” Oupa het diep gedink, en toe sien hy ‘n leë steenkoolsak, al pikswart gevlek van die roet, lê langs die stoof. “Boee, gaan haal vir Oupa ‘n sak vol water in die stroompie hier onder, vra hy die seun. Greg om Oupa te beindruk, spring die knaap daar weg met sy goiingsak, en laat vat af stroompie toe. Dis harde werk om die sak vol te kry, maar hy byt vas, en met die sak oor sy skouer hardloop hy terug huistoe na Oupa wat sukkel om nie uit te bars van die lag nie. Natuurlik was die sak dolleeg gelek teen die tyd dat hy by Oupa aankom. “Ai man!”, sug Oupa, “Jy sal maar weer moet gaan probeer jong!”, en daarmee suiker die knaap weer af riviertjie toe met sy sak. Hierdie slag hardloop die outjie terug met sy sak water so vinnig as wat sy beentjies hom kan dra, maar steeds is dit verniet, want natúúrlik is die sak weer leeg by sy aankoms. Nee Oupa,”, blaas hy uitasem, “Dis onmoontlik - hierdie sak lek!“, en daarmee gooi hy die sak eenkant en gaan gryp ‘n emmer. ”Nee Boee”, keer Oupa hom, “ek wil nie ‘n emmer water hê nie, ek wil ‘n SAK water hê! Toe jong, jy kan dit mos doen! Jy probeer net nie hard genoeg nie.” En daarmee gaan staan hy weer in die kombuisdeur en hou die seuntjie dop waar hy sy onmoontlike taak probeer uitvoer. Die seun het lankal besef dat hy besig is met ‘n gejaag na wind, maar hy wou só hard vir Oupa probeer beindruk, dat hy maar gedweë weereens die sak in die stroompie volmaak en met sy lekkende vrag so vinnig as wat hy maar kan die bultjie ophardloop na Oupa toe. “Nee Oupa, dit werk nie!”, huil-sê die outjie moedeloos, “Kyk hoe hard probeer ek, maar niks gebeur tog nie!” “Dink jy rêrig dat daar niks gebeur het nie?”, vra Oupa, “kyk dan ‘n slaggie na die sak. Wat sien jy anders aan die sak as toe jy begin het?” Met ‘n vraag in sy oë bekyk hy die sak - wat kan Oupa tog bedoel? Die steenkoolsak is natuurlik sopnat van al die gewaterdraery, maar skielik besef hy dat die sak ook skoon is - al die steenkoolstof is uitgewas! “Oupa, die sak is skoongewas! Maar ek verstaan nog nie Oupa?” “Boee”, sê Oupa, “Dis wat gebeur wanneer jy die Bybel lees. Miskien verstaan jy nie alles wat jy lees nie, en dalk vergeet jy amper alles wat jy so hard probeer onthou. Maar terwyl jy lees gebeur iets met jou - jou binnekant word verander - jy word as’t ware skoongewas van binne af terwyl jy die Bybel lees.
COURSE OPTIONS Motorcycle Rider Course Experienced Rider Course License Rider Course Advanced Rider Course Off-Road Rider Course Road Captain Course PRESENTATIONS Motorcycle Safety Group Riding In Association with: BIKE TALK MOTORCYCLE RIDER ACADEMY 0861 BIKE TALK / 0861 24538255 www.biketalk.co.za CONTACT HEIN ON 083 7937975 XKULCHA HAS YOU COVERED. YES, GIRLS TOO BALLISTIC NYLON FOR ABRASION PROTECTION HIP & KNEE IMPACT ABSORBERS A RAISED SEAT THAT COVERS YOUR LOWER BACK ENGINEERED KNEE TO FACILITATE MOBILITY GUSSET IN CROTCH FOR RIDING COMFORT