02.09.2013 Views

PDF download - Bothasig Pulse

PDF download - Bothasig Pulse

PDF download - Bothasig Pulse

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Lydenstyd - Jesus Christus se smart en lyding

Bykans al die godsdienste in die maand van Maart word verbind

met die lydensgeskiedenis (Passie) van Jesus Christus. Die begrip

“Passie” ontstaan uit Latyn en dui aan “lyding”. Juis ten opsigte van

die Lydenstyd verteenwoordig dit die tydperk van Jesus Christus se

smart en lyding.

Die merkwaardige gebeure rondom die verlossingsgeskiedenis in

hierdie tyd sluit in Jesus se intog in Jerusalem, die instelling van die

Heilige Nagmaal, Jesus se inhegtenisneming, die daaropvolgende

vernederings en marteling wat Hy verduur het tot en met sy

wegleiding na Gólgota, asook sy wreedaardige dood aan die kruis.

Die wanhoop van die dissipels – wat byvoorbeeld weerspieël

word in Jesus se afskeidspreke en wat veral duidelik na vore kom

wanneer Jesus na sy dood verwys – val ook binne die konteks van

die Lydenstyd.

Die tweevoudige aard van Palmsondag kom duidelik na vore

in die godsdiens wat hierdie heilige dag gedenk. Enersyds is die

olie waarmee Maria Jesus salf 'n teken van sy verhewendheid en

Messiasskap (die begrippe “Messias” en “Christus” beteken beide

“die Gesalfde Een”) en andersyds verwys hierdie selfde olie alreeds

na die naderende dood van Jesus. In die tyd van Christus was dit

'n gebruik om die dooie liggame met olie in te smeer. Sy dood word

alreeds 'n voorbode deur dit wat Maria aan die lewende Jesus doen.

Dit is hoe die mededeling wat in die “Agtergrond” vir die Bybelteks

vir Palmsondag verskyn, begryp moet word: “… sy het dit bewaar

vir die dag van my begrafnis” (Johannes 12:7). Daarbenewens was

olie 'n teken van vreugde, en verwys die olie dus na die vreugde wat

ontketen is toe Jesus Jerusalem binnegekom het. Ons verstaan dus

dat Jesus se salwing veelvoudige betekenisse het.

Op Goeie Vrydag, die dag van Jesus se dood, blyk dit asof die

boosheid oorwin het, en gevolglik is daar baie droefheid en pyn op

hierdie dag. Eers tydens die Pase word dit duidelik dat die boosheid

eintlik op hierdie dag oorwin is.

Palm Sondag: Die salwende olie van vreugde!

Goeie Vrydag 29 Maart 2013: Christus het vir jou gesterf!

(Vanuit die NAK se handleiding vir Godsdienste)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!