Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers
Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers
Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Inleiding

Trauma is deesdae deel van die meeste Suid-Afrikaners en ook ons kinders se lewe. As ons nie direk

geraak word nie, word ons wel sekondêr geraak. Trauma verwys na ‘n ervaring wat emosioneel pynlik,

ontstellend of skokkend is en wat dikwels langdurige sielkundige en fisiese effekte tot gevolg het.

Trauma in kinders kan spruit uit verskeie gebeure soos mishandeling, geweld, verlies van ‘n ouer,

siekte, beserings en natuurlike rampe soos byvoorbeeld vloede. Wat die reaksie van kinders op trauma

betref, is dit belangrik om die volgende drie faktore in aanmerking te neem:

Eerstens kan die reaksies van kind tot kind verskil. Byvoorbeeld, ‘n gebeurtenis wat baie traumaties vir

die een kind is, mag dalk geen betekenisvolle effek op ‘n ander hê nie. Getraumatiseerde kinders kan

ook simptome vertoon wat betekenisvol verskil van mekaar. Met ander woorde, kinders kan

verskillende simptome vir dieselfde trauma ontwikkel.

Tweedens ontstaan reaksies op ‘n traumatiese gebeurtenis nie noodwendig onmiddellik na die gebeure

nie. Dit kan dae of weke na die gebeurtenis na vore kom. Met ander woorde, daar is nie ‘n spesifieke

tydsperiode wanneer ‘n kind ‘n reaksie op ‘n trauma sal toon nie.

Derdens verskil kinders se reaksies op trauma volgens ouderdom. Dit is verstaanbaar, omdat kinders

hul ondervindings binne die konteks van hul spesifieke ontwikkelingsfase interpreteer. Die doel van

hierdie skrywe is om agtergrondinligting met betrekking tot trauma asook riglyne te verskaf in die

optrede van ‘n offisier indien ‘n kind die vrymoedigheid neem om u as volwassene in sy/haar vertroue

te neem.

Dit is van uiterste belang dat daar nie by kinders na simptome “gesoek” en dan “diagnoses” gemaak

word nie. Verskeie wetsaspekte is betrokke en verdere trauma kan veroorsaak word indien die situasie

nie korrek hanteer word nie. Dit is dan om hierdie rede dat die hantering van trauma behels dat

spesialiste betrek sal word. Die Voortrekkers se fokus is nie om kinders te behandel nie. Ons werk wel

met kinders en daarom is hierdie slegs ‘n poging om die jeuglid wat getraumatiseer is te help om by die

korrekte hulpbronne uit te kom. Aandag word vervolgens gegee aan die traumas wat al in Die

Voortrekkers op kampe voorgekom het en die volgende sal kortliks bespreek word: selfmoord,

substansie-afhanklikheid en molestering/verkragting.

Selfmoord

Statistieke in hierdie probleem is moeilik omdat verskeie pogings nooit aangemeld word nie. In SA is

die syfer 17.2 per 100,000. Vir elke selfmoord is daar tot 20 pogings tot selfmoord. Tot soveel as 50%

van mense wat uiteindelik selfmoord pleeg, het vantevore reeds pogings daartoe aangewend. Dit is dus

ʼn wesenlike probleem en raak ook ons tieners.

Simptome

Die volgende is simptome wat dikwels as waarskuwing kan dien dat ʼn persoon aan selfmoord dink. Dit

egter nie noodwendig so nie, maar wel genoegsame rede om eerder ʼn professionele persoon se hulp

eerder in te roep om die situasie te hanteer.

1. Depressie is altyd ʼn groot risiko veral as onbehandeld bly

2. Verwaarlosing van persoonlike netheid.

3. 'n Drastiese verandering in eet- en slaappatrone

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 2