10.04.2013 Views

Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers

Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers

Traumaherkenning handleiding - Voortrekkers

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Die Voortrekkers

Voortrekkers

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 1

Traumaherkenning

Jan 2012

Konsep 1 aan Hoofdagbestuur

Inleiding

Trauma is deesdae deel van die meeste Suid-Afrikaners en ook ons kinders se lewe. As ons nie direk

geraak word nie, word ons wel sekondêr geraak. Trauma verwys na ‘n ervaring wat emosioneel pynlik,

ontstellend of skokkend is en wat dikwels langdurige sielkundige en fisiese effekte tot gevolg het.

Trauma in kinders kan spruit uit verskeie gebeure soos mishandeling, geweld, verlies van ‘n ouer,

siekte, beserings en natuurlike rampe soos byvoorbeeld vloede. Wat die reaksie van kinders op trauma

betref, is dit belangrik om die volgende drie faktore in aanmerking te neem:

Eerstens kan die reaksies van kind tot kind verskil. Byvoorbeeld, ‘n gebeurtenis wat baie traumaties vir

die een kind is, mag dalk geen betekenisvolle effek op ‘n ander hê nie. Getraumatiseerde kinders kan

ook simptome vertoon wat betekenisvol verskil van mekaar. Met ander woorde, kinders kan

verskillende simptome vir dieselfde trauma ontwikkel.

Tweedens ontstaan reaksies op ‘n traumatiese gebeurtenis nie noodwendig onmiddellik na die gebeure

nie. Dit kan dae of weke na die gebeurtenis na vore kom. Met ander woorde, daar is nie ‘n spesifieke

tydsperiode wanneer ‘n kind ‘n reaksie op ‘n trauma sal toon nie.

Derdens verskil kinders se reaksies op trauma volgens ouderdom. Dit is verstaanbaar, omdat kinders

hul ondervindings binne die konteks van hul spesifieke ontwikkelingsfase interpreteer. Die doel van

hierdie skrywe is om agtergrondinligting met betrekking tot trauma asook riglyne te verskaf in die

optrede van ‘n offisier indien ‘n kind die vrymoedigheid neem om u as volwassene in sy/haar vertroue

te neem.

Dit is van uiterste belang dat daar nie by kinders na simptome “gesoek” en dan “diagnoses” gemaak

word nie. Verskeie wetsaspekte is betrokke en verdere trauma kan veroorsaak word indien die situasie

nie korrek hanteer word nie. Dit is dan om hierdie rede dat die hantering van trauma behels dat

spesialiste betrek sal word. Die Voortrekkers se fokus is nie om kinders te behandel nie. Ons werk wel

met kinders en daarom is hierdie slegs ‘n poging om die jeuglid wat getraumatiseer is te help om by die

korrekte hulpbronne uit te kom. Aandag word vervolgens gegee aan die traumas wat al in Die

Voortrekkers op kampe voorgekom het en die volgende sal kortliks bespreek word: selfmoord,

substansie-afhanklikheid en molestering/verkragting.

Selfmoord

Statistieke in hierdie probleem is moeilik omdat verskeie pogings nooit aangemeld word nie. In SA is

die syfer 17.2 per 100,000. Vir elke selfmoord is daar tot 20 pogings tot selfmoord. Tot soveel as 50%

van mense wat uiteindelik selfmoord pleeg, het vantevore reeds pogings daartoe aangewend. Dit is dus

ʼn wesenlike probleem en raak ook ons tieners.

Simptome

Die volgende is simptome wat dikwels as waarskuwing kan dien dat ʼn persoon aan selfmoord dink. Dit

egter nie noodwendig so nie, maar wel genoegsame rede om eerder ʼn professionele persoon se hulp

eerder in te roep om die situasie te hanteer.

1. Depressie is altyd ʼn groot risiko veral as onbehandeld bly

2. Verwaarlosing van persoonlike netheid.

3. 'n Drastiese verandering in eet- en slaappatrone

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 2

4. Vorige mislukte selfmoord pogings

5. ʼn Geskrewe selfmoordbrief

6. Dreigemente van selfmoord.

7. Gevoelens van hopeloosheid uitgespreek in opmerkings soos “Ek wil nie meer leef nie” of “Die

wêreld sal ʼn beter plek wees sonder my” of “Daar is vir my geen toekoms nie” of “Die lewe is

sinneloos” of “Ek sal seker nie hier wees as……”

8. Gesprekke/grappe oor selfmoord of die dood.

9. Uitdeel van besittings, stel skielik ʼn testament op of praat oor begrafnisreëlings.

10. Onttrekking van die gesin of vriende.

11. Negatiewe gemoed.

Dit is moontlik dat iemand met selfmoorddreigement mag manipuleer, maar optrede word nogtans

maar aangemoedig. Meld sodanige gedrag eerder aan. Baie dikwels is dit ‘n roep na hulp, en ‘n poging

word aangewend. Hierdie poging kan egter skeefloop en fataal wees.

Hantering

1. Aanmelding

2. Besef dat die enigste verantwoordelikheid wat u het, is die verwysing/oorgee aan ‘n professionele

persoon.

3. Bly by die persoon totdat die persoon oorgegee is aan die sorg van helper.

4. Hulp is ook hier beskikbaar:

a) SADAG: SMS: 31393

b) Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid

Durban: (031) 207 2717

Pretoria: (012) 332 3927

c) Lifeline - Johannesburg: (011) 953 4111

d) Tolvry Selfmoord Tolvrylyn

e) Suid-Afrikaanse Depressie en Besorgdheidsgroep: 0800 567-567of (011) 783 1474

f) Kinderlyn

Durban: (031) 312 0904

Port Elizabeth (041) 453 0441

g) Krisislyn 0800 055 555 of 0860 103 055

h) Telefriend: (011) 922-9999

i) Kohin (hulp aan leerders): (012) 347-1674

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 3

Dwelms/alkohol

Statistieke bereken dat 2 uit elke 3 jongmense eksperimenteer met dwelmmiddels - dit is bykans 4

miljoen jongmense! Dwelmafhanklikheid by tieners volgens SANCA is tussen 40% en 60% van alle

tieners hoë risiko gevalle om afhanklik te word van dwelms. 1 uit elke 6 jongmense (±15%) is reeds

afhanklik van dwelmmiddels!

Verskillende dwelms en gevolge

Straatname Wat is dit? Hoe

ingeneem

Dagga Zol,skyf, Blare en Gerook in pyp

boom,grass, blomme van of in

dope,weed, canabis selfgerolde

ganja, plant-lyk sigaret. Ook

cannabis soos droë,

gemengde

kruie

daggakoekies

Tik

(Metamf

e-

tamien)

Crystal

Meth,tjoef,spe

ed

Cat

LSD Acid,

Califoniese

sunshine,cand

y,

Smarties,

white

lightening

Reuklose

kristalwit

poeier

Kragtige

hallusino-

geen.

Geëet,

ingespuit

Deurweekte

Kladpapier met

Strokieskarakters

Wat op tong

geplaas word.

Ook in kapsule

en

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 4

Hoekom

gevaarlik?

Bevat

bestanddeel wat

in vet oplosbaar

is, bou geleidelik

op in vetryke

organe soos

brein, lewer,

longe en niere.

Tas op langduur

brein, hart,

asemhaling,

immuun – en

voortplantingsstel

aan

Oordosis lei tot

dehidrasie,

hipotermie,

konvulsies,

nierversaking en

beroertes

Belemmer

waarneming van

eie kragte

(waandenke)

”Ek kan vlieg”.

Toleransie word

vinnig bereik.

Gebruik affekteer

Lei tot

Breinseldisfunksie,

Versnelde hartklop,

chroniese hoes, verhoogde

vatbaarheid vir bronchitis,

longkanker, vergeetagtigheid

swak konsentrasie en

verlaagde immuniteit. Die

teerinhoud is 3 x meer as

gewone sigarette en

daggarokers trek twee

derdes meer rook in en hou

asem 4 keer langer in. Kan

ook geestegesondheid

aantas aangesien die

verhoogde dopamien vlakke

tot skisofrenie kan lei.

Gevoelens van euforie,

verhoogde energie,

slaaploosheid,

aggressiwiteit,paranoia,

depressie, gewigsverlies,

verhoogde hartklop en

bloeddruk. Vinnige spraak en

vergrote pupille, angstigheid

en soms aanhoudende hoes

kom ook voor. n Loopneus is

dikwels teenwoordigheid.

Sielkundige, ernstige

depressie en angs,

vervolgingswaan, afhanklik

Paniekaanvalle en afwykings

by ongebore babas.

Mandrax Mandies,

Buttons,

Originals, the

article

Wit pil wat

baie

verslawend

is,

sielkundig

en fisies.

Baie

gevaarlik

saam met

dagga en of

alkohol

Kokaien Coke, snow Kragtige

stimulant in

vorm van

wit, bitter

kristalagtige

poeier

Crack Cocaine rock,

as saam met

heroien

gemeng word

Vorm van

kokaienbasis

en

vervaardig

deur

vloeistofvorm.

Tablet word

oor hitte

gesmelt en

dampe

ingeasem en

vloeistof

ingespuit

Mondeliks

gedrink en of

fyn gerook

saam met

dagga

(witpyp)-

Afgebreekte

bottelnek

Gesnuif, soms

gerook of

vloeistof

ingespuit

Die kristal

(klip/”rock”)

word met

glaspypie met

sifdraad

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 5

asemhaling,

veroorsaak hoë

bloeddruk, stuipe

en gevaarlike

verlaging van

liggaamstemperat

uur wat tot koma

kan lei. Kan ook

geestesafwykings

op lange duur

veroorsaak.

Liggaam

ontwikkel vinnig

weerstand

(toleransie),

groter dosisse

nodig. Oordosis

lei tot stuipe en

ontwrigting van

hartritme.

Kombinasie met

alkohol kan

asemhaling

ernstig onderdruk

wat tot dood kan

lei. Onttrekking lei

tot hoofpyne,

maagkrampe,

hoes, stuipe en

maag-bloeding.

Langdurige

gebruik lei tot

breinskade en

geheueverlies

Ernstige

verslawing, hoë

bloeddruk, stuipe

en spiertrekkings.

Langdurige

gebruik

veroorsaak skade

aan neusseptum.

Grootste gevaar

is hartversaking

en oordosis.

Mees

verslawende

vorm van

kokaïen. Direk na

bloedstroom en

Rooi en bloedbelope oë,

naarheid, diarree, hoofpyn,

lighoofdigheid, hallusinasies,

slaaploosheid of onnatuurlike

lang slaap, prikkelbaarheid,

depressie, aggressie,

Rusteloosheid, aptyt- en

gewigsverlies, swak

koördinasie en

Emosionele onstabiliteit. Kan

ook tot persoonlikheidsversteurings

en

emosionele ongevoeligheid

lei.

Angs, hallusinasies,

paranoia, psigose(verloor

kontak met realiteit), geweld

en aggressie.

Slaaploosheid, onnatuurlike

opgewondenheid en

rusteloosheid, vinnige

polsslag, paranoia, depressie

en prikkelbaarheid, angs,

Ecstasy Playboy,doves

,dollar,superm

an

mengsel te

kook

Kragtige

hallusinoge

ne

tablet

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 6

gerook binne 4-7

sekondes in

brein. Vinnige

vrystelling van

chemikalieë van

die brein lei

skadelik vir hart,

bloedvate en

ander organe en

kan tot

hartversaking lei

en ook

asemhalingstelsel

verwoes.

Uitwerking

verdwyn gou,

maak gebruiker

angstig,

prikkelbaar en

depressief en lei

tot groter gebruik

en afhanklikheid.

Mondeliks

ingeneem

Ernstige

sielkundige

afhanklikheid.

Beïnvloed

senuselle wat

serotonien

vrystel.

Serotonien

beheer slaap,

depressie, angs,

eetlus, seksuele

gedrag en

emosionele

stabiliteit.

Toleransie

ontwikkel gou.

Word dikwels

gemeng met

kokaien. Kan tot

hartversaking,

ineenstorting van

asemhaling,

lewerskade,

verlamming,

breinbloeding,

vernoude pupille,

dehidrasie,

versteurde visie,

gebrek aan konsentrasie,

neusbloeding, geweld en

aggressie

Ontwatering, dors en droë

mond, bewerigheid, naarheid,

verhoogde polsslag en

bloeddruk, verlies van

koördinasie, swak of geen

eetlus, verlies van

korttermyngeheue. Erge

onttrekking sluit in depressie,

paranoia en angs.

Alkohol Booze ‘n

Kalmerende

,sosiaal

aanvaarde

vloeistof

wat in

verskeie

gewilde

vloeistowwe

ingeneem

word.

Heroien Bruin suiker,

smack, junk,

Thai White en

jive

Hubbly

Bubbly

Hookah,

waterpyp,

narghiles of

shishas

Wit tot

donker

bruin

(onsuiwer)

poeier met

bitter

smaak.

Verfynde

(vervaardig

de) vorm

van kokaien

Gegeurde

tabak

gerook oor

vloeistof

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 7

hoë

liggaamstemperat

uur, bloeddruk en

hartklop,

kaakklem en

spierstyfheid lei.

Gedrink Baie hoe mate

van verslawing,

werk in op

senuweestelsel

en veroorsaak

kalmering.

Langdurige

misbruik lei tot

skade van lewer,

spysverteringska

naal en

senustelsel. Dit

veroorsaak ook

breinskade waqt

onomkeerbaar is.

Ingespuit,

maar suiwer

ook gesnuif.

Dit word

gesmelt oor

oop vlam en

dan ingespuit

direk in aar of

in spier. Kan

ook gerook

word.

Die rook van

gegeurde

tabak oor

vloeistof soos

water, maar

ook soms

alkohol die

Onderdruk die

sentrale

senuweestelsel.

Effek is

kortstondig. Dit

simuleer die

goedvoel effek

van hormone.

Hoogs

verslawend

Nikotien, van die

nikotien word

deur water

geabsorbeer,

maar ‘n sessie

duur langer en

dan word die

Binne 5 minute na inname

word dit opgeneem deur

maag in die bloedstroom en

begin dan later inhibisies en

die senuweestelsel aantas.

Na inname van meer as 8

eenhede begin spraak,

koördinasie en emosies

aangetas. Dubbel visie,

naarheidverlies aan balans

en braking begin gebeur.

Verdere inname kan lei tot

verlies aan bewussyn en

geheue en selfs

alkoholvergiftiging wat tot

dood kan lei. Die effek van

alkohol is op alle organe,

maar die lewer word die

meeste aangetas.

Die impak is nie slegs fisies

nie, maar ook psigologies

soos swakker persoonlike

higiëne, swak eet en

slaapgewoontes, swak

konsentrasie, leuens,

werksverandering

ensovoorts.

Dieselfde skade as met die

rook van gewone sigarette

kom voor. Kanker van die

longe , hart, mond en blaas

kom meer dikwels by rokers

voor. Die verspreiding van

aansteeklike siektes soos

Inhaleerders

(gom,

petrol,

laggas

ens)

Oplosmiddels

Verfverdunners,gom,korre

ksievloeistof,

merkerpenvloeistof,yskas

- en

aanstekergas,

haarsprei,spuit

verf en

deoderant.

Narkosemiddel

soos eter en

laggas.

Vlugtige

stowwe

tabak word

ook soms

gemeng met

dagga.

Inasemingbruin

sak of

bottel word

dikwels

gebruik om die

stof te

konsentreer.

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 8

ekwivalent van 10

sigarette se

nikotien

ingeneem

Tydelike gevoel

van welbehae,

plesier en

dissosiasie.

Tuberkulose en herpes deur

die gemeenskaplike gebruik

van die pyp kom voor.

Moontlike hartversaking en

dood. Hoë konsentrasie van

inhaleerders verplaas

suurstof en veroorsaak

versmoring. Gom,

korreksievloeistof en spreiverf

kan tot gehoorsverlies

lei. Gom, gas en petrol kan

tot spierspasma en ook

breinskade lei. Petrol lei tot

skade van die beenmurg. Op

die langduur kan dit lei tot

lewer- en nierskade en

verlaagde bloedsuurstof

*Una Nieuwoudt(Sarie, Okt 1996), Carol Coetzee(Huisgenoot 27 Okt. 2005), N Davids(Sunday Times 7 Febr 2005)

Simptome (H Ueckermann, 2000)

Gedrag

1. Gebrek aan belangstelling van vorige bedrywighede

2. Geldnood, steel

3. Dwelm-bykomstighede bv spuitnaalde, pype, aanstekers, gloeilampe

4. Onvoorspelbare optredes en rebelsheid

5. Stokkiesdraai veral op Maandae

6. Laer akademiese prestasie

7. Min belangstelling in akademie

8. Slaperigheid in klas

9. Hoër of laer aktiwiteitsvlakke

10. Swak persoonlik higiëne en slordigheid

11. Moegheid, loopneus, rooi oë, hoes, kneusmerke, naaldmerke, drastiese verandering in gewig

12. Irrasionele/manipulerende/aggressiewe gedrag

13. Chroniese oneerlikheid(jok en bedrog)

14. Gesprekke en grappe oor dwelms

15. Besit van dwelmmiddels of spore daarvan, leesstof oor dwelms, slagspreuke

Sielkundige tekens

1. Irrasionele buierigheid

2. Gebrek aan motivering

3. Ontoepaslike oorreaksie op sagte kritiek of eenvoudige versoeke

4. Egosentrisme, geen empatie met ander

5. Gebrek aan energie en verkorte konsentrasievermoë

6. Verandering in waardes, en ideale

7. Afsydigheid jeens skoolwerk

8. Depressie en neerslagtigheid

9. Angs

10. Verwarde denkprosesse

11. Sukkel om die lewe te hanteer

12. Persoonlikheidsveranderinge

13. Selfmoordpoging en of selfskending

14. Verlaagde selfbeeld

Sosiale tekens

1. Isolasie van klasbedrywighede en interaksie met ander

2. Geheimsinnigheid oor vriendekring

Hantering

1. Maak seker van feite voor enige “konfrontasie” plaasvind

2. Respekteer vertroue

3. Bewerkstellig insig oor gevolge en verdere optredes

4. Kry hulp by

a) SANRA

b) Narcotics Anonymous

c) Tough Love

d) Life Line/Child Line

Molestering/verkragting

Seksuele molestering van kinders is 'n ernstige maatskaplike probleem wat wêreldwyd ondervind word.

Die voorkoms daarvan is nie beperk tot enkele rasse of sekere ekonomiese, sosiale of godsdienstige

groepe nie. Die onberekenbare emosionele en soms fisieke skade wat die kinders wat betrokke is, is

egter deurgaans problematies. Kinderverkragting in Suid-Afrika se statistieke is onaanvaarbaar en

spreek van 'n siek samelewing. Sowat 21 000 voorvalle van kinderverkragting is in 2001 by die polisie

aangemeld. Indien in ag geneem word dat waarskynlik slegs ongeveer 30% tot 70% van

verkragtingsake aangemeld word, word die omvang van die probleem duidelik (De Wet, Myfundi.co.za)

Wanneer ‘n jeuglid, jou as volwassene in sy/haar vertroue neem en met jou gesels oor molestering is

dit van kardinale belang om te weet dat die wetlike aspekte van so ‘n aard is dat dit vir jou as

volwassene ongemaklik kan word en selfs tot vervolging kan lei, indien jou optrede nie korrek is nie.

Volgens die Kinderwet van 2005 moet daar ALTYD in die beste belang van die kind opgetree word en

daarom is dit essensieel, om jouself en die jeuglid te beskerm, deur korrekte optrede van

VERWYSING. Aangesien offisiere nie professioneel opgelei is in trauma-hantering nie, mag GEEN

intervensie plaasvind nie.

Tekens

1. Nagmerries, versteurde slaap en bednatmaak.

2. Gedragsverandering soos ontoepaslike bedrywighede wat seksueel van aard is

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 9

3. Gereelde uitbarstings van woede en verlies aan selfbeheer.

4. Toenemende swak selfbeeld en gevoelens van skuld en skaamte.

5. Herhalende vaginale infeksie of beserings.

6. Verandering in konsentrasievlakke, swak prestasie op skool en vrees vir sommige mense.

7. Onttrekking en voorkoms van depressiwiteit.

8. Ontwikkel vrees vir verhoudings, of het vele seksmaats as tienderjarige.

9. Word depressief, toon neigings vir selfmoord en beseer self opsetlik.

Hantering/aanmelding

Hierdie tipe trauma is uiters sensitief en wetlike aspekte bitter belangrik. Die doel is om na die kind te

luister en die kind te lei tot insig dat hy/sy professionele hulp nodig het.

1. Dui beskikbaarheid aan om te luister, verbaliseer ondersteuning

2. Verseker kind se veiligheid

3. Kom op die kind se vlak, veral by jonger kinders

4. Moenie die gevoelens van die kind minimaliseer (Dit afmaak as nie so erg nie)

5. Moet nie eie gevoelkens van afkeur bv woede, angs toon nie, dit maak dit moeilik vir die kind en

mag sekondêre skuld ervarings veroorsaak

6. Dit is normaal om oorweldig te voel, maar probeer kalm bly. Dit is die beste wat jy kan doen asook

die versekering van onvoorwaardelike ondersteuning

7. Moenie die kind ondervra nie, laat slegs toe om eie storie te vertel. Moenie leidende vrae vra nie

8. Verseker kind van sy/haar onskuld.

9. Erken jy het nie al die antwoorde nie

10. Verduidelik BAIE duidelik die nodigheid van verdere aanmelding en dat dit nie beteken dat jy gaan

terugstaan en nie beskikbaar is vir ondersteuning nie. Dit is egter wat jou rol sal wees,

ondersteuning.

11. Moenie vals beloftes aan die kind maak nie.

12. Vra of kind gemaklik sal wees met ‘n drukkie of verkieslik net om hand vas te hou vir ondersteuning.

13. Kontak die naaste CMR kantoor (Bylaag A)) en meld die voorval aan. Hierdie kan ook anoniem

gedoen word. Die verdere hantering, veral die wetlike aspekte sal deur die kantoor hanteer word.

Bronne

Caring for Kids after trauma, disaster and death: New York University Child Study Centre (Tweede

uitgawe: Hersien 2006)

Childsafe.org.za/molest.htm

Huisgenoot 27 Okt. 2005:Carol Coetzee

Mielstronk.com/dwelms.htm

Myfundi.co.za: N de Wet

Rapport 27 Augustus 2000:H Ueckermann

Sarie, Okt 1996:Una Nieuwoudt

Louw, D. & Louw. A. 2007. Die ontwikkeling van die kind en die adolessent. Psychology Publications:

RSA

Die Voortrekkers Traumaherkenning Konsep 1 (Jan 2012) Bls 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!