02.05.2013 Views

Mei 2010 - KLK Landbou Limited

Mei 2010 - KLK Landbou Limited

Mei 2010 - KLK Landbou Limited

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Landbou Landbou Beperk Beperk •• Mei Maart 2010

KLK KLK 2008

van van

Amptelike Amptelike nuusblad nuusblad

1/2008 2/2010 •• Vol Vol

Wie maak geld in die

skaapvleisketting?

Die vraag waaroor wyd bespiegel word en waaroor verskillende menings bestaan, is wie nou eintlik geld maak in die komplekse skaapvleisketting.

Deon Heyns (bestuurder: KLK Vleis) beantwoord die vraag in dié artikel en verduidelik ook die ketting so volledig moontlik.

Daar bestaan verskillende kettings, waarvan sommige langer as

ander en meer kompleks is. In hierdie artikel kyk ons spesifiek na

die skaapvleisketting in sy kortste vorm.

Die ketting begin by die produsent op die plaas (sien Diagram 1)

wat lammers produseer en dit verkoop om beloning te ontvang vir

sy kapitale belegging, risiko en harde werk. Die ketting eindig by

die eindverbruiker van die vleis en ander produkte. Vir die eindverbruiker

om die vleis en neweprodukte gerieflik en gemaklik te kan

koop in die mees gerieflike vorm en vir die produsent om betaling

vir sy produk te ontvang, is daar sekere stappe nodig wat nie vir die

produsent of die eindverbruiker moontlik is om self te verrig nie.

Vanaf die plaas is daar vervoer nodig na ‘n abattoir wat die diere

ontvang en volgens die nuutste regulasies, wat vleisveiligheid,

Diagram 1: Skaapvleisketting

Plaas

KOMPETISIE

– bl 5

Voerkraal

Abattoir

Werwing, Verslagting,

Bemarking, Vervoer

PROFIEL

higiëne en dierewelsyn waarborg, verslag en die vleis dan in ‘n

karkasvorm verhandel. In droogtetye is voerkraalgeriewe vir die

afronding van lammers ook nodig. Vanaf die abattoir word die

karkasse bemark en met koelvervoer gelewer aan die groothandelaar,

wat hoofsaaklik in die stedelike gebiede is en wat die infrastruktuur

het om die verspreiding van kleiner hoeveelhede

karkasse na kleinhandelaars te doen.

Die infrastruktuur vir versnitting en verpakking van snitte vir supermarkte

en kleinhandelaars, wat klaar-verpakte en produkte verkies,

word hoofsaaklik deur vleisverwerkers – groothandelaars gedoen,

maar word ook deur die kleinhandelaar self gedoen. Die kleinhandelaar

is die slaghuis op die hoek asook slaghuise in groot supermarkte

en kettingwinkels. Abattoirs verkoop ook direk aan die

kleinhandel, waar dit logisties moontlik is.

Groothandel/Vleisverwerkers/Kleinhandel Verbruiker

Verspreiding van karkasse

Versnitting en verpakking

– bl 8

VERVOLG OP BLADSY 2

Waarde- en kosteketting van skaap- en lamkarkasse

VERVOLG VAN BLADSY 1

Agtergrond

Daar is variasies wat in die ketting voorkom wat die waarde en

koste kan beïnvloed. Die resultate sal nie baie afwyk van die

gegewens in Diagram 2 nie, aangesien mededinging in die ketting

dit nie vir ‘n spesifieke rolspeler moontlik maak om af te

wyk van die struktuur nie. Dit beteken dat die rolspelers volgens

die reëls en norme, wat deur die vleisstruktuur bepaal

word, moet optree en daarvolgens marges en prysvasstelling

doen om kompeterend te bly.

Die onderstaande teks word skematies in Diagram 2 voorgestel.

Waardeketting (Blou)

Die produsenteprys in die waardeketting is die gemiddelde prys

per kop (BTW ingesluit). Hou in gedagte dat pryse aan die produsent

gewoonlik sonder BTW gekwoteer word en die prys aan

die verbruiker sluit BTW in. Dit is soos volg saamgestel: ‘n

Gemiddelde gewig van 17,93 kg met ‘n gemiddelde prys van

R30,52 = R547,23 + 14% BTW = R624 per karkas vir alle grade.

Die abattoirprys is die prys wat aan die produsent betaal word

+ R18 vleiswins + R78 vir die vel en afval (vyfde kwart) wat

R720 per karkas beloop. Hou in gedagte dat alle pryse BTW

insluit. Dit gee aan die abattoir ‘n bruto wins van 13%.

Die abattoir verkoop dan die karkas aan die groothandelaar vir

R642 (R624+R18). Die groothandelaar se bruto wins persentasie

kan wissel tussen 5% en 7%. As ons 6% as die norm neem, ver -

koop die groothandelaar die karkas aan die kleinhandel vir R683.

Die kleinhandelaar se bruto wins wissel tussen 25% (platteland)

en 35% in supermarkte. Hou in gedagte dat die huur van

vloerruimte dramaties tussen die platteland en stad verskil. Die

kleinhandelaar verkoop die karkas aan die verbruiker vir R949

indien die bruto wins teen 28% bereken word.

Diagram 2: Waarde- en kosteketting

Waardeketting

R624

Kosteketting

Netto wins/(Verlies)

LEWENDEHAWE

Totale netto wins van die ketting

R624 + R18 vleiswins = R642 +

R78 vyfde kwart = R720

Die prys wat die verbruiker in hierdie geval betaal is die gemiddelde

prys tussen ‘n heel karkas en ‘n versnitte karkas. Sodra

‘n karkas in geheel versnit, verpak en gedeeltelik ontbeen

word, styg die koste en is daar opsnyverliese sowel as lae

waardesnitte wat in berekening gebring word. Dit beteken dat

die bruto wins van die kleinhandelaar wissel tussen 20% vir ’n

heel karkas tot 44% op ’n versnitte karkas wat verpak is.

Kosteketting (Rooi)

Abattoirkoste sluit alle kostes in, behalwe finansiering vir die

tyd wat verloop tussen die betaling aan die produsent, wat

tussen een en drie dae gebeur, en die tyd wat verloop voor die

abattoir betaling vanaf die handelaar ontvang. Die koste ter

sprake verteenwoordig uitgawes soos salarisse en lone, koel -

vervoer, werwingskoste, bemarkingskoste, verpakking (afval),

water en krag, skoonmaak en verbranding. Die groothan -

delkoste blyk laag te wees, maar hou in gedagte dat hierdie

persele in minder netjiese industriële gebiede geleë is en die in -

frastruktuur net koelkamers, trokke en kantore en personeel -

koste verteenwoordig.

Nadat die kleinhandel se direkte bokoste in ag geneem is, laat dit

ongeveer 20% bruto wins marge voordat die huurkomponent vir

werklik netjiese fasiliteite, veral in stede, in berekening gebring is

waarna ‘n netto wins persentasie van ongeveer 4% behaal word.

Netto wins (Groen)

Abattoirs se marges is negatief. Dit is hoofsaaklik as gevolg van

‘n totale ooraanbod van abattoirkapasiteit in die land. Nasionaal

is daar tans 547 geregistreerde abattoirs en in die Noord-Kaap

56. Die kapasiteitsbenuttingsyfer is nasionaal 64% en in die

Noord-Kaap 57%. Die vaste kostekomponent in abattoirs is

hoog omdat dit aan al die nuutste higiëne en voedselveilig -

heids regulasies moet voldoen. Omdat abattoirs, soos reeds

genoem, nie vol slag nie, was daar verlede jaar ‘n beraamde verlies

van R8 per eenheid in die abattoir-industrie gerealiseer.

Produsent Abattoir Groothandelaar Kleinhandelaar Verbruiker

R642 + R41 = R683 R683 + R266 = R949 R949

Bruto wins 13% = R96 6% = R41 28% = R266

R104 R32 R228

2 – Mei 2010 www.klk.co.za

(R8)

R9 R38

R36

LEWENDEHAWE

Versnitting van ‘n karkas

Bloktoets

Die bloktoets illustreer hoe die kleinhandelprys na versnitting en verpakking bereken

word. Dié toets is bereken op die nuutste pryse van April 2010 vir ‘n 18 kg A2 lam,

geneem van ‘n korporatiewe kleinhandelaar wat nasionaal sake doen.

Die prys van ‘n A2 lam in hierdie tyd was tussen R34 en R35/kg (BTW uitgesluit). Vir ‘n

18 kg lam sou die produsent R718 (BTW ingesluit) gekry het. Opgesaag en verpak sou

die verbruiker R1 398 vir dieselfde lam betaal het.

Uit bogenoemde kan u aflei dat ‘n lendetjop teen nagenoeg R90/kg in die kleinhandel

verkoop word nadat die koste- en waardeketting, soos in hierdie artikel voorgestel,

gebruik is.

Boud

18,40%

R79,95

Bloktoets: 18 kg A2 lam – korporatiewe kleinhandelaar

Prys/kg/snit (BTW ingesluit)

Chumptjop

7,60%

R88,95

Lies

3,40%

R49,95

Lendetjop

8,30%

R89,95

Bors

8,20%

R79,95

Niertjie @ 0,50% R32,98

Niertjievet @ 0,30% R5,00

Opsnyverlies @ 2,80%

Ribtjop

7,70%

R89,95

Dikrib

20,20%

R75,95

Blad

14,30%

R79,95

www.klk.co.za

Nek

8,3%

R79,95

Gevolgtrekking

Die huidige vleisketting is kompleks en gefragmenteer en daar is min geleenthede vir

die rolspelers om marges te verhoog. Elke skakel van die ketting is uiters gespesialiseerd

en dit is moeilik vir rolspelers om volhoubaar en kompeterend in ander dele

van die ketting betrokke te raak indien slegs lam/skaap as spesie gebruik word.

Vleisprodusente kry meer as 50% van die verbruiker se rand, wat van die hoogste

bydraes binne die landboubedrywe is. Die feit dat boerderywins net so onder druk is,

laat rooi ligte flikker as ons na die res van die ketting kyk en vir mekaar sê dat dele

van die ketting ook nie langtermyn volhoubaar is nie.

Topgehalte

ramme en ooie

by Moller-veiling

KLK Landbou Bpk het ’n baie suksesvolle

produksieveiling van Johan

Moller en Skilpad Boerdery op Upington

skougronde gehou. “Die diere was van

uitstaande gehalte en dit het baie kara -

koelkopers van Suid-Afrika en Namibië

na die veiling gelok,” het Francois

Theron (bestuurder: Spesialisdienste,

KLK Lewendehawe) gesê.

Mnr P Steenkamp van Keetmanshoop,

Namibië, het die hoogste prys van

R17 000 vir ’n karakoelram betaal. Die

tweede hoogste prys van R16 000 is

betaal deur mnr CF Vermeulen van

Maltahöe, Namibië.

Die hoogste prys van R2 500 is betaal vir

twee karakoelooie, onderskeidelik deur

mnre Hansie Pretorius van Olifantshoek

en Pieter Moller van Postmasburg.

Altesaam 36 ramme en 23 ooie is op die

veiling verkoop. Ters Marais van KLK

was die afslaer. Die omset op die veiling

was R292 900.

Duurste ram op die veiling. Van links is Johan

Moller (verkoper van Postmasburg), Ters Marais

(afslaer van KLK), Willem Steenkamp (hanteerder

van KLK) en Pieter Hugo, wat namens P Steen -

kamp gekoop het.

Duurste ooi op die veiling. Van links is Johan

Moller (verkoper van Olifantshoek) met JD,

Hansie Pretorius (koper van Olifants hoek) met

Pierre, Willem Steenkamp (hanteerder van KLK)

en Ters Marais (afslaer van KLK).

Mei 2010 – 3

AAN DIE

WOORD

STEPHEN VAN HUYSSTEEN

– BESTURENDE DIREKTEUR VAN KLK

Dinamika van

lam/skaap voorsieningsketting

In ons soeke om ‘n volhoubare vleismodel vir

KLK te skep, is daar interessante feite binne

die rooivleis-voorsieningsketting, wat insigge -

wend is.

In hierdie uitgawe poog ons om die komplekse

voorsieningsketting van die rooivleisbedryf

beter te verstaan en die winsgewendheid van

die segmente te verduidelik. Ons wil insig gee

oor waar in die ketting word die geld gemaak,

wat is die waarde en koste van ‘n lam en hoe

is dit moontlik dat ‘n lendetjop teen R90/kg op

die kleinhandelrak geprys word.

Die ekonomiese eienskappe van lam- en

skaapvleis asook die verbruiker se persepsie

rakende prys en bekostigbaarheid van lam- en

skaapvleis as ‘n proteiënbron in vergely king

met hoender, vark- en beesvleis, is faktore wat

die verbruik van lam en skaap regstreeks beïnvloed.

Lam en skaap verteenwoordig by voorbeeld

net 10% - 18% van die verkoopsmandjie

in die kleinhandel-afsetpunt. Hoen der en

beesvleis verteenwoordig onderskeidelik 45%

en 35% van die omset van die kleinhandel

vleismandjie.

Daaruit is dit duidelik dat die volume/omset

lam en skaap, wat deur die verbruiker gekoop

word, klein is in verhouding tot die ander vervangende

proteïenbronne. Redes wat deur

die handel aangevoer word vir die kleiner

markaandeel en verbruik van lam, is dat lam

‘n duur kommoditeit is; die produk (lam) hom

nie leen tot waardetoevoeging soos ontbe -

ning en veroudering nie en net in karkasvorm

of versnit aangebied word; en die produksieseisoene

van lam en skaap is siklies en

gevolglik bemoeilik dit konstante volume -

voor siening aan die kleinhandel/verbruiker.

Die rolspelers aan die produksiekant van die

ketting naamlik werwing, abattoir-eienaars en

groothandel, het min of geen geleenthede om

marges te verbeter nie en sal na markgeleent -

hede en oplossings moet soek wat aan die

verbruikerskant geleë is.

Die onderbenutting van die abattoirs en die

klein marges wat in die ketting beskikbaar is,

plaas die lam- en skaapvoorsieningstrukture

op risiko as daar na volhoubare besigheids -

modelle gekyk word. Daarteenoor is die

hoender-, vark- en beesvoorsieningstrukture

meer in balans, beter gefokus op die markplek

en meer volhoubaar.

Die oplossing vir ‘n volhoubare vleismodel sal

slegs gevind word nadat die strukturele industrie

probleme aangespreek en opgelos is.

TEGNIES

Kritiese aspekte

en indikators

vir die veeboer

Die afgelope somerseisoen is gekenmerk deur een van die “natste” El Niño-seisoene op

rekord. Alhoewel daar steeds kolle is wat ondergemiddelde reënval gekry het, was reënval

oor groot gebiede ver bo-normaal.

In baie gebiede van die land was dit egter die natste seisoen sedert die middel 1970’s.

Die nat toestande was dan ook verantwoordelik vir die eerste ernstige uitbraak van

slenkdalkoors sedert 1975/1976. Alhoewel daar getalle deurgegee is van veevrektes,

is die werklike omvang in terme van die invloed op reproduksie onbekend.

Groot verliese as gevolg van geaborteerde fetusse (die meeste produsente is nie

eers bewus daarvan nie) het onder veral skaapkuddes in die Vrystaat, Oos-Kaap,

oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap en gedeeltes van die Noordwes Provinsie

voorgekom. Dit kan nogal ’n wesentlike uitwerking hê op die voorsiening van lammers

aan voerkrale asook vir slagdoeleindes later in die jaar.

Uit ’n klimaatsoogpunt was die afgelope seisoen nogal iets om in gedagte te hou.

Voorspellings bly net voorspellings en voorspellings kan gebruik word om kleiner

aanpassings in bestuur te doen. Besluitneming vir produsente is baie moeilik sonder

werklike konkrete hulpmiddels en die produsent is alleen verantwoordelik vir sy

eie lot. Daarom is dit van kritiese belang om wetenskaplik te boer en hulpbronne reg

te bestuur.

Om dus te probeer beplan vir die winter en volgende somer, waarna moet of kan

ons kyk?

• Wat is die huidige toestand van weiding met min groeityd oor voor die winter? Pas

my veegetalle (ingesluit wild, perde, beeste, ens.) by my beskikbare weiding wat

moet hou tot ten minste Desember wanneer die eerste werklike groei en produksie

weer moontlik is (onthou dat meer as 60% van die totale veldproduksie vanaf

Februarie tot April plaasvind).

• Hoe beskikbaar is voer en wat is die koste indien ek moet voer? Tans is lusern

baie duur, terwyl mielies nog redelik goedkoop aangekoop kan word.

• Hoe lyk die weer? Daar is aanduidings dat die huidige El Niño-verskynsel besig is

om oor te gaan na neutrale tot selfs La Niña-toestande vir 2010/2011. Dit kan

veroorsaak dat die winter, lente en eerste deel van die somer redelik droog kan

wees, maar tradisioneel is die middel- tot laatsomermaande redelik nat.

• Wat gaan die effek van swak lampersentasies elders in die land wees op die voorsiening

van skaapvleis later in die seisoen?

• Hoe lyk die kwaliteit van weiding, veral in grasveldgebiede waar baie reën

voorgekom het?

Toestande is oor die algemeen redelik goed. Daar is aanduidings dat die

2010/2011-seisoen dalk ook redelike goeie reënvaltoestande kan ervaar, alhoewel

die eerste deel van die seisoen dalk swakker kan wees.

Dit sal interessant wees om te sien of die uitbraak van slenkdalkoors ’n wesentlike

invloed op lampersentasies asook die voorsiening van lammers aan die mark later

in die jaar, sal uitoefen. Dit kan dalk positief wees in terme van vleispryse. Aan die

ander kant kan ’n tweede nat seisoen verdere probleme skep en produsente moet

maar vroegtydig inentingsprogramme volg.

ARTIKEL GESKRYF DEUR JOHAN VAN DEN BERG (BESTUURDER: PRODUKONTWIKKELING, SANTAM

LANDBOU).

4 – Mei 2010 www.klk.co.za

TEGNIES

Watertandlekker speserye

vir jou jagvleis

Sedert sy beginjare, in die vroeë 1980's, het GR Agencies gegroei tot een van die be -

kendste handelsmerke in die Noord-Kaap.

Met ‘n kliëntebasis wat strek vanaf slaghuise en kettingwinkels, tot jagters en

huisvroue, lewer dié verskaffer speserye en ander produkte wat almal se smaak

én sak sal pas.

Met die jagseisoen op ons voorstoep is ‘n besoek aan GR Agencies of KLK se

handelstakke ‘n absolute moet! GR Agencies sal jou kan voorsien van enige iets

wat jy na die jagseisoen sal benodig, vanaf derms en biltonghakkies tot messe,

worcestersous of asyn. Vir diegene wat nie Ouma se boereworsresep in die

hande kan kry nie – met maklike aanwysings op alle pakke, sal jou vrieskas in

‘n oogwink vol watertand lekkernye wees.

‘n Wye verskeidenheid speserye word aangebied, vir die maak van boerewors

en biltong, tot die alledaagse speserye wat in alle koskaste ‘n móét is. Daar is

ook ‘n wye reeks marinades en souse – perfek vir ‘n vleisie op die kole of vir ‘n

hoendertjie in die oond.

Vir diegene wat moet reg staan vir honger magies, probeer gerus die kombuisreeks

– heerlike masala’s, soppe en souse en produkte om van vis tot vleis ‘n

gun steling in jou huis te maak.

Vir meer besonderhede oor GR Agencies se produkte skakel hulle by (021) 556-

6666 of besoek jou naaste KLK handelstak.

• Staan ‘n kans om ‘n geskenkpak van GR Agencies in dié uitgawe los te slaan.

Sien die KLK Gesprek Kompetisie vir meer besonderhede.

‘n Gelukkige leser kan dié jagseisoengeskenkpak

van KLK en GR Agencies

wen. Dit sluit in:

• ‘n Biltongkerwer (van KLK);

• 1 kg Kalahari biltongspeserye;

• 1,1 kg Kalahari boerewors-speserye;

• 1 kg Prima droëwors-speserye;

• 1 x Mundial ontbeenmes;

• 1 x Accu Sharp messluiper;

• 1 x 5 liter Steakhouse sous;

• 1 kg GR Grill speserye;

• 1 kg BBQ speserye;

• 1 kg hoenderspeserye;

• 1 kg Flavomate;

• 1 x 5 liter Thai Sweet Chili marinade;

• 1 kg heelkorrels swartpeper;

• 1 kg kerriepoeier (medium);

• 6 x Mundial steakmesse;

• 1 x GR Agencies hoedjie;

• 1 x GR Agencies gholfhemp; en

• 1 x GR Agencies voorskoot.

Al wat jy hoef te doen is om die volgende

meningspeilingvraag te beantwoord:

Lees jy die klimaatverslag op KLK se

webtuiste by www.klk.co.za?

KLK Gesprek Kompetisie

Inskrywings

Stuur die inskrywingsvorm agter op ‘n

toegeplakte koevert aan: Ilse van Zyl, KLK

Landbou Beperk, Posbus 86, Upington

8800 of stuur ‘n faks na 086 5500 224 of

e-pos ilse@klk.co.za. Inskrywings moet

haar voor of op 28 Junie bereik.

Baie geluk aan Rassie Erasmus van Post -

masburg wat in die Maart 2010-uitgawe

500 ml Ivotan van Intervet gewen het.

Reëls

Alle KLK Gesprek lesers mag aan die kompetisie

deelneem • Slegs een inskrywing per persoon

• Die wenner sal telefonies in kennis gestel word

en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van

KLK Gesprek verskyn • Die prys sal na die naaste

KLK handelstak gestuur word en kan daar afgehaal

word • Die prys kan nie vir kontant verruil

word nie • Die prystrekking word deur Infoworks

Media Publishing in Klerksdorp behartig.

Inskrywingsvorm

Naam en van: .......................................

Adres: ....................................................

Tel: ........................................................

Antwoord: Ja Nee

Mei 2010 – 5

Lees: 1 Petrus 2:18 - 25

PITKOS

VIR DIE SIEL

WIEHAHN MARITZ

“Practice what

you preach”

Daar is die bekende storietjie van ’n jong

meisie wat by haar vriendin se huis eet.

Dié se ma vra haar of sy van Brusselse

spruite hou. “Ja, natuurlik,” het die meisie

geantwoord. “Ek hou sommer baie van

Brusselse spruite.” Na ete kom die vriendin

se ma agter dat die meisie nie aan haar

Brusselse spruite geraak het nie. “Maar ek

het dan gedink jy hou van Brusselse

spruite,” vra die ma die meisie. Die meisie

antwoord: “Ja, verseker, maar nie regtig

genoeg om hulle te eet nie!”

Christene sê ook ons hou sommer baie van

goed soos vrede, harmonie, liefde…maar

nie regtig genoeg om iets daaromtrent te

doen nie.

Ek en jy word weer met die vraag gekonfronteer:

Gee ons regtig genoeg om om

werklik Jesus se voorbeeld te volg en in

Jesus se voetspore te loop (vers 21)? Dit is

‘n geweldige uitdaging – “onderwerp julle

met die nodige ontsag…of hulle nou goedhartig

en vriendelik is of onredelik” óf

“maar om lyding te verdra, wanneer julle

goed doen, dit is genade van God”.

‘n Mens kan eintlik sê ons kort ’n tweede

reformasie, volgens Brian McLaren. Die

eerste reformasie het gegaan oor reg glo –

wat ons goed doen. Die tweede reformasie

gaan oor reg doen en reg leef (om

integriteit aan die “reg glo” te gee) – dis

waaroor die Koninkryk van God gaan, maar

op die gebied van reg doen en reg leef,

vaar sommige Christene nie te goed nie.

Tog is daar gelukkig sommige wat wel die

genade ontvang het om integriteit te gee

aan wat hulle gesê het hulle glo. Op Martin

Luther King se begrafnis het sy dogtertjie

aan sy vrou gevra: “Mommy, must we hate

the man that killed Daddy?” Sy vrou het

haar geantwoord: “No, your Father wouldn’t

want it”. Ek dink nogal ons praat van albei

pa’s – ons Hemelse en aardse Pa.

Iemand het eendag gesê: “There is no

revenge so complete as forgiveness”. Dit is

hoe ons as gelowiges lewe...dit is wanneer

ons genoeg omgee om Sy voorbeeld te

volg. Ons het ‘n keuse – mag ons die

genade daartoe kry.

MAATSKAPPYNUUS

Onthou jou

wapenlisensie

Dit is weer tyd om jou geweer af te stof en seker te maak dat jou wapenlisensie in plek is,

want die jagseisoen het aangebreek.

Dié magasynafdeling by die KLK Handelswinkel op Upington verkoop ‘n verskeidenheid

van jagtoebehore – vanaf nuwe vuurwapens (nie tweedehandse nie), kruit,

patrone, messe, verkykers, flits- en jagligte tot teleskope.

“Wanneer ‘n kliënt wapen- of ammunisie-aankope by dié afdeling doen moet hy/sy ‘n

bewys van sy/haar wapenlisensie toon. ‘n Bewys van ‘n bevoegdheidsertifikaat is

opsioneel,” het Arie van Wyk (magasynbeheerbeampte: Uping ton Handel) gesê. Arie

sê verder dat kliënte nog hul ou wapenlisensies as bewys mag toon.

“Om agter die magasyntoonbank te kan werk, beskik ons oor ‘n handelaarslisensie

asook ‘n bevoegdheidsertifikaat,” aldus Renier Swanepoel (assistentbestuurder:

Upington Handel).

Dit is nie aldag dat kliënte met die personeel

in die werkswinkel van ‘n motor -

handelaar te doen kry nie. Dit is juis

waarom KLK Gesprek besluit het om dié

personeel van Oranje Nissan aan u voor

te stel.

Buiten Oranje Nissan fabrikate diens ons

ook alle ander fabrikate by ons werks -

winkel op Upington. Vir meer inligting

skakel gerus vir Sarel Vorster of Marguerite

Laurence-Van Zyl by (054) 338-8000.

Die werkswinkelspan is voor van links: Johan

Hanekom, Tom Esau, Hendrik Cooper, Stoffel

Padmaker en Samson Silo. Agter is Frans

Groenewald, Marguerite Laurence-Van Zyl, Alwyn

du Preez, Sarel Vorster en Hennie Rich.

6 – Mei 2010 www.klk.co.za

Renier Swanepoel (links) en

Arie van Wyk voor sommige

van die gewere wat verkoop

word, asook gewere wat nog

deur die polisie gelisensieer

moet word.

Die personeel agter

Oranje Nissan se skerm

Die verkopespan sien jy met die intrapslag by

Oranje Nissan. Van links is Piet van Rooi, Lorita

Olivier, Sophia Botha, Marlene Lourence en

Kobus Louw.

Die administrasiepersoneel is van links: Vonnie

Deyer, Rona Rykheer, Hennie de Witt en Matty

Hanekom.

MAATSKAPPYNUUS

Die basis van ons denke

en optrede (Deel 3)

In die vorige twee uitgawes was die fokus op persepsies en hoe dit ons denke en optrede beïnvloed. In hierdie uitgawe kyk ons na die

gedragsnorme wat vereis word vir doeltreffende verhoudinge.

1. Vertroue

Dit stel jou in staat om:

• Mekaar te aanvaar sonder om die bona fides van mekaar se

aksies te bevraagteken;

• Eenvoudige ooreenkomste aan te gaan en daarby te hou;

• ‘n Openlike, duidelike en eerlike wyse van kommunikasie te

ontwikkel;

• Mekaar se belange en doelwitte te beskerm en te ondersteun;

• Werklike begrip vir mekaar te ontwikkel.

2. Aanvaarding van individuele verskille

Die spesifieke gedrag wat beklemtoon word, is:

• Die bereidwilligheid om na ander se sienings te luister, sonder

om dit te verwerp;

• Die bereidwilligheid om eie menings en behoeftes op ‘n selfgeldende

wyse bekend te maak;

• Die bereidwilligheid om “oop” te maak en individuele verde -

digende posisies te laat vaar;

• Die erkenning van foute en aanvaarding van die reg om foute

te begaan.

3. Terugvoering

Dit word gebruik om te bepaal in hoe ‘n mate:

• My gedrag ander mense beïnvloed;

www.klk.co.za

• Ek bereid is om na ander se siening van my eie gedrag te

luister, sonder om verdedigend te wees;

• Ek verdedigende emosies, wat deur kritiek ontlok word, op ‘n

gesonde manier hanteer.

4. Probleemoplossing

Wees daarop ingestel om:

• Op feite te konsentreer en persepsies te toets vir akkuraatheid;

• Eerder vir oplossings te soek as om tekortkominge te aanvaar;

• Die betekenisvolheid van feite te toets en krities te wees

teenoor irrelevante inligting;

• Oplossings effektief te implementeer.

5. Laat vaar die verlede

• Moenie tyd verspil op kwade gevoelens, spyt en ‘n verlies

aan selfvertroue nie;

• Betreur foute en mislukkings, maar hanteer dit begrypend en

positief;

• Vergewe ander se foute, gebrek aan diplomatiese optrede en

onregverdigheid;

• Leer uit jou eie en ander se foute.

ARTIKEL GESKRYF DEUR COBUS BOOYSEN (BESTUURDER: MENSLIKE

HULPBRONNE, KLK).

Fakture nie meer by maandstate aangeheg nie

KLK Landbou Beperk het elke maand ‘n afskrif van al die krediet -

belastingfakture, wat die transaksies verteenwoordig vir daardie

maand, by die maandstaat aangeheg. Dié praktyk sal vanaf

Junie opgeskort word.

“KLK Landbou poog om verantwoordelik op te tree teenoor die

natuur en dit is maar een van die inisiatiewe om papier en ink

te bespaar. Dit sal ook die tyd waarteen die maandstaat uitge -

stuur word bespoedig en die doelwit is dat die maandstate nie

later as die vyfde van die maand gepos word nie,” verduidelik

Juan van der Merwe (bestuurder: IT).

Juan sê verder dat die nuwe rekenaarstelsel dit moontlik maak

om spoedig afskrifte van fakture te voorsien as dit deur ‘n kliënt

benodig word. “Daar word gepoog om alle kontantfakture slegs

op kasregisterformaat te druk, wat ‘n groot kostebesparing sal

wees,” het Juan gesê.

Kliënte is welkom om verlore fakture aan te vra. Die KLK ITafdeling

is ook besig met ‘n proses om die laaste twee maande

se fakture op die Internet beskikbaar te stel. U kan ‘n e-pos

stuur aan admin@klk.co.za of vir Wilna Esterhuizen kontak by

(054) 337-6200. Alternatiewelik kan u op die KLK webtuiste by

www.klk.co.za registreer en die verlangde dokumente herdruk,

sodra dit beskikbaar is.

Kliënte word versoek om toe te sien dat hulle (of hul verteen -

woordiger) die oorspronklike belastingfaktuur wat by die handelspunt

uitgereik word teken en behou met ontvangs van die

aankope. Fakture waarvan u nie ‘n afskrif ontvang het nie, soos

versekeringsfakture, sal steeds by u staat aangeheg word.

Mei 2010 – 7

Veilingdatums

ook per sms

Buiten die sms wat jy van KLK se spesiale

aanbiedinge by al ons Handel- en Build ittakke

kan ontvang, kan jy nou ook op die web

by www.klk.co.za registreer om die datums

van Upington veilings per sms te ontvang. Jy

hoef nie in besit van ‘n KLK lidnommer te

wees om vir dié gratis diens te registreer nie.

KLK Gesprek is 'n nuusblad wat vier keer per jaar namens

KLK deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl * (054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

8 – Mei 2010

In gesprek met... Charl Viljoen

Van produksie tot bemarking

– dit doen Charl self

Groot deel van sy welslae kan toegeskryf word aan sy uitstekende menseverhoudinge en die motivering van sy plaaswerkers. Só beskryf Charl

’NViljoen van Postmasburg se vrou, Nelia, haar man se sukses.

Ruth Davies van Infoworks het meer oor

sy uitgebreide boerdery, wat sy eie

voerkrale, abattoir en slaghuis insluit,

gaan uitvind.

Charl en sy vrou, Nelia, woon op Olien -

fontein, net buite Postmasburg, op die

Witsandpad. Charl bedryf ‘n uitge breide

boerdery op verskeie plase, onder andere,

Geelbult wat hy by sy oorlede pa, Boet,

geërf het. Hy boer hoofsaaklik met bees-,

skaap- en boerbokke.

Boerdery en slaghuis

Charl het ‘n voerkraal op Olienfontein,

waar daar deurentyd 400 lammers gevoer

word. “Buite die lamseisoen koop ek lammers

aan en al die voer vir die voerkraal

produseer ek self,” sê Charl. Hy het sy eie

slagpale (wat aan al die standaarde van ‘n

abattoir voldoen) op die plaas. Dit kom

baie handig te pas, aangesien hy en sy

vrou die eienaars van die Sentrale Slag -

huis op die dorp is.

Om in die behoefte van die voerkraal te

voorsien, boer Charl – in samewerking

met sy swaer, Pieter van Niekerk – met

lusern, grondbone en hawer op die

Vaalharts-besproeiingskema.

Hy glo dat die oog van die boer sy bees

vet maak. Naas sy gesin, is sy diere baie

belangrik. Om dié rede, hou hy sy weiding

in ‘n goeie toestand, “want dit sorg weer

dat my diere in ‘n goeie kondisie is,” sê

hy. Koos Grobler, sy plaasbestuurder, en

sy getroue plaaswerkers, staan hom by in

sy vele boerdery-verpligtinge.

Om die middelman uit te skakel, begin hy

en Nelia in 1991 hul eie slaghuis op die

plaas. Toe hulle die Sentrale Slaghuis op

Postmasburg in 1994 koop, het hulle die

plaasslaghuis toegemaak.

Vrye tyd

“Gesinstyd is vir ons baie kosbaar. As die

kinders by die huis is, braai ons elke

aand,” vertel Charl. Charl en Nelia het drie

pragtige kinders: Tarien (26), werk in die

Menslike Hulpbronne departement by

Anglo American. Liesl (23) is besig met

haar meestersgraad in Bemarking aan die

Universiteit van die Vrystaat en Altus (19)

is ‘n ingenieurstudent aan die Universiteit

van Stellenbosch. As daar dalk nog êrens

‘n tydjie afgeknyp kan word, speel Charl

‘n potjie gholf en hou hy van jag en visvang.

Trivia oor Charl

• In 1976 matrikuleer hy aan die Hoër

Landbouskool op Jan Kempdorp.

• In 1982 verwerf hy sy B.Sc Land bou -

graad aan die Universiteit van die

Vrystaat.

• In 1983 trou hy en Nelia en begin boer

onder sy pa, Boet, se wakende oog.

• Hy is sedert 1983 ‘n kliënt van TOK

(later KLK).

• Vanaf 1986 tot 1988 boer hy op Umub in

die suide van Namibië met Dorpers en

Karakoelskape.

• Hy dien al vir drie jaar op die RPO se

uitvoerende bestuur.

• Sy gunstelingkos is braaivleis, afval en

ingelegde perskes.

www.klk.co.za

REDAKSIE

Ruth Davies (018) 468-2716 • 083 583 5243 • ruth@infoworks.biz

Johan Smit (018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks (018) 468-2716 • www.infoworks.biz

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

kontak vir Ilse van Zyl.

Charl by sy Dorpers op Olienfontein, met sy lusern

op die agtergrond.

Charl se vrou, Nelia, bestuur die Sentrale Slaghuis

op Postmas burg en behartig ook die boeke van die

boerdery.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!