Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...
Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...
Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Landbou Landbou Beperk Beperk •• Mei Maart 2009

KLK KLK 2008

van van

Amptelike Amptelike nuusblad nuusblad

1/2008 2/2009 •• Vol Vol

Implementering van nuwe

rekenaarstelsel skop af

KLK het onlangs begin beplan om ‘n nuwe rekenaarstelsel by Hoofkantoor sowel as by die 23 handelstakke in die Noord-Kaap te implementeer.

Deur dié projek strewe KLK daarna om doeltreffendheid te maksimaliseer.

“Die behoefte om die volle voordeel van ‘n moderne besigheid -

stelsel en tegnologie in te span om KLK strategies te ondersteun

en te help ontwikkel en groei, het KLK genoop om tegnologies

aan te pas,” het Juan van der Merwe (Bestuurder: IT) gesê.

KLK maak tans gebruik van verouderde en inhuis ontwikkelde

stelsels wat nie meer in die groeiende behoeftes van KLK kan

voorsien nie. Daarom het KLK vir ATS Mirlem, ‘n besigheid vennoot

van Softline Accpac, gekontrakteer om hierdie stelsels te

vervang met ‘n stelsel wat KLK ‘n mededingende voordeel sal

bied deur operasionele effektiwiteit te verhoog om mettertyd

kostes te bespaar.

Juan verduidelik dat die produktiwiteit binne KLK sal verhoog,

omdat data geïntegreer sal word en die tyd wat verlore gegaan

het om data te versamel, nou aangewend sal word om data te

analiseer.

Kliënte sal die nuwe stelsel eerstehands by KLK se punt van

verkope kan ervaar. “Alhoewel handelsvoorraad die duurste bate

van KLK is, bly die grootste uitdaging om uitstaande kliëntediens

te lewer, waarvan die belangrikste is om die regte produk, op

die regte tyd, teen die regte prys aan die kliënt te lewer,” het

Juan gesê.

Hy sê verder dat inligtingstegnologie in die verlede as ‘n luukse

beskou is, terwyl dit vandag die sleutel tot ‘n suksesvolle

besigheidsmodel vorm. “KLK wil nie net weet wat die totale

verkope is nie, maar ons wil ook weet watter produkte verkoop is,

waar en wanneer dit verkoop is.”

Om verdere kliënteverhoudings en kommunikasie te verbeter sal

kliënte eersdaags per pos versoek word om hul persoonlike/

besigheidsbesonderhede aan KLK te bevestig. Dit is noodsaaklik

dat die huidige inligting gekontroleer word en dat die regte inligting

oorgedra word na die nuwe stelsel. KLK doen daarom ‘n

beroep op kliënte om die vorm so gou as moontlik te voltooi en

by enige KLK bedryfspunt in te handig, of stuur dit per e-pos na

admin@klk.co.za.

• Lees meer in die volgende KLK Gesprek uitgawes oor die

vordering van dié projek.

Bakgat, Koos!

Koos Becker van Arimagham Trust (links) is as die

wenner van die enkellam en groeplam aan die haak

by die karkaskompetisie op Upington in April aan -

gewys. Hy is ook as die wenner van enkellam en

groeplam op die hoef aangewys. By hom is Jan van

Wyk, van Virbac, wat die kompetisie geborg het.

Om die uitslae en nog foto’s van dié kompetisie te

sien, blaai na bladsy drie.
Aan die woord

STEPHEN VAN HUYSSTEEN

– BESTURENDE DIREKTEUR VAN KLK

Nuwe tegnologie is

noodsaaklik

Die veranderde en kompeterende landbouomgewing

en behoeftes binne landboubesighede

het oor die afgelope dekade nuwe

uitdagings aan landbouers en landboumaat -

skappye gestel. Die uitdaging om aan te pas

en relevant te wees is ook op KLK van

toepassing.

KLK het geografies uitgebrei, maar ook in

industrieë investeer, waar gevorderde inligtingstegnologie

noodsaaklik is.

Gedurende die afgelope twee dekades is die

rekenaarstelsels van KLK intern ontwikkel en

aangepas om aan die behoeftes te voldoen.

KLK se IT-afdeling het dit moontlik gemaak

om oor ‘n lang periode die nodige stelsels te

ontwikkel en ondersteuning te verskaf.

Die veranderde besigheidsbehoeftes binne

KLK, die groot hoeveelheid handstelsels en

intervensies wat tans plaasvind en die verskillende

rekenaarstelsels wat tans bedryf word,

bemoeilik die integrasie van bestuur- en

bedryfsinligting.

KLK het gevolglik besluit om te belê in ‘n

rekenaarstelsel wat die besigheidsprosesse

beter integreer, die spoed van verslagdoening

versnel en bestuurinligting kan verskaf

wat die operasionele behoeftes en strategiese

doelwitte beter sal ondersteun.

Die implementering van ‘n nuwe stelsel is ‘n

wesenlike belegging en daarom is die dienste

van ‘n onafhanklike konsultant, die ouditeure

van PriceWaterhouseCoopers, gebruik in die

seleksie van ‘n geskikte rekenaarstelsel.

Die doel met die nuwe rekenaarstelsel is op

die volgende fokusareas en voordele gerig:

• Kernbesighede van KLK;

• Debiteurebestuur en kommunikasie;

• Voorraad- en aankopebestuur vir handel;

• Verbeterde dienslewering;

• Beter marges; en

• Kliënte verhoudingsinligting.

U kan aflei dat die voordele en fokusareas

hierbo, vir u as kliënt, produsent en aandeelhouer

tot voordeel gaan wees. Vir KLK as

besigheid is hierdie ‘n groot sprong! Die projek

en implementering word oor ‘n twaalf

maande periode beplan. KLK sien uit na die

voordele wat hierdie belegging in inligtings -

tegnologie gaan oplewer.

2 – Mei 2009

MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Meer om van te kies

KLK Versekering het ‘n samewerkingsooreenkoms met Absa gesluit, wat beteken dat aandeelhouers

en kliënte nou ‘n keuse het van ‘n groter verskeidenheid produkte.

Die ooreenkoms behels dat jy steeds deur ‘n adviseur van KLK gediens word, maar

dat die produkte en dienste wat Absa se Versekering- en Finansiële adviseurs jou

bied, waarde vir jou kan toevoeg deur dit wat jou portefeulje die beste pas, aan jou

beskikbaar te stel. “KLK sien hierdie alliansie as ‘n wen-wen strategie vir alle partye,

aangesien dit ook groei en uitbreiding van ons bestaande kliënte/ledetal insluit en

gevolglik lei tot ‘n groter en meer mededingende besigheid,” het Stephen van

Huyssteen (Besturende Direkteur: KLK) gesê.

KLK Versekering brei ook uit deur addisionele fasiliteite en mannekrag in die Calvinia,

Kuruman en Postmasburg omgewing beskikbaar te stel, asook deur ‘n addisionele

adviseur op Upington te vestig. Indien jou portefeulje nog nie hersien is nie, sal jy binnekort

gekontak word. Om meer oor die nuwe produkte uit te vind, skakel gerus vir

Hannes Botha of Marlene van Zyl van Upington by (054) 337-6277.

Van Ooskus na Weskus

met een tenk brandstof

Suid-Afrika se mees ekonomiese voertuig is

hier – die nuwe Nissan X-Trail 2.0 dCi! Die

motor is getoetsbestuur van Alex anderbaai tot

by Richardsbaai (die langste Oos- tot Weslyn)

teen ‘n gemiddelde spoed van 90 km/u. Dit is

die enigste 4x2 Diesel in sy klas, wat ‘n brandstofverbruik

van minder as 4,8 liter/100 km

het. Dit word verkoop met ‘n standaard diensplan

van 3 jaar/90 000 km en ‘n fabriekswaarborg

van 3 jaar/100 000 km.

Om die nuwe Nissan X-Trail te toetsbestuur of vir meer inligting skakel Anina van Zyl

(Verkoopsbestuurder: Oranje Nissan) of Melanie Swiegers (Verkoopskonsultant:

Oranje Nissan) by (054) 338-8000.

Die hoeksteen van KLK

Dié Menslike Hulpbronne span by KLK maak seker dat die 720 permanente personeel

binne die maatskappy gelukkig is, wat verseker dat die personeel weer op hul

beurt vir jou as KLK kliënt en/of aandeelhouer die beste diens gee.

Hulle verantwoordelikhede sluit in:

• Die betaling van salarisse;

• Om alle personeelbeleide te evalueer, verander en in stand te hou;

• Die samestelling, implementering en uitvoering van strategieë; en

• Arbeidsverhoudinge.

Van links is: Sarie Geldenhuys, Estelle Lou rens,

Cobus Booysen en Zuzel Jonck.

“Ons afdeling se doelwit is om binne

die volgende drie jaar ‘n professionele

departement, wat voldoen aan die

beste praktyke binne die personeel

bestuurspektrum, te vestig,” het

Cobus Booysen (Bestuurder: Menslike

Hulpbronne) gesê. Die afdeling is tans

besig met ‘n prestasiemetingproses.

“Deel van die groter strategie is om

prestasiegedrewenheid en eienaar -

skap by personeel te vestig,” het

Cobus gesê.
MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Produsente blink uit by

karkaskompetisie

Die eerste KLK karkaskompetisie vir 2009 is op 1 April by die Voerkrale op

Upington gehou. Die aan die haak beoordeling het op 3 April by die abattoir

op Upington plaasgevind.

Die deelnemers het weer vanjaar die beste van hul kudde uitgehaal en

met ‘n handvol pryse huis toe gestap. Die wenners van dié kompetisie

dring deur na die nasionale karkaskompetisie later vanjaar, waar hulle

teen van die topprodusente in die land meeding.

Uitslae

Slaglam

Enkellam op die hoef

Groep op die hoef

1. Koos Becker 1. Arimigham Trust

2. Arimigham Trust 2. Abrie Maritz

3. Gideon Hoon 3. Koos Becker

Enkellam aan die haak Groep aan die haak

1. Arimagham Trust 99,78% 1. Arimagham Trust 96,37%

2. Arimagham Trust 99,52% 2. Koos Becker 95,60%

3. Abrie Maritz 98,70% 3. Arimagham Trust 95,07%

Slagbok

Enkellam op die hoef

Groep op die hoef

1. Dawid Kriel 1. Henning Koortzen

2. Dawid Kriel 2. Sarie Koortzen

3. S Koekemoer 3. Gideon Hoon

Enkellam aan die haak Groep aan die haak

1. Sarie Koortzen 99,87% 1. Sarie Koortzen 96,50%

2. Dawid Kriel 98,71% 2. Dawid Kriel 94,30%

3. Gideon Hoon 98,51% 3. Henning Koortzen 94,04%

Dié motortjie laat waai

Die Chevrolet Spark, ‘n ge -

wilde gunsteling vanaf sy be -

kendstelling in 1998, is in 70

lande beskikbaar. Die Spark

is ‘n praktiese, maklik-om-tebestuur

voertuig met ‘n aan -

treklike prysetiket.

Die Spark is beskikbaar in

drie modelle – die 0,8-liter L,

1,0-liter LS en 1,0-liter LT. Die Spark is ‘n ideale stadsmotortjie

wat die hoë brandstofpryse met sy suinige

gebruik hokslaan. Die Spark is nie net rats nie, maar pas

ook feitlik in enige parkeerspasie.

Alle Spark-modelle het ‘n fabriekswaarborg van drie jaar

of 100 000 km as standaard. Indien jy sou belangstel om

‘n Spark te toetsbestuur of enige navrae het, skakel

gerus die vriendelike verkoopsspan by Gordonia Motors

by (054) 337-6239/55.

Mei 2009 – 3

1: Salmon Becker (Upington).

2: Pieter Smith en Roelie Cloete, albei produsente van Mier.

3: Henning Koortzen (Askham) en Freddie Stolper (Voorsitter:

Gordonia Boerbokklub).

4: Gideon Hoon (Williston).

5: Dawid Kriel (Upington).

6: Een van die skape word geweeg en ‘n nommer opgespuit voordat

dit op die hoef beoordeel word.

Geur vleis volgens jou smaak

Die jagseisoen is hier en dit beteken dis weer tyd dat jou vrieskas en

jou maag met biltong gevul word. Maar wat is biltong of droëwors

sonder lekker speserye?

Besoek jou naaste KLK handelstak en kry ‘n wye verskeidenheid speserye

– van Russian, Plaaswors prima, Winchester tot Cheese Griller

– om jou biltong en droëwors ‘n heerlike smakie te gee. Jy kan ook ‘n

verskeidenheid dikte derms, biltongkerwers, worsstoppers, malers en

vleissae hier koop.

1 2

3 4

5

En moenie vergeet van die

belangrikste toerusting vir jou

jagnaweek nie – ammunisie en

jagtoebehore sal jy ook hier kan

kry. Skakel André Esterhuizen

(Verkope klerk: KLK Handel,

Uping ton) by (054) 337-6258 vir

meer inligting of besoek jou

naaste KLK handelstak.

André Esterhuizen sal jou

raad kan gee vir as dit by

jagtyd kom.

6
TEGNIES

Die gifhalsband.

Die proses

Ongediertes het die vermoë om ge -

dragspatrone aan te leer deur omgewingsgebeure.

As ‘n jakkals ingeroep

word tydens nagjag, word daar met ‘n

skerp lig na hom geskyn en geskiet (of

op ‘n ander dier naby aan hom). Hy sal

nie weer ingeroep word (sou hy dit oorleef)

as hy dieselfde roepgeluide en

gepaardgaande soeklig in die veld sou

teëkom nie.

Statistiek dui op geen afname van die

totale bevolking van jakkalse en rooikatte

nie, maar wel ‘n dramatiese toename

in die getal vee wat gevang word. ‘n

Oplossing is dus nog nie gevind vir die

probleem oor die langtermyn nie.

Die gevolg van PAL-klokkies

Klokkies moet aan alle potensiële prooi

aangebring word. Die klokkie kan drie

moontlike effekte op ongediertes hê wat

in die omgewing aktief is.

Dit mag geen effek op die roofdier hê nie

Dit gebeur gewoonlik met individuele

roofdiere wat territoriaal is en uitsluitlik

jag maak op natuurlike prooi. Hierdie

diere hou ander potensiële ongediertes

uit sy loopgebied, oorleef en maak sy

nageslag groot op natuurlike prooi, sonder

dat veeverliese gely word.

Die klokkie wat om die dier se nek aangebring word.

Die stryd teen

ongediertes

– gebruik die Protect-A-Lamb (PAL) klokkies

PAL-klokkies word deur baie produsente suksesvol gebruik om verliese deur roofdiere te

beperk asook om ongediertes te identifiseer.

Dit mag die ongediertes afskrik

Waar ‘n ongedierte reeds besig is om

lammers te vang, wek die vreemde klank

soveel agterdog, dat hy nie verder vang

nie. Die ondier moet binne die eerste

paar dae nadat die klokkies aangebring

is doodgemaak word, omdat die roofdier

beter reageer op aasreuk en roepgeluide

as hy honger is.

As die ongedierte nie sy vrees oorkom

om die lammers met die klokkies te vang

nie, sal dit later die gebied verlaat om

prooi op ‘n ander plek te soek. Hou net

aan om die klokkies aan te bring op alle

diere wat potensiële prooi kan wees.

Dit mag ongediertes aantrek

Klokkies wat deurlopend op al die lammers

aangebring word, terwyl roofdiere

nie gedood word nie, bied individuele

roof diere die geleentheid om tot territoriale

diere te ontwikkel.

Sou hierdie territoriale roofdier deurlopend

aan die geluid blootgestel wees

en hy om die een of ander rede gedwing

word om lammers met ‘n klokkie aan te

vang, sal die geluid die ongedierte in die

toekoms aantrek omdat hy dit met prooi

(sonder enige onaangename ervaring)

assosieer.

Dié aangeleerde gedragspatroon (om

lammers met klokkies aan te vang) is

baie handig in die gebruik van gifhalsbande

(ook vervaardig deur PAL). In

hierdie situasie is die dier gewoonlik

reeds territoriaal en gewoond om in ‘n

sekere kamp te jag. Daar kan dus ‘n tei -

kengroep van lammers, elk met ‘n klokkie

én gifhalsband, teen ongeveer 1 per

25 ha in die kamp teruggeplaas word en

die diere van die kudde kan na ‘n aangrensende

kamp verskuif word.

Die ongedierte het nou geleer om lammers

met klokkies te vang en daarom

kan hy die teikengroep maklik opspoor.

Hy is oortuig dat dit prooi is wanneer hy

die geluid hoor, maar is nie bewus van

die gifhalsbande nie.

Omdat dit dieselfde prooi is waaraan hy

gewoond is, in dieselfde kamp met dieselfde

klank, veroorsaak dit dat hy maklik

weer so ‘n lam vang. As hy die lam

vang en die gifhalsband stukkend byt,

vrek die ongedierte en kan die gifhalsbande

verwyder word en weer met die

klokkies op lammers voortgegaan word.

Hoe om klokkies aan te wend

Die band van die klokkie is ‘n sirkel. Om

koste te bespaar is daar nie ‘n gespe

waarmee dit korter of langer gestel kan

word nie. Die klokkie moet so vroeg as

moontlik aangebring word (selfs dag -

oud). Dit het geen effek op die ooi/lamverhouding

nie.

Die band moet so gestel word dat ‘n

speling van vier vingers tussen die lam

se nek en die band gelos word vir groei.

Dit word gedoen deur ‘n gedeelte van die

band dubbel op mekaar te vou en drie

krammetjies met ‘n swaardienskrammasjien

(wat ook deur PAL of KLK ver -

koop word) op elk van die twee voue aan

te bring. Verwyder die klokkies as die

lammers groot genoeg is om nie meer

deur roofdiere gevang te word nie.

Kontak Eddie Steenkamp (Bestuurder:

Protect-A-Lamb) by (022) 723-1842 of

stuur ‘n e-pos na www.protect-a-lamb.

com of skakel jou naaste KLK handelstak.

ARTIKEL GESKRYF DEUR EDDIE STEENKAMP.
TEGNIES

Diatome vir beter

dieregesondheid

Diatoms Organiese Dieregesondheid (DOD) is ‘n unieke onderneming wat daarin kon

slaag om diatome (‘n mikroskopiese klein skelet) te ontwikkel sodat dit in dierevoer of

lek ingemeng kan word.

Dit beteken dat die boer sy dosering

heeltemal kan uitskakel of drasties kan

verminder, die dier beter laat groei en

ook beter lampersentasies tot gevolg

het. Hierdie produk van DOD word dus

outomaties deur die dier, deur die lek of

voer ingeneem en staan bekend as

Diatoms Konsentraat. Hoë kwaliteit

diatome, wat plaaslik ontwikkel is om

algemene dieregesondheid te verbeter,

kom slegs in die Noord-Kaap voor.

Oor tyd het ‘n geweldige weerstand

begin opbou teen die effektiewe

behandeling van parasiete ten opsigte

van chemiese middels. Dit word deur ‘n

verslag bevestig wat deur plaaslike

wetenskaplikes opgestel is en op aanvraag

beskikbaar is.

Teen hierdie agtergrond, ook met die

klem op meer natuurlike dieregesondheid,

wat weer lei tot hoër produksie -

vlakke en hoër gehalte diereproduksie,

het DOD toegetree om die leemte te vul

wat in die mark bestaan om aan produsente

‘n keuse te bied tussen ‘n

organiese of chemiese roete.

Uitgebreide proewe deur Amerikaanse

en Britse universiteite asook plaaslike

abattoirs en boere bevestig die werking

van dié konsentraat, deur dit in lek of

voer in te meng. Dit is ook interessant

dat tot 52% van alle Amerikaanse diatoomproduksie

na veevoermaatskappye

gaan vir inmenging in lekke en

voere.

Die voordele met die inmeng van

Diatoms Konsentraat in lek of voer is

die volgende:

• Swaarder lam (800 g tot 4 kg/lam

lewen de massa);

• Hoër vrugbaarheidsvlakke, vanweë

twaalf spoorelemente, dus meer lammers/100

ooie;

• Die uitskakel of drastiese vermindering

van dosering, wat weer minder

hantering van die dier tot gevolg het,

want diatome word in die lek of voer

ingemeng en só vanself deur die dier

ingeneem;

• Dit tree op as ‘n katalis om fosfaat

beter vas te lê in die beenstruktuur,

wat beteken dat minder fosfaat aan -

gekoop kan word;

• ‘n Onafhanklike abattoirtoets in Kuru -

man het getoon dat tot soveel as

80% lewers goedgekeur word, met

die gebruik van Diatoms Konsen -

traat; en

• Hoër gehalte natuurliker vleis, wat lei

tot `n premie op die prys.

Uitgebreide proewe word veral plaaslik

gedoen. ‘n Goeie voorbeeld is Jan

Celliers en sy seun Jannie, wat baie

groot sukses behaal het op die plase

Uithoek en Arbeid Adel. Hulle het baie

kostes aan dosering en arbeid bespaar.

Die Diatome-reeks is nou uitgebrei tot

vyf produkte:

• Diatoms Konsentraat (reg V20435).

Die registrasie is spesifiek vir interne

gesondheid;

• Diatoms Rolmateriaal vir eksterne

gebruik;

• Diatoms Silika Wildsblok;

• Fostec P6 wat met diatome verryk

is; en

• TLC hondekos wat tans die enigste

hondekos is wat diatome bevat.

Diatoms Konsentraat is reeds by alle

KLK handelstakke beskikbaar. Vir meer

inligting stuur ‘n e-pos aan Izak Maritz

(Bestuurder: Navorsing en ontwikke -

ling, DOD) by isakmaritz@gmail.com.

ARTIKEL GESKRYF DEUR IZAK MARITZ.

Mei 2009 – 5

Marksake

DEON HEYNS

– BESTUURDER: MEATTRUST

Rooivleispryse

effe duurder

as verwag

Dit bly maar moeilik om die kristalbal van

pryse en marktendense te lees. Die verwag -

ting was ‘n nou pryskanaal van Januarie tot

Junie en toe is daar ‘n gemiddelde styging

van 10% op skaapvleis en 8,25% op bees

tussen die nuwejaar en Paasnaweek.

Week 15 van verlede jaar se prys vir A2 lam

was R28,30 teenoor vanjaar se R31,50 – ’n

styging van 11,3%. B2 bees se prys was

R17,50 teenoor vanjaar se R18,70 – ‘n styging

van 6,9%. Uiteraard is dit wonderlike nuus.

Die feit dat die KLK gebied relatief goeie toestande

beleef, tesame met goeie lammer -

oeste, beteken dat die Noord-Kaap en

Namibië vol op diere beskikbaar het vir Maart

tot Mei en selfs dalk nog vir Junie ook. Dit

beteken dat die grootste lamvleis produ -

serende gebiede in die land in topproduksie

is. Dit beteken nog steeds pryse is in ‘n nou

kanaal tot einde Junie en ‘n mens hoop van

harte dat die huidige vlakke van pryse

gehandhaaf sal kan word.

Produsente bly op ‘n risiko vir ‘n daling om -

dat die ekonomie vir die verbruiker van die

produk nog nie eintlik verander het nie. Die

pryse van vervangende produkte, soos hoender

en vis, is egter ook nie goedkoop nie en

help dit baie om die pryse te stut. Beesvleis

se vooruitsig is redelik dieselfde. Daar is ’n

stadig dalende tendens in die beesmark met

‘n daling van ongeveer 5% sedert die hoog -

tepunt in begin Januarie. Die verwagting is

die prys op die huidige vlakke en effe laer tot

min of meer laat Julie met ‘n matige styging

daarna.

Produsente moet ook weet dat hulle aan internasionale

handel blootgestel is. Dit be teken

dat die handel in Suid-Afrika altyd die som sal

maak om te sien of dit nie goedkoper sal

wees om ‘n deel van sy rooivleisdeurset met

ingevoerde alternatiewe te vervang nie. Dit is

daarom vir die plaaslike bedryf belangrik dat

daar konstante beskikbaarheid van die produk

moet wees, met ‘n so na as moontlik stabiele

prys en kwaliteit.

Dit is baie moeilik om dit met skaapvleis in

Suid-Afrika reg te kry, omdat produsente so

ekstensief boer en die klimaatsomstandig -

hede so wyd varieer. Bees, vark en hoender

het dit al grotendeels reggekry, omdat alles

in daardie bedrywe intensief afgerond word.

Dit het tyd geword dat produsente koppe

bymekaar moet sit om dieselfde ook in die

skaapvleisbedryf reg te kry. Dit is dalk iets

om oor na te dink…
Pitkos vir die siel

WIEHAHN MARITZ

Maak hoop en

geloof deel van

jou leefwyse

“Toe daar geen hoop meer was nie, het

Abraham nog gehoop en geglo, en so die

vader van baie nasies geword volgens die

belofte: ‘So sal jou nageslag wees’. Hy was

ook ten volle daarvan oortuig dat God mag

het om te doen wat Hy beloof het.” Rom

4:18; 21

Toe daar geen hoop meer was nie, het

Abraham nog steeds gehoop en ge glo...

(vers 18). Wat lê agter ons hoop én geloof?

In kort – om vir God op Sy woord te vat.

Twee dinge waaraan ons as ge lowiges aangaande

God herinner word, is eerstens: ‘n

belofte wat God maak, hou Hy! Jy kry twee

Griekse woorde wat vir “belofte” gebruik

kan word: Huposchesis – dit is ’n belofte

met voorwaardes. Ek belowe om dit te

doen as jy belowe om dat te doen.

Epaggelia – ’n be lofte wat uit die goedheid

van iemand anders se hart onvoorwaardelik

gemaak word. Dit is hierdie laasgenoemde

woord wat Paulus hier as belofte

gebruik. God sal sy belofte hou, maak nie

saak wat gebeur nie.

Tweedens – alles is genade! As jy dit snap,

word hoop én geloof deel van jou leefwyse

(vers 17)! Donald McCullough skryf: “Ge -

nade beteken dat in die middel van ons

stryd en gesukkel, die skeidsregter die

eindfluitjie blaas. Ons word as wenners ver -

klaar en storte toe gestuur.” Genade bete -

ken dat God aan ons kant is. Ons is dus

wenners deur Jesus se opoffering, ongeag

hoe goed ons die spel gespeel het.

Dit is hoe God wil hê ek en jy moet hoop.

Dit is daarom tragies om hoop in God se

beloftes te verloor, want buiten dít is daar

geen ander hoop nie. Hoop is egter om van

die oortuiging te bly dat God die mag het

om te doen wat hy beloof het (vers 21).

Ek het gelees van ’n filosoof wat eenkeer

oor hoop gesê het: “Dit is om seker te wees

dat daar ’n oseaan is, omdat ek ’n spruitjie

gesien het.” Jesus het self by geleentheid

gesê: “Gelukkig is die wat nie gesien het

nie en tog glo” (Johannes 20:29). Mag God

jou en my hierin genadig wees.

6 – Mei 2009

LEWENDEHAWE

Boerbokram opgeveil

vir R50 000

KLK Landbou Bpk het op 18 Maart ’n veiling gehou met die boerbokstoet van Hannes de Witt

asook die Dahenca 5 dorpers en witdorpers van Hannes en Dawid Kriel.

Die hoogste prys vir ’n boerbokram was R50 000, wat betaal is deur Piet Karstens van

Upington. Piet het ook die hoogste prys van R20 000 vir ’n boerbokooi betaal.

Die hoogste prys van R30 000 is betaal vir ‘n dorperram. Die hoogste prys van

R16 000 is betaal vir ’n witdorperram deur Bertus van Niekerk van Kenhardt, terwyl

R4 200 betaal is vir ’n witdorperooi deur Lukas Burger van Griekwastad.

Die duurste boerbokram, Terri. Van links: Roelof

Slabbert (kleinseun van koper), Chris Hendriks

(afslaer van KLK), wat Oupa speel, Rudi Slabbert

(skoonseun van koper), Willem Steenkamp

(Karstens Boerdery), Riekie de Witt (verkoper van

Upington) en Hannes de Witt (verkoper van

Upington).

Produsente bie hoog vir dorpers

KLK Landbou Bpk het die 33ste Elite Dorperveiling op 25 Februarie op Upington

gehou. Die hoogste prys vir ’n dorperram, R22 000, is deur Gert Kotze van Upington

betaal vir ’n ram van Chris Fourie van Prieska.

Die tweede hoogste prys, R17 500, is betaal vir ’n dorperram van Rooidam

Dorperstoet van Sarel Strauss deur Ampie Vlok van Van Rooysvlei Boerdery. PJ du

Plessis van Upington het die hoogste prys, R6 000, vir ’n witdorperram van Toni Cahi

van Prieska betaal. R4 500 is betaal vir ’n dorperooi van Rooidam Dorperstoet deur

oom Izak Steyn van Upington.

Die omset op die veiling was R541 600. Chris Hendriks van KLK Landbou Bpk was die

afslaer.

Chris Hendriks (afslaer van KLK), Chris Fourie

(verkoper van Prieska) en Gert Kotze (koper van

Upington).

Die duurste dorperram. Van links: Willem

Steenkamp (hanteerder van KLK) en Hannes Kriel

(verkoper).

Sarel Strauss (verkoper), Ampie Vlok (koper) en

Niekie Cilliers (verkoper).
LEWENDEHAWE/AKTUEEL

Is die reën nou verby?

Na ’n seisoen waar goeie reën eers in Februarie voorgekom het en veeboere ’n lang trek

vanaf die winter gehad het sonder reën, lyk weidingstoestande oor die algemeen tans

redelik tot baie goed met die uitsondering van enkele kolle wat min reën gekry het.

Die gebrek aan opvolgreën voor die winter het egter veroorsaak dat die kwaliteit van

weiding nie baie goed is nie en dit is veral in kolle waar min reën die laaste paar

maande voorgekom het, waar probleme ondervind kan word met weiding in die

komende maande.

Die afgelope seisoen is gekenmerk deur ’n swak La Niña-verskynsel (koeler as normale

see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan) wat geheers het. Dit was egter

heelwat swakker ontwikkel as die La Niña-verskynsel van die 2007/2008-seisoen en

minder reën het ook voorgekom as die vorige seisoen.

Die draaipunt of koelste punt is alreeds in Februarie vanjaar bereik en dit lyk asof seetemperature

in die Stille Oseaan vir die res van die winter naby aan normaal behoort

te wees. Aanduidings is egter dat dit effens warmer as normaal kan word vanaf die

lente (Augustus/September 2009) met ’n moontlikheid van ’n swak El Niño (warmer as

normale see-temperature) in die somer van 2009/2010.

Wat kan die implikasies op reënval wees vir die volgende tyd?

Tradisioneel is die wintermaande baie droog en dit lyk asof vanjaar ook nie ’n uitsondering

gaan wees nie. Min of geen reën word verwag vir die winter, alhoewel die

ontwikkeling van ’n El Niño-verskynsel teen die lente dalk die kanse vir lentereëns kan

verhoog. Die verwagte neutrale tot effens warmer as normale see-temperature in die

sentrale Stille Oseaan vanaf midwinter kan veroorsaak

dat reën redelik skraps kan wees in die volgende

somerseisoen (2009/2010).

Die teenwoordigheid van ’n La Niña-verskynsel

voorspel gewoonlik goeie reënval oor die westelike

gedeeltes van die land, wat ’n groot gedeelte van

die Noord-Kaap insluit (soos die afgelope twee

seisoene). Ongelukkig het die El Niño ’n redelike

negatiewe effek op veral die midsomer-reënval en

ook in die Maart/April-periode wat ’n belangrike

periode is wat winterweiding, maar ook die volgende

lente en eerste deel van die somer, se

weiveldproduksie lewer.

Met die verwagte El Niño-ontwikkeling in die komende somerseisoen kan dit nogal

ernstige probleme skep en min reën tot gevolg hê in die kritiese somermaande. Dit is

veral gebiede waar daar die afgelope paar maande nie veel reën voorgekom het nie,

wat baie kwesbaar kan wees in die komende seisoen.

ARTIKEL GESKRYF DEUR JOHAN VAN DEN BERG (BESTUURDER: PRODUKONTWIKKELING, SANTAM

LANDBOU).

2 Upington

4 Kuruman

9 Upington

Veilingdatums vir Junie

Griekwastad

10 Winton

11 J Bouwer Karakoel

Upington

12 Postmasburg

16 Upington

Olifantshoek

17 Rooiwal Slagos Hoef

Askham Bokveiling

18 Kuruman

19 Rooiwal Slagos

Haak Upington

23 Upington

24 Caledonia

26 Postmasburg

30 Upington

VanZylsrus

Mei 2009 – 7

Prentjiemooi!

Goudgeel Askham! Na goeie reën in Februarie

in die Askham omgewing, het die veld sy asemrowende

kleure gewys.

Namibiër koop

karakoelram

KLK Landbou Bpk het op 25 Maart die Kara koel -

produk sie veiling van Johan Möller van Post mas -

burg gehou. Die hoogste prys vir ’n karakoelram

was R10 500, wat betaal is deur Jan Blaauw van

Keetmanshoop in Namibië. Van links: Johan

Möller (verkoper van Postmas burg), Chris

Hendriks (afslaer van KLK), Jan Blaauw (koper

van Namibië) en Willem Steenkamp (hanteer der

van KLK).

Kry verkoper se

besonderhede

híér

Besoek KLK se webtuiste om te sien wie jy in

jou omgewing kan kontak as jy diere van die

produsent self wil koop. Jy sal die verkoper

se besonderhede op die webtuiste kry –

kliek op die skakel Lewendehawe en dan op

Uit die hand verkope. Vir verdere navrae oor

die web skakel vir Wilna Esterhuizen (Dataadministrateur:

IT) of Adrie Biggs (Admini -

strasie-klerk: IT) by (054) 337-6296.
KLK Gesprek is 'n nuusblad wat vier keer per jaar

deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl * (054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

8 – Mei 2009

In gesprek met... Henk van Wyk

“Sweat it out”

Henk van Wyk (Vise-president: Agri Noord-Kaap) is die eerste seun van ‘n oud-voorsitter van die

Calvinia Landbou-unie (CLU). Henk is in 2002 ook tot voorsitter van die CLU verkies en in

Augustus 2006 is hy as die vise-president van Agri Noord-Kaap aangewys.

Calvinia al lank in sy bloed

Henk van Wyk is op 8 Januarie 1958 op

Calvinia gebore. “My eerste jare van groot -

word was op die plaas Vondelings fontein,

die familieplaas wat al ongeveer 250 jaar

in die Van Wyk’s se besit is, geleë in die

Roggeveld-streek naby Calvinia,” sê Henk.

Na skool het hy sy diensplig by die Suid-

Afrikaanse

Polisie (SAP) begin. In 1980 verlaat hy die

SAP en begin as ‘n veebemarker by

Vleissentraal te werk. “In hierdie tydperk

het ek verskeie kort kursusse in vee-, wolen

finansiële bestuur gedoen, wat my in

my latere boerderyloopbaan uitstekend

toegerus het.”

Vondelingsfontein was opgedeel in drie

stukke grond. Gedurende die 1990’s koop

hy twee stukke grond aan en begin ook

die ander stuk grond by sy pa te huur.

Op 22 Junie 1991 tree hy in die huwelik

met Ronell. Uit hul huwelik is drie dogters

gebore – Sandra (16), Jana (12) en

Hanke (5).

Met sy besige skedule, het hy maar min

tyd vir asemskep. “Op ‘n plaas met

gemengde boerdery, bestaan daar nie

so iets soos ledigheid nie. Daar is altyd

werk wat gedoen moet word of

gedoen kan word. Indien ek wel ‘n

ruskansie kry, lees ek graag oor

landbouverwante aangeleenthede

en geniet die natuurskoon en klowe

op my plaas.”

Meer oor Vondelingsfontein

Vandag boer Henk nog op die familie -

plaas, Vondelingsfontein. Dié plaas is

geleë in die winterreënvalstreek,

waar die gemiddelde

reënval, gemeet

sedert 1937, 420 mm

per jaar is.

REDAKSIE

Ruth Davies (018) 468-2716 • 083 583 5243 • ruth@infoworks.biz

Johan Smit (018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks (018) 468-2716 • www.infoworks.biz

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

kontak vir Ilse van Zyl.

Die Van Wyk gesin. Jana, Ronell, Hanke,

Henk en Sandra.

Henk boer tans met 1 500 dorperstoetooie

asook beeste en varke. Sedert 1981 is hy

geregistreer by die dorperstoettelerge -

nootskap en hy is ook ‘n bekende teler

van dorperramme. Die ander vertakking

van sy boerdery is 1 100 ha droëland

saaiery, waarop hoofsaaklik voergewasse

soos hawer, gars en lupiene verbou word.

Op sy plaas is ook 57 ha lusern wat deur

middel van vloedbesproeiing uit sy eie

opgaardamme besproei word.

“Boerdery is my lewe – veral die teling en

seleksie van stoetdiere is geweldig interessant.

My hoofdoelwit is om ‘n beter en

goed aangepaste dier op die veld groot te

maak en te bemark.”

Die beste besluit wat hy gedurende sy

boerderyloopbaan geneem het, was die

dag in 1990 toe hy sy merino’s verkoop

het en dit met dorpers vervang het,

hoewel hy op daardie stadium reeds

vir sewe jaar besig was om stoetdorpers

te teël.

Oor die toekoms van landbou, sê Henk,

sal daar ‘n tydelike finansiële insinking

wees. Sy raad aan produsente is ‘n

Engelse spreekwoord wat lui: “Sweat it

out”. “Met ander woorde wees geduldig,

konserwatief en beheer jou uitgawes en

kostes. Trek die gordel stywer en oor ‘n

jaar of twee sal ons almal sterker ander -

kant uitkom.”

Sy boodskap aan produsente in die

Noord-Kaap is: “Tree pro-aktief op, leef

jou Christelike waardes en opvoeding uit

en boer in oorleg met die natuurlike hulpbronne.

Onthou, landbou laat jou nie hoër

vlieg as wat jou vlerke lank is nie!”

“Om produsente op hulle grond winsgewend te laat boer, het jy sterk georganiseerde landbou met ‘n goed toegeruste, bereidwillige leierskorps nodig om vir die

produsent se voortbestaan te onderhandel en te baklei. Om werklik sinvol te onderhandel, is dit nodig dat elke produsent in die Noord-Kaap, deur sy grondvlak

boerevereniging aan Agri Noord-Kaap geaffilieer sal wees.”