02.05.2013 Views

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Aan die woord

STEPHEN VAN HUYSSTEEN

– BESTURENDE DIREKTEUR VAN KLK

Nuwe tegnologie is

noodsaaklik

Die veranderde en kompeterende landbouomgewing

en behoeftes binne landboubesighede

het oor die afgelope dekade nuwe

uitdagings aan landbouers en landboumaat -

skappye gestel. Die uitdaging om aan te pas

en relevant te wees is ook op KLK van

toepassing.

KLK het geografies uitgebrei, maar ook in

industrieë investeer, waar gevorderde inligtingstegnologie

noodsaaklik is.

Gedurende die afgelope twee dekades is die

rekenaarstelsels van KLK intern ontwikkel en

aangepas om aan die behoeftes te voldoen.

KLK se IT-afdeling het dit moontlik gemaak

om oor ‘n lang periode die nodige stelsels te

ontwikkel en ondersteuning te verskaf.

Die veranderde besigheidsbehoeftes binne

KLK, die groot hoeveelheid handstelsels en

intervensies wat tans plaasvind en die verskillende

rekenaarstelsels wat tans bedryf word,

bemoeilik die integrasie van bestuur- en

bedryfsinligting.

KLK het gevolglik besluit om te belê in ‘n

rekenaarstelsel wat die besigheidsprosesse

beter integreer, die spoed van verslagdoening

versnel en bestuurinligting kan verskaf

wat die operasionele behoeftes en strategiese

doelwitte beter sal ondersteun.

Die implementering van ‘n nuwe stelsel is ‘n

wesenlike belegging en daarom is die dienste

van ‘n onafhanklike konsultant, die ouditeure

van PriceWaterhouseCoopers, gebruik in die

seleksie van ‘n geskikte rekenaarstelsel.

Die doel met die nuwe rekenaarstelsel is op

die volgende fokusareas en voordele gerig:

• Kernbesighede van KLK;

• Debiteurebestuur en kommunikasie;

• Voorraad- en aankopebestuur vir handel;

• Verbeterde dienslewering;

• Beter marges; en

• Kliënte verhoudingsinligting.

U kan aflei dat die voordele en fokusareas

hierbo, vir u as kliënt, produsent en aandeelhouer

tot voordeel gaan wees. Vir KLK as

besigheid is hierdie ‘n groot sprong! Die projek

en implementering word oor ‘n twaalf

maande periode beplan. KLK sien uit na die

voordele wat hierdie belegging in inligtings -

tegnologie gaan oplewer.

2 – Mei 2009

MAATSKAPPYNUUS/AKTUEEL

Meer om van te kies

KLK Versekering het ‘n samewerkingsooreenkoms met Absa gesluit, wat beteken dat aandeelhouers

en kliënte nou ‘n keuse het van ‘n groter verskeidenheid produkte.

Die ooreenkoms behels dat jy steeds deur ‘n adviseur van KLK gediens word, maar

dat die produkte en dienste wat Absa se Versekering- en Finansiële adviseurs jou

bied, waarde vir jou kan toevoeg deur dit wat jou portefeulje die beste pas, aan jou

beskikbaar te stel. “KLK sien hierdie alliansie as ‘n wen-wen strategie vir alle partye,

aangesien dit ook groei en uitbreiding van ons bestaande kliënte/ledetal insluit en

gevolglik lei tot ‘n groter en meer mededingende besigheid,” het Stephen van

Huyssteen (Besturende Direkteur: KLK) gesê.

KLK Versekering brei ook uit deur addisionele fasiliteite en mannekrag in die Calvinia,

Kuruman en Postmasburg omgewing beskikbaar te stel, asook deur ‘n addisionele

adviseur op Upington te vestig. Indien jou portefeulje nog nie hersien is nie, sal jy binnekort

gekontak word. Om meer oor die nuwe produkte uit te vind, skakel gerus vir

Hannes Botha of Marlene van Zyl van Upington by (054) 337-6277.

Van Ooskus na Weskus

met een tenk brandstof

Suid-Afrika se mees ekonomiese voertuig is

hier – die nuwe Nissan X-Trail 2.0 dCi! Die

motor is getoetsbestuur van Alex anderbaai tot

by Richardsbaai (die langste Oos- tot Weslyn)

teen ‘n gemiddelde spoed van 90 km/u. Dit is

die enigste 4x2 Diesel in sy klas, wat ‘n brandstofverbruik

van minder as 4,8 liter/100 km

het. Dit word verkoop met ‘n standaard diensplan

van 3 jaar/90 000 km en ‘n fabriekswaarborg

van 3 jaar/100 000 km.

Om die nuwe Nissan X-Trail te toetsbestuur of vir meer inligting skakel Anina van Zyl

(Verkoopsbestuurder: Oranje Nissan) of Melanie Swiegers (Verkoopskonsultant:

Oranje Nissan) by (054) 338-8000.

Die hoeksteen van KLK

Dié Menslike Hulpbronne span by KLK maak seker dat die 720 permanente personeel

binne die maatskappy gelukkig is, wat verseker dat die personeel weer op hul

beurt vir jou as KLK kliënt en/of aandeelhouer die beste diens gee.

Hulle verantwoordelikhede sluit in:

• Die betaling van salarisse;

• Om alle personeelbeleide te evalueer, verander en in stand te hou;

• Die samestelling, implementering en uitvoering van strategieë; en

• Arbeidsverhoudinge.

Van links is: Sarie Geldenhuys, Estelle Lou rens,

Cobus Booysen en Zuzel Jonck.

“Ons afdeling se doelwit is om binne

die volgende drie jaar ‘n professionele

departement, wat voldoen aan die

beste praktyke binne die personeel

bestuurspektrum, te vestig,” het

Cobus Booysen (Bestuurder: Menslike

Hulpbronne) gesê. Die afdeling is tans

besig met ‘n prestasiemetingproses.

“Deel van die groter strategie is om

prestasiegedrewenheid en eienaar -

skap by personeel te vestig,” het

Cobus gesê.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!