02.05.2013 Views

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

TEGNIES

Die gifhalsband.

Die proses

Ongediertes het die vermoë om ge -

dragspatrone aan te leer deur omgewingsgebeure.

As ‘n jakkals ingeroep

word tydens nagjag, word daar met ‘n

skerp lig na hom geskyn en geskiet (of

op ‘n ander dier naby aan hom). Hy sal

nie weer ingeroep word (sou hy dit oorleef)

as hy dieselfde roepgeluide en

gepaardgaande soeklig in die veld sou

teëkom nie.

Statistiek dui op geen afname van die

totale bevolking van jakkalse en rooikatte

nie, maar wel ‘n dramatiese toename

in die getal vee wat gevang word. ‘n

Oplossing is dus nog nie gevind vir die

probleem oor die langtermyn nie.

Die gevolg van PAL-klokkies

Klokkies moet aan alle potensiële prooi

aangebring word. Die klokkie kan drie

moontlike effekte op ongediertes hê wat

in die omgewing aktief is.

Dit mag geen effek op die roofdier hê nie

Dit gebeur gewoonlik met individuele

roofdiere wat territoriaal is en uitsluitlik

jag maak op natuurlike prooi. Hierdie

diere hou ander potensiële ongediertes

uit sy loopgebied, oorleef en maak sy

nageslag groot op natuurlike prooi, sonder

dat veeverliese gely word.

Die klokkie wat om die dier se nek aangebring word.

Die stryd teen

ongediertes

– gebruik die Protect-A-Lamb (PAL) klokkies

PAL-klokkies word deur baie produsente suksesvol gebruik om verliese deur roofdiere te

beperk asook om ongediertes te identifiseer.

Dit mag die ongediertes afskrik

Waar ‘n ongedierte reeds besig is om

lammers te vang, wek die vreemde klank

soveel agterdog, dat hy nie verder vang

nie. Die ondier moet binne die eerste

paar dae nadat die klokkies aangebring

is doodgemaak word, omdat die roofdier

beter reageer op aasreuk en roepgeluide

as hy honger is.

As die ongedierte nie sy vrees oorkom

om die lammers met die klokkies te vang

nie, sal dit later die gebied verlaat om

prooi op ‘n ander plek te soek. Hou net

aan om die klokkies aan te bring op alle

diere wat potensiële prooi kan wees.

Dit mag ongediertes aantrek

Klokkies wat deurlopend op al die lammers

aangebring word, terwyl roofdiere

nie gedood word nie, bied individuele

roof diere die geleentheid om tot territoriale

diere te ontwikkel.

Sou hierdie territoriale roofdier deurlopend

aan die geluid blootgestel wees

en hy om die een of ander rede gedwing

word om lammers met ‘n klokkie aan te

vang, sal die geluid die ongedierte in die

toekoms aantrek omdat hy dit met prooi

(sonder enige onaangename ervaring)

assosieer.

Dié aangeleerde gedragspatroon (om

lammers met klokkies aan te vang) is

baie handig in die gebruik van gifhalsbande

(ook vervaardig deur PAL). In

hierdie situasie is die dier gewoonlik

reeds territoriaal en gewoond om in ‘n

sekere kamp te jag. Daar kan dus ‘n tei -

kengroep van lammers, elk met ‘n klokkie

én gifhalsband, teen ongeveer 1 per

25 ha in die kamp teruggeplaas word en

die diere van die kudde kan na ‘n aangrensende

kamp verskuif word.

Die ongedierte het nou geleer om lammers

met klokkies te vang en daarom

kan hy die teikengroep maklik opspoor.

Hy is oortuig dat dit prooi is wanneer hy

die geluid hoor, maar is nie bewus van

die gifhalsbande nie.

Omdat dit dieselfde prooi is waaraan hy

gewoond is, in dieselfde kamp met dieselfde

klank, veroorsaak dit dat hy maklik

weer so ‘n lam vang. As hy die lam

vang en die gifhalsband stukkend byt,

vrek die ongedierte en kan die gifhalsbande

verwyder word en weer met die

klokkies op lammers voortgegaan word.

Hoe om klokkies aan te wend

Die band van die klokkie is ‘n sirkel. Om

koste te bespaar is daar nie ‘n gespe

waarmee dit korter of langer gestel kan

word nie. Die klokkie moet so vroeg as

moontlik aangebring word (selfs dag -

oud). Dit het geen effek op die ooi/lamverhouding

nie.

Die band moet so gestel word dat ‘n

speling van vier vingers tussen die lam

se nek en die band gelos word vir groei.

Dit word gedoen deur ‘n gedeelte van die

band dubbel op mekaar te vou en drie

krammetjies met ‘n swaardienskrammasjien

(wat ook deur PAL of KLK ver -

koop word) op elk van die twee voue aan

te bring. Verwyder die klokkies as die

lammers groot genoeg is om nie meer

deur roofdiere gevang te word nie.

Kontak Eddie Steenkamp (Bestuurder:

Protect-A-Lamb) by (022) 723-1842 of

stuur ‘n e-pos na www.protect-a-lamb.

com of skakel jou naaste KLK handelstak.

ARTIKEL GESKRYF DEUR EDDIE STEENKAMP.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!