02.05.2013 Views

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

Implementering van nuwe rekenaarstelsel skop af - KLK Landbou ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KLK Gesprek is 'n nuusblad wat vier keer per jaar

deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl * (054) 337-6202 • ilse@klk.co.za

8 – Mei 2009

In gesprek met... Henk van Wyk

“Sweat it out”

Henk van Wyk (Vise-president: Agri Noord-Kaap) is die eerste seun van ‘n oud-voorsitter van die

Calvinia Landbou-unie (CLU). Henk is in 2002 ook tot voorsitter van die CLU verkies en in

Augustus 2006 is hy as die vise-president van Agri Noord-Kaap aangewys.

Calvinia al lank in sy bloed

Henk van Wyk is op 8 Januarie 1958 op

Calvinia gebore. “My eerste jare van groot -

word was op die plaas Vondelings fontein,

die familieplaas wat al ongeveer 250 jaar

in die Van Wyk’s se besit is, geleë in die

Roggeveld-streek naby Calvinia,” sê Henk.

Na skool het hy sy diensplig by die Suid-

Afrikaanse

Polisie (SAP) begin. In 1980 verlaat hy die

SAP en begin as ‘n veebemarker by

Vleissentraal te werk. “In hierdie tydperk

het ek verskeie kort kursusse in vee-, wolen

finansiële bestuur gedoen, wat my in

my latere boerderyloopbaan uitstekend

toegerus het.”

Vondelingsfontein was opgedeel in drie

stukke grond. Gedurende die 1990’s koop

hy twee stukke grond aan en begin ook

die ander stuk grond by sy pa te huur.

Op 22 Junie 1991 tree hy in die huwelik

met Ronell. Uit hul huwelik is drie dogters

gebore – Sandra (16), Jana (12) en

Hanke (5).

Met sy besige skedule, het hy maar min

tyd vir asemskep. “Op ‘n plaas met

gemengde boerdery, bestaan daar nie

so iets soos ledigheid nie. Daar is altyd

werk wat gedoen moet word of

gedoen kan word. Indien ek wel ‘n

ruskansie kry, lees ek graag oor

landbouverwante aangeleenthede

en geniet die natuurskoon en klowe

op my plaas.”

Meer oor Vondelingsfontein

Vandag boer Henk nog op die familie -

plaas, Vondelingsfontein. Dié plaas is

geleë in die winterreënvalstreek,

waar die gemiddelde

reënval, gemeet

sedert 1937, 420 mm

per jaar is.

REDAKSIE

Ruth Davies (018) 468-2716 • 083 583 5243 • ruth@infoworks.biz

Johan Smit (018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks (018) 468-2716 • www.infoworks.biz

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

kontak vir Ilse van Zyl.

Die Van Wyk gesin. Jana, Ronell, Hanke,

Henk en Sandra.

Henk boer tans met 1 500 dorperstoetooie

asook beeste en varke. Sedert 1981 is hy

geregistreer by die dorperstoettelerge -

nootskap en hy is ook ‘n bekende teler

van dorperramme. Die ander vertakking

van sy boerdery is 1 100 ha droëland

saaiery, waarop hoofsaaklik voergewasse

soos hawer, gars en lupiene verbou word.

Op sy plaas is ook 57 ha lusern wat deur

middel van vloedbesproeiing uit sy eie

opgaardamme besproei word.

“Boerdery is my lewe – veral die teling en

seleksie van stoetdiere is geweldig interessant.

My hoofdoelwit is om ‘n beter en

goed aangepaste dier op die veld groot te

maak en te bemark.”

Die beste besluit wat hy gedurende sy

boerderyloopbaan geneem het, was die

dag in 1990 toe hy sy merino’s verkoop

het en dit met dorpers vervang het,

hoewel hy op daardie stadium reeds

vir sewe jaar besig was om stoetdorpers

te teël.

Oor die toekoms van landbou, sê Henk,

sal daar ‘n tydelike finansiële insinking

wees. Sy raad aan produsente is ‘n

Engelse spreekwoord wat lui: “Sweat it

out”. “Met ander woorde wees geduldig,

konserwatief en beheer jou uitgawes en

kostes. Trek die gordel stywer en oor ‘n

jaar of twee sal ons almal sterker ander -

kant uitkom.”

Sy boodskap aan produsente in die

Noord-Kaap is: “Tree pro-aktief op, leef

jou Christelike waardes en opvoeding uit

en boer in oorleg met die natuurlike hulpbronne.

Onthou, landbou laat jou nie hoër

vlieg as wat jou vlerke lank is nie!”

“Om produsente op hulle grond winsgewend te laat boer, het jy sterk georganiseerde landbou met ‘n goed toegeruste, bereidwillige leierskorps nodig om vir die

produsent se voortbestaan te onderhandel en te baklei. Om werklik sinvol te onderhandel, is dit nodig dat elke produsent in die Noord-Kaap, deur sy grondvlak

boerevereniging aan Agri Noord-Kaap geaffilieer sal wees.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!