02.05.2013 Views

Die wind waai waar hy wil - Straatwerk

Die wind waai waar hy wil - Straatwerk

Die wind waai waar hy wil - Straatwerk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sy is nege jaar oud en was nog nooit in die Kaap nie,

alhoewel sy net 180km uit die Kaap bly. Haar oë het

geblink toe sy borrelend begin vertel:

“Die Kaap is baie mooi en groot. Die Waterfront is die grootste

en lekkerste plek waar ek nog ooit was. Die Kaap is wonderlik

en daar is baie mense en karre. Die Tuine is ook lekker

want dis mooi en die eekhorinkies is tog te oulik. Die baie

duiwe is lastig. Die lewe in die Kaap is lekker.”

Hy is nie oud nie, maar ‘n mens kan sien hy het ‘n moeilike

lewe agter die rug. Hy verkoop vrugte en gesels sommer

met enigeen wat wil luister. Spontaan getuig hy:

“Ek was verslaaf aan dwelms en drank. Dit mors ‘n mens se

lewe op, maar gelukkig is ek bevry daarvan en het ek nou

‘n tweede kans in die lewe. Ek het net vreeslik gesukkel om

die sigarette te los, maar weet jy wat het my gehelp? Dis

eenvoudig. ‘n Pakkie Halls suiglekkers en ‘n sakbybeltjie. Die

Here is goed.”

Elke dag van die week, op dieselfde tyd, drink hy drie koppies

koffie by dieselfde koffiewinkel, by dieselfde tafel. Hy

lees die nuutste koerant en kla dat dit in elk geval ou nuus

is – hy het dit al alles op die televisie gesien. En toe, op ‘n

dag, bely hy:

“Ek sukkel om mense te vergewe en ek sukkel om te glo dat

’n Pakkie Halls en

’n sakbybeltjie…

StraatwerK se adreslys

w w w. s t r a a t w e r k . o r g . z a

daar ‘n God is. Ek weet nie hoe om te bid nie want ek het dit

nog nooit gedoen nie. Bid ‘n mens hardop? Is daar ‘n spesifieke

gebed wat ‘n mens moet bid? Ek moet alles verstaan

en kan sien en met logika kan uitredeneer, anders maak dit

nie vir my sin nie. Op die ouderdom van 67 is ek steeds vir

my ma ‘n teleurstelling omdat ek nie in God glo nie. Ek wens

ek was soos julle wat kan glo.”

Die Kaap is mooi en lekker. Die lewe is eenvoudig as ‘n mens

‘n pakkie Halls en ‘n sakbybeltjie het. Dis ‘n voorreg en ‘n

gawe om te kan glo.

Drie mense, drie verskillende ouderdomme, drie lewenslesse.

Wat ‘n wonderlike belewenis om mense te ontmoet wat alreeds vanaf die ontstaan van STRAATWERK vir ons bid en

gereeld die nuusbrief ontvang en op hoogte bly van sake. Ons stuur dit graag en met baie liefde. Ons het wel besef dat

met die wonder van tegnologie en die stygende kostes ons beter planne kan beraam om die nuusbrief by julle te kry.

Ons wil ons hele adreslys hersien, vernuwe en meer vaartbelyn maak. Ons verkies om die nuusbrief voortaan per e-pos

te stuur (vir diegene wat oor so ‘n fasiliteit beskik), maar stuur steeds graag die nuusbrief per pos vir diegene wat dit so

verkies. Vul asseblief die ingeslote vormpie in en stuur dit terug aan ons, of maak gebruik van jou e-pos en stuur vir ons

‘n briefie na admin@straatwerk.org.za of skakel Lisa Truter by 021 930 8055 of sms na 072 390 7437. (Sluit asseblief jou

naam en van, posadres en e-pos adres in wanneer jy met ons skakel.)

Ons aanvaar dat as ons niks van jou hoor nie, jy nie langer belangstel om die nuusbrief te ontvang nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!