VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER ... - Landbou.com
VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER ... - Landbou.com
VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER ... - Landbou.com
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE

Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere

(021 - 8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com)

Die doel van hierdie artikel is om slegs breë riglyne te gee met betrekking tot 'n voedings-program vir skape

onder ekstensiewe en semi-intensiewe toestande. Indien meer spesifieke inligting verlang word, moet dr.

Jasper Coetzee geskakel word.

1. Prikkelvoeding van teelramme

Produsente is dikwels bereid om aansienlike bedrae vir teelramme te betaal, maar is soms nie bereid om 'n

bietjie moeite te doen asook 'n paar rand te spandeer om hierdie diere behoorlik voor te berei om

maksimum reproduksietempo te verseker nie. Om 'n hoë besetting en 'n hoë persentasie tweelinggeboortes

te verseker, moet ramme in 'n uitstekende kondisie (3.5 tot

4.0 KP); vrugbaar en dekbehendig wees; oor 'n baie hoë geslagsdrang beskik en topfiks wees om ooie

meermale gedurende haar hittesiklus te dek asook groot testes (skrotumomtrek van meer as 35 cm op 15

maande ouderdom) hê om voldoende spermselle te produseer. Aangesien die ontwikkeling van spermselle

ongeveer twee maande neem, moet byvoeding vir ten minste twee maande voorsien word. Teelramme

moet gevolglik vanaf twee maande voor die paarseisoen 'n deurvloeiproteïengebaseerde ramprikkelrantsoen

soos Voermol Superlam-korrels of 'n Ramprikkelmengsel (200 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol

Procon +

80 kg Voermol Melassemeel + 575 kg gemaalde mielies of heel garspitte) teen 'n beperkte peil (500 – 1

500 g/ram/dag) gevoer word. Daar moet voldoende vreetspasie (± 60 cm/ram) wees sodat alle ramme

gelyktydig kan vreet. Indien die weiding skaars is, moet goeie kwaliteit lusernhooi ad lib. eenkant bygevoer

word. As alternatief kan 'n volledige ramrantsoen [250 kg gemaalde lusern (25 mm) + 425 kg gemaalde

mielies of heel garspitte + 200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol

Melassemeel) gevoer word.

Sodra byvoeding 'n aanvang neem, moet met die oefening (30 minute vinnig stap twee maal daagliks) van

die ramme begin word. Waar geoefende (fikse) ramme met ooie gepaar is, was die besetting van die ooie

92 % teenoor die 76 % van die ongeoefende ramme se ooie. Alle ander aktiwiteite soos die nodige

doserings (vir beide ronde- en neuswurm) en entings (bv. multi-klostridiale entstof) moet ongeveer ses weke

voor die paarseisoen uitgevoer word. Daarbenewens moet Multimin (G1853) asook Vitamine A en E drie

maande voor die paarseisoen gespuit word terwyl entings wat koors veroorsaak, soos byvoorbeeld bloutong,

na die paarseisoen gespuit moet word. Voldoende koel en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar en

so na as moontlik aan die skaduwee wees. Voorsien skaduwee in warm maande en beskutting teen ongure

weerstoestande. Saadkwaliteit van teelramme kan verbeter word deur hulle vanaf agt weke voor die

paarseisoen met koringkiemolie (± 25 ml/ram) twee tot drie keer per week te doseer.

2. Uitgroei van vervangingsooie (jongooie)

Om 'n hoë lampersentasie te verseker, mag ooilammers geen massa verloor van speen totdat hulle die

eerste keer lam nie. Verder moet hulle 80 % van volwasse liggaamsmassa met eerste paring weeg indien

hulle op 12 maande of jonger vir die eerste keer gepaar word. Indien ouer as 12 maande gepaar word, is

die teikenparingsmassa 90 % van volwasse liggaamsmassa. Die optimale uitgroei van vervangingsooie is

noodsaaklik om hulle volle genetiese produksie- en reproduksiepotensiaal te ontsluit. Waar Dohnemerinojongooie

80 % van die volwasse ooie se massa met paring op 11 of 14 maande ouderdom bereik het, was

55 % van hierdie jongooie dragtig met tweelinge. Jongooie moet gevolglik altyd byvoeding, vanaf speen tot

met speen van hulle eerste lammers, ontvang waarna hulle by die volwasse ooie se voedings-program

ingeskakel kan word.
Afhangend van die gehalte en die hoeveelheid van die weiding, moet die jongooie die volgende

kragvoermengsel op beide droë weiding (500 tot 1 000 g/ooi/dag) en groenweiding (100 tot 500 g/ooi/dag)

gevoer word: 200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voermol Procon +

40 kg Voermol Melassemeel + 700 kg gemaalde mielies of heel garspitte. Deur die jongooie of 'n

merkergroep gereeld, elke twee tot drie weke, te weeg, kan die voedingspeil van die kragvoeraanvulling so

gereguleer word dat die berekende groeitempo gehandhaaf word om die teikenmassa met eerste paring te

bereik. Voer hierdie kragvoeraanvulling daagliks met vreetspasie vir elke dier om optimale uitgroei van

jongooie te verseker. Speenooilammers wat op weimielies of mielie-oesreste met baie pitte uitgegroei word,

moet Voermol Landelek (150 – 200 g/ooitjie/dag) gevoer word; 'n beter mengsel is 150 kg Voermol

Landelek plus

50 kg Voermol Procon (250 – 350 g/ooitjie/dag). Op staande sojahooi (ongeoeste sojabone) of op sojaoesreste

met baie pitte word Voermol Molovite (200 g/ooitjie/dag) aanbeveel. Vir elke 1 kg wat sy

swaarder is met eerste paring, styg haar lampersentasie met ongeveer 1.5 tot 2.5 %. Om 'n hoë

lampersentasie te verseker, moet jongooie in 'n uitstekende kondisie

(3.5 KP) met eerste paring wees en hulle teikenmassa met eerste paring bereik het. Daarbenewens word

die hoogste lampersentasie verkry indien die voedingspeil van jongooie alreeds vanaf twee maande voor die

paarseisoen verhoog word deur hulle in spaarkampe te plaas en voort te gaan met bogenoemde

kragvoeraanvulling tot 21 dae voor die paarseisoen wanneer daar na prikkelvoeding oorgeskakel word.

3. Prikkelvoeding van teelooie

Ooie wat met paring in massa toeneem, is meer geneig om tweelinge te produseer as dié wat massa

handhaaf of verloor. Besetting en tweelinggeboortes neem af indien die ooie kort voor die paarseisoen

massa verloor. Ovulasietempo (aantal eiselle per hittesiklus afgeskei) bepaal die boonste limiet van die ooi

se fekunditeit (meerlinggeboortes) en dit word geneties beheer. Die mate waarin 'n ooi haar genetiese

reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore soos voeding en bestuur (Downing &

Scaramuzzi, 1991). Voeding het volgens Rowe & Atkins (2005) die grootste invloed (> 70 %). Om dus 'n

hoë lampersentasie te verseker, moet ooie in 'n uitstekende kondisie (3.5 KP) met paring wees en vir elke kg

wat hulle swaarder is met paring, styg die lampersentasie met ongeveer 1.5 tot 2.5 %. Om ooie in 'n

stygende massa te kry, moet hulle twee maande voor die paarseisoen in spaarkampe geplaas word en vanaf

minstens drie weke voor die paarseisoen vir minstens ses weke 'n prikkellek gevoer word.

Op droë weiding word Voermol Maxiwol Produksiekorrels as 'n prikkellek teen 300 tot 400 g/ooi/dag

gevoer. Maxiwol Produksiekorrels moenie gevoer word waar die drinkwater brak is of waar baie brakbossies

voorkom nie, want dit sal onvoldoende lekinname tot gevolg hê. Geen soutlek of -klip moet daarom gevoer

word nie. Op groenweiding of waar die drinkwater brak is of waar baie brakbossies voorkom, moet 'n

Maxiwollekmengsel (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies of heel garspitte +

50 kg sout) teen 300 tot 400 g/ooi/dag as 'n prikkellek gevoer word. Waar koggelramme gebruik word, kan

die voedingspeil van die prikkellek vir volwasse ooie teen die vierde week van die paarseisoen na 250

g/ooi/dag en die volgende week na 200 g/ooi/dag verlaag word. Laasgenoemde is onderhoudvoedingspeil

en behoort voldoende vir vroeë dragtige volwasse ooie te wees, totdat die ramme uitgehaal word, indien

daar voldoende weiding beskikbaar is. Indien koggelramme nie gebruik word nie, moet die

prikkelvoedingspeil eers vanaf die sesde week van die paarseisoen verlaag word. Die rede hoekom die

prikkelvoedingspeil verlaag word, is omdat navorsing toon dat die hoogste embrio-oorlewing geskied waar

ooie kort na besetting op 'n onderhoudvoedingspeil gevoer word. Daarenteen word die prikkellek vir

jongooie, totdat die ramme uitgehaal word, teen dieselfde vlak (300 g/ooi/dag) as vir prikkelvoeding

voorsien om hulle aanbevole teikenmassatoenames (± 70 tot 180 g/ooi/dag) te handhaaf. Enige

massaverlies moet by beide die jong- en volwasse ooie gedurende die paarseisoen voorkom word, want dit

kan embrio-resorpsie tot gevolg hê. Die nuutste navorsing toon dat dit ekonomiese geregverdig en

ononderhandelbaar is om prikkelvoeding te voorsien aan ooie wat hulle laaste lamseisoen tweelinge gelam

het asook aan jongooie wat die eerste keer gepaar word. Die res van die ooie word slegs prikkelvoer gevoer

indien hulle maer of skraal (< 3.0 KP) is, maar nie as hulle in 'n uitstekende kondisie (3.5 KP) is nie omdat

dit dan nie ekonomies geregverdig is nie.

Ooie moet vier tot ses weke voor die paarseisoen met Multimin (G1853) plus Vitamien A & E gespuit word
asook die nodige doserings en entings (multiklostridiale entstof & Ensoöties aborsie) ontvang. Vanaf vier

weke voor die paarseisoen moet ooie rustig gehou word en geen stresvolle aktiwiteite moet in hierdie

periode uitgevoer word nie. Waar ooie twee tot vier weke voor die paarseisoen geskeer en gedip is, was die

besetting 89 % as gevolg van hierdie stresvolle aktiwiteite teenoor 96 % waar hierdie aktiwiteite langer as

vier weke voor die paarseisoen uitgevoer is. Waar ooie kort voor paring oor 'n lang afstand aangejaag is,

het die stres as gevolg daarvan hulle ovulasietempo met tot 60 % verlaag. Vermy die paring van ooie op

klawer- en lusernweiding wat aan 'n vogstremming ly, deur insekte beskadig of met virusse of swamme

besmet is omdat hierdie plante onder hierdie omstandighede hormone produseer wat die lampersentasie

nadelig kan beïnvloed.

4. Voeding gedurende vroeë dragtigheid

Enige faktore wat spanning kan veroorsaak, moet gedurende vroeë (eerste maand van) dragtigheid vermy

word, want dit kan embriomortaliteite tot gevolg hê. Waar ooie gedurende paring gehanteer is deur hulle

elke vierde dag kraal toe te bring om gedekte ooie te identifiseer, was hulle lampersentasie 65 % teenoor die

98 % van die ooie wat nie gehanteer is nie. Om embriomortaliteite en afsterwing van die fetusse te

voorkom, moet waar moontlik, geen stresvolle aktiwiteite (bv. dosering, ent, skeer, dip, ensovoorts)

gedurende die paarseisoen tot minstens een maand nadat die ramme uitgehaal is, uitgevoer word nie. Die

verskil (ook bekend as verdwynfaktor) tussen die aantal lammers geskandeer en dié wat werklik gebore

(dood en lewendig) word, is 'n aanduiding van die embrionale en fetale verliese (fetusse wat afsterf) en kan

maklik so hoog as 23 % en selfs hoër wees.

Gedurende die eerste maand van dragtigheid moet volwasse ooie hulle massa handhaaf terwyl jongooie

ongeveer 70 tot 180 g/ooi/dag in massa moet toeneem (NRC, 2007). Weens die risiko van resorpsie mag

ooie nie gedurende vroeë dragtigheid geweeg word nie. Die gebruik van koggelramme is hoogs aan te

beveel omdat dit prikkelvoeding nog meer betalend maak. Waar ooie vanaf drie weke voor die paarseisoen

vir ses weke prikkelvoeding (300 g/ooi/dag) ontvang het, word volwasse ooie se voedingspeil na ses weke

van prikkelvoeding aangepas indien koggelramme gebruik is. Waar koggelramme gebruik word, kan die

voedingspeil van die prikkellek vir volwasse ooie dus teen die vierde week van die paarseisoen na 250 g/ooi/

dag en die volgende week na 200 g/ooi/dag verlaag word. Laasgenoemde is onderhoudvoedingspeil en

indien daar voldoende weiding beskikbaar is, behoort dit voldoende vir vroeë dragtige volwasse ooie te wees

totdat die ramme uitgehaal word. Indien koggelramme nie gebruik word nie, moet die prikkelvoedingspeil

eers vanaf die sesde week van die paarseisoen verlaag word. Die rede hoekom die prikkelvoedingspeil

verlaag word, is omdat navorsing toon dat die hoogste embrio-oorlewing geskied waar ooie kort na

besetting op 'n onderhoudvoedingspeil gevoer word. Daarenteen word die prikkellek vir jongooie, totdat die

ramme uitgehaal word, teen dieselfde vlak (300 g/ooi/dag) as vir prikkelvoeding, voorsien om hulle

aanbevole teikenmassatoenames te handhaaf.

Enige massaverlies moet by beide jong- en volwasse ooie gedurende vroeë dragtigheid voorkom word, want

dit kan embrio-resorpsie tot gevolg hê. Wanneer die ramme uitgehaal word, word die byvoedingspeil van

beide die jong- en volwasse ooie aangepas en word daar gewoonlik na ander lekke oorgeskakel. Die lekke

moet verseker dat 'n matige massatoename gedurende middragtigheid gehandhaaf word (sien

Middragtigheid, Afdeling 5). Hou ooie rustig en staak alle aktiwiteite gedurende die paarseisoen en die

eerste paar weke (± 4 – 6 weke) nadat die ramme uitgehaal is om embrionale en fetale vrektes te beperk

(Henderson, 1990). Voorsien skaduwee (in die vorm van bome of skadunet) as die dagtemperatuur meer as

28 ° C, maar definitief as dit meer as 32 ° C is. Ooie moet altyd vrylik toegang tot skoon en goeie gehalte

drinkwater hê wat so na as moontlik aan die skaduwee moet wees. Baie brak- en soutwater verhoog die

hittespanning wat die risiko vir embrionale en fetale verliese verhoog.

5. Voeding gedurende middragtigheid

Gedurende middragtigheid (Maand twee en drie van dragtigheid) is die optimale groei van die plasenta

(nageboorte) van kritieke belang. 'n Klein nageboorte gee aanleiding tot 'n toename in lamvrektes weens te

klein lammers (minder as 3.5 kg) met geboorte as gevolg van swak lewensvatbaarheid van die pasgebore

lammers; swak moedereienskappe en 'n lae melk-produksie van die ooie (Kelly en Ralph, 1990). Die
plasenta produseer hormone wat noodsaaklik is vir die instandhouding van dragtigheid; ontwikkeling van die

uier en die stimulering van moedereienskappe. 'n Afname van tot 25 % in melkproduksie is by ooie

waargeneem wat voor Dag 100 van dragtigheid ondervoed is ten spyte daarvan dat hulle ad lib.-voeding

gedurende die laaste ses weke van dragtigheid ontvang het (Mavrogenis et al., 1980).

Gedurende die tweede en derde maand van dragtigheid moet volwasse ooie met enkelingfetusse ± 50

g/dag; dié met tweelingfetusse ± 80 g/dag; dié met drielingfetusse ± 100 g/dag in massa toeneem. In die

geval van jongooie is die onderskeie massatoenames ongeveer 100; 110 en 140 g/dag (NRC, 2007).

Voedingspeile vir die onderskeie groepe ooie kan eers aangepas word na skandering, wat geskied ongeveer

42 dae nadat die ramme uitgehaal is.

Dit gebeur dikwels dat weens baie goeie voedingstoestande die produsent min beheer het oor die

weidingsinname van die middragtige ooi wat soms tot gevolg het dat die ooie baie en selfs uitermatig vet

kan word. Dit kan grootliks voorkom word deur die drakrag te verhoog. Ooie moet met skandering in

groepe (droë ooie; ooie met enkelingfetusse; ooie met tweelingfetusse en ooie met drielingfetusse) verdeel

word sodat differensiële voeding (voeding volgens behoefte) toegepas kan word. Dragtige jongooie moet

egter apart van dragtige volwasse ooie gehou en bestuur word. Om bestuur te vergemaklik, kan van die

onderskeie groepe met oorleg bymekaar gevoeg word. Met differensiële voeding kan presisievoeding

toegepas word. Dit is die mees koste-doeltreffende en ekonomiese manier om ooie te voer. Alle droë ooie,

insluitend jongooie wat vir die eerste keer gepaar is, moet met skandering uitgeskot word. As alternatief

kan droë ooie na 'n kruisteeltkudde geskuif word, maar met hulle eerste mislukking (nie 'n lam speen nie)

moet hulle summier geprul word.

Indien middragtige ooie nie in staat is om hulle teikenmassatoename op die beskikbare weiding te handhaaf

nie, skakel op die stadium wanneer die ramme uitgehaal word oor na 'n geskikte onderhoudslek. Die tipe

lek hang van die tipe weiding asook die gehalte en hoeveelheid daarvan af. Op volop droë weiding kan een

van die volgende onderhoudslekke (100 tot 180 g/ooi/dag) voorsien word:

(1) Rumevite Ekonolek (V11147).

(2) 250 kg Voermol Winslekkonsentraat (V17865) + 50 kg gemaalde mielies, heel garspitte of

Voermol Melassemeel (V1995) + 100 kg sout.

(3) Voermol Proteïenblok (V10448).

Indien die droë weiding skaars is of as die aanbevole onderhoudslekke nie die voorgeskrewe

massatoenames, veral in die geval van jongooie, handhaaf nie, kan een van die volgende produksielekke

(250 tot 350 g/ooi/dag) voorsien word:

(1) 700 kg Rumevite Ekonolek + 300 kg gemaalde mielies of heel garspitte.

(2) 400 kg Voermol Winslekkonsentraat + 400 kg gemaalde mielies of heel garspitte +

150 kg sout.

(3) Voermol Energieblok (V11456) of Voermol Produksielek (V10108) of Voermol Maxiwol

Produksiekorrels (V15415).

Op groen aangeplante weiding kan Voermol Molovite (V7266) teen 200 g/ooi/dag en op groen natuurlike

veldweiding Voermol Supermol (V7267) teen 250 g/ooi/dag aangevul word om die voorgeskrewe

massatoenames te handhaaf. Indien die voorgeskrewe massatoenames nie met hierdie lekke op

groenweiding gehandhaaf kan word nie, moet dit om die helfte met gemaalde mielies of heel garspitte

gemeng en teen onderskeidelik teen 400 en 500 g/ooi/dag gevoer word.

6. Voeding gedurende laatdragtigheid

Laatdragtigheid (vierde en vyfde maand van dragtigheid) is een van dié belangrikste stadiums in die
eproduksiesiklus van die ooi omdat ongeveer 80 % van die fetusgroei gedurende hierdie stadium van

dragtigheid plaasvind wat 'n betekenisvolle toename in die voedingsbehoeftes van die laatdragtige ooi tot

gevolg het (Bell, 1995; Dawson et al., 1999). Die feit dat ongeveer 80 % van lamvrektes verband hou met

die voeding van die ooi gedurende die laaste paar weke voor en onmiddellik na lam, beklemtoon verder die

belangrikheid van voldoende en korrekte voeding gedurende laatdragtigheid (Seymour, 1998). Indien ooie

slegs vir een week gedurende laatdragtigheid ondervoed word, kan goeie voeding daarna nooit ten volle

daarvoor vergoed nie (Mellor & Matheson, 1979). Laatdragtige ooie met enkelingfetusse moet dus vanaf

vier weke voor lam; dié met tweelingfetusse vanaf ses weke en dié met drielingfetusse vanaf agt weke

voldoende voedingstowwe (d.i. deurvloeiproteïen, energie, minerale, spoorelemente en vitamines) inneem

om uier-ontwikkeling te stimuleer; bies- en melkproduksie te verhoog; moeder-eienskappe van die ooie en

lewenskragtigheid van lammers te verbeter asook geboorteprobleme (geel lammers met geboorte) en

abnormale dik en taai bies te beperk en om 'n ideale geboortemassa (3.5 tot 5.5 kg) te verseker wat

maksimum lamoorlewing tot gevolg het en wat almal meehelp om lamvrektes te beperk en/of lamgroei te

verhoog. Volgens Robinson (1990) is uierontwikkeling direk afhanklik van die hoeveelheid deurvloeiproteïen

ingeneem. Die aanvulling van deurvloeiproteïen op swak gehalte droë weiding het die massa lam gespeen

per ooi gepaar met tot 5.1 kg verhoog asook die daaropvolgende lampersentasie met tot 28 persentasieeenhede

(Brand, 1999). Volwasse ooie moet minstens 15 % (d.i. 7.5 kg vir 'n

50 kg ooi) en jongooie 10 % in massa gedurende die laaste twee maande van dragtigheid toeneem om 'n

gewenste geboortemassa (3.5 – 5.5 kg) vir hoë lamoorlewing te verseker.

Die voorsiening van 'n hoë deurvloeiproteïenlek (300 – 500 g/ooi/dag) soos 'n Maxiwol-lekmengsel (250 kg

Voermol Maxiwol + 200 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 50 kg sout); Maxiwol

Produksiekorrels; Maxiwol Readymix of Maxiblok voor lam is ononder-handelbaar. Indien die weiding

skaars is of waar ooie in lamkampe of lamhokke laat lam word, moet 'n volledige rantsoen [375 kg

gemaalde lusern (20 – 25 mm lengtes) + 350 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 150 kg Voermol

Maxiwolkonsentraat + 50 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel] vanaf vier of selfs ses

weke voor lam gevoer word. Aangesien hierdie rantsoen ureum bevat, moet die maksimum inname tot 2.5

kg/ooi/dag beperk word om ureumvergiftiging te voorkom. Indien hoër peile gevoer moet word, skakel dr.

Jasper Coetzee vir 'n alternatiewe rantsoen. Ooie moet stadig en geleidelik op hierdie volledige rantsoen

aangepas word om suurpens te voorkom. Ooie wat gedurende laatdragtigheid ondervoed is se piek en

volhoubaarheid van melkproduksie is laer as goed gevoerde ooie. Ooie moet ook vier tot ses weke voor lam

met Multimin (G1853) asook Vitamien A en E ingespuit word asook die nodige doserings en entings

(multiklostridiale) ontvang.

7. Voeding gedurende laktasie

Die voedingspeil gedurende die eerste twee maande na lam moet sodanig wees dat ooie nie meer as 10 %

van hulle massa verloor nie. Proewe toon dat waar die ooie meer massa verloor het, hulle daaropvolgende

lampersentasie tot 25 en in een geval tot 51 persentasie-eenhede laer was. Dit is toelaatbaar dat ooie in

vroeë laktasie kondisie verloor solank die kondisiepunt nie laer as 2.0, maar verkieslik nie laer as 2.5 daal

nie. Die doelwit moet wees dat jongooie wat vir die eerste keer lam, nie meer as 3 % en volwasse ooie nie

meer as 7 % in massa gedurende die eerste twee maande van laktasie verloor nie.

'n Beperking van voerinname kan melkproduksie met tot 50 % verlaag. Die groei van tweelinglammers word

nadelig beïnvloed indien lakterende ooie vir langer as 10 dae 'n voedingsbeperking ervaar. Melkproduksie

van lakterende ooie word nadelig beïnvloed deur 'n voedingsbeperking van vier weke en geen styging in

melkproduksie vind plaas nie al word ad lib-voeding na hierdie periode voorsien. Die ideaal is dat ooie na

lam na groen aangeplante weiding of weimielies geskuif word. Om 'n hoë speenmassa te verseker asook 'n

hoë lampersentasie met die daaropvolgende lamseisoen, moet dieselfde deurvloeiproteïen-gebaseerde lek of

volledige rantsoen wat gedurende laatdragtigheid gevoer word ook gedurende vroeë laktasie op die

beskikbare weiding gevoer word. Na lam word die onderskeie laatdragtigheidsvoedingspeile van die

Maxiwollekke met ± 100 g/ooi/dag verhoog terwyl volledige voere vir ooie wat onderskeidelik een- en

tweelinglammers soog teen ongeveer 3 % en 4 % van liggaamsmassa gevoer word. Lakterende ooie op

weimielies of mielie-oesreste met baie pitte, moet 'n spesiale lekmengsel (150 kg Voermol Landelek plus

50 kg Voermol Procon) teen 250 tot 350 g/ooi/dag gevoer word. Op staande sojahooi (ongeoeste

sojabone) of op soja-oesreste met baie pitte word Voermol Molovite (200 g/ooi/dag) aanbeveel.
Indien ooie nie skandeer word nie, moet die soog- en droogtegniek gebruik word om droë ooie asook ooie

wat gelam het, maar met stertsny geen lam soog nie, te identifiseer. Al hierdie ooie, insluitend jongooie wat

die eerste keer gepaar is, moet uitgeskot word. Hierdie ooie moet verkoop word en die inkomste kan

gebruik word om dragtige ooie, verkieslik dié wat met tweelinge dragtig is, in te koop. As alternatief kan

droë ooie na 'n kruisteeltkudde geskuif word, maar met hulle eerste mislukking (nie 'n lam speen nie) moet

hulle summier geprul word.

8. Kruipvoeding van sogende lammers

Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen word om te

verseker dat die lam volgens sy maksimum genetiese groeipotensiaal groei. Die twee hooffaktore wat die

groei van sogende lammers op weiding beperk, is die onvermoë van die lam se rumen om die weiding

doeltreffend te benut en die lam se relatief klein rumengrootte wanneer 'n weiding met 'n hoë voginhoud

bewei word (Joyce & Rattray, 1970). Die voorsiening van kruipvoer aan sogende lammers is

ononderhandelbaar vir winsgewende skaapproduksie. Kruipvoeding verhoed speenskok en maak dit

moontlik om lammers alreeds op 72 dae ouderdom op 'n minimum massa van 25 kg vroeg te speen. Waar

lammers op 100 dae gespeen word, sal kruipvoeding verseker dat lammers se speenmassa minstens 45 %,

maar verkieslik 50 % van hulle volwasse massa is. Lammers wat kruipvoeding ontvang, kan 10 tot 20 %

swaarder met speen wees en tot 50 dae vroeër bemark word terwyl 'n groot persentasie lammers direk van

die ooie op drie tot vier maande ouderdom bemark kan word. Sogende lammers wat direk van die ooie

bemark word, het 'n baie hoë uitslagpersentasie

(> 50 %). 'n Ooilam wie se moeder goeie voeding vanaf vier weke voor lam tot speen ontvang het asook

die ooilam self tot op 14 weke ouderdom, maar verkieslik tot geslagsrypheid sal maksimum ontwikkeling van

die toekomstige reproduksiepotensiaal van die ooilam verseker. Spiersel-vermeerdering by lammers vind tot

op drie maande ouderdom en spiergroei tot op ongeveer nege maande ouderdom plaas. Die maksimering

van beide verhoog die karkaswaarde van slaglammers en die uiteindelike volwasse grootte van jongramme

asook -ooie, wat in laasgenoemde geval verhoogde leeftydproduksie en

-reproduksie tot gevolg het.

'n Gemaalde kruipvoermengsel (150 kg Voermol SS 200 + 175 kg Voermol Procon + 40 kg Voermol

Melassemeel + 625 kg gemaalde mielies of heel garspitte) of kruippille (150 kg Voermol SS 200 + 150

kg Voermol Procon + 600 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 100 kg lusern) kan vanaf twee weke

ouderdom tot ongeveer twee weke na speen ad lib. gevoer word. Lammers wat kruipvoeding ontvang en vir

die slagmark bestem is, kan op ses weke ouderdom met 'n geskikte oorinplantaat (bv. Ralgro® of Zeraplix)

geïnplanteer word omdat dit groei en voeromsetting verbeter.

9. Voeding van droë ooie

Na speen moet droë ooie voldoende geleentheid gebied word om hulle massa, wat hulle sedert die vorige

paarseisoen verloor het, te herwin. Om prikkelvoeding te spaar, moet ooie reeds op die stadium wat hulle

lammers gespeen word, in minstens twee groepe volgens kondisie (skraal vs. goeie kondisie) verdeel word.

Die skraal ooie moet dan op beter weiding geplaas word om hulle kondisie te herwin sodat hulle met die

aanvang van die prikkelvoedingsperiode in 'n goeie kondisie (minstens 3.0 KP) is. Afhangend van die

kondisie van die ooie met speentyd blyk dit dat die beste resultate in terme van lampersentasie verkry word

as lammers minstens drie maande voor die volgende paarseisoen gespeen word. Proewe in dié verband

toon dat dit die besetting van ooie bevoordeel (98 % vs. 90 % en 94 % vs. 79 %). Daar moet gepoog word

om droë ooie met die aanvang van die prikkelperiode in 'n goeie kondisie (minstens 3.0 KP) te hê. Indien

die gehalte en hoeveelheid van die beskikbare weiding van so 'n aard is dat hierdie mikpunt (d.i. 3.0 KP) nie

haalbaar is nie, moet 'n lek verskaf word. Die tipe lek hang van die tipe weiding asook die gehalte en

hoeveelheid daarvan af. Een van die volgende produksielekke (250 tot 350 g/ooi/dag) kan oorweeg word:

(1) 700 kg Rumevite Ekonolek + 300 kg gemaalde mielies of heel garspitte.

(2) 400 kg Voermol Winslekkonsentraat + 400 kg gemaalde mielies of heel garspitte +
150 kg sout.

(3) Voermol Energieblok (V11456) of Voermol Produksielek (V10108) of Voermol Maxiwol

Produksiekorrels (V15415).

Op groen aangeplante weiding kan Voermol Molovite (V7266) teen 200 g/ooi/dag en op groen natuurlike

veldweiding Voermol Supermol (V7267) teen 250 g/ooi/dag aangevul word om die voorgeskrewe

massatoenames te handhaaf. Indien die voorgeskrewe massatoenames nie met hierdie lekke op

groenweiding gehandhaaf kan word nie, moet dit om die helfte met gemaalde mielies of heel garspitte

gemeng en teen onderskeidelik teen 400 en 500 g/ooi/dag gevoer word.

10. Afronding van speenlammers op aangeplante weiding

Speenlammers wat vir die slagmark bestem is, kan met die gebruik van 'n spesiale deurvloeiproteïenlek

asook deur die volg van spesifieke bestuursriglyne meestal heelwat meer winsgewend op aangeplante

weiding as in 'n voerkraal afgerond word. Afgesien daarvan dat die lammers in hierdie stelsel dieselfde

groeitempo as in 'n voerkraal kan handhaaf, kan hulle tot 30 dae en sommige gevalle tot 60 dae gouer as

dié wat geen byvoeding op die weiding ontvang het nie, afgerond word. Dit het tot gevolg dat meer diere

op die weiding afgerond kan word of dat meer weiding vir die res van die kudde beskikbaar is.

Voorvereistes vir suksesvolle afronding is goed uitgegroeide (28 – 32 kg) en gesonde lammers wat met

Ralgro® of Zeraplix geïnplanteer is en die voorsiening van Voermol Superlamkorrels op 'n digte stand,

volop aktief-groeiende, goeie kwaliteit, groen blaarryke en smaaklike aangeplante weiding. Voermol

Superlamkorrels moet daagliks in bakke teen 300 tot 800 g/lam/dag gevoer word. Daar moet voldoende

vreetspasie wees sodat alle lammers gelyktydig kan vreet. Die lammers moet die nodige doserings en

entings (multiklostridiale) ontvang voordat afronding 'n aanvang neem.

11. Afronding van speenlammers in 'n voerkraal

Diversifisering word algemeen aanvaar as 'n strategie om die risiko in landbou te beperk. In hierdie verband

behoort voerkraalafronding van eie lammers 'n integrale deel van 'n skaapboerdery uit te maak om die risiko

te verlaag. Om maksimum wins in 'n voerkraal te realiseer, is dit van kritieke belang om die voerkoste per

kg massatoename te verlaag hoofsaaklik deur verbetering van die voeromsetting (kg voer ingeneem/kg

massatoename). Voeromsettingverhouding (VOV) verbeter soos die energie-konsentrasie van die rantsoen

verhoog deurdat die voerinname daal terwyl die groeitempo (GDT) toeneem. Maksimum winsgenerering kan

egter nie geskied deur die voerkraalrantsoen goedkoper te maak deur goedkoper grondstowwe (bv.

laegraadse ruvoer, newe- en/of afvalprodukte) met 'n lae energiedigtheid en voedingswaarde te gebruik nie

omdat dit tot 'n drastiese verlaging van voeromsetting sal lei. Daarenteen, hoe duurder hoë kwaliteit

grondstowwe word, hoe belangriker en kritieker raak die gebruik van groeibevorderaars soos voerbymiddels

en groeistimulante om die voeromsetting te verbeter en dus wins te maksimeer.

'n Hoë insluiting van deurvloeiproteïenbronne (bv. 10 tot 15 % Voermol Procon) in voerkraalrantsoene is

hoogs aan te beveel, want dit verbeter VOV en bevorder spiergroei wat op sy beurt die uitslagpersentasie

verhoog (Beerman et al., 1986). Soos die deurvloei-proteïeninname toeneem, verbeter die VOV en die

uitslagpersentasie. Hoe beter die gehalte van die ruvoer hoe hoër die verteerbaarheid en hoe smaakliker is

dit wat dus 'n hoër energie-inname en 'n beter VOV verseker. Aangesien die gehalte van die lammers wat

afgerond word ook 'n groot invloed op die voeromsetdoeltreffendheid en groeitempo en gevolglik die

winsgewendheid van voerkraalafronding het, moet slegs lammers wat oor 'n uitstekende genetiese

voeromsettingspotensiaal beskik, afgerond word. Voorvereistes vir maksimum winsgenerering in 'n voerkraal

is goed uitgegroeide (28 – 32 kg) en gesonde lammers wat verkieslik kruipvoeding ontvang het; suksesvolle

aanpassing asook doeltreffende prosessering en uitstekende voerkraalbestuur en -fasiliteite. Daarbenewens

is die voorsiening (drie maal per dag) van 'n hoë gehalte en gebalanseerde, hoogs smaaklike, energieryke

rantsoen met die nodige buffers, ammoniumsoute, groeistimulante, deurvloeiproteïen, 'n reeks minerale en

vitamines aan voerkraallammers ewe kritiek. 'n Voorbeeld van so 'n voerkraalrantsoen is: 125 kg gemaalde

lusernhooi (25 mm) + 200 kg Voermol SS 200 + 100 kg Voermol Procon + 40 kg Voermol

Melassemeel + 550 kg gemaalde mielies of heel garspitte. Addisionele aktiwiteite wat uitgevoer moet

word, is inplanting van Ralgro® of Zeraplix; toediening van die nodige doserings en entings

(multiklostridiale); inspuiting van Multimin, Vitamien A en E asook skeiding van lammers in homogene
groepe.

12. Afronding van speenlammers op oesreste of weimielies

Die inname van groot hoeveelhede grane verlaag die verteerbaarheid en inname van droë oesreste (bv.

mielieblare en graanstoppels) en kan ook blaasstene, suurpens, swak diere-prestasies en selfs vrektes weens

suurpens (asidose) tot gevolg hê. Grane het verder 'n tekort aan proteïen, veral deurvloeiproteïen, asook

kalsium, magnesium, sink en koper wat diereprestasie beperk. Weimielies asook kleingraan- en mielieoesreste

met baie graanpitte is veral geskik vir die afronding van speenlammers, maar is ook 'n waardevolle

voedingsbron vir lakterende ooie en vervangingsdiere. Om vrektes as gevolg van suurpens te beperk en

terselfdertyd diereprestasie koste-doeltreffend te bevorder, moet Voermol Landelek aan skape (150 – 200

g/kop/dag) op weimielies of oesreste, met baie graanpitte, voorsien word. Diere moet eers vir ongeveer 14

dae voordat hulle na weimielies of oesreste, met baie graanpitte, geskuif word geleidelik op die grane en

Landelek aangepas word (sien Voermol Produkhandleiding vir korrekte aanpassingsprosedures). Waar

lammers op staande sojahooi (ongeoeste sojabone) of op soja-oesreste met baie pitte afgerond word, word

Voermol Molovite (200 g/lam/dag) aanbeveel. Diere wat vir die slagmark bestem is, moet met Ralgro® of

Zeraplix geïnplanteer word wanneer afronding 'n aanvang neem.

13. Grootmaak van teelramme

Teelramme moet grootgemaak word onder toestande wat vergelykbaar is met dié waaronder hulle nageslag

moet produseer en reproduseer. Die meeste kommersiële skaapprodusente verkies geharde en goed

aangepaste ramme en gevolglik moet jongramme op die veld met geen of minimale byvoeding grootgemaak

word. Indien die veld nie 'n groei van minstens

90 g/dag van speen tot prestasietoetsing op 12 of 15 maande ouderdom kan onderhou nie, moet 'n lae vlak

(300 – 750 g/ram/dag) van die ramprikkelmengsel (200 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon +

80 kg Voermol Melassemeel + 575 kg gemaalde mielies of heel garspitte) daagliks as byvoeding voorsien

word met voldoende vreetspasie sodat al die ramme gelyktydig kan vreet. Indien die vreetspasie beperk is

of indien ramme nie daagliks gevoer kan word nie, moet 100 kg van die grane in die mengsel met 100 kg

sout vervang word. Na prestasietoetsing kan die ramme op die veld met die ramprikkelmengsel (500 – 1

500 g/ram/dag) of met 'n volledige ramrantsoen (200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voermol Procon + 80

kg Voermol Melassemeel + 425 kg gemaalde mielies of heel garspitte + 250 kg gemaalde lusern) vir die

veilings afgerond word.

Die seleksie van teelramme moet baie akkuraat wees omdat die ram tot 75 % van die genetiese verbetering

van die kudde kan bydra. Teelramme moet op grond van die ekonomies belangrike raseienskappe asook

hulle BLUP-teelwaardes geselekteer word. Die BLUP-teelwaardes verskaf die akkuraatste aanduiding van die

ram se voorspelde teelwaarde. Indien BLUP-teelwaardes nie bekend is nie, moet teelramme op grond van

raseienskappe geselekteer word, maar daar moet dan veral gefokus word om die kudde se

reproduksietempo te verhoog. Voorkeur moet dus gegee word aan ramme wat gebore is uit moeders wat

meer lammers gespeen het as kere wat hulle lamkanse gehad het; meerlinggebore ramme en ramme met

ferm en elastiese testes met 'n testisomtrek van meer as 35 cm op 15 maande (d.i. vir ramme in 'n goeie

kondisie) asook ramme met 'n baie hoë geslagsdrang. Ramme met 'n hoë geslagsdrang het meestal 'n baie

wakker en lewenskragtige houding; helder en lewendige oë; 'n aggressiewe geaardheid en pers lieste.

14. Samevatting

Doeltreffende byvoedingspraktyke vorm 'n integrale deel van doeltreffende bestuur- en telingpraktyke. Hier

praktyke moet nie in isolasie van mekaar beskou word nie, maar wel as 'n eenheid, want gesamentlik vorm

hulle die basis van 'n winsgewende skaapboerdery. Die strategiese aanvulling van die regte voedingstowwe

(veral deurvloeiproteïen en energie; minerale; spoorelemente en vitamines) in die regte hoeveelheid en

kombinasies aan weidende diere is van kritieke belang om maksimum en koste-doeltreffende respons te

verseker. Terselfdertyd moet 'n baie hoë bestuursvlak gehandhaaf word terwyl bestuurspraktyke

voortdurend aangepas moet word. In hierdie verband is dit absoluut noodsaaklik dat 'n doeltreffende en
wetenskaplik gefundeerde bestuurs-, siektevoorkomende en gesondheids-beheerprogram nougeset gevolg

moet word en voortdurend aangepas moet word soos nuwe inligting en tegnologie beskikbaar kom. Om 'n

hoogs produktiewe skaapkudde te verseker, moet geneties meerderwaardige teeldiere (ideaal om slegs

beproefde superieure teelramme te gebruik wat geneties beter is as jou kudde) geselekteer word terwyl

onproduktiewe diere (bv. dié wat nie lam nie of nie 'n lam speen nie) summier en voortdurend uitgeskot

moet word.

Om maksimum wins te genereer, moet die produsent sy prioriteite reg kry en fokus op daardie aspekte (bv.

reproduksietempo) wat die meeste wins genereer. Om 'n hoë prys en 'n pryspremie vir sy bemarkbare

produk te verdien, word die produsent gedwing om 'n gehalte produk asook dit wat die mark en die

verbruiker vra, te produseer en kan hy nie meer enige hoeveelheid van enige gehalte en wanneer hy wil,

produseer nie. Produsente word sterk aangeraai om hoogs suksesvolle produsente (bv. wenners van die

Skaapboer van die Jaarkompetisie) te besoek en van hulle te leer wat hulle doen om hoogs suksesvol te

wees. Hierdie produsente het altyd nuwe idees en beter maniere om dinge te doen. Verder word

produsente aangeraai om die nuutste tegnologie te gebruik, want volgens prof. Johan Willemse (2001) gaan

'n produsent baie moeilik sy inkomste teenoor uitgawe verhoog sonder om nuwe tegnologie en

bestuursmetodes te gebruik. In hierdie verband is Australiese konsultante dit eens dat die gewilligheid van

'n produsent om nuwe tegnologie en bestuurspraktyke in sy kudde te gebruik, grootliks sy winsgewendheid

bepaal. Produsente word versoek om die beste kundiges in dié verband te konsulteer om op hoogte te kom

van die nuutste tegnologie asook die mees winsgewende produksiestelsel(s) vir sy spesifieke