02.05.2013 Views

Desember

Desember

Desember

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GRAAN

Marksituasie vir grane

Christo Booyens Bestuurder Graanbemarking

Grane verhandel sedert die aanvang van die 2003/2004-seisoen op relatief gunstige vlakke (gegewe die marksituasie). Die mark het

verder strydig met algemene voorspellings daarin geslaag om die gunstige prysvlakke te behou, ondanks die onlangse verstewiging

van die rand teenoor die dollar, goeie reën in die meeste mielieproduserende gebiede en ‘n relatief klein afskaling in aanplantings.

Die algemene gevoel is egter dat die mark

die potensiaal het om vinnig ‘n korreksie

in die rigting van uitvoerpariteit te doen.

Produsente word in die lig hiervan

aangeraai om die huidige gunstige

prysvlakke te benut en ‘n “vloerprys” vas

te maak. Produsente word verder aangeraai

om kontrakte te sluit wat hulle in staat

sal stel om voordeel uit enige prysstygings

te kan benut.

Die algemene verwagting was dat die

mark, in die lig van groot oordragvoorrade,

skerp afwaarts sou reageer sodra die

eerste goeie algemene reëns voorkom, die

aanplantingsyfers bevestig word en/of die

wisselkoers sou verstewig. Al drie elemente

het sedertdien in die mark voorgekom.

• Meer as 80% van die Senwes-gebied het

in November meer as 50 mm reën

gehad. Sekere gebiede het selfs 100 mm

en meer gehad. Dieselfde situasie geld

vir gebiede in Noordwes en Suidwes se

gebied.

• Meer as 80% van die aanplantings in

die Oos-Transvaal was teen die einde

November afgehandel.

• Die wisselkoers toets gereeld die

R6,50/$ vlak.

• Die jongste aanplantingsintensie dui

slegs op ‘n geringe afskaling in aanplantings

(sien Tabel 1).

Vooruitsigte vir mielies

Uitvoersyfers is in die algemeen

teleurstellend. Slegs 534 000 ton mielies

is volgens Sagis tot op 31 Oktober 2003

uitgevoer. Sou die tendens voortduur,

impliseer dit dat daar nagenoeg

1,1 miljoen ton mielies gedurende die

2003/2004-seisoen uitgevoer sal word,

wat die land met ‘n oordragvoorraad van

nagenoeg 3,5 miljoen ton sal laat

(2,5 miljoen ton wit = 64% van volgende

jaar se verbruik en 1,03 miljoen ton geel =

35% van volgende jaar se verbruik). Dit

impliseer dat pryse selfs met ‘n relatief

klein oes in 2004/2005, rondom uitvoerpariteit

behoort te verhandel. Dit is egter

belangrik om daarop te let dat wêreldmielievoorrade

tans relatief laag is en

dat pryse as gevolg hiervan, relatief

stewig kan bly. Hierbenewens is die

Amerikaanse sojaboonoes relatief laag en

produksietoestande in die Suidelike

Halfrond (veral Argentinië) nie goed nie,

wat pryse verder op relatief hoë vlakke

kan laat verhandel.

Geelmielies

Geelmielies is tans relatief skaars. Hoewel

die meeste geelmielieverbruikers ‘n

2 Senwes Scenario [Desember 2003]

Tabel 1: Voorneme om te plant (soos op 31 Oktober 2003).

Kommoditeit Hektare in Hektare beplan Persentasie

2002/2003 2003/2004 verandering

Witmielies 2 083 350 1 754 700 - 15,8

Geelmielies 1 017 000 969 000 - 4,7

Sonneblom 628 100 572 000 - 8,9

Sorghum 84 610 110 000 + 30,0

Grondbone 50 300 88 000 + 75,0

sekere persentasie witmielies in hulle

rantsoene insluit, word ‘n sekere minimum

persentasie geelmielies steeds benodig.

Die behoefte aan geelmielies het tot gevolg

dat geelmielies tans teen invoerpariteit

(R1 050 Kaapstad) verhandel. Dit impliseer

dat geelmielies in die nabye toekoms teen

prysvlakke van nagenoeg R870/ton –

R960/ton behoort te verhandel.

Witmielies

Hoewel meer as 50% (65% volgens

berekening) van volgende jaar se witmielieverbruik

reeds in die silo’s is, is veral

twee aspekte daarvoor verantwoordelik

dat witmielies sy huidige prysvlakke

behou, naamlik:

• Die geelmielieprys. Sodra witmieliepryse

te ver onder die geelmielieprys

daal, word witmielies as substituut vir

geelmielies gebruik.

• Finansiële instellings het na bewering

heelwat witmielies opgekoop en dit in

Maart 2004 verkoop, met die doel om

rente op die “spread” te verdien. Dit

veroorsaak dat daar tans ‘n relatiewe

tekort aan witmielies in die kontantmark

is en pryse as gevolg hiervan relatief

stewig bly.

Vooruitsigte vir sonneblom

Daar is tans bykans geen sonneblom in

die kontantmark beskikbaar nie. Pryse vir

die nabye maande (Desember) het as

gevolg hiervan van R1 900/ton tot

R2 370/ton verstewig.

Die jongste voorneme om te plant dui

daarop dat produsente beplan om nagenoeg

572 000 hektaar sonneblom in die

2003/2004-seisoen aan te plant. Teen

normale opbrengste kan die land ‘n oes

van nagenoeg 700 000 ton sonneblom

verwag, wat binne die plaaslike verbruiksyfer

is en daartoe sal lei dat pryse

relatief stewig sal bly. Internasionaal is

oliepryse ook op hoë vlakke weens lae

voorraadvlakke, wat verdere ondersteuning

vir die plaaslike mark bied.

Werklike aanplantings behoort egter

noukeurig gemonitor te word, aangesien

die laat reëns en die groot hoeveelheid

koringlande wat tans braak lê, daartoe

kan lei dat aanplantings aansienlik groter

as die verwagte 572 000 hektaar kan

wees, wat op sy beurt tot ‘n skerp afname

in pryse kan lei.

Vooruitsigte vir sorghum

Sorghum verhandel, in die lig van die

relatiewe klein oes in 2002/2003, tans

steeds op invoerpariteit (R1 400/ton –

R1 500/ton). Bitter sorghum is tans

bykans onbekombaar. Volgens die

Nasionale Oesskattingskomitee se jongste

intensies om te plant, beplan produsente

om nagenoeg 110 000 hektaar

sorghum in die 2003/2004-seisoen aan te

plant. Sou aanplantings tot die hektare

beperk word, behoort daar die komende

seisoen net genoeg sorghum vir die

menslike mark beskikbaar te wees en

behoort pryse huidige vlakke te handhaaf.

Saadverkope in die formele sowel as die

informele mark (produsente wat self saad

voorberei) dui egter daarop dat aanplantings

die potensiaal het om aansienlik

groter as die 110 000 hektaar te wees.

Sorghumkopers is in die lig hiervan nie

bereid om sorghum tans teen huidige

prysvlakke aan te koop nie. Waar daar wel

aanbiedings vir sorghum gedoen word, is

dit teen nagenoeg 85% van die witmielieprys.

Vooruitsigte vir koring

Die NOK het die koringoes in sy jongste

skatting met ‘n verdere 196 000 ton tot

1,478 miljoen ton verlaag. Dit is die laagste

koringoes sedert 1992/1993 toe die

koringoes 1,27 miljoen ton was. Die verlaging

in die koringoes sal egter weinig

impak op plaaslike pryse hê, omrede die

koringmark ‘n geruime tyd reeds op

invoerpariteit verhandel. Internasionaal is

die verwagting dat koringpryse relatief hoë

vlakke sal handhaaf weens algemene hoë

prysvlakke in Europa en die VSA (weens

lae SRW voorraadvlakke en aktiewe deelname

van onder andere Egipte in die

Amerikaanse mark). Die verwagting is dat

plaaslike pryse in ‘n band van R50 – R60

rondom huidige vlakke sal verhandel.

R1 700/ton blyk tans die sielkundige

bokant vir die koringmark te wees.

BREEK NUWE GROND SENWES

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!