02.05.2013 Views

Desember

Desember

Desember

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BTW-wet: Hou Senwes

se KVP enige risiko’s in?

In ‘n onlangse persverklaring van Graan SA spreek dié organisasie hul kommer uit oor

produksiekontrakte wat graanboere dié seisoen met sekere instansies gesluit het en wat

ernstige gevolge vir boere ingevolge die BTW-wet kan inhou.

Kontrakte wat boere as kontrakteurs in die

produksieproses van graangewasse sluit,

veroorsaak dat die BTW-status van sodanige

boere, as BTW-geregistreerdes van

boerdery-ondernemings, in gedrang kan

kom en selfs kan verval. Volgens Graan SA

kan sulke kontrakte ook ernstige gevolge

vir boere inhou omdat die dieselkorting

deur die BTW-stelsel geadministreer word

en dit derhalwe ook die registrasie van

graanboere, om vir die dieselkorting te

kwalifiseer, in gevaar stel.

Scenario het by Christo Morrison,

Hoofbestuurder Finansiële Dienste, kers

opgesteek oor Senwes se kontrakversekeringsproduk

(KVP) en hoe dié kontrak

Senwes klante en hul BTW-status raak.

“Klante wat ‘n KVP-kontrak met Senwes

gesluit het, kan gerus wees. Waar ander

ondernemings ‘n huurooreenkoms met die

‘n Merinoboer van Smithfield, Eddie Prinsloo, is onlangs

tydens ‘n glansryke geleentheid in Bloemfontein as die

Nasionale Landbouskrywersvereniging se Boer van die

Jaar aangewys.

boer sluit, is Senwes se KVP as ‘n geldleenooreenkoms

gestruktureer en nie as ‘n

huur-/produksieooreenkoms nie,” sê Christo.

Binne sommige instansies, wat ook kontrakversekeringspakkette

aanbied, se kontrakte

huur die instansie die grond by die boer en

produseer die boer, as kontrakteur, namens

die instansie graan. Kontrakteurs kwalifiseer

egter nie vir die dieselkorting nie.

“In Senwes se geval leen ons aan die boer

die geld om sy produksiekoste te finansier.

Aangesien BTW nie op ‘n geldleenooreenkoms

betaalbaar is nie, word die

BTW-status van Senwes se klante nie

aangetas nie. Dit kan dus geen invloed op

die kwessie van dieselkorting hê nie,” het

Christo bygevoeg.

Navrae in dié verband kan gerig word aan

Bernhard Coetzer, Bemarkingsbestuurder

Finansiering, by (018) 464-7459.

Eddie as Boer van die Jaar aangewys

Eddie het in 1975 die Heuningkrans-stoetery, een van die

oudste Merino-stoeterye in die land, by sy pa oorgeneem.

Sedert hy die stoetery oorgeneem het, het hy die teelbeleid

by veranderde omstandighede aangepas. Hy het vyf jaar

gelede met sy eie produksieveiling begin en verkoop reeds

ramme vir 22 jaar onafgebroke op die Februarie-ramveiling

in Bloemfontein. Die afgelope vier jaar het hy die

hoogste prys en hoogste gemiddeld vir veldramme op die

herfs-ramveiling in Bloemfontein behaal.

Eddie Prinsloo se vrou, Lizette, het sy vreugde saam met

hom gedeel.

Namens Senwes en die redaksie: Baie geluk, Eddie, met dié

spogprestasie.

GRAAN HANDEL FINANSIËLE DIENSTE SENWESKO VOERE

Vol 4/2003 • Inligtingsblad vir klante van Senwes • Desember 2003

BREEK NUWE GROND

inhoud

Marksituasie vir grane

Senwes halfjaarsyfers

bekend gemaak

23 Januarie 2004

New Holland demonstrasies op Tierfontein

Navrae: Flip Tait (jr) of Pieter Brink

Tel: (057) 899-2731 of 083 272 2705

31 Januarie 2004

Nagmarathon op Ottosdal

Navrae: Koos Laas

Tel: (018) 571-1389

4 - 5 Februarie 2004

Rooivleisprodusente kongres

in Bloemfontein

Navrae: Santa Ramsey

Tel: (051) 436-9449 of 082 290 7202

18 - 19 Februarie 2004

Nasionale Wolkwekersvereniging kongres

in Bloemfontein

Navrae: Amelia Hanekom

Tel: (051) 447-3023 of 082 821 9475

Wat gebeur in jou kontrei?

Boereverenigings en landbou-organisasies is

welkom om inligting vir Landbou Dagboek aan

Estie Steyn deur te gee by (018) 468-2716 of

faks dit na (018) 468-7782.

Mag u hierdie Kersgety saam met u

geliefdes geniet in die nabyheid en

liefde van ons Skepper

- ook in die jaar wat voorlê.

- Redaksie

GRAAN

Marksituasie vir grane

Christo Booyens Bestuurder Graanbemarking

Grane verhandel sedert die aanvang van die 2003/2004-seisoen op relatief gunstige vlakke (gegewe die marksituasie). Die mark het

verder strydig met algemene voorspellings daarin geslaag om die gunstige prysvlakke te behou, ondanks die onlangse verstewiging

van die rand teenoor die dollar, goeie reën in die meeste mielieproduserende gebiede en ‘n relatief klein afskaling in aanplantings.

Die algemene gevoel is egter dat die mark

die potensiaal het om vinnig ‘n korreksie

in die rigting van uitvoerpariteit te doen.

Produsente word in die lig hiervan

aangeraai om die huidige gunstige

prysvlakke te benut en ‘n “vloerprys” vas

te maak. Produsente word verder aangeraai

om kontrakte te sluit wat hulle in staat

sal stel om voordeel uit enige prysstygings

te kan benut.

Die algemene verwagting was dat die

mark, in die lig van groot oordragvoorrade,

skerp afwaarts sou reageer sodra die

eerste goeie algemene reëns voorkom, die

aanplantingsyfers bevestig word en/of die

wisselkoers sou verstewig. Al drie elemente

het sedertdien in die mark voorgekom.

• Meer as 80% van die Senwes-gebied het

in November meer as 50 mm reën

gehad. Sekere gebiede het selfs 100 mm

en meer gehad. Dieselfde situasie geld

vir gebiede in Noordwes en Suidwes se

gebied.

• Meer as 80% van die aanplantings in

die Oos-Transvaal was teen die einde

November afgehandel.

• Die wisselkoers toets gereeld die

R6,50/$ vlak.

• Die jongste aanplantingsintensie dui

slegs op ‘n geringe afskaling in aanplantings

(sien Tabel 1).

Vooruitsigte vir mielies

Uitvoersyfers is in die algemeen

teleurstellend. Slegs 534 000 ton mielies

is volgens Sagis tot op 31 Oktober 2003

uitgevoer. Sou die tendens voortduur,

impliseer dit dat daar nagenoeg

1,1 miljoen ton mielies gedurende die

2003/2004-seisoen uitgevoer sal word,

wat die land met ‘n oordragvoorraad van

nagenoeg 3,5 miljoen ton sal laat

(2,5 miljoen ton wit = 64% van volgende

jaar se verbruik en 1,03 miljoen ton geel =

35% van volgende jaar se verbruik). Dit

impliseer dat pryse selfs met ‘n relatief

klein oes in 2004/2005, rondom uitvoerpariteit

behoort te verhandel. Dit is egter

belangrik om daarop te let dat wêreldmielievoorrade

tans relatief laag is en

dat pryse as gevolg hiervan, relatief

stewig kan bly. Hierbenewens is die

Amerikaanse sojaboonoes relatief laag en

produksietoestande in die Suidelike

Halfrond (veral Argentinië) nie goed nie,

wat pryse verder op relatief hoë vlakke

kan laat verhandel.

Geelmielies

Geelmielies is tans relatief skaars. Hoewel

die meeste geelmielieverbruikers ‘n

2 Senwes Scenario [Desember 2003]

Tabel 1: Voorneme om te plant (soos op 31 Oktober 2003).

Kommoditeit Hektare in Hektare beplan Persentasie

2002/2003 2003/2004 verandering

Witmielies 2 083 350 1 754 700 - 15,8

Geelmielies 1 017 000 969 000 - 4,7

Sonneblom 628 100 572 000 - 8,9

Sorghum 84 610 110 000 + 30,0

Grondbone 50 300 88 000 + 75,0

sekere persentasie witmielies in hulle

rantsoene insluit, word ‘n sekere minimum

persentasie geelmielies steeds benodig.

Die behoefte aan geelmielies het tot gevolg

dat geelmielies tans teen invoerpariteit

(R1 050 Kaapstad) verhandel. Dit impliseer

dat geelmielies in die nabye toekoms teen

prysvlakke van nagenoeg R870/ton –

R960/ton behoort te verhandel.

Witmielies

Hoewel meer as 50% (65% volgens

berekening) van volgende jaar se witmielieverbruik

reeds in die silo’s is, is veral

twee aspekte daarvoor verantwoordelik

dat witmielies sy huidige prysvlakke

behou, naamlik:

• Die geelmielieprys. Sodra witmieliepryse

te ver onder die geelmielieprys

daal, word witmielies as substituut vir

geelmielies gebruik.

• Finansiële instellings het na bewering

heelwat witmielies opgekoop en dit in

Maart 2004 verkoop, met die doel om

rente op die “spread” te verdien. Dit

veroorsaak dat daar tans ‘n relatiewe

tekort aan witmielies in die kontantmark

is en pryse as gevolg hiervan relatief

stewig bly.

Vooruitsigte vir sonneblom

Daar is tans bykans geen sonneblom in

die kontantmark beskikbaar nie. Pryse vir

die nabye maande (Desember) het as

gevolg hiervan van R1 900/ton tot

R2 370/ton verstewig.

Die jongste voorneme om te plant dui

daarop dat produsente beplan om nagenoeg

572 000 hektaar sonneblom in die

2003/2004-seisoen aan te plant. Teen

normale opbrengste kan die land ‘n oes

van nagenoeg 700 000 ton sonneblom

verwag, wat binne die plaaslike verbruiksyfer

is en daartoe sal lei dat pryse

relatief stewig sal bly. Internasionaal is

oliepryse ook op hoë vlakke weens lae

voorraadvlakke, wat verdere ondersteuning

vir die plaaslike mark bied.

Werklike aanplantings behoort egter

noukeurig gemonitor te word, aangesien

die laat reëns en die groot hoeveelheid

koringlande wat tans braak lê, daartoe

kan lei dat aanplantings aansienlik groter

as die verwagte 572 000 hektaar kan

wees, wat op sy beurt tot ‘n skerp afname

in pryse kan lei.

Vooruitsigte vir sorghum

Sorghum verhandel, in die lig van die

relatiewe klein oes in 2002/2003, tans

steeds op invoerpariteit (R1 400/ton –

R1 500/ton). Bitter sorghum is tans

bykans onbekombaar. Volgens die

Nasionale Oesskattingskomitee se jongste

intensies om te plant, beplan produsente

om nagenoeg 110 000 hektaar

sorghum in die 2003/2004-seisoen aan te

plant. Sou aanplantings tot die hektare

beperk word, behoort daar die komende

seisoen net genoeg sorghum vir die

menslike mark beskikbaar te wees en

behoort pryse huidige vlakke te handhaaf.

Saadverkope in die formele sowel as die

informele mark (produsente wat self saad

voorberei) dui egter daarop dat aanplantings

die potensiaal het om aansienlik

groter as die 110 000 hektaar te wees.

Sorghumkopers is in die lig hiervan nie

bereid om sorghum tans teen huidige

prysvlakke aan te koop nie. Waar daar wel

aanbiedings vir sorghum gedoen word, is

dit teen nagenoeg 85% van die witmielieprys.

Vooruitsigte vir koring

Die NOK het die koringoes in sy jongste

skatting met ‘n verdere 196 000 ton tot

1,478 miljoen ton verlaag. Dit is die laagste

koringoes sedert 1992/1993 toe die

koringoes 1,27 miljoen ton was. Die verlaging

in die koringoes sal egter weinig

impak op plaaslike pryse hê, omrede die

koringmark ‘n geruime tyd reeds op

invoerpariteit verhandel. Internasionaal is

die verwagting dat koringpryse relatief hoë

vlakke sal handhaaf weens algemene hoë

prysvlakke in Europa en die VSA (weens

lae SRW voorraadvlakke en aktiewe deelname

van onder andere Egipte in die

Amerikaanse mark). Die verwagting is dat

plaaslike pryse in ‘n band van R50 – R60

rondom huidige vlakke sal verhandel.

R1 700/ton blyk tans die sielkundige

bokant vir die koringmark te wees.

BREEK NUWE GROND SENWES

GRAAN

Graan praat padlangs

Dr Anton Lubbe, Hoofbestuurder Graan,

het sy bekommernis oor die lae graanpryse

en die invloed daarvan op boere en

hul besigheid uitgespreek. Terugvoer is

ook oor die afgelope seisoen se graanhantering

gegee – ‘n heel goeie seisoen

vir Senwes.

Tydens die geleentheid het Christo

Booyens, Bestuurder Graanbemarking,

bemarkingsvooruitsigte asook bemarkingstrategieë

vir die volgende seisoen

bespreek. Hy het gewaarsku dat

wêreldproduksie en oordragvoorrade

groot prysskommelinge in die volgende

seisoen tot gevolg kan hê.

Vogaansuiweringsbasis vir

sonneblomsaad aangepas

Senwes het, nadat baie navorsing deur

die industrie gedoen is, besluit dat sonneblomsaad

voortaan teen ‘n maksimum

van 9% vog, teenoor 10% in die verlede,

uitbetaal sal word.

Volgens Jaco Botha, Bestuurder

Graanbedryf, is hierdie besluit nie ligtelik

geneem nie. “Omvattende navorsingsresultate

is gebruik om tot hierdie besluit te

kom,” sê Jaco.

Die navorsing het onder andere bevind:

• Nuwe verbeterde kultivars het ‘n hoër

olie-inhoud.

• Verhoogde olie-inhoud en vog teen 10%

versnel hittebeskadiging.

• Die hoër olie-inhoud het ‘n versnellende

effek op vogverliese.

“Silo-eienaars het besluit dat hulle die

nuwe risiko nie kan absorbeer nie,” het

Jaco bygevoeg. Droogoondkoste sal,

soos in die verlede, steeds bokant 10%

BREEK NUWE GROND SENWES

met produsente

Bemarkingstrategieë, bedryfsreëlings wat verander en terugvoer oor die stand van

sake in Senwes Graan, is enkele punte wat tydens Graan se inligtingsvergaderings

gedurende Oktober met produsente aangeraak is.

Tydens Graan se inligtingsvergadering op

Viljoenskroon het Magiel Greyling, Silobestuurder

Groenebloem en Albert Cawood, Streekbestuurder

Graan, voor die vergadering met Albert Whitfield en

Hennie Venter gesels.

“As boere nie hulle aanplantings gaan

afskaal nie, gaan Suid-Afrika homself in

‘n pryskatastrofe in plant,” het hy

gewaarsku. Christo het ook die belangrikheid

van opsiestrategieë beklemtoon.

“Bou vir jou ‘n vloerprys in die

transaksie in, maar hou die bokant

oop,” is sy raad.

Jaco Botha, Bestuurder Graanbedryf, het

oor spesifieke bedryfsreëlings en

die koringgraderingstelsel wat sedert

1 Oktober verander het, gesels. Die

sonneblomvogbasis wat gaan verander,

is ook bespreek.

Floris en Ikerd Pretorius het die jongste graanpryse met

Arnold Wessels (Graanverkryger), Bennie van der

Westhuizen en Nico van Rensburg, Silobestuurder

Viljoenskroon, bespreek.

Graan-nuus in kort

vog gehef word. Ander gewasse, soos

kanola, se vogpersentasie is reeds

afwaarts na 8% aangepas.

Ontvangspunte vir koring verander

Koringprodusente moet daarop let dat

koring nie vanjaar by Vierfontein, Attie en

Allanridge silo’s gelewer kan word nie.

Volgens Faan Schoeman, Bestuurder

Graanhantering, is die stap gedoen

omdat die nuwe koringgraderingstelsel

en die relatief lae tonnemaat koring in dié

distrikte dit onekonomies maak om koring

in die spesifieke silo’s te berg. “’n Silobuis

kan 4 500 ton koring berg. Met die nuwe

koringgraderingstelsel beteken dit dat die

verskillende grade, daar is tans vyf grade,

in verskillende buise geberg moet word.

Dit is onekonomies om byvoorbeeld

500 ton koring in ‘n buis te berg,” sê Faan.

Die alternatiewe silo’s waarby produsente

in die omgewings kan lewer, is Viljoenskroon,

Kroonstad en Odendaalsrus. Die

ander koringontvangspunte is dieselfde as

in die verlede.

Is u kontrak al

geteken?

Produsente het tot 29 Februarie 2004

geleentheid om ‘n Senwes opbergingskontrak

te onderteken. Die ooreenkoms,

wat die reëls en regulasies tussen die produsent

en Senwes bevat, kan by die

naaste silo voltooi en onderteken word.

Vir enige navrae kan Ben Kleinhans,

Bestuurder Graan Administrasie, by

(018) 464-7610 geskakel word.

Senwes Mobile

vervang 12:00

se SMS’e

Graanbemarking se daaglikse SMSboodskappe

om klante in kennis te stel

van die die dag se Safex-verhandelingspryse,

word vanaf Januarie 2004 vervang

met ‘n stelsel waar die klant op ‘n tyd van

sy keuse via Senwes Mobile toegang tot

intydse prysinligting kan kry. Klante sal

pryse, soos in die verlede, een keer per

dag gratis via die stelsel kan kry.

Die huidige SMS-diens om 12:00 bereik

produsente te laat om transaksiebesluite

te neem terwyl Senwes Mobile onmiddellike

toegang tot intydse landbou-inligting

per selfoon verskaf - inligting wanneer u

dit nodig het, enige tyd van die dag.

Hoewel een daaglikse toegang tot

markpryse gratis sal wees, is ‘n meer

gereëlde frekwensie moontlik, maar teen

‘n kosteverhalende basis. Die koste

beloop tans 30c per navraag.

Volgens Christo Booyens, Bestuurder

Graanbemarking, word die Senwes

Mobile-diens op ‘n spesifieke selnommer

en handstuk geregistreer. Indien u nie

reeds daarvoor geregistreer is nie, kontak

u naaste Graanverkryger of besoek die

Senwes webterrein by www.senwes.co.za

vir meer inligting.

SMS-boodskappe sal steeds aangewend

word vir spesiale aankondigings of kennisgewings

van Senwes Graan.

“’n Fout word nie die waarheid

omdat meer mense dit propageer

nie; so word die waarheid ook

nie ‘n leuen omdat niemand

dit raaksien nie.”

- Mohandas K. Gandhi

[Desember 2003] Senwes Scenario 3

HANDEL

Hoe werk die voorraadbestuurstelsel?

Uitvoorraad-situasies by winkels is dikwels vir klante ‘n bron van frustrasie. Scenario het

met Kevin Smit, Sr Kategoriebestuurder en Natasha de Swardt, Voorraadkontroleur by

Hoofkantoor, gaan gesels om te hoor hoe voorraadbestellings gedoen word.

“Die SAP-stelsel verwerk maandeliks ‘n

vooruitskatting wat op die afgelope drie

jaar se verkoopsgeskiedenis gebaseer is.

Desember se verkope van bv. 2000, 2001

en 2002 kan vergelyk word, asook die

verkope van die afgelope ses maande.

Sodoende kan ‘n afname of toename in

verkope vasgestel word.

“Die afgelope drie maande se werklike

verkope word teenoor die gegewe tydperk

se werklike vooruitskatting gemeet.

Items met die grootste persentasieafwykings

van verkope en vooruitskattings

word op ‘n maandelikse basis aan

die winkels deurgegee om die vooruitskattings

te kontroleer. Dit is baie belangrik

dat die verkoopsklerke en ander

winkelpersoneel deeglik bewus is van

klante se behoeftes, verandering in

seisoene, promosies en nuwe produkte

wat gelys word.

“Die vooruitskatting word daarna deur

die Dienssentrum en Hoofkantoor se

onderskeie voorraadkontroleurs nagegaan

ten einde ooglopende afwykings

te identifiseer voordat dit finaal goedgekeur

word.

“Die aantalle wat bestel moet word, word

weekliks programmaties bepaal deur die

volgende aspekte in ag te neem: vooruitskattings,

veiligheidsvoorraad (buffervoorraad),

leitye van verskaffers, verpakkingseenhede

asook die huidige

voorraad. ‘n Voorgestelde bestelling word

per winkel per verskaffer opgebou. Die

winkel kontroleer en aktiveer dan weekliks

die voorgestelde bestellings en die

Klerksdorp durf die buitelewe aan

‘n Volledige reeks mansklere is sedert Oktober vanjaar by Klerksdorp winkel beskikbaar.

Volgens Earl Smiles, Winkelbestuurder, huur die onderneming Outdoor &

Clothing uitstalruimte in die winkel.

“Klerksdorp winkel is tans besig om hul buitelewe reeks uit te brei en Outdoor &

Clothing se klere- en skoenreekse sluit van die bekendste handelsname in. Ons hou

ook ‘n verskeidenheid kampeertoerusting aan en beplan om ons reeks in die toekoms

uit te brei,” sê Earl.

Aankope kan kontant of per kredietkaart gedoen word terwyl klante van Senwes op

rekening kan koop.

• Vrae wat pla • Vrae wat pla • Vrae wat pla •

Vraag: Kan eksterne parasiete werklik

my kudde se prestasie benadeel?

Antwoord: Volgens George Cox van

Bayer is ‘n parasiet iets of iemand wat vat

sonder om terug te gee. Dit is ‘n baie

goeie beskrywing van bosluise. Nie net

steel hulle bloed nie, maar steel daardeur

produksie (groei) en veroorsaak bytwonde

wat sekondêr besmet kan word

deur bakterieë (absesse). Brommermaaiers

(spykerwurm) kan in hierdie

wonde oorleef. Boonop dra hulle siektes

(bv. hartwater en galsiekte) oor en skei

toksiene af wat sweetsiekte en paralise

kan veroorsaak.

‘n Weldeurdagte bestuursprogram is

nodig om die pes effektief te beheer.

Tradisioneel is dipstowwe as die oplossing

gesien omdat doeltreffende bosluisbeheer

die beeste nie net van ‘n las verlos

het nie, maar tersefdertyd die verspreiding

van die belangrikste siektes bekamp.

4 Senwes Scenario [Desember 2003]

Net soos ‘n entstof wat elke jaar toegedien

moet word, is dit egter nodig dat

beeste deur besmette bosluise gebyt

moet word om hul immuniteit teen siektes

wat in u area voorkom, te behou.

Bosluise moet dus beheer word en nie

uitgeroei word nie. Dip slegs wanneer

nodig – onthou egter dat daar vir elke

volgesuipte wyfie ± 140 onvolwasse,

honger volwasse en manlike bosluise op

die dier teenwoordig is. ‘n Erge besmetting

kan binne dae tot vrektes, as gevolg

van bloedarmoede, lei.

Natuurlike beheermetodes soos renostervoëltjies,

droogtes en koue moet in ‘n

aanhoudend veranderende bestuursprogram

ingebou word. Besoek gerus u

naaste Senwes winkel vir nommer een

oplossings in die beheer van bosluise.

* Lesers kan vrae wat hulle plae aan Estie Steyn by

Infoworks stuur. Stuur ‘n faks na (018) 468-7782 of

e-pos na infowrks@senwes.co.za. ‘n Deskundige sal

gevra word om die vrae te beantwoord.

bestellings word by Hoofkantoor gedruk

waarna dit na die verskaffers gefaks of

elektronies (EDI) deurgestuur word.

Aflewering geskied direk by die winkels.

“Sou ‘n klant ‘n item, wat Senwes nie

aanhou nie, wou bestel, kan die winkel

‘n bestelling direk by die verskaffer

plaas. Noodbestellings vir voorraaditems

wat buite ons normale verkoopbehoeftes

val, kan telefonies gedoen

word,” sê Natasha.

Hierdie bestuurstelsel het ten doel om

oortollige voorraad waarop rente betaal

word en waarde vernietig word, te ondervang

en terselfdertyd te verseker dat

voorraad wat gereeld verkoop geredelik

beskikbaar sal wees.

Voldoende bestuursinligting is tot die

beskikking van die winkelpersoneel om te

verseker dat kritiese voorraad altyd

beskikbaar sal wees.

Blink idees vir

Kersfees

Senwes se gewilde Kerspromosie

word vanjaar vanaf 28 November tot

20 Desember by al die Senwes winkels

gehou.

Volgens Ivan Collins, Produkbestuurder,

fokus Senwes vanjaar op produkte vir die

doen-dit-self-entoesias, sowel as produkte

spesifiek vir die boer. Die promosieprodukte

sluit in: kraggereedskap,

verkykers, messe, veemiddels, tuinmiddels,

verf, hardeware, koeldrank en

buitelewe produkte.

Kyk gerus uit vir Senwes se Warm

Waarde-plakkate in die winkels. Pamflette

met spesiale Kersfeespryse sal ook

uitgedeel word.

Kyk uit vir die Warm Waarde-plakkate in die winkels en

koop hierdie jaar ‘n handige Kersgeskenk vir jou geliefde.

BREEK NUWE GROND SENWES

HANDEL

“Senwes beperk sodoende sy risiko en beskerm aandeelhouers se belang. Verlede jaar

was Senwes se omset in tjekbesigheid byvoorbeeld R1,2 miljard gewees. Sedert die

stelsel geïmplementeer is, het die gemiddelde aantal tjeks wat as gevolg van onvoldoende

fondse deur banke teruggestuur word, afgeneem. Die verskerpte bankwette

verplig ons ook om strenger hierna te kyk.

“Klante kan by Senwes se handelswinkels aansoek doen vir ‘n CGS-kaart. Dit kan die

bedieningstyd by die verkoopspunte bespoedig,” sê hy. Kontak gerus u

Winkelbestuurder indien u vir so ‘n kaart aansoek wil doen.

SENWESKO VOERE

Senwesko Voere het vanjaar verskeie nuwe produkte aan die mark bekend gestel. Die

Nutri Lek Fosfaat-produkreeks, wat gedurende September bekend gestel is, verseker

dat diere die optimale fosfaataanvulling ontvang om hulle minerale status ná die winterseisoen

op te bou vir optimale produksie en reproduksie.

Die Nutri Melk-reeks verhoog melkproduksie en verbeter melksamestelling. Die resultaat

is ‘n hoër melkprys per liter en ‘n hoër totale melkinkomste. Scenario het van die

bekendstellingsfunksies in die gebied bygewoon.

BREEK NUWE GROND SENWES

Tjeks moet

geverifieer word

Alle klante wat kontantaankope by die handelswinkels doen en per tjek betaal se tjek

moet deur Check Guarantee Services (CGS) geverifieer word. Volgens Johan

Schoeman, Bestuurder Handel Administrasie, word dit gedoen om die verlies aan

inkomste weens nie-invorderbare tjeks minder te maak.

Nuwe produkte voer die botoon

Van die Theunissen-boere wat die Nutri Lek Fosfaat bekendstelling in Kroonstad bygewoon het, was: Theuns Wessels,

Marietjie Janse van Rensburg, David Whitfield (van Viljoenskroon), André van Zyl en Manus Janse van Rensburg.

By die Nutri Melk bekendstelling vroeër vanjaar in Klerksdorp was: Hennie Schickerling (Delareyville), Gustavo Napoli

(Cargill Animal Nutrition), Schalk Nezar, Loutjie Rootman (albei van Ottosdal) en Piet Transvaal (Wolmaransstad).

Baie geluk

Baie geluk aan die volgende klante wat

pryse in die Gud filterpromosie gewen het:

A.L.L. Piater van Heilbron: Kompressor

J.A.G. Beukes van Ottosdal: Weberbraaier

A. de Beer van Sasolburg: Cadac tent

Die promosie is gedurende Augustus by

al die winkels gehou en klante wat R100

of meer spandeer het, het ‘n kans gestaan

om ‘n prys te wen.

Handel wil

markaandeel

terugwen

Handel is tans besig met ‘n aggressiewe

veldtog om besigheid wat die afgelope

paar jaar van Senwes af weggevloei het,

terug te gaan haal. Groot klem word

daarop gelê om Senwes se verlore

markaandeel terug te wen.

Volgens Frans du Plessis, Hoofbestuurder

Handel, behoort klante

Handel se personeel reeds meer diensgedrewe

te ervaar. “Ons wil deur

dienslewering die algemene inkopieervaring

van die klant verbeter,” sê Frans.

“Ons visie is om die voorkeur verskaffer

van landbou- en insetprodukte vir produsente

te wees en om suksesvol binne

ons huidige markgrense te wees,” is sy

woorde. “Senwes is reeds besig om, met

die hulp van die Klantediensbestuurders,

die besigheid terug te vat plaas toe.”

Klante is welkom om Senwes se klantedienslyn

tolvry te skakel by 080 941 4011

met enige voorstelle, gedagtes of klagtes.

“Waaraan dink jy so diep?”

“Ek droom daarvan om

R5 miljoen per maand te

verdien – nes my pa.”

“Verdien jou pa R5 miljoen

per maand?”

Nee, hy droom ook daarvan.”

‘n Man stap by die dokter se

spreekkamer in met ‘n

komkommer in sy neus,

‘n wortel in sy linkeroor en ‘n

piesang in sy regteroor.

“Wat’s fout met my?” vra hy.

Dokter: “Jy eet nie ordentlik nie.”

[Desember 2003] Senwes Scenario 5

FINANSIËLE DIENSTE

Aid to cattle farmers

after mortalities

Senwes and Senwesko Voere jointly donated approximately four tonnes of energy

blocks for cattle to tribes in the Northwest Province who suffered cattle mortalities

after the recent heavy rain and subsequent low temperatures.

The blocks, known as Nutritub energy

blocks, with a value of R10 000, were formally

handed over to six tribal leaders in

the trust areas of Welgevonden, Tsetse,

Mogopa, Boikhutso, Goedgevonden and

Appeldraai, in the district of Ventersdorp.

The tribes lost an estimated 250 heads of

cattle due to the harsh weather conditions.

Ina van Rensburg Inligtingsdienste

Reënvalneerslae aangeteken

Die reënval vir Augustus tot Oktober was

net 49,7% van die langtermyn gemiddeld,

met Wolwehoek die meeste teen 60,3%

en Koppies die minste teen 1,8%.

Vooruitskouing

Uittreksel uit: Mielievisie No 51 – Inligting vervat

tot 27/10/2003. Saamgestel en uitgereik

deur Enviro Vision (Johan van den Berg by

082 374 4692) in samewerking met die Instituut

vir Grond, Klimaat en Water van die Landbounavorsingsraad.

Seetemperature in die Stille Oseaan is

ietwat warmer as normaal en indien dit

nog gaan styg, kan dit as El Niño geklassifiseer

word. Indien die ontwikkeling versterk

binne die volgende maand kan dit,

as gevolg van die tyd van ontwikkeling,

reënvaltoestande baie ernstig benadeel.

6 Senwes Scenario [Desember 2003]

“In Senwes’s commitment to emerging

farmers the focus is placed on crop production,

but also on cattle farming. The

loss of cattle was a heavy blow to these

farmers and Senwes is serious about

extending a helping hand,” says Christo

Morrison, General Manager Financial

Services.

The four tonnes of energy blocks jointly donated by Senwes and Senwesko Voere is a product from the popular Nutritub

range. The product (seen in the foreground) is manufactured and marketed by Senwesko on a national level.

Also present at the handing over of the donated energy blocks, were: Theuns Wessels (Senwesko Voere), Johannes

Yelani (vice-captain of the Appeldraai tribe), Custaff Sekgala (Senwes Emerging Farmer Project Co-ordinator) and

Johan du Toit (Manager of Senwes Legal and Agricultural Services).

El Niño-verskynsel nog neutraal

Indien die El Niño-ontwikkeling sou voortduur

tot ‘n volskaalse El Niño in die volgende

maand, kan dit reënvalvooruitsigte

met 20% - 50% verlaag.

Desember 2003 en Januarie 2004: Die

kans om ten minste die normale reënval

te kry, is gemiddeld.

Februarie 2004: Dit lyk tans na die

maand wat die beste kans het om ten

minste die normale reënval te kry.

Maart en April 2004: Die kanse vir reën

lyk normaal tot ondernormaal, veral na die

weste, maar normaal tot bonormaal na

die noorde in April.

Min grondvog veroorsaak steeds dat, indien

normale reënval voorkom, dit dalk nie

genoeg kan wees vir ‘n normale oes nie,

veral in die sentrale en weste kant.

* Senwes beroep hom op ‘n vrywaring van

aanspreeklikheid.

Regering kyk na

beginnerboere

‘n Afvaardiging van die Departement van

Landbou het op Donderdag 6 November,

op uitnodiging van Senwes, die onderneming

besoek.

Tydens die besoek het Senwes ‘n aanbieding

oor hul betrokkenheid en rol by

beginnerboer-ontwikkeling en landbouhervorming

aan die departement gedoen.

Verskeie fasette van Senwes se besigheidsplan

ten opsigte van beginnerboerontwikkeling,

doelwitte en vordering

daarmee is deur die betrokke Hoofbestuurders

bespreek. Nouer samewerking

tussen die twee instansies word as

prioriteit beskou om lewensvatbare beginnerboer-projekte

maksimaal te ondersteun.

Besoek is ook aan Israel Motlhabane van

Wesselsbron, ‘n suksesvolle beginnerboer

waarby Senwes betrokke is, gebring.

Johan Dique (Besturende Direkteur), Masiphula

Mbongwa (adjunk direkteur-generaal: Landbouekonomie

en besigheidsontwikkeling) en Attie Swart

(assistent-direkteur-generaal: Handel en besigheidsontwikkeling)

gesels oor Senwes se rol in beginnerboerontwikkeling.

• In kort • In kort •

KVP nou ook vir beginnerboere

Beginnerboere kan vanjaar ook aansoek

doen vir Senwes se kontrakversekeringsplan

(KVP). Dié aankondiging is onlangs

deur Christo Morrison, Hoofbestuurder

Finansiële Dienste, gedoen nadat Senwes

‘n gesamentlike KVP-ooreenkoms met

Mutual en Federal bereik het. Aansoeke

sal op ‘n ad hoc-basis hanteer word.

Belangstellende produsente kan hul

naaste Verhoudingsbestuurder vir meer

inligting kontak.

Finansier nou ook katoen

Produsente kan vanjaar vir die eerste

keer finansiering vir katoenproduksie

onder besproeiing bekom. Volgens Gerrit

van Zyl, Bestuurder Finansiering, kan

produsente in die Vaalharts-gebied nou

hiervoor aansoek doen. “Die somerproduksielening

is teen markverwante

rentekoerse beskikbaar en die normale

finansieringsvereistes geld,” sê hy.

Vir meer inligting kan Danie de Bruin,

Verhoudingsbestuurder Vaalharts, by

083 576 6240 of (053) 474-9600 gekontak

word.

BREEK NUWE GROND SENWES

MAATSKAPPYNUUS

Direksie stel Magashula

en Kahan aan

Senwes se Direksie het op 28 Oktober vanjaar besluit om George (Oupa) Magashula

(41) aan te stel as ‘n buite-direkteur en Charles Kahan (54) aan te wys as Finansiële

Adviseur van die Direksie. Beide persone het die aanstellings reeds aanvaar.

Benewens die verkose direkteure uit aandeelhouersgeledere

en die drie uitvoerende

direkteure (Johan Dique, Francois

Strydom en Japie Gouws), bestaan die

Direksie nou uit George en twee ander

buite-direkteure – John Roberts en Johan

Alberts. Hierdie direkteure word aangestel

in ooreenstemming met Senwes se statuut

juis vanweë die kundigheid wat hul na

die Direksie bring. Peet van Zyl tree op as

Regsadviseur en Charles Kahan as

Finansiële Adviseur van die Direksie.

Oupa beskik oor ‘n BSc-graad in Chemie,

‘n Nasionale Diploma in Analitiese

Chemie asook ‘n nagraadse kwalifikasie

in besigheidsbestuur. In sy loopbaan het

hy wye ervaring opgedoen op die

gebied van menslike hulpbronbestuur

by Nampak, Sun International SA,

United Distillers & Vintners en Anglo Vaal

Industries. Hy beklee sedert 2001 die

portefeulje van groep uitvoerende

beampte: Menslike Hulpbronne by

Telkom SA.

Charles, ‘n geoktrooieerde rekenmeester

met ‘n Hoër Diploma in Belasting, het tot

en met 1999 sy eie praktyk as ouditeur/besigheidskonsultant

bedryf – in

daardie stadium die grootste alleenpraktiserende

ouditeursfirma in Suid-Afrika.

Hy tree sedertdien as konsultant op vir

LPC Manhattan (Edms) Bpk – ‘n geregistreerde

borgmakelaar vir die JSE

Sekuriteitebeurs – namens wie hy werk

doen as besigheidsmakelaar, oornames

en samesmeltings fasiliteer en klein

en medium grootte ondernemings

konsulteer.

Senwes comes out tops at awards

At a recently held PMR function Senwes

received two diamond arrow awards.

PMR Intelligence did a survey to find the

region’s business and social generators

and rewarded Senwes as the best agricultural

and tractor dealer in the North

West Province’s Business Sector.

In another independent survey conducted

on a national scale Senwes was nominated

as one of the top 300 companies in

South Africa. As part of this honour a company

profile of Senwes was included in

the Food Producers and Processors category

of an upmarket portfolio which was

published recently.

Aandeleverhandeling in Oktober

Die volgende Senwes en Senwesbel aandele

het gedurende Oktober 2003

verhandel:

Aandele Prys Aantal verhandel

Senwes 69c 16 432

Senwes 70c 17 080

Senwes 80c 18 412

Senwes 87c 55 079

Senwes 89c 10 000

Senwes R1 30 000

BREEK NUWE GROND SENWES

Senwes was rewarded as the best agricultural and tractor

dealer in the North West Province’s Business Sector.

Frans du Plessis (General Manager Trade) and

Johan Dique (Managing Director) accepted the awards.

Aandele Prys Aantal verhandel

Senwesbel 50c 43 076

Senwesbel 60c 44 072

Senwesbel 61c 54 446

Senwesbel 78c 83 142

Belangstellende kopers kan Ansa van

Vuuren by die Senwes Verhandelingskamer

skakel by (018) 464-7105. Let ook

daarop dat die Verhandelingskamer ‘n

nuwe faksnommer het: (018) 464-2228.

Suid-Afrikaners word beslis sterker.

Tien jaar gelede kon net ‘n sterk man R20,00 se kruideniersware dra.

Vandag kan ‘n graad eentjie dit lag-lag doen.

Ons wil u help

Skakel Senwes se Klantedienslyn tolvry by

080 941 4011 indien u enige Senwes vrae,

klagtes of gedagtes het.

Senwes beleef

goeie halfjaar

In die ses maande tot 31 Oktober vanjaar

het Senwes ‘n netto wins van R51 miljoen

behaal. Die verwagting is dat die Groep

se wins vir die volle jaar tot April 2004 ‘n

aanvaarbare groei sal toon teenoor die

wins van die vorige jaar.

Japie Gouws, Direkteur Finansies, sê

bevredigende resultate is in die Graan,

Finansiële Dienste en Senwesko Voere

divisies behaal. Later as normale reën en

‘n groot versigtigheid by produsente

weens die lae graanpryse, het ‘n

negatiewe impak op verkope by die

Handel divisie en Profert Kunsmis gehad.

Goeie vordering is gemaak met die uitfasering

van nie-kernbedrywighede soos

Kolosus, Country Bird en Profert.

Die verwagte laer somergraanaanplantings

sal uiteraard ‘n impak hê op die

totale omvang van die Groep se

besigheid, maar veral by die Handel en

Meganisasie divisies.

“Die Direksie is tevrede dat Senwes

se herstelproses goed verloop. Sekere

herstruktureringsmoontlikhede word tans

ondersoek en daar sal mettertyd met aandeelhouers

daarook gekommunikeer

word,” het hy gesê.

* Die volledige sesmaande verslag is in

Afrikaans en Engels beskikbaar op die Senwes

webterrein by www.senwes.co.za.

Sekretaris moet weet

van oordragte

Aandeelhouers wat Senwes aandele

verkoop en oordra óf hul boedels herstruktureer

(m.a.w bates oordra na

byvoorbeeld trusts en/of ander regspersone)

moet Senwes Sekretariaat by name

Elmarie Joynt, Groepsekretaris, of Claudi

Smit, Oordragsekretaris, onverwyld daarvan

in kennis stel. Wanneer aandele

gekoop of verkoop word, moet die

transaksie ook formeel deur die kantoor

van die Sekretaris hanteer word.

Elmarie of Claudi kan gekontak word by

(018) 464-7121, claudi.smit@senwes.co.za

of stuur ‘n faks na (018) 464-2228.

Adresverandering moet ook aan

Sekretariaat gestuur word.

[Desember 2003] Senwes Scenario 7

Wen! Wen! Wen!

Desember spel somer, son en see: daardie tyd van die jaar wat

‘n man, as die mielies al mooi op die lande staan, vir ‘n paar dae

kus toe kan wegbreek. ‘n Leser kan hierdie sonsambreel, Camp

Master kouesak en 2,5 liter waterhouer ter waarde van R420

(sien foto) wen - net reg vir u volgende seevakansie.

Beantwoord slegs die volgende vraag: Watter artikel in die

tydskrif het u die interessantste gevind?

Stuur die koepon aan:

Infoworks (Aandag: Wanda Potgieter)

Postnet Suite 32

Privaat sak X10

Flamwood, 2572

Faks: (018) 468-7782

E-pos: info.iw@mweb.co.za

Tel: (018) 468-2716

Inskrywings, hetsy telefonies, per e-pos, faks of pos, moet ons

nie later as Vrydag 16 Januarie 2004 bereik nie.

Vorige wenner

WP Viljoen van Hoopstad was die wenner van die Oktoberuitgawe

se 3-in-1 Superysterpotjie.

[8 ] Senwes Scenario [Desember 2003]

R E D A K S I O N E E L

Senwes Scenario is 'n bedryfsinligtingsblad wat ses keer per jaar in opdrag van

Senwes Korporatiewe Bemarking deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

REDAKSIE:

Johan Grobler (018) 464-7199 • 083 409 5229 • johan.grobler@senwes.co.za

Johan Smit (018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan.iw@mweb.co.za

Estie Steyn (018) 468-2716 • 083 490 9449 • infowrks@mweb.co.za

BLADUITLEG EN DRUK:

Infoworks (018) 468-2716

Inskrywingsvorm

Naam en van: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Senwes klantnommer: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Adres: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Poskode: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ Tel: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Antwoord: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ Bl. nr. _ _ _ _ _

Reëls

Slegs klante van Senwes mag aan die kompetisie deelneem. Personeel van Senwes mag

nie deelneem nie.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag, 16 Januarie 2004.

Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.

Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar

en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

“Kamp Senwes” lewer

glo kreatiewe planne op

Die Bokke se berugte Kamp Staaldraad is deur ‘n hele paar

mense kop toe gevat (selfs die DBV oorweeg stappe omdat die

spelers hul geveerde aandete moes nekomdraai in die naam van

spangees). Van vere gepraat: ‘n voëltjie vertel my dat Senwes se

Direksie en bestuurspan hul eie kamp gehad het om strategie te

beplan en te bepraat. Klink of dit darem net ‘n paar onkreatiewe

idees is wat daar nekomgedraai is…

Die verwagting is dat Kamp Senwes beter resultate sal oplewer

as Kamp Staaldraad. Dinge lyk vir Senwes reeds goed met die

sesmaande resultate op ‘n netto wins van R51 miljoen.

Ná Senwes herstel het, bied ‘n groeistrategie groot uitdagings.

Makro faktore - wat nie buite rekening gelaat kan word nie - is ook

tydens die beplanningsessie onder die vergrootglas geplaas.

Swart ekonomiese bemagtiging skep ‘n reuse-uitdaging vir

Senwes as landboubesigheid, maar in dieselfde asem ook vir

Senwes se klante wat uiteindelik ‘n telkaart (“score card”) ten

opsigte van voldoending aan swart bemagtiging in hul eie

boerdery-onderneming sal moet invul, of die gevaar staan om

moontlik teen gediskrimineer te word deur die regering.

Die feit bly: om deel te wees van die oplossing vir kommersiële

landbou se toekoms, is veel meer werd as om uiteindelik in ‘n

keuselose knyptang, wat deur grondhonger wetgewing afgedwing

word, vasgeknel te wees. ‘n Mens kan dit in jou hart hoop,

maar dié situasie gaan homself nie oplos nie. Ons moet met vernuftigheid

aanpas, of in die woorde van Japie Grobler, in effek

van ons kinders steel.

In die gees van al hierdie dinge, is Senwes se onlangse

aanstelling van mnr George (Oupa) Magashula as buite-direkteur

‘n eerste tree in dié nuwe rigting.

Dinge ook aan’t gebeur by Handel

Dit is mos darem nie ‘n geheim dat daar besigheid is wat buite

om Senwes vloei nie. Frans du Plessis, Handel se hoofman oor

honderd, en sy span is besig met inisiatiewe om hierdie

besigheid te gaan terugwen. Klink of ons boere nou ‘n skerper

fokus op klantediens en pakketaanbiedings kan verwag.

Handel se visie (so verstaan ek) is om die voorkeur verskaffer

van landbou- en insetprodukte vir produsente te wees, om suksesvol

binne die Senwes-gebied te wees en om die besigheid

terug te bring plaas toe. (Nota: Onthou om vir vroulief te waarsku

om die koffiewater gereed te hou vir die Senwes-manne.)

‘n Somerkersfees…

‘n “White Christmas” was iets wat vir my nog nooit ‘n bekoring

ingehou het nie – en dit kan in elk geval as rassisties beskou word

as ‘n boer van só iets droom. Nou wens ek maar vir ‘n somerkersfees

– en saam met die pragtige woorde van Jannie du Toit

se lied, wens ek vir ‘n somerkersfees sommer hier in die Senwesgebied

– en vir ‘n nat Januarie en Februarie. Ek hoop jy en jou

mense ervaar ook die Skepper se liefde vir ons in hierdie tyd.

BREEK NUWE GROND SENWES

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!