02.05.2013 Views

2012.08.20 - OROSORB USER GUIDE_AFR.indd - ORO Agri

2012.08.20 - OROSORB USER GUIDE_AFR.indd - ORO Agri

2012.08.20 - OROSORB USER GUIDE_AFR.indd - ORO Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Is OROSORB geskik vir

gebruik in organiese

boerdery?

OROSORB het Ecocert akkreditasie in

Europa.

Die produk breek oor ’n kort tydperk

biologies af in die omgewing en

daar is geen onthoudingsperiode of

moontlikheid van chemiese residue nie.

Hoe veilig is die produk vir

mense en omgewing?

OROSORB is NFE-vry en die

toksikologiese profiel van die produk

dui op baie lae risiko vir mense en

omgewing.

Net soos enige ander benattingsmiddel,

moet die produk weggehou word van

riviere of damme.

Waar word die produk

vervaardig?

Die produk word in die omgewing van

Kaapstad vervaardig.

Lemoenolie word verkry uit die Suid

Afrikaanse sitrusbedryf. Produsente wat

OROSORB gebruik, ondersteun dus ons

eie bedryf!

In watter ander lande word

OROSORB gebruik?

ORO AGRI is ’n internasionale

maatskappy en is tans aktief in meer as

60 lande wêreldwyd.

Behalwe in Suid Afrika, word groot

volumes ook gebruik in lande soos

VSA, Brazilië, Frankryk, Spanje en China

onder verskeie handelsname.

Benatting van

wasagtige koolblare

OROSORB

100 ml

Pinolene kleefmiddel

50 ml

Teen aanbevele velddosis

Benatting van

wasagtige koolblare

OROSORB

100 ml

Benatting van

hidrofobiese veentablet

1 Spuit OROSORB

250 ml

Silikoon benatter

5 ml

Teen aanbevele velddosis

3 Spuite water

T 021 850 0667

E info_sa@oroagri.com

W www.oroagri.com

OROSORB bevat gepatenteerde OROWET tegnologie

OROSORB L 7440 (Wet 36, 1947) bevat 50 g/L lemoenolie en 10 g/L Borax

Outeursreg © Augustus 2012 • Alle regte voorbehou

ORO AGRI, OROSORB en OROWET is geregistreerde handelsmerke van ORO AGRI SA (Pty) Ltd.

OROSORB

Produk

Gids

Inleiding

Inhoud en bron van roumateriale

Die produk bestaan uit ‘n mengsel van natuurlike, koudgeperste lemoenolie met bioafbreekbare

benatters. Hierdie kombinasie van komponente, gesamentlik bekend as OROWET

tegnologie, is gepatenteer in verskeie lande en dit verleen aan OROSORB ‘n unieke metode van

werking en hoogs effektiewe benattingseienskappe.

Lemoenolie word gepers uit lemoenskille, verkry vanaf die Suid Afrikaanse sitrusbedryf.

Lemoenolie het lipofiliese (vetliewende) eienskappe en is bekend vir die vermoë om wasagtige

verbindings te penetreer en daaraan vas te kleef. Wanneer dit saam met benatters gebruik

word teen relatief lae dosisse, soos met die OROSORB aanbevelings, speel lemoenolie ‘n

ondersteunende rol en help met die benatting van wasagtige oppervlaktes.

Slegs bio-afbreekbare benatters word gebruik. Geen NFE (noniel-fenol etoksilaat) komponente

kom voor nie.

Die vervaardigingsproses het ‘n minimale omgewingsimpak en uiters lae energieverbruik.

OROSORB het ‘n minimale impak op die omgewing of die spuitoperateur en die produk word

natuurlik afgebreek in die omgewing.

OROSORB as benatter

In verskeie onafhanklike proewe is bewys dat die

effektiwiteit van verskeie insek-, myt- swam- en

onkruiddoders verbeter word deur die byvoeging

van OROSORB as benatter.

OROSORB is baie effektief om die

oppervlakspanning van water te verlaag (Fig. 1).

Dit lei tot beter bedekking en verspreiding van die

spuitstof op die teiken-oppervlak.

Die produk help met penetrasie van spuitstof

in moeilik bereikbare plekke. Beter penetrasie

Oppervlakspanning (mN/m)

OROSORB is geregistreer as benatter en

help om verspreiding en bedekking van die

spuitmengsel op die plantoppervlak te verbeter.

Figuur 1: Oppervlakspanning van verskillende konsentrasies

OROSORB in gedistilleerde water teen 25° C

80

70

60

50

40

30

20

10

0

0,000

0,100

0,200

0,300

0,400

% OROSORB oplossing

0,500

0,600

in die digte blaredak van sitrusbome verseker

beter benatting van raamtakke. So ook trosse

van wyndruiwe waar witluis dikwels skuil en

die kelk van mielie- of uieplante waar insekte

soos stronkboorders en blaaspootjies moeilik

bereikbaar is.

OROWET tegnologie verbeter die uitklop-aksie

van plaagdoders deur verbeterde:-

• Benatting van wasagtige eksoskelet van

insekte.

• Benatting van hidrofobiese eksterne miselia

en spore van swamme.

• Penetrasie van insekdoders in die

asemhalingsopeninge en beskermende

membrane van insekte.

Effektiwiteit van onkruiddoders met

kontakwerking (soos paraquat) en sistemiese

middels (soos glifosaat of MCPA) wat deur

blaaropname werk, word verbeter. Dit geld egter

nie waar onkruid weerstandbiedend teen die

onkruiddoder is nie.

Meer eenvormige onkruidbeheer word verkry

waar moeilik beheerbare onkruid voorkom.

Die werking van glifosaat word beïnvloed

deur die pH en hardheid van die spuitwater.

Indien omstandighede vereis dat ‘n buffer of

ammoniumsulfaat gebruik moet word, kan

OROSORB nog steeds bygevoeg word vir

verbeterde benatting.

OROSORB verminder verstopping van spuitkoppe

en verbeter effektiwiteit van toediening.

Sekondêre effekte

OROSORB help met die uitdroging van

plantselle wat beskadig is deur insek-aktiwiteit of

swaminfeksies. Die uitdroging van sulke selle beperk

verder die ontwikkeling van die insek of siekte,

byvoorbeeld wonde veroorsaak deur eierlegging

van bladmyners.

Uitdroging van beskadigde plantselle voorkom ook

sekondêre infeksies van siektes wat normaalweg

deur sulke wonde kan plaasvind.

OROSORB veroorsaak uitdroging van heuningdou

wat afgeskei word deur sommige insekte soos

witluis of plantluis. Uitdroging van heuningdou maak

dit minder aantreklik vir miere.

Vergelykende eienskappe van verskillende tipes byvoegmiddels

Produk

Benatting en

Verspreiding

OROSORB

Minerale olie

Silikoon

benatter

Standaard

Nie-ioniese

benatter

Water

kondisioneerder

Kleefmiddel

* Teen aanbevele velddosis

Doelwit met

gebruik

Benatting

en verbeter

werking van

plaagdoders

Verbeter

werking van

plaagdoders

Slegs benatting

Slegs benatting

Verbeter

waterkwaliteit

Verbeter

reënvastheid

Roetskimmel wat normaalweg op die heuningdou

ontwikkel, bederf dikwels die estetiese voorkoms

van vrugte. Met die gebruik van OROSORB word

die roetskimmel uitgedroog en dit kom makliker los

gedurende die pakproses. Vrugte het dus ‘n skoner

voorkoms.

Die gereelde gebruik van OROSORB veroorsaak nie

reperkussies van sekondêre plae, soos wat soms

met sommige ander benatters gevind word nie.

Plantoppervlakke wat met OROSORB behandel is,

word herbenat tydens dou of ligte reëntoestande.

Dit help met herverspreiding van kontakmiddels en

verhaas afdroging van blare of vrugte.

Metode van werk

Beter

verspreiding

van plaagdoder

en uitdroging

van wasagtige

lae

Versmoring

van insekte

Beter

verspreiding

van plaagdoder

Beter

verspreiding

van plaagdoder

Verhoed

afbraak of

binding van

spuitstof

Verminder

afwas van

kontakdoders

Newe effekte op

plaagbeheer

Onderdruk

reperkussies

Geen

Lei soms tot

reperkussies

Geen

Geen

Geen

Gebruiksaanwysings

LEES DIE ETIKET DEEGLIK

As algemene benatter, gebruik 25-50 ml per 100L

water.

Gebruik 100-200 ml per 100L vir verbetering van

plaagdoder effektiwiteit. Gebruik die hoër dosis

waar:-

• Hoë insek- of siektedruk voorkom.

• Relatief lae watervolumes gebruik word.

• Moeilik benatbare oppervlakke voorkom, bv.

wasagtige blare of insekte, harige blare, ens.

• Dit saam met nie-selektiewe onkruiddoders

gebruik word.

OROSORB kan deur verskeie metodes toegedien

word, byvoorbeeld voldek trekkerspuit, lae volume

konsentraatspuit, spilpunt, vliegtuig, rugsak, ens.

Met vliegtuigtoedienings, byvoorbeeld op graan,

word ‘n dosis van ongeveer 120 ml/ha aanbeveel.

Voeg OROSORB altyd laaste in die tenk om

oormatige skuimvorming te voorkom.

OROSORB het die vermoë om ou spuitreste in

spuittenke los te maak. Dit kan aanleiding gee tot

skroei van die gewas. Waar ‘n produsent vir die

eerste keer OROSORB gebruik, laat staan die tenk

oornag met ‘n OROSORB oplossing in en spoel die

volgende oggend uit.

Lees die ORO AGRI Gewas-riglyne vir meer

spesifieke aanbevelings op u gewas.

Gebruiksbeperkings

Watervolume

Gebruik die normale watervolume soos beplan vir

die spesifieke groeistadium van die gewas.

Waar lae volume toegedien word, byvoorbeeld

onkruiddoders, sal dit voordelig wees om die hoër

dosis van OROSORB te gebruik (200 ml/100L).

OROSORB is uiters geskik om ook in hoë

watervolume aangewend te word, soos in menige

effektiwiteitsproewe en kommersiele aanwendings

bewys is. Volg altyd die aanwysings op die etikette

van die plaagdoders wat in tenkmengsel saam met

OROSORB gebruik word.

Waar hoë watervolumes in seisoen gebruik word,

byvoorbeeld in sitrus, moet ‘n maksimum dosis

van 100 ml/100L as benatter gebruik word. Indien

oormatige afloop verkry word, maak seker dat die

kalibrasie korrek is of herkalibreer die spuitpomp

indien nodig.

Op moeilik benatbare oppervlak, byvoorbeeld op

die bas van sagtevrugte of wingerd, kan 100 tot

200 ml gebruik word met hoë volume spuite teen

witluis of dopluis. Die hoër dosis kan oorweeg

word waar hoë infestasie in die vorige seisoen

ondervind is.

OROSORB moet nie gebruik word tydens die groeiseisoen wanneer vrugte teenwoordig is op

Tafeldruiwe, Pere, Granate of Persimmons nie. Toediening voor blom en na oes kan voortgaan

soos aanbeveel.

Die gebruik van OROSORB saam met swaelmiddels onder hoë temperature kan die potensiële

brandskade van swael vererger in gevalle waar die gewas bekend is vir sensitiwiteit teen swael.

OROSORB moet nie saam met kopermiddels gebruik word tydens blomtyd of enige ander

kopergevoelige stadium van die gewas, OF waar die pH van spuitwater onder 7 is nie.

Proewe word op gereelde basis uitgevoer in kombinasie met nuwe plaagbeheermiddels op

verskeie gewasse. Kontak dus altyd u verteenwoordiger vir die nuutste inligting.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!