02.05.2013 Views

Program 6 : Sederberg - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

Program 6 : Sederberg - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

Program 6 : Sederberg - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Leipoldt se Tamatiekos

1 kg ryp tamaties

2 groen tamaties

1 kg skaaprib

meel om te strooi

500 g uie

3 preie

1 E groengemmer

6 kardamompeule

1 t koljandersaad

1 E sout

1 t swart peperkorrels

½ t vinkelsaad

1 E vars tiemieblare

1 E vars marjolein

½ k knoffelblare

½ t gedroogde brandrissie

1 E blatjang

1 E bruinsuiker

½ glas rooiwyn

Skil die tamaties en sny dit in kwarte.

Sny die rib in stukke en strooi met meel.

Braai die vleis, gekapte uie, preie en groengemmer in ‘n bietjie kookolie.

Voeg die kardamom, koljander, sout, peperkorrels, vinkel, tiemie, marjolein, knoffelblare en

brandrissie by.

Sodra die vleis effe bruin word, kan die tamaties bygevoeg word. Sit die deksel op en laat dit

lank en stadig stowe.

Voeg die blatjang en bruinsuiker by en laat prut vir nog twee uur, dié keer met die deksel af.

Sodra die sous lekker dik is, voeg die glas wyn by, kook vinnig deur en bedien.

Sophie-ô se roosterkoek

1 kg witbroodmeel

10 g (1 pakkie) kitsgis

5 ml (1 t) suiker

2,5 ml (½ t) sout

500 – 600 ml (2 k of meer) warm

water

ekstra meelblom om oor te

strooi

Voeg al die bestanddele bymekaar

en knie tot die deeg van die hande

afkom. Bedek die deeg met ‘n

doek en laat dit hoog rys. Knie af en sny in ewe groot stukke. Strooi meel oor en maak gaar

oor die kole.

Haffie se Potpoeding

Maak eers die stroop deur die

volgende saam te kook:

1 kookwater

2 k suiker

1 E botter

1 k brandewyn

Meng nou die volgende vir die

beslag:

2 k koekmeel

1 t bakpoeier

1 t koeksoda

½ t gemengde speserye

½ t sout

½ k botter

½ k vrugte koekmengsel en/of neute

½ k appelkooskonfyt

½ k gouestroop

3 eiers

Wanneer die stroop borrelend kook, word die beslag lepelsgewys ingeskep. Sit die deksel

styf op en laat stoom tot gaar. Wag 20 minute voor jy loer.

Traveller’s Rest se Elandpot

1 bottel rooiwyn

3 kg elandsvleis

1 kg skaapribbetjie

½ t fyn kruinaeltjies

‘n groot tak roosmaryn

1 k asyn

1 k blatjang

2 gekapte uie

sout en peper

Gooi rooiwyn in die swartpot en pak die vleis in.

Strooi die kruinaeltjies en roosmaryn oor, gooi dan die asyn, blatjang en uie by en geur met

sout en peper. Laat prut tot gaar.

Ou Anna se boerboek rugstringpastei

ongeveer 1,8 kg bok rugstring

1 E gemaalde koljander

1 E sout

1 E kookolie

1 k kookwater

¼ k bruinasyn

2 E bruinsuiker

2 fyngekapte uie

2 knoffelhuisies

Om bokvleis voor te berei, is eenvoudig. Geur

met ‘n handjievol koljander en sout.

Sit die vleis in die pot en voeg kookolie,

kookwater en asyn by. Jy kan ook ‘n bietjie

bruinsuiker byvoeg as jy wil.

Nou kom daar uie en gekapte knoffelhuisies

by. Sit die deksel op en wees rustig...

Slapdegie

Daar was fout met die resep van die slapdegie

soos dit aan ons voorsien is, en ek gee eerder ‘n

resep uit “Die Groot Boerekosboek” wat die einde

van Junie verskyn:

1 k sonneblomolie

1 eier

3 t bakpoeier

½ k melk

1 k meelblom

knypie sout

Klits al die bestanddele saam tot dit goed gemeng is en geen klonte het nie.

Gooi die slapdegie oor die gaar vleis en bak vir 30 – 40 minute teen 180 °C.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!