02.05.2013 Views

Program 1 : Robertson - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

Program 1 : Robertson - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

Program 1 : Robertson - Dine van Zyl - Boerekos Resepte

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inleiding

Die hele besigheid van ‘n reeks oor boerekos het begin toe ek ‘n program op BBC Food kyk.

Ek dag, ja nee, ek kan daai Jamie Oliver niks leer oor die wonderlike Mediterreense kos nie

– maar hy kan vir my niks leer oor boerekos nie.

Ek was besig om “Die Groot Boerekosboek” te skryf – nee wag nou, hou vas aan jou roksak,

handsak, sysak, broeksak, dit verskyn eers in Junie. My kop was vol boerekos. Ek het

boerekos gekook, geëet, geleef. Nóú was dit die regte tyd om ‘n televisiereeks oor boerekos

te maak.

Saam met Riaan Badenhorst van Pieter Cilliers Produksies – julle ken sy werk op Kwêla –

het ons boerekos herontdek. Ons het elandpot gekook onder rotskuns van elande, ons het

waterblommetjiebredie gemaak op die oewer van die Breede, ons het harders gebraai aan

die Weskus, ons het Hertzoggies gebak in die Strandveld, ons het koeksisters hoor sis in die

stroop op Caledon, bros van buite en salig soet van binne.

Dit was salig, hemels, lekker. Ons is nog nie klaar geskiet nie, die lekker hou aan, maar die

reeks het nou reeds begin. Moe-nou-nie agterna kom sê so jammer jy het dit gemis nie.

Maak ‘n knoop in jou oor vir die uitsaaitye.

En Jamie Oliver, sawwe lippe en al, het nog baie om te leer. Soos dat ons tamatiebredie met

‘n flentertjie vars groengemmer maak, dat soutribbetjie sing as dit braai op die kole en dat ‘n

“skilpadjie” nie vier pote het nie.

Program 1: Robertson

Vir ons eerste program is ons na Robertson, waar Tant Hanna Arangies my gewys het hoe

om krakerlinge te bak, dis ‘n outydse beskuitresep wat ek later weer tydens my navorsing

oor boerekosresepte in die Overberg raakgeloop het.

Ek en Reneé Burger van die plaas Nerina het gaan waterblommetjies pluk op die dam, en ek

het waterblommetjiepot gekook op die oewer van die Breede. (Die hout was nat en die rook

het pal in my oë gewaai).

Ek en Trudi Makerman het ook oukos gaan pluk in die berg, ‘n veldkos waarvan mens ‘n

bredie kan kook.

Ek het ook ‘n malvapoeding gebak en met vla voorgesit wat met Jerseyroom gemaak is. Ai,

die sonde!

Ons het aangesit. Dit was op Nerina, die gasteplaas van Frans en Amanda Conradie (Reneé

Burger se ouers). Ons het die pragtige silwergoedjies uitgehaal, die glase gepoleer. Die

beligting was sag, die vertrek het mooi gelyk – en ons het kos geëet wat mens laat goed

voel, wat jou laat terugklim in moederskoot. Boerekos.

Ek sal so met verloop van tyd vir julle die plekke noem waar ons aangedoen het. Niemand

word betaal of kry gunste daarvoor nie, ek noem dit sommer om die plesier te deel.

Hier is Nerina-gasteplaas se webadres. Gaan bly daar, gaan vaar op hulle boot, gaan eet

hulle ongelooflike ete op daai einste boot. www.nerinaguestfarm.com

Hieronder volg die resepte wat gebruik is. As jy my nuusbrief wil kry, klik op www.dinevanzyl.co.za

en kyk heel onderaan. Ek skryf sommer allerhande goeters oor kos.

Dan groet ek nou maar eers, tot volgende week.

“Ek kook – soms selfs in die kombuis.”

Dine van Zyl

Tannie Hanna se Krakelinge

Tant Hanna Arangies van Robertson se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy is oor die neëntig en het

my geleer om krakelinge te bak – ’n resep wat sy uit haar kinderjare onthou.

Die tekstuur is fyn soos mosbolletjies en die manier waarop die deeg gedraai word voor dit in die

pannetjies kom, maak dat dit ongewone vorms het.

Tannie Hanna werk nog met die ou mate: 5 lb meel – en vir elke pond meel ’n lekker diepgeskepte

teelepel sout. Hierby kom ’n pond botter, twee pinte kookwater en nog die koppie met die blou

rantjie vol water daarby.

As jy nou verstaan wat ek bedoel.

Die metode is haar eie en dit werk. Dis die soort resep van ’n praktiese mens wat al duidelikheid het

wat werk in die lewe en wat nie.Bak hierdie beskuit, ek het dit gemetriseer en bak dit self gereeld –

dit is die lekkerste beskuit wat jy in jou lewe sal proe. Ooit.

2,5 kg (groot pak) meelblom

1,25 ℓ kookwater

25 ml (5 t) sout

375 ml (1½ k) suiker

125 ml (½ k) sonneblomolie

500 g (1 pak) botter, gesmelt

ekstra 500 ml (2 k) meelblom

20 g (2 pakkies) kitsgis

Gooi die pak meel in jou mengbak.

In ’n ander skottel, gooi die kookwater, sout, suiker, sonneblomolie en gesmelte botter. Roer tot die

suiker gesmelt het.

In ’n derde skotteltjie, gooi die 2 koppies meelblom, voeg die kitsgis by en meng.

Jy het nou drie skottels met bestanddele.

Roer die meel in die groot mengbak met sirkelbewegings.

Voeg die inhoud van die skottel met die vloeistof stadig by terwyl jy die hele tyd meng. Dit duur

ongeveer 20 minute om alles ingemeng te kry.

Voeg die suurd eeg en 2 koppies meel by en knie tot jou hande skoon uitkom. Die deeg sal nou

elasties wees, die mooiste deeg wat jy ooit gesien het.

Trek kleefplastiek oor, draai toe in ’n broodkombers en laat staan op ’n warm plek om te rys tot

dubbel die volume terwyl jy jou panne smeer.

Vat ’n mes en sny die deeg in die kom in kwarte. Lig die een kwart uit en bedek die res van die deeg

sodat dit nie uitdroog nie.

Druk die stuk deeg in ’n vierkant en sny dit in kwarte.

Smeer kookolie aan jou hande sodat die deeg nie daaraan vassit nie. Rol elke kwart in ’n deegrol –

dit moet ’n bietjie langer as jou broodpannetjies wees.

Draai twee van die deegrolle om mekaar en sit in die pannetjie. Draai nog twee, sit dit langsaan. Jy

het dus twee “vlegsels” in die pannetjie.

Herhaal die proses met die res van die deeg.

Laat die brode rys tot dubbel die volume. Dit gaan afhang van die weer en kan van 1½ – 2 uur duur.

Bak teen 180 ˚C vir ongeveer 50 minute. Haal die broodpanne uit en keer die inhoud op ’n koelrakkie

uit.

Draai die “vlegsels” los; die brood sal in gekartelde stukke op die koelrak le. Breek dit in korter,

eetbare stukke, maar sodat mens steeds die draai in die beskuit kan sien.

Droog dit uit teen 100 ˚C. Dit duur ongeveer 4 uur.

Uit: “Die Groot Boerekosboek” deur Dine van Zyl.

Waterblommetjiepot

1 kg vars waterblommetjies

1,5 kg lamsvleis

kookolie vir braai

2 uie, in ringe gesny

4 knoffelhuisies, gestamp

5 kruinaeltjies

10 ml (2 t) koljanderkorrels

15 ml (1 E) sout

5 ml (1 t) swartpeperkorrels

700 g aartappels, in kwarte gesny

bossie surings, gewas en gekap of sap van 1 suurlemoen

varsgerasperde neutmuskaat na smaak

suringblommetjies vir versiering

Was die waterblommetjies.

Braai die vleis in die kookolie. Skep uit en hou eenkant.

Braai die uie en die knoffel, skep die vleis terug in die kastrol.

Strooi die kruinaeltjies, koljander, sout en swartpeperkorrels daaroor.

Pak ’n kwart van die aartappels hierop. Hierdie aartappels gaan van die water opslurp sodat die vleis

nie lê en vaal kook nie.

Gooi ’n laag waterblommetjies oor, gevolg deur die gekapte surings. (As jy suurlemoensap gebruik,

sit dit aan die einde by, anders raak jou kos blou).

Heel bo-op kom die res van die aartappels. Rasper neutmuskaat oor.

Dis nie nodig om enige water in die pot te sit nie; die waterblommetjies en vleis sal genoeg water

trek. Die waterblommetjies kook stukkend en die geure van die groente en vleis meng volgens die

tradisionele metode.

Strooi vars suringblommetjies oor en bedien op rys. Die suringblommetjies kan ook geëet word.

Malvapoeding

Die “malva” in malvapoeding verwys na malvesywyn, wat in die Middeleeue ‘n gewilde soetwyn in

Europa was. Die poeding is ook so oud. Malvapoeding moet alkohol bevat – vandag gebruik ons

brandewyn – anders is dit nie malvapoeding nie.

1 eier

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

5 ml (1 t) koeksoda

15 ml (1 E) bruin druiweasyn

15 ml (1 E) appelkooskonfyt

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) room

Klits die eier en suiker saam. Klits die res van die bestanddele saam en voeg die eier-ensuikermengsel

by. Meng goed.

Giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en bak vir 40 minute in ‘n voorverhitte oond by 180

˚C.

Maak intussen die sous:

375 ml (1½ k) melk

125 ml (½ k) suiker

125 ml (½ k) botter

60 ml (¼ k) brandewyn

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Kook die melk, suiker en botter saam. Gooi brandewyn en vanielje by en giet die warm sous oor die

warm poeding.

Sit malvapoeding met tuisgemaakte vla of geklopte room voor.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!