03.05.2013 Views

SINODALE REGULATIEWE KODE - Sinode Hoëveld

SINODALE REGULATIEWE KODE - Sinode Hoëveld

SINODALE REGULATIEWE KODE - Sinode Hoëveld

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SINODALE REGULATIEWE KODE

ONDERWERP: HOOFSTUK....: SINODALE BELEIDE EN PROSEDURES

EFFEKTIEF: 2009-10-01

Afdeling ...........: KONTANTBESTUURS- EN BELEGGINGSBELEID VAN DIE SINODE

HOËVELD p.1 van 12

1. BELEIDSVERWYSINGSNOMMER:

2. VERVANGDE BELEIDSNOMMER:

3. AFDELING VERWYSINGS: BELEGGINGS

4. SDK VERWYSING(S):

5. SKF VERWYSING(S):

6. BELEGGINGSKOMITEE VERWYSING(S):

7. SINODE VERWYSING:

8. VOLDOENINGSBEAMPTE:

9. VERANTWOORDELIKE BEAMPTE:

10. IMPLEMENTERINGSDATUM:

11. ADMINISTRATIEWE OUDIT:

GOEDKEURING:

GETEKEN DEUR DIE VOORSITTER VAN DIE SDK OP

1

KONTANTBESTUURS- EN BELEGGINGSBELEID VAN DIE

SINODE HOËVELD

1. INLEIDING

As rentmeesters van alle fondse van die Sinode is die Sinodale Dienskommissie (SDK) en

amptenare van die Sinodale Kantoor onder ‘n verpligting om te verseker dat kontant so

effektief, doeltreffend en ekonomies moontlik bestuur word.

Die bestuur van die beleggings en kontant van die Sinode is dus baie belangrik, aangesien

die inkomste uit die opbrengs daarvan voortdurend deel uitmaak van die bedryfsuitgawes

van die Sinode. As gevolg van hierdie verantwoordelikheid is dit dus belangrik om ’n

Beleggingsbeleid daar te stel, wat die riglyne en beginsels waaronder die beleggings deur

die Sinode bestuur moet word, sal bepaal. Alle deelnemende rolspelers moet voldoen aan

die beginsels, soos aanvaar in die Beleggingsbeleid. Die Beleggingsbeleid is ’n lewende

dokument en kan op ’n jaarlikse basis aangepas word om aan die behoeftes van die Sinode

te voldoen..

Die SDK het die verantwoordelikheid om alle sodanige fondse omsigtig te bestuur en te belê

en daaroor aan die Sinode verslag te doen.

2. WOORDOMSKRYWINGS

Beleggings is fondse wat onmiddelik benodig word om uitgawes te bestry (Kort Termyn

fondse) en tweedens fondse wat nie benodig word om uitgawes te bestry nie (Medium tot

Lang Termyn fondse) en belê is by goedgekeurde finansiële instellings;

Belegging: Langtermyn is ‘n vaste belegging wat gemaak is vir ‘n periode van 1 jaar en

langer;

Belegging: Korttermyn is ‘n belegging vir ‘n periode korter as 1 jaar;

Finansiële Instelling beteken enige instansie wat verwys na die definisie van “Finansiële

Instansie” in Afdeling 1 van die Raad van Finansiële Dienste wet, 1990 (Wet No. 97 of

1990.);

Hoof Finansiële Beampte beteken die beampte van die Sinode aangestel om administratief

aan die hoof te staan van die finansiële departement van die Sinode.

3. DOELWITTE

Die doelwitte van die kontantbestuur- en beleggingsbeleid is:

3.1 Om die kontantposisie van die Sinode op so ‘n manier te bestuur dat

genoegsaam kontant beskikbaar is om die kapitaal en lopende uitgawes op

die begroting van die Sinode te finansier.

3.2 Om die beste moontlike rente op beleggings te verdien, sonder om onnodige

ooglopende risiko’s aan te gaan.

2

4. BESTUUR VAN KONTANT

4.1 Alle kontant wat die Sinode toekom, moet gevorder word deur, onder andere,

die streng toepassing van die Sinode se Kredietbeheerbeleid.

4.2 Eksterne lenings moet, met inagneming van rentekoersneigings, betyds

opgeneem word;

4.3 Die kontantvoorraad van die Sinode moet op sodanige vlak gehou word

sodat dit genoeg is om die daaglikse operasionele aktiwiteite van die Sinode

te finansier. Vir hierdie doel moet daar maandelikse en jaarlikse kontantvloei-

vooruitskattings gemaak word. Afhangende van omstandighede kan

beleggings op lang- of korttermyn gemaak word.

4.4 Betaling van Krediteure

4.4.1 Weens hoë bankkoste in verband met tjekbetalings is dit noodsaaklik

dat betaling van krediteure, waar moontlik, beperk word tot een

betaling per krediteur per maand. Betalings moet so ver moontlik

elektronies geskied onderworpe aan streng beheermaatreëls.

4.4.2 Behoorlike oorweging moet gegee word aan voorwaardes vir

krediettermyne en korting vir vroeë betalings.

4.5 Bestuur van Bankoortrokke fasiliteite

4.5.1 ‘n Bankoortrokke fasiliteit mag verkry word slegs met die instemming

en goedkeuring van die SDK;

4.5.2 ‘n Bankoortrokke fasiliteit mag verkry word met die verwagting van ‘n

posititiewe inkomstestroom om kapitaal projekte te finansier of in

afwagting van goedgekeurde kapitaal toekennings of langtermyn

lenings.

4.5.2 Die bankoortrokke fasiliteit moet afgelos word aan die einde van elke

finansiële jaar of by voltooiing van die projek waarvoor bankoortrokke

fasiliteite bekom is.

4.5.3 Indien ’n bankoortrekking benodig word om kort termyn

bedryfsuitgawes te befonds mag dit slegs vir ’n periode van

maksimum 12 maande geldig wees waarna dit afgelos moet word.

5. DOELWIT VAN DIE BELEGGINGSBELEID

Die doelwit van die Beleggingsbeleid is om die Sinode te ondersteun in die

effektiewe monitering en bestuur van die beleggingsfonds deur middel van die

volgende:

5.1 Hierdie dokument onderskryf die verwagtinge, doelwitte en riglyne van

die Sinode.

5.2 Hierdie dokument vertaal die verwagtinge, doelwitte en riglyne van die

Sinode in ’n beleggingsopbrengs, waarin onderskei word tussen kort-,

medium- en lang-termyn opbrengs.

5.3 Die daarstel van ’n beleggingstruktuur wat die bates van die Sinode kan

bestuur op ’n effektiewe manier, sodat diversifikasie en

risikoverspreiding, sowel as ’n effektiewe langtermynopbrengs van die

beleggings bereik en bepaal kan word.

3

5.4 Die daarstel van riglyne om moontlike beleggingskonsultant(e) en

beleggingsbestuurder (s) te kan gebruik.

5.5 Om effektiewe kommunikasie tussen die Sinode, die beleggingskonsultant(e)

en die mark te bewerkstellig.

5.6 Die daarstel van kriteria waarvolgens die Sinode se

beleggingsopbrengste op ’n gereelde basis moniteer en evalueer kan

word.

5.7 Om te verseker dat daar aan alle regsaspekte en fidusiêre

verantwoordelikhede, sowel as effektiewe bestuur uiting gegee word.

5.8 Om kriteria daar te stel waarvolgens die opbrengs in terme van die

volgende gemeet kan word:

Een: Opbrengs wat jaarliks in die lopende begroting gebruik kan word.

Twee: Opbrengs waarmee die reserwes uitgebou kan word.

Drie: Opbrengs waarmee die bydraes van Gemeentes tot die begroting

verminder kan word.

5.9 Die reserwes word opgebou om voorsiening te maak vir die volgende:

Onvoorsiene ontwikkelings en uitgawes.

Reserwes moet ook voorsiening maak vir onverwagte marktoestande

wat beleggingsopbrengste negatief beïnvloed.

’n Daling in bydraes vanaf die Gemeentes.

6. RIGLYNE VAN DIE BELEGGINGSBELEID

6.1 TYDSBEPALING - daar is twee oorwegings:

Een: Kontantvloei. As gevolg van die bedryfsbehoefte, is dit noodsaaklik dat

voldoende fondse in ’n bateklas belê word, wat kontantfondse beskikbaar

stel, sodat die nodige maandelikse aanvullings gedoen kan word, om die

bedryfsbehoefte te ondersteun.

Twee: Opbou van Reserwefondse. ’n Fonds is net so sterk en kan net soveel

diens lewer, soos wat die reserwes dit toelaat en daarom is hierdie aspek

van kritiese belang om ’n effektiewe langer termyn visie te kan befonds.

6.2 RISIKO TOLERANSIE

Die bestuur van risiko is vir die Sinode van uiterste belang en dit moet ’n

baie hoë prioriteit geniet in die samestelling van verskillende tipes

bateklasse.

Aangesien die Sinode ’n organisasie is wat met gemeentegeld

funksioneer om hulle doelstellings te bereik, kan allokasie oor ’n spektrum

4

geskied vanaf verskanste risiko tot ’n hoër mate van risiko, solank die

Sinode op ’n ingeligte en verantwoordbare wyse die bates kan bestuur.

6.3 FONDS VERANTWOORDELIKHEID

Die belangrikste doelwit van die fondse is om die verantwoordelikhede na

te kom ten opsigte van die beginsels, soos vervat in die Kerkorde. Die

beleggingsfunksie word juis só gestruktureer om die doelwitte te bereik.

Aangesien die finansiële verpligtinge ’n voortdurende verpligting is, moet

die beleggingsopbrengs te same met jaarlikse inflasie aanpassing,

voldoende wees om die groeiende uitgawes van die Sinode te befonds.

(Hierdie is die verwagting oor die die kort-, medium- en lang-termyn van

die opbrengs van die fondse.)

6.4 OPBRENGSVERWAGTINGE

6.5

Die langtermyn opbrengsverwagtinge van die fonds word bepaal deur die

onderliggende kontantvloei en die inflasiekoers soos van tyd tot tyd deur

die mark gerapporteer.

KONTANTBELEGGINGS OPBRENGSDOELWIT

As metingsmaatstaf word die Alexander Forbes se Stefi Indeks

voorgestel. Hierdie indeks is ‘n daaglikse terugkyk indeks wat ‘n 3

maande + periode evalueer t.o.v. ‘n vooraf vasgestelde reeks geldmark

instrumente.

6.6 TERMYNBELEGGINGS OPBRENGSDOELWIT

Vir termynbeleggings word die volgende metingsmaatstawwe voorgestel:

Bateklas Indeks / Metingsmaatstaf

Vaste Inkomste Beleggings Alle Effekte Indeks (ALBI)

Plaaslike Groeibeleggings VPI Inflasie + 4%

Internasionale Beleggings MSCI Wêreld Indeks

Eiendom Beleggings VPI Inflasie + 4%

6.7 BATE-ALLOKASIE

Die Sinode het die kort- en langtermyn opbrengspotensiaal van verskeie

bateklasse oorweeg en ’n gebalanseerde risikobenadering word soos

volg voorgestel:

Kontant of naby-kontant

Vaste inkomste sekuriteite, soos aangebied deur die regering en/of

die banksektor

Plaaslike groei- / ekwiteitsbeleggings

Eiendom

Internasionale Beleggings

5

6.8 STRATEGIESE BATE- ALLOKASIE

Laer Limiet Strategiese

Allokasie

Hoër Limiet

1. Kontant en vaste inkomste

beleggings byvoorbeeld Promesse

30% 30 – 50% 100%

2. Groei / Ekwiteite Plaaslik

(Kapitaal Gewaarborg)

5% 20 – 30% 50%

3. Groei en ekwiteit plaaslik

(sonder kapitaal waarborg)

5% 20 – 30% 40%

4. Eiendom 0% 5 -15% 20%

5. Internasionale Beleggings 0% 5 – 10% 10%

6.9 HER-EVALUEERING VAN STRATEGIESE BATE-ALLOKASIE

Die verskeie bate-allokasies in enige bateklas mag verskil met ± 5 – 10%

afhangend van marktoestande en herevaluering kan op ‘n gereelde basis gedoen

word afhangende van mark omstandighede.

7. KONTANT IN LOPENDE REKENING

Die algemene reël is dat kontant in die lopende rekening tot die absolute minimum gehou

moet word, tensy rente hierop verdien word teen ‘n redelike rentekoers en die termyn wat dit

in ‘n vaste belegging belê kan word, nie sodanige belegging regverdig nie.

8. BELEGGINGSINSTRUMENTE

Die Sinode word beperk om gelde te belê slegs in dáárdie beleggingsintrumente wat

goedgekeur is deur die Beleggingskomitee.

9. BELEGGINGS-ETIEK

Die Beleggingskomitee sal verantwoordelik wees vir die belegging van fondse en mag nie

onbehoorlik beïnvloed word in die uitvoering van hierdie taak nie.

10. BELEGGINGSRIGLYNE

Die volgende beleggingsriglyne word neergelê vir die verskillende bate-allokasies

en bateklasse:

10.1 KONTANT OF NABY-KONTANT

Die volgende word voorgestel:

10.1.1 Banke met ’n A1+ of ’n A+ gradering volgens die Fitch IBCA verslag wat

van tyd tot tyd aan die mark voorgelê word.

10.1.2 RSA Regeringsinstrumente.

10.1.3 Internasionale Banke met kantore in SA, wat aan dieselfde

graderingsvereistes (A1+ of A+) soos Suid-Afrikaanse banke voldoen.

6

10.1.4 Korporatiewe papier met soortgelyke gradering as A1 en A1+.

10.2 VASTE INKOMSTE SEKURITEITE

Die volgende word voorgestel:

10.2.1 Banke met ’n A1+ of ’n A+ gradering volgens die Fitch IBCA verslag wat

van tyd tot tyd aan die mark voorgelê word.

10.2.2 RSA Regeringsinstrumente.

10.2.3 Internasionale Banke met kantore in SA, wat aan dieselfde

graderingsvereistes (A1+ of A+) soos Suid-Afrikaanse banke voldoen.

10.2.4 Die Top 6 geregistreerde versekeraars in Suid-Afrika wat produkte

aanbied met kapitaalwaarborge

10.2.5 Nie meer as 30% van die totale Vaste Inkomste Sekuriteite mag in

dieselfde Finansiële Institusie belê word nie.

10.3 PLAASLIKE GROEI EN EKWITEITSBELEGGINGS

10.3.1 Direkte beleggings in Ekwiteite. Ekwiteitsbeleggings in een spesifieke

portefeulje mag nie 20% van die markwaarde van die portefeulje oorskry

nie.

10.3.2 Effekte Trust Fondse met ’n konserwatiewe en gebalanseerde

batesamestelling.

10.3.3 Kapitaal Gewaarborgde Beleggingspolisse uitgereik deur die Top 6

geregistreerde versekeraars in Suid-Afrika wat produkte aanbied.

10.3.4 Kapitaal gewaarborgde beleggingstrukture met ekwiteit as groei

instrument.

10.4 BELEGGINGSBEPERKINGS

10.4.1 Die Beleggingsbeleid word voortdurend gemeet aan die

belastingwetgewing en daarvolgens aangepas.

10.4.2 Die volgende beleggings is nie gemagtig nie:

10.4.2.1 Ongeregistreerde sekuriteite, kommoditeite of

kommoditeitskontrakte, kort verkope en/of marginale

transaksies.

10.4.2.2 Termynkontrakte en Opsies - As deel van ’n

produksamestelling, mag dit ingeprys wees in ‘n produk, maar

nie as ’n aparte bateklas soos deur die Sinode bestuur nie.

10.4.2.3 Direkte beleggings in Internasionale beleggings-instrumente

sonder kapitaalwaarborge.

7

8. BELEGGINGSBEGINSELS

10.4.2.4 Spekulatiewe beleggings mag nie oorweeg word waar

kapitaalverlies ’n risiko is nie.

10.4.2.5 Geen beleggings in maatskappye of produkte wat direk of

indirek met die Sinode of personeel in diens van die Kerk

geassosieer is nie.

8.1 Blootstelling aan ‘n enkele instansie:

Surplus fondse moet sodanig belê word dat risiko’s tot die minimum beperk

word. Rentekoerse moet dus nie as die enigste maatstaf dien nie. Die hoogs

moontlike rentekoers met die laags moontlike risiko, moet as maatstaf dien.

Blootstelling aan ’n enkele instansie mag nie 20% van die Totale

Portefeulje oorskry nie.

8.2 Leen van geld vir herbelegging

Die Sinode mag nie geld leen vir herbelegging nie.

9. BEHEER OOR BELEGGINGS

9.1 ‘n Beleggingsregister moet bygehou word van alle beleggings wat gemaak is.

Die volgende inligting moet aangetoon word:

9.1.1 Naam van Instansie;

9.1.2 Verwysingsnommer van Belegging;

9.1.3 Kapitaal belê;

9.1.4 Datum van belegging;

9.1.5 Rentekoers betaalbaar;

9.1.6 Vervaldatum;

9.1.7 Rente ontvang;

9.1.8 Kapitaal terugbetaal;

Die beleggingsregister moet deurlopend met die grootboekrekening

gerekonsileer word.

9.2 Die beleggingsregister moet deurlopend nagegaan word om beleggings wat

sal verval, te identifiseer.

9.3 Beleggings wat verval, moet op die vervaldatum ontvang en gedokumenteer

word.

9.4 Die Hoof Finansiële Beampte of sy/haar gedelegeerde moet verseker dat die

rente korrek bereken en ontvang is.

9.5 Beleggingsdokumente en sertifikate moet veilig bewaar word in ‘n brandbestande

kluis. Die volgende dokumente moet aldus veilig bewaar word:

9.5.1 Vaste deposito briewe of beleggingsertifikate;

9.5.2 Kwitansie vir kapitaal belê;

9.5.3 Afdruk van elektroniese oordrag of tjek aanvraag;

8

10. BELEGGINGSKONSULTANT

Die Beleggingskomitee stel van tyd tot tyd ‘n Beleggingskonsultant aan en

sodanige aanstelling word op ‘n 3 (drie) jaar basis gedoen.

11. BELEGGINGSADMINISTRASIE

11.1 ’n Kontant beleggingsreserwe word geskep deur 'n administrasieheffing van

0.5% op die totale bruto beleggingsinkomste. Die koste van hantering van die

beleggingsportefeulje word hiervan verhaal. Die balans van die inkomste

word by die beleggingsreserwe gevoeg.

11.2 Die kontant beleggingsreserwe moet te alle tye ’n minimum van 30% van die

markwaarde van effekte, skuldbriewe en aandele beloop.

11.3 Indien die minimum van die kontant beleggingsreserwe van 30 % van die

markwaarde van die totale portefeulje (verwys 11.2 hierbo) oorskry, mag die

surplus met die goedkeuring van die Beleggingskomitee vir ander beleggings

aangewend word.

11.4 Die Bestuurder: Uitvoerende- en Sekretariaatdienste tree op as Sekretaris

van die Beleggingskomitee en is verantwoordelik vir notules van

vergaderings en afhandeling van besluite.

11.5 Die Sinode se tjekdelegasies geld ook vir beleggings.

11.6 Alle beleggingsekuriteite moet in die brandkluis van die Sinodale Kantoor

toegesluit word. Die Hoof Finansiële Beampte en die Bestuurder:

Uitvoerende- en Sekretariaatdienste is elkeen in besit van 'n sleutel.

11.7 'n Kontantvloeibegroting vir 24 maande word jaarliks opgestel en word vir

elke Beleggingskomiteevergadering aangepas deur een maand weg te laat

en 'n nuwe maand by te reken.

11.8 Die plasing van korttermyndeposito’s geskied op voorwaarde dat rente

maandeliks betaalbaar is en op die Sinode se tjekrekening gekrediteer word

of tot die algemene beleggingsportefeulje toegevoeg word.

11.9 Finansiële instelling by wie die Sinode beleggings maak, moet vooraf deur

die Beleggingskomitee goedgekeur word.

11.10 'n Gedeelte van die Sinode se korttermynfondse word by banke geplaas en is

onmiddellik opvraagbaar.

11.11 Die plasing van beleggings geskied suiwer op ekonomiese en risiko

oorwegings, soos byvoorbeeld rentekoers/termyn. Die grootte van skenkings

word nie as kriteria gebruik nie.

11.12 Die kontantvloei van die Sinode en die belegging van surplus bedryfskapitaal

word deur die Hoof Finansiële Beampte, in oorleg met die Voorsitter van die

9

Dagbestuur, bestuur onderhewig aan die Beleggingskomitee se

beleidsriglyne vir beleggings van dié aard.

12. FONDSBESTUURDERS

12.1 Die Sinode maak gebruik van fondsbestuurders vir die bestuur van sy

langtermynbates. Die fondsbestuurders word gekies na aanbeveling van die

konsultant en alle relevante en markverwante detail rakende die

fondsbestuurders moet deur die Beleggingskonsultant aan die

Beleggingskomitee voorgele word vir oorweging.

12.2 Die Beleggingskonsultant doen kwartaalliks en tydens die vergaderings van

die Beleggingskomitee verslag ten opsigte van die prestasie en risiko, asook

die uitvoer van mandate deur die onderskeie batebestuurders.

12.3 Met die verslagsessies moet die Beleggingskonsultant :

12.3.1 die vyf beste en vyf swakste presterende beleggings pertinent

behandel;

12.3.2 strategiese veranderinge wat op die korttermyn beoog word,

verduidelik en aanbevelings moet gemotiveer word vir oorweging en

goedkeuring deur die Beleggingskomitee.

12.3.3 ’n Konserwatiewe tot gebalanseerde bate allokasie struktuur moet ten

alle tye gevolg word met klem op kapitaalwaarborge

13. KONTROLE PROSEDURES

VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE BELEGGINGSKONSULTANT(E)

13.1 Onafhanklikheid: Die Beleggingskonsultant(e) moet altyd ten volle

onafhanklik wees in die markplek.

13.2 Deursigtig: Alle transaksies moet op ’n deursigtige basis hanteer word.

13.3 Vertroulik: Die konsultant(e) moet altyd die Sinode en die beleggings as

uiters konfidensieel hanteer.

13.4 Verslag: Moet op ’n kwartaallikse basis aan die Beleggingskomitee van

die Sinode verslag doen.

13.5 Dokumentasie – transaksies: Gedetailleerde afskrifte van alle

transaksies moet deur die konsultant gehou word.

13.6 Dokumentasie – beleggings: Sekuriteite en die oorspronklike

beleggings dokumentasie moet voortdurend en stiptelik aan die

Beleggingskomitee en die Finansiële Bestuur oorhandig word vir veilige

bewaring.

13.7 Inligting: Die konsultant(e) moet die Sinode inlig ten opsigte van

veranderinge in die mark en in die beleggings omgewing, rakende onder

10

andere beleggings strategie, portefeulje strategie, finansiële markte,

aanbevelings en riglyne.

13.8 Die Beleggingskonsultant(e) werk in noue oorleg met die

Beleggingskomitee van die Raad van Finansies.

14. BATEBESTUURDER SELEKSIE

Die Batebestuurders vir die Sinode se fondse sal volgens gespesifiseerde kriteria

gekies word ten einde die beste bestuurders / beleggingshuise vir die

beleggingstruktuur aan te wys. Die aanstel van batebestuurders word op

aanbeveling van die beleggingskonsultant deur die Beleggingskomitee goedgekeur

en aangestel.

15. AANSTEL VAN BELEGGINGSKONSULTANT EN VERGOEDING

Die Beleggingskomitee kan ’n Beleggingskonsultant(e) aanstel. Die

Beleggingskomitee onderhandel die vergoedingskriteria vir die

Beleggingskonsultant.

16. MANDAAT VIR DIE BELEGGINGSKOMITEE

16.1 DOEL EN SAMESTELLING

Die Beleggingskomitee is ’n subkomitee van die Sinodale Kommissie vir

Fondse (SKF) met die opdrag om aan die SKF en die Sinode advies te gee

oor beleggings. Dit geskied in oorleg met die Sinode se Beleggingsbeleid en

-strategie. Die komitee bestaan uit minstens sewe (7) lede en word

saamgestel deur die SDK in oorleg met die SKF en persone wat oor

beleggingskundigheid beskik.

16.2 PLIGTE

16.2.1 Om ’n beleggingsbeleid en -strategie op te stel en vir

goedkeuring aan die SKF voor te lê en vir goedkeuring deur die

Sinode.

16.2.2 Om die prestasie van die gekose beleggingsbestuurders van die

fondse in ooreenstemming met hulle mandate gereeld te monitor

met verslag aan die SKF.

16.2.5 Om die algehele risiko verbonde aan die portefeuljes te hersien

om seker te maak dat daar nie onaanvaarbare samevoeging van

risiko is nie.

16.2.6 Om 'n kwalitatiewe evaluering van die beleggingsbestuurders

op 'n halfjaarlikse basis te doen.

16.2.7 Om te verseker dat die nodige kontrakte met

beleggingsbestuurders en beleggingskonsultant in plek is.

11

17. OPSOMMEND

16.2.8 Om die beleggingskonsultant, wat aangestel is, se prestasie

gereeld te monitor en die SKF op hoogte te hou van alle sake

wat betrekking het op die fondse van die Sinode.

16.2.9 Om die Beleggingsbeleid en strategie van die Sinode ten minste

jaarliks te hersien met aanbeveling aan die SKF.

Hierdie dokument vorm die strategiese riglyne wat gevolg moet word deur alle partye

betrokke by die bestuur van en besluitneming oor die fondse van die Sinode Hoëveld. Dit is

‘n lewendig dokument wat ter enige tyd aangepas kan word deur die Beleggingskomitee vir

goedkeuring deur die SDK via die SKF.

GOEDGEKEUR DEUR DIE SINODALE DIENSKOMMISSIE OP ..................................

BESLUITNOMMER ...............................

VOORSITTER: .................................................

SKRIBA: ..........................................................

DATUM VAN ONDERTEKENING: ....................................

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!