03.05.2013 Views

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

om langs die pad te ry of wat nie.

Maklik die slegste stuk teerpad wat ek

nog in SA gery het en daar is nerens ‘n

teken dat daar eens ‘n poging

aangewend word om dit te probeer lap

nie. Gee my dan liewer ‘n grondpad.

Ons kom laat middag by White Clay

aan en ons besluit sommer dat ons by

Caren se restaurant gaan eet. Ons slaan

vinnig kamp om en sommer die

awnings ook. Tewyl ons in die

restaurant is begin dit te reën. Die

kalamari, mossels en prawns is uit die

boek lekker en kan dit enige tyd

aanbeveel.

Seekos in die White Clay Restaurant

Dag 6 - 31 Maart 2010

Van : White Clay

Na : White Clay

Aftand : 20km

Tyd : 2 ure 30 min (baie foto tyd)

Kamp by White Clay

Dit reën deur die nag en oggend nog

bietjies. Ons maak ontbyt en pak so

stuk-stuk op soos wat dit lyk of die

goed relatief droog is. Die kinders hou

hulle besig met inkleurboeke onder die

awnings.

Kamp by White Clay

Dankie tog vir inkleurboeke in reen weer

Dan is die plan om te gaan kyk hoe dit

lyk by Hole in the Wall. Dit is net 9km

vanaf White Clay en ons word

aangeraai om by die Hotel te stop en

dan die laaste ent te stap. Die weer hou

goed maar is bewolk en nie die regte

weer vir mooi fotos nie. Die see is

darem ‘n pragtig turkoois blou. Ons het

vir ons twee self aangestelde toergidse

by gekry en of jy wil of nie jy moet

soortvan agter hulle aanloop. Na ons

heelwat fotos geneem het beduie ons

gidse dat hulle ons ook Baby Hole sal

gaan wys as hulle net agter die Landy

kan vashou.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!