03.05.2013 Views

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

Wilde Kus toer 26 Maart 2010 – 8 April 2010 Opsomming ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Wilde Kus toer

26 Maart 2010 – 8 April 2010

Deur Anton Heiberg

Opsomming

‘n Toer van ± 3000km deur ‘n baie

mooi deel van ons land wat nie

noodwendig baie besoek word nie.

Meeste plekke was 4x4 nie nodig nie

maar nie ‘n roete wat ek met ‘n platkar

sal doen nie. Ons het besprekings

gemaak meestal omdat dit oor Paas

naweek en skoolvakansie geval het

maar ek sal dit nie weer doen nie. In

meeste kamp plekke was ons twee van

3 of 4 voertuie en by die plekke wat

voller was is daar alternatiewe kamp

plek naby gewees. Die Transkei is 'n

arm deel van die land en voertuie is

skaars soos hoender tande maar jy sien

net rondawels en huise maar bitter min

indien enige sink kayas of

plakkershutte. Oorspronklik het ek

gelees dat mense van Durban to Addo

in 3-4 dae doen en het begin wonder of

ons nie te lank beplan vir die toer nie.

Ek dink ons het nog nie die “surface

gescratch” nie en daar is nog baie om

te sien en doen. Sal ek weer gaan?

Defnitief!

Reisgenote

Leon, Lizinda Labuschagne met

Anjone (3) in ‘n Land Cruiser 100 VX.

Ons Heiberg’s, Anton en Setilda met

Zan-Roux (6) en Zerko (3) in Land

Rover Defender 110.

Hoogte punte:

• Die uitsigte op Sani Pass

• See kos by White Clay

• Kanoe en stap toer by Mbotyi

• Baby Hole

Laagte Punte:

• Nog ‘n band wat onherstelbaar

beskadig is met side wall

skade.

• Skade aan Leon se RTT,

roofrack en awning.

• Die reën weer wat ons

genoodsaak het om die

vakansie kort te knip.

• Ek wou baie graag die

Jacaranda skeepswrak gaan kyk

en kon nie.

Roete

Reis verslag

Dag 1 – 26 Maart 2010

Van : Middelburg Mpumalanga

Na : Himeville

Aftand : 712km

Tyd : 9 ure (alle tye sluit stops in)

Ons moes 09:00 vertrek en wonder bo

wonder was die Labuschagnes 8:40

reeds reg om te ry. Ons tel Zan-Roux

net by die skool op en kry hulle by die

huis. Dan val ons in die pad. Die

kosmosse langs die pad is pragtig en

naby Heidelberg is daar sommer sulke

plaate blomme. Ons ry goed en net

voor Underberg begin dit lekker te

reën maar die wind waai so dat ons nie

lus is om die eerste nag al nat te reën

nie en kry plek om te slaap nie te ver

uit Himeville by Glencairn Oak

Cottage & Daffodils. Die vrouens is

nie baie opgewonde oor die

eenvoudige bly plek nie, maar ons

dring aan dat ons overlanders is en nie

jetsetter nie.

Glencairn Oak Cottage & Daffodils

Dag 2 - 27 Maart 2010

Van : Himeville

Na : Sani Pass – Mount Currie

Natuur reservaat

Afstand: 188 km

Tyd : 7uur 40 min

Ons het beplan om agt uur te ry en die

Sani Pass aan te durf. Die

oorspronklike plan was om Sani Pass

te doen en die nag daar by die

backpackers te oornag voor ons

aanskuif Mbotyi toe. Dit was maar

bewolk, mistig en koel. Die pad na die

pas is baie scenic. By die grenspos is

dit net gou paspoorte stempel voor ons

deur is. Ek moet net noem dat die

toilette by die SA kant van die

grenspos baie mooi en netjies was.

Daar was heelwat touring motorfietse

wat ons gekry het maar andersins wat

dit relatief stillerig in terme van

verkeer. Die pass self is baie mooi en

nie te vreeslik uitdagend in terme van

4x4 vernuf nie, maar ek glo in baie

natter weer of sneeu kan dit ‘n heel

ander storie wees.

Net voor die begin van Sani Pass

Ons het albei lae strek gebruik maar

nie eens een keer ‘n wiel gehad wat

gespin het nie. Die pad was klam van

die vorige nag se reen maar nie glad

nie. As ons daai sneeu kettings gemaak

het gaan ons terug kom en kom sneeu

kyk. Ons stop gereeld om fotos te

neem.

Naby die bo punt van Sani Pass

Toe ons bo kom waai die wind sterk en

dit reen. By die Lesotho grenspos se

kant gou weer passpoorte gestempel en

R8 betaal. Die weer is vieslik

omplesierig en ons is nie lus om met

die kinders in die gure weer te kamp

nie. Ons besluit om ‘n vinnige warm

sjokolade en Gluwein in die Sani Pub

deur te werk voor ons weer afgaan.

Gluwein is soos die engelsman sal sê

“an aquired taste” en nie ek of Leon

maak die glas leeg nie.

Die hoogste PUB in Afrika -2874m

Die pad ondertoe is heelwat vinniger

maar die wolke is meer oop getrek en

ons stop amper net so veel keer om

fotos in die beter lig te neem. By die

SA grens pos kry ons GPS uit en soek

‘n moontlike slaap plek nader aan ons

volgende bestemming. Ons besluit op

Mount Currie Natuur Reservaat naby

Kokstad. Die pad soontoe is besonder

goed en baie stil met amper geen

trokke etc. By Mount Currie kry ons

kamp plek teen R55 per volwassene en

R27-50 per kind vir ‘n staanplek met

krag punte. Die kamp plek is teen ‘n

dam en dit is mooi met gras perke en

‘n klomp “mak” zebras wat op die

grasperk wei. Die ablusies in skoon en

netjies. Nodeloos om te se dat die twee

tente met kontrakteurs wat later daar

opgedaag het die wasbakke gebruik het

om te was en dat hulle die krane so

groot oop gehad het dat daar nie ‘n

druppel water by die warm water by

die stortkrane wou uitkom nie. Kort na

9 is almal in die bed

Mount Currie kampeer terrein

Dag 3 - 28 Maart 2010

Van : Mount Currie

Na : Mbotyi River Lodge

Aftand : 155km

Tyd : 3 ure

Die oggend by Mount Currie was baie

mistig en lekker koud. Die mis begin

eers teen 09:00 wyk. Ons het twee keer

koffie geniet en toe begin met ‘n lekker

hoenderlewer brekvis. Ons het rustig

opgepak en begin aanstaltes maak. ‘n

Vinnige stop by die Spar in Kokstad

om ‘n paar los goedjies te koop en toe

is ons vort.

By Mbotyi is daar eers in storie met

die kamp plekke wat aan ons toe geken

is maar ons sort dit vinnig uit. Die

kampterrein is omhein en netjies en ‘n

kort entjie se stap van die strand af.

Die weer is lekker warm en ons is net

na middag ete af strand toe. ‘n Pragtige

strand wat ons so te sê net vir onsself

het,dis nou behalwe vir die paar beeste

wat ook op die strand is.

Ja selfs beeste moet so nou en dan strand toe

gaan by Mbotyi

Pappas moet help met sand kasteel bou

en kort voor lank bou die manne alleen

aan die kasteel.

Die ablusies is groot en netjies maar

obviously weet party mens net nie hoe

om ‘n stort gordyn te gebruik nie, of

soos ek later sou uitvind is die nat vuil

vloere te danke aan tiener seuns wat

mekaar met ‘n emmer koue water nat

gooi as hul maats stort.

Op hierdie punt moet ek net wonder of

ek kan geld maak deur ‘n ordentlik

stort hokkie vir kamptereine te ontwerp

en die aan hulle te verkoop nie. Hoe

min van die plekke het genoeg plek om

jou droë skoon klere te sit en vuil klere

en dalk nog genoeg plek om te kan

afdroog. Of selfs net ‘n mop in die

badkamer te hê as jy met natvoete

moet uitklim, om die vloer skoon te

kan maak. (gee my dan eerder ‘n bos

stort as ‘n vuil en nat badkamer vloer)

Dag 4 - 29 Maart 2010

Van : Mbotyi River Lodge

Na : Mbotyi River lodge

Aftand : 44 km

Tyd : 90 min

Net voor ontbyt kom daar ‘n man

verby wat aanbied om ons vir ‘n 3 ure

toer op sy boot te neem teen R50 per

persoon. Ons spreek af om net na

ontbyt te gaan. Sy boot kan net 4

persone op ‘n slag neem en ons

Heiberg’s gaan eerste en dan die

Labuschagnes. Op die laaste oomblik

besluit ek tog om my kamera saam te

neem en hoop dat dit nie nat sal word

nie, maar met die eerste foto wat ek wil

neem onthou ek dat die battery nog op

laai in die Landy is…stupid, stupid.

Die boot is ‘n kanoe met

stabiliseerings arms en ‘n dek tussen.

Die rit is op die lagoon of meer en

alhoewel dit nie vreeslik vreemd is nie,

is dit tog baie lekker om die natuur

weer uit ‘n ander hoek te beskou. Ons

sien 'n blou visvanger, water dikkoppe,

geelbek eend, hadedas, mikstert

byevanger. Nie lank nie of ons River

Guide genaamd Chickoya (cell

076 288 0492) stop die kanoe en

beduie dat dit nou eers klaar is en ons

moet stap. Hy neem ons op ‘n toer oor

die bult en deur die natuurlike woud.

Hy gee kort kort inligting oor die

tradisionele medisinale gebruike van

plante etc. Die kinders trek bietjie

swaar oor die bult maar hulle geniet

dit. Pa wat die 3 jarige meestal moet

dra sweet ook lekker. Teen twaalf uur

is ons terug en ons gids sê dat hy ons

vanmiddag gratis na die watervalle sal

neem. Teen vier uur ry ons na die

Magwa valle so 30km van Mbotyi af.

Toe ons daar stop is daar dadelik 'n

klomp klonkies wat jou die valle wil

wys en die karre wil oppas. Ons

verduidelik dat ons reeds ‘n gids het en

begin aanstap. Tien tree weg van die

voertuie kyk ek om en van hulle is al

op die Landy se trappie, en ek draai om

om hulle van die voertuie te verwilder.

Met die sien Leon een wat ‘n

skroewedraaier het. Vir een of ander

rede glo ek nie hy wou my Landy

diens nie.

Magwa valle naby Mbotyi

Magwa valle

Ons maak maar beurte om die valle te

sien en die voertuie op te pas. Die valle

is asemrowend. Daarna neem ons gids

ons na die Angel Water valle (sien

T4A dui dit aan as Plantation Falls).

Dis ‘n baie kleiner waterval maar

steeds baie mooi. Teen ses uur is ons

terug in die kamp en dan is dit kinders

kos gee en bad.

Dag 5 - 30 Maart 2010

Van : Mbotyi River Lodge

Na : White Clay

Aftand : 263km

Tyd : 7 ure

Die weer is maar bewolk en dit lyk

reënerig. Die plan was om die 175km

pad wat op T4A is te ry nadat ons by

Port St Johns ‘n paar goedjies gekoop

het. Ons het by Port St John aangedoen

en sommer vol diesel gemaak. Lizinda

merk op dat my een agter band bietjie

pap is en ek pomp dit gou. Net

anderkant Port St Johns roep Leon op

die radio om te hoor hoe styf ek die

band gepomp het, want die linker band

is baie papper as die regter kant. Ons

stop en sien dat die band ‘n klein

skeurtjie in het. Weer ‘n Bridgertone

Dueler AT 693 dieselfde problem as

wat ek op my Kalahari toer verlede

jaar die tyd gehad het (die 694 band

hou so ver nog goed). Ons beluit maar

om op die teerpad te hou en in Mthatha

(Umtata) te kyk of ons ‘n plek kan kry

wat die band dalk beter kan reg maak

as wat ons met ‘n tyre repair kit kan

doen of dalk ‘n tweede handse band te

kry net om as spaar te hou (Daar is

mos 4 nuwe BFG’s in die garage).

Dis ook net voor ons Mthatha ingaan

dat Leon een van die Transkei groot

vyf trap. Die bokke is oor die pad en

Leon moes hard briek maar tref die

bok nog steeds. Die ding rol 'n slag of

wat onder die Cruiser maar staan

vinnig en seker effens gekneus agter

die Cruiser op en loop weg. Gelukkig

het die Cruiser geen skade nie. Later

sou Leon nog 'n groot 5 slagoffer tref

(klein swart varkie) wat nie so

gelukkig was nie.

Mthatha is nogal ‘n unieke Suid

Afrikaanse bestuurders ondervinding

gewees. In die groot stad dink ek daar

was een verkeerslig wat werk. Die

strate is besig en niemand steur hulle

veel aan verkeers reëls nie. Regtig

moeilik om te glo dat jy nie in ’n ander

land is nie maar net in ‘n ander

provinsie in jou eie land. So was daar

amper twee keer dat ‘n voertuig in my

Landy vas gery het. Senutergend as jy

so bietjie sukkel met die navigator wat

nie die GPS so mooi verstaan nie en

dan ook die radio kommunikasie met

die ander voertuig wat opbreek.

Eers by die vydfe bande plek kry ons

‘n band, ‘n nuwe “no name brand” .

Weereens.. stupid…stupid stupid ek

wou ‘n ekstra band sonder velling by

die huis laai maar dag toe, nee dis mos

SA en nie so ver afgelee nie. R1800

later en ons is weer op die pad. Die

40km of so pad na Umthatha in die

Koffiebaai rigting is regtig ‘n slegte

stuk pad met slaggate oor die hele ry

oppervlak en jy weet nie of dit beter is

om langs die pad te ry of wat nie.

Maklik die slegste stuk teerpad wat ek

nog in SA gery het en daar is nerens ‘n

teken dat daar eens ‘n poging

aangewend word om dit te probeer lap

nie. Gee my dan liewer ‘n grondpad.

Ons kom laat middag by White Clay

aan en ons besluit sommer dat ons by

Caren se restaurant gaan eet. Ons slaan

vinnig kamp om en sommer die

awnings ook. Tewyl ons in die

restaurant is begin dit te reën. Die

kalamari, mossels en prawns is uit die

boek lekker en kan dit enige tyd

aanbeveel.

Seekos in die White Clay Restaurant

Dag 6 - 31 Maart 2010

Van : White Clay

Na : White Clay

Aftand : 20km

Tyd : 2 ure 30 min (baie foto tyd)

Kamp by White Clay

Dit reën deur die nag en oggend nog

bietjies. Ons maak ontbyt en pak so

stuk-stuk op soos wat dit lyk of die

goed relatief droog is. Die kinders hou

hulle besig met inkleurboeke onder die

awnings.

Kamp by White Clay

Dankie tog vir inkleurboeke in reen weer

Dan is die plan om te gaan kyk hoe dit

lyk by Hole in the Wall. Dit is net 9km

vanaf White Clay en ons word

aangeraai om by die Hotel te stop en

dan die laaste ent te stap. Die weer hou

goed maar is bewolk en nie die regte

weer vir mooi fotos nie. Die see is

darem ‘n pragtig turkoois blou. Ons het

vir ons twee self aangestelde toergidse

by gekry en of jy wil of nie jy moet

soortvan agter hulle aanloop. Na ons

heelwat fotos geneem het beduie ons

gidse dat hulle ons ook Baby Hole sal

gaan wys as hulle net agter die Landy

kan vashou.

Hole in the wall uit ‘n ander hoek

Hole in the Wall

Ons ry tot naby Baby Hole en maak

maar weer beurte om te gaan kyk en

voertuie op te pas. Daar is ‘n skare van

so ses klonkies en my kinders neem dit

op hulleself om die locals bietjie te

vermaak met ‘n konsert. Dan reken die

self aangestelde gidse dat hulle dienste

R100 werd is.

Die uitsig op Baby Hole

Dag 7 - 1 April 2010

Van : White Clay

Na : Dwesa camp

Aftand : 195km (met 'n helse draai

verkeerd gery ….T4A auto routing)

Tyd : 6 ure 25 min

Ons is vroeg wakker en sien die reen

oor die see aan kom. Ons pak

inderhaas op en net voor dit begin reen

is ons klaar. Ons beplande roete is op

die Wild Coast Eco trail en dit is 95km

volgens T4A en die GPS. Ons is

sommer vinnig op ‘n paadjie wat lyk of

dit na nerens gaan en 50m verder lyk

dit of daar ‘n pad is. Na ‘n vinnige

confirmation met Leon besluit ons om

maar te sien hoe die trail lyk. Dis

sommer dadelik diflock en low range

in die klipperige moddigerige trail. Nie

100m verder nie is dit is disaster vir

Leon. ‘n Bobejaantou het sy RTT

gehaak en die tent, roofrack en awning

het skade.

Ons besluit om liewer om te draai en

die goed net met ratchet straps vas te

maak en dan by die volgende plek die

skade te probeer herstel. Ons het die

GPS’e op auto routing en daar gaat

ons. Op verskeie plekke lyk dit na twee

spoor pad en dan hou ons verby en

recalculate die roete, nie lus vir sukkel

4x4 met die skade en ma wat alreeds

dik van die lag is nie. Tot op ‘n punt

kom T4A en dan in die middel van

erens en nerens wil die ding hê ons

moet omdraai. 60km draai ??Die roete

hou net op en daar is geen pad wat oor

die rivier loop nie. Dan pluk ons die

laptop uit en forseer ‘n ordentlike roete

en stuur dit na die GPS’s. Op ‘n

stadium stop ek om te sien wattter een

van die twee paaie ons moet vat toe ‘n

man uit sy hut kom en sommer sê dat

ons iewers moes verdwaal het en dat

hy ‘n nature guide in Dwesa is. Hy

reken ons toe dat ons oppad is na hek 5

wat nie n ingang is nie en dat ons ‘n

ander pad moet volg na hek 1 waar die

onvangs en ingang is. Die Cruiser raak

laag op diesel en het 'n paar benoude

oomblike met die verdwalery toe hy

uitvind dat daar nie diesel op Dwesa is

nie.

Later daag ons by die hek op maar die

hekwag verstaan nie regtig Afrikaans

of Engels nie. Gelukkig ken Leon

fanagalo en ons kom reg. Die

kampplek het net 2 ander voertuie en

ons kamp onder heerlik koelte bome.

Ons spaddeer ‘n goeie deel van die

middag om bush mechanics te speel en

die RTT, awning, en roofrack soortvan

reg te probeer maak.

Besig om skade te probeer herstel

Dag 8 - 2 April 2010

Van : Dwesa

Na : Dwesa

Aftand : 0km

Tyd : heeldag

Ek en Zan-Roux is vroeg op en gaan

stap op die strand, sit op ‘n rots en kyk

hoe die son opkom. Dis 'n lieflike

sonskyn dag. Ons spoel gou ‘n paar

wasgoedjies uit terwyl dit lyk of dit

vandag kan droog word.

Wasdag

Later gaan almal stand toe en die

kinders geniet hulle gate uit in die

natuurlike getypoel tussen die rotse.

Die res van die dag is rustig en ons

help die Hollander in die kamp met sy

Disco se agterste suspension. Vir

middag ete maak ek weer ‘n paar

pizzas in die swartpot. Lizinda ontdek

van daai klein rooi bosluise op die

kinders wat mens bosluiskoors kan gee

en vandaar word die kinders gereeld

ondersoek.

Lieflike strand by Dwesa

Dag 9 - 3 April 2010

Van : Dwesa

Na : umThombe Kei River Lodge

Aftand : 139km

Tyd : 5 ure

Ons pak weer vroeg en dis sommer al

vroeg warm. As ons teen 08:00 die

tente toe maak tap die sweet ons af.

Ons moes die roete bietjie aanpas om

by 'n vulstasie verby te gaan sodat

Leon kan volmaak. Die plan was om

maar aan te gaan en as hy sonder diesel

gaan staan ‘n paar liter uit die Landy te

tap om hom tot daar te kry. 48km later

is Leon baie verlig om die vulstasie te

kon maak. Ons maak albei vol maar

hulle sukkel om die garage karate deur

te kry. Terwyl ons wag kry ek sommer

gas by die Built It in .

Die ferrie by Kei rivier kos R60 en op

die oomblik is daar baie slik in die

rivier en operate die ferrie nie 1 uur

voor laag water of 2.5 ure daarna nie.

Gelukkig was ons timing goed gewees

en ons maak dit darem sonder om te

wag.

Landy en familie op die Ferrie by Kei mond

Die koste aan die ferrie en die tyd

waarin hulle nie kan werk nie sou ook

later beteken dat ons nie die Jacaranda

skeepswrak kon besoek nie.

Die kamp terrein by umThombe is

relatief leeg en daar is ‘n paar

hengelaars. Daar is groot gras perke en

heelwat koelte bome. Ek het gedink

daar is elekrisiteit maar daar is net ‘n

generator wat soms loop vir die

kantoor en bar. Ek reel met Marius om

net die batterye vol te kan laai maar

nadat ons op geslaan is kan ek nie die

battery (sonder ure se moeite) by die

generator kry nie en Marius het nie ‘n

lang genoeg extension nie. Marius

reken my toe hoekom kry ek nie vir

my 'n solar panel nie. Ek reken hom dis

baie geld daai en hy begin praat van sy

kontak in Oos Londen wat ‘n solar

panel (hy ken nie die watt grote nie net

fisiesie dimensies) vir R400 en met ‘n

regulator vir R200 kan kry. Ek dink dis

dalk te goed om waar te wees maar ons

reel soortvan dat Marius ons later die

week na die ou sal vat en dan sal ek en

Leon kyk en maar R600 waag.

Na aand ete is dit maar winderig en

bewolk en ons besluit om die kinders

toe te laat om ‘n movie op die laptop te

kyk alhoewel ons weet dat die battery

dit nie tot die einde sal maak nie. Sewe

uur die aand begin dit te reën en ons is

sommer almal in die bed.

Dag 10 - 4 April 2010

Van : umThombe Kei River Lodge

Na : umThombe Kei River Lodge

Aftand : 0km

Tyd : heeldag

umThombe Kei kamp

Deur die nag reën dit heeltyd. Ons het

die awning op geslaan maar die wind

waai die misreen so dat jy op die

eenkant van die 3m awning sit en jy

van die ander kant af nat reen. Later

skuif ons met die kinders na die

bar/bibleoteek en hou hulle besig met

boeke, tydskrifte en inkleur. Die tannie

is so gaaf om die generator te laat

opstart sodat hulle kan movie kyk. Ek

gebruik die geleentheid om my trip

report verder te tik en die laptop se

battery te laat laai. Wel in reënweer

eet mens mos pannekoek en ons bak

pannekoek onder die awning in my

reënjas.

Pannekoek bak in die reën

Dit bly bewolk en daar is ‘n konstante

motreën, niks wil droog nie, nie eens

die X-towels wat gewoonlik binne ‘n

half uur droog is nie. Dies maar 'n lang

dag met die kinders as mens nie regtig

onder die awning kan uit nie. Die paar

keer wat dit nie reen nie is maar kort

tydjies en ons probeer om so ent langs

die rivier te stap.

Die storte is die beste uit gelê wat ons

so ver gehad en net ‘n eenvoudige

bamboes reeling maak dit maklik om

klere op te hang sodat dit nie nat word

nie. Die gas junker werk egter nie goed

nie en jy sukkel selfs om ‘n wasbak vol

warm water te kry om skottelgoed te

kan was. Met die reen is alles klam en

die tent se sye is so klam dat dit die

matras plek plek begin nat maak.

Dag 11 - 5 April 2010

Van : umThombe Kei River Lodge

Na : Areena River Resort

Aftand : 100km

Tyd : 3 ure 15 min

Ons is vroeg op en dit bly steeds

bewolk, daar is so klein blou kolletjie

in die lug wat belowend lyk maar dit is

nie lank nie of die trek ook weer toe.

Ek wil nog plastiek sakke op die kante

van die matras sit om te keer dat dit nat

word as ek die tent opslaan, maar toe

ek daarmee begin lyk dit kompleet of

die Kei rivier kortpad onder die matras

deur gevat het. Ons volgende

bestemming sou 2 nagte by Double

Mouth gewees het. Ons besluit

tentatief om maar soontoe te ry en te

kyk hoe dit lyk maar as die weer nie

beter lyk nie om maar die vakansie met

‘n dag of wat kort te knip. Klaar op

gepak begin ons die grondpad uit

umThombe Kei River Lodge en skielik

begin mens verstaan hoekom hulle net

4x4 toelaat. Die grond pad wat ‘n dag

of wat vroeer mak gelyk het is ‘n turf

modder glybaan. Die spore agter ons

lyk of die bestuurders dronk was en as

jy eers in die spoor is kan jy maar die

stuurwiel draai soos jy wil die voertuig

is soos ‘n trein op ‘n spoor. By Kei

mond stop ons eers by The Green

Latern vir ontbyt. Op die selfone kyk

ons gou op

http://www.wunderground.com/ wat

die weervoorspelling is aangesien dit

nog sover redelik akkuraat was. Reen

en bewolkte weer word vir die

volgende 4 dae voorspel. Die kos is

heerlik en ons verdien 'n paar brownie

punte by die vrouens wat ‘n slag die

baie netjiese toilet kan gebruik en

droog kan eet. Daarna skuif ons aan na

Double Mouth. Dit is 'n mooi netjiese

kamp plek maar meestal karavaan

ouens en so aan. Die plek is redelik vol

en jy kan oral sien dat die reën weer sy

to eis met nat klere etc wat hang om

droog te word maar die weer gee

niemand ‘n kans nie. Ons besluit maar

om die besprekings geld te verloor en

aan te skuif na die volgende

bestemming en eerder die kamp

deposito wat ons daar betaal het vir 2

nagte te verruil vir een nag charlet

blyplek. In reën ry ons tot by Areena

River Resort. Ons boek ‘n cottage vir

R1210 vir die klomp van ons saam,

maar ons moet eers tot na 15:00 wag

dat dit skoongemaak word aangesien

hulle nie geweet het dat ons gaan kom

nie. Die cottage is baie netjies met

leerbanke, een dubble bed en 4 enkel

bedjies etc.

Cottage by Areena

Die resort is netjies en langs die rivier.

Soos Leon dit gestel het die mense

kamp ook daar maar “hulle is nie van

ons dam se ganse nie” Dit is meetstal

karavane wat permanent daar staan en

die sy tente se vloere is geteel. Binne

in die tente is sateliet TV, sit

kamerstelle you name it. Seker maar

goed smaak verskil want ek weet nie of

die kamp elke keer op dieselfde plek

met dieselfde bure vir my is nie.

Dag 12 - 6 April 2010

Van : Areena River Resort

Na : Bloemfontein

Aftand : 590 km

Tyd : 10 ure

Ons is vroeg op en ons het probeer om

vir Marius van umThombe te kry om

na die solar panels te gaan kyk in Oos

Londen. Ons kry eers nie antwoord nie

en besluit om solank in Gunoubie te

gaan kyk hoe dit lyk terwyl ons kyk of

ons later met Marius kan kontak maak.

By die hek van Areena kom die

kameelperd wat hulle hans groot

gemaak het kyk of ons nie dalk iets te

ete het nie. Dit is ‘n baie unieke

ondervinding wat die kinders vreeslik

geniet.

Die mak kameelperd by Areena

Dan kry Leon vir Marius in die hande

en dit lyk of hy nie by ons gaan uitkom

nie, hy ken ook nie die nommer van sy

kontak nie en kan nie ‘n adres verskaf

nie. Soos ek gesê het : If it sounds too

good to be true then ussualy it is. Met

die is dit lang pad Bloefontein toe.

Ons kry slaap plek by Home from

Home gaste huis vir R700 vir 'n family

room setup, maar voor ons daar opdaag

begin die Landy se lig skakelaar weer

probleme gee. Ek en Leon spandeer

tyd om dit weer reg te kry. Die plastiek

het gesmelt rondom die kontakte en

ons kry nie n kortsluiting nie en

vermoed dit moet net ‘n “dry joint”

wees wat die hitte veroorsaak.

Home from Home gaste huis

Dag 13 - 7 April 2010

Van : Bloemfontein

Na : Klerksdorp

Aftand : 285km

Tyd : 3 ure

Ons paaie skei van die Labuschagnes

aangesien hulle huistoe gaan en ons

maar ‘n draai by skoonma gaan maak

en sommer ‘n nag daar spandeer.

In Klerksdorp aangekom is dit basies

die eerste keer dat ons ‘n paar ure

sonskyn het en nie besig is om te ry

nie. Ons maak die tente etc oop om

droog te word sodat dit nie begin muf

nie. Ek skakel Land Rover in Potch om

te probeer uitvind wat ‘n nuwe lig

skakelaar sal kos. Ok as jy op 'n stoel

sit en nie sal val of seerkr nie hier is

die prys vir ‘n kort lig skakelaar wat

drie drade aan mekaar verbind

…..R2730 in Witbank kos dit R1900

en die replacement part by Landy Parts

for Africa kos R150 (die original kos

R450) Geen wonder die agente staan

as Stealers bekend nie.

Dag 14 - 8 April 2010

Van : Klerksdorp

Na : Middelburg

Aftand : 340km

Tyd : 4ure 40 min

Net teerpad huistoe met ‘n stop by die

winkels in Witbank en niks interessant

vir die trip report nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!