03.05.2013 Views

Trigomoniase - Landbou.com

Trigomoniase - Landbou.com

Trigomoniase - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Inleiding

Trigomoniase

Trigomoniase is ‘n geslagsiekte van beeste en word veroorsaak deur die protosoa

Tritrichomonas foetus. Die organisme parasiteer die bees se geslagskanaal.

Voorkoms

Kom voor oor die hele wêreld waar met beeste geboer word. In Suid-Afrika word

trigomoniase as ʼn groot oorsaak van onvrugbaarheid in vleisbeeskuddes

beskou.Trigomoniase kom voor in vleis- en melkkuddes en in alle rasse. Waar

kunsmatige inseminasie gedoen word, word die oordraging van trigomoniase gestaak.

Kliniese tekens

• Abnormale estrussiklusse

• Onvrugbaarheid

• Resorbsie van die embrio

• ‘n Lae voorkoms van vroeë aborsies

• Kalfpersentasie wat jaarliks geleidelik afneem

• Koeie, wat ver uitmekaar kalf na ʼn vaste dekseisoen, is dikwels ʼn teken van ʼn

trigomoniase infeksie.

• Baarmoederontsteking

Ekonomiese verliese

Die verliese word bereken:

• As die aantal dae wat koeie nie beset (in kalf) is nie.

• Verlaagde kalfpersentasie

• Verlaagde groeitempo van kalwers wat later in die seisoen gebore word

• Die koste daaraan verbonde om diere uit te skot en diere te vervang

• Daar is bereken dat ʼn koei wat saam met ʼn trigomoniase besmette bul loop,

met 'n kudde wat ʼn siektevoorkoms van 40% het, tot 35% van die inkomste

wat sy moet inbring, verloor.

• In kronies besmette kuddes is die kalfpersentasie tussen 70 en 80% terwyl dit

in vatbare kuddes baie laer is.

• Baarmoederinfeksie in 5 tot 10 % van koeie kan voorkom in ʼn besmette

kudde.

Oordraging

Permanent besmette bulle is die vernaamste bron van besmetting. Besmettingsyfers in

bulle in kuddes waar getoets word, wissel gewoonlik tussen 1 en 40%.

Risikofaktore wat ʼn rol speel in die voorkoms van trigomoniase in bulle:

• Ouer bulle: Bulle jonger as 3 jaar is meer weerstandig teen trigomoniase. Party

jong bulle mag wel die parasiet huisves en speel wel ʼn rol in die verspreiding

van die siekte.

• Vleiskuddes

• Seksuele rus

• Kommunale weiding

• Kontak met ander kuddes

Bulle van meeste rasse is vatbaar vir trigomoniase.

As bulle met trigomoniase besmet is, kan hulle lewenslank draers bly en besmet koeie

van seisoen na seisoen. Daar is wel bulle wat spontaan kan genees. Onthou bulle kan

gelyktydig ook met Campylobacter foetus venerialis (vibriose) besmet wees. Dit lyk

egter nie of die een organisme ʼn invloed op die ander het nie.

Trigomoniase word gewoonlik gedurende die natuurlike dekproses oorgedra.

Die getal koeie wat besmet kan raak met trigomoniase wissel as ʼn besmette bul in ʼn

kudde ingebring word:

In een studie het 42% van 73 koeie wat in die eerste seisoen gedek is, besmet geraak

terwyl al die ander in die tweede dekseisoen die besmetting opgetel het. In nog ʼn

studie het 23 uit 26 verse die besmetting opgetel met ʼn kalfpersentasie van 45%.

Trigomoniase kan ook deur kunsmatige inseminasie oorgedra word, aangesien T.

foetus die proses wanneer semen bevries word, kan oorleef.

Daar is ook al bevind dat die siekte meganies oorgedra kan word waar ʼn bul ʼn

besmette koei gedek het en ʼn vatbare koei binne 30 minute daarna gedek het.

As bulle mekaar dek, is dit wel moontlik dat trigomoniase oorgedra word, alhoewel

dit nog nie bewys is nie.

Die siekte kan wel oorgedra word tydens monsterneming by bulle as aseptiese

maatreëls nie toegepas word nie. Dieselfde geld waar baarmoeder ondersoeke en

behandelings toegepas word. Siekteoordraging tussen vroulike diere asook deur vlieë

is onwaarskynlik.

Seksuele aktiewe vroulike diere is ewe vatbaar. Spontane genesing van die siekte

geskied binne 7 maande mits normale estrussiklusse plaasvind. Indien daar egter ʼn

baarmoederinfeksie na besmetting ontwikkel en normale estrussiklusse nie geskied

nie, sal die koeie baie langer besmet bly en die organismes versprei. Organismes kan

ook vir lang tydperke na ʼn aborsie uitgeskei word. Individuele koeie kan ook die

besmetting deur ʼn normale dragtigheidsperiode behou en verloor eers die besmetting

na 3 estrussiklusse na kalwing. Koeie ontwikkel ʼn gedeeltelike immuniteit wat nie

herbesmetting gaan voorkom nie, maar diere gaan gouer gesond word. Bulle

ontwikkel nie immuniteit nie.

Diagnose

Kliniese beeld

• Swakker kalfpersentasies

• Verlengde tussenkalfperiode

• Verse wil nie vat nie

• Sporadiese aborsies

• Abnormale estrussiklusse

• Baarmoederontsteking na dekking

Isolering van die T. foetus organisme

Bulle is die beste diere om die organismes van te isoleer. Beste tyd om bulle te toets,

is 2 weke nadat die bulle uit die teelkudde geneem is of kort voor die dekseisoen in

aanvang neem.

Gedurende die teelseisoen, wanneer die bul gereeld koeie dek, is daar minder

organismes teenwoordig in die bul se seminale afskeidings en slymvliese. Die getalle

van organismes fluktueer ook in bulle en daarom moet 3 monsters, ʼn week uitmekaar

geneem word en dan kan met redelikheid gesê word dat die dier „skoon“ is van

trigomoniase.

Monsters word deur u veearts versamel deur ʼn skedewas of slymvlies skraping. Die

monsters moet die laboratorium binne 3 dae bereik. Die organismes in die monster

kan met die polimerase kettingreaksie (PKR) toets geïdentifiseer word. Genetiese

materiaal (DNS) spesifiek aan die organisme word geïsoleer as hulle in die monster

teenwoordig is, vermeerder en sodoende kan vasgestel word dat die organisme in

die monster teenwoordig is. Hierdie toetse word in die PKR laboratorium by die

Onderstepoort Veterinêre Instituut gedoen en die spesifisiteit van die toets om

trigomoniase en vibriose te herken, is 98% vir hierdie laboratorium. Organismes kan

ook vanuit uitloopsels van baarmoederontsteking geïsoleer word, asook vanuit ʼn vars

geaborteerde fetus of nageboorte.

Daar moet versigtig te werk gegaan word om T. foetus te identifiseer omdat daar

ander organismes in die skede van bulle teenwoordig is, wat baie soos die

trigomoniase veroorsakende organisme lyk.

Beheer

Daar is baie praktiese probleme om bulle te behandel en behandeling is gewoonlik

onbevredigend. Daarom moet u met u veearts skakel vir verdere inligting. Die gevaar

bestaan dat daar vals negatiewe resultate verkry kan word as die bul kort na

behandeling getoets word, omdat daar moontlik ʼn paar organismes na behandeling

kon oorgebly het. So ʼn bul moet na ʼn lang periode weer 3 keer getoets word om vas

te stel of die behandeling suksesvol was.

Kunsmatige inseminasie is die beste voorkomende bestuursmaatreël om te voorkom

dat die siekte oorgedra word, maar dan moet die semen ook trigomoniase vry wees.

Seksuele rus mag aangewese wees om die vroulike diere hulleself te laat skoonmaak.

Bespreek die bestuur van die kudde met u veearts. Onthou dat in sekere gevalle

klinies gesonde diere tot 10 maande lank besmetlik kan bly. Een strategie is om ʼn

„skoon“ kudde op te bou deur „skoon“ bulle op verse te gebruik.

Die bestuur van die kudde moet dan baie goed wees sodat verse en bulle nie in

kontak met besmette diere kom nie. Ouer bulle moet slegs van ʼn gesertifiseerde

negatiewe trigomoniase kudde aangekoop word en moet 3 negatiewe toetse toetse

ondergaan.

Waar ouer bulle gereeld na 4 jaar gebruik vervang is met jong bulle, is ook sukses

behaal. Daar moet altyd in gedagte gehou word dat daar draer koeie mag wees wat

klinies gesond lyk. Die geheim van hoe om trigomoniase siektevry te wees is om ʼn

geslote kudde te bestuur. Drade moet in goeie toestand wees, bring slegs bulle in wat

nog nie ander vroulike diere gedek het nie. Bulle moet 3 keer getoets word nadat hulle

van ʼn gesertifiseerde negatiewe kudde ingebring is. Ou koeie moet normaal gekalf het

en moet ten minste 3 estrussiklusse gehad het voor daar met hulle geteel word. Daar is

dan nog steeds ʼn klein risiko dat sy steeds ʼn draer kan wees.

Daar word ook voorgestel dat die dekseisoen so kort moontlik moet wees. Diere wat

nie vat nie, is waarskynlik besmet en kan geïsoleer word. Skot diere met

baarmoederontstekings uit.

Dit is van kardinale belang dat koeie so gou moontlik na kalwing weer op hitte moet

kom (2 siklusse voor hulle gedek word) om hulle self skoon te maak indien daar wel

trigomoniase in die kudde teenwoordig is. Hiervoor is goeie bestuur en byvoeding

(lekke) nodig gedurende die droë wintermaande en droogte tye anders gaan hulle nie

op hitte kom nie!

ʼn Entstof, Trichguard G1749 wat geïnaktiveerde T. foetus organismes bevat, is

beskikbaar. Die entstof word slegs aan verse en koeie toegedien in besmette en hoë

risiko kuddes.Twee dosisse met ʼn vier weke tussenpose word gegee, die laaste

inspuiting 4 weke voor die dekseisoen begin. Daarna word jaarliks ʼn enkele

inspuiting gegee.

Geskryf deur : Dr. Faffa Malan, Intervet / Schering- Plough Dieregesondheid.

Bron: Coetzer, J A W en Tustin, R C 2004 Infectious Diseases of Livestock. Oxford

University Press ISBN 0 19 578202 X

15 Augustus 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!