03.05.2013 Views

die veekraal - Nutrochem

die veekraal - Nutrochem

die veekraal - Nutrochem

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die veekraal

volg ons asb op

DESEMBER / JANUARIE 2012/13

Sleutelaksies vir hierdie periode

SKAAP HAARWURM BEHEER

Ons het besluit om die probleem meer wetenskaplik

te benader.

Dit sal insluit meer gereelde miseiertellings om

sinvol te bepaal watter middel om te gebruik en

ook om te toets vir enige weerstand teen middels

wat teenwoordig mag wees.

BLOUBOSLUIS BEHEER: 1STE GENERASIE

Ons is nou in die eerste generasie van in- en

uitwendige parasiete wat sinvol benader moet word.

Goeie beheer gedurende hierdie tyd kan baie

handig te pas kom later die somer.

ROOIWATER

BOSLUISBEHEER

BRUINOOR BOSLUIS

GROEISTIMULANTE-KALWERS

ROOILUIS-SKAPE

WURM WEERSTAND TEENMIDDELS

BROMMERS

BLOUTONG

PERDESIEKTE

SLENKDALKOORS

Met die goeie reëns wat ons aan die begin van

September gehad het, kan ons aanvaar dat dit

vanjaar 'n vroeë seisoen is wat die bosluise, vlieë

en siektes betref. Rooiwater het al by plase begin

uitbreek en bosluisbeheer in die 1ste generasie is

nou van uiterste belang.

In-enting teen Rooiwater met die bloed is

verpligtend veral teen die Asiatiese stam. Alle

vervangingsverse en -kalwers wat gehou word,

moet geënt word. Probeer om nie volwasse beeste

in die rooiwater seisoen te ent nie, maar eerder in

die winter maande.

Sommige inspuitbare produkte en die groei

inhibeerders het langer werking teen bosluise:

Bv. IVOMEC GOLD 72 dae (siklus ingesluit)

Dit is nie wenslik om Ivermectien meer as

1maal in die somer te gebruik nie, aangesien

dit dan die miskruier populasie erg kan

benadeel.

AKATAC - Groei inhibeerder: het 3 maande

nawerking en kan nuttig gebruik word vir die 1ste

en 2de generasie November & Februarie. Dit is

'n medium tot langtermyn strategie wat 'n geweldige

impak het op bosluis getalle. Een van die middels

moet ten minstens 1 maal per jaar gebruik word.

Ons doelwit is nie om die bosluis heeltemal te

probeer uitwis nie, maar om dit net tot so 'n mate

te verminder sodat rooiwater insident so laag as

moontlik gehou word.

Indien opgietmiddels of dompel- en sproeidip verkies

word, moet dit elke 16 tot 18 dae gedoen word vir

3 tot 4 keer om te verhoed dat volgesuigde wyfies

afval en eiers lê. Die aanbeveling vir die 1ste

generasie bosluis, as dit by opgiet middels kom,

is om kombinasie middels (Triatix Plus Pour-on,

Cypertraz, Ectoshield ens) te gebruik waar

weerstand teen Paratiroïede reeds voorkom. Waar

geen weerstand voorkom nie kan ons nog enkel

aktief dippe gebruik.

Bruinoorbosluis begin oral ‘n probleem word. Ons

het dit nooit by ons gehad nie, maar spekulasie

het dit in die area ingebring. Dit is ‘n meer-gasheer

bosluis en daar moet weekliks gedip word om te

beheer. Die larwes is ook baie aktief in die winter

en daarom is winter behandeling baie belangrik.

Doen kolbehandeling oor die kop en nek weekliks

of smeer bosluis ghries in die ore vir ‘n langer

nawerking.

Let daarop dat die dekseisoen vanjaar selfs bietjie

vroeër kan begin, aangesien die koeie vroeër reeds

in ‘n stygende fase kan wees. Koeitroppe moet nie

te groot wees nie, verkieslik nie meer as 100-120

koeie met 4-5 bulle, per trop nie. Maak asseblief

seker dat die bulle vrugbaar, skoon van

geslagsiektes is, wel kan dek en libido het. Hou

rekord van watter bulle by watter troppe was sodat

die beheer van geslagsiektes vergemaklik kan

word.

'n Goeie dip program sal naastenby so lyk:

September/Oktober:

Ivermectien met Chlorselon

(Kort werkend - Bosluis & Inwendig & Lewerslak)

November:

Opgiet dip/Dompel sprei dip 2-3x 18dae

tussenpose.

Desember:

Langer werkende produk- Acatak/Ivomec Gold

Februarie:

Akatac vir 2de generasie

Midwinter:

Opgiet dip-Bruin oor bosluis.

Met 'n dip program soos hierdie sal ons geensins

daarin slaag om die bosluise totaal uit te wis nie.

Daar gaan steeds genoeg bosluise oorbly om die

natuurlike weerstand teen Rooiwater hoog te hou.

Wat ons probeer bereik is net om die bosluis getalle

tot so 'n mate te verlaag sodat die voorvalle van

Rooiwater op sy laagste is.

Die kalf seisoen behoort nou einde se kant toe te

staan en ons het heelwat gevalle gehad van diarree

by kalwers. Dit was meestal e.coli, Rota-en Corona

virus wat betrokke was.

Die beste voorkomende maatreël hiervoor is om

te sorg dat die dragtige koeie geënt word vir BVD

(Respirivax) en Lactovax C of Scour guard voor

kalwing. Kalwers wat nie beskerm is teen BVD nie,

se weerstand is afgebreek en hulle is vatbaar vir

enige siektetoestand insluitende diarree en long

toestande.

Kalwers:

Die kalwers is nou nagenoeg 3 maande oud en

moet die volgende kry:

1) Respirivax (Pasteurella,BVD,IBR & PI3) nou

baie belangrik vir kalwers waarvan die ma's nie

geënt was vir BVD (Triangle of Respirivax) vir

volgehoue weerstand van die kalf. Onthou dat,

waar die dragtige ma's gespuit was, beskerm

dit die kalf tot op 3 maande of langer.

2) Eerste Sponssiekte inenting: Onthou dat die ou

tradisionele entstof nie meer voldoende is nie.

Aanvanklik is 2 inentings hoogstens 2 maande

uitmekaar absoluut essensieel.(Covexin 10 of

Coglavax bevat al die tipes sponssiekte wat

nodig is)

3) Groei stimulante: Alle kalwers, wat by die ma's

loop, verse sowel as bulkalwers van ±100-

120kg moet kry: Inspuitbare groeistimulant

gekombineer met Ivermectien (Zeramec) of die

pilletjie in die oor kan gebruik word.

Nie-offisiële veldproewe wat in ons distrik deur

boere self gedoen is het getoon dat waar kalwers

met Zeramec, wat ‘n ontwurmingsmiddel ook

bevat, gespuit is, tot 25kg swaarder was as

die kontrole wat nie behandel is nie. Enige

ekstra massa is geld in jou sak.

4) Doseer alle kalwers nou en minstens nog 2 maal

voor speen met ‘n lint-rondewurm kombinasie.

VIRUSSIEKTES

BEESTE:

Inentings

Ent Knoppiesvel en Drie-dae stywesiekte nog

tot middel Desember en Pillyguard vir seer oë.

Die muggies en vlieë is reeds volop en is ook

verantwoordelik vir die oordra van Perdesiekte,

Bloutongvirus en Slenkdalkoors. Ent dus

vroegtydig.

Dip

Moenie dat bosluise hande uitruk nie. Wanneer

‘n middel met nawerking soos Acatac of lang

werkende Ivermectien gebruik word, moet die

beeste vinnig van kamp verwissel word, sodat die

bosluise uit al die kampe opgesuig kan word

(stofsuier effek).

Vlieë: Goeie vliegbeheer beteken minder seer oë

en oor die algemeen beter en gesonder diere.

SKAPE:

Rooiluis by skape is ‘n groeiende probleem, omdat

boere deesdae nie meer dompeldip nie. Alle

inspuitbare middels beheer slegs bloedsuiende

parasiete soos Brandsiektemyt en Jeukmyt, maar

omdat Rooiluis van die wolvet leef is dompeldip

die enigste manier van beheer. ‘n Nuwe produk nl.

EKSTINOSAD beheer Rooiluis en Brommers baie

effektief. Dieselfde geld vir produkte soos Fleece

Care.

WURM WEERSTAND

Met die aanhoudende toename in weerstand teen

baie van die doseermiddels het ons besluit dat

daar getoets gaan word vir weerstand d.m.v.

miseiertellings wat ons graag by alle kuddes gedoen

wil hê. Verlede seisoen het ons geweldig baie

skaapvrektes gehad as gevolg van HAARWURM

en dit wil ons graag voorkom.

Artikel deur Dr JJ Kroon

Die neem van die mismonster is baie

belangrik:

• Kies 10 skape uit n trop wat met n verfkol

gemerk word.

• Neem 1 misbolletjie direk uit die rektum van

elk van die 10 skape; sit bymekaar in een

sakkie; druk die lug uit en hou in die yskas’

totdat dit in ‘n koelhouer gebring kan word.

• Die skape word nou gedoseer en 10 dae later

moet weer ‘n mismonster geneem word van

dieselfde skape vir ontleding om te bepaal of

die middel nog effektief is.

• As die uitslag bekend is kan ‘n akkurate en

meer sinvolle beplanning vir die toekoms

gemaak word.

• Elke een van die beskikbare middels moet

oor ‘n termyn getoets word sodat ons presies

kan bepaal watter middels nog op die plaas

gebruik kan word. Volwasse skape en jong

skape moet afsonderlik getoets word.

Lammers wat van September af gebore is moet

op 6 weke ouderdom gedoseer word vir Linten

Rondewurm.

nutrochem

Betrokkenheid

AFGRI CULLINAN BOEREAAND

Woensdagaand, 3 Oktober het Afgri Cullinan weer

hulle maandelikse Boereaande aangebied.

Nutrochem se interaksie met die verskaffing van

die Afrivet Dieregesondheid produkreeks, het as

borg vir die aand opgetree.

Na die vorige borguitnodiging wat Afrivet aangebied

het deur Johan en Dr. Hanre Bredenkamp, wat

Afrivet se Grootvee Tegniese Bestuurder is, het

die behoefte dadelik gespruit uit die inligting wat

al die gaste by die Boereaand ontvang het om so

gou moontlik die opvolg aand te hou. Dr. Hanre

het oor die 1ste en 2de Periode van Plan A by

Skape gesels. Die belofte was dat die opvolg so

gou moontlik oor Periode 3 en 4 van Plan A sou

wees.

Soos gewoonlik is die aande baie goed gereël en

die teenwoordigheid oorweldigend en almal het

met groot belangstelling geluister en deelgeneem.

Soos gebruiklik, bied Afgri dan ook vir die betrokke

aand, promosies op sekere produkte aan en

bestellings het behoorlik ingestroom. Na afloop

van die aanbieding is die aand afgesluit met 'n

gesellige braai en saamkuier.

CHRISSIESMEER STUDIEGROEP BOEREAAND

Chrissiesmeer Studiegroep het Nutrochem Dinsdag,

9 Oktober uitgenooi as borg by een van hulle

Studiegroep maandvergaderings. Dis altyd 'n groot

voorreg om by die Chrissiesmeer Studiegroep

betrokke te wees, aangesien hierdie boere hulle

volle toewyding en balangstelling bied met hulle

vergaderings en as kliënte van Nutrochem.

Johan Herholdt het oor die ADFARM mineraal

reeks gesels en verduidelik hoe die konsep en

voordele van selfmeng van verskillende lekke en

voerkraalmengsels werk. ADFARM is die nuwe

makropakke wat deur Advit wat reeds 25 jaar lank

bestaan vervaardig word en waarvan Nutrochem

die alleen verspreidingsreg in Limpopo, Gauteng,

Noord-Wes, Vrystaat en Mpumalanga het.

'n DVD wat die Advit produksie aanleg met baie

streng ISO standaarde uitbeeld is vertoon. Daarna

is daar na verskeie voorbeelde van mengsel gekyk.

Boere kan dus hulle eie skaap-, bees- en wilds

lekke of voerkraalmengsels op die plaas meng,

deur die Adfarm mineraalpak by sy eie proteïenof

energiebron tot sy beskikking by te voeg.

Na afloop van die vergadering is almal bederf met

'n heerlike braai en kuier.

NOVARTIS UITSTALLING BY BKB ERMELO

Nutrochem het saam met die ywerige BKB

personeel op Ermelo gehelp om die uitstalling te

bou met Novartis se ZOLVIX doseermiddel met

die nuutste aktief in 25 jaar, naamlik

MONOPANTELL vir Haarwurm. Hier is die uitstalling

met die vriendelikste gesiggies wat vir jou

loer…..Nicolene, Linda en Reinette.

AFGRI MIDDELBURG EXPO

Nutrochem was Saterdag, 29 September as Inset

Verskaffers vir Afrivet, Antrovet/ Dentro en Novartis

betrokke by Afgri Middelburg se jaarlikse Expo

Promosiedag by hulle tak in Middelburg. Johan

Herholdt en Justin Frewen het die dag se

aanbiedings en promosies behartig namens die

verteenwoordigende produkte wat aan Afgri

voorsien word. Die dag was 'n reuse sukses met

baie kliënte wat die tak ondersteun en saam gekuier

het. Verskeie uitstallings deur al die Inset Verskaffers

is tentoongestel en die dag is afgesluit met 'n

potjiekos kompetisie.

ELANDSPRUIT BORAN PRODUKSIEVEILING

Nutrochem het die voorreg gehad om oudergewoonte

betrokke te kon wees as een van die

borge van Elandspruit se 15de Jaarlikse

Produksieveiling van Boran Stoetbeeste. Schalk

en Louis V R V Oudtshoorn en Harry Engelbrecht

het 215 Borane aangebied en kopers het van regoor

die land gekom om die veiling by te woon.

Die sukses van die veiling kan net toe te skryf wees

aan die entoesiasme, ywer en liefde vir die ras en

diere waarmee daar geboer word. Elke dier is

geneties goed geteel en voeding wat baie goed

bestuur word was duidelik sigbaar met uitsonderlike

diere wat aangebied is.

Die borggelde word elke

jaar aan Amsterdam

Laerskool geskenk en in

ruil daarvoor, word daar

verversings en drinkgoed

aan die kopers en gaste

by die veiling gebied om

sodoende die plaaslike

gemeenskap te ondersteun

op die platteland.

Wat is tyd in vandag se gejaagde lewe? Tyd is die

kosbaarste ding wat mens nooit kan terugdraai of

aan kan verander nie.

Tyd is wat geen geld in die wêreld kan koop nie,

en dit is onvervangbaar. As dit eers verby is, is dit

weg vir altyd.

Hier is ons aan die einde van 2012 - 'n jaar wat so

vinnig verby is en oor bietjie meer as 5 weke betree

ons die nuwe jaar. Daarom wil ons by Nutrochem

nou die tyd neem en vir ieder en elke kliënt van

ons sê: "DANKIE". 'n Kort woord maar met ‘n

groot betekenis.

Dankie vir elkeen van u - nuut en oud - vir u

ondersteuning. Van ons kom al 'n baie lang pad

saam en baie van ons het nou eers ons pad begin,

maar ons wil vir u verseker van ons volgehoue

goeie diens. Ons streef steeds om aan u ons lojale,

getroue diens te lewer.

Neem asseblief hierdie tyd en spandeer die

Christusfees saam met familie en vriende.

Mag u 'n geseënde Christusfees hê, en alles wat

mooi en geseënd is vir u en u gesin in 2013.

Vriendelike Groete

Nutrochem

Spesiale

Aanbod!

Acatak PO

5 Lt

R 2 411.00

* AANBOD GELDIG SLEGS

TERWYL VOORRAAD HOU.

Agita WG

50 gram

R 82.50

Agita WG

5 kg

R 4 332.00

Ectoban

20 L

R 2 732.00

Agita GB

400 gram

R 115.00

* AANBOD GELDIG SLEGS TERWYL VOORRAAD HOU.

Spesiale

Aanbod!

Speendope

Deosan Iodel Gel

25 L

R 589.00

Deosan Harmony Post

25 L

R 532.00

Deosan Mastocide

25 L

R 642.00

Deosan Teatfoam

25 L

R 637.00

* AANBOD GELDIG SLEGS TERWYL VOORRAAD HOU.

Spesiale

Aanbod!

Koop enige 4x van die bogenoemde produkte en ontvang

1x Deosan Dry Bed 25 Kg of Hoofcare 25 L gratis

Imidox

100 ml

R 430.00

Clout PO

20 L

R 1677.00

Decaspot PO

20 L

R 1431.00

Triatix Cattle PO

20 L

R 1280.00

Triatix Plus PO

20 L

R 1552.00

Coopers Redline PO

20 L

R 2050.00

Spesiale

Aanbod!

nutrochem

span tot u diens

Kantoor:Chris Hani straat 60, Bethal, 2310

Email: admin@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Faks: 086 530 0828

Web: www.nutrochem.co.za

Pieter du Plesssis

Algemene Bestuurder

E-pos: pieter@nutrochem.co.za

Cell: 082 7752970

Johan Herholdt

Verkoopsbestuurder

Mpumalanga, Vrystaat en Noord – Natal

E-pos: johan@nutrochem.co.za

Cell: 082 378 3334

Hercules Barnardt

Verkoopsbestuurder

Limpopo, Gauteng en Noord-wes

E-pos: hercules@nutrochem.co.za

Cell: 073 286 3267

Albertyn Greyling

Verteenwoordiger

Mpumalanga en Vrystaat

E-pos: albertyn@nutrochem.co.za

Cell: 072 291 5574

Rudi Yzelle

Verteenwoordiger

Limpopo

E-pos: rudi@nutrochem.co.za

Cell: 082 824 3868

Norma Du Plessis

Debiteure

E-pos: norma@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Natasha Cloete

Retail

E-pos: retail@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Monja Troskie

Debiteure & Persoonlike assistent vir Algemene

Bestuurder

E-pos: admin@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Louis Von Bratt

Verteenwoordiger

Mpumalanga

E-pos: louis@nutrochem.co.za

Cell: 071 874 4430

Barnie Cloete

Aankope en Logistieke

Bestuurder

E-pos: barnie@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Johan Engelbrecht

Vlieg Beheer Adviseer

Cell: 083 270 9841

www.nutrochem.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!