03.05.2013 Views

Maart Nuusbrief 2012 - Nutrochem

Maart Nuusbrief 2012 - Nutrochem

Maart Nuusbrief 2012 - Nutrochem

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maart Nuusbrief 2012

In die volgende 2-3 maande is die volgende siektetoestande en aksies van kardinale belang:

ROOIWATER!!!, VIRUSSIEKTES!! Dekseisoen eindig.

Kalwers:

ZERAMEC

EERSTE SPONSSIEKTE

ONTWURM BEESTE

Knoppiesvel

Stywesiekte

Slenkdalkoors

SKAPE:

Bloutong

Bloednier

Haarwurm

Dip-Brandsiekte & Rooiluis

Perdesiekte

Met die goeie reëns wat ons die afgelope tyd gehad het kan ons verwag dat dit ook gepaard sal gaan met ‘n

toename in die insekoorgedraagde virussiektes, asook groot toename in bosluis getalle.

Voorsorg moet dus getref word teen:

• Knoppiesvelsiekte

• Driedae Stywesiekte

• Slenkdalkoors

• Perdesiekte

Let asseblief op die volgende vir die komende tydperk.

Wat bestuur aanbetref moet ons konsentreer op:

1)Dekseisoen eindig

Dit is belangrik dat die bulle einde Januarie/Februarie uitkom en voorberei word vir die winterdekseisoen.

Doen skedewasse na elke dekseisoen om te verseker dat die bulle nie geslagsiektes opgetel het wat dan in die

winter dekseisoen na die koeie oorgedra kan word nie.

2) Kalwers van hierdie seisoen:

Vanaf nagenoeg 3-5maande oud kry die kalwers;

Eerste Sponssiekte-Moet bree spectrum sponssiekte wees. Ons kry al meer ander tipes

sponsiekte(Clostridia) en die gewone enkel stam sponssiekte entstof is net nie meer voldoende nie.

Groot kalwer verliese kom die laaste tyd voor as gevolg van “Rooiderm”(Clostridium perfringes tipeA).

Herhaal weer op speen met Covexin 10 of Coglavax (breë spectrum). Ontwurm-Lint-en rondewurm middel-Gardal

10%, Prodose Blou ens. Zeramec-Groeistimulant bevat ook rondewurm middel. Proewe tussen

plaaslike boere in ons area het getoon dat waarde van R300-350/kop toegevoeg kan word met een inspuiting

3 maande voor speen (Ideale massa is 100 tot 120 Kg terwyl die kalf by die ma loop) Dit het geen nadelige

effek op teeldiere nie.

3) Rooiwater:

Opgiet- asook dompel- en spreidippe kan in Januarie baie handig gebruik word om die Bosluise in die midsomer

te beheer.

Met die spuit van Virbamec L in die lente was die bosluise baie effektief beheer tot nou. Uitbrake van Rooiwater

het reeds op verskeie plase in die omgewing voorgekom en dit wil voorkom asof die aanslag straf gaan

wees. Die aanbeveling is dat ons nou minstens 2 keer met tussenposes van 18 dae moet dip (opgiet, sprei

of dompel) en dan in Feruarie langerwerkende middels soos ACATAK gebruik om die 2e generasie mee te

beheer.

Langwerkende produkte soos Acatak of DeadlineXtreme wat ‘n nawerking van 3 maande het kan in Februarie,

vir die 2e generasie bosluis, met groot sukses gebruik word. Virbamec LA of Ivomec Gold val in die

Ivermectien groep met nawerking van 42 en 54 dae respektiwelik en moet nie meer as 1 x per jaar gebruik

word nie as gevolg van die gevaar van weerstand en die nadelige effek wat dit op miskruiers en voëls kan hê

met oormatige gebruik.

Ons verskaf nou PYLGEWERE vir behandeling van diere op die veld. Dit beteken dat die dier nie gestres

hoef te word met die inspuitings proses nie-baie beter kans tot oorlewing.

4)Knoppiesvel siekte:

Bevestigde uitbrake van Knoppiesvelsiekte het in die Vrystaat begin voorkom en met die baie nat toestande

kan dit ‘n epidemie deur die hele land word. Sorg dat alle beeste ge-ent is.

5)DrieDae Stywesiekte:

Min gevalle is tot dusver opgemerk. Aangesien dit ook ‘n insekoorgedraagde virus is, is die huidige toestande

ook hiervoor gunstig. Die aanbeveling is dat melkbeeste verseker ge-ent moet word. Manlike diere word baie

erger aangetas as die vroulike. Ent alle Bulle en Osse in die vleisbeeskudde.

6)Slenkdalkoors:

Ons het groot reaksie gekry op die aanbeveling vir enting en ek dink ons is goed voorberei daarvoor.

SKAPE:

Dragtige ooie wat Febr/Mrt gaan lam moet nou Multimin & VitA, MultivaxP of Coglavax+Pasteurella en langwerkende

dosering teen Haarwurm kry. Maak seker alle skape is teen Bloutong ge-ent.

Haarwurm by skape: Gemeet aan die aantal postmortums wat ons reeds gedoen het kan ons ‘n geweldige

aanslag verwag. Verlede jaar was daar groot verliese as gevolg van Haarwurm wat ons nie weer wil he nie. Gebruik

nou ‘n middel met nawerking om verliese te beperk. Maak eers die skape skoon met ‘n middel wat ook

weerstandbiedende stamme van Haarwurm beheer (bv Zolvix) en gee dan 2 weke later ‘n middel met nawerking.

(Clomectin,Cydectin,Klosantal)

Zolvix is ‘n nuwe middel van Novartis wat ook ‘n kontak middel is wat ons graag in die Haarwurm seisoen wil

gebruik omdat daar nog geen weerstand teen die middel bestaan nie. Ons moet deur middel van mismonsters

vasstel of daar weerstand op ‘n betrokke plaas is. Merk 10 skape waarvan 1 of 2 misbolletjies van elk van die

skape geneem word uit die rectum, voor dosering en dieselfde 10 skape se mis word weer geneem 10 dae na

dosering om te kan vasstel of daar ‘n verlaging in eier telleing was of nie. Sodoende wil ons graag vasstel watter

middels nog op die plaas gebruik kan word. ZOLVIX is die middel wat ons graag 1x/jaar vir elke skaap wil

doseer om die weerstand wat ooral reeds voorkom te breek.

Koksidiose is ‘n toestand wat veral by lammers meer en meer gesien word. Simptome is vermaering, swak

prestasie en kroniese nat boude. Behandel met Vacoxin sodra die eerste lammers begin met diaree.

Perdesiekte word ook deur muggies gedra en kan ook vanjaar ‘n epidemie word. Alle perde moet nou ge-ent

word.

(JJ Kroon)

Kontak gerus u Verteenwoordiger vir enige navrae:

Johan Herholdt (Verkoopsbestuurder – Mpumalanga, Vrystaat en Noord Natal) 082 378 3334

Hercules Barnardt (Verkoopsbestuurder – Limpopo, Gauteng en Noord Wes) 073 286 3267

Albertyn Greyling (Verteenwoordiger – Oos Vrystaat en Mpumalanga) 072 291 5574

Louis von Bratt (Verteenwoordiger - Mpumalanga) 071 874 4430

Fanie Lombaard (Verteenwoordiger – Noord en Wes Vrystaat) 079 498 4474

Fanie Ungerer (Verteenwoorder - Noordwes & Gauteng) 083 404 9464

Hein Sutherland (Verteenwoordiger - Noordwes) 083 388 1003

Rudi Yzelle (Verteenwoordiger - Limpopo) 082 824 3868

Kantoor: Chris Hani str. 60 • Bethal • 2310

Email: admin@nutrochem.co.za

Tel: 017 647 2779

Faks: 086 530 0828

Directors: PI du Plessis (Managing) CJ Herholdt and HP Barnardt | Reg. No: CK2005/068227/23 | BTW No: 4480225160

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!