03.05.2013 Views

Bosluisweerstand - Landbou.com

Bosluisweerstand - Landbou.com

Bosluisweerstand - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bosluisweerstand

1. Inleiding

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) definieer weerstand as “die ontwikkeling van

die vermoë van ‘n stam organismes om dosisse van gifstowwe te tolereer wat gewoonlik

dodelik vir die meerderheid van individue in ‘n normale populasie van dieselfde spesie is”.

Kortliks beteken dit dat daar in enige populasie van parasiete, individue is wat geneties

weerstandig is teen ‘n spesifieke middel of aktiewe bestanddeel, wat vir die meerderheid

van individue dodelik is nog voordat die middel vir die eerste keer vir die beheer van die

spesifieke parasiete gebruik word.

Dit beteken weer dat daar in dieselfde populasie van parasiete, individue is wat

homosigoties vatbaar is en individue wat homosigoties weerstandig is teen die

middel/aktiewe bestanddeel. Die vatbare individue is in die meerderheid voordat die

middel/aktiewe bestanddeel vir die eerste keer op die plaas gebruik word. Die

ontwikkeling van sigbare bosluisweerstand op ‘n plaas is ’n genetiese proses, ontwikkel

oor ’n periode van tyd en ontstaan nie oornag nie.

2. Bosluisweerstand

In die geval van bosluise is dit hoofsaaklik bloubosluisweerstand wat oor die afgelope 10

jaar in Suid-Afrika dramaties toegeneem het. Twee bloubosluis spesies word in Suid-

Afrika aangetref nl. die Afrikaanse bloubosluis (Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus)

wat die vektor van Afrikaanse rooiwater is en die Asiatiese bloubosluis (Rhipicephalus

(Boophilus) microplus) wat die vektor van Asiatiese rooiwater is. Aangesien die 2 spesies

feitlik dieselfde lewensiklus het en die beheer van die 2 spesies ook feitlik dieselfde is,

word daar verder in die artikel net na die bloubosluis verwys.

Die bloubosluis is ’n eengasheer bosluis van hoofsaaklik beeste en is die draer van

rooiwater (babesiose) en galsiekte (anaplasmose), wat jaarliks groot verliese in die

veebedryf veroorsaak. Die lewensiklus van die bloubosluis kan skematies as volg

voorgestel word:

Die dier word met larfies van bosluise, wat op die weiding voorkom, besmet. Die larfies

voed deur vir ongeveer 7 dae bloed te voed, waarna hulle vervel, verhard en ontwikkel tot

nimfies. Die nimfies voed weereens vir ongeveer 7 dae waarna hulle ook vervel, verhard

en ontwikkel tot volwassenes. Die volwasse wyfiebosluise begin voed en wanneer hulle

volgesuig is (na ongeveer 7 dae), val hulle spontaan van die dier af en begin binne ’n week

op die grond eiers lê. Die wyfie lê ongeveer 3000 eiers. Die mannetjie bosluise bly op die

dier en wag dan vir die volgende volwasse wyfie om mee te paar. Die eiers neem

ongeveer 3 weke om uit te broei waarna die larfies weer vir die volgende gasheer wag om

op te klim. Die tydperk vandat die larfies op die dier geklim het totdat volgesuigde wyfies

waargeneem word, is dus ongeveer 21 dae. Slegs die volgesuigde wyfiebosluise is

gewoonlik vir die boer op die beeste sigbaar.

Die verskillende stadiums van die bloubosluis op die bees. Wyfie wat eiers lê

(L=larf, N=nimf, mannetjie, wyfie en volgesuigde wyfie)

3. Faktore wat bydra tot die ontwikkeling van weerstand.

Die volgende faktore kan bydra tot die ontwikkeling van bloubosluisweerstand:

• Die herhaaldelike gebruik van dieselfde aktiewe bestanddeel jaar na jaar om die bosluise

te beheer

• Kort dipintervalle

• Die relatiewe kort lewensiklus van die bloubosluis wat teweegbring dat meer as een

generasie van die bosluise deur die jaar voorkom

• Ideale omgewingstoestande

• Die wangebruik van dipmiddels deur boere

Herhaaldelike gebruik van dieselfde middel.

Wanneer dieselfde middel/aktiewe bestanddeel jaar na jaar deur die boer gebruik word, word

al die bosluise wat vatbaar is vir die middel, oor die periode doodgemaak en letterlik uitgeroei

terwyl die weerstandige bosluise stelselmatig begin toeneem. Dit kan dan gebeur dat die hele

bloubosluis populasie op die plaas volledig weerstandig raak teen die aktiewe bestanddeel.

Verhoogde dipintervalle

Kort dipintervalle veroorsaak dat die vatbare bosluise vinniger uitgeroei word en die

weerstandige bosluise relatief tot die vatbare bosluise, vinniger toeneem.

Lewensiklus van die bloubosluis

Weerstand van parasiete word aan hulle nageslag oorgedra. Hoe korter die lewensiklus van

die parasiet is, hoe meer generasies sal daar deur die jaar voorkom en hoe vinniger sal die

weerstandige individue in ’n populasie relatief tot die vatbare individue toeneem. Die

relatiewe kort lewensiklus van die bloubosluis in vergelyking met die lewensiklus van 2 en 3

gasheer bosluise (waarvan daar hoogstens 1 generasie van bosluise per jaar voorkom)

verduidelik dus hoekom die bloubosluis vinniger weerstand teen dipmiddels ontwikkel.

Ideale omgewingstoestande

Die ideale omgewingstoestande vir bosluise om te oorleef en te vermeerder, is ongeveer 27˚C

en 80% relatiewe humiditeit. By hierdie vogtige en warm toestande teel bosluise optimaal aan

en vermeerder hulle dus vinnig. Indien die toestande dus deur die jaar gehandhaaf word, sal

daar meer generasies van die bosluise voorkom. Dit verduidelik waarom bosluisweerstand ’n

groter probleem in die warmer en meer gematigde dele van Suid-Afrika as in die droër, kouer

dele van ons land is.

Wangebruik van dipmiddels

Indien bosluise oor ’n tydperk aan laer konsentrasies van dipmiddels blootgestel word, hetsy

in ’n dompeldip, ’n spuitdip of wanneer ’n opgietmiddel nie teen die regte dosis toegedien

word nie, sal bosluise weerstand teen die middel/aktiewe bestanddeel ontwikkel.

Die wangebruik van dipmiddels, veral opgietmiddels, deur boere dra by tot die ontwikkeling

van bosluisweerstand. Dit is ‘n algemene tendens van boere in Suid-Afrika om tuisgemaakte

opgietmiddels te “formuleer” om bosluise te bestry. Behalwe dat die praktyk onwettig is,

word bosluise aan lae konsentrasies van die aktiewe bestanddeel wat in die “formulasie”

gebruik word, blootgestel en ontwikkel die bosluise weerstand teen die groep van aktiewe

bestanddele.

4. Die effek van bosluisweerstand.

Bloubosluisweerstand veroorsaak jaarliks enorme ekonomiese verliese vir beesboere in Suid-

Afrika. Behalwe vir die direkte koste verbonde aan dipmiddels in ’n poging om die bosluise

te beheer, is daar ook verliese a.g.v vrektes veroorsaak deur bosluisoorgedraagde siektes soos

rooiwater (babesiose) en galsiekte (anaplasmose). In areas waar rooiwater in die verlede

afwesig was en die diere dus volledig vatbaar vir die siekte is, lei boere jaarliks nou groot

verliese weens die siekte. Navorsing in Australië het bevind dat gemiddeld slegs 0.04% van

die Asiatiese bloubosluis populasie op ’n plaas draers van Asiatiese rooiwater is, terwyl 0.23%

van die Afrikaanse bloubosluis populasie op ’n plaas draers van Afrikaanse rooiwater is.

Hoewel die syfers as baie klein gereken kan word, lei boere jaarliks steeds groot verliese a.g.v

die siektes. Dit kan ’n aanduiding wees tot watter mate bosluisgetalle op plase toegeneem het

a.g.v weerstand.

5. Metodes om te bepaal of bosluisweerstand op ‘n plaas aanwesig is.

Wanneer ons weer na die skematiese diagram van die lewensiklus van die bloubosluis kyk,

beteken dit indien die boer sy beeste met ’n geregistreerde dipmiddel gedip het en die korrekte

aanwysings op die pamflet gevolg is, al die bosluise (larfies, nimfe en volwassenes) op die

dier dood gemaak sal word indien die bosluise vatbaar vir die middel is. As die boer

volgesuigde bosluiswyfies op sy diere sien binne 21 dae nadat hulle gedip is, kan dit ’n

aanduiding van bosluisweerstand wees.

Die volgesuigde bloubosluise toets vir weerstand word by die Malelane Navorsings Eenheid

naby Malalane in Mpumalanga gedoen en met die toets kan daar bepaal word vir watter

aktiewe bestanddeel/bestanddele (die bosluise vatbaar of weerstandig is. Die toets behels die

behandeling van die bosluiswyfies met al drie groepe van aktiewe bestanddele (organofosfate,

piretroïede en formamidiene) waarna die wyfies op glasplate vasgeplak en geïnkubeer word.

’n Week later word bepaal hoeveel van die bosluise gevrek het en of die wat nie gevrek het

nie, eiers gelê het. Die eiers wat deur die bosluise wat nie gevrek het nie gelê is, word

gekollekteer en vir ’n verdere 3 weke geïnkubeer om te bepaal of die eiers gaan uitgebroei. So

kan dan bepaal word watter aktiewe bestanddeel effektief sal wees vir die beheer van die

weerstandige bosluise op die spesifieke plaas.

’n Voorbeeld van bosluise wat behandel is, op glasplate vasgeplak is en wat besig is om eiers

te lê. (Hierdie bosluise is op ’n plaas gekollekteer en is weerstandig teen al 3 groepe van

aktiewe bestanddele.)

Vir verdere inligting omtrent die toets van bosluise, kontak u naaste Intervet Schering-Plough

Animal Health verkoopspersoon of die Malelane Navorsingseenheid.

6. Die bestuur van bosluisweerstand.

Wanneer ’n boer weerstand van bosluise op sy plaas ondervind, is daar ongelukkig nie ’n

kitsoplossing vir die probleem nie.

Die algemeenste metode van bosluisbeheer in Suid-Afrika is steeds chemiese beheer m.a.w

deur beeste te dip. Daar is slegs 3 groepe van aktiewe bestanddele beskikbaar vir

konvensionele bosluisbeheer nl. organofosfate, piretroïëde en formamidiene ( of kortweg

amidiene). Die middels word in dompeldippe, spuitdippe en opgietmiddels gebruik. Indien

die boer nie die gewensde uitwerking op bosluise met een van die groepe ondervind nie, moet

hy na ’n ander groep verander. Dit maak geen sin om van een middel wat ’n piretroiëd as

aktiewe bestanddeel bevat na ’n ander middel ook met ’n piretroiëd te verander nie.

Indien veelvoudige bosluisweerstand ondervind word m.a.w bosluisweerstand teen 2 of al 3

groepe van aktiewe bestanddele, raak die situasie meer ingewikkeld en lei gewoonlik tot hoë

kostes. In so ’n geval moet die boer alternatiewe metodes van bloubosluisbeheer toepas soos

die gebruik sistemiese middels. Die groepe van middels wat bloubosluise sistemies beheer, is

die makrosikliese laktone (middels wat ivermektien, doramektien, abamektien en

moksidektien bevat) en die bosluisgroei inhibeerder, fluasuron.

Dit is egter noodsaaklik dat die boer ’n kundige nader in so ’n geval aangesien verkeerde

praktyk katastrofiese gevolge kan hê.

7. Voorkoming van bosluisweerstand.

1) Gebruik ’n middel so lank as wat dit effektief is teen die bosluise. Wanneer daar dan

weerstand met een groep (bv. piretroïede) ondervind word, moet daar na ’n ander groep

(bv. organofosfate of amidiene) verander word. Indien die prosedure gevolg is, kan die

boer weer terugkeer na die eerste groep aangesien die bosluise dan hulle weerstand teen

daardie groep “verloor” het.

Die afwisseling met groepe van aktiewe bestanddele is nie aan te beveel nie. Navorsing

het bewys dat wanneer daar met groepe afgewissel word, bosluise teen meer as 1 aktiewe

bestanddeel weerstand ontwikkel, wat oor die langtermyn katastrofiese gevolge kan hê.

2) Dip minder gereeld wanneer bosluise onaktief is bv. in die winter. Soos reeds genoem, dra

kort dipintervalle by tot die ontwikkeling van bosluisweerstand.

3) Gebruik geregistreerde dipmiddels streng volgens voorskrif. Maak seker dat die korrekte

dosis van die opgietmiddel toegedien word en dat die dipkonsentrasie in die dompeldip of

spuitdip korrek is. Kliënte van Intervet Schering-Plough Animal Health kan hulle

dipmonsters gratis by die Malelane Navorsingseenheid laat toets om te bepaal of die

konsentrasie van die dip wat in die dompeldip gebruik word op sterkte is. Kontak die

Intervet Schering-Plough Animal Health verkoopspersoon vir advies.

Die gebruik van tuisgemaakte mengsels is onwettig en dra by tot die ontwikkeling van

weerstand.

4) Voorkom die aankoop van “stoetbosluise”. Bloubosluisweerstand kom algemeen in Suid-

Afrika voor en menige boere het al in die slaggat getrap deur beeste by veilings of van

boere te koop afkomstig van plase waar die bosluise weerstandig teen 1 of meer aktiewe

bestanddele is. Die beeste word dan op die koper se plaas summier veld toe gejaag waar

hierdie weerstandige bosluise dan op die boer se veld afgegooi word.

Ongeveer 40 bosluismonsters word jaarliks by die Malelane Navorsingseenheid van

verskillende plase oor Suid-Afrika vir weerstand getoets. In 2006 het 51% van hierdie

monsters weerstand teen al 3 groepe van aktiewe bestanddele getoets. Dit kan ’n

aanduiding wees van hoe ernstig die probleem van bloubosluisweerstand in Suid-Afrika is.

Geskryf deur: Dr. Tom Strydom, Navorsingsveearts, Intervet/Schering-Plough

Dieregesondheid

5 Maart 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!