03.05.2013 Views

Luise op Angoras/diere - Landbou.com

Luise op Angoras/diere - Landbou.com

Luise op Angoras/diere - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Navraag oor luise op Angorabokke of ander diere

Vraag vanaf:Andre Nel - ANel@aspenpharma.com

Opskrif is: Luise op Angoras/diere

Vraag is: Ek het altyd Zapp Pour on gebruik op die bokke en die goed het GEWERK.

Die nuwes wat ek gekoop het, werk nie op die eiers nie en die luise vrek ook stadiger as

voorheen. Het hulle die formule verander en mag hulle dit doen? Is daar 'n ander produk

(pour on)wat ek kan gebruik? Andre Nel - ANel@aspenpharma.com

Antwoord

Voordat die probleem met die produk aangespreek word, wil ek eers die parasiete ter

sprake bespreek. Alhoewel die vraag oor luise op Angorabokke gaan, wil ek ook

inligting oor luise op ander diere gee.

Luise

Luise word in twee hoofgroepe verdeel:

• Suigende of blouluise het stekende monddele wat gewoonlik binne in die kop

gedra word en waarmee hulle bloed en liggaamsvloeistowwe suig.

• Bytende of rooiluise het breë koppe met knyptangvormige monddele en kort pote

wat ewe lank is. Hulle voed veral op afval wat op die vel voorkom soos bv

afgeskilferde selle.

Luise is gasheer spesifiek wat beteken dat luise van bokke nie op beeste sal voed nie.

Hulle leef ook permanent op die gasheer en kan tot 25 dae van die gasheer af leef.

Lewensloop

Die lewensloop is eenvoudig en die onvolwassenes en volwassenes lyk dieselfde.

Wyfies heg eiers (nete) vas aan hare (of vere in die gevalle van voëls) en nimfe broei na

1 tot 2 weke uit. Nimfe word uitgeken deurdat hulle bleker as die volwassenes voorkom

en onder ‘n stereo-mikroskoop kan gesien word dat hulle nie geslagstrukture het nie.

Daar is 3 nimf ontwikkelingstadia voordat hulle volwasse is. Dit neem ongeveer 3 weke

vandat die eiers uitgebroei het totdat hulle volwasse is. Gewoonlik paar die luise voordat

eiers gelê word, maar in die geval van die beesluis Bovicola bovis, ontwikkel mannetjies

glad nie en wyfies teel sonder om te paar. Elke wyfie lê ongeveer 10-30 eiers gedurende

haar leeftyd van tot 30 dae. Luis populasies bou op gedurende die herfs, bereik ‘n piek in

die winter en neem af in die lente. As ‘n dier geskeer word, word groot getalle verwyder

en die res word aan die nadelige effek van die son en reën blootgestel.

Oordraging

Aangesien luise permanente parasiete op ‘n dier is, word die besmetting deur direkte

kontak tussen diere versprei. Deur een besmette dier in ‘n kudde in te bring, kan ‘n boer

vir hom/haar oneindige probleme veroorsaak.

Belang van luise

Luise veroorsaak irritasie wat veroorsaak dat diere baie energie vermors deurdat hulle

hulself krap, minder vreet en onrustig is. Diere skuur, krap en byt hulleself om van die

irritasie ontslae te raak. Die gevolg is dat hulle kondisie verloor. Diere wat in ‘n swak

voedingstoestand is, veral gedurende die winterperiode en lente asook in

droogtetoestande, is veral kwesbaar. Kos is dan skaars en die voedingswaarde van die

plante neem af.

Kaal kolle, velle wat afgeskaaf word en vagversteuring soos wol en hare wat uitgetrek

word, word opgemerk. As baie hare en wol uitgetrek word, mag haarballe in die voormae

voorkom. As luise by pluimvee voorkom, mag die vere versteur word en ‘n val in

eierproduksie voorkom. Blouluise suip bloed en bloedarmoede (anemie) kan ontstaan.

Die graad van besmetting word skynbaar bepaal deur die kondisie van die dier, lengte

van die haarkleed, veltemperatuur, ligintensiteit en die mate waarin ‘n dier homself kan

skoonmaak van die besmetting.

Luise wat op diere voorkom – die mees algemene spesies word hier in tabelvorm

weergegee

Gasheer Bytende – Rooiluis Suigende - Blouluise

Beeste

Beesluis

Bovicola (Damalinia) bovis

Skouers, bolyn, stertwortel

en met swaarbesmettings na

die nek en flanke

Langsnoetbeesluis

(Linognathus vituli)

Skouers, keelvel, nek en borsgebied van

kalwers

Kleinbloubeesluis

(Solenopotes cappilatus)

Voorkant van skouers, onder stert, om

anus

Kortsnoetbeesluis

(Haematopinus eurysternus)

Om oë, neusgate, horingbasisse, bo-op

nek en met swaarbesmettings oor hele lyf

Stertkwasbeesluis

(Haematopinus quadripertusis)

Met swaar besmettings oor hele lyf

Buffelluis

(Haematopinus tuberculatus)

Gasheer Bytende - Rooiluise Suigende - Blouluise

Skape

Bovicola (Damalinia) ovis

Kop, nek, skouers, rug,

kruis en heupe

Bovicola (Damalinia)

peregrina

Kom op vetstertskape voor

Skaapblouluis

(Linognathus africanus)

Met swaar besmettings oral op die

liggaam. Verkies haar of kruisgeteelde

skape

Skaapvoetluis

(Linognathus pedalis)

Op die bene onder die wollyn

Linognathus ovillus

Stert en maaggebied

Gasheer Bytende - Rooiluise Suigende - Blouluise

Bokke

Bovicola (Damalinia)

caprae

Winter op Angoras in Oos-

Kaap

Bovicola (Damalinia)

limbata

Skaapblouluis

(Linognathus africanus)

Somermaande op Angorabokke. Luis

beskadig hare, bloedverlies, swelsel van

bene en onderlyn, vrektes in boklammers,

groei aangetas

Angorabokke Linognathus stenopsis

Gasheer Bytende – Rooiluise Suigende - Blouluise

Perde, donkies

en muile

Bovicola (Damalinia) equi

Nek, flanke en stertwortel

Perdeblouluis

(Haematopinus asini)

Onder lang hare op die kop, nek, ore,en

stert

Gasheer Bytende – Rooiluise Suigende - Blouluise

Varkluis

Varke

(Haematopinus suis)

Skouers, oksels, lieste en laer abdomen

Gasheer Bytende – Rooiluise Suigende - Blouluise

Voetluis

Rooibokke

(Linognathus nevelli)

Voete van rooibokke

Gasheer Bytende – Rooiluise Suigende - Blouluise

Heterodoxus spiniger

Linognathus setosus

Honde

Meestal aangetref op honde met lang hare

Trichodectes canis

Gasheer

Katte

Bytende – Rooiluise

Felicola subrostratus

Suigende - Blouluise

Gasheer

Hoenders,

fisante

Hoenders, mak

duiwe en

fisante

Hoendervlerkluis

(Lipeurus caponis)

Op vlerk en stert

Goniocotes gallinae

Basis van vere, veral op die rug

Hoenders Goniodes gigas

Op liggaam en tussen vere

Pluimvee Kopluis van pluimvee

(Cuclotogaster heterographus)

Kalkoene Kalkoenluis

(Chelopistes meleagridis)

Pluimvee Skagluis van pluimvee

(Menopon gallinae)

Pluimvee Lyfluis van pluimvee

(Menacanthus straminus)

Op gasheervel waar min vere voorkom. Voed op bloed en veroorsaak

vrektes, veral kuikens

Ganse en

Trinoton anserium

swane

Duiwe Columbicola columbae

Vasstelling van hoeveelheid luise op skape

Skape wat ‘n ligte besmetting van luise het, mag geen kliniese tekens wys nie. Soos die

getalle vermeerder, begin die skape hulle teen kampdrade en ander voorwerpe te skuur.

Hulle byt hulself en trek die wol uit. Deur skape in ‘n kraal dop te hou, kan skape wat

verdag voorkom, uitgevang word.Ten minste 10 skape per groep moet ondersoek word

deur hulle op hul sy te laat lê in goeie lig en daarna die vag oop te maak sodat ongeveer

10cm vel gesien kan word. Daar moet onthou word dat luise van lig af sal weg beweeg.

Luise hou daarvan om in kolonies saam te klomp en is daarom nie eweredig versprei oor

die liggaam nie. Daarom is dit nodig dat die vag op tenminste 10 plekke oopgemaak

word. Begin by die nek en werk terug na agter tot by die flank. Daar kan nou ‘n geskatte

beraming van luisgetalle gemaak word.

Vlak van besmetting Gemiddelde aantal luise per

telling (10 cm)

Totale aantal luise

Lig Minder as 1 Minder as 5 000

Medium 1-5 5 000-250 000

Swaar Meer as 5 Meer as 250 000

Weens die feit dat luise stadig voortplant, kan dit 2-3 maande vir ‘n ligte luisbesmetting

neem om tot die vlak op te bou dat kliniese tekens waargeneem kan word.

Beheer

Luise kan beheer word deur plaagdoders toe te dien deur middel van spuitgange,

dompeldippe, handbespuiting, opgiet, inspuiting of deur die aanwending van stuifpoeiers.

Vir die beste beheer in skape moet hulle ‘n paar weke na skeer gedip word.

Aktiewes wat geregistreer is:

Groep Aktiewe bestanddeel Voorbeelde van middels in

groep

Organofosfate en Chloorfenvinfos

karbamate

Diasinon

Fention

Triasofos

Zipdip, G381

Piretrene en

Sipermetrien

piretroïede

Deltametrien

Delete (G2815),

Sihalotrien

Delete-X5 (G3279)

Siflutrien

Deltab (G2517)

Flumetrien

Alfametrien

Delete All (G2837)

Formamidiene Amitras Taktic cattle spray (G2535)

Taktic LS cattle dip (G2536)

Taktic pig pour on (G2574)

Taktic TR (G2537)

Taktic WP (G2538)

Kitien sintese Diflubensuron

Fleececare (G1743)

inhibeerder

Makrosikliese laktone

(suigende luise)

Triflumuron

Ivermektien

Moksidektien

Doramektien

Abamektien

Ivotan (G 2858)

Alle middels vir dieregebruik wat oor die toonbank verkoop word, moet geregistreer

word onder Wet 46 van 1947. Werk moet gedoen word om die effektiwiteit en veiligheid

vir die teikendier, die mens en sy omgewing te bewys.

Indien die formulasie van die middel verander word, moet nuwe proewe gedoen word om

te bewys dat die nuwe veranderde formulasie dieselfde of beter effektiwiteit as die ou

formulasie het.

Produkklagte:

Met enige produkklagte moet die volgende stappe gevolg word:

• Maak seker dat die middel nog binne die vervaldatum wat op die kan gedruk is,

gebruik is.

• Maak seker dat die korrekte aanwendingmetode gevolg is en dat alle

gebruiksaanwysings nagekom is

• Maak seker dat apparaat wat gebruik is, in werkende toestand was.

• Was elke dier behandel? Indien een dier oorgeslaan is of nie behoorlik behandel is

nie, kan die besmetting hervat!

• Het diere na behandeling in aanraking met besmette diere gekom?

• Luise kan tot 25 dae van die gasheer af oorleef. Besmetting kan dus van die bakke

van vragmotors of vendusiekrale versprei word.

• Dit is bekend dat daar luisstamme is wat weerstandig teen een of meer van die

verskillende groepe aktiewes in die middels is. Indien dit vermoed word, kontak u

veearts vir hulp. U kan ook met die tegniese veearts van die maatskappy wie se

produk betrokke is, skakel.

• Indien daar bevestig is dat daar ‘n weerstandbiedende luisstam teen ‘n spesifieke

aktiewe groep teenwoordig is, moet na ‘n ander groep oorgeskakel word.

Voorkoming

Dit is so belangrik dat diere wat aangekoop word gekwarantyn word en behandel

word voordat hulle in ‘n kudde ingebring word! Diere moet ondersoek word na

behandeling om seker te maak dat diere vry van parasiete is!

Geskryf deur dr Faffa Malan, Intervet ‘n deel van Schering-Plough

Bronne

Bruère A N and West D M. 1993 The Sheep: Health, Disease and Production. Veterinary

Continuing Education, Massey University, Palmerston North, New Zealand !SSN 0112-

9643.

Howell CJ, Walker Jane B en Nevill E M. 1983 Bosluise, myte en insekte van huisdiere

in Suid-Afrika Deel 1. Beskrywing en biologie. Wetenskaplike pamflet no 393,

Departement van Landbou-tegniese dienste, Republiek van Suid-Afrika.. ISBN 0 621

03849 0

8 Februarie 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!