03.05.2013 Views

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIREKTORAAT KURRIKULUM: VOO

AFRIKAANS

KURRIKULUMADVIESDIENS

LENTESKOOL

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 12

2011

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 2

Liewe Matrikulant

Ek wil „n TIENPUNTPLAN met jou deel. As jy daarby hou, kan jy seker wees jy gaan nie die

eindeksamen onder druk en vol “stres” begin nie:

1. Sorteer elke vak uit – haal agterstallige werk in – kry jou boeke op datum.

2. Lees die Roman en Drama.

3. Leer die gedigte.

4. Probeer elke Septembervraestel weer beantwoord – dit mag meer as 3 uur neem, maar wat is

3 uurtjies nou?

5. Die feit dat jy die Lenteskool bywoon, is nie „n waarborg vir sukses in die eindeksamen nie. Jy

moet wérk met dit wat jy hier ontvang!

6. Het jy die jaar se take/projekte ingegee? Indien nie, sorg dat dit nou gedoen word.

7. Gesels met jou vriende oor studiewenke en kyk of julle „n studiegroep kan vorm.

8. Die voorbeeldvrae wat in hierdie boekie verskyn, is slegs dit: voorbeelde. Werk gerus

daardeur, maar onthou dat daar ander vrae in die eksamen gestel kan word. .

9. Dink aan die matriekafskeid as „n lekker ding wat was (of dalk nog moet kom). Dis al. Dit is van

verbygaande aard.

10. Onthou: Oktober en November 2011 is nie die laaste twee maande van jou lewe nie; liewer die

begin van die res van jou lewe. Maak dit „n goeie begin!

Sterkte!

C. Banda

(Senior Kurrikulumbeplanner: Afrikaans)

19 September 2011

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 3

AFDELING A: LEESBEGRIP

Transaksionele teks:

VRAESTEL 1

Jy moet die volgende ken:

Voorspellings

Onderskei tussen feite en menings met motivering

Feit: Iets wat werklik plaasgevind het. Onomstootlik. Wat vasstaan. „n

Stelling wat bewys kan word (bv. dit wat ooggetuies sê; gebaseer op

aanhalings, statistieke, ens.)

Mening:Opinie/ Iemand se sienswyse (subjektief) Oordeel of oortuiging

sonder dat dit noodwendig kennis van die saak veronderstel. Iets wat

nie bewys kan word nie of nog nie bewys is nie, maar beweer word.

Dit bevat gewoonlik die woorde ”moontlik, miskien, dalk, vermoedelik,

glo,waarskynlik, ens.” of dit is die siening van een persoon.

Geïmpliseerde betekenis

Stereotipering

Teikenleser, doel, struktuur en taalgebruik in tekste

Die betekenis van woorde en beelde binne konteks

Die vind van toepaslike inligting en besonderhede in tekste

Hoe seleksie van inligting betekenis beïnvloed

persoonlike response op tekste

die impak wat lettertipe en -grootte, hoofopskrifte en onderskrifte op die

betekenis van „n teks het

Wenke:

Pas die volgende leesstrategieë toe:

Snellees die teks om te verstaan waaroor dit gaan.

Lees die teks weer deur.

Lees al die vrae.

(Leerders mag dink dat hulle tyd mors, maar as jy begin antwoord voordat jy die leesstuk en

vrae regtig verstaan, mors jy eintlik tyd.)

Skryf 3-4 kernwoorde in die kantlyn by elke paragraaf neer om die inhoud van die paragraaf

saam te vat.

Soeklees die teks vir spesifieke inligting soos verlang.

Lees om die doel van die teks te verstaan. Moenie dat onbekende woorde jou ontstel nie.

Probeer raai wat die woorde in konteks beteken, kyk of die woord nie met Engels ooreenkom

nie, verdeel die woord in lettergrepe en kyk of jy nie gedeeltes daarvan verstaan nie.

Skryf die gevraagde inligting neer.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 4

Beantwoording van die vrae:

Onthou: jy kan volpunte kry, want die antwoorde is voor jou!

Lees die vraag. Onderstreep die instruksie. Beantwoord die vraag in jou gedagtes en lees

weer die vraag. Antwoord jy volgens die instruksie? Skryf jou antwoord neer.

Skryf die vraagnommers soos op die vraestel.

Beantwoord die vrae direk. Moenie lang omslagtige antwoorde skryf nie.

Skryf netjies.

Herformuleer die woorde van die teks as jy gevra word om dit in jou eie woorde te skryf.

As 2-3 feite genoem word, moenie ʼn reeks skryf nie.

As een-woord-antwoorde gevra word, moenie ʼn sin skryf nie.

Vir waar/onwaar/feite/meningsvrae, gee ook die rede/motivering/aanhaling soos gevra.

Moenie een deel van die antwoord weglaat nie.

Onthou: Opeenvolgende/agtereenvolgende woorde = woorde wat horisontaal onmiddellik na

mekaar volg

Oefening: WKOD Voorbeeldvraestel September 2011

Lees die tekste hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarna volg.

FILMRESENSIE

Menslike fliek wat jou raak

The King’s Speech

Met: Colin Firth, Helena Bonham Carter, Geoffrey Rush, Timothy Spall en ander.

Regie: Tom Hooper. Ouderdomsperk: 13TV. Soortgelyke fliek: Shine

1. Dit is die verhaal van die gewone man wat ‟n groot koning bygestaan het. ‟n Koning wat

eers nie gedink het hy is van die stoffasie om een te wees nie, want as hy sy mond

oopmaak, kom daar die onsinnige brabbeltaal van ‟n stommerik uit.

2. Koning George VI (Colin Firth) moes die troon bestyg nadat sy broer Edward geabdikeer

het. Hy sou die koning word met wie sy onderdane kon identifiseer omdat hy deur sy

spraakprobleem sy menslikheid geopenbaar het, maar tog altyd waardig sy man gestaan

het.

3. Die prent fokus op sy “lesse” by die eksentrieke, selfgeleerde “spraakterapeut” Lionel Logue

(Geoffrey Rush). Logue sou by die sielkundige wortel van die kwaad uitkom. Hoekom

hakkel George (oftewel Bertie)? Wie of wat het veroorsaak dat hy nie sy sê kan sê nie?

4. Hier ontwikkel ‟n spesiale verhaal van ‟n besondere vriendskap tussen twee volwasse mans.

Al mog Bertie blou bloed hê en al mog dit vereis dat mense wat in sy nabyheid kom nie te

eie moet raak nie, omseil Logue dit.

5. Sy medemenslikheid en reguit blik lok Bertie uit; vir die eerste keer vertrou hy ‟n nie-adellike.

Hulle word lewenslange vriende.

6. Die samespel tussen die twee mans is perfek ingestem.

7. Rush kan hierdie soort ondersteunende rol uit sy baadjiemou skud. Sy Logue is heerlik

uitlokkend en eksentriek.

8. Firth speel sonder goedkoop emosie. Hy werk oudergewoonte kliphard, maar laat dit soos

tweede natuur lyk. Sy Bertie is dadelik in jou hart; hy is die spilpunt van daardie kil

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 5

koninklike gesin.

9. The King‟s Speech is ‟n menslike fliek wat jou ráák, wat jy lank met jou saamdra, al voel jy ‟n

veer vir die Britte en hul beheptheid met koninklikes.

[Verwerk uit: Beeld, 11 Februarie 2011]

1.1 Waarom kon Koning George VI se onderdane hulself volgens die teks met hom

vereenselwig? Skryf EEN sin neer. (2)

1.2 Watter twee faktore kon volgens die teks in die pad van die twee mans se verhouding

staan? Skryf EEN sin neer. (2)

1.3 Watter eienskappe van Logue het veroorsaak dat Bertie hom vertrou het?

Skryf EEN sin neer. (2)

1.4 Herlees paragrawe 7 en 8. Watter aspek van die film word in hierdie paragrawe beoordeel?

„n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.5 Verduidelik in jou eie woorde wat bedoel word met “Rush kan hierdie soort ondersteunende

rol uit sy baadjiemou skud.” (paragraaf 7). (1)

1.6 Wat bedoel die resensent met “Sy Bertie is dadelik in jou hart” (paragraaf 8)? (1)

1.7 Wat word in die slotparagraaf bedoel met “… al voel jy ‟n veer vir die Britte

en hul beheptheid met koninklikes.”? (1)

BOEKRESENSIE

EN

Die storie agter die storie

The King’s Speech: How One Man Saved the British Monarchy deur Mark Logue en

Peter Conradi. Quercus. R185

1. Jy het die Oscar-bekroonde fliek gesien, nou vir die boek.

2. Waar dit vir baie van ons heilige grond is om ‟n fliek van ‟n goeie boek te maak, het die

skrywers van dié een eers daaraan begin skryf toe die proses met die fliek reeds aan die

gang was.

3. Mark Logue is die kleinseun van Lionel Logue, die spraakterapeut wat koning George VI

van Brittanje met sy hakkelprobleem gehelp het. Conradi, sy medeskrywer, is ‟n joernalis.

4. Dié boek vertel die lewensgeskiedenis van sowel Logue sr. as die prins wat koning geword

het nadat sy ouer broer geabdikeer het om met die geskeide Wallis Simpson te trou, asook

hoe die paaie van die Australiër sonder enige kwalifikasies met dié van die prins begin

saamloop het.

5. Met biografieë is ‟n mens altyd lugtig, want alle lewenstories is nie ewe interessant nie, selfs

al is grepe daaruit aangrypend.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 6

6. In sowel Logue as George (Bertie) se gevalle word die storie in net die regte tempo vertel

sodat dit nie in onbenullighede vasval nie. Dit getuig van vaardige vertelwerk dat die

Tweede Wêreldoorlog ook so netjies opgesom word.

7. Die vernaamste verskil tussen die fliek en die boek is waarskynlik die sielkundige impak wat

Logue volgens die fliek in George se lewe sou gehad het, maar wat in die boek ontken

word.

8. Die boek is onder meer op talle briewe en dagboekinskrywings van Logue en sy vrou,

Myrtle, gegrond. Dit kom voor of daar weinig aannames is wat nie gestaaf kan word nie.

9. ‟n Mens moet aanvaar dat emosie nooit veel aandag kry as die geskiedenis opgeteken word

nie en as die Logues die stywe Britse bolip-gewoontes aangeleer het, sou die briewe en

dagboeke nou nie juis van emosie oorgeloop het nie.

10. Kyk én lees en besluit self of jy met albei kan saamlewe.

[Verwerk uit: Beeld, 5 Februarie 2011]

1.8 Noem een bewys dat hierdie teks „n boekresensie is. „n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.9 Waarom meen die resensent dat „n mens versigtig moet wees wanneer jy biografieë

lees? Skryf EEN sin neer. (1)

1.10 Noem twee sterkpunte van die boek wat die skrywer in paragraaf 6 aanraak. Skryf EEN

volsin. (2)

1.11 Dui aan of die stelling in paragraaf 7 „n feit of „n mening is. Motiveer jou antwoord. (1)

1.12 Wat kan die leser uit die woorde “onder meer” in paragraaf 8 aflei? Skryf EEN volsin neer. (1)

1.13 Wat impliseer die resensent in paragraaf 9 omtrent die Britte? Skryf EEN volsin neer. (1)

1.14 Waarna verwys die woord “albei” in paragraaf 10? ‟n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.15 Haal drie woorde uit paragraaf 4 van die boekresensie aan wat verklaar waarom die

woord “spraakterapeut” in paragraaf 3 van die filmresensie tussen aanhalingstekens

geskryf word. (1)

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 7

Spotprente:

Watter voorwerpe/ mense /diere/ kom in die spotprent voor?

Waar is die voorwerpe / mense / diere geplaas? Voorgrond? Agtergrond?

Wat kan jy uit die gesigsuitdrukkings / kleredrag en liggaamshouding aflei?

Wat is die funksie van die voorwerpe /mense/diere in die spotprent?

Watter woorde kom in die spotprent voor?

Wat beteken hierdie woorde normaalweg en wat beteken dit in die spotprent?

Waarmee/ met wie word daar spot gedryf?

Wat is die spotprenttekenaar se houding teenoor die saak?

Watter simbole kom voor?

Beteken hierdie simbole en tekens dieselfde vir alle mense?

Hoe vul beeld en woord mekaar aan?

Vergelyk die gesigsuitdrukkings van die verskillende karakters.

Verduidelik wat elke karakter in die prent doen.

Wat gaan met X aan?

Hoekom tree hy so op?

Wat is die rol van die agtergrond in die prent?

Advertensies:

Wat sien jy in die advertensie?

Wat is die uitleg van die advertensie (hoe is die basiese komponente gerangskik?)

Watter tekens en simbole kom voor en hoe beïnvloed dit die impak van die advertensie?

Indien karakters voorkom: Hoe lyk hulle?

Wat kan jy uit die agtergrond aflei?

Verskaf die taalgebruik / beelde bloot inligting, of help dit om emosionele respons te ontlok?

Watter handeling vind in die advertensie plaas en waarom is dit belangrik?

Watter produk / diens word geadverteer?

Wie is die teikengroep?

Watter sosiologiese, politiese, ekonomiese of kulturele houding word deur die advertensie

gereflekteer?

Grafiese elemente: prente en/of foto‟s; opskrifte; lettersoorte en lettergroottes; spasiëring en

ontwerp (ook die gebruik van oop wit spasie); en slagspreuke/trefsinne (“Logos”)

Taalaspekte: Die gebruik van leestekens; slagspreuke; emotiewe taalgebruik; retoriese

tegnieke; herhaling; die gebruik van figuurlike taal

Wat word in die foto op die voorgrond geplaas?

Gee EEN woord uit die advertensie wat die leser wil manipuleer om die webtuiste te besoek.

Op watter manier, dink jy, word die produk grafies beklemtoon?

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 8

Oefening: WKOD Voorbeeldvraestel September 2011

[Aangepas uit: Weg, Mei 2011]

1.16 Watter produk word geadverteer? ‟n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.17 Verduidelik waarom die sin “Bespreek 5 kampeeraande vir R400” in die advertensie

dubbelsinnig is. (2)

1.18 Watter twee bewyse is daar in die advertensie dat die volwassenes ontspanne en

gelukkig is? „n Volsin is nie nodig nie. (2)

1.19 Wat is die doel van die verskillende lettertipes in die advertensie? Skryf EEN volsin neer. (1)

1.20 “Geniet „n veilige sakpas-wegbreek.” Hoe word die idee van veiligheid visueel in die

advertensie uitgebeeld? „n Volsin is nie nodig nie. (1)

1.21 Wat word deur die praatborrel (nie die woorde daarin nie) geïmpliseer?

Skryf EEN volsin neer. (1)

1.22 Wat word bedoel met “sakpas-wegbreek”? (1)

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 9

AFDELING B: OPSOMMING

WENKE

Maak seker dat jy die instruksies deeglik begryp.

Maak seker van die vereiste formaat van jou antwoord: puntsgewys of

paragraafvorm

Lees die teks noukeurig deur sodat jy verstaan wat die inhoud beteken.

Let op spesifieke opdrag (wenke/ voordele/ nadele/ eienskappe/ vereistes, ens.)

Maak seker watter deel/dele van die teks opgesom moet word.

Onderstreep die vernaamste feite (kerngedeeltes) en som op.

o Moenie die bedoeling van die oorspronklike teks verdraai nie. Som

dus net op sonder om jou weergawe (vertolking) van die teks te gee.

o Skryf gedeeltes wat in die direkte rede is oor in die indirekte rede.

o Verkort verder deur oorbodige beskrywende woorde weg te laat;

o Herskryf ontkennnende vorm in die positiewe vorm; verkieslik teenwoordige tyd;

o Verminder voegwoorde deur gepaste leestekens soos die kommapunt en

aandagstreep.

o Laat bykomende inligting (tussen hakies) weg

o Skryf eerste poging neer

o Tel die getal woorde

o Redigeer en herskryf indien nodig

Vermy telegramstyl (Dit is ontoelaatbaar); Skryf altyd in volsinne.

Hou by die vereiste lengte en dui die korrekte getal woorde aan die einde van die

opsomming aan.

Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,

word die eerste opsomming nagesien.

Haal beplanning deur. Indien jy dit nie doen nie, word die eerste opsomming nagesien.

Skryf so ver moontlik in jou eie woorde

Vermy direkte aanhalings

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 10

OEFENING 1: Metropool-Noord, Junie 2009

VRAAG 2 Lees die onderstaande teks en maak ‟n opsomming van die basiese reëls van hoe jy

stres suksesvol kan beveg. Skryf EEN paragraaf met SEWE volsinne. Jy mag nie meer as 90

woorde gebruik nie. Skryf die getal woorde wat jy gebruik het onderaan neer.

Wapens teen stres

Gee jou stres ‟n uitklophou met oefening – of so hoor ‟n mens altyd. Maar is dit waar? Elke

beweging wat jy maak, plaas immers ekstra druk op die liggaam.

“Sport beïnvloed dieselfde liggaamstelsels as verstandelike stres. Dit plaas die

senuweestelsel onder druk en veroorsaak dat die byniere streshormone afskei,” verduidelik

Andrew Steptoe, ‟n navorser oor die uitwerking van stres op die gesondheid aan die London

University College.

“Tog beskerm beweging ons teen stres en sy negatiewe gevolge,” sê hy. “Dalk is dit omdat

die liggaam deur sport leer hoe om druk beter te hanteer.”

Chroniese stres veroorsaak onder meer slaaploosheid en depressie. Dit verhoog die

bloeddruk en die risiko van hartaanvalle en beroerte. “Sport kan die sensitiwiteit van die

senuweeselle vir streshormone soos adrenalien laat afneem,” sê Steptoe. Om stres

suksesvol te beveg, moet jy ‟n paar basiese reëls volg.

Wees gereeld aktief deur enige sportsoort te beoefen. Sweedse navorsers het bevind

mense wat in hul vrye tyd aan sport deelneem en minstens twee keer per week aktief is,

ervaar minder stres as diegene wat net een keer per week of minder oefen.

Skep vasgestelde tye sodat jy sport kan beoefen of enige oefeninge kan doen. As jy glad

nie aan sport deelneem nie, verminder stres deur trappe te klim en fiets te ry pleks van jou

motor te gebruik.

Maak seker dat jou sport inpas by jou aktiwiteite waarmee jy jou elke dag besig hou: As jy

die hele dag werk, moet jy nie nodig hê om saans ver te ry na jou sport toe nie.

Kies sportsoorte wat nie nadelig op jou liggaam gaan inwerk nie, veral as jy ‟n beginner is of

lanklaas geoefen het. Anders sal jy dalk vinnig weer moet ophou. As jy ouer as 35 is en

graag aan sport wil begin deelneem, moet jy jou eers ‟n dokter raadpleeg en jou fiks laat

verklaar.

Kies liewer ‟n sportsoort waarvan jy hou: Daar is nie een spesifieke sportsoort wat stres

verminder nie – kies ‟n sport wat afwisseling in jou lewe gaan bring. As jy ‟n vervelige werk

het, kies eerder ‟n avontuursport as om te gaan draf. En as jy heeldag op kantoor sit, sal jy

dit waarskynlik verpes om ook nog saans in ‟n gimnasium te oefen. Gaan stap of draf

eerder in die natuur. [Verwerk uit: Huisgenoot,24 Januarie 2008]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 11

Oefening 2: Gauteng, September 2009

Lees die onderstaande artikel oor dr. Gerhard Verdoorn, “die aasvoëlman”, wat in die tydskrif Weg

verskyn het sorgvuldig deur. Gee die antwoorde op die onderstaande vrae in EEN PARAGRAAF

weer. Jy mag nie meer as 80 woorde altesaam in jou antwoord gebruik nie. Dui die getal woorde aan

wat jy gebruik het.

1. Waarom word dr. Gerhard Verdoorn “die aasvoëlman” genoem?

2. Wat is sy akademiese agtergrond?

3. Watter standpunte huldig hy oor die gebruik van plaag- en insekdoders?

4. Wat is sy sienswyse oor die onwettige doodmaak van wilde diere?

Daar kom die aasvoëlman

Wanneer jy ʼn e-posboodskap van dr. Gerhard Verdoorn kry, val sy “signature” jou dadelik op: Bo

sy naam is Hebreeuse letters en onderaan staan: “May you soar on the wings of a Cape Griffon.”

Al twee het te maak met dié gifkenner se liefde vir aasvoëls.

“Ek het sewe jaar lank elke naweek in die Magaliesberg deurgebring om hulle te bestudeer”, vertel

hy. Aan die begin het almal gedink aasvoëls is vuil, lelik en hulle stink ... Maar daai voëls is

magic!”

Die Hebreeuse skrif beteken “aasvoël, seun van die woestyn.” Gerhard is só lief vir die aasvoëls

dat hy in sy testament bepaal het dat sy oorskot vir hulle gevoer moet word wanneer hy eendag

sterf.

Gerhard is nie bang vir sterk menings of omstredenheid nie. Hy was tot vroeër vanjaar die

direkteur van Birdlife SA, ná jare by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, maar jag ook – iets wat

groenes laat skrik. Hy glo gif kan positief aangewend word.

Sy akademiese wortels lê in organiese chemie. Hy het ʼn doktorsgraad aan die destydse RAU

verwerf en daarna in Israel verder gestudeer.

Deesdae bedryf hy sy eie gifinligtingslyn wat dag en nag beskikbaar is en hy kry sowat 20 000

oproepe per jaar.

“Ek hanteer gevalle wat weens die gebruik van plaagdoders ontstaan. Dit word meestal gebruik,

omdat mense geen kundigheid het nie, arrogant is en nie die etiket lees nie. Die uitwerking op die

omgewing is enorm.

Mense gaan verkeerd te werk; koop die goedkoopste gif vir die kakkerlak in jou huis en spuit hom.

Of gooi gif op die skaapkarkasse vir die jakkalse wat aas, en môre vrek alles op die plaas.

Ons stelsel is nog nie by ʼn punt waar ons aanvaar dat om ʼn wilde dier onwettig dood te maak

dieselfde strafbare misdryf is as om ʼn mens te vermoor nie. Mense het hulleself tot goddelike

wesens verhef. Die mens is net ʼn ongedierte.

Wat my grief, is as jy 160 km/h op die snelweg ry, word jy gestop en in hegtenis geneem. Maar as

jy ʼn klomp aasvoëls uitwis of ʼn luiperd vergiftig, kom jy skotvry daarvan af.

Die mens se vooruitgang beteken vir my die natuur se agteruitgang.

[Verwerk uit Weg, Januarie 2009]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 12

AFDELING C: TAAL IN KONTEKS

Jy hoef nie in hierdie afdeling te sukkel nie. Daar is heelwat aspekte wat jy kan leer sodat jy dit in die

eksamen kan toepas.

Hier volg „n lys aspekte wat jy moet leer:

Die betekenis van pre- en postmorfeme

Hoe om „n woord se stam uit te ken

Wat „n homoniem, homofoon en paroniem is

Wat „n verhelderende sin is

Hoe die beklemtoonde lettergreep in die HAT aangedui word

Hoe om die verkleining te vorm van woorde wat op -ng eindig

Intensiewe vorme

Hoe om die woordeboekuittreksel (HAT) te “lees”

Waar die komma in „n sin geplaas moet word

Hoe om woordsoorte uit te ken, te vorm en korrek te gebruik

Die wyse van „n sin en hoe om „n sin in „n ander wyse te skryf

Hoe om sinne in die Lydende en Bedrywende vorm te skryf

Hoe om sinne in die ontkennende vorm te skryf

Hoe om sinne in die indirekte rede te skryf

Hoe om die onderwerp, voorwerp en gesegde van „n sin te identifiseer

Wat „n byvoeglike bepaling is en hoe om sinne daarmee uit te brei

Wat „n bywoordelike bepaling is en hoe om sinne daarmee uit te brei

Wat „n bywoordelike bysin is en hoe om sinne daarmee uit te brei

Wat „n byvoeglike bysin is en hoe om sinne daarmee uit te brei

Hoe om „n samegestelde sin in „n veelvoudige sin te verander en omgekeerd

Hoe om tussen nuutskepping, kontaminasie, pleonasme en analogie te onderskei

Wat die denotasie en konnotasie van „n woord is

Hoe om geïmpliseerde betekenis aan te dui.

Hoe om stereotipering aan te dui.

Hoe om gevoelstaal („n emotiewe woord) met „n neutrale woord te vervang

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 13

LEERWERK

Trappe van vergelyking

Oortreffend

Stellend

hoog

fluks

bekend

bekende

afgeleë

Vergrotend

hoër (verbuiging)

flukser (een -s)

bekender

meer bekende

meer afgeleë

Oortreffend

(die) hoogste

(die) fluksste (dubbel -s)

(die) bekendste

mees bekende

mees afgeleë

Onthou: In die meeste gevalle:

Vergrotend = woord + er

Oortreffend = woord + ste

Woorde op e-uitgang kry meer en mees

Gee net die antwoord; die eerste een word nagesien

Jy moet die antwoorde korrek spel bv. woesste

Dubbele trappe van vergelyking (mees interessantste, meer bekender)

is verkeerd.

Intensiewe vorme

Waneer ons „n woord in sy ergste graad skryf, word dit die intensiewe vorm genoem. Dink aan

die Intensiewe Sorgeenheid (Engels: ICU) in „n hospitaal.

Onthou: Ons skryf hierdie vorm altyd vas, behalwe in die geval van wawyd oop en

nugter wakker.

Skryf jou antwoord só neer dat die nasiener nie moet twyfel of dit los of vas is nie.

Voorbeelde: doodhonger; doodbang; wondermooi; hemelhoog; plankdun; rietskraal; windskeef

Oppas vir verboë vorm, bv. „n hemelhoë boom

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 14

Bywoorde

Die bywoord beskryf die werkwoord / handeling.

Let op hoe die onderstaande sinne elke keer met „n bywoord uitgebrei word:

Die seun hardloop.

Die seun hardloop vinnig. Hoe? - Manier

Die seun hardloop vinnig huis toe/in die straat. Waarheen/Waar? – Plek

Die seun hardloop vanmiddag vinnig huis toe. Wanneer? - Tyd

Betekenis van morfeme

Skryf slegs die betekenis van die morfeem neer

Leer lys

Woordeboekuittreksel

Antwoorde in uittreksel

Klem: lettergreep onmiddellik voor klemstrepie ( ), bv. mi gra sie

Watter betekenis van toepassing: lees sin/paragraaf en woordeboekuittreksel

Taal van oorsprong: L (Latyns); Fr (Frans); G (Grieks), ens.

Deelwoorde

Twee soorte: voltooide (verlede) en onvoltooide (teenwoordige)

Onvoltooide: -end/-ende (bv. brandend/ brandende)

Voltooide: -te/-de (bv. gekapte hout; verbrande hout)

Sterk voltooid: verander klinker, bv. giet: gegote yster; buig: geboë hoofde

Ontkenning

Dubbele ontkenning

„n vraag bly „n vraag (bv. Het jy al ooit …? Het jy nog nooit … nie?)

Leer lys woorde wat verander

Lydende vorm

Voorwerp en onderwerp ruil posisies

Sin se betekenis bly dieselfde

In die verlede tyd: Onthou Is jou vis

Byvoeglike bepaling

Een woord of groep woorde sonder „n werkwoord

Meer inligting oor onderwerp of voorwerp (naamwoord)

Wenk: begin met die woord “met” of skryf byvoeglike naamwoord voor die selfstandige

naamwoord

Bv. Die seun met die groen hemp eet appels. OF Die stout seun eet appels.

Byvoeglike bysin

Groep woorde met „n werkwoord/ werkwoordelike deel

Meer inligting oor onderwerp of voorwerp (naamwoord)

Wenk: begin met die woord “wat”

Bv. Die seun wat die groen hemp dra, eet appels.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 15

Bywoordelike bepaling

Een woord of groep woorde sonder „n werkwoord

Meer inligting oor gesegde/ werkwoordelike deel: hoe?, wanneer?, waar?, waarom?

Onthou: bywoordelike bepaling moet een van bg. vrae bewantwoord

Bv. Die seun eet appels gulsig. (hoe)

Die seun eet elke dag appels. (wanneer)

Die seun eet appels by die huis/buite. (waar)

Die seun eet appels vir die lekkerte. (waarom)

Bywoordelike bysin

Een woord of groep woorde met „n werkwoord/ werkwoordelike deel

Meer inligting oor gesegde/ werkwoordelike deel: wanneer?, waar?, waarom?

Onthou: bywoordelike bysin moet een van bg. vrae bewantwoord

Bv. Die seun eet appels terwyl die son skyn. (wanneer)

Die seun eet appels waar niemand hom sien nie. (waar)

Die seun eet appels omdat hy daarvan hou. (waarom)

Verkleining van woorde wat op –ng eindig

Eenlettergrepige woorde soos ring, ding, kring: kry –etjie (ringetjie, dingetjie, kringetjie)

Meerlettergrepige woorde soos koning, piesang, vergadering:

Onthou sin: Koning trap gogga dood. (Die K is magtiger as die g)

Trek g deur; skryf k in plek daarvan neer

Voeg –ie agteraan

Dus: koning; konink; koninkie

piesang;piesank; piesankie

vergadering; vergaderink; vergaderinkie

Om van direkte na indirekte rede te herskryf

Behou die tydsvorm.

Sit die voegwoord “dat” by.(OPSIONEEL)

Laat die dubbelpunt weg.

Laat die aanhalingsteken weg.

Verander die woorde wat moet verander (Leer die lys hieronder.)

Omskryf woorde wat gevoel aandui (Lei die gevoel uit die sin af.), bv.

Sy vra die seun: “Sal jy asseblief sit?” word Sy vra die seun hoflik om te sit.

Voeg woorde in wat nodig is sodat die sin reg kan lees.

Sorg dat die woordorde reg is.

LEERLYS: WOORDE WAT VERANDER

gister die vorige dag

môre die volgende dag

vandag daardie dag

verlede week die vorige week

môreoggend die volgende oggend

hierdie daardie

ons s'n, julle s'n hulle s'n

volgende jaar die jaar daarna

oormore twee dae later

eergister twee dae gelede/tevore

nou toe

hier daar

vanaand daardie aand

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 16

Gesegdesin

As die hoofsin se gesegde ' n koppelwerkwoord is, is die bysin 'n gesegdesin, bv.

Dit lyk of hy die skelm is.

Onderwerpsin

Dit is 'n bysin wat in sy geheel as onderwerp van die hoofsin optree, bv.

Wat jy doen, is nie altyd reg nie.

As DIT die onderwerp van die hoofsin is en die bysin kan in die plek van DIT gelees word,

is die bysin ook 'n onderwerpsin, bv.

Dit is onmoontlik om alleen soontoe te ry.

Voorwerpsin

Die bysin tree as voorwerp van die sin op, bv. Hy dink hy sal slaag.

Wanneer 'n vraagsin met WAT van die hoofsin gevorm word (Hy vra WAT?) en die bysin is 'n

antwoord op die vraag, is die bysin 'n voorwerpsin, bv. Hy dink WAT?

Wyse

Onbepaalde wyse (Infinitief)

Dit is die vorm van die selfstandige werkwoord wat nie altyd spesifiek aandui dat die handeling deur

iets of iemand verrig word nie. Die infinitief word gewoonlik na te of om te gebruik, bv.

Dis lekker om te swem.

Jy hoef nie te kom nie.

(Om te) Slaap is noodsaaklik vir goeie gesondheid.

Aantonende / aanwysende wyse

Dit stel 'n handeling as werklikheid voor in die hede, verlede en toekoms, bv.

Ek eet 'n peer. OF , n Peer word geëet.

Ek het 'n peer geëet. OF 'n Peer is geëet.

Ek sal 'n peer eet. OF 'n Peer sal geëet word.

Aanvoegende / toevoegende wyse

Die handeling is nie soos by die aantonende wyse 'n werklikheid nie, maar „n moontlikheid,

waarskynlikheid of wenslikheid, bv.

Hy mag dalk die werkstuk voltooi.

Hy sal seker nog die werkstuk voltooi.

Mag jou poging suksesvol wees!

As ek'n miljoen rand wen...

Was ek maar „n miljoener...

Gebiedende wyse

Die handeling word voorgestel as 'n bevel, verlange, bede of versoek, bv.

Was die hond!

Laat my asseblief gaan!

Vraende wyse

Dit word aangedui deur „n vraagsin, bv.

Waarom lag jy?

Sal julle die werk doen?

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 17

VOORBEELDVRAE:

WOORDE

1. Wat beteken die premorfeem in- in informele?

2. Wat is die betekenisfunksie van die premorfeem/voorvoegsel van die woord “herwin”?

3. Wat is die betekenis van die woorddeel –loos in liefdeloos?

4. Gee die betekenis van die premorfeem ont- in ontwater.

5. Wat is die betekenis van die premorfeem oer- in oerkennis?

6. Dui die betekenis van die onderstreepte morfeem aan in onaanvaarbaar

7. Wat is die betekenis van die premorfeem tele- in televisie?

8. Dui aan op watter manier die woord Veiligheidsbeamptes gevorm is. Kies uit: Afleiding,

Samestelling en Samestellende afleiding.

9. Gebruik die homoniem van as (“As is verbrande hout.”) in „n verhelderende sin.

10. Wat is die basis (stam) van „verbrokkelde‟ ?

11. Uit watter twee basisse (stamme) bestaan “skuldgevoelens”?

12. Maak 'n sin met die homofoon van 'vonds' (paragraaf 4).

13. Gebruik die homoniem van haas (Die hond het „n haas gevang) in „n verklarende sin.

14. Skryf die verkleiningsvorm van nedersetting neer.

15. Skryf die intensiewe vorm neer van:

15.1 maklik

15.2 flou

15.3 vreemde

15.4 regop

16. Vorm „n werkwoord van die woord kwotasie en gebruik dit in „n sin.

17. Lei „n persoonsnaam af van produkte.

18. Gebruik die woord roer as „n byvoeglike naamwoord in ʼn sin.

19. Gee die meervoud van werklikheid.

20. Al die klein (veranderinge) in ons land het ʼn geweldige indruk op die buitewêreld gemaak.

Skryf die sin korrek oor.

21. Willie van der Merwe het die woorde vir die wenliedjie geskryf.

Verskaf ‟n sinoniem vir die onderstreepte woord.

22. Die advertensie beloof drie lesers elk ‟n geskenkpak.

23. Gebruik die onderstreepte telwoord as ‟n selfstandige naamwoord in ‟n sin sodat die betekenis

daarvan duidelik sal blyk.

24. ‟n ScanDisk-musiekspeler is verstommend kompak.

Skryf die stam van die onderstreepte woord neer.

25. Plakkate is ontwerp om die Bokke se oorwinning te vier.

Gebruik die onderstreepte woord se homofoon in ‟n sin sodat die betekenis duidelik sal blyk

26. Die Springbokke is ‟n span wat nie maklik skrik nie.

Vorm ‟n sterk verlede deelwoord van die onderstreepte bysin en gebruik dit in ‟n volsin as ‟n

byvoeglike naamwoord.

27. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.

Ford se supermodelle is van die (ambisie) meisies in die wêreld.

28. Verskaf die meervoudsvorm vir die onderstreepte woord.

Die MX-5 is beslis nie ‟n ryding wat in die garage geparkeer moet staan nie.

29. Verklaar die betekenis van die premorfeem (voorvoegsel) in die onderstreepte woord.

Die MX-5 se kompakte bou moet jou onder geen wanindruk laat verkeer nie.

30. Watter woordsoort is die woord mooi in die sin : Loop mooi ?

31. Gebuik die woord loop as „n selfstandige naamwoord in „n sin.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 18

Woordeboekgebruik

32. Lees die volgende uittreksel uit die HAT (2000) en beantwoord die vrae:

Be•stem ′ ming s.nw. (-e, -s) 1 Lot, beskikking:

Die bestemming van „n mens. 2 Doel van „n

reis: Jou bestemming bereik.

32.1 Skryf neer die lettergreep wat by die uitspraak van die woord beklemtoon moet word.

32.2 As watter woordsoort word bestemming iin die leesstuk gebruik?

Vaste uitdrukkings

33. Skryf die uitdrukking neer wat die teenoorgestelde beteken as gekant teen in raam 1.

Die antwoord begin met: ten ...

SINNE

1. Skryf in die LYDENDE VORM:

1.1 Dis hierdie soort mense wat ons inspireer om Afrikaans te ondersteun.

1.3 Een van hulle het die agterste ruit gebreek.

1.4 Die wenspan het laat in die tweede helfte twee doele in die Gunners se doelhok gebêre.

1.5 Amptenare het oral in die ruskamp karkasse opgetel.

1.6 Ons sal vyfhonderd „Chicky Meals‟ aan die Nelson Mandela Kinderfonds skenk.

1.7 Kurt Darren het dié liedjie met oorgawe gesing.

2. Skryf in die ONTKENNENDE VORM:

2.1 Dit lyk of vreemde goed altyd met volstruise gebeur.

2.2 Ons was reeds flou.

2.3 Het jy al ooit so „n vrot verskoning gehoor?

2.4 Hy slaap nog.

[Onthou: dubbele ontkenning; vraag bly „n vraag; leer woorde wat verander]

3. Skryf in die INDIREKTE REDE:

3.1 "Ek dink ook my span is talentvol, " sê Ross.

3.2 Anne sê: “Ek gaan vandag hard leer.”

3.3 Juffrou vra vir die Graad 12-klas: “Het julle gister se vraestel geniet?”

3.4 Melissa het gevra:”Dink julle regtig die onderwysers sal vandag hersiening doen en dan nie

die goed in die eksamen vra nie?”

3.5 Flo sê: “Ek dink my man het gister iets gesien waarvan ek sal hou.”

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 19

4. SINSUITBREIDING:

4.1 Brei die onderstaande sinne uit deur „n bywoordelike bepaling by elk te voeg:

4.1.1 Ek het „n nuwe wasmasjien nodig.

4.1.2 Dit lyk nie na 'n bekende virus wat die vlermuise aangeval het nie.

4.1.3 Die Pous moet gips dra.

4.2 Brei die onderstaande sinne uit tot samegestelde sinne deur by elk „n bywoordelike bysin te

voeg:

4.2.1 Prins William en Kate Middleton se verhouding is verbreek.

4.2.2 Hy moes „n noodlanding uitvoer.

4.2.3 Menseredders het twee vakansiegangers uit die see gered

4.3 Brei die onderstaande sinne uit deur „n byvoeglike bepaling by elke onderwerp te voeg:

4.3.1 Die boek moet nie gepubliseer word nie.

4.3.2 Honderde huise word vir dwelmhandel gebruik.

4.4 Brei die onderstaande sinne uit tot samegestelde sinne deur by elk „n byvoeglike bysin te voeg:

4.4.1 Ons was 17 onervare ryers.

4.4.2 Cleopatra is slim.

4.4.3 In Zimbabwe verdien plaasarbeiders meer geld as onderwysers.

5. Identifiseer die onderwerp en die voorwerp van die onderstaande sin:

Hy en sy vriende braai vleis en wors.

6. Skryf die sin Maar dis nie waar u drome geëindig het nie oor in die vraende wyse.

7. Identifiseer die onderstreepte bysin:

Wat om die draai op ons wag, klink na „n hoofstuk uit „n sprokie.

[Antwoord = Onderwerpsin; Die sinsdeel beantwoord die vraag “WAT klink na „n hoofstuk uit

„n sprokie?” In hierdie vraag is die woord WAT die onderwerp. Die woorde “wat om die draai

op ons wag” pas perfek in die plek van die woord WAT in die vraag, daarom word dit „n

onderwerpsin genoem.]

KRITIESE TAALBEWUSTHEID

1. Verduidelik die stereotipering in bostaande grappie.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 20

2.

Ma: Jy het nie eers aan jou kos geraak nie, Dennis.

Dennis: Ek wil juis nie daaraan raak nie!

2.1 Wat is die denotasie van “raak aan”?

2.2 Watter konnotasie heg die ma aan “aan jou kos geraak”?

2.3 Verwys Dennis se antwoord na die konnotasie of die denotasie van die woorde “daaraan

raak”?

MINIMUMVEREISTES VIR DIE VOORBEREIDING VAN VRAESTEL EEN

Ek het … JA NEE

die konsepte by Leesbegrip geleer en daarna een leesbegripoefening

uitgewerk en nagesien.

die aspekte by die spotprent en advertensie geleer en daarna een vraag oor

elk uitgewerk en nagesien.

een opsomming uitgewerk en nagesien.

die teorie by Taal in konteks geleer.

een volledige Vraag 3 uitgewerk en nagesien

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 21

ANTWOORDE: VRAESTEL 1 AFDELINGS A EN B

Begripstoets:

Antwoord Punt

1.1

Deur sy spraakprobleem het hy sy menslikheid geopenbaar,

(maar tog altyd waardig sy man gestaan.)

Bertie het blou bloed gehad (was van adellike afkoms) en dit

2

1.2 het vereis dat mense wat in sy nabyheid kom nie te eie moet raak

nie.

2

1.3 Logue se medemenslikheid en reguit blik (kyk)

2

1.4 Die toneelspel/ karakteruitbeelding

1

1.5

Rush vertolk hierdie soort rol baie maklik/ sonder inspanning/

moeite.

Firth se vertolking van die karakter Bertie raak die kyker aan/ is

1

1.6 treffend/ is aangrypend (Nie „n idioom in die plek van “is dadelik

in jou hart” nie.)

1

1.7

al hou jy nie van /gee jy nie om vir/ steur jy jou nie aan/ die

Britte en hul beheptheid met koninklikes nie. (Enigeen)

1

1.8 Die naam van die uitgewer /die prys (Enigeen).

1

1.9 Alle lewenstories is nie ewe interessant nie.

1

1.10

Die stories word in die regte tempo vertel en die vertelwerk is

goed. 2

1.11 Mening. Die skrywer gebruik die woord “waarskynlik”.

Behalwe die briewe en dagboekinskrywings is ander bronne ook

2

1.12 gebruik om die boek te skryf. OF Die boek is nie net op briewe

en dagboekinskrywings gegrond nie. (Enigeen) 1

1.13

Die Britte wys nie graag emosie nie/ is feitlik emosieloos. (in dié

trant) 1

1.14 die boek en die film (Moet beide skryf vir een punt)

1

1.15

“sonder enige kwalifikasies”

1

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 22

Advertensie

1.16 (ATKV) Vakansieoorde/vakansies/ATKV oorde 1

1.17

Dit kan beteken R400 vir al vyf aande tesaam of R400 vir

elk van die vyf aande (dus R2000) 2

1.18 kleredrag en liggaamshouding 2

1.19

Dit versterk die informele, ontspanne atmosfeer van die

advertensie 1

1.20 Die wit hekkie/ afskorting/muurtjie (in die voorgrond)

Dit impliseer dat dit die man en vrou/ die gesin se woorde is OF

1

1.21 Dit dra die woorde oor asof dit deur die ouers/ man en vrou/ een

van die gesinslede gesê is.

1

1.22 Bekostigbare/goedkoop 1

Opsomming: Metropool-Noord

1. Wees gereeld aktief.

2. Skep vasgestelde tye vir sport of oefen.

3. As jy nie aan sport deelneem nie, klim trappe of ry fiets.

4. Sport moet by jou alledaagse aktiwiteite inpas.

5. Kies sportsoorte wat nie nadelig vir jou gaan wees nie.

6. Indien jy ouer as 35 is moet jy jou eers deur ‟n dokter fiks laat verklaar.

7. Kies „n sportsoort waarvan jy hou en afwisseling in jou lewe gaan bring. [68 woorde]

Sorg dat jy gereeld aktief is. Jy moet vasgestelde tye vir sport of oefen skep. Klim trappe of ry fiets as

jy nie aan sport deelneem nie. Jou gekose sportsoort moet by jou alledaagse aktiwiteite inpas. Jy

moet ‟n sportsoort kies wat nie nadelig vir jou gaan wees nie. Indien jy ouer as 35 is, moet jy jou eers

deur jou dokter fiks laat verklaar. Kies ‟n sportsoort waarvan jy hou en wat afwisseling in jou lewe

gaan bring. [78 woorde]

Opsomming: Gauteng

Dr. Gerhard Verdoorn het ʼn groot liefde vir aasvoëls. Hy ken die aasvoëls goed en het hulle 7

jaar elke naweek bestudeer. Hy het ʼn doktorsgraad in organiese chemie aan die RAU verwerf

en het ook in Israel gestudeer. Hy glo dat plaagdoders misbruik word en dat dit ʼn geweldige

uitwerking op die natuur het. Hy beskou die onwettige doodmaak van wilde diere as moord en

dus ʼn strafbare misdryf. Dit is onregverdig dat diegene wat diere doodmaak, skotvry loskom.

Feite

1. Dr. Gerhard Verdoorn het ʼn groot liefde vir aasvoëls

2. Hy ken die aasvoëls goed en het hulle 7 jaar elke naweek bestudeer.

3. Hy het ʼn doktorsgraad in organiese chemie.

4. Hy het ook in Israel verder gaan studeer.

5. Hy glo dat plaagdoders misbruik word en dat mense onkundig is.

6. Die misbruik van plaagdoders het ʼn geweldige uitwerking op die natuur.

7. Hy beskou die onwettige doodmaak van wilde diere as moord en die skuldiges behoort

gestraf te word.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 23

VRAESTEL 2

Kom ons kyk hoeveel vrae jy moet beantwoord …

VRAAG-

NOMMER

GETAL VRAE WAT

BEANTWOORD

MOET WORD.

AFDELING

A: Gedigte

(Voorgeskrewe Gedigte)

1-4 2

A: Gedigte

(Ongesiene Gedig)

5-6 1

B: Roman

(Opstel- of konteksvraag)

7-12 1

C: Drama

(Opstel- of konteksvraag) 13-16 1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE

VRAAG uit Afdeling B en C OOR DIE WERKE WAT JY IN DIE KLAS

BEHANDEL HET.

MERK

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit

Afdeling B en C OOR DIE WERKE WAT JY IN DIE KLAS BEHANDEL HET.

AFDELING A: GEDIGTE

Maak seker dat jy die ontledings, klasaantekeninge, vrae en antwoorde van al die gedigte

deeglik verstaan.

Jy moet by elke gedig weet: WAT die digter wil sê, d.w.s. wat die inhoud van die gedig

beteken en ook

WAARMEE die digter die boodskap oordra, d.w.s watter verstegniese middele in die gedig

gebruik word.

Verstegniese middele verwys na die “tegniese” aspekte van die gedig.

Dit sluit in:

o leestekens (kommas, kommapunte, beletseltekens/ ellips (...), uitroeptekens, ens.)

o beeldspraak (vergelyking, metafoor, personifikasie)

o stylfigure (herhaling, polisindeton, sinekdogee)

o Tipografie (hoe die gedigteks op die blad gedruk is)

o Rym {eindrym, binnerym (alliterasie & assonansie)

Jy moet nie net die verstegniese middel kan identifiseer nie, maar ook die funksie daarvan

kan aantoon, bv. die funksie van alliterasie, inversie, ens.

Beeldspraak en stylfigure

Herhaling: Geld verloor, iets verloor;

Goeie naam verloor, baie verloor;

Karakter verloor, alles verloor.

Polisindeton: Ons het gesing en gedans en gelag en gespeel.

Sinekdogee: Gee ons vandag ons daaglikse brood.

Binnerym:

Alliterasie (herhaling van medeklinkers)

Bv. Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek

van skadu en verklein die sekelboog/van son . . .

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 24

Assonansie (herhaling van klinkers), bv. laat alles val wat pronk en sieraad was

Voorbeeldvrae oor verstegniese middele:

Hoe noem ons „n strofe wat uit 2/ 3/ 4 reëls bestaan? (= koeplet/ tersine/ kwatryn. Jy

moet hierdie woorde korrek spel!)

Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël x?

(= Dit dui aan dat „n verduideliking van y volg)

Benoem die rymskema (= Kruisrym/paarrym/ omarmende rym/ gebroke rym. “benoem”

beteken jy moet die naam van die rymskema verskaf, nie aa/bb ens. nie)

Wenke vir hersiening

Neem afskrifte van die gedigte wat gedurende die jaar in vraestelle voorgekom het –

Nadat jy ALLES omtrent „n gedig geleer het, maak jy dan op hierdie “skoon” weergawe

kantaantekeninge van alles wat van belang is omtrent die gedig.

Begin by die titel en werk tot by die laaste reël.

Vergelyk wat jy geskryf het met dit wat in die klasaantekeninge, die bloemlesing en ander

studiegidse staan.

Jy kan ook die gedigte met „n maat bespreek.

Teken die volgende tabel op „n dubbelfolio oor en voltooi die inligting vir al 15 gedigte:

Agtergrond en titel

(betekenis)

Spreker(s) en aangesprokene

Inhoud (“storie”)

Bou (uiterlik en innerlik)

Woordbetekenis

Rym

Beeldspraak en stylfigure

Leestekens

Tema/boodskap

Gedig 1 Gedig 2

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 25

AFDELINGS B & C (ROMAN EN DRAMA)

KEN JY DIE INHOUD VAN DIE ROMAN EN DRAMA WAT JULLE BESTUDEER HET?

Gebruik die volgende metodes om jou kennis te bepaal:

Kopkaarte van karakters/ verhoudings/ ruimtes/ gebeure/ temas/ motiewe /opstelvrae

Visuele voorstellings: teken kernepisodes/-tonele

Kettingvertelling

Rolspeel tonele uit roman/ drama

Aanhalings/ uitsprake: Wie? Met wie? Wanneer? Betekenis?

Alfabet-speletjie:

Die kwart-voor-sewe-lelie en Manaka: Skryf neer die name van die karakters wat met die

letters A, B, C ens. begin. Langsaan skryf jy „n sin of twee oor hul verwantskap/ verhouding

met die hoofkarakter.

Vatmaar: Skryf neer die name van die karakters wat met die letters A, B, C ens. begin.

Langsaan skryf jy „n sin of twee oor elkeen se rol in die nedersetting en hoe hulle met die

belangrikste temas skakel.

Assosiasie-speletjie: Aan watter inhoud van die roman of drama laat die volgende woorde jou

dink?

Lelie: hond; baba; gif; taxi; tandpyn; horlosie

taxi?

Kyk nou of jy dieselfde met die ander woorde kan doen.

Vatmaar: diamant; verpleegster; Griekwa; oorlog

Map: duikweg; stom; oefen;

Mis: vlieë; groen; wit; hond

P NY –

Billy –

Joe…

bende - tronk

vlieë?

duikweg?

mis - venster -

kêrel ...

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 26

Literêre aspekte

Om „n vraag oor die roman/ drama te beantwoord, moet jy onder andere die volgende ken:

die INHOUD van die boek. Lees dus die hele boek deur; nie net tot by bladsy 36 nie!

die KARAKTERS, hul KARAKTEREIENSKAPPE en watter VERHOUDINGS hulle met mekaar

het. Jy moet ook weet of die karakters ONTWIKKEL/groei en indien wel, hoe hulle ontwikkel/

groei.

Ook moet jy die GEBEURE ken, veral wat die OORSAAK en die GEVOLG van gebeure is.

die TEMA en BOODSKAP

KONFLIK (innerlik/ uiterlik)

gevalle van IRONIE, DRAMATIESE IRONIE

die VERBAND wat gebeure of karakters se uitsprake MET DIE TEMA toon

die soort VERTELLER en die VOORDELE van hierdie soort verteller (nie by die drama nie)

die TYD en RUIMTE (milieu/agtegrond) van die gebeure

Vir die drama, kom die volgende aspek by:

die DRAMATIESE DOELSTELLING van uitsprake, neweteks of gebeure

(Voorbeeldvraag oor Map: Wat is die dramatiese doelstelling van die verwysing na Antie

Grootmeise se oë wat rek? = bv. Dit dui spanning aan/ verhoog die spanning.)

Die FASES/ STADIA in die drama (eksposisie; motoriese moment; ontwikkeling/verwikkeling;

krisis; klimaks; ontknoping/afwikkeling. Onthou dit as: e – m – o – k – k – o)

DIE KONTEKSTUELE VRAAG

By die kontekstuele vraag word een of meer uittreksel(s) uit die roman of drama gegee. Vrae kan dan

gestel word oor:

gebeure wat vóór sowel as ná dié in die uittreksel plaasgevind het

gebeure wat in die uittreksel plaasvind en

gebeure wat ná dié in die uittreksel plaasvind

die tema, titel, verteller en ironie

die karaktereienskappe wat sommige karakters volgens die uittreksel

openbaar

die betekenis van woorde in die uittreksel

Om die kontekstuele vraag te beantwoord, moet jy dus „n deeglike begrip van die inhoud van die

hele roman/ drama hê. Jy moet ook die verband tussen gebeure verstaan, byvoorbeeld wat is die

oorsaak en wat is die gevolg van die optrede van „n bepaalde karakter.

ONTHOU:

Dit is NIE „n begripstoets nie; alle antwoorde is dus nie in die uittreksel nie.

Let op die puntetoekenning by elke vraag om die lengte van die antwoord te bepaal.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 27

Wenk om vir die Kontekstuele vraag voor te berei:

(Die veronderstelling is dat jy die inhoud baie goed ken)

Kies enige bladsy in die boek.

Maak “kantaantekeninge” by elke sin op daardie bladsy (as die skool dit toelaat!)

Byvoorbeeld: woordbetekenis; karaktereienskappe wat (uit dialoog en optrede) afgelei kan

word; ironiese betekenis van woorde; oorsaak en gevolg; tema; titel; simboliese betekenis;

kontraste; verteller; ruimte; terugflitse; vooruitwysings, ens.

Vergelyk jou kantaantekeninge agterna met die inligting in die leesgids en ander

studiemateriaal wat julle gedurende die jaar gebruik het.

DIE OPSTELVRAAG

1. Die opstelvraag is „n verklarende of argumenterende opstel. Die veronderstelling is dat jy oor

al die feite/ inhoudskennis beskik.

Daarom moet jy seker maak dat jy die inhoud van die roman of drama deeglik ken en verstaan.

2. Dit help soms om „n lys te maak van alle inligting in die teks wat met „n sekere tema verband

hou. Jy kan byvoorbeeld „n lys aanhalings/bladsyverwysings hê oor:

Iris se verhoudings (met werklike mense) (Lelie)

Die tema van kommunikasie (Lelie)

Baas se verhoudings in Barotseland (Manaka)

Die tema van Christenskap (Manaka)

Die rolle van karakters soos Oom Chai en Tant Wonnie (Vatmaar)

Die tema van onskuldige lyding (Vatmaar)

LET WEL: HIERDIE IS MAAR ENKELE VOORBEELDE. DIE MOONTLIKHEDE IS LEGIO

– DAAROM MOET JY DIE INHOUD GOED KEN!

3. Soos enige ander opstel, vereis die opstelvraag ook deeglike beplanning. In die eksamen is

daar genoeg tyd vir beplanning.

3.1 Lees die opdrag deeglik deur.

Voorbeeld: “Bespreek en evalueer die nedersetting Vatmaar as toevlug deur te verwys na:

Sus Bet en Oom Flip

Norman van der Westhuizen”

3.2 Onderstreep die kernwoorde in die opdrag.

Voorbeeld: bespreek; evalueer, toevlug; Sus Bet en Oom Flip; Norman van der Westhuizen

3.3 Teken „n kopkaart (“mind map”) van die inligting wat jy oor elk van die kernwoorde het. (Jy hét

immers die boek gelees!)

3.4 Onthou: „n opstel moet „n inleiding, „n liggaam en „n slot hê. „n Gepaste, korrekte aanhaling

werk baie goed as inleiding en/of as slot.

3.5 Rangskik jou inligting in logies-opeenvolgende paragrawe.

4. Skryf in goed-geformuleerde sinne. Moenie “niksseggende sinne ” skryf nie. Sulke sinne toon

dat jy nie oor genoeg feite-kennis beskik nie.

5. Waak teen die blote herskryf van „n “geblikte” vraag – „n vraag wat jy gedurende die jaar

uitgewerk het. Dit kan gebeur dat die eksaminator die vraag vanuit „n ander hoek stel as hoe

jy dit uitgewerk het.

6. Moenie subopskrifte in jou opstel gebruik nie, selfs al verskaf die vraestel riglyne by elke vraag.

7. Sorg dat jy die name van die karakters korrek spel.

8. Gepaste en korrekte aanhalings uit die Voorgeskrewe werk kan die waarde van jou opstel

verhoog.

9. Onthou: die WAT (inhoud) sowel as die HOE (taal en styl) van jou opstelvraag is belangrik

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 28

Die kwart-voor-sewe-lelie

Voorbeelde van kontekstuele vrae:

(Sorg dat jy die betekenis van die vetgedrukte woorde ken)

Verduidelik hoe Iris haar lewensfilosofie aan die blomnaam koppel.

Watter kontrasterende siening het Peter en Iris aan die naam “Iris” geheg?

Wanneer het Iris vir die eerste keer persoonlik met die Engel kennis gemaak?

Die leser maak vir die eerste keer in die motto van die boek met die Engel kennis. Watter

belangrike leesriglyn bied die motto vir die leser?

Die Engel het Iris by ʼn ander geleentheid gehelp om tot insig te kom met betrekking tot haar

lewensfilosofie en naam. Wat is hierdie insig waartoe Iris gekom het?

Verduidelik watter uitwerking Iris se naam op die res van haar lewe gehad het.

Voorbeelde van opstelvrae: Verduidelik kortliks hoe jy elk van die volgende vrae in die

eksamen sou aanpak.

1. Skryf ‟n opstel van 400-450 woorde waarin jy die rol van die Engel in Iris se lewe en

karakterontwikkeling bespreek. Konsentreer in jou aanbieding op die volgende punte:

die Engel se belangrikste funksie in haar daaglikse omgang met hom

“konflikte” tussen die Engel en Iris

die Engel in sy raadgewende hoedanigheid

Peter se mening oor die Engel

Iris as ronde karakter.

2. In hierdie roman blyk dit dat Iris aanvanklik as ʼn buitestander beskou kan word. Bespreek

hierdie stelling in ʼn goed gestruktureerde opstel van 400 – 450 woorde en verwys na die

volgende in jou antwoord:

Gee ʼn omskrywing van wat ʼn buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is.

Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by.

Iris se buitestanderskap lei tot die skep van haar fantasie-wêreld.

Iris ondergaan groei/ontwikkeling van onbetrokkene na betrokkene en hef so

haar buitestanderskap op

3. Bespreek die veranderinge wat in Iris se karakter plaasvind.

Toon aan watter eienskappe sy aan die begin van die roman opnebaar; verwys na haar

andersheid

Dui aan hoe sy t.o.v. hierdie eienskappe verander

Verduidelik die groei t.o.v.

o Die aanvaarding van haar naam

o Fantasiewêreld

o Belewing van die werklikheid

o Verantwoordelikheid van die Engel

o Verhouding met haar susters

o Verhouding met Peter

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 29

VATMAAR

BELANGRIK VIR KONTEKSTUELE VRAE

Vatmaar as episodiese roman

Soort verteller(s) en voordele/ nadele

Konteks van gebeure in uittreksel

Temas: Liefde sonder grense; Onskuldige lyding; Vatmaar as toevlug; Diskriminasie en

uitbuiting; vat/ steel/ besitreg

Verband wat karakters se optrede en dialoog met tema(s) toon

Karaktertrekke soos dit uit uittreksel afgelei kan word

Verhoudings tussen karakters

Titel

Rolle van: Ta Vuurmaak, Oom Chai, Oupa Lewies; Sus Bet, Oom Flip, Tant

Wonnie; Kenny en Kaaitjie; Die witmense (Swartz; Steenkamp; Bosman; De Bruin)

Ontstaan van nedersetting

Die traandruppel uit die oog wat lewendag is, maar nie kan sien nie

Die geheim van die Pen-graf

Oefenteks 1: bl. 157 vanaf “Go to the post office ...” tot by “... en ry weg.”

1. Plaas die gebeure in konteks van die roman

2. Watter karaktertrek van Suzan kan uit die uiitreksel afgelei word? Motiveer jou antwoord.

3. Hoe kontrasteer Kenneth se agtergrond met dié van Suzan en Kaaitjie?

4. Hierdie fietsrit kan as „n vooruitwysing na die slot van die roman beskou word. Verduidelik.

Oefenteks 2: bl. 191 vanaf “Hy het nog nie die storie van die hofsaak gehoor nie ...”

tot by “ ... van sy suster Sannah se trommel gedra.”

1. “Mevrou Moeler”

1.1 Tant Wonnie was nie wettiglik Mevrou Müller nie. Verduidelik.

1.2 Verduidelik hoe die hof haar eer herstel het.

2. Watter ooreenkoms is daar tussen Tant Wonnie en Sannah Vosloo?

3. Hoe skakel reëls 9 – 10 in die uittreksel met die tema van onskuldige lyding?

4. Waarom het Tant Wonnie geen beloning van Piet de Bruin ontvang nie?

Oefenteks 3: bl. 269 vanaf “Sy is langs die Pen-graf begrawe.” tot by “Dit is net

Kaaitjie wat gesterf het.”

1. Hoe het Kaaitjie gesterf?

2. Wie is in die Pen-graf begrawe?

3. Wat was die geheim van die Pen-graf waarna deurlopend in die roman verwys word?

4. “en dit was nie lank voor die Ster-van-Bethlehem oor altwee grafte geblom en dit een gemaak

het nie.” Verduidelik die simboliek in hierdie aanhaling.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 30

Voorbeelde van opstelvrae: Verduidelik kortliks hoe jy elk van die volgende vrae in die

eksamen sou aanpak.

1. Ontleed die meerduidigheid van die Vatmaar-tema in 400 – 450 woorde deur te verwys na:

die herkoms van die pleknaam “Vatmaar”

eienaarskap of besit

die betekenis vandie konsepte “vat” en “maar” soos dit in die roman vergestalt word.

2. Bespreek en evalueer die nedersetting Vatmaar as toevlug deur te verwys na:

Sus Bet en Oom Flip

Norman van der Westhuizen

3. Vatmaar is ‟n roman wat oor ware vriendskap handel. Bespreek hierdie stelling deur te verwys

na:

Oom Chai en George Lewis

Norman van der Westhuizen en Heinrich Müller

4. Bespreek oom Chai se rol as

dorpstigter

kerkman

burgermeester

Ander belangrike aspekte:

Onskuldige lyding, veral dié van vrouekarakters

Liefde sonder grense

Vatmaar as „n toevlug

Vatmaar „n plek vir die “allesoorte”

Invloed wat ruimte op karakters het

Titel

Verhoudings/Konflik: Vatmaar-inwoners en witmense

Rolle van Ta Vuurmaak, Oom Chai, Sus Bet, Tant Wonnie

Hoe magsverhoudinge deur taalgebruik aangedui word

Rasse- en klassediskriminasie

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 31

KRISMIS VAN MAP JACOBS

BELANGRIKE INHOUDSASPEKTE

Hoofkarakter: bynaam; hoe hy aan sy bynaam gekom het; simboliese betekenis

van die bynaam; verhoudings met sy ma, Blanchie; ander karakters

se siening van hom; sy jeugnaam, Johnnie, en die simboliese

betekenis daarvan; waarom hy skuldig voel; gemeenskap se

vooroordele teenoor hom; bewyse dat hy verander het nadat hy uit die

tronk vrygelaat is; sy optrede in klimaks en ontknopinf van drama

Mr Cavernelis: sy begeerte/wens; wat hy doen om wens te vervul; sy taalgebruik;

verhoudings met kerrimspelers, Maud en Blanchie; waarom hy Map

se vrylating vrees; sy optrede tydens die krisis in die drama (krisis,

een van die fases: Brief wat lui dat Blanchie nie modelkontrak gekry

het nie; Maud en Blanchie in argument betrokke; Cavernelis

probeer vrede bewaar; deur beide vroue geblameer; besef sy hoop

is verydel; pleeg selfmoord)

Blanchie: simboliese betekenis van haar naam; verhoudings met Map(voor hy tronk

toe gaan, terwyl hy in tronk is en nadat hy vrygel;aat is, pa, Maud en

kerrimspelers;

Krismis van Map Jacobs as voorbeeld van protesdrama

Taalgebruik in die drama

Temas: uitsigloosheid, soeke na identiteit; vergifnis; geloof en ongeloof

Konflik

Map se karakterbeelding en -ontwikkeling

Soeke na identiteit/ bevryding

Map as protesteater

Rol van musiek, taal, ens.

Rol van newekarakters: Antie Grootmeisie, Apostel George, kerrimspelers, ens.

Ruimte(s) en invloed wat dit op karakters het

Voorbeelde van opstelvrae: Verduidelik kortliks hoe jy elk van die volgende vrae in die

eksamen sou aanpak.

1. Daar is vele godsdienstige verwysings in Krismis van Map Jacobs. Bespreek hierdie

stelling met spesifieke verwysing na:

Die getal 7

Die kleur wit

Geld

Apostel George

2. Interpreteer en evalueer die gebruik van elemente van die drama in Krismis van Map

Jacobs in „n opstel van 400 – 450 woorde. Verwys in jou opstel na:

Protagonis

Antagonis

Dramatiese ironie

Intrige en subintrige

3. Skryf „n goed gestruktureerde opstel van 400 – 450 woorde waarin jy bespreek hoe die temas van

uitgelewerdheid en uitsigloosheid in die volgende karakters uitgebeeld word:

Antie Grootmeisie

Blanchie

Willy la Guma

Mr Cavernelis

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 32

MIS

ENKELE BELANGRIKE ASPEKTE VIR KONTEKSTUELE VRAE

Titel: watter betekenis in uittreksel; watter ander betekenisse

Verband tussen karakters se uitsprake/ optrede en die tema (bv. bevryding vs beswering)

Verband tussen karakters se uitsprake/ optrede en deurlopende motiewe in drama (bv.

blindheid/sig; wind)

Waarin elk van die drie vrouekarakters vasgevang is: Miem, Gertie en Meisie

Pa: naam; waar hy hom bevind; waarom hy daar is; uitwerking wat dit op Miem het; Miem se

begeerte/wens/hoop

Verhoudings tussen karakters, bv. : Miem en Gertie; Miem en Meisie; Miem en Gabriël;

Konstabel: ironie; simbolek van naam; rol in lewens van vrouekarakters

Tyd: waarom belangrik (werklikheid); simboliek van dag

Ruimte: kontras tussen binne en buite

Byklanke (deurlopend): bv. sirkus, wind en simboliek daarvan; wat beteken dit vir

vrouekarakters

Karaktertrekke soos uit dialoog en optrede afgelei

Rol van neweteks, bv. dramatiese doelstelling daarvan

Dramatiese ironie

Voorbeelde van opstelvrae: Verduidelik kortliks hoe jy elk van die volgende vrae in die

eksamen sou aanpak.

1. Mis handel oor die mens se begeerte tot ontvlugting uit „n beperkende bestaan. Ontleed

hoe hierdie tema in die drama in die karakter van Meisie uitgebeeld word deur die

volgende aspekte te betrek:

die rol wat die ruimte en haar ma in haar beperkende bestaan speel

haar pogings om te omtvlug

die konstabel se rol in haar uiteindelike ontvlugting

2. Bespreek die karaktereienskappe en karakterontwikkeling van:

Miem

Meisie

Gertie

3. Bespreek die aanwending van ruimte en tyd in die drama deur te verwys na

die binneruimte

die buiteruimte

die gespeelde ruimte as „n plek van bevryding

die tydsaanduidinge

4. Die drama, Mis, kom op talle wyses met die tradisionele sprokie ooreen. Skryf „n opstel hieroor

deur te verwys na:

spesifieke ooreenkomste met sprokieskarakters

Meisie wat deur „n “prins” bevry word

elemente kenmerkend van „n sprokie

5. Bespreek die betekenismoontlikhede van die titel en hoe dit in die drama aan bod kom.

Verwys in jou antwoord na:

Rooms katolieke mis

Bemesting

Misgis/misverstand

Ander belangrike aspekte: Invloed van Konstabel op vrouekarakters; Miem se verhoudings en rolle;

Kontras/konflik tussen Gertie en Meisie; Konstabel se rolle in drama; Pa Gabriël se rol in drama

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 33

KONTEKSTUELE OEFENINGE

Die kwart-voor-sewe-lelie (Vrystaat, Junie 2009)

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.

Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie. My twee mooi susters was toe

reeds na sowel vaders- as moederskant vernoem. My pa het somtyds gespot en gesê die Iris

was van pas omdat ek perserig was by geboorte en my arms en bene oor die verpleegster

se hande geflap het toe sy my vir hom kom wys. Toe ek klein was, het ek saamgelag, maar

in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en verwonder oor hulle domheid. Die

iris was tog ook deel van die oog, en in daardie stadium het ek myself nie slegs as diepsinnig

beskou nie, maar as ook besonder skerpsinnig. En die oog is die ding waarmee gesien word,

is dit nie? Skerp gesien word.

2.

As iemand my ooit van trou laat afsien het, was dit Elsa en Hannes. Selfs op die troue, toe sy ten

minste na ‟n wasige bruid gelyk het, was sy prakties en onemosioneel.

“Het jy die motor parkeer waar ek gesê het?” het sy in die konsistorie gevra. “Ek wil nie dat dit

gekrap en bemors word deur jou verspotte studentemaats nie.”

Ek, as blosende strooimeisie, het gewens sy wil stilbly. ‟n Bruid moes haar mond hou en verlief

Iyk, het ek gevoel. En moes ook nie ‟n horlosie dra en uitreken hoe lank die onthaal behoort te duur

nie omdat die hotelbesprekings gemaak was en sy nie wou hê hulle planne moet verkeerd loop nie.

Die dae toe sy gebloos het omdat Hannes haar tweehonderd en sewe sproete getel het, was verby.

Sy was broodwinner en baas van die plaas.

Riekie was vanselfsprekend strooijonker, iets wat my koud gelaat het. Ek het hom te goed geken

om opgewonde te raak. Terwyl die dominee se stem oor ons koppe gedreun het en later tydens die

toesprake op die onthaal het ek sit en borduur aan die storie in my kop.

3.

Ek het my verskoon en kombuis toe gegaan. Johanna het voor die stoof gestaan en roer aan haar

boontjiesop.

“Wag tot jy dit hoor,” het ek vir haar gesê. “Kara se kêrel is bruin.”

Johanna het onverstoord aangehou roer. “Ek dag julle loop en vertel hy's ‟n Frenchie.”

“Hy is.”

Sy het ‟n skielike kekkellaggie gegee, die lepel neergesit en haar arms gevou oor haar maag.

“Dan sal ek hom mos verstaan.”

“Nee, jy sal nie. Hy praat eintlik net Frans.”

“En hy lyk soos ek?”

Ek het haar velkleur probeer vergelyk met Kara se koffie.

“Min of meer, ja. Soos ek dit verstaan.”

Sy het teruggedraai na die stoof. “Miskien is hy familie.”

“Nee.” So maklik het ek nie dat sy vir Claude opeis nie.

“Hy kom van ver af.”

“My oupa was ‟n seevaarder,” het sy my herinner asof ek dit al ooit vergeet het.

“Maar hy kon wragtig nie op elke kontinent of obskure klein eilandjie kinders gemaak het nie!”

“Ek sal weet as ek hom sien,” het sy kripties gesê. “Sal ek nou vir die klong koffie in die bed

moet aandra?”

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 34

8.1 Sê watter suggestie lê daarin opgesluit dat daar met Iris se geboorte

gesê is dat sy ‟n “donker enetjie” is. (2)

8.2 Vertel wat Iris se bedoeling is as sy na haarself as ‟n alleenloper verwys

en soos Polder iemand is wat op oorskietkos geleef het. (2)

8.3 Die naam Iris het baie konnotasies, maar die verband wat Iris die meeste geval, is dié

met die Griekse mitologie. Hoekom het sy juis hierby aanklank gevind? (1)

8.4 Bespreek kortliks hoe die kwart-voor-sewe-lelie in Iris se geval verpersoonlik word. (2)

8.5 Johanna sê dat sy nie vir die “klong” (Claude) koffie in die bed gaan vat nie

(uittreksel 3); later waarsku sy Iris teen die Negers in Amerika. Wat bewys

Johanna se menings vir jou oor haar houding teenoor kleurverskille? (2)

8.6 Hoekom, dink jy, het Johanna so vinnig onmisbaar in Iris-hulle se huishouding

geword? (2)

8.7 Gee ‟n kort uiteensetting oor hoe die twee susters onderling reageer

wanneer daar iets belangriks met Iris gebeur. (2)

8.8 Skryf kortliks neer hoe Elsa en Kara ontvlugting van hulle ma se onbetrokkenheid en

warhoofdigheid gesoek het. (2)

8.9 Vergelyk die tema van realiteit en verbeeldingsvlugte wat Iris tydens

Elsa se troue ervaar het. (2)

8.10 Reageer op die stelling dat een van die ondergeskikte storielyne (subintriges)

in die roman rondom Elsa ontwikkel. (2)

8.11 Dit is besonder effektief dat ‟n eerstepersoonsverteller (‟n ek-verteller)

die verhaal aanbied. Dui aan hoe jy hierdie standpunt kan ondersteun. (2)

8.12 Motiveer die skrywer se kontrasterende uitbeelding van plekke soos

New York, Frankryk en Vermont in teenstelling met Iris se ouerhuis. (2)

8.13 Die boodskap in die roman kan soos volg geformuleer word:

Jy moet nie so na ‟n groot oomblik in jou lewe hunker dat jy die groot lekker van die

hiér en nóú misloop nie.

Formuleer jou eie gepaste boodskap vir die roman. (2)

[25]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 35

Vatmaar (Wes-Kaap, September 2009)

Lees onderstande uittreksel noukeurig en beantwoord die vrae wat daarna volg.

1. Dit was die Sondag voor die eerste Woensdag van die maand, die derde

2. pensioendag in Yvonne Müller se lewe. Dit was haar oudste dogter Kaaitjie se dag

3. af. Haar maand af en haar dag af was dieselfde as die van „n plaaskneg. Sy het

4. een Sondag in die maand afgekry. Die ander drie Sondae moes sy buite die kerk

5. wag tot die Bosmans by wie sy gewerk het, uit die diens kom. Dan moes sy die

6. kinders se hande vat asof hulle sal verdwaal. Maar eintlik was dit om die gemeente

7. die Bosmans se status te kan laat sien. Sy moes die kar se voordeur vir Miesies

8. Ollie Bosman oopmaak om in te klim, en dan weer toemaak as sy eers sit, en dan

9. wag tot die miesies vir haar met die kop knik. Dan moes sy die agterdeur oopmaak,

10. die twee kinders laat inklim, die voordeur toemaak en wag dat die kar wegtrek.

11. Daarna moes sy na haar buitekamer terugloop en daar wag tot sy geroep word om

12. haar kos op die vensterbank te kom vat.

13. Die vierde Sondag was haar dag af. Dit het met sonop begin en met sononder

14. geëindig. Haar loongeld het sy die Saterdag al gekry want die Bosmans het geglo

15. dis verkeerd om op die dag van die Here met geld te werk. Net soms het die laaste

16. Sondag op die laaste dag van die maand geval.

17. Hierdie Sondag het sy later as gewoonlik in die pad geval en niks saamgevat nie

18. want haar ma het gesê: Kaaitjie, my kind, van nou af spandeer jy jou loon op jouself.

19. Sy het eers gewag om te sien of Kenny nie sal kom nie, gehoop en gewag vir sy

20. omhelsing. Ek wens, ek wens, ek wens, het sy aanmekaar gedink. En dan weer:

21. Laat ek maar wag. Sy het gewens, gehoop, verlang, gebid dat niks met haar Kenny

22. gebeur het nie. Niks was meer dieselfde van daardie vervloekte middag af wat

23. Suzan opgedaag het met die nuus oor haar ma nie. Dit was die laaste keer dat sy

24. haar Kenny gesien het.

12.1.1 Watter soort verteller kom in hierdie uittreksel voor? [1]

12.1.2 Wat is die voordeel van hierdie soort verteller in „n roman? [1]

12.2 “die derde pensioendag in Yvonne Müller se lewe”

12.2.1 Na watter soort pensioen word hier verwys? [1]

12.2.2 Verduidelik kortliks waarom Yvonne Müller op hierdie pensioen geregtig was. [2]

12.2.3 Wat was haar inkomstebronne voordat sy hierdie pensioen ontvang het? [2]

12.3 Die uittreksel handel oor Kaaitjie se dag af en haar besoek aan Vatmaar. Vanaf reël 3

tot reël 16 word daar egter afgewyk van die hoofvertelling en word Kaaitjie se

werksomstandighede beskryf. Watter funksie verrig hierdie soort “afwykings‟ in

die roman? [2]

12.4 Noem een ander vrouekarakter in die roman wat dieselfde soort werksomstandighede

as Kaaitjie gehad het. [1]

12.5 “Die ander drie Sondae moes sy buite die kerk wag …” (reëls 4 – 5)

Verduidelik kortliks hoe hierdie aanhaling skakel met die tema van die liefde wat in die

roman voorkom. [2]

12.6 Herlees reël 7 tot reël 12. Noem twee karaktereienskappe van Mevrou Ollie Bosman

wat in hierdie reëls geïmpliseer word. [2]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 36

12.7 “Miesies Ollie Bosman” (reëls 8 – 9).

In die roman word kwetsende aanspreekvorme soos Miesies en Baas gebruik.

Dink jy hierdie aanspreekvorme is gepas? Motiveer jou antwoord deur na die historiese

tyd van die romangebeure te verwys. [2]

12.8 Watter eienskap van die Bosmans kan uit reëls 14 en 15 afgelei word? [1]

12.9 Verduidelik die dramatiese ironie in reëls 21 – 22. [2]

12.10 In reëls 22 – 23 lees ons: “daardie vervloekte middag .. wat Suzan opgedaag

het met die nuus oor haar ma …”

12.10.1 Watter nuus oor haar ma het Suzan daardie middag gebring? [1]

12.10.2 Watter gebeurtenis het aanleiding gegee tot hierdie “nuus” oor haar ma? [2]

12.10.3 Watter rol het Kenny op daardie vervloekte middag gespeel? [2]

12.11 Waarom sou Kenny se ouers nie tevrede wees met die liefdesverhouding

tussen hul seun en Kaaitjie nie? [1]

[25]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 37

Krismis van Map Jacobs (Gauteng, September 2009)

Uittreksel 1:

Vanaf

“MAUD: It's not going to work out, man ... It's not going to work out...”

tot by

MAUD: Ek sê vir jou, we must get out of here, out, out ... “

14.1 Watter milieu-aanduiding kom in die titel van die drama voor? (1)

14.2 Wie/wat is die antagonis in die drama? (1)

14.3 Watter deel van die dramatiese struktuur vorm die teksfragement (r. 1 – 29)? (1)

14.4 Maud se woorde in r. 1 – 2 kan op ʼn vooruitwysing met betrekking tot Cavernelis dui.

Verduidelik hierdie stelling deur na die slot van die drama te verwys. (2)

14.5 Maud het ook later vir Blanchie ʼn jintoe genoem. Wat is die betekenis van dié woord? (1)

14.6 Watter tipe konflik is in Cavernelis se opstand (r. 16 – 20) geleë? (1)

14.7 Wat is die funksie van die ellips in r. 23 (“op pad ...” )? (1)

14.8 Watter karakter-eienskap van Maud kan jy aflei uit die feit dat sy liewer Engels

as Afrikaans praat? (1)

14.9 Wie het gesê dat missies Cavernelis Engels prefer omdat dit ʼn “superior language”

is? (1)

14.10 Hoe beskou Cavernelis die inwoners van die township? (1)

14.11 Die mense in die township is in hul uitsiglose bestaan vasgevang. Hoe

probeer die volgende karakters ontsnap?

14.11.1 Maud (1)

14.11.2 Blanchie (1)

14.12 Hoe het Cavernelis uiteindelik van sy omstandighede (die township) ontsnap? (1)

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 38

Uittreksel 2:

Vanaf

“Die lig verander. Cyril-hulle verdwyn.”

tot by

“BLANCHIE: Daddy ... Daddy! ... Johnnie ... Johnnie, Hoekom? ... Johnnie ... “

14.13 Wat is die funksie van die neweteks in r. 30 – 32? (1)

14.14 Hoe belig die name “Map ... Jacobs ...” (r. 37) en “Johnnie”(r. 38) twee

teenoorgestelde pole in Map Jacobs se menswees? (2)

14.15 Waarna verwys Cavernelis as hy vra of Blanchie nie gehoor het wat gebeur het nie? (1)

14.16 Hoekom kan Blanchie met oortuiging aan Cavernelis sê dat dit nie is soos wat

Johnnie is nie? (1)

14.17 Cavernelis beskou Map as ʼn misdadiger. Op welke wyse kan Cavernelis self as ʼn

misdadiger beskou word? (1)

14.18 Map Jacobs het vir sy misdaad geboet. Motiveer of Cavernelis ook vir sy misdaad

boet. (2)

14.19 Watter karakter is nie meer stom na die boetedoening nie? (1)

14.20 Die vraag, “Hoekom?”(r. 58) wat Blanchie vra, word later deur Map beantwoord.

Wat is Map se rede? (1)

14.21 Motiveer die gepastheid van die taalgebruik in die drama. (1)

[25]

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 39

Mis (Metropool-Noord, Junie 2009)

Lees die onderstaande uittreksel uit die drama en beantwoord dan die vrae:

1. MIEM: (onheilspellend) Toe kry hulle Sannie Koen se haarlint in ‟n doringboom. (Wys) Net buite die

dorp. En soos u seker weet, Konstabel, was dit nog elke jaar op dieselfde aand. Die laaste aand in

Augustus.

2. GERTIE: Daarom is ons so dankbaar ...

3. MEISIE: (verskyn in die deur) Ek is klaar, Ma.

4. MIEM: Goed so, my kind.

5. GERTIE: Ek was besig om te sê dat ons so dankbaar is om u vanaand by ons te hê. (Loop

versigtig met ‟n oorvol koppie koffie na die KONSTABEL)

6. KONSTABEL: Ek is bly ek kan van diens wees.

7. MIEM: En maak toe die deur, Meisie!

8. GERTIE: Hier, Konstabel. Ek is jammer ... Ek het ‟n bietjie gestort in die piering.

MEISIE maak die deur toe. Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie.

9. KONSTABEL: Alles reg, Juffrou. (Maak sy keel skoon) Ek hoop nie u neem aanstoot nie,

maar dit val my op dat u u miskien blind staar teen die feite.

10. MIEM: Hoe so, Konstabel?

11. KONSTABEL: Al die feite is tog ooglopend. Maar daar is ander gegewens ... wat u miskien

misgekyk het.

12. GERTIE: En wat sou dit wees, Konstabel?

13. KONSTABEL: (kil) Ek het al te veel gesê. Kom ons laat dit daar. (Klap sy hande saam)

Nou wel, as u dan die saak oopgevlek het, is dit seker waarom ek hier is. Miskien koester die persoon

... of persone ...

14. GERTIE: Ag nee, Konstabel! Is daar dan meer as een?

15. KONSTABEL: ‟n Mens weet nooit. Enigiets is moontlik.

16. MIEM: Ja, dit is waar. (Aan MEISIE) Vir wat staan jy by die venster? Kom sit en maak jou sak

klaar.

17. MEISIE: Ja, Ma.

MEISIE gaan sit en werk verder.

18. MIEM: Verskoon tog, Konstabel. Wat wou u sê? Van die persone of persoon?

19. KONSTABEL: Ek was besig om te sê hy ...

20. GERTIE: Of hulle!

21. KONSTABEL: Net so, Juffrou. Of húlle koester dalk ‟n wrok teen u en die juffrou hier.

22. MIEM: Hoe aaklig.

23. GERTIE: Verskriklik!

24. KONSTABEL: Wil u miskien selfs van die gras af maak!

MIEM, MEISIE en GERTIE maak gelyktydig angsgeluide.

25. KONSTABEL: Maar wees gerus. (Glimlag) Ek is hier om so ‟n plan te fnuik.

26. MIEM: Hoe kan ons u bedank?

14.1 Voltooi die onderstaande stelling deur die ontbrekende woord in te vul

14.1.1 Die aangehaalde gedeelte volg kort na die _____ moment in die drama. (1)

14.1.2 Omskryf bogenoemde moment in ‟n paar woorde. (1)

14.2 Wat is bekend omtrent die situasie rondom Sannie Koen? (Spreekbeurt 1) (3)

14.3 Gee die verskillende redes waarom die vroue so dankbaar is om die konstabel daardie

aand by hulle te hê. (Spreekbeurte 2 en 26) (3)

14.4.1 Watter atmosfeer skep die sirkusmusiek wat telkens gehoor word as die buitedeur

oopgemaak word? (1)

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 40

14.4.2 Watter ander element, wat Meisie ook aantrek, sluit by die sirkusmusiek aan? (1)

14.4.3 Verduidelik waarom hierdie twee elemente so aantreklik vir Meisie is. (2)

14.5 Skryf die rede neer waarom die konstabel vir Gertie hier "Juffrou" noem.

(Spreekbeurte 9 en 21) (1)

14.6.1 Verduidelik wat bedoel word met die vetgedrukte woorde in "dit val my op dat u

u miskien blind staar teen die feite”. (Spreekbeurt 9) (1)

14.6.2 Watter gegewens, suggereer die konstabel waarskynlik, het die vroue nie

raakgesien nie? (Spreekbeurt 11) (2)

14.6.3 Lewer kommentaar op die funksie van die konstabel se gebruik van "blind staar",

"ooglopend" en "misgekyk". (Spreekbeurte 9 en 11) (2)

14.7.1 Tree die konstabel volgens sy karakter op as hy na die ontvoerder of moordenaar as

"die persoon ... of persone ...” verwys? (Spreekbeurt 13) (1)

14.7.2 Motiveer jou antwoord by 14.7.1. (1)

14.8 Lei twee karaktertrekke van Miem af uit haar volgende woorde aan Meisie:

"Vir wat staan jy by die venster? Kom sit en maak jou sak klaar.” (2)

14.9.1 Wat beteken die uitrukking, "van die gras af maak"? (Spreekbeurt 24) (1)

14.9.2 Verduidelik die dramatiese ironie in die konstabel se woorde: "Maar wees gerus.

(Glimlag) Ek is hier om so ‟n plan te fnuik". (Spreekbeurt 25) (2)

MINIMUMVEREISTES VIR DIE VOORBEREIDING VAN VRAESTEL TWEE

Ek het … JA NEE

die uitkenning en funksies van verstegniese middele (poësie) geleer.

elke gedig gelees, ontleed en vrae daaroor beantwoord.

die roman gelees.

„n een-bladsy-opsomming van die kernaspekte van die roman gemaak*

moontlike kontekstuele vrae oor die roman voorberei en „n oefening uitgewerk.

moontlike opstelvrae oor die roman voorberei en geleer.

die drama gelees.

„n een-bladsy-opsomming van die kernaspekte van die drama gemaak*

moontlike kontekstuele vrae oor die drama voorberei en „n oefening uitgewerk

moontlike opstelvrae oor die drama voorberei en geleer.

* Jy kan „n breinkaart daarvan maak.

Alles van die beste!

[25]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!