03.05.2013 Views

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

LENTESKOOL AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 2011

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LENTESKOOL 2011/ AFRHT 33

KONTEKSTUELE OEFENINGE

Die kwart-voor-sewe-lelie (Vrystaat, Junie 2009)

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.

Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie. My twee mooi susters was toe

reeds na sowel vaders- as moederskant vernoem. My pa het somtyds gespot en gesê die Iris

was van pas omdat ek perserig was by geboorte en my arms en bene oor die verpleegster

se hande geflap het toe sy my vir hom kom wys. Toe ek klein was, het ek saamgelag, maar

in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en verwonder oor hulle domheid. Die

iris was tog ook deel van die oog, en in daardie stadium het ek myself nie slegs as diepsinnig

beskou nie, maar as ook besonder skerpsinnig. En die oog is die ding waarmee gesien word,

is dit nie? Skerp gesien word.

2.

As iemand my ooit van trou laat afsien het, was dit Elsa en Hannes. Selfs op die troue, toe sy ten

minste na ‟n wasige bruid gelyk het, was sy prakties en onemosioneel.

“Het jy die motor parkeer waar ek gesê het?” het sy in die konsistorie gevra. “Ek wil nie dat dit

gekrap en bemors word deur jou verspotte studentemaats nie.”

Ek, as blosende strooimeisie, het gewens sy wil stilbly. ‟n Bruid moes haar mond hou en verlief

Iyk, het ek gevoel. En moes ook nie ‟n horlosie dra en uitreken hoe lank die onthaal behoort te duur

nie omdat die hotelbesprekings gemaak was en sy nie wou hê hulle planne moet verkeerd loop nie.

Die dae toe sy gebloos het omdat Hannes haar tweehonderd en sewe sproete getel het, was verby.

Sy was broodwinner en baas van die plaas.

Riekie was vanselfsprekend strooijonker, iets wat my koud gelaat het. Ek het hom te goed geken

om opgewonde te raak. Terwyl die dominee se stem oor ons koppe gedreun het en later tydens die

toesprake op die onthaal het ek sit en borduur aan die storie in my kop.

3.

Ek het my verskoon en kombuis toe gegaan. Johanna het voor die stoof gestaan en roer aan haar

boontjiesop.

“Wag tot jy dit hoor,” het ek vir haar gesê. “Kara se kêrel is bruin.”

Johanna het onverstoord aangehou roer. “Ek dag julle loop en vertel hy's ‟n Frenchie.”

“Hy is.”

Sy het ‟n skielike kekkellaggie gegee, die lepel neergesit en haar arms gevou oor haar maag.

“Dan sal ek hom mos verstaan.”

“Nee, jy sal nie. Hy praat eintlik net Frans.”

“En hy lyk soos ek?”

Ek het haar velkleur probeer vergelyk met Kara se koffie.

“Min of meer, ja. Soos ek dit verstaan.”

Sy het teruggedraai na die stoof. “Miskien is hy familie.”

“Nee.” So maklik het ek nie dat sy vir Claude opeis nie.

“Hy kom van ver af.”

“My oupa was ‟n seevaarder,” het sy my herinner asof ek dit al ooit vergeet het.

“Maar hy kon wragtig nie op elke kontinent of obskure klein eilandjie kinders gemaak het nie!”

“Ek sal weet as ek hom sien,” het sy kripties gesê. “Sal ek nou vir die klong koffie in die bed

moet aandra?”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!