03.05.2013 Views

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geskiedenis/V1 2 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE BERLYNSE MUUR OP DIE LEWENS VAN

GEWONE BERLYNERS GEHAD?

BRON 1A

Die volgende uittreksel wat na die Berlynse Muur verwys, is aangepas uit When the Wall

Came Down

deur Serge Schmemann.

Daar was geen versperrings wat Oos- en Wes-Berlyn in die 1950's geskei het nie en

mense kon dus, so maklik soos om 'n straat te kruis, van die Sowjet-beheerde Ooste na

die vrye Weste oorgaan. En hulle het oorgegaan. Teen die 1960's het die Oos-Duitse

ekonomie die gevaar geloop om in duie te stort omdat professionele [opgeleide] mense

en arbeiders in massas die land verlaat het en dié getalle het bly toeneem. In 1960 het

bykans 200 000 ontsnap, wat 688 dokters, 296 tandartse en 2 648 ingenieurs ingesluit

het. In 1961 het die aantal verdubbel – teen die middel van die somer was 207 000

reeds weg. Teen die middel van Augustus het 'n volle vyfde van die Oos-Duitse

bevolking na die Weste gevlug.

Op 17 Augustus 1961 het Berlynse inwoners wakker geword en rolle doringdraad en

gewapende wagte in die middel van die stad gevind. Baie vriende en families is van

mekaar geskei, sommige vir baie jare, sommige vir ewig. Dit was 'n wonderbaarlike

erkenning van mislukking deur die Kommuniste; in effek was die enigste manier

waardeur hulle mense in hulle deel van die wêreld kon hou, deur geweld ...

Aan die begin was dit die rolle doringdraad wat Oos- en Wes-Berlyn geskei het. Daarna

het die Oos-Duitsers 'n sementversperring opgerig. Dit is weer deur meer

gesofistikeerde panele van versterkte beton vervang, elk drie meter hoog met gladde,

ronde pype bo-op, sodat iemand wat probeer oorklim het, nie 'n stewige greep kon kry

nie. Die voltooide muur het 156 km rondom Wes-Berlyn gestrek, met alarms, soekligte,

waghonde, swaar gewapende grenswagte, 302 wagtorings en 20 bunkers ...

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!