03.05.2013 Views

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geskiedenis/V1 10 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO SE IDEES VAN SWART BEWUSSYN DIE

VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?

BRON 4A

Die uittreksel hieronder het in 'n SASO-nuusbrief, wat I Write What I Like genoem is, in

September 1979 verskyn. Dit is deur Steve Biko geskryf en fokus op die filosofie van

Swart Bewussyn (Black Consciousness).

In geheel het die swart man 'n dop geword, 'n skaduwee van 'n man, totaal verslaan,

verdrink in sy eie ellende, 'n os wat die juk van onderdrukking met skugterheid dra.

Hierdie is die eerste waarheid, bitter soos wat dit mag lyk, wat ons moet erken, voordat

ons kan begin met enige program om die status quo (huidige situasie) te verander ...

Die eerste stap is dus om die swart man tot inkeer te laat kom, om weer lewe in sy leë

dop te pomp, om hom met lewe en waardigheid te besiel, om hom te herinner dat hy deel

is van die misdaad deur toe te laat dat hy misbruik word en dus toelaat dat die bose die

alleenheerser in sy geboorteland is. Dit is wat ons bedoel met die proses van innerlike

visie. Dit is die definisie van 'Swart Bewussyn'.

BRON 4B

Hieronder is 'n weergawe van hoe Swartbewussynsidees van die 'swart' universiteite

na skole versprei het. Dit is aangepas uit Twentieth Century South Africa

deur

W Beinart.

As universiteitstudente en skrywers die hart van Swart Bewussyn was, was skoliere as

die politieke spits [voorpunt] die effektiefste. Tussen 1950 en 1975 het die aantal swart

kinders op skool van bykans een miljoen tot 3,5 miljoen toegeneem, en die verhouding

by sekondêre skole van 3 persent tot meer as 8 persent. Sekondêre uitbreiding was

veral dramaties tussen 1965 en 1975, toe dit bykans vyfvoudig, tot ongeveer 280 000,

toegeneem het. Klasgroottes was gemiddeld meer as 60 in skole in Soweto en het 100

bereik. Onderopgeleide onderwyspersoneel in skole waar 'n nypende tekort aan

toerusting was, het dit moeilik gevind om dit te hanteer en lyfstraf was aan die orde van

die dag. Skole het persele van uitbreiding, verwagting, van ontneming en van plofbare

politieke potensiaal geword.

Die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) was daarvoor verantwoordelik om

die skoliere meer bewus te maak van Swartbewussynsidees. Hulle was vir die politieke

bewuswording in hoërskole en swart universiteite verantwoordelik en het 'n direkte

impak gehad deur onderwysposte in Soweto te aanvaar. Onkgopotse Tiro, 'n

Swartbewussynsleier, wat uit die Turfloop Universiteit geskors is, het 'n geskiedenispos

aan die Morris Isaacson-skool in Orlando, Soweto, aanvaar. Skoliere is van die

geskiedenis van die stryd en Swartbewussynsidees bewus gemaak by

debatsverenigings en deur die Christelike Studentebeweging, mede-kurrikulêre

aktiwiteite wat deur die skoolowerhede aangemoedig is.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!