03.05.2013 Views

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

FileList Convert a pdf file!

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

GESKIEDENIS V1

ADDISIONELE MODEL 2008

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 2 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae gebaseer op die voorgeskrewe

inhoudsraamwerk vir 2008, wat soos volg is:

2.

3.

4.

5.

6.

VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE KOUE OORLOG OP DIE

VORMING VAN DIE WÊRELD IN DIE 1960's?

VRAAG 2: HOE HET UHURU IN DIE 1960's EN 1970's IN AFRIKA 'n

WERKLIKHEID GEWORD?

VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VANAF

DIE 1960's TOT EN MET 1990 NA VORE GEKOM?

Fokus 1960's: Burgerregtebewegings en Swartmagbewegings

in die VSA

VRAAG 4: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VANAF

DIE 1960's TOT EN MET 1990 NA VORE GEKOM?

Fokus 1970's: Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika

Elke vraag tel 75 punte en begin met 'n sleutelvraag.

Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. Elke vraag bestaan uit beide die

brongebaseerde vrae wat 45 punte tel en die uitgebreide skryfwerk wat 30

punte tel.

In die beantwoording van vrae behoort kandidate hulle kennis, vaardighede

en insig toe te pas.

Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 3 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE BERLYNSE MUUR OP DIE LEWENS VAN

GEWONE BERLYNERS GEHAD?

Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord.

1.1 Lees Bron 1A.

1.1.1

1.1.2

1.1.3

1.1.4

1.1.5

1.2 Verwys na Bron 1B.

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.3 Raadpleeg Bron 1C.

1.3.1

1.3.2

1.3.3

Wat, volgens die bron, was die politieke verskille tussen Oos- en

Wes-Berlyn? (2 x 1)

Wat was die redes waarom die Oos-Duitse regering 'n versperring

om Berlyn te verdeel, in Augustus 1961 gebou het? (2 x 2)

Lewer kommentaar op die belangrikheid van die skrywer se stelling

dat die versperring wat op 17 Augustus 1961 gebou is, ' 'n

wonderbaarlike erkenning van mislukking deur die Kommuniste'

was. (2 x 2)

Waarom was dit vir die Kommuniste nodig om die doringdraadversperring

met 'n versterkte betonmuur te vervang? (2 x 2)

Hoe is die Berlynse Muur ontwerp om mense te verhinder om

daaroor te klim? (1 x 3)

Wat, dink jy, het Peter Fechter en sy vriende gemotiveer om na die

Weste te vlug? (2 x 2)

Waarom was Peter Fechter se vriend gelukkig om met slegs

geringe beserings die Weste te bereik? (1 x 2)

Verduidelik waarom niemand vir Fechter gaan help het, terwyl hy

kermend langs die muur om hulp lê en roep het nie. (1 x 2)

Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik

hoe jy dink hierdie insident 'n onderwerp vir Koue Oorlogpropaganda

in die Weste kon geword het. (2 x 2)

Wat was die doel van hierdie foto? (1 x 2)

Verduidelik hoe die volgende persone op hierdie foto kon

gereageer het:

(a) 'n Oos-Duitse grenswag

(b) 'n Tiener wat in Wes-Berlyn gewoon het (2 x 2)

Verduidelik watter van die twee bronne (Bron 1B of Bron 1C) die

bruikbaarste sal wees vir 'n historikus wat navorsing oor die

Berlynse Muur doen. (2 x 2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)

(4)

(4)

(4)

(3)

(4)

(2)

(2)

(4)

(2)

(4)

(4)

Geskiedenis/V1 4 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

1.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer

SES reëls (ongeveer 60 woorde) om te verduidelik waarom die Berlynse Muur

'n bekende simbool van die Koue Oorlog geword het. (6)

1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Die lengte van die opstel behoort ongeveer

TWEE bladsye te wees.)

Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF 1.6.2.

1.5.1 Bespreek die impak van die Berlynse Muur op die lewens van

gewone Berlyners gedurende die Koue Oorlog. (30)

OF

1.5.2 Berlyn het die pion van die Koue-Oorlog-wedstryd in Europa

geword.

Gebruik die inligting uit die bronne en jou eie kennis en skryf 'n

artikel vir 'n historiese tydskrif om die bogenoemde stelling te

ondersteun. (30)

[75]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 5 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

VRAAG 2: WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE NUWE, ONAFHANKLIKE

AFRIKASTATE IN DIE GESIG GESTAAR HET?

Bestudeer Bronne 2A, 2B en 2C en beantwoord die volgende vrae.

2.1 Bestudeer Bron 2A.

2.1.1

2.1.2

2.1.3

2.2 Raadpleeg Bron 2B.

2.2.1

2.2.2

2.2.3

2.3 Verwys na Bron 2C.

2.3.1

2.3.2

2.3.3

Omskryf die volgende konsepte in jou eie woorde:

(a) Ujamaa (1 x 2)

(b) Kapitalisme (1 x 2)

Verduidelik, volgens hierdie bron, hoe ujamaa van Westerse

sosialisme verskil. (2 x 2)

Verduidelik hoe bruikbaar hierdie bron sal wees vir 'n historikus wat

die houdings van Afrika-leiers teenoor demokrasie bestudeer.

Watter neiging word deur die grafiek geïllustreer? (1 x 2)

Verduidelik die politieke, ekonomiese en sosiale uitdagings wat

deur Kenia ondervind kon word, soos geïllustreer in die grafiek.

(3 x 2)

Lewer kommentaar op die beperkinge van die gebruik van hierdie

grafiek om die uitdagings wat die nuwe, onafhanklike Afrikastate in

die gesig gestaar het, te bespreek.

Hierdie bron is uit 'n storieboek geneem. Verduidelik hoe dit die

historiese betroubaarheid van hierdie bron affekteer.

Verduidelik watter aspekte van hierdie bron deur 'n historikus as

bruikbaar beskou kan word. (2 x 2)

Watter bewyse is daar in die bron wat suggereer dat daar politieke

uitdagings in Ghana was? (2 x 2)

2.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer

SES reëls (ongeveer 60 woorde) om te verduidelik waarom die nuwe,

onafhanklike Afrikastate met uitdagings opgesaal was. (6)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)

(2)

(4)

(5)

(2)

(6)

(5)

(5)

(4)

(4)

Geskiedenis/V1 6 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Die lengte van die opstel behoort ongeveer

TWEE bladsye te wees.)

Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.5.1 OF 2.5.2.

2.5.1 Bespreek die hoof politieke, ekonomiese en sosiale uitdagings wat

die Afrikastate na onafhanklikheid in die gesig gestaar het. (30)

OF

2.5.2 Jy is 'n senior amptenaar by die Verenigde Nasies (VN). Gebruik

al die bronne en jou eie kennis. Skryf 'n verslag vir die VN waarin

jy 'n oorsig oor die politieke, ekonomiese en sosiale uitdagings wat

die nuwe, onafhanklike Afrikastate in die gesig gestaar het, gee en

maak aanbevelings van die stappe wat geneem behoort te word

om die situasie in Afrika te verbeter. (30)

[75]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 7 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

VRAAG 3: HOE HET DIE VELDTOGTE IN BIRMINGHAM DIE BURGERREGTE-

BEWEGING BEÏNVLOED?

Gebruik Bronne 3A, 3B en 3C om die volgende vrae te beantwoord.

3.1 Verwys na Bron 3A.

3.1.1

3.1.2

3.1.3

3.1.4

3.2 Lees Bron 3B deur.

3.2.1

3.2.2

3.2.3

3.2.4

3.3 Gebruik Bron 3C.

3.3.1

3.3.2

3.3.3

Onttrek bewyse uit die bron om die volgende te ondersteun:

(a) Die burgerregteprotes in Birmingham was nie-gewelddadig

(1 x 2)

(b) Daar was steeds rassesegregasie (-skeiding) in die suide

(1 x 2)

Noem DRIE maniere waarop die owerhede teen die burgerregtebetogers

gereageer het. (3 x 1)

Verduidelik wat President Kennedy bedoel het met: "Die Burgerregtebeweging

behoort God te dank vir Bull Connor". (1 x 3)

Waarom dink jy kon 'n foto, soos die een wat in hierdie bron

ingesluit is, 'internasionale steun ... aangemoedig' het? (2 x 2)

Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom dit vir 'n Afro-

Amerikaner moeilik kon wees om 'n koppie koffie by 'n kostoonbank

te kry. (1 x 3)

Verduidelik hoe wit Amerikaners op Martin Luther King Junior se

brief sou reageer. (2 x 2)

Waarom, dink jy, het Martin Luther King Jr. gevoel dat Afro-

Amerikaners nie langer kon wag om burgerregte te verkry nie?

(2 x 2)

Verduidelik tot watter mate 'n historikus wat die Burgerregtebeweging

bestudeer, hierdie bron as 'n betroubare bron sou

beskou. (2 x 2)

Waarom dink jy het die fotograaf hierdie spesifieke foto geneem?

(1 x 2)

Hoe bevestig hierdie foto (Bron 3C) die weergawe van polisiebrutaliteit

soos in Bron 3A beskryf word? (2 x 2)

Verduidelik hoe hierdie bron bruikbaar sou wees vir 'n historikus

wat die Burgerregtebeweging bestudeer. (2 x 2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)

(2)

(3)

(3)

(4)

(3)

(4)

(4)

(4)

(2)

(4)

(4)

Geskiedenis/V1 8 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

3.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer

SES reëls (ongeveer 60 woorde) om te verduidelik waarom die Birmingham

Veldtog noodsaaklik was. (6)

3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Die lengte van die opstel behoort ongeveer

TWEE bladsye te wees.)

Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF 3.5.2.

3.5.1 Die Birmingham Veldtog van 1963 het 'n betekenisvolle invloed op

die Burgerregtebeweging gehad.

Stem jy saam? Bespreek hierdie stelling krities. (30)

OF

3.5.2 Gebruik die inligting uit al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n

herdenkingsartikel vir 'n historiese joernaal oor hoe Martin Luther

King se nie-gewelddadige protes 'n impak op die Burgerregtebeweging

gehad het. (30)

[75]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 9 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO SE IDEES VAN SWART BEWUSSYN DIE

VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 4A, 4B en 4C om die volgende vrae te beantwoord.

4.1 Verwys na Bron 4A.

4.1.1

4.1.2

4.1.3

4.2 Verwys na Bron 4B.

4.2.1

4.2.2

4.2.3

4.2.4

4.2.5

4.3 Gebruik Bron 4C.

4.3.1

4.3.2

4.3.3

4.3.4

Wat verstaan jy onder die konsep Swart Bewussyn (Black

Consciousness)? (1 x 2)

Verduidelik hoe Biko die behoefte aan Swart Bewussyn

geregverdig het. (2 x 2)

Wat, volgens Biko, moes eers gebeur voordat enige ware

veranderinge in Suid-Afrika kon plaasvind? (1 x 3)

Watter bewyse is daar in die bron wat daarop dui dat die aantal

swart leerders in sekondêre skole tussen 1950 en 1975 toegeneem

het? (2 x 1)

Identifiseer DRIE uitdagings wat leerders in sekondêre skole in

Soweto ondervind het. (3 x 1)

Verduidelik hoe leerders in skole in Soweto polities bewus gemaak

is. (2 x 2)

Hoe het skole tot die verspreiding van die idees van Swart

Bewussyn bygedra? (1 x 2)

Verduidelik of hierdie bron bruikbaar is vir 'n historikus wat die

invloed van Swartbewussynsidees in skole bestudeer. (2 x 2)

Verduidelik hoe hierdie bron Bron 4B komplementeer met

betrekking tot die invloed van Swart Bewussyn in skole. (2 x 2)

Wat sê die foto van gewapende polisiemanne vir jou oor die

regering se reaksie op 16 Junie 1976? (1 x 3)

Verduidelik tot watter mate hierdie bron as betroubaar beskou kan

word deur 'n historikus wat die gebeure van die 1976 Soweto

Opstand ondersoek. (2 x 2)

Deur die inligting uit die bron en jou eie kennis te gebruik,

verduidelik hoe die houding van swart Suid-Afrikaners deur Swart

Bewussyn beïnvloed is. (2 x 2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(2)

(4)

(3)

(2)

(3)

(4)

(2)

(4)

(4)

(3)

(4)

(4)

Geskiedenis/V1 10 DoE/Addisionele Model 2008

NSS

4.4

4.5

Kopiereg voorbehou

Gebruik die inligting uit al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf

van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) om te verduidelik waarom

skole gebruik is om die saak van Swart Bewussyn te bevorder.

UITGEBREIDE SKRYFWERK (Die lengte van die opstel behoort ongeveer

TWEE bladsye te wees.)

Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.5.1 OF 4.5.2.

4.5.1

4.5.2

Bespreek hoe Biko se idees die Swartbewussynsbeweging (Black

Consciousness Movement) in die vryheidstryd in die 1970's

beïnvloed het.

OF

Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n artikel vir 'n

Erfenistydskrif oor die bydrae van die jeug van Soweto in die

vryheidstryd in Suid-Afrika.

TOTAAL:

(6)

(30)

(30)

[75]

150

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

GESKIEDENIS V1

ADDENDUM

ADDISIONELE MODEL 2008

Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 2 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE BERLYNSE MUUR OP DIE LEWENS VAN

GEWONE BERLYNERS GEHAD?

BRON 1A

Die volgende uittreksel wat na die Berlynse Muur verwys, is aangepas uit When the Wall

Came Down

deur Serge Schmemann.

Daar was geen versperrings wat Oos- en Wes-Berlyn in die 1950's geskei het nie en

mense kon dus, so maklik soos om 'n straat te kruis, van die Sowjet-beheerde Ooste na

die vrye Weste oorgaan. En hulle het oorgegaan. Teen die 1960's het die Oos-Duitse

ekonomie die gevaar geloop om in duie te stort omdat professionele [opgeleide] mense

en arbeiders in massas die land verlaat het en dié getalle het bly toeneem. In 1960 het

bykans 200 000 ontsnap, wat 688 dokters, 296 tandartse en 2 648 ingenieurs ingesluit

het. In 1961 het die aantal verdubbel – teen die middel van die somer was 207 000

reeds weg. Teen die middel van Augustus het 'n volle vyfde van die Oos-Duitse

bevolking na die Weste gevlug.

Op 17 Augustus 1961 het Berlynse inwoners wakker geword en rolle doringdraad en

gewapende wagte in die middel van die stad gevind. Baie vriende en families is van

mekaar geskei, sommige vir baie jare, sommige vir ewig. Dit was 'n wonderbaarlike

erkenning van mislukking deur die Kommuniste; in effek was die enigste manier

waardeur hulle mense in hulle deel van die wêreld kon hou, deur geweld ...

Aan die begin was dit die rolle doringdraad wat Oos- en Wes-Berlyn geskei het. Daarna

het die Oos-Duitsers 'n sementversperring opgerig. Dit is weer deur meer

gesofistikeerde panele van versterkte beton vervang, elk drie meter hoog met gladde,

ronde pype bo-op, sodat iemand wat probeer oorklim het, nie 'n stewige greep kon kry

nie. Die voltooide muur het 156 km rondom Wes-Berlyn gestrek, met alarms, soekligte,

waghonde, swaar gewapende grenswagte, 302 wagtorings en 20 bunkers ...

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 3 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 1B

Die volgende is 'n weergawe van die dood van 'n tiener, Peter Fechter, wat probeer het

om in Augustus 1962 oor die Berlynse Muur te ontsnap. Dit is geneem uit The Berlin

Wall

deur Frederick Taylor.

Peter Fechter, 'n agtienjarige, het aan 'n Oos-Duitse rebelletienergroep behoort, wat

besluit het om 'n massa-uitbreek na die Weste uit te voer. Soos wat die beplande dag

nader gekom het, het baie, soos verwag kon word, se moed hulle begewe en het hulle kop

uitgetrek, wat net vir Fechter en 'n boesemvriend oorgelos het.

Die twee jong mans, wat daarin geslaag het om die wagte wat die verbode gebied agter

die sektorgrens beheer het, te ontglip, het in 'n ongebruikte gebou naby die Muur

weggekruip. Hulle het moed bymekaar geskraap, uiteindelik hulle skuiling verlaat en teen

hoë risiko begin hardloop. Terwyl hulle oor die eerste draadversperring aan die Oostekant

geklim het, eers sy vriend, met Fechter agterna, het die grenswagte met outomatiese

wapens op 'n afstand van omtrent vyftig meter, op hulle begin vuur. Hulle het verder

gehardloop. Sy vriend het die drie meter hoë muur, wat die grens met die Amerikaanse

sektor aangedui het, bereik, en daarin geslaag om op te klouter en oor te spring, met

koeëls wat in die beton sentimeters van hom vasslaan. Hy het dit veilig na die Weste

gemaak met geringe beserings.

Peter was nie so gelukkig nie. In sy poging om sy vriend oor die laaste versperring te

volg, is Fechter in die been gewond en het hy tot in niemandsland teruggegly. Daar het hy

kermend gelê en om hulp geroep, eers hard, en toe al hoe swakker met 'n desperaatheid

in sy stem.

Die koeël in sy been het 'n slagaar getref. 'n Woedende groep Wes-Berlyners het vinnig

begin saamdrom. Niemand van die Ooste of Weste het probeer om die gewonde man te

red nie. Na 'n uur en 'n half het die Oos-Duitse polisie die bewustelose Fechter, wat met

sy aankoms by die polisiehospitaal dood verklaar is, verwyder. Die dood van Peter

Fechter het woede in die Weste ontketen.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 4 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 1C

Hierdie foto, geneem uit Essential Modern World History,

toon hoe Peter Fechter deur

'n soldaat gedra word nadat hy op 17 Augustus 1962 aan die Oostekant van die

Berlynse Muur geskiet is.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 5 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 2: WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE NUWE, ONAFHANKLIKE

AFRIKASTATE IN DIE GESIG GESTAAR HET?

BRON 2A

Hierdie is 'n uittreksel uit 'n geskrif deur die Tanzaniese regeerder, Julius Nyerere,

Ujamaa – Die Basis van Afrika-sosialisme,

en is in April 1962 gepubliseer.

'Ujamaa', dan, of 'Familie-gemeensaamheid', beskryf ons sosialisme. Dit staan

kapitalisme teen, wat daarna streef om 'n gelukkige samelewing op die basis van die

uitbuiting van mense deur mense te bou en dit staan netso ook sosialisme teen, wat

daarna streef om 'n gelukkige samelewing op 'n filosofie van onafwendbare konflik

tussen mense te bou. Ons, in Afrika, het net so min 'n behoefte daarna om na

sosialisme 'bekeer' te word, as wat ons het om in demokrasie 'opgevoed' word. Albei

is gewortel in ons verlede – in die tradisionele samelewing wat ons voortgebring het.

BRON 2B

Die grafiek hieronder toon die bevolkingsgroei in Nairobi, die hoofstad van Kenia.

Kenia het sedert onafhanklikheid in 1963 een van die wêreld se hoogste

bevolkingsgroeikoerse van alle tye gehad, wat met tye 4 persent per jaar bereik het.

Bevolkingsgroei

Grootliks vergrote

metropolitaanse

grense 1963

Dui jare vanaf koloniale beheer tot na onafhanklikheid aan

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 6 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 2C

Die volgende is 'n uittreksel uit die roman, The Beautyful One s are Not Yet Born deur

die Ghanese skrywer Ayi Kwei Armah. Dit beskryf hoe die hoofkarakter soos

gewoonlik werk toe kom op die dag in 1966 waarop Kwame Nkrumah, die leier van

Ghana, deur 'n militêre magsgreep omvergewerp is.

Wat hy uitgevind het, was dat die klerk 'n nougesette stelsel gehad het om sy werk uit

te rek en hy het dit al so dikwels gedoen en was so gewoond daaraan, dat hy heel

waarskynlik vergeet het dat die meeste daarvan bloot 'n manier was om tyd te verspil.

Alfabetiese lyste, wat nooit enige doel sou dien nie, 'n soektog om op die posstempel

die presiese minuut waarop elke brief gepos behoort te word, te vind, drie oorplasings

van al die lyste na skoner papier, elke keer in versigtiger en mooier skrif, sonder 'n

enkele merkie: periodieke besoeke aan die toilet, uit gewoonte en nie uit behoefte nie.

Die man het geweet dat dit in die meeste werke die geval was. Mense spandeer volle

dae agter hul lessenaars, en, soos enige staatsamptenaar, as 'n vrou van die

gemeenskap reguit sou kom vra waarop hulle hulle tyd verwyl, sou hulle nie 'n ware

antwoord kon gee nie. 'n Werk was 'n werk. Dit het nie saak gemaak dat niks in die

meeste gevalle gedoen is nie.

... [Een van die boodskappers] kon die stilte nie lank verdra nie, en het, terwyl hy

agter die man geloop het, gesug en hardop uitgeroep: 'Ei, hierdie magsgrepe!'

Die man het nie omgedraai nie, maar aan die boodskapper gevra: 'Was daar nog

een?'

'Ja, man!'

'In Afrika of iewers anders?'

'Vandag, vandag, hier in Ghana!'

Nou het die ander boodskapper uit sy hoek uitgekom en by die ander twee

aangesluit. 'So julle het nie gehoor nie?'

'Tydens die oggendskof kan ons nie die nuus hoor nie,' het die man gesê, 'Geen

sesuurnuus vanoggend nie. Net so 'n snaakse aankondiging deur 'n man met 'n

vreemde naam en daarna soja-musiek.

Hulle sê dat hulle die gesag oorgeneem het.’

'Wie?' het die man gevra.

'Weermag- en polisiemanne.'

'O! Ek sien. Ek het gedink hulle was nog altyd in beheer. Saam met Nkrumah en sy

vet manne.'

… Hulle het gesê dat al die groot Party-manne gearresteer is en in iets soos

beskermende bewaring geplaas is – alreeds 'n nuwe naam vir die ou aanhouding

sonder 'n verhoor. Nuwe mense, nuwe styl, ou dans. Toe die tydtoekenningsklerk

inkom, het hy almal luidrugtig gegroet en in 'n hoogs bevredigende stemtoon

bygevoeg: 'Nou sal 'n ander groep se mae oopbars van die land se rykdomme!' Die

reaksie daarop, soos alles op daardie dag, was 'n deurmekaarspul van aanvaarding

en onsekere huiwering.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 7 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 3: HOE HET DIE VELDTOGTE IN BIRMINGHAM DIE BURGERREGTE-

BEWEGING BEÏNVLOED?

BRON 3A

Die Suidelike Christenleierska pskonferens ie (SCLC ) het 'n reeks veldtogte in

Birmi ngham , Alabam a, georganise er om b urgerregte te b evorder. Die vol gende

weergawe is aa ngepas uit Oxfor d Hist ory: The USA 191 7 – 19 80.

Dr. Martin Luther King het duisende swartes en wittes in 'n massaveldtog van vreedsame

burgerlike ongehoorsaamheid en protes gemobiliseer om die desegregasie van openbare

fasiliteite, insluitend die reg van swartes om al die suidelike universiteite by te woon, te eis.

In April 1963, terwyl hy die betogings in Birmingham, Alabama, gelei het, is King

gearresteer. Die Hoof van Polisie, Bull Connor, het aan sy manne opdrag gegee om King

se ondersteuners met traangas, brandslange, honde en selfs elektriese veeskokstokke aan

te val. Altesaam meer as 3 300 swart mans, vrouens en kinders, wat vreedsaam betoog

het ter ondersteuning van hulle burgerregte, is in die tronk gestop.

Koerantvoorblaaie en TV-beelde van polisiehonde wat die swart mense wreedaardig

aanval en die brandslange wat mense op die grond neervel, het openbare opinie laat

opvlam. "Die Burgerregtebeweging," het President Kennedy gesê, "behoort God te dank

vir Bull Connor."

Hoërskoolleerlinge

word

met 'n hoëdrukwaterspuit

van 'n

brandblusser

gedurende 'n

protesoptog in

Birmingham,

Alabama, in 1963

gespuit. Beelde

soos hierdie een,

wat in Life

Magazine

gepubliseer is, het

internasionale

steun vir die

betogers

aangemoedig.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 8 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 3B

Agt wit geestelikes van Alabama het King se optrede as onwettig gekritiseer en het na

die optog as 'ontydig en onwys' verwys. Martin Luther King Jr. het 'n brief vanuit die

Birmingham Tronk in antwoord op hulle kritiek geskryf. In die uittreksel hieronder uit

daardie brief regverdig King sy gebruik van massabetogings en protes.

Ons het vir meer as driehonderd-en-veertig jaar gewag vir ons grondwetlike en

Godgegewe regte. Die volke van Asië en Afrika is besig om teen 'n snelle pas in die

rigting van hulle doelwit van politieke onafhanklikheid te beweeg en ons kruip steeds

teen 'n slakkepas om 'n koppie koffie by 'n kostoonbank te kry. Ek dink dit is maklik vir

hulle wat nog nooit die pynlike pyle van segregasie gevoel het nie, om te sê 'Wag'!

Maar as jy die boosaardige gespuis gesien het wat jou moeders en vaders na willekeur

vermoor, en wat jou broers en susters impulsief verdrink; wanneer jy die haatgevulde

polisiemanne sien vloek, skop en brutaliseer en selfs jou swart broers en susters

ongestraf doodmaak; wanneer jy die oorgrote meerderheid van jou twintig miljoen

Negerbroers in 'n lugdigte hok van armoede, te midde van 'n gegoede gemeenskap,

sien versmoor; wanneer jy dag in en dag uit verneder word deur kennisgewings wat

"wit" en "kleurling" uitskreeu, … dan sal jy verstaan waarom ons dit moeilik vind om te

wag.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 9 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 3C

Die foto hieronder is geneem uit http://www.bay-of-undie.com/archives/date/

2007/11/ en toon die gebruik van polisiehonde teen die Birmingham-betogers.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 10 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO SE IDEES VAN SWART BEWUSSYN DIE

VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED?

BRON 4A

Die uittreksel hieronder het in 'n SASO-nuusbrief, wat I Write What I Like genoem is, in

September 1979 verskyn. Dit is deur Steve Biko geskryf en fokus op die filosofie van

Swart Bewussyn (Black Consciousness).

In geheel het die swart man 'n dop geword, 'n skaduwee van 'n man, totaal verslaan,

verdrink in sy eie ellende, 'n os wat die juk van onderdrukking met skugterheid dra.

Hierdie is die eerste waarheid, bitter soos wat dit mag lyk, wat ons moet erken, voordat

ons kan begin met enige program om die status quo (huidige situasie) te verander ...

Die eerste stap is dus om die swart man tot inkeer te laat kom, om weer lewe in sy leë

dop te pomp, om hom met lewe en waardigheid te besiel, om hom te herinner dat hy deel

is van die misdaad deur toe te laat dat hy misbruik word en dus toelaat dat die bose die

alleenheerser in sy geboorteland is. Dit is wat ons bedoel met die proses van innerlike

visie. Dit is die definisie van 'Swart Bewussyn'.

BRON 4B

Hieronder is 'n weergawe van hoe Swartbewussynsidees van die 'swart' universiteite

na skole versprei het. Dit is aangepas uit Twentieth Century South Africa

deur

W Beinart.

As universiteitstudente en skrywers die hart van Swart Bewussyn was, was skoliere as

die politieke spits [voorpunt] die effektiefste. Tussen 1950 en 1975 het die aantal swart

kinders op skool van bykans een miljoen tot 3,5 miljoen toegeneem, en die verhouding

by sekondêre skole van 3 persent tot meer as 8 persent. Sekondêre uitbreiding was

veral dramaties tussen 1965 en 1975, toe dit bykans vyfvoudig, tot ongeveer 280 000,

toegeneem het. Klasgroottes was gemiddeld meer as 60 in skole in Soweto en het 100

bereik. Onderopgeleide onderwyspersoneel in skole waar 'n nypende tekort aan

toerusting was, het dit moeilik gevind om dit te hanteer en lyfstraf was aan die orde van

die dag. Skole het persele van uitbreiding, verwagting, van ontneming en van plofbare

politieke potensiaal geword.

Die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) was daarvoor verantwoordelik om

die skoliere meer bewus te maak van Swartbewussynsidees. Hulle was vir die politieke

bewuswording in hoërskole en swart universiteite verantwoordelik en het 'n direkte

impak gehad deur onderwysposte in Soweto te aanvaar. Onkgopotse Tiro, 'n

Swartbewussynsleier, wat uit die Turfloop Universiteit geskors is, het 'n geskiedenispos

aan die Morris Isaacson-skool in Orlando, Soweto, aanvaar. Skoliere is van die

geskiedenis van die stryd en Swartbewussynsidees bewus gemaak by

debatsverenigings en deur die Christelike Studentebeweging, mede-kurrikulêre

aktiwiteite wat deur die skoolowerhede aangemoedig is.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 11 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

BRON 4C

Hieronder is 'n versameling foto's wat tydens die Soweto-opstand op 16 Junie 1976

geneem is. Dit is uit The Soweto Uprisings

deur SM Ndlovu geneem.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geskiedenis/V1 12 DoE/Addisionele Model 2008

NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Armah, AK. 1979. The Beautyful Ones are Not Yet Born (Heinemann)

Baker, C. 1990. Russia 1917 - 1945 (Heinemann)

Beinart, W. 1987. Twentieth Century South Africa (Longman)

Bernstein, H. 1976. No 46 – Steve Biko

Bottaro, J et al. 2007. Oxford in Search of History Grade 12 (Oxford University Press)

Brooman, J. 1992. The Age of Excess (Longman)

Brooman, J. 2005. The Cold War – Superpower Relations 1945 – 1989 (Longman)

Brazier, C. Racism: Shouldering Our Responsibilities ( New Internationalist Magazine,

March

1985)

Clark, JF. 2002. The African States of the Congo War (Palgrave)

Culpin, C. 2000. South Africa Since 1948 (John Murray Publishers)

De Witte, L. 1999. The Assassination of Lumumba (Oxford University Press)

Downey, T et al. 2000. Russia and the USSR 1905 - 1995 (Oxford University Press)

Fiehn, T. 2005. Russia and the USSR 1905 - 1941 (London; John Murray )

Fisher, P. 1998. The Great Power Conflict (Stanley Thornes Publishers)

Govender, SP et al. 2007. New Generation History Grade 12 (New Generation Publishers)

Kelly, N et al. 1996. The Modern World (Oxford)

Kelly, N. 1996. Russia and USSR 1905 - 1956 (Oxford)

Lane, P. 1978. The USA in the Twentieth Century (London; Batsford) Leadership vol. 10

Meredith, M. 2005. State of Africa: History of Fifty Years of Independence (Jonathan Ball)

Ndlovu, SM. 1989. The Soweto Uprisings (Heinemann)

New Gener ation History Grade 12 Study Guide 2008 (New Generation Publishers)

Nugent, P. 2004. Africa Since Independence (Palgrave)

O' Callaghan, DB. 1974. From Roosevelt and the United States (Longman)

Puckrein, A. 1993. The Civil Rights Movement and the Legacy of Martin Luther King Jr,

(Smithsonian Institution)

Reader's Digest Illustrated History of South Africa, 1995 (Reader's Digest)

Roberts, M. 2001. South Africa 1948 - 1994 (Longman)

Robertson, J. 1986. Russia in Revolution (Oxford University Press)

Schmemann, S. 1990. When the Wall Came Down (London; John Murray )

Smith, N. 2000. The USA 1917 - 1980 (Oxford)

Taylor, D. 2002. The Cold War (Heinemann)

Taylor, F.1985. The Berlin Wall (Oxford)

Walsh, B. 1996. Modern World History (John Murray)

Waugh, S. 2001. Essential Modern World History (Canale)

Weissman, S. 2002. Opening the Secret Files of Lumumba's Murder (Washington Post)

Woods, D. 2001. Nelson Mandela-The Illustrated Long Walk to Freedom (Little Brown)

York, B. 1983. The Soviet Union

(Harrap)

Kopiereg voorbehou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!