DROOGTEVOEDING VAN SKAPE - Landbou.com
DROOGTEVOEDING VAN SKAPE - Landbou.com
DROOGTEVOEDING VAN SKAPE - Landbou.com
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Opskrif: Droogtevoeding van skape

Vraag: Wat kan ek voer om my skape te laat oorleef tydens ‘n droogte?

Hellao ! Naruseb hnaruseb@swkmun.com.na

Antwoord:

DROOGTEVOEDING VAN SKAPE

Droogtevoeding neem normaalweg ‘n aanvang wanneer die weiding nie meer instaat is

om minstens 30 % van die dier se voedingsbehoefte te voorsien nie. Die kernboodskap vir

droogtevoeding is eerstens om so gou moontlik van enige oortollige diere, oorslaanooie,

uitskotdiere en bemarkbare diere ontslae te raak deur hulle te verkoop of af te rond en te

bemark. Tweedens moet daar so ver moontlik gepoog word om in die minimum behoeftes

van reproduserende diere (ooie voor en tydens paring, laatdragtige en lakterende diere)

asook speenooilammers te voorsien om steeds ‘n aanvaarbare reproduksietempo te

handhaaf.

Droogte vorm ‘n integrale deel van die veebedryf van Suid-Afrika en aangesien daar tans

verskeie produsente in die greep van ‘n baie erge droogte vasgevang is, is dit van pas om ‘n

paar bestuurs- en voedingspraktyke tydens ‘n droogte te bespreek. Die doel van hierdie

artikel is om enkele van die belangrikste wenke in dié verband puntsgewys te lys.

Droogtevoedingopsies

• Die produsent se opsies hang af van sy eie finansiële situasie; of hy ‘n stoet- of

kuddeboer is; watter grondstowwe hy beskikbaar het of kan bekom asook die lengte en

die ernstigheid van die droogte.

• Kuddeboere, veral dié wat nie ‘n goeie gehalte kudde het nie, kan oorweeg om al sy

diere te verkoop, die geld te belê en na die droogte weer diere aan te koop. Daar moet

onthou word dat aanteeldiere na ‘n droogte dikwels skaars en duur is.

• Oorweging kan geskenk word om diere net vir oorlewing te voer, maar dit moet

opgeweeg word teen baie lae lam- en speenpersentasies, lae speenmassas met ‘n hoë

persentasie boepenslammers asook lae wolproduksie met ‘n hoë persentasie tengervagte.

• Vir produsente met goeie gehalte kuddes en stoetboere is die beter opsie om so gou

moontlik alle oortollige diere te bemark en die res teen so ‘n vlak te voer dat hulle steeds

teen ‘n aanvaarbare vlak produseer.

• Voorafgaande besluite moet teen die agtergrond geneem word dat op geen droogtehulp

of finansiële ondersteuning van die Regering staatgemaak kan word nie.

Wenke tydens droogtevoeding

• Klasseer skape en verkoop alle surplus diere (bv. dié met tand-, been-, klou-, uier- en

ander gebreke asook oorslaanooie) so gou moontlik.

• Goeie kwaliteit teelooie en –ramme is die mees waardevolle diere aan die einde van die

droogte. Hierdie diere moet spesiale versorging en voeding gedurende die droogte kry

indien teelprogramme volgehou wil word.
• Met rampdroogtes verskuif die klem na oorlewing en massaverlies van 15 tot 20 % kan

onder sekere omstandighede toegelaat word. Byvoeding moet egter ‘n aanvang neem

wanneer die skape minstens 3 tot 4 kg bo hulle minimum toelaatbare massa is, want

hulle gaan tydens aanpassing massa verloor. ‘n Massaverlies van tot 20 % is toelaatbaar

by droë diere terwyl produksie en veral reproduksie ingeboet sal word as reproduserende

diere (d.i. teeldiere voor en tydens paring, dragtige en lakterende diere) te veel massa

verloor. Indien hierdie strategie met teelooie gevolg word, sal dit aanleiding gee tot baie

lae lampersentasies (26 tot 47 %); hoë lamvrektes; swak lamgroei; toename in boepenslammers;

probleme om lammers markklaar te kry; drastiese afname in wolproduksie en

‘n toename in die getal tenger vagte. Hoe vroeër byvoeding ‘n aanvang neem, hoe

minder byvoeding word benodig om die dier te onderhou. Beter resultate word behaal

as byvoeding vroeër op ‘n laer peil as later op ‘n hoër peil begin word.

• Kripspasie hang af van die grootte, getal skape en die hoeveelheid voer wat gevoer

word. Indien ‘n klein hoeveelheid voer daagliks gevoer word, moet vir ‘n kripspasie van

minstens 15 cm (ideaal is dat alle diere gelyktydig kan vreet, d.i. 30 – 45 cm/dier) per

skaap voorsiening gemaak word.

• Indien hooirakke nie beskikbaar is nie, moet die bale oopgebreek word en oor ‘n wye

oppervlakte uitgesit word om diere vrye toegang te gee. In die geval van ronde bale

moet dit oopgerol word.

• ‘n Gedeelte, soms tot 10 %, van die skape sukkel om by droogtevoeding aan te pas (sg.

skaamvreters). Hierdie diere moet van die res verwyder word en apart gevoer word.

Begin met goeie kwaliteit hooi en gooi mettertyd die graan- of konsentraataanvullings

bo op die hooi om hulle te leer vreet.

• Weens die hoë konsentrasie diere in klein kampies tydens droogtevoeding is daar ‘n

geweldige opbou van interne parasiete. Om dit te beperk, moet die diere gedoseer word

voordat hulle in die klein kampies geplaas word. Mismonsters van merkergroep diere

moet gereeld geneem word om parasietbesmetting te monitor en om te besluit wanneer

dosering moet geskied.

• Bloednier kan ‘n probleem wees tydens droogtevoeding weens die verandering van

voeding (bv. van weiding na kragvoer of van laasgenoemde na groenweiding nadat die

droogte gebreek is) en diere behoort dus voorkomend geïmmuniseer te word.

• Vitamien A-tekorte kan voorkom wanneer diere vir langer as drie maande nie toegang

tot groenweiding gehad het nie en behoort dus aangevul te word.

Byvoeding wanneer voldoende droë weiding of ruvoer nog beskikbaar is

• Dit is belangrik om daarop te let dat skape, al word hulle vir onderhoud gevoer, steeds ‘n

gebalanseerde voorsiening van energie, proteïen, minerale en vitamienes moet ontvang.

Veral onder spanningstoestande soos tydens droogtevoeding is gebalanseerde voeding

noodsaaklik vir die gesondheid van diere en diere wat nog steeds moet reproduseer.

• Energieryke grane (bv. mielies en kleingrane) moet nooit alleen as enigste byvoeding op

droë weiding of saam met droë ruvoer gevoer word nie, want dit versuur die grootpens

van die skaap. Sodra die grootpens se pH onder 6.2 val, begin die mikrobes, wat vesel

verteer, afsterf. Dit verlaag veselvertering en gevolglik die inname van droë weiding en

ruvoer. In sulke omstandighede sal diere min wei en meer geneig wees om by die

voerbakke lê. Die voer van grane alleen sal ook geneig wees om tot meer gevalle van

geboorteprobleme aanleiding te gee asook swak uierontwikkeling; abnormale dik en taai

bies; lae bies en melkproduksie; hoë persentasie lamvrektes en ooie wat lammers

weggooi; swak lammers met geboorte en swak lam groei. Vir die beste resultate moet

2
grane altyd saam met proteïenbronne as deel van ‘n goed gebalanseerde lek of rantsoen

gevoer word.

• Sjokoladegraan [200 kg heel grane + 25 kg Voermol Korn Kandy (V1551) + 4 kg

voerkalk] kan met welslae as energie-aanvulling vir droë diere en middragtige ooie

(maand twee en drie van dragtigheid) tydens droë toestande gebruik word. Dit kan

gedoen word op voorwaarde dat daar nog voldoende droë weiding is of droë ruvoer

moet addisioneel voorsien word. Sjokoladegraan kan teen 200 tot 300 g/skaap/dag op

harde oppervlaktes of in bakke op so ‘n wyse gevoer word dat alle diere gelyktyktydig

kan vreet.

• Wanneer voldoende droë weiding en/of ruvoer (bv. hooi, strooi, mielieblare, ens.)

beskikbaar is, moet voldoende proteïen aangevul word om die verteerbaarheid daarvan

te verhoog asook die inname daarvan te stimuleer. Die rumenaktiwiteit van die

mikrobes kan gestimuleer word deur minstens 15 tot 20 ml/skaap van die volgende

mengsel elke twee tot drie weke te doseer: Meng 750 ml asyn met 2 kg bruinsuiker en

4 pakkies suurdeeggis en maak na 5 liter op met water.

• Droë skape en middragtige ooie (maand twee en drie van dragtigheid) kan tydens

droogtetoestande slegs vir onderhoud gevoer word. Een van die volgende aanvullings

kan twee tot drie keer per week aan hierdie klas diere gevoer word solank daar nog

volop droë weiding beskikbaar is of ruvoer (500 – 1 000 g/dier/dag) kan addisioneel

bygevoer word indien weiding skaars of nie beskikbaar is nie:

(1) Voermol Ekonolek (V11147: is klaargemeng) teen 100 tot 180 g/dier/dag,

(2) Voermol Winslekkonsentraat (V17865), meng 250 kg Winslekkonsentraat met

100 kg sout en voer teen 100 tot 180 g/dier/dag

(3) Voermol Super 18 (V355) teen 200 tot 250 g/dier/dag. Indien die inname te hoog is,

kan 4 tot 5 kg sout by elke sakkie Super 18 gevoeg word,

(4) Voermol Proteïenblok (V10448) teen 100 tot 150 g/dier/dag,

(5) Sjokoladegraan (sien voedingsinstruksies hierbo) of

(6) Voermol Maxiwolsoutmengsel [400 kg Maxiwol (V4985) + 100 kg sout] teen 125

tot 200 g/dier/dag veral vir wolskape om breekwol te beperk.

• Vir laatdragtige en lakterende ooie asook jongooie en vir prikkelvoeding van teelooie

moet, wanneer daar nog voldoende droë weiding is, deurvloeiproteïen en energie

aangevul word. Deurvloeiproteïen sal uierontwikkeling bevorder, bies- en melkproduksie

verhoog terwyl dit weidingsinname sal stimuleer. Laatdragtige en lakterende

ooie moet daagliks gevoer word. Een van die volgende aanvullings (250 tot

500 g/ooi/dag) kan aan hierdie klas diere gevoer word solank daar nog volop droë

weiding beskikbaar is of ruvoer (1 – 1.5 kg/dier/dag) kan addisioneel bygevoer word

indien weiding skaars of nie beskikbaar is nie:

(1) Voermol Maxiwollekmengsel (250 kg Maxiwol + 200 kg gemaalde grane + 50 kg

sout),

(2) Voermol Super 18-lekmengel [160 kg Super 18 + 100 kg Voermol Procon 33

(V8097) + 200 kg gemaalde grane + 5 kg voerkalk + 50 kg sout],

(3) Voermol Maxiwol Produksiekorrels (V15415: is ‘n klaargemengde lek),

(4) Voermol Maxiblok (V17424). Ooie wat besig is om te lam en na voerbakke

hardloop wanneer voer uitgegooi word, kan so permanent van hulle lammers geskei

word wat tot hoë lamvrektes aanleiding gee. Om dit te voorkom, kan Maxiblokke in

lamkampe uitgepak word. Nuwe blokke moet uitgesit word voordat die oues

heeltemal opgevreet is, die proses van uitsit van blokke moet rustig en kalm geskied

terwyl die blokke verspreid in die lamkamp uitgesit moet word. Gedurende lamtyd

moet hoogstens 15 ooie per lekblok toegeken word.

3
(5) Sjokoladegrane moenie vir laatdragtige en lakterende ooie gevoer word nie omdat

dit dieselfde probleme as die voer van grane alleen kan veroorsaak (sien hierbo).

Sjokoladegrane kan wel as prikkelvoeding en vir jongooie gebruik word. Vir

prikkelvoeding moet byvoeding minstens vanaf vier weke voor paring ‘n aanvang

neem vir ‘n periode van minstens agt weke. Die doel is om hulle kondisie te

verbeter en hulle in ‘n toestand van massatoename te kry wanneer die ramme

bygesit word. Met jongooie moet gepoog word om hulle paringsmassa minstens op

80 % van volwasse massa te kry met paring op 18 maande of so nie kan paring ‘n

paar maande uitgestel word indien dit prakties moontlik is.

Byvoeding wanneer droë weiding skaars is en geen ruvoer beskikbaar is nie

• Wanneer geen of baie min droë weiding beskikbaar is asook geen hooi of ander ruvoer

nie, is die enigste uitweg om na voerkorrels oor te skakel.

(1) Droë diere moet minstens 500 tot 750 g Voermol Droogtekorrels (V5554)/dier/dag

gevoer word. Dit hoef nie daagliks, maar kan twee tot drie keer per week gevoer

word.

(2) Middragtige ooie moet minstens 750 tot 1 000 g Voermol Droogtekorrels/dier/dag

gevoer word. Dit hoef nie daagliks, maar kan twee tot drie keer per week gevoer

word.

(3) Laatdragtige en lakterende ooie; jongooie en vir prikkelvoeding van teelooie moet

in hierdie omstandighede minstens 1 tot 1.5 kg Voermol Droogtekorrels/ooi/dag

gevoer word plus die onderskeie deurvloeiproteïenbevattende lekke wat in die

vorige Afdeling vir hierdie klas diere voorgeskryf is. Laatdragtige en lakterende

ooie moet daagliks gevoer word.

Gevolge van ondervoeding

• Voor en tydens paring: Besetting en ovulasietempo neem af indien ooie kort voor die

prikkelperiode en tydens paring massa en kondisie verloor wat tot swak besetting en ‘n

lae lampersentasie lei.

• Vroeë dragtigheid (eerste maand van dragtigheid): Afsterwing van bevrugte embrio’s

(resorbsie) met ‘n gevolglike lae lampersentasie.

• Middragtigheid (maand twee en drie van dragtigheid): Afsterwing van fetusse met ‘n

gevolglike lae lampersentasie en klein lammers met geboorte.

• Laatdragtigheid (maand vier en vyf van dragtigheid): Domsiekte; as ondervoeding baie

erg is, kan aborsies voorkom; swak uierontwikkeling; lae biesproduksie en breekwol.

• Lamtyd: Swak lammers met geboorte; geboorteprobleme (lammers met ‘n geel

geboortekleed); meer doodgebore lammers; min, geen of taai bies; hoë persentasie ooie

wat lammers weggooi en hoë lamvrektes.

• Laktasie (veral eerste twee tot drie maande): Lae melkproduksie; swak lamgroei; lae

speenmassa; ‘n hoë persentasie boepenslammers; ‘n lae lampersentasie met die daaropvolgende

lamseisoen en breekwol.

Vroegspeen

• Gedurende droogtetoestande moet ernstig oorweeg word om lammers vroeër as

normaalweg te speen. Groeitempo’s van sogende lammers van minder as 100 en 150

4
g/dag onderskeidelik van klein- en grootraam (bouvorm) ooie verhoog die risiko van

lamvrektes.

• Lammers moet verkieslik nie ligter as 20 kg gespeen word nie. Waar lammers ligter as

15 kg gespeen is, het heelwat vrektes voorgekom. Lammers wat vroeggespeen word,

moet kruipvoer voor speen gevoer word en hulle moet dit na speen ontvang totdat hulle

ten minste 30 kg weeg. Lammers behoort nie gespeen te word voordat hulle ten minste

250 g kruipvoer/lam/dag vreet nie. Die volgende kruipvoermengsel moet ad lib. gevoer

word: 150 kg Voermol SS 200 (V8592) + 100 kg Voermol Procon 33 + 80 kg Voermol

Melassemeel (V1995) + 675 kg gemaalde grane.

Voerkraalafronding

• Diere wat nie markklaar is nie, moet so gou moontlik afgerond word. Dit is meer

ekonomies om diere af te rond en markklaar te kry en te verkoop as om dieselfde kostes

oor ‘n langer tydperk te spandeer deur diere vir onderhoud te voer.

• Een van die mees kritieke faktore wanneer skape afgerond word, is dat die diere

geleidelik en stadig op die voerkraalrantsoen aangepas moet word. Tydens die

aanpassingsperiode moet daar voldoende vreetspasie wees sodat alle diere gelyktydig

kan vreet terwyl ruvoer ad lib. tydens die aanpassingsperiode voorsien moet word.

• Die volgende volledige afrondingsrantsoen kan met groot welslae gebruik word: 200 kg

Voermol SS 200 + 25 kg Voermol Procon 33 + 80 kg Voermol Melassemeel + 550 kg

gemaalde mielies of heel gars + 150 kg gemaalde strooi (15 mm partikellengte).

• Wanneer sjokoladegrane vir afronding gebruik word, moet ruvoer vir die volle

afrondingsperiode ad lib. voorsien word. Lammers, veral onder 25 kg, presteer swak op

sjokolademielies omdat hulle inname laag is weens die harde pitte. Daarteen gee

sjokoladekleingraan, veral gars, uitstekende resulate.

• Boepenslammers vaar baie swak in voerkrale en neem baie lank om af te rond.

Algemene opmerkings

• Droogte dien net een goeie doel en dit is dat dit diere wat swak aangepas is, uitwys.

Hulle kan gemerk word en later wanneer hulle kondisie verbeter het, bemark word.

• Lekke dien slegs as ‘n aanvulling van ‘n beperkende voedingstof of –stowwe tot weiding

en is nie ‘n voer nie en word daarom slegs aanbeveel wanneer daar voldoende weiding is

of as voldoende ruvoer addisioneel verskaf word.

• Uitermate hoë lekinnames kan gedurende ‘n droogte voorkom wanneer voldoende

weiding of ruvoer nie beskikbaar is nie. Dit is bekend dat diere wat erg verhonger is,

veral as hulle vir ‘n tydperk ‘n proteïengebrekkige dieet ontvang het, in ‘n groot mate

hulle vermoë verloor om ammoniak na ureum in die lewer om te sit. Selfs baie lae

ureuminname kan in hierdie omstandighede toksies wees. Hoë ureumbevattende

produkte moet met omsigtigheid in hierdie omstandighede aanbeveel word omdat dit tot

ureumvergiftiging kan lei. Maer diere op proteïengebrekkige en skaars weiding moet

nie ureumryke produkte gevoer word nie, mits hulle met grane of melassemeel verdun

is.

• Wanneer die droogte gebreek is, moet diere van die weidings gehou word totdat daar

voldoende groenweiding beskikbaar is om te voorkom dat die diere agter die groen

opslag (green pick) aan hardloop wat tot groot vrektes in die geval van swak diere

aanleiding kan gee. Sodra voldoende weiding (minstens 3 cm hoog) beskikbaar is, moet

die diere geleidelik oor ongeveer sewe dae daarop aangepas word deur hulle aanvanklik

5
net vir een tot twee uur per dag te laat wei en elke dag die tyd te verleng. Indien diere

nie aangepas word nie kan dit tot spysverteringsteurnisse en vrektes lei. Skape moet nie

honger wees wanneer hulle finaal op die groenweiding uitgeplaas word nie. Gee dus

hulle daaglikse rantsoen voordat hulle laatnamiddag op die weidings geplaas word. Dit

is hoogs aanbeveel dat die diere gedoseer word voordat hulle op die skoon weidings

geplaas word. Indien maagwerk op die groen sappige weidings voorkom, kan ruvoer

indien beskikbaar, addisioneel bygevoer word. Laatdragtige ooie sal waarskynlik

aanvanklik byvoeding moet ontvang om domsiekte te voorkom.

Indien alternatiewe lekresepte of meer tegniese inligting oor droogtevoeding verlang word,

raadpleeg u naaste Voermol Agent of Voermol se Hoofkantoor (032 - 4395599) of stuur ‘n

e-pos aan info@voermol.co.za.

Indien u enige raad of advies t.o.v. dierevoeding benodig, skryf aan:

Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere, Posbus 13, Maidstone 4380

of skakel 032 - 4395599 of stuur ‘n e-pos aan: info@voermol.co.za

6