04.05.2013 Views

Van links na regs: Morné Nell, Clinton Prins - Momentum

Van links na regs: Morné Nell, Clinton Prins - Momentum

Van links na regs: Morné Nell, Clinton Prins - Momentum

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

FoKus oP Metropolitan eMployee Benefits

Van links na regs: Morné Nell, Clinton Prins, Kenny Meiring, Tajudin Parkar, John Melville, Fransesco Joshua, Thinus Alsworth-Elvey.

Ingestel op groei

MetEB se resep werk.

Metropolitan Employee Benefits

(MetEB) vier vanjaar sy 15de bestaansjaar.

Die maat skappy wil nou voortbou

op sy geskiedenis van bestendige groei in

’n bedryf wat gekenmerk word deur lae marges,

stygende koste en swak winsgewendheid.

MetEB is die enigste maatskappy in die SA

bedryf wat sy risikomarkaandeel sedert 2001

elke jaar vergroot. “In ’n geslote mark moet

al die sake wat ons kry, uiteraard van mededingers

af kom,” sê Kenny Meiring, hoof van

56 FINWEEK 27 MEI 2010

makelaarsverkope en -bemarking van MetEB.

“Ons moet iets reg doen.”

Die samesmelting van Metropolitan en Momentum

wat vroeër vanjaar aangekondig is, hou

voordeel in vir groei. Die samesmelting sal albei

maatskappye se produkaanbieding vergroot en

hulle sal baat vind by beter groeigeleenthede,

inkomstesinergie en skaalbesparing vanweë

aanvullende teikenmarkte, ’n sterk mensekapitaalbasis

en groter finansiële hulpbronne.

Die afdeling vir werknemervoordele maak

Kliënttevredenheid dui die koers aan

naVorSerS in Amerika het bewys dat

’n regstreekse verband tussen kliënttevredenheid

en die toekomstige sukses van ’n

onderneming bestaan. Hulle het bevind dat

maatskappye met ’n stygende tevredenheidstelling

in 2009 tydens die afswaai aansienlik

beter as dié met ’n dalende telling gevaar het.

Maatskappye met ’n stygende tevredenheidstelling

het net 30% van hul markwaarde

verloor, terwyl maatskappye waarvan die

kliënteteVredenheidSindekS 2006-2010

Hoë kliëntebehoud

90

70 73

50

30

Lae kliëntebehoud

59 56 62 59

Totaal 2010 2009 2008 2007 2006

Basis 125 65 98 90 108

Basisgeweeg 2920 1201 2130 2129 2105

Bedryfsnorm

65

66

Versekeringsbedryfsnorm

(Internas.)*

Onderneming-totondernemingsnorm

(Internas.)**

kliënttevredenheid afneem, gemiddeld 57%

van hul waarde verloor het.

Navorsing is belangrik om ondernemings

daarvan bewus te maak dat hulle daarop moet

fokus om kliënte gelukkig te maak deur die klienttevredenheidsvlak

voortdurend te monitor.

Metropolitan Employee Benefits (MetEB)

het Project Score in Februarie 2005 aangestel

om die diensvlak te monitor en het intussen

elke jaar die navorsing herhaal – wat bewys

het dat dit die geval is.

Die kliënttevredenheidsindeks, wat op

die algehele prestasie, die waarskynlikheid

van ’n aanbeveling, die waarskynlikheid

van heraankope en mededingingsvoordeel

behaal gegrond is, dui op vlakke hoër as die

internasionale norm en die hoogste vlak wat

tot dusver behaal is (sien die grafiek).

Kenny Meiring, hoof vir makelaarsverkope

en -bemarking van MetEB, sê die navorsing het

van onskatbare waarde geblyk te wees: “Dit het

ons denke verskerp. Met Project Score kon ons

probleme met ons produkte identifiseer en ons

gebruik dié inligting om belangrike veranderinge

aan ons onderneming aan te bring. n

’n beduidende deel van Metropolitan se sake

uit: sowat 800 000 lede met begrafnispolisse,

600 000 lede met groeplewensversekering en

sowat 250 000 lede by verskillende pensioenfondse.

Meiring sê MetEB vaar goed omdat hy ’n

volhoubaarheidsbenadering volg. MetEB het

die versoeking weerstaan om by ’n prysoorlog

betrokke te raak en het eerder daarop gefokus

om hom te onderskei deur billike pryse vir

voordele, vir sy nakoming van diensbeloftes, ’n

billike evaluering van ongeskiktheidseise en

deur sy kliënte te help om sterfte en ongeskiktheid

weens MIV/vigs en ander te beperk.

MetEB het in 2009 SA se eerste goue

Imbasa Yegolide-toekenning vir risikobestuurder

van die jaar verower wat deur die Principal

Officer Association (POA) in samewerking met

die Britse Global Pensions toegeken is. Die

maatskappy is weer vanjaar benoem. Hy is ook

verlede jaar deur die Professional Management

Review (PMR) aangewys as die topmaatskappy

in die bedryf vir groeprisiko, groeppensioene

en voorsorg- en beleggingsprodukte.

MetEB se visie vir die toekoms is duidelik:

Hy wil sy sterk punte uitbou, sy sakeboek

uitbrei, sorg dat sy produkaanbiedings innoverend

en aanpasbaar bly en die huidige vlak

van betrokkenheid met kliënte handhaaf, ook

ná die samesmelting. n

* n=92 000 ** n=220 000 Bron: tns research surveys kenny

Meiring

Handelsmerkposisionering

handelSMerkidentiteit is een van

die belangrikste aspekte van enige onderneming

– groot of klein. ’n Handelsmerk is nie

net ’n embleem nie, maar verteenwoordig

mens se sake-etiek, -persoonlikheid, -waardes

en -aanslag.

Metropolitan se handelsmerk verteenwoordig

die hart en siel. Hy besef dat hy met

regte mense se geld werk wat dikwels die

enigste bron van spaargeld vir hul aftrede is.

Metropolitan Employee Benefits (MetEB)

is die voorkeurkeuse vir aftreefondse wat

optimale batebeskerming wil hê en dit is een

van die snels groeiende maatskappye op ’n

volhoubare grondslag in die bedryf.

Metropolitan het nie net in Augustus 2009

die tweede plek in Sunday Times se peiling

oor voorste handelsmerke in die kategorie

“langtermyn-versekering – onderneming tot

verbruiker” beklee nie, maar sy beeld van kapitaalbewaring

het weens die finansiële krisis en

verskeie bedryfskandale meer relevant as ooit

tevore geword.

“Mense moet gemaklik voel daarmee en

gerus wees dat ons kundiges na hul geld

omsien,” sê Clinton Prins, handelsmerkbestuurder

van MetEB. “Ons bemarkingslagspreuk

– beskerm jou bates – en ons veiligheidshelm

as ikon beeld juis dit uit.”

die reSeSSie het die manier verander

waarop sake gedoen word en beleggers

het waardevolle lesse geleer. Een daarvan is

die belangrikheid van kapitaalbeskerming.

Pensioenfondslede wat aftrede nader, kan dit

gewoonlik nie bekostig om risiko te neem of

aggressiewe beleggingstrategieë te volg nie.

Dit is waarom lede van fondse met

individuele ledekeuse en veral diegene met

’n klein risiko-aptyt gladgestrykte bonusfondse

behoort te oorweeg. Lede moet egter

waaksaam bly en die prestasie van hul fonds

deurlopend monitor aangesien internasionale

omstandighede nog onseker is en dit nog

geruime tyd so kan bly.

’n Onlangse ontleding deur Metropolitan

Employee Benefits (MetEB) het aan die

lig gebring dat gladgestrykte bonusfondse

goeie kapitaalbeskerming bied én gesonde

opbrengste lewer (sien grafiek).

Metropolitan se multibestuurder- gladgestrykte

groeifonds, ’n leier in die sektor, het vir

Handelsmerkherkenning – wanneer mense

’n embleem sien of ’n naam hoor en onmiddellik

’n prentjie van die onderneming vorm

– is om baie redes waardevol. Dit dra nie net

tot jou openbare beeld by nie, maar maak

werknemers trots op hul werk.

“Dit is noodsaaklik om ons handelsmerkboodskap

aan ons huidige en toekomstige

werknemers oor te dra,” sê Prins. “Gemengde

boodskappe kan verwarring en rigtingloosheid

veroorsaak.”

“Die mense wat vir MetEB werk, is ambassadeurs

van die handelsmerk, en ons sorg dat

hulle almal ons handelsmerkwaardes en sleutelboodskappe

verstaan. Ons verspreidingspanne

is noodsaaklike bevorderaars van

ons handelsmerk, want hulle werk daagliks

met ons kliënte. Ons sorg dat hulle gemaklik

voel daarmee om ons produkte te bemark,

want hulle glo in die handelsmerk en ons

produkte.

“Interne handelsmerkposisionering is ’n

belangrike deel van wat ek doen,” sê Prins. “Dis

noodsaaklik, want personeellede moet in ons

handelsmerk glo voordat hulle dit kan uitdra.

Ons het ’n gestruktureerde waardeproses wat

uitstekende kliëntediens beloon en wat ’n

suksesvolle resep geblyk te wees het. Dit skep

entoesiasme en tevrede mededinging, en per-

Metropolitan se gladgestrykte fonds

die driejaartermyn tot einde Maart heelwat

beter as gebalanseerde fondse gepresteer,

met ’n geannualiseerde opbrengs van 8,65%

teenoor 5,65%. Oor die vyf jaar tot einde Maart

het die fonds effens swakker as gebalanseerde

fondse gevaar. Ondanks die insinking in die

aandelemark van Mei 2008 tot Februarie 2009

het die fonds kapitaal bewaar (sien grafiek).

Gladgestrykte bonusfondse bied beleggers

blootstelling aan die mark sonder om aan

markwisselvalligheid uitgelewer te wees. Die

eerste prioriteit is korttermyn-bestendigheid

deur kapitaal te bewaar en tweedens om mededingende

reële opbrengste op lang termyn

te genereer – VPI + 4% in die geval van die

Metropolitan-fonds.

“Op ’n geannualiseerde grondslag oor vyf

jaar het die fonds reeds die teiken oortref en

bly dit baie mededingend teenoor gebalanseerde

fondse,” sê Tajudin Parkar, senior bestuurder

vir beleggingsbemarking van MetEB.

“Afgesien van kapitaalbewaring is dit die

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

Clinton prins

Trotse, gelukkige mense.

soneellede is gelukkig om by MetEB te wees.”

Prins sê MetEB se personeelomsetkoers is

baie laag en party wat weggegaan het, het teruggekeer.

“Ons het deur die jare ’n sterk span

opgebou en ons werk goed saam,” sê hy.

“As jy jou personeel gelukkig hou, het hulle

’n positiewe uitwerking op die handelsmerk –

van die persoon wat die telefoon antwoord tot

die een wat ’n produk verkoop of ’n oplossing

aanpas,” sê Prins. n

Metropolitan Multi-Manager SMooth

growth fund global (MMSgf global)

1 150

1 050

950

850

Waarde van R1 000 op 1 Jan 2008 belê vs. die

gebalanseerdebestuurder - mediaan

MMSGF Global

750

Gebalanseerde fonds - mediaan

Jan 08 Feb 09

Mrt 10

Bron: Metropolitan

rede waarom die fonds ons gewildste produk

in die kapitaalbewaringsprodukreeks is: dit is

wyd bekend in die mark,” sê hy.

Gladgestrykte bonusfondse se onderliggende

(wisselvallige) bateopbrengste word

nie aan lede verklaar nie en die fondswaarde

27 MEI 2010 FINWEEK 57

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

is ook nie kwesbaar vir markskommelings

soos wat markgekoppelde fondse is nie. Dit

stryk opbrengste oor tyd uit en verklaar dan ’n

maandelikse bonus. Dit sorg dat die opbrengs

nooit negatief is nie (minstens 0% ná koste) en

kapitaal word so bewaar.

Sedert Augustus 2008 is lede byvoorbeeld

teen die ernstige aandelemarkregstelling en

teen negatiewe markopbrengste beskerm.

“Ons het in November van daardie jaar lae

bonusse vir twaalf maande begin verklaar,” sê

Parkar. Omdat die Metropolitan-fonds ’n deels

gevestigde produk is, bestaan dit uit sowel

gevestigde as niegevestigde bonusse. In taai

marktoestande kan niegevestigde bonusse

uitgeskakel word.

“Verskaffers van sulke bonusfondse sal

hierdie aspek nie goedsmoeds benut nie,” sê

Parkar. Hulle sal net ’n niegevestigde bonus

weglaat as dit regtig nie anders kan nie.

“Ons is baie trots daarop dat ons fonds sorgvuldig

bestuur is deur die moeilike tye in 2009

sodat niegevestigde bonusse nie afgeskaf is nie

en lede se kapitaal beskerm is,” voeg Parkar by

(Sien tabel 1).

Nog ’n groot voordeel van ’n belegging in

’n gladgestrykte bonusfonds is die benydenswaardige

prestasiegeskiedenis. Hulle is al 20 jaar

in die mark en is deur ekstreme marksiklusse

getoets. Daarby het die beleggingsinstrument

oor die jare ontwikkel en deesdae is goeie

korporatiewe bestuur ’n kerndeel van die fondse.

Die koste is ook mededingender en deursigtiger.

’n Pensioenfondslid wat risiko wil vermy

en ’n belegging vereis wat inflasie klop, sal

hierdie produk aantreklik vind. In gevalle van

dood, ongeskiktheid, aftrede, afdanking of bedanking

is die lid geregtig op die boekwaarde

van die bates, wat neerkom op die bydraes

wat oor die termyn tot die fonds gemaak is,

minus koste en plus bonusse tot en met die

datum van beëindiging.

“Die Metropolitan-fonds het twee soorte

eenvoudige, verstaanbare tariewe: die standaard-bestuursgeld

en ’n kapitaalheffing (die

koste van die kapitaalwaarborg),” sê Parkar.

“Daar is geen versweë of versteekte koste

nie.” Bestuursgeld bedra 0,6% per jaar op die

eerste R50 miljoen en 0,5% op enige verdere

Tabel 2

58 FINWEEK 27 MEI 2010

tajudin parkar

Geen versweë of versteekte koste.

Tabel 1

huidige batebeStuurderkeuSe

MaandelikSe bonuSSe

Maand Oorgedra (%) Nie-oorgedra (%) Totaal (%)

Mei 10 0,25 0,15 0,4

Apr 10 0,25 0,15 0,4

Mrt 10 0,15 0,15 0,3

Feb 10 0,1 0,1 0,2

Jan 10 0,1 0,1 0,2

Des 09 0,1 0,1 0,2

Nov 09 0,1 0,1 0,2

Okt 09 0,08 0 0,08

Sep 09 0,08 0 0,08

Aug 09 0,08 0 0,08

Jul 09 0,08 0 0,08

Jun 09 0,08 0 0,08

Bron: Metropolitan

Bateklas Bestuurder

RSA-aandele Allan Gray (12,38%) Foord (12,38%) Coronation (12,38%) Abax (12,38%)

RSA-effekte Investec (5%) Prescient (5%) Prudential (5%)

RSA-kontant (5%)

Eiendom (7,5%) MetAM (15%)

MVI (2,5%)

Fonds van verskansingsfondse Brait (3%)

Wêreldwye effekte MetAM (3%)

Wêreldwye aandele Brandes (4,83%) Marathon (4,83%) Orbis (4,83%)

Bron: Metropolitan

bedrag. Die kapitaalheffing op die portefeulje

is 1% per jaar. Daar is ’n bykomende heffing vir

individuele beleggingskeuses.

Parkar sê: “Ons volg ’n multibestuurderbenadering

en ons fokus op ons twee kernsake:

ons lewensversekering en ons sterk balansstaat,

wat voordeelwaarborge kan onderskryf.”

“Kyk na die finansiële resultate vir 31 Desember

2009,” sê hy. “Die groep se statutêre

kapitaaltoereikendheidsverhouding (CAR)

is 3,7 keer en die graderingsagentskap Fitch

beoordeel sy finansiële stand as versekeraar as

AA-, selfs ná die finansiële krisis. Albei aspekte

beklemtoon ons sterk punte.”

Die fonds was die eerste in die kapitaalbewaringsveld

wat ’n multibestuurderbenadering

volg. “Batebestuurders word volgens uitnemendheid

op ’n spesialisgebied uitgesoek,”

sê Parkar. “Ons kies die beste bestuurders in

verskeie bateklasse in die bedryf, van aandele

tot effekte, om ’n veelsydige portefeulje te

skep.” (Sien tabel 2).

“Ons het ook ’n baie robuuste moniteringsproses

vir bestuurders en as ons ontevrede is

met die prestasie van ’n bepaalde bestuurder,

sal ons hom deur ’n ander vervang,” sê hy.

Nog ’n aspek waarmee MetEB ’n voorloper in

die bedryf is, is die instelling van ’n onafhanklike

bestuurskomitee wat toesig hou oor die reeks

gladgestrykte-bonusprodukte ooreenkomstig

’n handves waarop die komitee en MetEB ooreengekom

het. Dit is reeds in 2003 deurgevoer.

In Januarie 2008 het die Raad op Finansiële

Dienste (RFD) die regsomgewing geformaliseer

betreffende die bestuur van diskresionêre

deelnemingsprodukte (gladgestrykte-bonusprodukte)

van langtermyn-versekeraars.

Die direksie van Metropolitan Holdings

het toe ’n subkomitee, die aktuariële komitee,

aangewys om namens hom as diskresionêre

deelnemingskomitee op te tree. Op 1 Januarie

2008 het die vorige vrywillige bestuurskomitee,

wat geen verwantskap met die direksie gehad

het nie, hul pligte aan die deelnemingskomitee

oorgedra ten einde te voldoen aan die vereistes

van riglyn 147 wat die RFD oor die wet op

langtermyn-versekering uitgereik het.

In Mei 2009 het die deelnemingskomitee

van Metropolitan bevestig en aan sy kliënte

berig dat die fonds in 2008 ooreenkomstig die

beginsels en praktyk van finansiële bestuur

bedryf is.

“Dit beteken ons het die produk bestuur

op die wyse wat ons gesê het ons dit doen

en al het ons verander van ’n vrywillige na ’n

verpligte bestuurstruktuur, het ons dieselfde

vlak van goeie bestuur as voorheen gehandhaaf,”

sê Parkar.

Wat gladgestrykte bonusfondse betref,

moet trustees in die bestuur van die fonds

noukeurig aandag aan korporatiewe bestuurstrukture

gee. n

die debat oor die hervorming van maatskaplike

voorsorg die afgelope paar jaar het

dit onder mense se aandag gebring hoe

ingewikkeld die uitdagings is waarmee die

samestellers van ’n nasionale maatskaplike

spaarskema te kampe het.

Om toereikende dekking te verseker, is een

van die grootste probleme wat die pensioenfondsbedryf

in die gesig staar. Terwyl baie

Suid-Afrikaners tans die een of ander vorm

van aftreeversekering deur ’n private en/of

die staat se ouderdomspensioenskema het,

bly die toereikendheid van die dekking ’n

probleem vir sowel die regering as die private

sektor.

Daar word gereeld berig dat net 10% van

Suid-Afrikaners in gemak aftree. Dit plaas ’n

groot las op die staat se welsynstelsel en dit

beteken ’n laer lewenspeil ná aftrede.

Terwyl die regering die leemte probeer

hanteer deur die moontlike instelling van ’n nasionale

maatskaplike spaarskema, kan dit jare

duur voordat dit ’n werklikheid word weens al

die probleme wat daarmee gepaardgaan.

Intussen het die regering die afgelope

paar jaar verskeie ander struikelblokke in die

pensioenfondsbedryf aangepak wat die instelling

van ’n nasionale skema makliker kan maak.

Bedryfsrolspelers meen verdere regulering

kan help om die regering se doelstellings vir

maatskaplike hervorming te bereik.

John Melville, uitvoerende hoof van Metropolitan

Employee Benefits (MetEB), reken daar

moet ’n sterker fokus op bedryfsvlak wees. “’n

Paar wysigings aan reëls en regulasies kan gou

voordele vir alle betrokkenes meebring,” sê hy.

Melville se eerste voorstel is om ’n Mzanzitipe

goedkoop aftreeproduk te skep wat op

die informele sektor gerig is. “Die bedryf kan

die regering help om iets saam te stel wat

lewensvatbaar is ten einde kritieke dekking

te verseker, byvoorbeeld vir werkers in die

landbousektor,” sê hy.

Die tweede saak wat aandag verg, is

kapitaalbewaring. SA is een van die min lande

wat lede toelaat om hul volle pensioenfonds

te onttrek wanneer hulle die diens van ’n onderneming

verlaat. “Die wetgewers moet reëls

instel om dié praktyk te bekamp,” sê Melville.

“Daar moet ’n mate van verpligting wees

om mense sover te kry om op lang termyn

verantwoordelik op te tree,” sê hy. Soos sake

nou staan, is die statistieke skokkend. Tans is

90% van alle afgetredenes hulpbehoewend of

word deur hul kinders versorg.

Melville meen dat die wetgewing aanpasbaar

moet wees. “Daar moet egter voorsiening

gemaak word vir gevalle van afdankings of

ongeskiktheid of ander ekstreme situasies

waar maksimum ’n derde van die geld onttrek

mag word,” sê hy.

’n Derde maatreël sou wees om die middeletoets

te skrap waarvolgens ’n persoon se

staatspensioen verminder word

ooreenkomstig die bedrag

wat uit ander inkomstebronne

ontvang word. “Dis ’n effektiewe

belasting op armes en as dit

geskrap word, sal dit help om ’n

spaarkultuur by lae-inkomste-

Suid-Afrikaners te bevorder,”

sê Melville. “Waarom moet

lae-inkomsteverdieners vir die

toekoms spaar as dit beteken

hulle word ’n deel van of die

volle staatspensioen ontneem?

“Ek dink alle SA burgers behoort die standaard-staatspensioen

te ontvang en dit moet

deels gefinansier word deur belastingkortings

vir persone ouer as 65 te staak,” sê hy.

Vierde op die lys van oplossings is ’n enkele

standaard vir alle aftreefondsinstrumente.

Pensioenfondswetgewing bepaal tans dat

lede by aftrede ’n derde van hul geld as ’n

enkelbedrag kan trek, terwyl die res gebruik

moet word om ’n toekomstige maandelikse

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

Dit is nie nodig om voor te begin nie

John Melville

Sterker fokus op bedryfsvlak.

Daar word

gereeld berig

dat net 10% van

Suid-Afrikaners

in gemak aftree.

inkomste te lewer. Hierdie reël geld egter net

pensioenfondse en aftreeannuïteite, terwyl

voorsorgfondse beleggers toelaat om die volle

bedrag by aftrede te onttrek.

Melville sê: “Alle produkte moet binne

dieselfde wetgewingbestel wees,” sê hy.

Die vyfde punt is die deurlopende verbetering

van bestuursreëls. In 2009 het die pensioenfondsberegter

’n vergelykende telkaart

uitgereik wat gegrond is op die hoeveelheid

en aard van klagtes wat hy van pensioenfondslede

ontvang.

Partye fondse het swak gevaar, maar

bedryfsrolspelers meen dit is nie ’n billike vergelyking

nie aangesien party pensioenfondse

hulle gewoonlik meer klagtes as ander op

die lyf loop vanweë die aard van die sektore

waarin hulle bedrywig is.

Melville voel die vergelyking is nie noodwendig

geldig nie, maar die beginsel daarvan is

gesond en hy waardeer die feit dat die beregter

die debat oopgestel het.

Melville stel voor dat ’n telkaart begin word

wat op PF130 of King III gegrond is en dat die

regering daarvolgens die beste praktyk in

die bestuur van ’n pensioenfonds voorskryf.

“Pensioenfondstrustees kan die telkaart met

bepaalde tussenpose voorlê en, indien nodig,

redes gee waarom voldoening nie moontlik is

nie. Dit sal die regering en reguleringsliggame

help om probleme in die bedryf vroeg te

identifiseer, lede en ander belanghebbendes

ingelig hou oor die stand van hul aftreefonds.”

Die laaste item is konsolidering. Een

van die grootste probleme

waarmee die private sektor te

kampe het, is dat sowat 80%

van SA se 13 000 pensioenfondse

minder as 100 lede het. Die

bedryf moet verder konsolideer

en die regering moet voortgaan

om dit aan te moedig. “Ek

dink die aantal klein fondse sal

beduidend afneem in ’n omgewing

wat meer veeleisende

bestuur vereis,” sê hy.

Melville voorspel dat talle lede hulle na

saambreelfondse gaan wend.

“As al ses die wenke gevolg word, hoef

mens nie soveel geld aan ’n nasionale maatskaplike

versekeringstelsel te bestee nie. Dit

gaan ’n baie duur projek wees en ons moet

waar moontlik bespaar,” sê Melville.

Dit lyk makliker en goedkoper om die kleinere

punte reg te stel wat binne ’n gevestigde

bedryf bestaan as om alles van voor af te

probeer oordoen. n

27 MEI 2010 FINWEEK 59

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

Ons vertrou

hulle

Sa Se pensioen- en voorsorgfondsbedryf

van R1,3 triljoen is in die verlede deur talle

wanbestuurskandale geskud wat meegebring

het dat die regering streng maatreëls ingestel

het om wanbestuur en bedrog te bekamp.

Baie trustees bestuur ontsaglike pensioen-

en aftreefondse in hul vrye tyd – dan moet

hulle probeer voldoen aan die magdom reëls

en regulasies van pensioenfondshervorming

én die ingewikkelde finansiële markte probeer

verstaan. Dit is juis die rede hoekom die

meeste van SA se meer as 13 000 pensioenfondse

steeds in ’n risikosituasie verkeer.

“Om ’n pensioen- of voorsorgfonds te

bestuur, vereis ’n sekere vlak van vaardigheid

en toewyding, maar in werklikheid bestuur

trustees dié fondse benewens hul eie werk

en laat hulle meer verantwoordelikhede

aan administrateurs en konsultante oor as

wat goed is,” sê Robert Likhanya, hoof van

Metropolitan Employee Benefits (MetEB) se

afdeling vir direkte verkope en bemarking:

arbeid en regstreekse markte, verantwoordelik

vir vakbondgeaffilieerde fondse.

In effek plaas dit die jaarlikse bydraes van

na raming R75 miljard deur 9,2 miljoen lede

in die hande van mense wat nie genoeg van

pensioenfondse weet nie en wat te besig is of

te min hulpbronne het om nouer betrokke te

raak.

“Tensy die bedryf meer doen om te verseker

dat fondse behoorlik bestuur word, is dit

net ’n kwessie van tyd voordat nog skandale

onthul word,” sê hy.

Likhanya dink daar is genoeg wetgewing,

maar trustees sukkel om die wetgewing te

verstaan en te aanvaar. “Die feit dat die trus-

tees nou kragtens wetgewing aanspreeklik

gehou kan word, tel nie veel nie, want selfs al

word hulle skuldig bevind aan wandade, los

dit nie die probleem op van pensioenarisse

wat sonder geld is nie.”

Likhanya voel ook die swak bestuur van

fondse is deels die gevolg daarvan dat trustees

nie hul rol met genoeg erns bejeën nie

omdat hulle dikwels nie daarvoor betaal word

nie. “En baie trustees verkeer onder druk om

hul daaglikse werk te doen, wat beteken dat

hul trusteepligte min prioriteit kry,” sê hy. “Ek

dink ook dit is onbillik om trustees persoonlik

aanspreeklik te hou as hul fonds hulle nie die

geleentheid en hulpbronne gee om hul pligte

Beleggingsopleiding vir vakbond

die JohanneSburg School of

Finance en Metropolitan bied slypskole aan

om senior lidverteenwoordigers van vakbonde,

trustees en amptenare die kennis en

vaardighede te gee om finansiële en beleggingsgeleenthede

met vertroue te evalueer

en om goeie beleggingsbesluite namens

hul belangegroepe te neem.

Elke kandidaat word opgelei in hoe om

besluite te neem oor vakbondbeleggings,

die bestuur van persoonlike finansies en

60 FINWEEK 27 MEI 2010

robert likhanya

Trustees worstel met wetgewing.

pensioen- en voorsorgfondse.

Kandidate wat minstens agt van die

tien dae van werksessies bywoon en wat

minstens 60% in die finale toets behaal, sal

’n sertifikaat van voltooiing ontvang en sal

ook in die volgende jaar vir die Unisa-sertifikaatprogram

in beleggingsontleding en

portefeuljebestuur (’n kursus op NKR-vlak 6)

kan inskryf. Dit het vier verpligte modules:

beleggingsagtergrond, beleggingsontleding,

portefeuljebestuur en etiek. n

behoorlik uit te voer nie.”

Met die geld en toekoms van so baie

mense op die spel beveel Likhanya aan dat

pensioen- en voorsorgfondse voltydse hoofde

aanstel om hul fondse te bestuur. “My ondervinding

met vakbondgeaffilieerde fondse

is egter dat die res van die direksie deur die

lede gekies word en dat die proses dikwels

’n gewildheidskompetisie word, pleks van ’n

kwessie van kundigheid,” sê hy. “Opleiding is ’n

opsie, maar die probleem is dat die probleem

van voor af begin wanneer hul ampstermyn

verstryk.”

Metropolitan het die probleem besef en

het saam met Cosatu ’n vennootskap begin

om trustees op te lei en deurlopend bystand

te verleen in aangeleenthede wat aandag

verg. “Dit sal dus makliker wees om met

lede te kommunikeer as trustees weet wat

aangaan,” sê Likhanya.

Die drieledige bondgenootskap van die

Johannesburg School of Finance, Cosatu en

Metropolitan is in 2003 gestig toe die eerste

groep GDF-trustees hulle aangesluit het. Later

is slypskole en ’n Unisa-opleidingsprogram

ontwikkel, en subafdelings van Cosatu het

individue vir die program aanbeveel, soos wat

steeds die geval is. (Lees die kassie.) Die proses

herhaal homself elke vier jaar wanneer nuwe

trustees gekies word.

Ofskoon baie van Metropolitan se mededingers

ook opleiding vir trustees aanbied,

voel baie vakbonde hulle doen dit net om hul

eie produkte te bevorder en nie tot voordeel

van die lede self nie. “Dit is hoekom ons ’n

onafhanklike liggaam aangestel het om die

opleiding te koördineer, want dit is waar die

fokus behoort te wees,” sê Likhanya.

“Met die regte kundigheid kan trustees ’n

beleggingstrategie help saamstel, die kostelae

bevraagteken en – baie belangrik – behoorlik

met die lede van die pensioen- en voorsorgfonds

kommunikeer oor kwessies.

“Dikwels kry ons te doen met lede wat

kwartaalstate ontvang en die bedrae voldoen

dan nie aan hul verwagtinge nie, wat tot

verskeie ander probleme lei,” sê hy. “Dit is

hoekom dit so belangrik is dat trustees die

fonds se beleggingstrategie en die gevolge

daarvan aan die lede verduidelik. Dit is ook

noodsaaklik dat die trustees portefeuljekeuse

vir lede instel en verduidelik sodat hulle hul

beleggings na minder riskante portefeuljes

kan verskuif wanneer hulle aftreeouderdom

bereik.”

Metropolitan help ook met toereikende

ledekommunikasie deur kontak te handhaaf

met die hoof, gereeld inligtingsreise vir lede te

onderneem en forums met direksielede te hou

oor hoe om doeltreffend met sy lede te kommunikeer.

“Die steunfunksie is noodsaaklik om

’n sukses daarvan te maak,” sê Likhanya. n

Riskante

sake

Slegte dinge gebeur, dikwels met

geweldige fisieke en finansiële gevolge op

lang termyn. Dit is hoekom werkgewers en

pensioenfondstrustees die verantwoordelikheid

moet aanvaar om risikovoordele aan

werknemers en hul gesin te bied.

Soos met die verskaffing van enige soort

versekering, is die besonderhede egter baie

belangrik.

Die meeste groepskemas bied basiese risikodekking,

maar dit is nie altyd voldoende nie.

In baie gevalle is dit noodsaaklik om ’n profiel

van ’n lid se behoeftes op te stel en, indien

nodig, bykomende dekking te reël.

“Wat Metropolitan Employee Benefits

(MetEB) van sy mededingers onderskei, is ’n

goeie begrip van wie die bevoordeeldes is

en die gebruik om regstreeks met kliënte te

kommunikeer om oplossings te ontwikkel,” sê

Francesco Joshua, hoof vir groeprisiko-oplossings

van MetEB.

“Ons het mense aangestel wat die agtergrond

en kennis het om kliënte se behoeftes

te verstaan en daaraan aandag te gee,” sê hy.

“Ons ervaring maak dit vir ons moontlik om

daarvolgens advies te gee, en ons grootte

maak dit vir ons moontlik om aanpasbaar te

wees deur ons voordeelsa-

mestelling en ander aanbiedings

te wysig,” sê hy.

MetEB het byvoorbeeld

onlangs met die BRT-busdiens

gepraat om risiko-oplossings

te bied wat vir die bedryf

gepas is. “Dit was weens

taxiwraak ’n riskante inisiatief,

maar ons reken dat risikodekking

’n basiese reg is en ons

het met die kliënt saamgewerk

om ’n produk te ontwikkel wat in sy bepaalde

behoeftes voorsien,” sê Joshua.

“MetEB benut ook sy sterk aktuariële en risikomodelkundigheid,

wat tot ’n beter begrip

van die risiko’s en die aanslag daarvan lei.”

Daarby het MetEB in ’n span goed opgeleide

administratiewe personeellede geïnvesteer

wat in ’n gestruktureerde omgewing van

prosesse werk en werkvloeitegnologie gebruik

om die standaard van dienslewering daagliks

dop te hou en te bestuur. “Ons monitor elke

werkende deel van die onderneming deurlopend

om dienslewering en doeltreffendheid

te verbeter,” sê hy.

Die evaluering van ongeskiktheidseise

MetEB het in

die vroeë 1990’s

die voortou

met MIV/

vigs-modelle

geneem.

is nie altyd eenvoudig nie, maar MetEB het

deur die jare ’n stewige infrastruktuur van

gesondheidsorgberoepslui opgebou wat die

beoordeling van ongeskiktheidseise bestuur.

Onafhanklike eisassessors word ook gebruik

om billikheid en objektiwiteit te verseker.

“Ons was in 2002 die eerste maatskappy

wat onafhanklike, onbevooroordeelde assessors

aangestel het om ongeskiktheidseise te

verwerk,” sê Joshua. “Dit maak die proses billiker

as iemand met geen gevestigde belang

nie die egtheid en grootte van ’n eis beoordeel,”

sê hy.

Wel, die bewys lê in die resultate, en MetEB

se strategieë kry baie aandag.

MetEB het in 2009 SA se eerste

Imbasa Yegolide-toekenning

as risikobestuurder van die jaar

verower.

MetEB is ook die enigste

risiko-onderskrywer wat sy

markaandeel sedert 2001 elke

jaar vergroot het en kry tans

14% van die jaarlikse premieinkomste

in die mark. “MetEB

het die afgelope sewe jaar met

20% per jaar gegroei,” sê Joshua. “Ons het selfs

in 2009 se resessietoestande met 9% gegroei,

wat ons as ’n taamlike prestasie beskou.

“Risiko-onderskrywing is die mededingendste

afdeling van die werknemervoordelebedryf,

met baie klein winsgrense. MetEB het

die versoeking weerstaan om by prysoorloë

betrokke te raak en onstabiliteit vir ons kliënte

te skep, maar konsentreer eerder daarop om

ons te onderskei met billike pryse vir voordele,

die nakoming van diensvlakbeloftes, die

billike beoordeling van ongeskiktheidseise en

om kliënte te help om die sterfte- en ongeskiktheidskoerse

weens MIV/vigs en ander te

beperk.”

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

francesco Joshua

Ons grootte maak aanpasbaarheid

moontlik.

Die vordering wat die groep die laaste paar

jaar in sy groepsrisikosake gemaak het en die

toekennings wat hy daarvoor gekry het, dui

op sy leiersrol op die terrein van risikomodelle

en doeltreffende sakebestuur in ’n vinnige

groeisiklus. “Ons volhoubare groei spruit ook

uit ons bevoegde, gemotiveerde en bemagtigde

personeel, wat ons kliënte se behoeftes

verstaan en beloftes gestand doen.” Die groei

in sy markaandeel geskied egter ten koste van

mededingers en die bedryf van R9 miljard is

beperk.

Joshua sê toekomstige groei sal op die

behoud van huidige sake gegrond wees deur

op die faktore te konsentreer wat MetEB

onderskei, soos ervaring, aanpasbaarheid,

deurlopende betrokkenheid en unieke aanbiedings,

soos sy MIV/vigs-model.

MetEB het in die vroeë 1990’s deur die

Doyle-model die voortou met MIV/vigsmodelle

geneem wat nie net ’n norm vir die

kontrolering van die pandemie geword het

nie, maar ook ’n instrument om die uitwerking

van ingrypingscenario’s te begryp. “Met dié

dat ’n beduidende persentasie van sterfgevalle

by baie werkplekke MIV-verwante oorsake

het, is dit ’n terrein wat vir ons en ons kliënte

van wesensbelang is,” sê Joshua.

Die model gee ’n wetenskaplike grondslag

vir die verwagte vigssterftekoers en

lewensversekeraars en aktuarisse gebruik dit

vir waardasies, prysbepaling en produkontwikkeling.

Die vigsnavorsingseenheid doen

steeds impakstudies vir werkgewersgroepe

en -fondse om hulle die uitwerking van die

pandemie te help begryp.

.Joshua sê toekomstige groei sal ook op

innovasie gegrond wees deur voordele by

bestaande produkte te voeg of nuwe inkomstestrome

in die groepmarkomgewing te

identifiseer. n

27 MEI 2010 FINWEEK 61

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

Die lewe gaan oor keuses

die een belangrike saak wat uit die

onlangse markineenstorting – en daaropvolgende

wisselvalligheid – gespruit het, is

dat dit noodsaaklik is dat lede en trustees

van aftreefondse hul beleggingstrategie op

hul onderskeie vlak gereeld hersien. As mens

ook in ag neem dat daar teen 2050 meer as

850 000 mense ouer as 100 jaar sal wees en

dat net sowat 25% van die bydraende lede

met voldoende voordele aftree, sit ons met ’n

probleem. Dit lei tot die vraag of

ons verwag dat ons kinders of

die staat na ons moet omsien.

Die aftreefondsbedryf het

tot begin 2008 ’n rooskleurige

prentjie geskilder, maar dit was

hoofsaaklik die gevolg van die

stygmark wat in 2005 begin

het. Sedertdien het aftreefondstrustees

nie voldoende advies

aan lede oor beleggingsopsies

gegee nie, wat tot gevolg het dat baie lede se

kapitaalreserwes krimp en hul voorsiening vir

aftrede onvoldoende is.

Selfs al was dit nie die geval nie, is baie

lede van SA aftreefondse uiters ongeërg oor

die neem van beleggingsbesluite. Metropolitan

Employee Benefits (MetEB) raam dat

sowat 85% van plaaslike lede wat uit verskeie

beleggingsopsies in hul fonds kan kies, verkies

om dit nie te doen nie en by die verstekbeleggingsopsie

bly wat hul trustees bepaal het.

Daar is nie amptelike statistieke nie, maar

dit lyk of dit op swak aftreebeplanning en

finansiële ongeletterdheid neerkom. “Wat die

rede ook al is, is die gevolg dat lede met individuele

lidkeuses eers beleggingsbesluite begin

neem wanneer hulle aftrede nader,” sê Morné

Nell, hoof van MetEB se aftreefondsdienste.

“Dit is wanneer lede besef dat hulle nie

voldoende geld vir aftrede het nie,” sê hy. “Gevolglik

is hulle dan geneig om buitensporige

risiko te loop deur na aggressiewer portefeuljes

oor te skakel, terwyl hulle aan kapitaalbewaring

behoort te dink.”

Met dié dat lede nie daarin belang stel

om beleggingsbesluite te neem nie, rus die

beleggingsrisiko om genoeg geld by aftrede

te hê, weer op die trustees se skouers. Dit

is die situasie waarin die aftreefondsbedryf

hom tans bevind, maar gelukkig weer met ’n

plan van aksie – ’n plan om lede se bates teen

krimpende beleggingsopbrengste te beskerm.

Aftreefondstrustees het nou lewensfaseportefeuljes

in hul fonds ingestel. Lewensfasefondse

is ontwerp om lede se geld na

onderliggende beleggings te verskuif wat

62 FINWEEK 27 MEI 2010

85% van

plaaslike lede

bly by die

verstekbeleggingsopsie.

al hoe konserwatiewer raak namate die lid

aftreeouderdom nader.

In die jaar waarin ’n lid aftree, sal sy/haar

geld normaalweg in ’n laerisiko-portefeulje

belê wees wat kapitaal bewaar. Dié opsie kan

óf gekies óf outomaties gedoen word.

Omdat markte tot vroeg 2008 besonder

goed gevaar het, is lewensfasebeleggings

gekritiseer omdat dit lede nie die volle

voordele van die stygmark gee nie. Noudat

die markvooruitsigte onseker is,

sou lewensfaseportefeuljes baie

lede bevoordeel het wat aftrede

nader. Lewensfaseportefeuljes

word dikwels in fondse met

gladgestrykte groei belê wat ’n

gewaarborgte uitbetaling en

bestendige beleggingsgroei ná

aftrede verseker.

“Die uitdaging lê in die

waarde wat die lid waarneem,”

sê Nell. “Op lang termyn sal fonde met

gladgestrykte bonusse byna 1 persentasiepunt

swakker as gebalanseerde fondse vaar,

gewoonlik weens die kapitaalheffing, en dit is

’n uitdaging om trustees daarvan te oortuig

dat kapitaalbewaring ’n geskikte waardeopsie

is vir mense wat aftrede nader, dié in ’n

mobiele werkmag en dié wat onseker is oor

hul werksekuriteit.”

Nell sê trustees moet ook in gedagte hou

dat fondse met keuses vir individuele lede

hoër administrasie- en beleggingsbestuurkoste

moet betaal. “As min lede van die verstekopsie

afwyk, verloor die fonds eenvoudig

geld, want die koste om die ‘keuse’ te kan bied,

moet steeds betaal word.”

Fondse wat keuses aan individuele lede

bied, is gewoonlik duurder omdat meer administrasie

nodig is, asook vanweë oorskakelingsgelde

en die administrasie wat verband

hou met die groter aantal beleggingsportefeuljes

wat gebied word.

Dit is hoekom MetEB ’n nuwe administrasieplatform

bekend gestel

Morné nell

Die uitdaging lê in

die waarde wat die

lid waarneem.

het wat vir private fondse en kleiner werknemers

voorsiening maak wat oorkoepelende

fondsreëlings verkies. Neon, wat vroeg in 2009

bekend gestel is, verminder die administrasiekoste

deur ’n gedeelde tariefstruktuur te bied.

Neon hef net ’n vasgestelde administrasietarief

op lede, terwyl net dié wat die produk met

keuses vir individuele lede verkies, daarvoor

betaal. “Dié oplossing verlaag die fondskoste,

maar bevoordeel ook lede wat hul portefeulje

aktief wil bestuur,” sê Nell. “Dié wat besluit om

tussen fondse binne Neon oor te skakel, kry

een oorskakelingstarief per jaar en dit word

net daarna gehef,” sê hy.

“Daarby,” sê Nell, “het trustees en lede op

ons Neon-administrasieplatform enige tyd en

op enige plek deur ’n webgegronde portaal

toegang tot fondsinligting. Beleggers kan hul

beleggings intyds dophou en hoef nie net op

kwaartaalverslae of telefoonoproepe staat te

maak nie.”

Neon vaar uiters goed en sy ledetal styg

met 30% per jaar, nie net omdat hy aanpasbaar

is wat keuse en koste betref nie, maar

omdat die deurlopende vloei van inligting

van die makelaarsweb af lede beheer oor hul

aftreevoordele laat neem. n

Goed gekapitaliseer

in die aangeSig van wisselvallige en

onsekere markte het die verstandige, miskien

selfs konserwatiewe, strategie wat Metropolitan

as ’n groep met die bestuur van sy kapitaal

gevolg het, einde 2009 goeie dividende

opgelewer.

“Met dinamiese batetoewysing- en kapitaalbeskermingstrategieë,

soos verskansing

en ander bedrywighede om risiko te beperk,

het ons toereikende kapitaalvlakke gehandhaaf

en ons balansstaat boonop verstewig,

ondanks die ongeëwenaarde ongestadigheid

van die aandelemark,” sê Thinus Alsworth-Elvey,

uitvoerende hoof van beleggingsdienste

van Metropolitan Employee Benefits (MetEB).

Met sy statutêre vereiste vir kapitaaltoereikendheid

wat in 2009 op groepvlak 3,7 keer

gedek was vergeleke met 3,1 keer in 2008,

het Metropolitan die jaar in ’n kapitaalposisie

afgesluit wat selfs beter was as toe die jaar

begin het – ’n bemoedigende prestasie teen

die agtergrond van die onstuimigheid in die

mark.

Daarby het die totale bates onder bestuur

met 5% tot R103 miljard toegeneem en is ’n

dividend van 100c per aandeel verklaar, wat

ook 5% meer is as die jaar tevore.

In sy oorsig oor Metropolitan in Desember

2009 het Fitch Ratings sy gradering van

AA- (finansiële sterkte van die nasionale

versekeraar) en A+ (nasionale lang termyn) vir

Metropolitan behou, wat ’n weerspieëling is

van sowel die groep se kapitaalgesondheid as

sy sakeposisie en vooruitsigte.

“As gevolg van die swak beleggingsmarkte

het party van ons gladgestrykte

bonusfondse die jaar met negatiewe

finansieringsvlakke begin,” sê Alsworth-Elvey.

“Met ’n reeks bestuursaksies en die positiewe

impak van die verbetering in die markte is

die situasie egter aansienlik verbeter en daar

is geen fonds van dié aard met finansieringsvlakke

onder die voorgeskrewe verslagdoeningsperk

van 92,5% nie. Pleks daarvan het

die meeste fondse positiewe reserwes vir die

gladstryk van bonusse.”

Volgens Alsworth-Elvey is ’n gesonde kapitaaltoereikendheidsverhouding,

toenemende

bates onder bestuur en gereelde dividende ’n

belangrike aanduiding van finansiële bestendigheid,

wat vir beleggings en annuïteitsprodukte

van kritieke belang is. “Al hierdie faktore

dui aan dat ons onderneming stabiel is en

groei.”

Die minimum hoeveelheid bates wat ’n

versekeraar meer as sy verpligtinge moet

hê, soos deur die Raad op Finansiële Dienste

(RFD) voorgeskryf, staan as die kapitaaltoereikendheidsvereiste

(KTV) bekend, sê hy. “Die

statutêre minimum is 1 keer die KTV, hoewel

die RFD in die praktyk vrae sal begin vra as dit

tot onder 2 keer die KTV daal.”

Dit is ná die aankondiging van die samesmelting

van Metropolitan en Momentum

opmerklik dat Metropolitan hoë kapitaalvlakke

het, met sy KTV op 3,7 keer teenoor

Momentum se 2 keer. Ontleders verduidelik

MetroPolitan eMPloyee BeneFits

Metropolitan-groep - kapitaaltoereikendheidSVereiSteS (en -koerSe)

09 08 07 06 05

Rm Rm Rm Rm Rm

Lewensmaatskappye se oorskotbates (Statutêr) 5 839 4 724 5 513 5 836 6 144

Kapitaaltoereikendheidsvereiste (KTV) 2 090 2 336 1 609 1 592 1 418

Lewensmaatskappye se KTV-dekking (keer) 2,8 2,0 3,4 3,6 4,3

Metropolitan Life se KTV-dekking (keer) 2,8 2,1 3,8 3,9 4,4

Metropolitan-groep se KTV-dekking (keer) 3,7 3,1 4,2 4,2 4,4

thinus alsworth-elvey

Optimale toewysing en benutting van

kapitaal is topprioriteite.

kopie: Ruan Jooste adVertenSieS: Stephané du Toit

Bron: Metropolitan

dat Momentum minder oortollige kapitaal

nodig het, want sy blootstelling aan aandele

en ander instrumente, en die beleggingswaarborge

wat voorsien word, stel hom minder

aan markrisiko bloot. In ’n bankversekeringsmodel

is dit ook nie ongewoon om oortollige

kapitaal op FirstRand se vlak te sien en nie op

Momentum se vlak nie.

Op grond van die statutêre kapitaaltoereikendheidstoets

was Metropolitan se KTV

in geldterme uitgedruk einde Desember

R2,1 miljard, met oortollige kapitaal van

R7,8 miljard, wat op ’n KTV-dekking van 3,7

keer neerkom (R7,8 miljard/R2,1 miljard).

(Sien tabel.)

“Al gee die KTV ’n goeie aanduiding van

hoe sterk jou balansstaat is, is die metode

om te bereken presies hoeveel kapitaal ’n

versekeraar benodig om uiters nadelige en

wisselende ervarings en skokke te weerstaan,

taamlik gesofistikeerd en word dit vereenvoudig,”

sê Alsworth-Elvey.

“Om ’n akkurate prentjie te vorm van al die

moontlike risiko’s en hoeveel kapitaal benodig

word, gebruik Metropolitan ook sy eie kapitaalmodel

(goedgekeur deur die RFD) om te

bepaal wat die gepaste vlak van kapitaal is wat

gehou moet word, bekend as sy ekonomiese

of langtermyn-kapitaalvereiste.”

Metropolitan se interne kapitaalmodel

vereis dat kapitaal van R4,3 miljard gehou

moet word, dubbel dié van sy KTV. “Op grond

van die resultate van ons interne kapitaalmodel

is ons meer as toereikend gekapitaliseer,”

sê Alsworth-Elvey.

Groot onsekerheid bestaan nog oor die

rigting waarin markte volgende sal beweeg,

met baie van die bepalende faktore in die

hande van plaaslike en oorsese beleidmakers.

“Dit is waarom die optimale toewysing en

benutting van kapitaal om vir alle belanghebbendes

– vir aandeelhouers en polishouers

ewe veel – waarde te skep, een van die groep

se topprioriteite bly,” sê Alsworth-Elvey. n

27 MEI 2010 FINWEEK 63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!