04.05.2013 Views

Want 'n Kind is vir ons Gebore... Titel: ... Sterke God ... - Mosaiek

Want 'n Kind is vir ons Gebore... Titel: ... Sterke God ... - Mosaiek

Want 'n Kind is vir ons Gebore... Titel: ... Sterke God ... - Mosaiek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Reeks: Want ‘n Kind is vir ons Gebore...

Titel: ... Sterke God

Prediker: Stephan Joubert

Datum: 18 Desember 2011

Dit bly altyd ‘n vraag hoe gaan jy voorberei as jy genooi word na ‘n spesiale fees, ‘n

groot verjaarsdag, ‘n groot geleentheid, en ek dink ons almal weet iets daarvan oor hoe

mens voorberei as daar regtig ‘n groot fees op jou wag. Ons is nou in die feestyd, en

ek het eers gedink Kersfees voorbereiding sal ‘n goeie beeld wees om te illustreer hoe dit is as mens na ‘n groot

fees genooi word, maar in die lig van hoe Kersfees nou maar afloop dink ek nie dit is so ‘n goeie voorbeeld nie, as

ek lees dat navorsers bevind dat 25% meer mense kopsere in Kersfees het, en dis nie eers as gevolg van al die

bymiddels wat hulle inneem nie. Dis sommer maar net as gevolg van die stres van inkopies, en dat 11% mense

slaapversteurings het, 11% meer mense as normaal, in Kersfeestyd, en dat ons in hierdie volgende week 25%

meer rommel genereer as enige ander tyd van die jaar, en dan het ek nog nie eers gekom by oudoom of oupastoor

se geliefde Kersfees preek oor die kommersialisering van Kersfees nie.

Ek het grootgeword dat oudominee kwaad was vir Kerfsees, of oupastoor. Daar was altyd ‘n preek daarteen, ek

weet nie of julle kan onthou in julle kinderdae nie, maar desnieteenstaande, en my oupa het ook altyd gesê en

desondanks, is Kersfees dalk nie so ‘n goeie voorbeeld nie, want miskien was oudominee nie so verkeerd nie,

want ten spyte van die dermiljoene rande wat gegenereer word rondom Kersfees is die fees belangriker as Jesus,

maar sê nou maar, en dis die vraag waarmee ons ons vanoggend gaan besig hou, uit Lukas 2 vanaf vers 25, sê

nou maar die Here self, die sterk God, die groot God van die hemel en die aarde, nooi jou na ‘n fees op aarde, hoe

sal jy voorberei? Hoe sal jy gereed maak wanneer God die uitnodigingskaartjie uitdeel, wanneer die fees ‘n God

fees is?

Wel, ons het ‘n voorbeeld hier in Lukas 2, en ek wil dit saam met jou lees, die verhaal van Simeon en Anna, vers

25. Daar het destyds ‘n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom,

en hy het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon, en het aan hom

bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. Deur die Gees gelei

het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om Hom voor die gebruiklike bepalings

van die wet na te kom het Simeon Hom in sy arms geneem en gesê... en God geprys en gesê, Here, laat U

dienaar nou in vrede gaan volgens U woord, omdat my oë U verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor

die oë van al die volke, ‘n lig tot verligting van die nasies en tot eer van U volk, Israel.

Sy pa en ma was verwonderd oor die dinge wat oor Hom gesê is. Simeon het hulle geseën en vir Maria, Sy ma,

gesê, kyk, hierdie Kindjie is bestem tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel, en tot ‘n teken wat weerspreek sal

word. So sal die gesindheid van baie mense se harte aan die lig kom, en wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel

gaan.

Daar was ook ‘n profetes, Anna, ‘n dogter van Fanuel uit die stam van Aser. Sy was al baie oud. As ‘n jong vrou

was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood het sy ‘n weduwee gebly. Sy was nou al 84 jaar oud. Sy het

nie van die tempel af weggegaan nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. Juis op daardie oomblik

het sy nader gekom en God gedank oor die Kindjie, en oor Hom gepraat met almal wat met die verlossing van

Jerusalem uitgesien het.

‘n Mens berei voor as die sterk God jou nooi vir Sy fees deur nie oud te word nie, en deur die regte geestelike CV

te hê, en deur, as jy by die fees opdaag, van daar af anderster te lewe, hierdie drie dinge: deur nie oud te word nie,

deur die regte geestelike CV te hê, en as jy by die fees opdaag, van voor... van daar af vorentoe radikaal anderster

te leef.

Die Nuwe Testament, ek dink ek het dit al in ‘n preek gesê hierso, maar ek het vergeet. Nou hoop ek julle het ook

vergeet sodat ek dit weer kan sê sodat ons almal kan onthou, maar die Nuwe Testament het niks oor ouderdom

eintlik te sê nie. Die Ou Testament, dis seker hoekom ‘n mens dit die Ou Testament noem, stel in ouderdom

belang, en kyk na ou mense en reken ouderdom baie belangrik, maar die Nuwe Testament vergeet ouderdom.

Hierdie teks wat ons vanoggend saam gelees het, vriende, is omtrent een van die enigste tekste in die hele Nuwe

Testament wat na ouderdom verwys. Het dit jou ook al opgeval? Die Ou Testament bekommer nog hoe oud jy

Page 1 of 5

Want ‘n Kind is vir ons Gebore... Sterke God... Stephan Joubert

© 2011 Mosaïek

word. Die Nuwe Testament sê ouderdom vervaag, en die rede het ek altyd gesukkel

om te vind tot ek hierdie teks gaan lees het, en die rede is as die Messias jou nooi

vervaag ouderdom, dan het jy ‘n nuwe meetinstrument vir hoe oud of hoe jonk jy is.

Jou ouderdom word bepaal as te ware deur die Messias en deur die koms van Sy

gees, en daarom word dit nie meer in jare gemeet nie, maar in of jy gereed is vir die

fees en of jy uit die fees uit lewe, en of jy, nadat jy by die fees was, getroos, gelukkig,

kan leef en sterwe.

Die Nuwe Testament stel nie belang in jou jare nie, ken jou nie aan daardie groot ding

wat op elke begrafnis gesê word, op elke begrafnisbrief staan, hoe oud jy was, hoeveel

dae en jare jy deur geworstel het nie, en die enigste ding wat vir mense belangrik is op

jou grafsteen, wanneer jy gebore is en wanneer jy doodgegaan het nie. Die Nuwe Testament dink nie so nie. Dis

net ons wat so dink, maar die oomblik as Simeon en Anna na die fees toe genooi word verander hulle lewe,

verander die manier hoe hulle met hulle jare omgaan, en bedank Simeon onmiddellik by die aftree brigade en meld

hy onmiddellik aan vir diens by die Here, en is almal wat daar in die ouetehuis sit en kyk na die BBC program

Waiting for God, sê hy vir hulle ons moet nou weer aantree.

Daar is nie tyd om oud te word en af te tree nie, want dan werk jy aan jou geestelike CV, want die Here het by

Simeon opgedaag, hier is die sleutel, en vir hom gesê, Simeon, jy sal nie doodgaan voordat jy die sterk God gesien

het nie, maar soos dit gaan met die meeste openbarings, ook iets wat meeste mense mis in die Bybel, gee God vir

jou gewoonlik net ‘n prentjie of ‘n buitelyn, en jy moet die detail self invul, of jy moet maar sien hoe gaan die

kolletjies deur jou lewe konnekteer. Openbarings maak nie jou lewe makliker nie; dit maak jou lewe meer

avontuurlik.

God se verskyning bring nie antwoorde nie; dit bring ‘n verhouding, en dis wat met Simeon gebeur. Al wat hy

gehoor het is, Simeon, die Here het jou genooi vir die fees en maak gereed daarvoor, en dis al, en toe begin

Simeon anderster lewe. Ek hoor hy doen vier dinge, sê Lukas vir my. Ek hoor Simeon was getrou aan die wet,

Simeon het gesê as die Here kom gaan my geestelike CV anderster lyk, en op sy CV staan hy was getrou aan die

wet. Daar staan hy het Godvresend gelewe, hy was ‘n man met integriteit. Daar staan derdens hy het omgegee

vir Israel wat uitgesien het na die koms van die Messias, en daar staan vierdens hy was vol met die Heilige Gees.

Dis hoe jy voorberei as die Messias kom, nie soos wat jy vir Kersfees voorberei en hierdie week die winkels weer

bestorm en klein aanvalletjies loods op die kos en op alles nie, want Maandag is alles weer verby en dan pak jy

weer alles weg en jy haal... binne ‘n paar weke haal jy weer Jesus van die boom af en jy pak hom weg, en

volgende jaar haal jy weer die kersversierings uit. Dis nie hoe jy voorberei as jy weet die Here nooi jou nie. As die

Here jou nooi is dit ‘n leeftyd waar jy bedank by die ouetehuis en by die aftree brigade, en by die ouens wat sê die

beste jare lê agter my, en die ouens wat nie meer drome droom nie.

Nee, nee, Simeon het ‘n droom waarvoor hy elke oggend opstaan. Die Here kom, die Koning kom, God het my

genooi. My naam staan op die adreslys van die Koning van die heelal, dat sy Messias op pad is, en hoe gaan ek

my voorberei? Nee, ek gaan nie mooi klere koop nie; ek gaan die klere aantrek wat die Here behaag. Ek gaan Sy

Woord hou. Dit gaan God behaag. En tweedens gaan ek met integriteit lewe. Ek gaan ‘n man van God wees, ‘n

vrou van God. Ek gaan op die koers bly van die Here. Derdens gaan ek omgee vir ander mense. Dis hoe ek

voorberei as die Here kom.

Ek gaan ‘n hart hê vir armes en stukkendes en hongeriges en verlorenes en rykes en wie ook alles, en vir hulle

omgee. Ek gaan na mense toe lewe, want dis wat God verwag. Dis hoe ek voorberei as ek God tegemoed gaan.

God stel nie in die eerste plek belang in hoe soet ek was nie. Kersfeesvader stel daarin belang. Was jy soet? Jy

kan ‘n fiets kry. God stel nie daarin belang nie want Hy is nie Kersfeesvader nie.

Kersfeesvader bly in die Noordpool, en dis waar ons dink baiekeer Jesus ook bly, maar wanneer Jesus kom, kom

Hy na die regte wêreld toe, en Hy sê as ek jou genooi het en as jy verstaan jy is genooi, en jy is in 2011 genooi na

die sterk God se fees, gaan jou lewe dit wys. Jy gaan getrou wees aan Sy Woord. Dit gaan nog ‘n manier wys. Jy

gaan ‘n mens van integriteit wees. Hier binne gaan dieselfde wees as buite. Jou ja gaan ja wees. Jou lewe gaan

‘n lewe wees van deursigtigheid. Jy gaan omgee vir ander mense. O ja, en die Heilige Gees gaan op jou wees.

Ek dink ek het dit daardie keer ook hier gesê toe ek iets oor ouderdom gesê het. Die enigste manier hoe die Nuwe

Testament nog jou ouderdom meet is of jy vol is van die gees, en sê Handelinge 2, die ou mense sal drome droom

en die jong mense sal visioene sien, en ek dink ek het dit nog gesê, dat jy gaan gou weet hoe die Here met jou

praat as jy... as die Here rustig met jou praat dink Hy jy is al ouer, en as jy jonk is gaan Hy met jou praat dat jou

lewe vol elektrisiteit is, en as Hy glad nie met jou praat nie is jy dood, so as die Here nie meer met jou praat nie in

Page 2 of 5

Want ‘n Kind is vir ons Gebore... Sterke God... Stephan Joubert

© 2011 Mosaïek

drome en visioene nie dan is jy in die moeilikheid, dan registreer jou ouderdom nie

meer in die hemel nie, so al wat jy kan weet is as jy ouer is praat die Here rustiger met

jou, maar hy praat met jou, en Simeon was vol van die gees. Hy het die Here gehad

om voor te lewe, en ek weet dit klink so cliché-rig, maar dis waaragtig die waarheid in

Kersfees. As die Here by jou is dan leef jy vir Sy fees.

Anna het dieselfde gedoen. Ek hoor van hierdie ander ou dame. Sy is sewe jaar

getroud gewees en sy is nou of 84 jaar oud, of mens kan die Grieks so vertaal ook dat

sy al 84 jaar lank 'n weduwee is, maar die feit is sy is ‘n ou dame en haar lewe is nie

maklik nie want sy is ‘n weduwee. Sy kan eintlik nie werk in die Joodse tradisie nie,

maar ek hoor hoe sy voorberei vir die Here. Ek hoor sy het... dag en nag hoor ek, dag

en nag, letterlik staan daar eintlik in die Grieks nag en dag, want dis hoe ‘n Joodse dagtelling werk. Jy begin by die

nag. Jy begin in die aand en dan leef jy na die dag toe. Sy het nag en dag God gedien, en dis vir my interessant,

die Bybel gebruik net die nag en dag uitdrukking oor gebed, oor Bybel lees, en oor dien van God.

En ek het ‘n baie slim vriend. Hy is ‘n groot teoloog, en hy het vir my eenkeer vertel hy het ‘n... hy het die... hy

gaan navorsing doen wat nag en dag eintlik beteken, en dis wat ‘n goeie teoloog vir jou sal sê, die eintlike

betekenis van dag en nag, en toe sê hy vir my, is dag en nag. Dis die eintlike betekenis, so as jy gewonder het wat

beteken dag en nag, dit beteken dag en nag. Dit beteken jy dien die Here 24 / 7. Dis hoe Anna voorberei vir die

sterk God se koms.

Simeon se geestelike CV sê ek gaan die wet hou. Ek gaan met integriteit lewe. Ek gaan vir mense omgee en ek

gaan toelaat dat die Gees my vervul sodat ek drome kan droom en visioene kan sien van God. My beste jare lê

nog voor, roep Simeon uit, vir almal wat vir hom sê hoekom is jy elke dag vol vreugde. En Anna, 84 jaar lank ‘n

eenvoudige lewe, maar soos Eugene Petersen sê in sy boek oor Jeremia, a long, obedience in the same direction.

84 jaar kies sy elke oggend om vir God lief te hê, kies sy om haar geestelike dissiplines na te kom.

Dis haar geestelike CV, deur dag en nag nie van die tempel af weg te bly nie, deur ‘n geestelike ritme in haar lewe

te hê van elke dag op te staan en getrou die Here te dien, en Hom dag en nag deur gebed en vas te verheerlik as

die Here. Dis hoe Anna voorberei vir haar fees. Dis hoe sy geestelik fiks bly, deur haar harde lewe, deur haar

lewe van vloere skrop, deur haar lewe van baie hard wees nie God te verwyt nie, maar elke dag op te staan en

terug te keer na die basiese dinge toe van God elke dag en nag aanbid, God elke dag en nag by die tempel dien.

Dis hoe sy voorberei.

Baie Christene en baie mense wat ek ken verloor moed. Die Here Jesus is op rekord dat Hy later gesê het dis nie

hoe jy begin nie, maar hoe jy die wedren voltooi wat saak maak. Dis hoe jy enduit hardloop. Dis hoe jy wenpaal

toe kom. Dis maklik om vinnig weg te spring vir Jesus. Dis maklik om daar waar dit maklik is Sy naam te loof,

maar as jy elke dag moet vloere skrop, as jy nie weet waar jou kinders môre gaan kos kry nie, en as almal vir jou

sê hoekom dien jy die Here, dit lyk nie asof Hy jou help nie, dan sê sy, nee, nee, Hy help my. Hy verander my van

binne af. Hy verander my karakter. Hy maak my iemand wat vrede het. Hy maak my iemand wat Hom liefhet. Hy

maak my iemand wat Hom met oorgawe dien.

Die bekende geestelike skrywer, Lewis Smedes, wat al dood is, skryf in een van sy boeke hy het so ‘n

Godvresende ma gehad. Sy het hulle met vloere skrop deur die skool en deur die universiteit, vloere geskrop. Sy

het hulle eie huis skoongemaak en dan het sy gaan kosmaak, en dan het sy die bure en die hele buurt, almal wat

haar as ‘n skropvrou in diens wou neem, het sy hulle huise gaan skoonmaak, en op haar knieë het sy haar God

gedien en het sy haar kinders se brood op die tafel gesit, soos Anna.

En hy vertel hy onthou een aand hoe sy ma laat by die huis kom met haar hande stukkend en haar knieë al

deurgeskaaf, hy sê sy het eelte op haar knieë gehad soos sy vloere geskrop het, onthou hy toe hy by haar

verbystap en terwyl sy die vloere so skrop, hoor hy hoe bid sy, en sy sê, Here, ek is so ‘n groot sondaar, vergewe

my. En Lewis skryf, en hy sê in sy boek hy wonder wanneer het sy ma tyd gehad om daardie sondes te doen wat

sy bely, want sy was so besig om die Here te dien, hy sê, maar dis sy beeld van Godvresendheid, ‘n vrou wat nie

verwyt nie, wat nie verbitterd is nie, wat nie sê, Here, sien U my raak nie, maar wat sê, Here, ek is genooi vir die

fees.

Ek weet nie hoe dit gaan wees nie, ek weet nie wat is die verrassings nie, maar saam met Simeon wil ek sê die

beste lê nog voor. Saam met Anna wil ek sê geloof is ‘n lang gehoorsaamheid in dieselfde rigting, dis om elke

oggend op te staan en die lewe verkeerd te bewys, wat sê waar is jou God, deur op jou knieë te wees en sê ek

praat met Hom. Dis om die lewe verkeerd te bewys wat sê jy is al weer in ‘n misdaad gewees en jy het al weer

Page 3 of 5

Want ‘n Kind is vir ons Gebore... Sterke God... Stephan Joubert

© 2011 Mosaïek

siek geword, en dit lyk nie of God jou help nie, om almal verkeerd te bewys en te sê ek

sal voor God buig. Ek sal teen alle hoop in saam met Paulus hoop, want die sterke

God is op pad.

En dan, uit die bloute, terwyl hulle hele lewe lank, hoor mooi, vriende, terwyl hulle hulle

hele lewe lank werk aan God se getuigskrif oor hulle van Simeon, van die Wet hou,

van integriteit lewe, van omgee vir ander mense, van vol wees met die Gees, en Anna,

wat haar geestelike dissiplines hou, wat nie wegbly van die tempel nie, en wat die Here

nag en dag dien deur te bid en te vas, gebeur die wonderwerk uit die bloute.

Op ‘n dag terwyl Simeon daar sit sê die Heilige Gees, kom nader, Simeon. Simeon,

dis nou, en dan gaan hy tempel toe en hy stap daar in die tempel in, en die volgende oomblik stap hy by hierdie

arm egpaar verby, Josef en Maria, en dis asof die weerligstraal van die Gees langs hom vasslaan en sê, Simeon,

dis Hy, die Kindjie in die arms van daardie vroutjie van Galilea. Dis die Koning. Dis die Koning. Hy het gekom vir

Sy kroning. Hy is hier, en Simeon vat die kindjie in sy arm. Kan jy glo? Kan jy glo dat die hoogtepunt van die fees

van Simeon se lewe is om Jesus in sy arms te hou, is om die Woord wat vlees word van Johannes, is om Hy wat in

God gelyke bestaanswyse is van Paulus in Filippense 2, dis Hy van wie Paulus in Kolossense 1 skrywe wat voor

almal was en deur wie alles in stand gehou word, wat nou in die gestalte van Jesus, die Kindjie, is.

Simeon hou Hom in sy arms en dan sê hy twee dinge. Hy sê, Here, U het gesê ek gaan twee keer sien. U het

gesê ek gaan die Messias sien en dan gaan ek die dood sien, en dis die fees. Hoor mooi, dis die fees waarnatoe

die sterk God jou nooi, om eers die Messias te sien en dan die dood. Party mense sien die anderster om. Hulle is

in die moeilikheid. As jy eers die dood sien en dan die Messias is Hy jou regter. Moet dit nie so doen nie. Maar as

jy eers die Messias sien en dan die dood is Hy jou redder, en dis die fees waarnatoe Jesus jou nooi.

Dis nie hierdie Kersfees wat al weer oor twee weke verby is nie. Nee, nee, wanneer die sterk God jou nooi vir Sy

fees en jy jou lewe lank voorberei en oefen, dan sien jy Hom in die geloof of jy sien hom fisies, soos Simeon, en hy

hou Hom vas in sy arms en hy sê, Here, nou het ek U gesien. Nou kan ek maar die dood sien. Die dood is nie vir

hom ‘n uitkoms nie. Die dood is die voortsetting van die fees. Die dood is nie daardie ding van nou kan die Here

my maar kom haal nie. Dis nie wat Simeon bedoel nie. Hy sê, Here, nou kan U my kom haal.

My ma het ook altyd gesê nou moet die Here my maar kom haal, maar sy het gesug as sy dit sê. ‘n Vriend van my

sê nou die dag ook sy ma het ook altyd hierdie storie van die Here moet haar kom haal, toe sê een van die kinders,

om te wat, ma, maar dis nie wat Simeon bedoel nie. Hy sê, Here, ek het U gesien. Die fees is die waarheid, en

hierdie Jesus gaan ‘n skeidslyn bring in Israel, maar dis ‘n ander storie, en in daardie selfde oomblik, vriende, so,

wat hoor ek by Simeon? Sy geestelike CV het hom voorberei vir hierdie dag, en as hy die Messias sien dan sê hy

dis die hoogtepunt van my lewe.

Die hoogtepunt van my lewe is toe nou nie dat ek daardie groot pos gehad het nie, dis toe nou nie dat ek gebid het

vir ‘n driewiel en toe kry ek ‘n M3 nie. Die hoogtepunt van my lewe is dat ek die Messias gesien het. Dit sal tot in

ewigheid vir jou tel, en daarom, hoor net, die geestelike les is dat die Messias jou ook nooi vir ‘n fees, en saam met

al die ander groot dinge wat jy dalk droom oor jou lewe is die grootste, die belangrikste, dat jy ‘n geestelike CV sal

hê wat sal maak dat jy die Messias sien. Anderster, wat ‘n hopelose lewe, wat ‘n patetiese lewe, as jy dit nie kan

sê nie.

Anna stap ook verby en daardie volgende oomblik, terwyl sy in die tempel is, waar sy elke dag is, is die Here ook

daar, want dis wat goeie geestelike dissiplines met jou doen. Op ‘n dag betaal dit hemelse diwidende. Terwyl jy

jou normale ritme het van 84 jaar lank elke dag die Here dien, en elke dag met God praat, op ‘n dag sê die Here Ek

gaan die hemelse gordyn voor jou ooptrek, Anna. Jy gaan... jy gaan die Messias sien, en omdat sy ‘n profetes is

en fyn ingestel is op God se werk, toe sy die Kindjie sien staan daar sy het nadergekom, vers 38. Is dit nie mooi

nie? Sy het nadergekom.

Dis asof die Here Jesus, die Kind in die krip, haar nadertrek, en sy het God geprys, en terwyl Simeon sê as ek die

Messias sien, die sterke God, kan ek maar sterf, sê Anna, nou gaan ek eers begin preek. 105 jaar oud as sy al 84

jaar ‘n weduwee was, ten minste, en 84 jaar lank gebrei, want dis wat die Here met jou doen as Hy lank met jou

besig is in sy wasmasjien en in sy gimnasium, dan brei Hy jou om leeg te word van jouself, om om te gee vir ander

mense.

Hoe meer seker jy is van wie die Here is hoe kleiner word jy in jouself, en daarom is Anna nie daar nie daar en sê

vir almal ek het nou 84 jaar swaargekry, staan asseblief uit die pad uit, dis nou my beurt met Jesus nie. Nee, nee,

nee, nee, dis die aangrypende van hierdie vrou. Sy roep almal nader en sy sê kan ek met julle praat. Hier is die

Page 4 of 5

Want ‘n Kind is vir ons Gebore... Sterke God... Stephan Joubert

© 2011 Mosaïek

verlossing vir Jerusalem. Hier is die hoop vir die wêreld. Dis wat gebeur as die sterk

God opdaag, dan wil jy vir die wêreld sê, en dan wil jy inderdaad sê joy to the world,

want die Here het gekom. Dan vergeet jy jouself en dan raak jy nog meer ‘n offer wat

soos water uitgegiet word. Dis vir my altyd aangrypend dat Jesus sê lewende water

vloei deur ons, want water is iets wat jy uitgiet. Dit stort, dit mors, en dit raak weg, en

nog ‘n keer sê Anna, kom luister, Jerusalem, dis Jesus.

Hoe berei mens voor as God jou nooi, as jou naam op die uitnodiging is na die

geleentheid van ‘n leeftyd? Ek weet nie hoe gaan jy voorberei nie, maar ek wil graag

aan die hand doen vanoggend, kom leer by die twee mense wat oud was maar hulle

ouderdom gekanselleer het. Ja, natuurlik kom die jare by, maar wanneer jy vir die

Here leef is daar nie tyd om te sit en dink, jy weet, hoe gaan ek dit maak in die ouetehuis volgende jaar, en hoe

gaan my pensioengeld dit maak nie, dan werk jy aan jou geestelike CV jou lewe lank, dan lê die beste nog voor, al

sê hulle dit gewoonlik net vir jong mense, jou beste lê nog voor.

Ek het nog nooit gehoor dat hulle dit vir iemand op 80 in 'n sms gestuur het nie, mag jou drome waar word nie, mag

die beste jare nog voorlê nie. Om een of ander rede dink ons nie so nie, maar God dink anderster, Goddank, en

Hy sê vir... as te ware vir Simeon jou laaste asemteug gaan jou beste wees. En Hy sê vir Anna, jy het gedink 84

jaar was hard. Jou laaste woorde gaan lof wees. Vas, wat jy gedoen het tot nou toe, om jou af te sonder, dit gaan

nou oorgaan in lofmusiek. Jy gaan korale sing.

Ons elkeen het ‘n CV. Ons stuur dit graag in as mense ons nooi vir 'n onderhoud by ‘n werk, maar die Here het

ook... is ook besig om te kyk na ons geestelike CV, die CV wat ons opbou in ons verhouding met Hom, of nie, en

toe Simeon hoor hy is genooi na die koms van die Koning, toe het hy alles laat staan. Hy het sy bedanking

teruggetrek by die ouetehuis en gesê ek meld aan vir diens. Ek gaan selfs elke ou mens dien wat hopeloos is, en

Anna het met groter ywer geskrop en gewas en in die kerk, in die tempel gewees, en gebid. En toe die Here kom

sterf Simeon in vreugde en leef Anna haar laaste asemteue voluit na die Here toe. Wat sal jy doen, want die

uitnodiging is pas afgelewer? Die Koning se geboorte is aangekondig en in die Gees is jy genooi. Hoe sal jy kom?

Amen.

Hemelse Vader, baie dankie dat ons vanoggend vir ‘n oomblik saam met Simeon en Anna kan reis, twee ouer

persone wat met soveel grasie oud geword het dat hulle lewe nou nog eggo op die bladsye van die Bybel.

Ekskuus, Here, dat ek partykeer aan ouderdom dink as ‘n vyand en nie as ‘n vriend waar die Heilige Gees al hoe

meer werk nie. Vergewe my, Here, dat ek dink dit is net as ek jonk is dat ek drome het, en as ek oud is dat ek

nagmerries het. Dankie dat U dit verander.

Dankie dat U vanoggend ‘n uitnodigingskaartjie in Mosaïek uitdeel na die Here se geboorte. Nie na Kersfees nie,

want Kersfees kom en gaan. Na Jesus se geboorte. Stel my fyn in, Here, om soos Anna nader te kom na U en

lofliedere te sing. Stel my in om soos Simeon U in my arms te mag hou. Nee, Here, nou is dit anderster om, en

dankie dat dit U is wat my nou in die arms optel, dat dit U is wat die goeie Herder is wat sê niemand sal jou uit my

hand ruk nie, en leer my, as ek nou uitgaan, Here, om te praat en te lewe soos iemand wat 'n genooide is, maar

ook ‘n gas wat reeds by die ete is. Leer my om in hierdie Kerstyd Christus, die Here, voorop te stel, amen.

Geliefdes, ontvang die Here se seën en gaan in vrede huistoe. Die Here wat die doderyk onder jou verseël het is

die Here wat jou uitstuur. Die Here was bokant jou aan die regterhand van die Vader sit en wat vir jou intree en

pleit is die Here wat jou uitstuur. Die Here wat agter jou elke kronkelpaadjie gelyk gemaak het waarop jy geloop

het, dis Hy wat jou uitstuur. Die Here wat voor jou is by die wenpaal met die oorwinningskroon, Hy stuur jou. Dis

die Here wat in jou is deur Sy gees wat jou vol vreugde maak in hierdie tyd, wat jou uitstuur. Die genade van ons

Heer, Jesus Christus, God se liefde, die teenwoordigheid van die Gees is by jou, amen.

Page 5 of 5

Want ‘n Kind is vir ons Gebore... Sterke God... Stephan Joubert

© 2011 Mosaïek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!