04.05.2013 Views

Die - CUM Books

Die - CUM Books

Die - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

30 Wees ’n nuutgemaakte vrou

en behoeftig was. Wat dink jy het die Here bedoel toe Hy gesê

het: “Ek sal hom wys hoeveel hy moet ly”? Wat was Saulus/

Paulus se gevolgtrekking: hoeveel waarde het sy eie vermoëns?

Nie al die dinge wat God in Paulus se lewe gedoen het, word

in hierdie twee gedeeltes genoem nie. Nie net was hy blind en

moes een van die mans wat hy in die tronk wou stop, vir hom

bid nie, maar hy is ook gevange geneem, geslaan, gestenig en

vervolg (2 Kor. 11:24-27). Hierdie ervarings en lyding het alles

deel gevorm van die proses om “alle ander dinge as ’n verlies

te beskou”. Party van die probleme wat jy op die oomblik

trotseer, kan op hierdie manier beskryf word. God bring soms

hierdie dinge oor jou pad sodat jy kan besef dat die dinge waarop

jy staatmaak, nie vergelyk kan word met ’n verhouding met

die Here nie.

Lees Filippense 3:10-11 in die 1983-vertaling. Watter drie dinge

wil Paulus graag ken (v. 10)? Hoe sal hierdie kennis ons gelyk

maak met Christus se dood? Wat dink jy be teken dit? Wat dink

jy bedoel Paulus deur sy begeerte om “deel te hê aan die opstanding

uit die dood”?

Daar is fases in ’n verhouding met Christus. Dit begin met ’n

wittebroodsperiode wanneer ons die eerste vreugdes van intimiteit

met Hom ervaar. Dan is daar groei in die kennis van

die krag van sy Gees wat in en deur ons werk. Maar dikwels is

dit in die volgende fase, van omgaan met sy lyding, waar ons

kennis van Hom nog dieper word. Al hierdie groei, is wat ons

by ’n plek bring van ooreenstemming met sy dood, of na ’n

plek waar ons aan onsself sterf, en begin leef saam met Hom.

Soos Paulus in Galasiërs 2:20 skryf, is ons saam met Christus

gekruisig sodat Christus kan leef in en deur ons. Die op standings

lewe het ’n huidige realiteit en ’n toekomstige vervulling.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!