10.09.2013 Views

Hoofstuk 1 - CUM Books

Hoofstuk 1 - CUM Books

Hoofstuk 1 - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoof stuk 1

Sy wonder partymaal hoe haar lewe sou gewees het as sy net een

voornaam gekry het. In plaas daarvan het sy twee: Nellie, na haar

grootouma aan haar pa se kant, en Mae, na Ma se jongste sus ter.

En al klink dit amper deftig, soos Engels, het Ma dikwels gesê

dat die name baie gepas is, en met die spesiale aandag wat Nellie

Mae be stee aan die skep van haar terte, koeke en ander gebak,

veron der stel sy haar ma is seker reg.

Maar ek is nie Engels nie, glad nie! Sy stap vinnig oor die oprit na

die bakkerywinkel agter die h uis, waar Pa ’n parkeerterrein gemaak

het wat groot genoeg is vir motors en perde en perdekarre.

Nellie Mae kyk vlugtig na die handgeverfde bord bo-op die winkel

en glimlag.

Nellie’s Simple Sweets.

Die gesellige plekkie word as hare beskou, omdat sy gedurig

gebak het toe sy jonger was. Teen die tyd dat sy tertdeeg kon uitrol

of sorg dat ’n tweelaagkoek nie platval nie, het sy meer gebak

as wat haar gesin kon opeet. Dit was Pa wat voorgestel het dat

hulle ’n winkeltjie op die werf b ou en Nellie se heerlike lekkernye

vir die res van Honeybrook beskikbaar stel. Natuurlik doen dit

nooit kwaad om ekstra geld in te bring nie, wat die winkel vir

se ker doen, danksy Nellie se talle tevrede klante wat die nuus

oor ver tel.

17

B E V E R L Y L E W I S

Op hierdie koue oggend in September laat Nellie Mae die groen

blinders voor die vensters opskiet en draai die bordjie teen die

deur om om aan te dui dat die winkel oop is. In minder as vyf

minute begin die gereelde klante aankom, almal Eng lisch ers, twee

per motor en die ander te voet. Die koperklokkie teen die deur

klingel vrolik wanneer hulle inkom, almal die ene glim lagte.

“Willkumm,” groet Nellie eers vir mevrou Hensley, ’n vrou met

’n aksent wat sê sy kom van die suide; dan mejuffrou Bachman,

wat bekend is vir haar voorliefde vir grondboontjiebotter; en dan

Rhoda se werkgewer, mevrou Kraybill, met twee van haar kinders

wat haar volg.

Nellie wil nie oorgretig lyk nie, en sy bly sedig agter die toonbank

staan terwyl die vroue die vertoonkas bekyk. Mevrou Hensley

se oë deursoek die gebak. Sy dra ’n kanariegeel rok wat meer

soos ’n sak lyk onder haar oortrektrui. Rhoda het van dié tent rokke

gepraat, soos die Engelse dit noem, en Nellie is beleef ge noeg

om haar nie te staan en vergaap aan die helderkleurigste rok wat

sy vir seker nog ooit gesien het nie. Met haar opgepofte hare wat

na die een kant toe gekam is, kan mevrou Hensley kwalik méér

na ’n Engelse vrou lyk.

Mevrou Kraybill knip haar mooi oë oor haar raamlose bril en

vra: “Sal jy omgee as ek al vier dosyn pampoenkoekies koop?”

“Nee, glad nie,” antwoord Nellie vinnig.

Mevrou Hensley wys na die kaneel-en-rosyne-koek wat voor in

die middel van die toonbank staan en tik met haar goedversorgde

vingernaels op die glas. Nellie kan haar kwalik bedwing om

vo rentoe te leun en vir haar te vertel hoe lekker die koek smaak.

“Hoe kry jy dit reg om al hierdie goed self te bak?” vra mevrou

Hensley terwyl haar vingernaels steeds op die glas rus. “Dis abso

luut wonderlik.”

“Smelt sommer in jou mond,” voeg juffrou Bachman by en bekyk

die grondboontjiebotter-fudge aan die linkerkant. “Ek is verstom

oor hoe jy al hierdie goed sonder ’n resep kan bak, juf frou

Nellie Mae. Jy is ’n wandelende kookboek!” Sy kyk na mevrou

18

D i e s k e u r i n g

Hensley en glimlag. “As jy die resep wil hê, vra net. Nellie is so

vrygewig met haar kennis as wat sy is met die suiker op haar

koekies.”

Nellie Mae bloos. Sy het nog altyd ’n goeie geheue gehad.

As dit kom by die opnoem van bestanddele en die korrekte hoeveelhede,

kan sy dit in haar slaap doen.

Mevrou Hensley grawe in haar handsak en bring haar beursie

en ’n klein notaboekie te voorskyn. “Sal jy omgee, Nellie Mae?

Ek sal baie graag my hand aan daardie koek wil waag.” Haar oë

smeek vir die resep.

Nellie rammel die bestanddele en hoeveelhede vinnig af. Sy

voel effens selfbewus, selfs al gee sy hoegenaamd nie om om

haar resepte met haar gereelde klante te deel nie.

As Caleb Yoder tog net die een of ander tyd hiernatoe wil kom, dink

sy voordat sy haarself kan keer. Dit is verkeerd om te spog, en dit

is vir seker wat sy sal doen as sy haar vermoë as bakster gaan ten

toon stel ter wille van ’n man se bewondering. Nogtans, Nellie

kan maar net hoop.

Sy bepaal haar aandag by die uitdeel van die korrekte kleingeld.

Toe sy klaar is met mevrou Hensley se aankope, gaan help

sy die ander twee vroue wat, tot haar grootste plesier, nou staan

en redekawel oor wie van hulle twee die fudge gaan koop.

Vroeg die Donderdagoggend sit Nellie Mae en vroetel in haar

ouer broer Ephram se perdekar. Sy is dankbaar dat Ma vir Nan

gestuur het om in die winkel te gaan help sodat sy hierdie besoek

kan gaan afl ê. Sy skuif haar swart kappie reg terwyl Ephram stilswygend

aan die regterkant van die wa sit met sy oë op die pad

gevestig terwyl hulle na sy huis toe ry.

Sy sit snoesig onder haar swaar wolskootkombersie. Sy steek

haar hande in die grys moffi es en sidder. Sy wens dit is al weer

so mer. Sy dagdroom oor hoe sy in ’n groen veld lê, terwyl die

19

B E V E R L Y L E W I S

soet geur van die veldblomme die lug vul.

Sal Caleb teen volgende somer darem minstens al gevra het of hy

saam met my huis toe kan stap na ’n sangaand?

Soveel tyd het reeds verbygegaan. Nogtans, sy is moeg vir die

geselskap van seuns vir wie sy nie regtig omgee nie, selfs al het sy

haar daaraan skuldig gemaak om twee jong manne op sleep tou

te hou. Hoewel sy hulle geselskap geniet het, was die meeste van

die outjies met wie sy uitgegaan het maar oninteressant; nie een

van hulle het haar hart laat sing soos Caleb gedoen het die dag

toe hy vir haar geglimlag het nie. Soos met al die seuns hier rond

die geval is, het almal planne om te gaan boer. Dit is heeltemal in

orde wat Nellie Mae betref. Sy hoop nie om iemand te kry wat

dinge anders wil doen nie. Al wat sy wil hê, is iemand met sy eie

opinies en wat nie net aantreklik is nie, maar ook dolverlief op

haar sal wees.

Is dit te veel gevra?

Baie meisies trou bloot om getroud te kom, en dáárin stel sy

glad nie belang nie. Sy gaan nie trou as dit net beteken om tevrede

te wees om iemand te hê om voor te kook en skoon te maak

en ’n hele string kinders in die wêreld te bring nie. Sy wil hê wat

Ma en Pa het – ’n bestendige vuur tussen hulle. Selfs na al die

jare kan sy dit nog sien as haar pa en ma oor die breedte van ’n

vertrek na mekaar kyk.

Sy dwing haarself om te ontspan en kom agter dat die perdekar

vandag warmer is as gister, toe sy saam met haar ma na die

algemene handelaar in Honeybrook toe is nadat sy die winkel vir

die dag gesluit het. Sy voel altyd veiliger as haar pa of een van

haar vyf ouer broers die span perde dryf. Natuurlik is dit dan

nie naastenby so lekker as die wilde gery met die perdekarre van

die ouens met wie sy uitgegaan het nie. Sulke roekeloosheid was

ongetwyfeld deels te blameer vir etlike noodlottige ongelukke

tussen perdekarre en motors die afgelope paar jaar, en nie almal

op die hoofpaaie met die digte verkeer nie. Dit is vir seker ’n

goeie ding dat haar ouer broer – verantwoordelike pa van vier,

20

D i e s k e u r i n g

met nog ’n baba op pad – die leisels stewig vashou, net soos hy

dit vir sy eie gesin doen.

Wie sal die leisels van my lewe vashou?

Sy verskuif haar voete en voel die trilling van die wiele op die

pad deur die swart skoene met die hoë bostukke wat haar ma

aangedring het sy moet aantrek. “Dis te laat in die seisoen vir

kaal voete,” het Ma gesê voordat sy haar afgesien het. “Sê vir jou

skoon suster ek stuur groete, hoor?”

Nellie sug en kyk na die bome soos die kar en perd haar verder

voer. Sy vrees die komende winter met sy striemende sneeu en

wind. Sy wriemel haar tone in die beklemmende skoene en smag

na die vryheid van kaal voete.

Al langs die pad is boere, Amish en Engelse, besig om die hooi

te baal ... die bietjie wat daar is na die droogte in die streek. Verder

op met die pad kom die bure se appelboord in sig. Sy wonder

dadelik of die boord ook deur die droogte getref is. Gaan daar

genoeg vrugte wees vir inmaak en appelbotter teen die einde van

die herfs? Die appeloes beteken altyd die bymekaarkom van ’n

klomp jongmense – miskien gaan Caleb ook by wees. ’n Werksfun

ksie is een van die maniere waarop die jongmense bedags met

mekaar meng, maar dit is onder die mantel van die aand dat die

hofmakery geskied.

Sy probeer om die omgewing uit te sluit en haar gedagtes te

laat dwaal. Sy stel haar voor hoe dit moet wees om Caleb by so ’n

vrolike byeenkoms raak te loop. Sy raak heeltemal verlore in haar

mymering, en wens dat iets daarvan waar kan word. Sy hoop

ook dat hy nie so nuuskierig oor Suzy se dood sal wees as wat

party ander skynbaar is nie.

Op daardie oomblik begin haar broer praat en haar gedagtes

word teruggebring na die werklikheid. “Jy is vreeslik stil, Nellie

Mae.”

Ephram gaap haar nie aan soos hy partymaal doen wanneer

hulle na en van sy huis af ry nie. Hoewel die besoeke nie baie

ge reeld plaasvind nie, was hy gaaf genoeg om aan te bied dat

21

B E V E R L Y L E W I S

sy vanoggend saam met hom kan terugry en haar sodoende die

lang ent se stap te spaar om by haar skoonsuster, Maryann, te

gaan kuier. En as die tyd dit toelaat, wil Nellie ook by haar beste

vriendin, Rosanna King, ’n draai maak.

Haar broer se blonde hare steek onder sy swart vilthoed uit.

Die strooihoede wat die mans in die somer dra, het onlangs van

die toneel verdwyn, iets wat Nellie Mae elke herfs onkant betrap.

“Jy sit en broei,” sê hy.

“Miskien.” Sy vryf haar voorkop ingedagte en wonder of die

feit dat sy teen die oggendlig in gefrons het, haar verraai het.

“Ag, Nellie, wat pla jou?”

Maar sy kan nie juis sê nie, hoewel sy nie oor enigiets gesit en

tob het nie; sy sit bloot aan dinge en dink.

Sy kyk skrams na hom, en kyk weg voordat sy dit waag om te

vra: “Het jy enigiets gehoor van daardie vergadering waarby Pa

twee weke gelede was?”

Ephram draai vinnig om en kyk na haar.

Sy glimlag. “Lyk my jy het tóg gehoor.”

Sy ronde ken sak en hy bepaal sy aandag weer by die pad.

Selfs al gesels sy maar selde met hom, kan Nellie regdeur hierdie

broer van haar sien. Sy melkbeeste en groeiende gesin hou hom

deesdae vir seker goed besig, maar Ephram se gevoelens is nog

altyd op sy gesig te bespeur. “Waarvan praat jy?” vra hy.

“Ek het gehoor daar was ’n vergadering. Alles stil gehou

ook.”

Hy skud sy kop. Of dit uit ergernis of uit terughoudendheid

is, weet sy nie. Die feit is, sy wil weet, maar sy sal hom nie verder

uitvra nie. Dit pas nie by ’n vrou nie, sou Ma sê – hoewel

Nellie nie altyd alles aanvaar wat Ma dink of voorstel nie. Nogtans,

daar is geen sin daarin om vandag die praatjies op te haal

wat sy in die winkel gehoor het oor die mans en hulle geheime

ver ga dering nie. Miskien bedoel hulle dat dit presies is hoe dit

moet bly.

22

D i e s k e u r i n g

Nellie wonder of hierdie somer se misoeste nie in ’n mate tot

die onrus van die afgelope tyd bygedra het nie. Sy het gehoor dat

party mense oortuig is die mislukte oeste is ’n verskriklike profesie

vir die Honeybrook-gebied. Omdat die probleem net tot hulle

om gewing beperk is, is dit asof God vir hulle ’n waarskuwing

ge gee het.

Sy dink weer aan die beroering wat die droogte veroorsaak

het. As boere is hulle hele bestaan van die sukses van hulle oeste

afhanklik. Voer vir die vee en hoenders moes aangery word. En

die bakkerywinkel het ook die knyp gevoel, want bestanddele

moes uit die gesin se wins aangekoop word.

Sy verskuif effens op haar sitplek en kyk by die anderkantse

ven ster uit. Die swaar dou lyk baie soos ryp, met die bytende koue

wat daarmee gepaardgaan; die koue lug moes hulle laas nag in

hul le slaap bekruip het en in die laagte kom lê het. Al is dit maar

die einde van die somer, voel dit al klaar soos in die mid del van die

win ter. En al beteken dít ys en sneeu en wind en koue, smag Nellie

Mae daarna dat die jaar om moet wees en dat ’n splin ter nuwe een

moet begin.

Sy kyk na haar broer en wens hy wil vir haar sê wat hy weet

omtrent die vergadering in die biskop se skuur.

Wat is die groot geheim?

Ephram draai nou in by die laan met die bome weerskante

wat na sy huis toe lei. Nellie Mae sien dadelik vir Maryann waar

sy in die deur staan, duidelik verwagtend, en wat haar met die

waai van haar sakdoek verwelkom.

“Moet nou nie háár kop vol nonsens gaan staan en praat met

al jou gegis nie,” waarsku Ephram, en klim af om die perd aan

die paal vas te maak.

Nellie wonder hoekom hy selde indien ooit sy vrou se naam

noem wanneer hy van haar praat. So baie van die mans onder

hulle praat van hulle vrou as “sy” of “haar” in plaas van om hulle

mooi voorname te gebruik.

Ek sal vir seker nie met so ’n man wil trou nie.

23

B E V E R L Y L E W I S

Nellie Mae dink weer aan Caleb en wonder wat hy oor al

die skinderpraatjies te sê sal hê. As hy ooit beskikbaar raak om

mee te praat, sal sy dit durf waag om hom te vra? Of sal hy haar

maar ook op dieselfde afsydige manier behandel as wat Ephram

oënskynlik vir Maryann behandel?

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!