21.09.2013 Views

Maandag - CUM Books

Maandag - CUM Books

Maandag - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Maandag

Hy was altyd normaal. Wat het gebeur?

Hierdie vreemde wese het nie oornag ontluik nie. Hoe om aanpas sings

te maak vir julle nuwe lewe saam.

Het jy al ooit die T-hemde gesien wat swanger vroue dra? Dié wat

sê Baby under construction? Hulle laat my altyd glimlag, want hulle

slaan die spyker op die kop. Daardie baba word tog “gebou” al kan

jy nog nie sy klein engelgesiggie sien nie. Dan kom die baba in die

wê reld en jy bestee die eerste tien jaar van sy lewe om met hom te

kom mu nikeer, hom te leer, lief te hê en hom te dissiplineer.

Dan breek die hormoongedrewe jare, soos ek dit noem – ouderdom

me 11 tot 19 – aan, en jy word onkant gevang deur die metamorfose

van kind na tiener.

Wat het met jou dierbare kind gebeur wat hom of haar verander

het in die vreemde wese waarmee jy elke dag te doen het? Die seun

wie se taalvaardighede verswak het tot ’n toevallige grom? Die naïewe

dogter wie se gelaat so perfek was dat sy in ’n Ierse lente-advertensie

gebruik kon word, maar wie se vel nou meer geskik is vir ’n

Pizza Hut-advertensie? ’n Seun wat nie meer soentjies en drukkies

van jou voor sy maats wil hê nie en wat verwag jy moet ’n blok ver

agter hom loop? ’n Dogter wat jou van die polisiestasie af bel, want

sy is gearresteer vir winkeldiefstal? ’n Seun wat vir jou sê jy moet

17

’n Nuwe tiener teen Vrydag

warmplek toe gaan as jy sê hy kan nie die kar gebruik nie? ’n Dogter

wat ’n graad het in SMS, deure toeklap en met haar suster baklei? ’n

Seun wat weier om in en om die huis te help en terugpraat wanneer

jy hom herinner om dit te doen, of nog erger, wat jou ignoreer. ’n

Dogter wat altyd spontaan was, maar nou hartseer lyk, baie huil en

alleen wil wees? ’n Seun wat gevang is dat hy onder die invloed van

alkohol bestuur en jy het nie eers geweet hy drink nie? ’n Dogter

wat elke Saterdag tot 15:00 slaap en dan saam met haar maats wil

uitgaan vir die aand?

Dis maklik om te reageer. Al wat nodig is, is om jou mond oop

te maak en iets kwyt te raak voor jy gedink het. Dinge soos:

• “Jy gaan nóóit weer bestuur nie ... nooit nie.” Maar kan jy hou

by dié be lofte? Wat van volgende keer wat jy ’n krisis het en jou

seun moet sy kleinboet by die rugbyoefening gaan oplaai?

• “Praat met my!” Met hierdie opdrag kan jy redelik seker wees jou

tiener se mond sal bottoe bly.

• “Luister, mannetjie, jy sal nooit weer so met my praat nie! Jy is

gehok vir die res van jou lewe!” Maar is jy regtig bereid om by

hier die straf te bly ... vir ’n leeftyd? Wat daarvan as hy 40 is en

steeds by julle bly, en winde opbreek en sy pizza-korsies op die

bank los?

• “Dis hoog tyd dat jy opstaan. Jy gaan beslis nie saam met jou

vrien de uit nie. Jy het ’n ellelang lys take om eers by die huis

te doen.” Maar wie sit dan opgesaal met die buierige deur-toeslaner

se if looks could kill-houding vir die res van die middag en

aand? Jy. So, het jy gewen?

• “Goed, jy het ’n paar puisies. Dis nie so erg nie. Ek het ook gehad,

en ek het niks daarvan oorgekom nie.” Dink ’n oomblik

terug, ouer, toe jou ouers dieselfde ding gesê het. Was die eerste

gedagte wat in jou kop gekom het: Wel, dit was nogal sinvol. Ek

kan nie wag om dié stukkie advies toe te pas nie? Of was dit eerder:

Sjoe, hulle verstaan glad nie. Praat van lewe op ’n ander planeet!

18

Maandag Maandag

Dis nie jou ouma se wêreld nie

Vandag se kinders word vinniger groot as ooit tevore. Hulle wêreld

is nie die een waarin jy grootgeword het nie, en dis beslis nie jou

ouma se wêreld nie. Jou tiener het te doen met kwessies soos selfsnyding,

dwelms, depressie, selfmoord, terroriste-dreigemente, ’n

on seker ekonomiese toekoms, en anorexia, bo en behalwe die dinge

wat tieners al geslagte lank moet hanteer: groepsdruk, hormoonveranderings,

berge huiswerk, stres oor die lewe, voorbereiding vir ’n

loop baan, kommer oor universiteitstoelating of keuring vir ’n beurs,

ensovoorts. Die toename in die sterf-

tesyfer onder 11- tot 19-jariges – as

ge volg van selfmoord, dronkbestuur

en ’n oordosis dwelms – is ’n stille getuienis

dat baie van vandag se tieners

een voudig oorweldig voel, en hulle

weet nie watter kant toe nie.

Die volgende gedagte is nogal vreesaanjaend: ’n 17-jarige Amerikaanse

kind kan alles doen wat sy wil. Sy kan wettig ’n motor bestuur.

Dit beteken sy kan na baie plekke toe gaan wat dalk nie jou

goedkeuring sal wegdra nie. Sy kan saam met kinders kuier wat jy

nie ken nie. Kan sy drink? Natuurlik! Al wat sy nodig het, is ’n vals

ID wat sê sy is ouer as wat sy is, en dit kan sy baie maklik oor die

internet kry. Kan sy dwelms gebruik? Maklik! Maar my vraag is: As

tieners al hierdie dinge kán doen, hoekom is daar so baie kinders

wat dit nié doen nie? Waarom kies baie tieners om nié te drink nie,

nié dwelms te gebruik nie, nié rond te slaap nie en nié later in te

kom as die reël nie?

Die antwoord op dié vraag is waaroor hierdie boek gaan. Jy sien,

gesindhede ontstaan nie oornag nie, hulle ontwikkel met tyd.

Watter soort konstruksiewerk het jy nodig?

Ouer, jy weet reeds jy het werk om te doen in hierdie hormoongedrewe

jare, anders sou jy nie hierdie boek opgetel het nie. Jy wil

ver seker hê dinge in jou huis moet verander. Maar die eerste ding

19

Dit is maklik om te reageer.

Al wat nodig is, is om jou

mond oop te maak.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

wat jy moet bepaal, is die werk wat gedoen moet word.

Wanneer ’n kontrakteur vir jou ’n kwotasie gee vir werk aan jou

huis, moet hy eers weet wat die aard van die werk is. Moet hy die

hele huis oorbou? Die huis heront werp? Een kamer in die huis verander?

’n Kraak in die fondasie regmaak? ’n Muur verf of die teëls

in die badkamer vervang?

Veronderstel jy wil ’n aantrekka-

Tekens van ’n mer verander in ’n studeerkamer. Die

tiener in die huis kon trakteur kom in, hy is besig met

die berekenings van wat jy dink ’n

• Jou opnemer is

een voudige werkie is, en dan ontdek

oorlaai met realiteits-

hy die kraak in die fondasiemuur.

programme.

Skie lik lyk die eenvoudige werkie baie

• Jou kruideniersreke-

ingewikkelder as wat jy ooit kon raai.

ning is 30% hoër

Hoekom? Want die fondasie – die basis

hierdie maand.

van jou huis – is in die moeilikheid.

• Dit is 12:30 op ’n Sater-

En voor enigiets anders gedoen kan

dagmiddag en jy het

wword,

moet jy dit regmaak.

die frase “wat ook al”

Sommige van julle lees hierdie boek

59 keer gehoor.

omdat jy weet die fondasie is nie reg

• Woordeskat word ver-

nie. Jou tiener stuur af op, of is alreeds,

kort na LOL, BFF, IDK,

in groot moeilikheid. Ander van julle

ROFL.

moet ’n kamer of twee verander of

• Voorkeure en afkeure

’n paar mure uitbreek. Sommige van

is so veranderlik soos ’n

jjulle

het slegs ’n bietjie afronding om

gloeilamp.

te doen – ’n lagie verf om die huis op

te kikker.

Wat wil jy in die volgende vyf dae bereik? Is jy besig met ’n

algehele rekonstruksie, gedeeltelike vervanging, of net verfwerk? As

jou j tiener vir jou sê na watter warm-

Is jy besig met plek jy kan gaan en die f-woord ge-

algehele rekonstruksie, bruik wanneer hy met jou praat, sou

gedeeltelike vervanging, ek sê jy moet dink aan algehele re kon-

of net verfwerk?

struksie, want sy gesindheid spreek

boek dele. As jou kind lui ge raak het

en nie sy pligte l wil l nakom k nie of “vergeet” om hulle te doen, sal

20

Maandag Maandag

gedeeltelike vervanging voldoende wees. Of dalk het jou kind pas

haar tienerjare betree en sy is terugpraterig en beterweterig, en jy

hou nie daarvan nie. ’n Deeglike laag verf sal op hierdie stadium die

ding doen – en vir jare hou as jy dit reg doen.

Om teen Vrydag ’n nuwe tiener te hê, moet jy eers weet waarmee

jy moet begin. Daarna moet jy weet waar jy wil eindig. Soos die internasionaal

ge respekteerde leier Stephen Covey sê: Begin met die

einddoel in gedagte. 1 Hoe wil jy hê moet jou seun of dogter wees

oor vyf dae? Wil jy ’n kind hê met karakter wat nie ’n karakter is

nie? Wil jy hê sy moet respek hê en ge hoorsaam wees? Wil jy hê hy

moet ver standiger wees in sy keuse

van vriende? Moet hy ophou dwelms

ge bruik? Wil jy haar motiveer om

haar skoolwerk be tyds te doen?

As jy weet wat jy wil bereik, is die

kans goed dat jy dit sal regkry. Wat

meer is, as jy net verfwerk het om te doen, is die kans goed dat jy

teen Woensdag al ’n nuwe tiener sal hê as jy by die reëls hou. Aan

die ander kant, as jy algehele re konstruksie moet doen, sal jy beslis

tot Vrydag nodig hê – en dalk ’n bietjie ekstra, veral as jou tiener

betrokke is in selfsnyding, anorexia, bulimie, ’n kultus, alkohol of

dwelms. Julle sal dalk professionele hulp ook nodig hê.

Sommige van julle het plaagdoder nodig. Partykeer kom daar

klein goedjies genaamd goggas in jou huis. Die feit dat hulle daar is,

is nie ’n refl eksie op jou as huiseienaar nie; hulle kan in enige huis

voor kom en hulle maak nogal soms hulle opwagting. Hoe gouer jy

eg ter van hulle ontslae raak, hoe gelukkiger sal jy wees.

Ek het 13 advertensies gedoen vir ’n plaaslike plaag be heer maatskappy

in Tucson met die naam 5-Star Termite & Pest Control.

Mense lag histeries wanneer hulle hierdie advertensies sien.

“Ek is dr. Kevin Leman,” sê ek, “en ek het ’n vrou, vyf kinders en

ka kkerlakke. Ek was juis gister in die motorhuis toe ek ’n kakkerlak

op sy rug sien lê – tussen hakies, dis presies waar ek hom wil sien.

En net voor hy styfskop, kyk hy op na my en sê: ‘Die 5-Star-ou het

my gekry!’”

Feit is, vir dié van julle wat ongewenste kakkerlakke het wat julle

21

“Begin met die einddoel

in gedagte.” Hoe wil jy

hê moet jou seun of

dogter wees oor vyf dae?

’n Nuwe tiener teen Vrydag

huis binnedring (dis nou vriende saam met wie jou kind kuier en

wat nie goed is vir hom of haar nie), is dit geen grap nie. Jy, ouer,

moet dadelik van die probleem ontslae raak. Dit beteken nie jy sal

nie verder probleme hê nie, maar die ongewenstes moet gaan. Nou

dadelik. Soms kan dit beteken jy moet jou kind skool toe aanry en

weer gaan haal, skoolfunksies bywoon om te sien wat gebeur, nee sê

as jou kind saam met dié groep vriende wil uitgaan, die karsleutels

diep wegsteek, of selfs jou kind na ’n ander skool toe laat gaan. Ja,

al hierdie dinge is emosioneel uitputtend en tydrowend, maar die

al ternatief is angswekkend. Daar is hopeloos te veel op die spel dat

jy kan bekostig om nie nou op te tree nie.

So watter soort hulp het jy nodig? ’n Bietjie advies vir jou verfwerk?

’n Kontrakteur wat een vertrek kan oordoen? ’n Heeltemal

nuwe konstruksiespan? Of ’n verwysing na 5-Star Termite & Pest

Control?

Dit het vir my gewerk

Anne was nog altyd ’n volgeling, en dit het haar in groot moeilikheid

laat beland. Toe sy 13 was, het sy deel geword van ’n groep ouer meisies

wat dagga gerook het. Die meisies sou in ’n toestand by ons huis

opdaag en vir ure daar rondhang en ’n gemors maak. Ek het nie geweet

wat om te doen nie, want ek kon haar nie keer om dit te gebruik nie

(ek het ook as tiener dagga gerook, so ek het gedink: Wie is ek om haar

te verbied om dit te doen? Maar ek wou nie hê sy moes op enige ander

plek as die huis van haar misbruik herstel nie. Toe hoor ek jou raad oor

’n plaaslike radiopro gram en het besluit om dit te probeer.

Die volgende dag, toe Anne saam met haar vriendinne by die huis

aankom, was ek voorbereid. Ek het ons buurman Kenny – ’n groot ou

wat nogal vreesaanjaend kan lyk as jy hom nie ken nie – ge vra om my

te help, want ek is ’n enkelouer. Nadat Anne by die deur ingeloop het,

het hy in die deur gaan staan sodat die ander mei sies nie kon inkom

nie. Toe sluit hy die deur en bly daar staan. Anne was woedend en het

begin skree.

Ek het kalm vir haar gesê: “Jou vriendinne is nie meer welkom hier

nie.” Toe draai ek om en loop na ’n ander kamer. Sy het my gevolg, al

22

Maandag Maandag

skreeuende en vloekende, maar ek het na my kamer toe gegaan en die

deur gesluit. Ek kon hoor hoe sy Kenny probeer ompraat om die meisies

in te laat, maar hy het belowe dat hy nie sou toegee nie.

Die volgende dag ná skool het Anne alleen huis toe gekom in ’n befoeterde

bui. Vier ure later het sy uitgebars: “Jy het my lewe verwoes!

Hulle wil nie meer met my praat nie.”

Ek het niks geantwoord nie, maar innerlik het ek geglimlag. Ek het

ontslae geraak van die ongewenste peste in my huis.

’n Maand later het Anne alleen huis toe gekom en vir twee ure in

haar kamer gebly. Die harde werklikheid het tot haar deurgedring. Een

van die meisies in haar vorige groep het pas haar leerlinglisensie gekry

en die ander drie meisies rondgery. Onder die in vloed van dagga het sy

volspoed in ’n beton-middelman vasgery. Al vier meisies is in die hospitaal

opgeneem met veelvuldige bese rings; een is verlam.

Ek het nie nodig gehad om iets te sê nie. Ek het Anne net vasge hou

terwyl sy gehuil het.

Anne het verlede week 15 geword. Sy het nog nie weer dagga gerook

sedert haar voormalige vriendinne beseer is nie. Toe sy gister weer

oor die insident praat, het ek besluit om vir haar te vertel van sommige

van die aaklige goed wat met my gebeur het toe ek as tiener dagga gerook

het. “Ek wil nie sien hoe dieselfde dinge met jou gebeur nie,” het

ek gesê.

Toe doen my dogter iets wat ek nooit verwag het nie. Sy het my ’n

drukkie gegee. Dankie, dr. Leman, dat u my aangemoedig het om vas

te staan. Dit was glad nie maklik nie, maar die resultate is ongeloofl ik!

Angela, New Jersey

Die ontwaking van die eie willetjie

Hoe jou tiener reageer, het alles te doen met respek – jou kind se

re spek vir jou, en jou respek vir jou kind. Respek begin van kleins

af en ontwikkel deur die jare soos julle verhouding groei.

Die magspel tussen ouer en kind – wat ek noem die ontwaking

van die eie willetjie – begin gewoonlik wanneer jou kind omtrent

18 maande oud is, agterkom hy het ’n wil van sy eie, en besef hy

kan dit afdwing. Wat ná hierdie stadium gebeur, het alles met jou,

23

’n Nuwe tiener teen Vrydag

ouer, te doen, want jou kind se gesindheid en gedrag is binne die

vier mure van jou huis gevorm.

Vanaf hierdie vroeë stadium is dit noodsaaklik dat julle as ouers

versigtig besluit waaroor julle gaan baklei, en dat julle op tree – nie

reageer nie – wanneer si tua sies opduik. Reaksie neem jou uit die bestuurdersitplek

en gooi jou on mid-

Jou kind se gesindheid en

gedrag is binne die vier

mure van jou huis gevorm.

dellik op die emosionele tuimel trein

waar op jou kind is. Optrede laat jou

eg ter toe om terug te sit, te ont span,

dinge een keer te sê en daarby te bly,

en kalm in beheer te bly terwyl jy

dinge hulle gang laat gaan.

Toe jou tweejarige teen jou uitgevaar het, hoe het jy reageer?

• Jy het gesê: “Ai, Jannie, jy moenie so praat nie. Dis nie mooi nie.

Ek gaan jou nog een kans gee om mooi te praat.”

• Jy het gesê: “Mannetjie, jy verdien om ’n bietjie op jou eie te

wees. Gaan sit daar in die hoek vir die res van die oggend.”

• Jy het omgedraai, na ’n ander kamer gegaan en hom geïgnoreer.

Later toe hy met sy gunsteling speelding wou speel, het jy

gesê: “Nee, jy mag nie vandag met hierdie speelding speel nie.

Mamma hou nie van die manier waarop jy met haar praat nie.”

Sy gesoebat het jou ook nie van plan laat verander nie.

Watter toneel het hom oor en oor in jou huis afgespeel? Jou kind

het nie oornag verander in hierdie vreemde tiener-wese nie. Raai

net wie het hom gehelp? Hoe jy as ouer opgetree het en hoe jy jou

huis bestuur het, het alles te doen met die persoon wat jou tiener

nou is.

Kom ons gebruik die driejarige eersteling Shannon as voor -

beeld. Sy was hardkoppig en sonder respek oor haar middagete wat

sy nie wou eet nie. Haar ma het kalm die eetstoeltjie, met Shannon

daarin vasgegordel, opgetel en dit om die hoek van die kombuis na

die gang gedra, waar Shannon haar ma nie kon sien nie. Vir hierdie

kind wat nie daarvan gehou het om weg van haar ma af te wees nie,

het daardie vyf minute soos ’n ewigheid gevoel. Toe haar ma uit-

24

Maandag Maandag

eindelik weer haar verskyning maak, het Shannon vinnig gesê: “Ek

sal klaar eet, Mamma, ek sal klaar eet.”

Die 12-jarige Shannon onthou vandag nog hierdie gebeurtenis

en lag daaroor. “Ek skat ek het besef: Weet jy, dit het nie goed gewerk

nie. Ek was ’n slim kind, so ek het dit nie weer probeer nie.

Dit was die eerste en laaste keer wat my ma ooit nodig gehad het

om my so te straf. Ek het geweet sy was ernstig en dat sy nie sou

ingee nie.” Vandag het Shannon en haar ma ’n baie sterk verhouding

wat gebou is op respek, en hulle het alreeds twee van die vroeë en

in tense hormoongedrewe jare oorleef.

Vergelyk dit nou met Jarrod, wat

15 is en sy ma behandel soos die slaaf

van die gesin. “Waar is my rugbybroek?”

bulder hy ’n minuut voor hy

by die deur moet uitdraf op pad skool toe, en MMa skarrel k l om ddie

broek te kry. En waar het hierdie gedrag begin? Toe Jarrod drie was.

Mamma, wat hom probeer gelukkig hou het, het hom laat wegkom

met sy vloermoere en hom alles gegee wat hy wou hê.

Hierdie twee voorbeelde illustreer duidelik wat ek bedoel met

“doelbereikende gedrag”.

Hoeveel van julle het vandag die woord “doelbereikend” gebruik?

Ek soek ’n paar hande ... ek sien nie een nie.

Oukei, so wat van hierdie week? Uhm, sien ek ’n hand?

Wat van hierdie maand? Daar is een.

Hierdie jaar? Nog een.

“Doelbereikend” is ’n onbekende woord, maar dis noodsaaklik

dat jy as ouer die woord “doelbereikend” verstaan. Doelbereikende

gedrag dien ’n persoon; dit vervul ’n behoefte. Ons openbaar almal

hierdie gedrag.

Wat is die doelbereikende gedrag van ’n kind wat ’n vloermoer

gooi in die speelgoedwinkel? ’n Goeie raaiskoot is dat Pa en Ma

vir hom ’n goeie dosis vitamiene N gegee het en nee gesê het vir

die “Ek wil, ek moet” driejarige. Die driejarige het egter ’n manier

om te sê: “Doen wat ék sê!” Hy gooi ’n verwoede vloermoer hard

genoeg sodat mense ses rakke verder om die hoek loer om te sien

wat gaan aan.

25

Doelbereikende gedrag

dien ’n persoon; dit

vervul ’n behoefte.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

So wat doen die ouers om hulle verleentheid oor hulle kind se

ge drag te verberg? “Oukei, ek sal hierdie keer vir jou die speel ding

koop. Maar dis die lááste keer wat ek vir jou ’n speelding koop.”

Hierdie dogtertjie is sopas beloon vir haar gedrag. Sy het gekry

wat sy wou hê. G’n wonder sy glimlag so breed met die speelding

Elke mens ontwikkel ’n

“lewenstema” – ’n mantra

of ’n manier van dink

wat bepaal hoe hy of

sy reageer op situasies.

in haar arms terwyl hulle na die betaal

punt beweeg nie. Ingebrand in

haar geheue is die gedagte: Sjoe, dit

het gewerk. Ek wonder wat kan ek nog

kry met hierdie metode.

Raai wat gaan sy volgende keer

weer probeer? Haar vloermoer het ’n

doel gedien. Sy weet nou as sy gil, skree, tekere gaan, of selfs besluit

op stilstuipe (dit is passiewe manipulasie), sal sy kry wat sy wil hê.

Elke mens ontwikkel ’n “lewenstema” – ’n mantra of ’n manier

van dink wat bepaal hoe hy of sy reageer op situasies. Om die waarheid

te sê, as jy weet wat iemand se lewenstema is, kan jy met groot

sekerheid voorspel hoe hulle in sekere situasies sal optree.

Eiesinnige kinders leer hulle lewenstema vroeg in hulle lewe: “Ek

is net belangrik in die lewe wanneer ek domineer en beheer.” En

hulle is baie goed daarmee om ander te beheer en te boelie. Hulle is

geneig om baie doelgeoriënteerd te wees, sonder om dié wat tussen

hulle en die doel staan in ag te neem.

Ander algemene lewenstemas is: “Ek is net belangrik wanneer ek

raakgesien word.” Of: “Ek is net belangrik wanneer ander my bedien.”

Of: “Ek is net belangrik wanneer ek wen.”

Maar nie alle lewenstemas is negatief nie. Hier is ’n paar positiewes:

“Ek is net belangrik in die lewe wanneer ek ander help en

God tevrede stel.” En: “Ek is net belangrik wanneer ek ander en

hulle behoeftes eerste stel.”

Die punt is, teen die tyd dat jou kind ’n tiener is, is sy lewenstema

taamlik goed ontwikkel. Sien hy homself in ’n positiewe

of negatiewe lig? Is hy geneig om ander te blameer of kyk hy die

waarheid in die oë en aanvaar verantwoordelikheid?

So kom ek vra jou nou: Wat is die doelbereikende aard van jou

seun of dogter se gedrag?

26

Maandag Maandag

Die antwoord kan jou dalk lei tot die ongemaklike besef dat

jy gemanipuleer, ’n rat voor die oë gedraai, omgekoop en ge bruik

word. En God het jou nie vir een van hierdie redes op die aarde

ge plaas nie. Kinders het nie altyd goeie bedoelings nie. Daar is tye

wanneer jy as ouer die geel vlag uit jou agtersak moet haal, en sê:

“Dis vuilspel. Dis oortreding van die reëls. Dis ’n strafdoel.” En

daar is gevolge vir sulke oortredings.

Kom ons keer terug na Shannon en Jarrod.

Waarom het Shannon so ’n hardkoppige vloermoer gegooi oor

haar middagete wat sy nie wou eet

nie? Want sy wou sien wie is die baas

in die huis en of daar ruimte was vir

ver andering. Dis menslik om dinge te

toets. Maar toe sy uitvind haar toets het nie geslaag l nie, het h sy weer

pro beer? Nee, want haar gedrag het nie die gewenste uit wer king

ge had nie. Daar is natuurlik ’n groot verskil tussen ’n 3-jarige en

’n 15-jarige. As die 15-jarige vir 12 jaar toegelaat is om hom so te

ge dra, sal dit dieper vasgelê wees en harder werk van die ouer verg

om die kind dit af te leer.

Waarom dink Jarrod kan hy sy ma soos ’n slaaf behandel? Want

gedurende sy grootwordjare het dierbare Mamma hom altyd voorop

gestel en was hy altyd aan die stuur van sake. Sý behoeftes en sý

begeertes was altyd belangriker as hare en al die ander mense s’n.

Volgens hom kraai hý koning, so waarom sal hy nie op sy troontjie

sit en almal hiet en gebied nie? Hy het geleer hoe om dit te doen,

en raai wie het hom so geleer? Sy geliefde mamma, wat toegelaat het

dat ’n kind skaars drie bakstene hoog oor haar regeer, en noudat hy

groot is, swaai hy die septer.

Daar is ’n rede waarom jou tiener op ’n sekere manier optree.

El ke optrede het ’n doel. As dit nie gewerk het nie, sou hy dit nie

probeer het nie. Moenie gefl ous word nie. Jy is slimmer as dit.

Drie soorte ouers

Ek het grootgeword in Buff alo, New York, wat vandag nog ’n dorp

is waar die meeste mense fabriekswerkers is. In 1950 was dit een

27

Moenie gefl ous word nie.

Jy is slimmer as dit.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

van die grootste stede in Amerika en bekend vir sy staalwerke en sy

graan. Ek kan die Gene ral Mills-silo’s by die waterfront nog goed

onthou. Ek het onlangs deur die gebied gery en kon steeds die geur

ruik van die graankos wat deur die maatskappy gemaak word.

Deel van grootword in westelike New York-staat in die 1950’s was

dat jy openlik gedreig is as jy ongehoorsaam was. Die algemeenste

dreigement was: “Ek gaan jou na Vader Baker toe stuur.” Vader Baker

was ’n priester, ’n merkwaardige man wat ’n tehuis gestig het

vir probleem-weeskinders voordat hy in die vroeë 1900’s dood is.

Eendag het my sewejarige nefi e teruggepraat met sy ma. Sy het

van sy klere in ’n kartonboks gepak, dit vir hom gegee en hom be-

veel om op die sypaadjie te gaan sit. “Vader Baker gaan jou kom

haal,” het sy gesê. Toe het sy in die huis ingegaan en die deur toegemaak.

My oom, ’n melkman, het ’n paar uur later van die werk af gekom

en sy huilende seun op die sypaadjie gekry. “Was jy parmantig

met jou ma?” het hy gevra.

“Ja,” het my neef deur sy trane geantwoord. “Ek wag vir Vader

Baker om my te kom haal.”

My oom, so ’n sensitiewe man, het vir sy seun gesê: “Wel, jy sal

dadelik weet dis hy. Hy ry ’n groot swart bakkie.” Toe gaan hy in die

huis in en maak die deur toe.

Die tye het darem maar verander! Vergelyk hierdie outoritêre

sce nario met baie van vandag se permissiewe ouers: “Henry, sal jy

asseblief die TV sagter sit sodat ek op jou huiswerk kan konsentreer?”

Of: “Het jy al besluit of jy bed toe gaan?”

Uiterstes is vir niemand goed nie – en dit sluit tieners in.

As jy teen Vrydag ’n nuwe tiener wil hê, sal die reëls moet verander

– sonder enige waarskuwing. En dit begin by jou wat moet

besluit watter soort ouer jy nou is en hoe jy in die verlede teenoor

jou kind opgetree het.

Wat jy ook al wil hê, liefi e

Al wat Maureen wou hê, was ’n gelukkige huis. Sy het in ’n ongelukkige

huis grootgeword met boeties en sussies wat altyd baklei

het, en haar ouers is geskei toe sy 13 was. Toe Maureen dus haar eie

28

Maandag Maandag

kin ders het, was haar lewensleuse: “Kan ons nie maar net al mal oor

die weg kom nie?” en: “Moenie bekommerd wees nie, wees gelukkig.”

Die probleem is dat sy haarself uitgeput het deur die gesin se

martelaar te wees wat alles vir haar kinders probeer doen.

“Wat jy ook al wil hê, liefi e”-ouers is dié vir wie alles aanvaar baar

is. Daar is min riglyne of grense in die huis, en niemand voel veilig

nie, want die reëls van die spel verander die hele tyd. Die permissiewe

ouers sê iets soos die volgende: “Nee, ons gaan nie vanoggend

Wimpy toe vir koffi e nie,” maar dan, ná ’n gekla en gesoebat van die

kinders, wat gebeur? Die gesinsmotor ry vanself reg uit Wimpy toe

en bestel iets spesiaals! Hmm, snaaks hoe party karre dit somtyds

doen sonder hulle eienaars se hulp.

“Wat jy ook al wil hê, liefi e”-ouers wil hê hulle kinders moet

ge lukkig wees. Maar ek sê dikwels: ’n Ongelukkige tiener is ’n geson

de tiener. Wanneer was jy laas 24/7 gelukkig in jou lewe? Die

lewe is vol opdraandes, en hoe vinniger jou seun of dogter daaraan

gewoond raak, hoe beter. Om jou kind teen die stampe en stote van

die lewe te beskerm en haar pad vir haar gelyk te maak, gaan nie

een van julle iets baat nie. Daardeur leer jou kind: “Toemaar, Ma

sal enigiets vir my doen. Ek sal vir haar ’n been gooi en kyk hoe sy

agter hom aanhardloop!” So ’n verhouding is beslis nie op respek

ge baseer nie. Inteendeel, dit maak jou posisie as ouer belaglik in jou

kind se oë. Dit verminder jou veronderstelde waarde.

Dit het vir my gewerk

Ek het altyd gedink ek is ’n goeie ma. Ek was heeldag besig om dinge

vir my kinders te doen. Toe my pa egter siek word en ek naweke in ’n

ander staat na hom moes omsien, het ek besef ek was besig om twee

bedorwe brokkies groot te maak. Op 15 en 17 wou hulle alles op húlle

manier hê – en ek het hulle daarmee laat wegkom!

Wanneer ek by die huis gekom het, was daar stapels wasgoed en ’n

gedurige “Waar is dit?” en “Waar is dat?” Maar eers toe ek heeltemal

oorweldig was, het ek besef ek doen baie dinge vir hulle wat hulle eintlik

vir hulleself moet doen. Dit het my getref toe my seun sê: “Ma, Ma

het gesê Ma sal my help met my wetenskapverslag, en toe was Ma nie

29

’n Nuwe tiener teen Vrydag

eers hier nie.” Wat hy eintlik bedoel het, was: “Ma, ek het gehoop Ma

kan my wetenskapverslag vír my doen sodat ek op my agterent kon sit

en die hele naweek video-speletjies speel.”

Toe besluit ek om die woord “nee” te gebruik – jou raad. Ek het

dit vir die volgende drie dae vir alles gesê. Aanvanklik was my kinders

geskok, toe kwaad, en toe verward. My seun het ’n F gekry vir sy wetenskapverslag

en moes vir twee sessies ná skool bly as gevolg daarvan. Hy

moes die agt blokke huis toe stap, want ek het vir hom gesê hy moet

self sorg dat hy by die huis kom. Ek het nie eers my selfoon geantwoord

toe hy bel om my te probeer oorreed om van plan te verander nie. My

dogter moes ’n T-hemp wat sy haat skool toe dra omdat dit die enigste

skoon hemp in haar kas was. Daarna het sy self ’n bondel wasgoed

gewas.

My kinders is eiesinnig, en ek weet die gevegte is nog glad nie iets

van die verlede nie. Maar ek weet ook ek is die een wat toegelaat het dat

hulle selfsugtig word, want ek is die een wat hulle gedrag goedgekeur

het (my man werk elke maand ’n tyd lank oorsee). Dit stop nou. Ek

neem uiteindelik standpunt in, en dit voel wonderlik!

Karissa, Michigan

Permissiewe ouers probeer ook hard om hulle kinders se vriende te

wees. Kom ek wees reguit. Dink jy regtig jou tiener wil hê jy moet

cool wees, die nuutste modes dra, heeltyd vir haar boodskappe stuur,

klets oor die oulikste ou, en saam met haar vriendinne uithang by

’n skoolfunksie? Jou tiener kan baie maats hê, maar sy het net een

pa en een ma. Jou rol is uniek. Moenie iets probeer wees wat jy nie

is nie.

Toe ek studente-dekaan was aan die Arizona-universiteit, het

ek die oriëntasieprogram vir ouers van die eerstejaarstudente ge lei.

Ek was onnosel genoeg om my telefoonnommer uit te gee, want

die gevolg was dat ek gereeld oproepe gekry het van ouers wat bekommerd

was oor hulle kinders.

“Dr. Leman,” sou ’n ouer sê, “ek is so bekommerd oor Mikey. Ek

het sopas ’n ontstellende oproep van hom gehad. Hy is depressief,

hy haat die universiteit, en hy het geen vriende nie. Sal u asseblief

met hom praat?”

30

Maandag Maandag

Ek laat kom Mikey dan na my kantoor toe.

“Michael, hoe gaan dinge hier by die universiteit?” sou ek vra.

“Goed,” sou hy sê.

“Hou jy van die koshuis?”

“Ek’s mal daaroor.”

“Al vriende gemaak?”

“O ja, goeie vriende.”

Waarmee was Mikey besig? Besig om sy sterk persoonlikheid te

ge bruik om sy ouers te manipuleer. Deur miserabel te klink, was hy

besig om sy ouers se reaksie te beheer.

En sy “ek wil hê my kind moet altyd

gelukkig wees” permissiewe ouers het

dit vir soetkoek opgeëet.

Om ’n goeie ouer te wees, beteken

nie om aan jou kinders se versoeke te

voldoen, of aandag te gee aan al hulle selfbe fb jam me rende d treur mares

en dinge vir hulle beter te maak nie. As jy in die verlede ’n permis

siewe ouer was, is dit nou die tyd om ’n ver an dering te maak.

Laat jou nee nee wees, nie “Wel, miskien as jy jou gedra, sal ek jou

DVD-winkel toe vat” nie. As jy sê jy gaan nie ’n ding doen nie,

moet dit nie doen nie. Moenie toegee nie, al soebat jou kinders hoe

hard.

Onthou die doelbereikende aard van jou kind se gedrag: Hy sal

doen wat hy doen, want dit het voorheen gewerk. As jy nie meer

toegee nie, sal die irriterende gedrag nie meer werk nie, of hoe? As

jy teen Vrydag ’n nuwe tiener wil hê, kan jy nie terugdraai nie. Deur

van plan te verander, sal jy slegs meer ongewenste gedrag ontlok.

Maar deur by die plan te bly, is resultate gewaarborg.

As jy nog altyd ’n permissiewe ouer was, sal een nee nie die plan

laat slaag nie. Jou kind is slim. Sy dink: Oukei, Ma het nou hierdie

nuwe ouerskapboek. Die nuutjie sal wel oor ’n paar dae oorwaai. Ek

moet net ’n bietjie vasbyt, dan sal dinge weer terugkeer na normaal.

Maar, ouer, dinge moet nóóit weer terugkeer na normaal in jou

huis as jy ’n nuwe en beter normaal wil hê nie. As jou nee nee bly,

sal jou slim kind binne ’n paar dae die boodskap kry.

Om toe te gee, is doodmaklik, maar uiteindelik baat nie jy of jou

31

Waarmee was Mikey

besig? Besig om sy sterk

persoonlikheid te gebruik

om sy ouers te manipuleer.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

tiener daarby nie. Om jou tiener toe te laat om in woede teenoor

jou uit te bars, bevorder net rebellie, want jou tiener dink hy het

so veel seg genskap, hy kan jou manipuleer soos hy wil. En glo my,

hy sal pro beer.

Sê net nee. Ek weet jy kan.

Maak soos ek sê of ...

Mitch het sy huis beheer asof dit ’n militêre opleidingskamp was, al

was hy nooit self in die weermag nie. Hy het van sy kinders verwag

om inskiklik te wees en hulle selde toegelaat om ’n opinie van hulle

eie te hê. Sodra hy tuisgekom het van sy werk as toesighouer by ’n

fabriek, het hy bevele begin uitbulder van wat by die huis ge doen

moes word. As sy drie kinders nie dadelik gespring het om hulle

werkies te doen nie, was daar ernstige gevolge. Om gehok te word,

was ’n algemene straf; ten miste een van die twee tieners is elke naweek

gehok.

Wat het Mitch eintlik gesê met hierdie optrede? “Ek is beter as

julle, groter as julle, ouer as julle, en ek het al die mag.” Pa’s volg

dik wels hierdie ouerskapstyl. (Ma’s is geneig om die permissie we

ouer skapstyl te volg, veral as hulle probeer kompenseer vir die pa

in die huis of skuldig voel omdat daar nie ’n pa in die huis is nie.)

Outoritêre ouers soos Mitch glo kinders moet stil wees en dat

hul le opinie nie saak maak nie tot hulle die dag volwasse is. Sulke

ouers het ’n behoefte om in beheer te wees en hulle outoriteit te laat

geld. Daar is gewoonlik ’n skeiding tussen die outoritêre ouer en die

Mitch het sy huis beheer

asof dit ’n militêre

opleidingskamp was.

res van die gesin (Ma gewoonlik ingesluit),

aangesien een al die bevele gee

en die ander geen sê het oor wat in die

huis gebeur nie.

Maar outoritêre metodes – “Doen

wat ek k sê, want jy moet en ek sal nie iets anders duld nie” – sal

volslae rebellie ontlok. En dis vir enige ouer ’n nagmerrie-gedagte

om te dink aan die baie maniere waarop ’n 14- of 16-jarige openlik

kan rebelleer as sy wil. As jy jou wil op jou dogter afdwing met die

“maak soos ek sê of ... ”-metode, moet jy nie verbaas wees as sy die

pad vat sodra sy dit wettig kan doen nie ... of selfs vroeër.

32

Maandag Maandag

Mitch se oë het oopgegaan toe sy 15-jarige dogter, Justine, weggeloop

het van die huis af saam met ’n man wat sy gedink het

haar liefhet. Drie maande later is sy deur die polisie gevind met

naald merke in haar arms en haar liggaam verniel deur haar brutale

18-jarige kêrel. Al wat Justine gedoen het, was om een ou to ri têre

fi guur te verruil vir ’n ander.

Vandag is Mitch ’n nuwe man wat hard probeer om die pa te

wees wat sy kin ders verdien. Ongelukkig kan hy nie die horlosie

terugdraai nie en sal hy altyd saamleef met die hartseer en skuld gevoel

oor wat met sy dogter gebeur het.

“Maak soos ek sê of ... ”-ouers kom gewoonlik self uit streng,

tradisionele huise waar hulle nie toegelaat is om ’n sê te hê ter wyl

hulle grootgeword het nie. Soms het hulle ’n behoefte om ander te

beheer om goed te voel oor hul leself. Dan is daar ook ander wat die

Bybelse standpunt oor onderdanigheid misverstaan – hulle beskou

onderdanigheid as van toepassing op vroue en kinders en dat die

man geen ander verantwoordelikheid het as om oor die gesin baas

te speel nie. Outoritêre ouers sukkel gewoonlik ook met woe de.

Hulle gesin is gewoonlik in hulle pasoppens om nie vir Pa kwaad

te maak nie.

As jou tiener woedend is, moet jy ernstig nadink. Waar het hy

daar die gedrag geleer? Is daar ’n outoritêre ouer in die huis? Indien

wel, moet daardie ouer sy eie woede onder beheer kry voor hy kan

hoop om sy kind se woede te verander.

Dink so daaraan. Om dit te verloor, is normaal. Maar om dit in

die inkopiesentrum voor mense te verloor, kan jou in die tronk laat

beland. Net so is die probleem met woede die misbruik van hierdie

menslike emosie. Sommige ouers en kinders val mekaar met woede

aan. As dit in jou huis ge beur, moet dit nóú stop.

Die huis is veronderstel om die plek te wees waar elke gesinslid

aangemoedig word en verantwoordelik gehou word, waar kwessies

bespreek en opgelos word rondom die etenstafel of tydens ge sinsver

gaderings, en waar elkeen se opinie gerespekteer word.

Indien jy nog altyd ’n outoritêre ouer was, het jy nie net ’n

verf werkie in die woonkamer om te doen nie; jy het werk aan die

fondasie om te doen, en dit begin by jou. Jy moet die manier waarop

33

’n Nuwe tiener teen Vrydag

jy dink en optree teenoor jou tieners heeltemal verander. In plaas

daar van om bevele uit te bulder, kan jy eenvoudig sê: “Ek is seker

jou ma sal dit baie waardeer as ons vanaand die skottelgoed was. As

jy was, sal ek afdroog.” Jy sal sien hoe val jou dogter se mond oop.

Sy sal waarskynlik hardloop vir die koorspen om te sien of jy koors

het. Dis omdat outoritêre ouers goed is daarmee om ander te kry

om die werk te doen ... en self bietjie te ontspan.

As jou kinders nog klein is, kan jy wegkom met die ou to ritêre

ouerskapstyl. Jy is per slot van sake groter en sterker, jy kan hulle

dwing om gehoorsaam te wees. Maar nou dat jou kin ders fi sies

volwasse begin word, sal dieselfde “ek sal jou dwing”-metodes nie

meer werk nie. Jou amper twee meter lange seun is dalk groter as jy.

Sodra jou seun 18 en uit die huis is, sal hy doen wat hy wil. Hy

sal nie meer aan jou streng toesig onderwerp wees nie.

Outoritêre ouers weet nie hoe om te reageer wanneer hulle tiener

sy eie idees en opinies begin vorm – wanneer hy anders wil lewe –

nie. Die ouers reageer dan deur die kind te probeer stilmaak. Deur

hom te probeer onderdruk en te beheer.

Maar die doel van ouerskap is nie om jou kinders te beheer nie;

dit is om aan te moedig en in vennootskap met hulle die gro ter

prent jie te sien. Hoe ouer jou tieners is, hoe meer sal hulle hulle

eie idees en opinies hê. As jy hulle ernstig opneem, eerder as om

te aanvaar dat jou idees altyd die beste en enigste is, sal julle ’n

ver houding ontwikkel wat verder sal strek as die hormoongedrewe

jare.

Al twee uiterstes – permissief en outoritêr – is gevaarlik. Balans

is die goue middeweg. Jou rol as ouer is om jou tiener te leer om

waarde toe te voeg tot die samelewing. As re spek nog nie ’n belangrike

komponent in jou gesinslewe is nie, is dit nou die tyd om dit

in te sluit.

As jy ’n “wat jy ook al wil hê, liefi e”-ouer is, begin deur jouself

ge noeg te respekteer om op te staan vir jouself. Sê nee ... en bly

daar by. Konsekwentheid is die woord vir jou. Wees ’n ouer, nie jou

kind se maat nie. Respekteer jou kind genoeg om haar nie ’n bedorwe

brokkie te laat word wat dink sy kan enigiets kry wanneer sy

dit wil hê nie.

34

Maandag Maandag

As jy ’n outoritêre ouer is, besef dat jy nie beter is as jou kind nie.

Julle is al twee gelykwaardig in die almagtige God se oë. Julle vervul

bloot verskillende rolle in die gesin. Jy sal hard moet werk daaraan

om te dink voor jy praat. Is dit wat ek nou wil sê bemoedigend en goed

vir my kind se ontwikkeling? En wanneer ek streng moet wees, praat

ek die waarheid in liefde? Jy sal ook jou kind se idees en gedagtes as

belangrik moet beskou – net so belangrik soos joune. Respek kom

van twee kante af.

Omdat die patrone van permissiwiteit en outoriteit deur die jare

vasgelê is, sal jy hard moet werk om hulle te verander. Maar hou in

gedagte: As jy verander, sal jou kind ook. En die mate waarin jy verander,

sal bepaal hoeveel jou kind sal verander. Verandering begin

by jou en jou eie bereidwillig heid om

te verander. Ja, jy het al langer geleef

en jy is die volwassene, maar hier die

boek gaan oor ver hou dings. Jy kan

net so ver gaan as wat jou verhouding

met jou tiener jou toelaat.

Gelykwaardig, maar verskillende rolle

Ons het so pas gepraat oor die uiterstes

van ouerskap – die permis siewe

ouer en die outoritêre ouer. Die beste

soort ouerskapstra te gie is egter ’n gebalanseerde

een waarin ouers gesonde

gesag oor hulle kinders het. Gesag volle

ouers glo dat hulle en hulle tieners

ge lyk waardig geskep is. Almal is lede

van die huisgesin – wen saam, verloor

saam. Een lid van die gesin is nie belangriker

as die ander nie. Gesagvolle

ouers weet ook hulle is verantwoordelik

vir die klimaat in die huis. Dit be-

teken om riglyne en grense te stel sodat almal l l in die d huis h emosioneel

en fi sies veilig is.

Die gesagvolle ouer kyk terug en vra vrae: “Uit watter soort

35

Wees ’n verstandige ouer

Selfbeheersing is ’n waardevolle

eienskap. Jou kind

kan dit net hê as jy dit

het.

Verminder negatiewe

verwagtings. Fokus op die

positiewes.

Gesindheid, gesindheid,

gesindheid. Dit is die wenhou

in die lewe saam met

jou tiener.

Besef jou tiener is nie jy

nie.

Praat slegs wanneer jy geluister,

gedink en daaroor

gebid het.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

om gewing kom ek? Hoe beïnvloed daardie omgewing die manier

waarop ek nou in my huis reageer?” Om terug te kyk op jou eie lewe

kan jou nuwe perspektief gee in jou re ak sie op die nuwe vreemde

wese in jou huis.

Hoe het jou ouers jou behandel toe jy grootgeword het? Ouers

wat uit ou tori têre huise kom, het dikwels self nie ’n sê gehad in die

huis nie; wanneer hulle dus ouers word, verlustig hulle hulle daarin

om die een te wees wat die gebeure in die huis beheer. Maar in

die proses word hulle dikwels die enigste deelnemer terwyl die res

van die gesin op die kantlyn sit, nie reg tig deel van die spel nie uit

frustrasie of vrees vir die gevolge.

Dié wat uit permissiewe huise kom, is dikwels dié wat vasgevang

was tus sen strydende ouers en kin ders. Hulle wil hê hulle huise

moet heel te mal anders wees as dié waarin hulle grootgeword het.

Maar om al les toe te laat, het op die lang duur slegte gevolge en

skep ’n stresvol le om gewing soortgelyk aan dié waarin hulle grootgeword

het, as ge volg van ’n gebrek aan grense.

Gesagvolle ouers sê: “Ek is die ouer, jy is die kind. Dit is ons

rolle. Soms moet ek as ouer optree, en as dit nodig is, sal ek dit ongetwyfeld

doen. Maar ek wil altyd weet wat jy dink en waarom jy

sekere gevoelens ervaar, en altyd voel ons kan oop, eerlik en met

re spek met mekaar praat. Ek kan soms verkeerd wees en jy kan

soms verkeerd wees. En wanneer een van ons fouteer, moet daar

Geen gesinslid is

belangriker as ’n

ander een nie.

ver gifnis gevra en gegee kan word.”

Die gesagvolle ouer sorg dat die

emo sies in die huis min of meer stabiel

bly. Daar sal verseker tye wees

wanneer die emosies hoog loop, maar

die d gesagvolle ll ouer laat l nie toe dat dit vir lang tye so bly nie. Slim

ouers hanteer dadelik die situasie, gee al die partye kans om hulle

saak te stel, solank dit met respek gedoen word. Dan word daar ’n

wyse besluit geneem wat tot die hele gesin se voor deel is.

Gesagvolle ouers beskerm nie hulle kinders teen gevolge nie.

Hul le laat ’n saak sy natuurlike loop neem. As jou tiener iets onnosels

aan vang, moet hy die gevolge daarvan dra. Sekere dade sal

altyd nagevolge hê. Dit is hoe die volwasse lewe werk, en dis hoe dit

36

Maandag Maandag

in die hormoongedrewe jare ook moet wees.

Jare gelede is my dogter Holly deur ’n verkeersbeampte afgetrek.

Toe sy stilhou, het hy nadergestap. Die eerste ding wat sy gesien

het, was ’n goue vis-aansteekspeld op sy lapel. “Is dit nie wonderlik

nie?” het sy gesê. “Jy is ’n Christen. Ek is ook een.”

Die verkeersbeampte het na haar gekyk. “Wel, ja, jong dame, ek

is. En aangesien jy ook een is, besef jy seker hoekom dit belangrik

is dat ek vir jou hierdie boete gee.”

Gesagvolle ouers laat hulle tieners toe om die gevolge van hulle

da de te dra. Hulle rol nie vir hulle die klippe uit hulle lewenspad

nie. Maar hulle is ook nie suinig met hulle aanmoediging nie: “Ek

glo in jou, en ek glo jy sal die regte ding doen.” Hulle verskaf wysheid,

balans en ’n veilige omgewing

waar enige en alle onderwerpe bespreek

kan word. Hulle verwag die

be ste; daarom lewer hulle kin ders gewoon

lik hulle beste.

Kom aan die gang

Die hormoongedrewe storm is hier.

Jy het ’n plan nodig. Jou gehoorsame,

stil kind het skielik ’n ongetemde leeu

geword wat aan sy stert gegryp moet

word. Hy praat terug of is gewoon -

weg ongehoorsaam. Wanneer dit die

eer ste keer gebeur, is jy, soos die meeste

ouers, waarskynlik in skok. Dit voel

of jy midde-in ’n krisis is.

Kom ek sê vir jou, jy is nie. Jy het

pas die stryd begin om ’n goeie, ge balan

seerde ouer van ’n tiener te wees.

Maar soos ons deur die boek vorder,

sal jy agterkom die wedstryd plan is nie so ingewikkeld nie. Dit is

eintlik heel eenvoudig.

Maar die resultate hang af van ’n wedstrydplan wat eenvoudig,

37

As jy die beginsels in

hierdie boek wil toepas,

maar jy bly ’n “Wat jy ook

al wil hê, liefi e”-ouer of ’n

“Maak soos ek sê, of ... ”ouer,

sal niks wat ek in

hierdie boek sê vir jou werk

nie. Jy sal nie teen Vrydag

’n nuwe tiener hê nie.

Dis omdat jou tiener slim

is en weet dat jy nie ernsig

is oor die verandering nie.

Maar as jy erken dat jy

aan sekere dinge moet

werk en dit dan ook doen,

sal jy jou seun of dogter

se aandag en respek kry.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

redelik en haalbaar is. Hou dit eenvoudig en maklik. As hier die

man tra kan werk vir nuwe besighede wat multimiljoendollar-maatskappye

word, sal dit vir jou gesin ook werk.

Dis tyd vir ’n verandering

As jy teen Vrydag ’n nuwe tiener wil hê, watter aanpassing moet jy

maak in jou eie optrede en jou gesinslewe? Hoe gaan jy optree teenoor

jou dogter wat jou gesag uitdaag, ongemotiveerd is om enig iets

te doen, en in presies die teenoorgestelde rigting beweeg as wat jy

haar sou wou sien gaan?

As sy vra vir die karsleutels, gee jy dit vir haar en sê: “Oukei,

ge niet dit. O, en sal jy dalk, uhm ... so gaaf wees om my te bel ...

as jy nie omgee nie ... om te sê jy is oukei, want ek weet jy gaan te

laat inkom”? Permissiewe ouer, hou net hier op! Jy is besig om haar

te verwen, verskonings vir haar te maak en negatiewe in plaas van

po sitiewe verwagtings van haar te koester.

Of gaan jy ’n diktator wees wat eis: “Jy beter tienuur by die huis

wees of ... As jy waag om een minuut oor tien hier aan te kom, is

jy gehok vir altyd”? Gaan jy ook daar wees as sy ’n eerstejaar is op

universiteit, met karsleutels in die hand, geen reëls om na te kom

nie, en geen ouer wat oor haar skouer loer nie? Wat dink jy gaan sy

dan doen?

Of gaan jy ’n gebalanseerde ouer wees wat gesonde gesag oor jou

tiener het, wat eenvoudig sê: “Ek is bly jy kan saam met jou vriende

kuier. Ek sien jou as jy by die huis kom,” want jy vertrou jou dogter

ten volle om die gesin se reëls na te kom en teen ’n redelike tyd by

die huis te wees?

Ja, dit is ’n risiko om ’n gebalanseerde ouer te wees. Dit is baie

makliker om oorbeskermend te wees, te verwen, en die uitkoms te

pro beer beheer. Maar as jy dit doen, maak jy nie ’n tiener groot wat

vir haarself kan dink nie. Jy maak ’n kloon van jouself wat beheer

word solank sy onder jou toesig is. Maar kyk wat gebeur as sy nié

is nie!

38

Maandag Maandag

Tree volwasse op

Wanneer jy tieners grootmaak, is dit belangrik om nie ’n houding

te hê nie. As jy nie volwasse optree nie, sal jou tiener beslis ook nie.

In die tienerwêreld is daar heeltemal genoeg houding.

Die meeste ouers word deur frustrasie gedryf. Sodra hulle die

een vuur geblus het, bevind hulle hulle midde-in die volgende een.

En raai wie laat die ouers so rondspring

en geniet elke oomblik daarvan?

Die mag tige tiener!

Wat ook al gebeur, jy gaan die ont -

spanne ouer wees wat jou kin ders deur jou voorbeeld leer hoe

om moeilike situasies te hanteer. In die hitte van die stryd gaan jy

kalm bly, na almal se kant van die storie luister, regverdig en met

respek teenoor almal optree, en ’n regverdige oplossing vir die probleem

gee. Deel van die regverdige oplossing is dat jy jou tiener

aanspreeklik hou vir haar besluite, en haar sodoende met respek

be han del. Deur jou optrede sê jy: “Jy het ’n keuse gemaak. As dit ’n

goeie keuse is, sal jy die vrugte daarvan pluk. As dit ’n swak keuse

is, sal daar gevolge wees, en jy alleen sal dit moet dra. Op hier die

manier sal jy volgende keer in ’n soortgelyke situasie kies wat jy

gaan doen. Ek dink jy is ’n intelligente kind en dat jy volgende keer

verstandig sal kies.”

Wees voorspelbaar ... maar nie altyd nie

As jy altyd dissipline-kwessies op dieselfde manier hanteer (byvoorbeeld:

“Gaan na jou kamer toe!”) en dit werk nie meer nie, het jy ’n

nuwe wedstrydplan nodig.

Die meeste ouers van vandag gebruik – ek sê dit tong-in-diekies

– die gevreesde time-out. As jy dink dit maak enige indruk op

jou tiener, dink weer. As jy vir hulle sê om kamer toe te gaan, is dit

geen straf nie. Jy gee hulle eintlik ’n heerlike aandjie af!

Buitendien, in hulle kamer is daar ’n selfoon, rekenaar, TV en

an der teg nologiese toestelletjies om hulle besig en gelukkig te hou.

Hulle gaan beslis nie agterkom hulle word gedissiplineer nie.

Die meeste ouers het hulle kinders grootgemaak met die idee

dat hulle die middelpunt van die heelal is. Dit behoort dus geen

39

Die meeste ouers word

deur frustrasie gedryf.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

verrassing te wees dat selfsugtige, genotsugtige klein parasiete verander

in self sugtige, genotsugtige groot parasiete nie.

’n Ouer is die dirigent van die gesinsorkes. Dis veral waar van

die ma van die huis, want sy is die spil waarom alles draai. Vir

die gesin om te kan funksioneer, moet die altviole, viole, tjello’s

en kontrabasse almal op die regte tyd en op die regte noot be gin

speel. Die regte noot is die gesin se riglyne en grense, en dit begin

met respek. Elke instrument is anders en vervul ’n ander rol, maar

dis slegs deur samespel dat pragtige harmonieë tot stand kom – ’n

kon sert wat klink soos ’n konsert, of ’n concerto wat klink soos ’n

con certo.

In plaas daarvan om in die hormoongedrewe jare te dink aan

dis si pline, dink aan opvoeding. Wanneer jy dissiplineer, is jou houding:

“Ag nee, ek kan nie glo my kind het dit gedoen nie. Wat gaan

ek doen? Watter straf kan ek uitdink wat swaar genoeg sal wees dat

hy dit nooit weer sal doen nie?” Wanneer jy egter opvoed, is jou in-

gesteld heid: “Hoe kan ek my tiener

help voorberei om op sy eie bene te

staan? Wat is belangrik vir hom om te

weet?”

Voorspelbaarheid in jou opvoeding

Ouerskap in die

hormoongedrewe jare

gaan daaroor om jou kind

se samewerking te kry.

beteken jou tiener kan voor spel dat

daar d sekere k stappe gevolg l sal l word wanneer sy oortree. Sy sal weet

dat haar ouer gesag sal uitoefen. Maar die onvoorspelbaarheid lê

daar in dat sy nie altyd sal kan raai wat die gevolg gaan wees nie ...

en dat dit onverwags sal wees.

Veronderstel jou dogter praat Saterdagoggend uiters onbeleef

met jou. Laat dit daar, moenie ’n groot ophef daarvan maak nie. Jy

wil nie hê jou bloeddruk moet styg nie. Maar Saterdagaand sal sy

angstig die karsleutels begin soek. Raai waar gaan dit wees? In jou

sak. As jou dogter haar afspraak mis, kan jy haar iets daaruit leer.

Weereens, jy bly die kalm een. Jy het nie teruggeskree toe sy op

jou geskree het nie, jy het bloot gewag vir die regte oomblik. Nege

uur later, nadat jy baie tyd gehad het om oor die opvoedkundige

aspek te dink, tree jy op. As jou dogter wil weet hoekom, sê jy

bloot: “Want ek het nie waardeer wat jy vanoggend vir my gesê het

40

Maandag Maandag

nie. Dit was onbeleef.” Die beste manier om selfbeheersing te leer,

is om self in beheer te bly en die gevolge van onbeheerste ge drag

uit te wys.

So, slim ouer, indien jy selfbeheersing toepas, sal jou tie ner dit

moontlik by jou leer. En omdat jy jou tiener onkant ge vang het

deur die opvoeding ure later – toe sy ’n afspraak moes mis wat vir

haar belangrik was – het jy die beste gebruik gemaak van on voorspelbaarheid.

Wanneer jou tie ner geneig is om jou lewe om te krap,

is dit nie ’n slegte idee om haar so dan en wan tot stil stand te dwing

nie.

Jou nee moet nee wees

Dit geld spesifi ek vir ma’s, wat meer geneig is om gestoomroller te

word as pa’s. Natuurlik het baie van julle ’n stryd gehad om daardie

baba deur die nou geboortekanaal uit-

ge druk te kry, so julle het baie in jul le

bloedjie belê. Maar net omdat die

kraam proses so pyn lik was, beteken

dit nie jy moet lewenslank deur jou

kind gepynig word nie.

Jou nee moet nee wees. Moenie

toe laat dat jou kind jou soe bat, in jou

ore kerm of jou afpers om ja te sê as

jy klaar nee gesê het nie. Jou tie ner

moet weet jy bedoel wat jy sê. Dit is

slegs wanneer daar wedersydse respek

tussen jou en jou kind is dat julle ’n

ver houding kan hê wat tot julle al

twee se voordeel is.

Ek is mal oor Louis Pasteur se

woor de: “Kom ek vertel jou deur wat-

ter geheim ek my doel bereik het. My krag lê daarin dat ek kan

aan hou.” 2

Ouer, jy moet vasbyt.

41

Maandag se doen-lysie

1. Besluit: algehele rekonstruksie,gedeeltelike

vervanging of ’n

verf werkie?

2. Identifi seer jou

ouerkapstyl:

• Wat jy ook al wil

hê, liefi e

• Doen wat ek sê of ...

• Gelykwaardig, maar

verskillende rolle

3. Ontwikkel ’n

wedstryd plan.

’n Nuwe tiener teen Vrydag

Verhoog jou waarde

Ouer, jy het al die troewe in hierdie lewe. Jy is die een wat dinge vir

jou seun of jou dogter kan laat gebeur – insluitend om die kar te

bestuur (ek noem dit dikwels in hierdie boek omdat hierdie soort

vryheid baie belangrik is vir jou tiener), universiteit toe te gaan,

klere te hê (hopelik skoon) om te dra, en dies meer. Jy het die sleutel

tot al hierdie dinge, anders sou jou kind sonder ’n draad klere skool

toe moes gaan. So wie fl ous vir wie? Dis nou die tyd om op te staan

en ’n ouer te wees.

Oorlede John Wooden, waarskynlik die beste universiteitsbasket

bal afrigter van alle tye, was ’n baie wyse man wat deur almal in

die be dryf hoog aangeskryf was. Hy was die afrigter van UCLA, en

interessant genoeg, het hy nooit vir sy span gesê om op die baan te

gaan en die wedstryd te wen nie, maar om die spel te speel soos dit

gespeel behoort te word.

Dis wyse woorde vir ouers ook. In die ouerskap-spel is daar nie

wenners nie. As jy of jou 13-jarige ’n geveg “wen”, het julle al twee

eintlik verloor. Ouerskap in die hormoongedrewe jare gaan daaroor

om jou kind se sa me werking te kry.

Jy kry dit reg deur na hom te luis ter, hom te respekteer, aan te

moe dig en op te staan vir hom – en ja, ook op te staan téén hom en

hom aan spreeklik te hou. Wanneer jy dit doen, en jou tiener weet jy

gee om vir hom en wat met hom gebeur, sal jou oënskynlike waarde

verhoog, en jy sal verwonderd wees oor die verdieping in julle

verhouding.

Elke kind het drie vitamiene nodig:

• Vitamien A: aanmoediging

• Vitamien N: nee

• Vitamien S: samewerking

Slim ouers leer hoe om elk van hierdie vitamiene in die regte hoe -

veelhede te gee om ’n gesonde, gebalanseerde tiener te verseker.

42

Maandag Maandag

★ WEN-STRATEGIE ★

Jou tiener sal in dieselfde mate

verander waarin jy verander.

43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!