06.05.2013 Views

Die storie - CUM Books

Die storie - CUM Books

Die storie - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the

title: The Story, Teen Edition

Copyright © 2011 by Zondervan

Published by permission of Zondervan, Grand Rapids, Michigan.

www.zondervan.com

All rights reserved.

Further reproduction or distribution is prohibited.

Inleiding

Met sy unieke en lekkerlees-formaat, open Die storie die deur

na God se waarheid. Dit is ’n deur waarna elke mens bewuste -

lik of onbewustelik op soek is. ’n Deur wat lei na vryheid, hoop,

en God self! Die Bybel is vol opwindende en kragtige verhale oor

liefde, oorlog, geboorte, dood en wonderwerke. Daar is poë sie,

kultuur, geskiedenis en teologie. Dit is ’n spanningsverhaal, ’n

boek oor so siologie, ’n geskiedenisles – en alles wentel om een

ewigdurende konfl ik: goed teen kwaad. Hierdie storie gee vir

ons ’n kykie op die lewens van mense wat in ’n ander tyd en plek

geleef het, maar tog baie soos ons vandag is.

Terwyl jy Die storie lees, gaan jy nie net te doen kry met die

storie van die mensdom nie, maar ook met die storie van wie

God is en wat Hy vir ons gedoen het – vir jóú. Hierdie sto rie

dring daarop aan dat ’n liefdevolle God na jou gesoek het en

’n weg na verlossing gegee het – ’n manier waarop jy in ’n verhouding

met Hom kan staan.

Die storie sluit God se werklike woorde van die Bybel in.

Die storie bied gedeeltes uit die Bybel wat sorgsaam en versigtig

uitgesoek is en toe in chronologiese volgorde geplaas is.

Oorgange, wat kursief is, is geskryf om die gedeeltes wat uit gelaat

is op te som sodat die storielyn gemaklik lees. Die teksgedeel

tes is gekies om die totale vloei van die vertelling te behou

sodat jy die “groot prentjie” van die Bybel kan kry wanneer jy

die storie lees. Daar is lynspasies ingesit wanneer teks weggelaat

is, en ’n lys van ver wysings agter in die boek sal vir jou wys

wat ter Skrifgedeeltes in gesluit is.

Ander handige materiaal wat agter in Die storie voorkom, is ’n

epiloog wat vir jou ’n idee gee van die impak wat hierdie sto rie op

9

10 DIE STORIE

die wêreld gehad het, besprekingsvrae waaroor jy al leen kan dink

of vir groepbesprekings kan gebruik en ’n lys van karakters met

kort beskrywings sodat jy vinnig kan sien wie is wie.

Die Skrifverwysings wat in Die storie gebruik is, kom uit die

Nuwe Lewende Vertaling (NLV). Ons doel was om die Bybel

maklik te laat lees sodat jy dit kan lees net soos jy ’n gewone

storieboek sou lees. Maar Die storie wat jy lees, is nie ’n gewo ne

storie nie. Jy lees ’n storie wat oor die mag beskik om te verander

wie jy is, wat jy dink en hoe jy die lewe sien. Jy stel jou bloot

aan ’n diep waarheid wat die krag het om jou te verander.

Sit terug en geniet die waarste en wonderlikste storie wat

ooit geskryf is.

“Flip”-kenmerk

Die storie van die Bybel is die storie van God se plan vir sy koninkryk:

God se mense, wat in God se plek bly en die seëninge

ervaar deur hulle kennis en navolging van Hom. Die vier ikone

onder aan elke bladsy dien as ’n “fl ip”-kenmerk om hierdie storie

in hoë spoed te wys.

• Die eerste ikoon verteenwoordig vir God.

• Die tweede verteenwoordig die plek wat Hy vir sy

mense gemaak het om te leef.

• Die derde verteenwoordig sy mense.

• Die vierde verteenwoordig sy seëninge.

“Flip” om te sien hoe die storie ontvou van die skepping deur

God se beloftes aan Abraham, die opkoms van koning Dawid

en die val van die koninkryk, tot die uiteindelike vervulling in

Jesus.

Zondervan gee dankbaar erkenning aan Graeme Goldsworthy vir die inspirasie vir die diagram

matiese voorstelling van die Bybelstorielyn in “Gospel and Kingdom”.

v.C.

2100

Tydlyn van Die storie*

1 Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken

Die skepping

Noag en die vloed

Abram se geboorte (2166)

2 God bou ’n nasie

Abram trek na Kanaän (2091)

2000 Isak se geboorte (2066)

Abraham offer vir Isak (2050)

Rebekka gee geboorte aan Jakob en Esau (2006)

Abraham sterf (1991)

Ragel gee geboorte aan Josef (1915)

Isak sterf (1886)

1900

3 Josef: Van slaaf tot onderkoning

Josef word as slaaf verkoop in Egipte (1898)

Jakob en sy familie gaan woon in Egipte (1876)

1800 Jakob sterf (1859)

Josef sterf (1805)

1500

1400

4 Bevryding

Moses word gebore (1526)

God stuur die plae (1446)

Die uittog en deurtrek deur die Rietsee (1446)

Omswerwinge deur die woestyn en God stuur manna en

kwartels (1446-1406)

5 Nuwe wette en ’n nuwe verbond

Moses kry die Tien Gebooie (1445)

Moses bring 40 dae en nagte op Sinaiberg deur (1445)

Aäron en die goue kalf (1445)

Die bou van die tabernakel (1445)

*Die datums is by benadering en berus op die interpretasieteorieë van verskeie teoloë.

11

v.C.

6 Omswerwinge

Omswerwinge deur die woestyn en God stuur manna en

kwartels (1446-1406)

1450

Spioene word na Kanaän gestuur (1443)

Aäron sterf (1406)

Die Israeliete kamp in die Moabvlakte (1406)

Moses sterf (1406)

1400

7 Die stryd begin

Josua word aangewys as leier (1406)

Israeliete gaan Kanaän binne (1406)

Die stryd om Kanaän (1406-1375)

Josua sterf (1375)

1350

- 8 ’n Klompie goeie mans ... en vroue

Die rigters begin regeer (1375)

Debora regeer (1209-1169)

Gideon regeer (1162-1122)

Simson regeer (1075-1055)

1300

1100

1050

1000

9 Die geloof van ’n heidense vrou

Die tyd van die rigters (1375-1050)

Naomi en Rut keer terug uit Moab

Rut ontmoet vir Boas

Boas trou met Rut

10 Staan sterk, val hard

Hanna gee geboorte aan Samuel (1105)

Samuel se bediening onder Eli

Die Israeliete vra vir ’n koning

Saul se bewind (1050-1010)

11 Van skaapwagter tot koning

Samuel salf Dawid (1025)

Dawid maak Goliat dood (1025)

Saul probeer herhaaldelik vir Dawid doodmaak

Saul sterf (1010)

Dawid word koning (1010)

12 Die beproewings van ’n koning

Dawid se bewind (1010-970)

950 Dawid pleeg egbreuk met Batseba

Salomo se bewind (970-930)

Die tempel word gebou (966-959)

12

v.C.

1000 -

- 13 Die koning wat alles gehad het

Dawid sterf (970)

Salomo se bewind (970-930)

950 -

Salomo toon groot wysheid

Die tempel word gebou (966-959)

Salomo trou met heidense vroue en verraai vir God

900 - 14 ’n Koninkryk in twee geskeur

Verdeling van die koninkryk (930)

Koning Jerobeam I heers oor Israel (930-909)

Koning Rehabeam van Juda heers (930-913)

Koning Agab van Israel heers (874-853)

850 Koning Josefat van Juda heers (872-848)

15 God se boodskappers

Elia se bediening in Israel (875-848)

800 Elisa se bediening in Israel (c. 848-797)

Amos se bediening in Israel (760-750)

Hosea se bediening in Israel (750-715)

750

- 16 Die begin van die einde (van die koninkryk van Israel)

Die val van Israel (722)

700

Israel se ballingskap na Assirië (722)

Jesaja se bediening in Juda (740-681)

Hiskia se bewind (715-686)

- 17 Die koninkryke kom tot ’n val

650 Manasse se bewind (697-642)

Amon se bewind (642-640)

Josia se bewind (640-609)

600

Jeremia se bediening in Juda (626-585)

Jojakim se bewind (609-598)

Sedekia se bewind (597-586)

Esegiël se bediening (593-571)

Die val van Jerusalem (586)

550 18 Daniël in ballingskap

Daniël word na Babilonië verban (605)

Daniël se bediening (605-536)

Nebukadnesar se bewind (605-562)

Daniël in die leeukuil (539)

500

Die val van Babilonië (539)

13

v.C.

550

19 Die terugkeer huis toe

Eerste terugkeer van bannelinge na Jerusalem (538)

Haggai en Sagaria se bedienings (520-480)

Bannelinge kry teenstand met die bou van die tempel

Tempel se herstel afgehandel (516)

500

450

20 ’n Koningin met skoonheid en moed

Ahasveros se bewind in Persië (486-465)

Ester word koningin van Persië (479)

Ester red die Jode van Haman se moorddadige komplot

Die Purimfees word ingestel

21 Herbou die mure

400 Tweede terugkeer van bannelinge onder leiding van Esra (458)

Die laaste groep bannelinge keer terug na Jerusalem onder

leiding van Nehemia (445)

Die bannelinge ervaar teenstand in die herbou van die mure

Jerusalem se muur is herbou (455)

Maleagi se bediening (c. 440-430)

10

5 v.C.

5 n.C.

Jesus besoek die tempel (AD 7/8)

10

22 Die geboorte van die Koning

Maria gee geboorte aan Jesus die Messias (6/5)

Josef, Maria en Jesus vlug na Egipte (5/4)

- 23 Jesus se bediening begin

Johannes die Doper se bediening begin (26)

15

Jesus word gedoop (26)

Jesus se bediening begin (26)

Die bruilof in Kana (27)

Die vrou by die put (27)

Johannes die Doper word gevange geneem (27/28)

20

- 24 Nie ’n gewone man nie

Jesus se bediening begin (26)

25 Jesus gebruik gelykenisse om te preek (26)

Jesus se preek op die berg (28)

Jesus stuur sy naaste navolgers om te gaan preek (28)

Johannes die Doper sterf (28/29)

30 Jesus gee vir 5 000 mense kos (29)

Jesus sê Hy is die brood van die lewe (29)

14

n.C. 25 Jesus, die Seun van God

Jesus se bediening begin (26)

25

Jesus gee onderrig op die Olyfberg (29)

Jesus wek vir Lasarus uit die dood op (29)

Jesus dryf die geldwisselaars uit die tempel (30)

Judas verraai vir Jesus (30)

30

35

40

45

26 Die uur van duisternis

Die Paasmaaltyd (30)

Jesus was sy dissipels se voete

Jesus bemoedig sy dissipels

Jesus word gearresteer

Petrus verloën vir Jesus

Jesus word gekruisig

27 Die opstanding

Jesus word begrawe (30)

Jesus staan op uit die dood

Jesus verskyn aan Maria Magdalena en die dissipels

50

28 ’n Nuwe begin

Jesus se hemelvaart (30)

Die uitstorting van die Heilige Gees tydens Pinkster

55

Paulus glo in Jesus as die beloofde Messias (35)

Jakobus word gemartel; Petrus word gearresteer (44)

Paulus se eerste sendingreis (46-48)

60

65

70

90

95

29 Paulus se sending

Paulus se eerste sendingreis (46-48)

Die Raad van Jerusalem (49-50)

Paulus se tweede sendingreis (50-52)

Paulus se derde sendingreis (53-57)

30 Paulus se laaste dae

Paulus se eerste gevangenskap in Rome (59-62)

Paulus se tweede gevangenskap in Rome

en doodstraf (67-68)

Johannes word verban na Patmos (90-95)

31 Die eindtyd

Johannes word ’n dissipel (26)

Johannes word verban na Patmos (90-95)

Openbaring word geskryf (95)

15

Die skepping:

Die begin van lewe soos ons dit ken

God maak die aarde en gee dit vir Adam en Eva, die eerste mense.

Hulle nuwe tuiste, die Tuin van Eden, is die paradys. Hulle

ge niet ongeloofl ike vryheid – met net een reël om te volg. Maar

Adam en Eva verbreek daardie reël en word weggejaag uit die

Tuin van Eden.

Van daar af loop dinge net skeef, totdat God besluit om oor

te begin met Noag – die enigste goeie ou wat oorgebly het in ’n

werklik opgemorste wêreld …

In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daar bo

en die aarde hieronder. Maar die aarde was ’n vormlose, on bewoonbare

massa, en die diep waters was toegevou in duisternis.

Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.

Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so. Die lig

was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van

mekaar ge skei. God het die lig “dag” genoem en die donkerte

“nag”. Dit alles het op die eerste dag gebeur.

God het beveel: “Laat daar skeiding kom tussen die waters!”

So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die

aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so

gebeur. God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die

tweede dag gebeur.

God het beveel: “Laat die water op die aarde op een plek by -

Skepping Noag en die vloed Abram se geboorte

v.C. 2166

Volledige tydlyn begin op bladsy 11

18 DIE STORIE

mekaar kom sodat die droë grond te voorskyn kan kom!” Dit het

presies so gebeur. God noem toe die droë grond “land” en die versame

ling water noem Hy “see”. Ook dit was vir God goed.

Toe beveel God: “Laat plante uit die grond voortspruit wat

saad dra en ook vrugtebome wat vrugte gee.” En dit het gebeur.

Die aarde het toe sulke plante voortgebring, asook vrugtebome

van allerlei soorte. God het gesien dat dit goed was. Dit het op die

derde dag gebeur.

God het beveel: “Laat daar ligte wees aan die hemelkoepel

so dat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as

te kens om sei soene, dae en jare te bepaal. Die ligte in die hemelkoepel

moet ook die aarde verlig.” Dit het toe so gebeur. So

het God die twee groot lig te gemaak: die grootste om in die dag

te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook

die sterre gemaak. God het hierdie ligte in die hemelkoepel ge -

plaas om die aarde te verlig, die een in die dag en die ander in

die nag en ook om lig en donkerte van mekaar te skei. God het

gesien dat dit goed was. Dit het op die vierde dag gebeur.

God het verder beveel: “Laat die waters wemel van lewende

we sens en laat voëls bo in die lug oor die aarde vlieg.” God het

die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat

in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was tevrede

met wat Hy ge sien het. God het hulle geseën deur te sê:

“Wees vrugbaar, ver meer der en vul die oseane en laat die voëls

op die aarde ver meer der.” Dit het op die vyfde dag gebeur.

God het weer beveel: “Laat die aarde allerlei soorte diere

oplewer: mak diere, diere wat kruip en wilde diere – almal na

eie aard.” Dit het presies so gebeur. So het God allerlei soorte

wilde diere gemaak, mak diere en diere wat op die grond kruip.

God het gesien dit was goed.

God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem

om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug,

oor die mak diere, oor die wilde diere, en oor alles wat op die

aarde kruip.”

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 19

God het die mens in ooreenstemming met Homself

ge skep;

volgens sy eie beeld het God hulle geskep;

manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder

en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor

die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op

die aarde.”

Verder sê God: “Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad

dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad gee. Dit is vir julle

om van te eet. Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die

diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat

op die aarde kruip.” Dit het so gebeur.

God het na sy handewerk gekyk en dit was uitstekend goed.

Dit alles het God op die sesde dag gemaak. So is die skepping

van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi.

Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy ge maak

het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het

ook die se wende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder

moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus

het nadat Hy sy skep pingswerk gedoen het. Dit is dan die geskiedenis

van die skep ping van die hemel en die aarde.

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was

daar nog geen struike of groen gras op die aarde nie, want die

Here God het dit nog nie laat reën nie. Daar was nog nie ’n

mens wat die grond kon bewerk nie. Maar water het uit die aarde

opgeborrel en so is die grond natgemaak. Toe vorm die Here

God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die

asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n le wende wese,

die mens, geword.

Daarna het die Here God ’n tuin in Eden in die ooste geplant.

Hy het die mens wat Hy geskape het daarin laat woon.

Die Here God het ook verskillende soorte bome uit die grond

laat opkom. Dit was mooi bome met heerlike vrugte. Die boom

Die eerste families

20 DIE STORIE

van die lewe het Hy in die middel van die tuin geplant en ook

die boom van kennis van wat reg en verkeerd is.

Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel

om dit te bewerk en te versorg. Maar die Here God het hom

gewaarsku: “Jy is vry om van enige boom in die tuin te eet, maar

van die boom van kennis van reg en verkeerd mag jy nie eet nie.

As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf.”

Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is

nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.”

Toe het die Here God uit die grond al die verskillende soorte

diere en voëls gevorm. Daarop neem Hy hulle na die mens toe

om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen ’n

naam gegee, vir al die mak diere, die voëls en wilde diere.

Hy kon egter onder hulle nie een kry wat soos hy is en vir

hom ’n metgesel kon wees nie. Toe het die Here God die mens

baie diep laat slaap. Terwyl hy slaap, vat Hy een van die mens se

ribbebene en vul die plek weer op met vleis. Van die ribbebeen

maak die Here God toe ’n vrou en bring haar na die mens toe.

“Uiteindelik is dit die regte metgesel!” sê die mens. “Sy is regtig

deel van my. Sy sal ‘vrou’ genoem word, want sy is uit die

man geneem.” Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan,

saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.

Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie

skaam vir mekaar nie.

God het ’n pragtige wêreld geskep en dit gevul met wonderli

ke, diverse skepsels. Van al sy skeppingswerke het Hy

twee men se uit gesonder om ’n verhouding mee te bou –

Adam en Eva. Hier die twee mense was ge seënd om hulle

paradys met me kaar en met God te deel, waarom sou hulle

dan enigiets anders wou hê?

Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak

het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 21

gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?”

“Natuurlik mag ons van die vrugte eet,” sê die vrou. “Dis net

van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons

nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf.”

“Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal

oop gaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God

wees en weet van goed en kwaad.”

Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk

die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en

slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee

vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë

werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het

vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself

toe te maak.

Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop.

Hulle kruip toe weg tussen die bome. Die Here God het toe na

die mens geroep: “Waar is jy?”

Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan

weg kruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.”

“Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here

God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om

nie te eet nie?”

“Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee

het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan

geëet.”

Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding

doen?”

“Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek

geëet het.”

Toe sê die Here God vir die slang:

“Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek

onder al die diere op die aarde.

Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet

so lank as wat jy lewe.

Die eerste families

22 DIE STORIE

Van nou af sal jy en die vrou vyande wees.

Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag.

Haar nageslag sal jou kop inslaan

en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt.”

Vir die vrou sê Hy:

“Ek sal jou swangerskap moeilik maak;

met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring.

Jou begeerte sal na jou man wees,

maar hy sal oor jou heers.”

Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en

van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen.

“Daarom vervloek Ek die grond.

Jou hele lewe lank sal jy

met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.

Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer

en jy sal van die plante van die veld eet.

Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae,

sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet.

Aan die einde van jou lewe sal jy

weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is.

Want jy is van stof gemaak

en jy sal weer stof word.”

Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou

word van alle mense op die hele aarde.

Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel

ge maak en hulle dit laat aantrek. Daarna sê die Here God: “Die

mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet

van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van

die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!”

Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weg -

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 23

gestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat

die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy ge rubs

oos van Eden aangestel om met ’n vlammende swaard, wat heen

en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword.

Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: “Met die hulp

van die Here het ek ’n man voortgebring!” Daarna het sy geboorte

gegee aan sy broer Abel.

Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n

land bouer. Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van

sy lan derye ’n off er vir die Here gebring. Abel het die beste uit

sy lam mers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as

off er ge bring. Die Here het Abel en sy off er aanvaar, maar nie

dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.

“Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom

hang jou gesig so? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree

nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk

by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”

Kain het met sy broer Abel gepraat en terwyl hulle in die veld

was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan.

Die tragiese geskiedenis van die foute en slegte keuses

van Adam en Eva en hulle eersgebore seun, Kain, eggo

in die la tere stories van swaar kry en tragedie vir hulle kinders

en hulle kinders se kinders. Soos mense die aarde be -

gin bevolk het, die Eden-gebied verlaat het en so ver

ge trek het as wat hulle voete en diere hulle kon dra, het

die mensdom se na la ten skap van haat, woede, moord en

bedrog voortgeduur soos die mense voortgegaan het om

hulle verhouding met God te ver waarloos. Uit ein delik vergeet

byna almal van hulle Skepper en die hele rede waarom

hulle leef. Vir die mees te mense word die lewe een

groot partytjie met geen ge dagte aan die ge volge nie …

be halwe een man.

Die eerste families

24 DIE STORIE

Die Here het die omvang van die boosheid van die mensdom

op aarde raakgesien. Hy het opgemerk dat hulle gedagtes

gedurig sleg was. Die Here was spyt dat Hy die mens op die

aarde gemaak het. Dit het Hom diep bedroef. Daarom sê die

Here: “Ek sal die mensheid wat Ek gemaak het heeltemal uitwis

van die aarde. Saam met hulle sal Ek ook al die diere, klein en

groot, asook die voëls ver nietig, want Ek is spyt dat Ek hulle

gemaak het.” Maar die Here was Noag goed ge sind.

Wat volg, is die geskiedenis van Noag.

Noag was ’n opregte man, die enigste onberispelike persoon

in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en ’n

noue verhouding met Hom gehad. Noag het drie seuns gehad,

naamlik Sem, Gam en Jafet.

Teen hierdie tyd was die aarde volgens die oordeel van God

korrup en vol geweld. God het al hierdie korrupsie in die wêreld

gesien. Oral waar Hy gekyk het, was daar geweld en bederf.

Daar op sê God vir Noag: “Ek het besluit om alle le wen de wesens

te ver nietig, want dis as gevolg van hulle dat die aarde vol

ge weld is. Ek gaan hulle almal verseker tot niet maak. Jy moet ’n

groot ark van goferhout maak met verskillende ver trekke binnein.

Verseël dit binne en buite met teer. Dit moet 135 meter

lank, 22,5 meter breed en 13,5 meter hoog wees. Voorsien dit

van ’n dak waarvan die nok 45 sentimeter hoog is. Dit moet

drie verdiepings hê en ’n deur aan die kant. Let op! Ek gaan

vloedwaters oor die aarde laat kom wat elke lewende wese onder

die son sal uitwis. Alles op aarde sal doodgaan. Maar met jou

maak Ek ’n verbond. Jy, jou vrou, jou seuns en hulle vroue moet

ingaan in die ark. Van elke soort dier moet jy ’n paar – ’n man -

netjie en ’n wyfi e – in die ark besorg sodat hulle saam met jou

die vloed kan oorleef. Twee van elke soort voël en dier, klein en

groot, sal na jou toe kom. Jy moet hulle in die ark aan die lewe

hou. Maak seker dat jy genoeg kos inlaai vir jou gesin en vir al

die diere.”

Noag het presies gemaak soos God hom beveel het. Die

Here het vir Noag gesê: “Jy en jou gesin moet in die ark ingaan,

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 25

want onder al die mense op die aarde is dit jy alleen wat opreg

lewe.

“Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar

laat reën sodat alles wat Ek geskep het, van die aarde uitgewis

word.”

Hy was 600 jaar oud toe die vloed begin het. Hy, sy vrou,

sy seuns en hulle vroue het aan boord gegaan om die vloed

te oorleef. Saam met hulle was daar diere van alle soorte: dié

wat geëet en vir off ers gebruik kon word, dié wat nie daar voor

goedgekeur was nie, asook van al die voëls en ander klein diertjies

wat op die aarde kruip. Hulle het in pare, mannetjies en

wyfi es, na Noag by die ark gekom net soos God vir Noag beveel

het. ’n Week later het die groot vloed losgebreek en die aarde

oordek.

Op daardie selfde dag het Noag en sy vrou, saam met sy

seuns, Sem, Gam en Jafet, asook hulle vroue, aan boord gegaan.

Saam met hulle op die ark was daar mak diere, wilde diere, klein

kruipende diere, voëls en vlieënde insekte van alle soorte. Van

alles wat leef, het twee-twee saam met Noag op die ark gegaan.

Dit was mannetjies en wyfi es soos God beveel het. Toe het die

Here die deur van die ark agter hulle toegesluit.

Dit het 40 dae lank gereën en soos die waters vermeerder

het, het dit die ark hoog bokant die grond opgelig. Die water

het al meer ge word en al hoër gestyg en die ark het daarop begin

dryf. Die water het selfs so hoog gestyg dat die hoogste berge op

die aarde onder water was. Die water het tot byna sewe meter

bokant die hoogste berg gestyg. Alles wat op die aarde lewe, het

vergaan – die voëls, mak diere, wilde diere, die klein kruipende

diere en al die mense. Alles wat asemhaal op die droë grond

het doodgegaan. Elke lewende wese op die aarde is uitgewis –

mense, groot en klein diere en voëls. Hulle is almal dood. Net

Noag en hulle wat saam met hom in die ark was, het oorleef. Die

Die eerste families

26 DIE STORIE

aarde was 150 dae lank onder water.

Maar God het gedink aan Noag en al die mense en diere by

hom in die ark. Hy het ’n sterk wind oor die water laat waai en die

watervloed het begin afneem. Die onderaardse waterbronne het

op gehou om uit te borrel en die stortreën het bedaar. Geleidelik

het die vloedwaters gesak. Na 150 dae het die watervlak só

gesak dat die ark op die Araratberge vasgesit het, vyf maande

nadat dit begin reën het. Twee en ’n halwe maande later het ander

bergspitse sigbaar geword namate die water gesak het.

Toe Noag 601 jaar oud was, tien en ’n half maande nadat

die vloed begin het, het Noag die luik van die ark oopgemaak

en gesien dat die aarde besig was om droog te word. Nog twee

maande het verbygegaan en uiteindelik was die aarde droog

genoeg.

Toe sê God vir Noag: “Gaan nou uit die ark, jy en jou gesin.

Laat al die diere en voëls uit sodat hulle kan vermeerder en oor

die aarde ver sprei.”

Noag en sy vrou, sy seuns en hulle vroue het toe uit die ark

gegaan, asook al die verskillende soorte diere en voëls.

Noag bou toe ’n altaar vir die Here en off er daarop van die

diere en voëls wat vir hierdie doel bestem was. Die Here het die

off er aanvaar en vir Homself gesê: “Ek sal nooit weer die aarde

vervloek weens die mens se oortredings nie. Immers, die mens

se gedagtes is boos van sy jeug af. Ek sal nooit weer al die lewende

wesens so ver nietig nie.”

God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Julle

moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul.

Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir

julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking.”

God het met Noag en sy seuns gepraat: “Ek sluit ’n verbond

met julle en julle nageslag, asook met die diere wat saam met

julle is: die voëls en mak diere en wilde diere, met almal wat uit

Die skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken 27

die ark gekom het. Ek onderneem dat Ek nooit weer ’n vloed sal

stuur om alles wat lewe dood te maak en die aarde te verwoes

nie.”

God het bygevoeg: “Om dit te bevestig, gee Ek aan julle en

alle lewende wesens ’n teken van hierdie onderneming wat vir

altyd sal geld. Die reënboog wat Ek in die wolke gesit het, sal die

teken wees van hierdie blywende ooreenkoms met die aarde.”

“Sodra Ek die reënboog in die wolke sien, sal Ek herinner word

aan die blywende verbond tussen My en alle lewende wesens op

aarde.”

Die aarde het herstel van hierdie groot vloed. Die plant-

en dierelewe het fl oreer. Noag se familie het die aarde

herbevolk. Die lewensiklus het voort gegaan, en die mense

het vir God ont hou. Antieke besighede het gegroei, plase

het ontwikkel en handelsroetes het rykdom en geleentheid

vir reis gebring. Dit was tyd vir God se volgende skuif, tyd

om ’n nasie te bou in ’n land wat die kulturele en etniese

tuiste sou word vir … wel, daar die deel van die storie kom

nog. Abram (wie se naam later deur God na Abraham

ver ander is) het al die verkeerde kwalifi kasies gehad om

die stigter van God se nasie te word: sy familie het ander

gode aanbid in ’n land baie ver van wat die Beloofde Land

sou word; Abram en sy vrou, Sarai (wie se naam God later

verander het na Sara), was al veels te oud om kinders te

hê, en Sarai kon nie swanger word nie – geen kinders nie

het beteken geen mense om God se nasie te bou nie.

Geen probleem nie. God het die onmoontlike aan Abram

belowe, en Abram het toegekyk hoe die onmoontlike gebeur.

Hier is hoe dit gebeur het.

Die eerste families

Originally published in the U.S.A. by Zondervan under the

title: The Story, Teen Edition

Copyright © 2011 by Zondervan

Published by permission of Zondervan, Grand Rapids, Michigan.

www.zondervan.com

All rights reserved.

Further reproduction or distribution is prohibited.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!